Page 10

10 TYGERBURGER Parow

HOOFARTIKEL

Maak seker jy bring stem uit in verkiesing Mense word nou weer aangemoedig om seker te maak hulle is geregistreer vir volgende jaar se algemene verkiesing in die land. Dié oproep is in meer as een opsig tragies. Burgers in ’n demokratiese land behoort nie aangemoedig te word om te registreer nie. Hulle moet met die grootste ywer denkbaar self hier die voortou neem. Dit moet nie nodig wees om hulle “aan te jaag” om dit te doen nie. Dit moet ’n allesoorheersende behoefte wees om seker te maak hul name verskyn op die registrasielys vir die verkiesing. In die praktyk gebeur dit natuurlik nie. By elke verkiesing kry jy nog derduisende mense wat eenvoudig nie die moeite gedoen het nie, of eenvoudig nie omgee nie. Baie redeneer dat “my stem tog geen verskil gaan maak nie”. In ’n demokratiese land is dit natuurlik nie ’n misdaad om nie te stem nie. Jy het die reg om sulke besluite vir jouself te neem. Al voorwaarde aan diesulkes is: Julle mag in geen stadium van jul lewens kla oor die misdaad, korrupsie, hoë belastingheffings, tolpaaie, werkloosheid, armoede en wat nog meer in die land nie. Julle het ook nie die reg om die regeringsbeleid of die beleid van enige ander opposisieparty ooit te kritiseer nie. Nie een van julle mag kla oor regeringsof munisipale dienste nie. Julle moet tjoepstil in ’n hoek sit, want julle het nie die reg om ’n mening te gee nie. Onthou, dit was jul eie keuse.

SMS V Die agteruitgang van die jeug is nie die regering se skuld nie. Wie voed die jeug op? Beslis nie die regering of onderwysers nie, al dink sekere mense dis die onnies se plig. ’n Kind se opvoeding begin by die huis. Dis omdat God uit die samelewing verban word, ouers ken die Here nie meer nie en kinders word nie ordentlik by die huis opgevoed nie – dis waarom alles en almal agteruitgaan! - Jaco, Proteahoogte V Kan iemand van die Sassa­kantoor net vir ons inlig oor die reëls voor jy kan aan­ soek doen vir ouderdom­ en ongeskikt­ heidspensioen. Hoeveel moet jy of jou man verdien, mag jy ’n huis besit en kan jy aansoek doen as jy ’n huisonderneming het? Wat is jou kans om ’n pensioen te kry? - Anon V Sekerheidsmaatskappye moet sorg dat hulle hul feite en adresse korrek het voor hul ’n mens 03:00 in die nag wakker bel om jou in te lig dat jou hek oopstaan. Wawyd wakker geskrik, alle hekke steeds gesluit, kon ons nie weer aan die slaap raak nie. - M. Barnard, Durbanville V Met verwysing na “Siesa Sassa!” (TB Pa­ row, 23/10). Ek het verhuis van KwaZulu­ Natal en hier my adres verander en aan­ soek vir my kaart gedoen. Pensioen ge­ stop na 3 maande se gesukkel. Verkeerde kantoor/area, toe uiteindelik regte kan­ toor, maar verkeerde dag. Sit soggens in die winter van 03:00 tot 07:00, dan 08:00 begin jy weer van voor af te sit. Kan ek eni­ ge dag kom of moet ek wag tot Donder­ dag? Ag, en ek praat nie van die onbeskof­ te houding van die Sassa­woordvoerder nie. Nog steeds geen pensioen. - Margaret Mentz V I’ve been to Stodels twice after your ar­ ticle on e­waste (“Pull the plug on your old electronic waste” TB, 9/10). They don’t have e­waste bins. I was told the bins would be available after the 19th. I went there on Friday 25th, again still no bins. - Charmaine ) SMS’e kos R1,50 elk. Stuur die woord “Tyger”, gevolg deur jou boodskap na 45527.

HOOFARTIKELBLAD

Arise, for it is your task, and we are with you; be strong and do it. Ezra 10:4

Woensdag, 30 Oktober 2013

SLICE OF LIFE

Tumult in the clouds: People who live along the West Coast were recently treated to a stunning sunset as a cold front moved in over the west.

PHOTO: DAVE COLINS

Uitgewer: TygerBurger word uitgegee deur WP Koerante en is deel van die Media 24­groep Verspreding: TygerBurger Parow word elke Woensdag in die volgende gebiede afgelewer: Parow, Avondale, Churchill Estate, Clam Hall, De Tijger, Fairfield Estate, Glen Lily, Oostersee, Parow­Oos, Parow­Noord, Parowvallei, De Duin, Kaapzicht, Kleinbosch, Northgate, Panorama, Plattekloof, Sonnendal, Welgelegen. Totale verspreiding: 19 095 TygerBurger het twaalf verskillende uitgawes vir die volgende gebiede: Bellville, Durbanville, Parow, Good­ wood, Brackenfell, Kraaifon­ tein, Kuilsrivier, Milnerton, Table View, Eersterivier/Blue Downs, Ravensmead/Belhar en Elsiesrivier. Totale verspreiding: 285 531 Vir enige verspreidingsklagtes skakel 021 910 6500 of e­pos: verspreiding@tygerbur­ ger.co.za

Kontak ons:

Nuusredakteur: Marana Brand van Hulsteyn 0021 910 6540 nuus@tygerburger.co.za Advertensiebestuurder: Garth Hewitt 0021 910 6520 ghewitt@tygerburger.co.za Hoofkoerant advertensies: Michiel Engelbrecht 0021 910 6524 of 0073 609 6648 mengel@tygerburger.co.za Geklassifiseerd: 00860 11 7520 www.tygerburger.co.za Korreksies: Volgens die redaksionele beleid van TygerBurger verwelkom ons voorstelle en kommentaar oor die koerant se inhoud en stel ons beduidende foute so gou as moontlik reg. Stuur asb. inligting oor die regstelling van foute in die koerant aan die ombudsman van Media24 se Gemeenskapspers, George Claassen, by george.claas­ sen@media24.com of skakel 021 851 3232 of 083 543 2471. Lesers kan ook klagtes oor die inhoud by die Persombudsman van Suid­Afrika, mnr. Joe Thloloe, aanhangig maak. Skakel in daardie geval gerus 011 484 3612/8, stuur ‘n faks na 011 484 3619 of ‘n e­pos na nakhanyim@ombuds­ man.org.za or johanr@om­ budsman.org.za

BRIEWE briewe@tygerburger.co.za|Faks: 021 910 6501|Posbus 747, Belville 7535|Briewe wat nie langer is as 250 woorde nie, sal voorkeur geniet. Verskaf asb. u naam, adres en telefoonnommer by (nie vir publikasie). Spertyd is Vrydag om 12:00

SoD cameras a money maker I cannot believe that since the launch last weekend of the Speed over Distance Cameras there has already been a drop in fatalities on our roads, since speed has never been the cause of deaths on our roads. Speed cameras are the ultimate money-making rackets as they are never put in a place where the fatality rate is high and mostly only at a ‘fishpond” where max funds are generated. If one drives past the first camera at 80km/h and then accelerates to 250kmh to approx... 500m before the next camera and then stop, have lunch, coffee and have a short rest and then proceed towards the next one you are a good motorist as the average speed on the measured distance will give you a speed of maybe 20km/h average. You might have obstructed other traffic if you were travelling all the time but at least you are not speeding. These cameras are a waste of money and if it is a high collision frequency location than physical law enforcement should be done. Do our powers that be not have anything better to spend their money on? EDDIE CLACK Sunningdale

Spesiale eenheid nodig vir dwelms In antwoord op “Parow drugs best”, TygerBurger 16 Oktober: Byna almal weet waar dwelms in Parow verkoop word. Ek self was drie keer genader deur buitelanders in die laaste twee weke, toe ek vir ’n vriend op die hoek van Van Eyssen- en Andries Pretoriusstraat gewag het. Ek prys en loof die polisiebeamptes wat die gevaarlike werk doen.

Die korrupte beamptes gee die polisie ’n slegte naam. Soos almal weet, is dwelms een van die redes wat roof, aanranding, moord en verkragtings laat plaasvind. Dit wil vir my voorkom of die polisie nie ’n strategie het om dwelmhandel hok te slaan in Parow nie. Dit is maar net krisishantering as iets gebeur. Kry die spesiale eenheid weer op die been om dwelms en bendes te beveg. Hulle het die vaardigheid om die werk te doen: Nie net om kriminele persone aan te keer nie, maar ook om skuldigbevindings deur die hof te verbeter. Die dokumente van buitelanders wat vir dwelms in hegtenis geneem word, moet nagegaan word om te sien of hulle wettig in die land is. Indien nie, moet hulle gedeporteer word. WAYNE Parow

Skool wetlik verplig om kind te beskerm Insake “Boelies slaan toe, skool trek skouers op”, TygerBurger, 16 Oktober. Aan die ouer van die slagoffer van boelies wil ek sê: Gaan gryp die boelie aan sy ore en sê vir hom jy trek sy basvelle vir hom tydsaam af as jy net weer hoor hy kyk na jou kind. Dis wat my swaer gedoen het. Aanranding is ’n oortreding en die skool is wetlik verplig om jou kind op die skoolterrein te beskerm. Dagvaar die boelies en die skool. Dis wat ’n vriend van my suksesvol gedoen het. Jou kind is natuurlik anders. Hy is nie kleinlik en geniepsig nie en jy is gelukkig dat jy hiervan weet. My kind is ook deur haar laerskoolloopbaan afgeknou en ek het dit eers uitgevind toe sy in die hoërskool was en probleme begin ondervind het. Aan die skool wil ek sê: Dis regtig nie so moeilik nie, hou die boelies eenvoudig weg van die ander kinders. “Name them and shame them.” Julle doen dit dan so maklik met die

kinders wat nie aan skoolsport wil deelneem nie. Bemagtig die ander kinders deur aan hulle die mag te gee om boelies uit te wys en vas te vat. ’n Laaste gedagte: Kan ons regtig verbaas wees oor hierdie dinge, as ons as ’n skool en gemeenskap net respek het vir die sterkste, die vinnigste, die slimste en die rykste? ELMARIE E­pos

Parow­dagkliniek geloof vir diens Die Tygerberg-dienssentrum vir Bejaardes en Mobiele Etes loof die Parow-dagkliniek vir die vriendelike en vinnige optrede wat hul onlangs met een van hul senior lede ondervind het. Die bejaarde het vir ’n paar dae erge buikpyne ondervind en kon beswaarlik loop. Na ’n telefoonoproep deur die bestuur van die sentrum, is die bejaarde onmiddellik in die noodeenheid van die Parow-dagkliniek toegelaat en deur ’n mediese dokter ondersoek. Hy is na die ondersoek dadelik per ambulans na die Karl Bremer-hospitaal gestuur vir verdere toetse. Die toetse het gewys dat ’n noodoperasie so gou as moontlik op hom uitgevoer moet word, en hy is kort daarna by die Tygerberg-hospitaal geopereer. Daar is bevind sy galblaas het gebars. Die Tygerberg-dienssentrum vir Bejaardes het groot lof en waardering vir hierdie flinke en bedagsame optrede van die Parow-dagkliniek, asook die verdere mediese behandeling en optrede van die Karl Bremer- en Tygerberg-hospitale. Bejaardes is deesdae die sagte teiken van uitbuiting, verwaarlosing en verwerping in ons samelewing. Die sentrum se bestuur is dankbaar dat mense soos dié mediese personeel nog met soveel liefde en deernis omgee vir ons senior landsburgers, wat steeds ’n waardevolle en positiewe bydrae in ons omgewing lewer. LINDA LOUW Bestuurder: Tygerberg­dienssentrum

Tygerburger parow 30 oct 2013  

Tygerburger parow 30 oct 2013

Advertisement