Tygerburger Kraaifontein 23 Jan 2013

Page 5

NUUS NEWS

TYGERBURGER | KRAAIFONTEIN Woensdag, 23 Januarie 2013

Tasse gee hupstoot vir behoeftiges DESIREÉ RORKE Sowat 84 behoeftige gr. 1-leerders in Kraaifontein kon vanjaar hul skoolloopbaan volledig toegerus aanpak, danksy Solidariteit Helpende Hand se skooltasprojek. In die nasionale projek is daar sedert 2007 al 12 500 tassies reg oor die land uitgedeel, met die Wes-Kaap wat vanjaar 377 skooltassies by 18 skole voorsien het. Die tassies, propvol gepak met skryfbehoeftes, is verlede week deur Helpende Hand aan die kinders oorhandig by drie plaaslike skole, die Laerskool Aristea, Laerskool Fanie Theron en Laerskool Simonsberg. Byderhand om die tasse te oorhandig en die leerders te vermaak, was die bekende radio-omroeper Rooies Grobbelaar van Bok Radio. Bok Radio en Bakgat-promosies het vanjaar saamgesnoer om te help met geld vir

die projek. Die Bybelgenootskap het ook vanjaar sy “My eerste Bybel-doen-en-leerboek” aan al die gr. 1-leerders by die skole geskenk – ’n gebaar wat die projek besonderse diepte gee. Dit is ’n leesboekie van 30 bladsye wat kinders blootstel aan letters, syfers en woorde deur middel van Bybelverhale, sê Erika Botha-Rossouw, Helpende Hand se streekorganiseerder in die Wes-Kaap. Botha-Rossouw sê skole moenie huiwer om nood onder hul leerders aan die organisasie bekend te maak nie. “Opheffing deur middel van opleiding is ons missie en dis vir ons baie belangrik om behoeftige leerders al van die grondslagfase af by te staan,” sê sy. Die skoolhoof van die Laerskool Aristea, Pierre Boshof, het sy dankbaarheid uitgespreek en die projek geloof as een van groot belangrikheid in moeilike tye.

Die kinders was oorstelp van vreugde toe hulle hul nuwe tassies ontvang het. FOTO’S: DESIREÉ RORKE

Rooies saam met (van links) Keenan Moller, Tyra du Plooy, Nikki Olivier en Zan-Marie Henning.

5


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.