Tygerburger kuilsrivier 28 may 2014

Page 11

Woensdag, 28 Mei 2014

NEWS

TYGERBURGER Kuilsrivier 11

Carl du Toit in meer as een opsig merkwaardig MAGRIET THERON @magrietron

O

p die perseel van die Tygerberg-hospitaal is ’n skool wat in meer as een opsig merkwaardig is. In 1973 is die Carel du Toit-skool, waar dowe kinders leer praat, gestig as een van die enigste veelrassige skole in Suid-Afrika. Dit was danksy die verbetenheid van die ontslape prof. Carel du Toit, destydse hoof van die oor- neus- en keelafdeling by dié hospitaal. “Hy het gesê ’n dowe kind is ’n dowe kind en ’n dowe kind moet gehelp word,” sê Ruth Bourne, hoof van die skool. Sy sê die gewese apartheidsminister, Piet Koornhof, het destyds die skool geopen en selfs hy het nie ’n woord gesê oor die rassesamestelling van die skool nie. Maar die skool was ook nog altyd enig in sy soort, omdat dowe kinders hier toegerus word om teen die ouderdom van sewe in hoofstroomskole te kan funksioneer. “Deur dowe kinders te leer om te praat, kan hulle sosiaal, intellektueel en emosioneel ontwikkel net soos enige ander kind,” sê Bourne, wat nou al 37 jaar lank by die skool betrokke is. “Daar is geen perke aan wat hierdie kinders kan doen nie. Dit is ons wat hulle beperk. Dit kom van daardie ou term ‘deaf and dumb’. Hulle is nie. Hulle het dieselfde potensiaal as enige ander kind,” sê Bourne. “Doofheid is net ’n verlore skakel na die oor. Die brein is normaal – as jy net die impuls by hom kan uitkry, sal hy sy werk doen. Daarom weet ons dat kinders kan leer as jy net die regte ding vir hulle doen.”

Diagnose En die regte ding, sê sy, is eintlik drie goed: vroeë diagnose, ingryping en ondersteuning. “As jy nie die regte ding doen nie, het

hierdie kinders ’n volslae gebrek.” In die 1990’s het Carel du Toit met behulp van staatsbefondsing, ’n gehoortoetssentrum by twee klinieke in Khayelitsha begin, waar ma’s getrou hul babas vir immuniserings gebring het. In 2012 het hulle toestemming by die Wes-Kaapse department van gesondheid gekry om kinders se gehoor by kraamafdelings hier te toets. Nou het die regering ingestem om saam met Carel du Toit en die Rooikruis-hospitaal ’n gehoortoetsprogram van twee jaar lank vir pasgebore babas in Mitchellsplein te onderneem. Die staat finansier dit en Carel du Toit bied die kundigheid. “Die data van hierdie projek gaan gebruik word om die 2030-gesondheidsplan saam te stel. En ons glo dit gaan tot gevolg hê dat gehoortoetse vir pasgebore babas verplig sal word,” sê Bourne. “Een van ons oud-leerlinge is ’n professionele ballerina. Sy het verlede jaar die hoofrol van ’n produksie in Artscape gedans. ’n Ander het ’n B.A.-graad in musiek, hy speel klavier en het twee kogliêre implantings. Een meisie is ’n professionele sanger en sy verkoop haar CD’s. Sy is ook volkome doof,” vertel Bourne oor die suksesverhale van die skool. Carel du Toit word deur die staat ondersteun vir die kinders tussen graad R en graad 3. Maar deel van die skool is die voorskoolse sentrum, Chat, wat deur befondsing aan die gang gehou word. Die Carel du Toitsentrum is een van drie begunstigdes van TygerBurger se Want ons Kan!/’Cause we Can!-konsert, wat op Sondag 27 Julie in die Bellville-stadskouburg aangebied word. V Kaartjies vir die Want ons Kan!-konsert kos R250. Elke sent daarvan gaan aan die drie begunstigde organisasies. Dit is beskikbaar by: Carel du Toit: Valerie van der Merwe by 021 933 4578 of 082 211 9965. Mes: Clarina Hanekom by 074 692 1247 of 021 949 8736. Snap: Christelle Muller by 076 575 5662 of 021 976 8706.

DIRECT We Make it Ourselves BUYAND EVERYTHING ON SALE!!! SAVE!! Utility 2’5 Chest of Drawers WHITE

UTILITY HEADBOARD

BALMORAL BED

Double

RRP 899

RRP R459

R449* ALSO AVAILABLE IN OAK/IVORY

R229*

RRP R359

R179* WHITE

RRP R459

R229*

AT EXTRA COST

TWINKLE BABY COMPACTUM

Single

UTILITY PEDESTAL

DOUBLE SLEIGH BED

RRP R3799

White / Ivory Pedestals, Colours and Mattress optional extra

ALSO AVAILABLE IN OAK/IVORY

R1899*

ZAP COMBO

Mattress not included White & Ivory Colours extra

RRP R3399

R1699*

RRP R3999

PEDASTALS OPTIONAL EXTRA

UTILITY MINI MULTIROBE SLEIGH COT WHITE White & Ivory Colours extra

RRP R5399

R2699*

R1999*

MATTRESS OPTIONAL EXTRA

UTILITY ROBE

SLIDE UNDER COMBO White/Ivory

WHITE RRP R3999

R1999* PINE DOUBLE BUNK

92 cm wide MATTRESS OPTIONAL EXTRA

RRP 2399

R1199*

RRP R4399

R2199*

wings optional extra mattress optional extra colours extra

RRP R1539

R769*

RRP R5999

R2999*

TWINKLE COT

FREE PARKING AVAILABLE AT ALL STORES KUILS RIVER (Access park) TEL: 021 903 5254 N1 VALUE CENTRE TEL: 021 595 2909 OTTERY: THE MEGASTORE TEL: 021 703 8622 MITCHELLS PLAIN INDUSTRIA TEL: 021 376 5699

WHITE/IVORY, Colours extra Net not included

RRP R2799

Business hours: Mo. - Fr.: 9 am - 5:30 pm Sat.: 9 am - 4 pm

R1399*

we accept all major credit cards visa, master card & rcs

UP AND WIN! GRADE

A TRIP TO THE MALDIVES VISIT YOUR

CELL C STORE TO FIND OUT HOW

BRINGING YOU

THE BIG gest SCREEN

NEW NOKIA LUMIA

R 199 1320 PHABLET

PM X 24

STRAIGHT UP 100* 100 100 100

TYGER VALLEY Shop 112 - 114, Cnr Willie v Schoor Ave & Bill Bezuidenhout Lane. Tel: 084 770 0103 CAPE GATE U-45/45, Pick n Pay Entrance, Cnr Okavango & De Bron Roads, Cape Gate Mall, Brakenfell. Tel: 084 770 0071

ZEVENWACHT Cnr Polkadraai and van Riebeek Roads, Kuils Rivier. Tel: 084 778 8773 N1 CITY Shop 40B, N1 City Mall, Louwtjie Rothman Road, Goodwood. Tel 084 770 0076 CANAL WALK Shop C7, Entrance 8. Canal Walk Shopping Mall, Century Blvd. Tel: 084 770 0057

MINUTES

SMS

MB DATA

EXTRA MINUTES

EXTRA SMS

MB TOTAL DATA

+ DOUBLE UP | R80PM 100 400 100

FEATURES | 6” HD Display, Wi-Fi, 5MP, Mix Radio with over 21 million tracks, Work on the move with MS Office, Free Lifetime Voice Guided Navigation, Keep your memories in the cloud with OneDrive storage.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.