Page 48

Sport

Page 48 | Woensdag, 12 Desember 2012 Onder redaksie van Stehan Schoeman Tel: 021 910 6500 | e­pos: tyger@dieburger.com www.tygerburger.co.za

Topatlete word vereer

Guts and determination

RAYNO SNYMAN

Gregory Jacobs from Edgemead Athletics Club was the third man over 50 to finish the Avbob 15 km race that was held in Table View on Saturday. Athletes had to contend with a strong wind in the race that was won by Ntandazo Qhino (Nedbank) in a time of 47:08. PHOTO: LEON STEENKAMP

KRIEKET: DURBIES SLAG MITCHELLS PLAIN

Naweek van blink seges SAREL BURGER

D

it was ’n blink naweek vir die meeste Tygerbergse spanne in die WP se eerste krieketliga nadat Bellville, Durbanville, Tygerberg-klub, Bellville-Suid, Noordelikes-Goodwood en Kuilsrivier almal Saterdag oorwinnings beklink het. Bellville (167/5, gesl.) het met behulp van William Hantam (75), Handré Theron (41*) en Chris Russell (4/17) vir Pinelands (122) met 115 lopies in die stof laat byt, terwyl Durbanville (129/2) ’n agtpaaltjie-sege oor Mitchells Plain (144) bewerkstellig het, danksy veral Mark de Stadler (6/41), Jaco Castle 61*) en Wesley Thomas (53*).

Verwoestend Ook Tygerberg (90/2) het met agt paaltjies teen Helderberg (89) geseëvier nadat Luwaaz September (7/31) en Shaun Agulhas (50*) albei in ‘n verwoestende bui was. Edgemead (269/8) het teen Strandfontein met sy beste kolfvertoning hierdie seisoen vorendag gekom om ná ’n groterige eerstebeurt-agterstand ’n onbesliste uitslag af te dwing. Simon Blake (53*), Dylan Johnson (47), Dylan Verreyne (38) en Jean du Preez (34*) het mooi walgegooi. Bellville-Suid het ’n skitterende oorwinning met ’n beurt en 41 lopies oor Avendale behaal toe hy die tuisspan vir net 91 lopies in sy opvolgbeurt uitgehaal het. Adrian Gel-

Wish to thank all their clients & readers for their loyal support during 2012! We wish you a blessed Festive Season.

derbloem (4/43) en Shahied Pieters (3/24) was die manne wat die skade aangerig het. Kuilsrivier (60/3) het Groenpunt (117) met 7 paaltjie verslaan, met James Carolus (4/51) andermaal mooi op stryk.

Droewig Noordelikes-Goodwood (97) het swak gekolf teen Langa, maar laasgenoemde het nóg droewiger gevaar toe Richard Holman (3/10) en sy medeboulers Langa vir net 77 lopies uitgeboender het vir ’n oorwinning met 20 lopies. Milnerton (131) kon net nie die knoop deurhak teen Bonteheuwel (126/8) nie en is met twee paaltjies geklop. Robin van Harte (37) en Sias Bezuidenhout (3/33) het die beste vertoon vir Milnerton. Die beskikbare uitslae in Sondag se eendagwedstryde is: Durbanville klop Bellville met 54 lopies: Durbanville 175 (Wallace Albertyn 66, GF Linde 46; N. Feldman 4/15); Bellville 121 (Handré Theron 33; GF Linde 4/28, Gurman Randhawa 3/18). Edgemead klop Milnerton met 9 paaltjies: Milnerton 137 (Nick Austen 4/27); Edgemead 139/1 (Mario Stoop 61*, Brett Mason 53). Tygerberg verl. t. Strandfontein met 3 paaltjies: Tygerberg 143 (Jancan Adams 36); Strandfontein 145/7. Bellville-Suid verl. t. Wynberg met 82 lopies.

Tydens hul jaarlikse prysuitdeling het die Bellville-atletiekklub hulde gebring aan al sy atlete wat vanjaar so skitterend gevaar het. Buiten dat die klub al die spankompetisies in die WP gewen het, het 30 atlete die WP tydens die onderskeie nasionale kampioenskapsbyeenkomste verteenwoordig.. Tiaan Smit, Ané Fourie, Taariq Solomons, Janita Stander, Michael Smit, Angus Julies, Maryke Wolhuter en Mia Labuschagne het

ook vanjaar op internasionale vlak deelgeneem. Die volgende lede is met top-toekennings vereer vir hul bydraes: Marcel Otto (afrigter van die jaar), Niel le Roux en Tanya van den Berg (kapteins vir 2013), Mia Labuschagne (vroue-atleet van die jaar), Tiaan Smit (mansatleet van die jaar en atleet van die jaar). Al die atlete is reeds hard aan die oefen en die Wêreld-jeugkampioenskapsbyeenkoms, wat volgende jaar in die Oekraïne plaasvind, is in sommige se visier.

Mia Labuschagne

Tiaan Smit

Tygerburger Parow 12 Dec 2012  

Tygerburger Parow 12 Dec 2012

Tygerburger Parow 12 Dec 2012  

Tygerburger Parow 12 Dec 2012

Advertisement