Page 31

Sport

Woensdag 7 Maart 2012

TygerBurger Kuilsrivier Bladsy 31

Charl knor met mening! STEHAN SCHOEMAN

Charl Michael Visser (8), ’n graad 2-leerling van Laerskool Kenridge, se harde werk is vinnig besig om resultate op te lewer. Charl Michael het reeds 500 oefenrondtes gedoen op Killarney vir sy deelname aan die Westelike Provinsie se kadet-knortjorkampioenskappe vir 5-8 jariges. “Charl Michael is van kleins af baie lief vir motors en het op 4-jarige ouderdom reeds al die motors wat ’n mens in ’n parkeerarea kon sien, se kentekens geken. “Ons het vir hom ’n kadet-gokart gekoop in 2010. Hy het verlede jaar as ’n beginner op Killarney afgeskop en het aan die einde van die jaar in die laaste wedren ’n derde plek vir die seisoen behaal.

“Ons is baie trots op sy Drywer van die Dag-toekenning wat hy ontvang het,” sê pa Charl. Hy het reeds op 11 Februarie die vinnigste kwalifiserende tyd opgestel asook al drie amptelike wedrenne van die dag gewen en die prys ontvang as die algehele wenner van die dag met die vinnigste rondtetyd. Met so ’n spoggerige begin in die nuwe seisoen word groot dinge van die jongman verwag. Sy pa Charl is sy wedren-ingenieur, sy toerusting-ingenieur en sien om na sy algehele welstand op ’n wedrendag, wat genoeg harde werk en naelkouery behels. Sy volgende wedren is op 24 Maart.

An honour:

After another successful international trai­ ning camp in Japan, Shihan Hennie Bosman was elected to the international Kyokus­ hin­kan grading panel. Instruc­ tors from all over the world at­ tended the camp and Bosman is the first ever international (non­Japanese) to be on the panel.

Charl Michael Visser het ’n puik be­ gin in die nuwe kadet­knortjor­sei­ soen.

Stellies bly Tiere se tier SAREL BURGER

Die Hoërskool Stellenberg se eerste krieketspan bly nou maar eenmaal die HS Tygerberg se tier. Verlede Woensdag het die Stellies die Parowiete vir die derde jaar agtereenvolgends in die eindstryd van die Sammy Bloch/Durbell-Apteke-uitklopkompetisie geklop. Maar bygesê: hierdie slag was dit naelskraap. In antwoord op Stellenberg se 128 lopies was die Tiere goed op pad na ’n sege – totdat die druk te veel geword het vir hulle en hul 125 lopies net-net tekortgeskiet het vir ’n oorwinning. M. Fourie (63) het ’n leeueaandeel in Stellenberg se oorwinning gehad, terwyl Tian Jacobs (4/20) en Dewald Els (47) die beste vir Tygerberg vertoon het.

Asof die HS Tygerberg ’n voorliefde vir naelkou-uitslae het, het hy Saterdag in die jongste reeks Peter Buttner-Sport-ligawedstryde die span van D.F. Malan (196) met een lopie geklop! Deno van Rensburg (56), Johann Mey (54) en Sammy Fransman (4/36) was die Tiere se staatmakers terwyl Wian Joubert (65) so byna vir die besoekers die knoop deurgehak het. In ander o.19A-wedstryde was De Kuilen (138) met 23 lopies te sterk vir Durbanville, Edgemead (104/3) het HTS Bellville met 7 paaltjies verniel, Stellenberg (201) het in ’n opwindende wedstryd HS Bellville (191) naelskraap met 10 lopies geklop, en Brackenfell (120) was met 25 lopies te sterk vir Fairmont. Die uitblinkers in hierdie wed-

stryde was Craig Barros (De Kuilen, 50), Wouter Whitmore (De Kuilen, 4/12), Damon Watt (Edgemead, 4/9), Matthew Duncan (Stellenberg, 83), Danie Visser (Stellenberg, 4/29), Jean Strydom (HS Bellville, 64 en 3/13) en R. Sparks (Fairmont, 6/36). In die Francor Bakkery-liga vir o.16-spanne het De Kuilen met 64 lopies teen The Settlers gewen, en in die TygerBurger-liga vir o.15-spanne was die volgende spanne almal aan die wenkant: Edgemead (t D.F. Malan), Fairmont (t Brackenfell), De Kuilen (t Durbanville) en Tygerberg (t Chesterhouse). Niel Oosthuizen (Brackenfell) was met sy 55* en 4/16 (wat ’n driekuns ingesluit het) die groot uitblinker in die L & L Buttner-ligawedstryde vir o.14-spanne.

SA colours for two ACS gymnasts

Ulrica Stander (New Balance Multisport club) finished third in the 10km road race on Saturday. Photo: Carina Roux

Sports fest packs ’em in The 2012 Century City Sports Festival attracted a record number of participants over the weekend with the signature event of the three day festival – the 10km Century City Express road race – boasting a field of more than 1 800 runners. The 10km Century City Express was won by Lindikhaya Mtangayi of Mr Price Western Cape in a time of 30 minutes and 11 seconds. He was followed closely by Nkosinathi Madyo (Nedbank) in a time of 30:14 with Mthandazo Qhina (Nedbank) in third place with a time of 30:21. The first woman home was Zintle Xiniwe (Mr Price) in a time of 36:10, with Bulelwa Simae (Nedbank) in second place with a time of 36: 39 followed by Ulrica Stander (New Balance) in 36:55. Three times Comrades Winner, Vladimir Kotov, who runs in Century City colours, was the first Mas-

ters over 50 runner home in a time of 33:37. Accepting his prize, Mtangayi said he now had his sights firmly set on winning the Two Oceans Half Marathon. The Century City Sports Festival is aimed at both corporate teams and individual participants and provides both participatory and spectator sports including a 2,5km FunRun/Walk which attracted over 350 participants, junior and senior touch rugby tournaments, five-a-side corporate soccer competitions, kermesse road circuit Cycling races, junior and senior canoe marathons, Western Province trials for canoe polo, a dragon boat regatta and an under-11 six-a-side cricket tournament. For the full festival results please go to the website www.centurycity.co.za.

Jean-Mari Kellerman and Dominic Seeber (both 16) are the first gymnasts in the history of the ACS Gymnastics Club in Monte Vista to receive full South African colours. They will compete in the Africa International championship held in Tunisia in April. Jean-Marie (Durbanville High School) started gymnastics at the age of five. She joined ACS back in 2006. “I obtained WP colours each year since 2002. I am doing senior olympics this year and train 20 hours From left: Alfie per week. Gym- fleisch.

nastics for me is not just a sport, it is my way of life. It has helped me become confident, more responsible and made me a hard worker,” said Jean-Marie.

This remarkable achievement is testament to the hard work and dedication of the coaches Alfie Schrickker and Elizabeth Hauptfleisch.

Schrickker, Dominic Seeber, Jean­Mari Kellerman en Elizabeth Haupt­

Brakke, Oostelikes wen oortuigend Brackenfell en Kraaifontein se Oostelikes het die afgelope naweek albei oortuigende oorwinnings in die jongste reeks 20/20-krieketwedstryde in die Boland behaal. In Brackenfell het die tuisspan se Willem du Toit (61) en Cliffie Prins-

loo (48*) die Paarl-boulers verniel om die Brakke 154/5 te laat aanteken. Hierna het Wiaan Smit (4/14) die besoekers tot net 84/7 beperk om met 70 lopies te seëvier. Oostelikes se boulers het toegesien dat Coronation net 105/7 kon aanteken, en

hoewel die Kraaifontein-span hierna self gereeld paaltjies verloor het, was ’n oorwinning darem pal in sig. Bronique Cupido (27*) het die tuisspan na 106/8 gevoer om ’n oorwinning met twee paaltjies te beklink. – (Sarel Burger)

Tygerburger Kuilsrivier 7 Maart 2012  

Tygerburger Kuilsrivier 7 Maart 2012

Tygerburger Kuilsrivier 7 Maart 2012  

Tygerburger Kuilsrivier 7 Maart 2012

Advertisement