Tygerburger Kraaifontein 23 Jan 2013

Page 1

KRAAIFONTEIN

WESKUS Makietie

woelige weskuskos, wyn, kuier, krewe en kunstenaars!

ROAD ACCIDENT CLAIMS • Very serious injuries • Unable to work in future • Loss of support

R. R. ARRIES ATTORNEYS Ground Floor, Louwville Place, 23 Vrede Street, Bellville (opp SARS)

021 949 5933 / 082 823 7383 / 073 200 6616

Woensdag, 23 Januarie 2013 | Tel: 021 910 6500 | e­pos: nuus@tygerburger.co.za | www.tygerburger.co.za

MARE­MOORD: VERBRANDE LYK TWEE DAE LATER GEVIND

Sy’s weg, sê verdagte DESIREÉ RORKE

C

harmaine Mare (16) se verdagte moordenaar, Johan de Jager (48), het haar glo self as vermis aangemeld by die Kraaifontein-polisiekantoor kort na haar “verdwyning”. Mare het drie weke gelede haar ouerhuis in Kriel, Mpumalanga, verlaat om by haar vriendin en dié se ma, Carol White (52), tuis te gaan in Eltermanstraat, Kraaifontein. White, haar dogter en De Jager se seun het kort ná haar aankoms op ’n weeklange bootvaart vertrek en Mare in die sorg gelaat van De Jager, White se kêrel. Toe die res van die gesin op 11 Januarie van die bootvaart af terugkeer, het De Jager hulle verwittig Mare is vermis, waarna hy die saak self by die polisiekantoor gaan aanmeld het. Die volgende dag het lede van die Kraaifontein-polisie plakkate met ’n foto van Mare oral in die dorp aangebring.

Onherkenbaar Twee dae later het ’n verbyganger op haar erg verbrande lyk in Darwinstraat afgekom. Die lyk het geen bene of arms gehad nie en was heeltemal onherkenbaar. Polisie kon geen verdere leidrade op die toneel vind nie. Volgens kapt. F.C. van Wyk van die provinsiale polisiekantoor het die ondersoekbeampte, ao. Daniel Sampson, die volgende dag die lykskouing bygewoon en ’n tongring en hangertjie aan die liggaam opgemerk. “Toe hy later deur die dossiere vir vermiste persone werk, het hy op Charmaine se saak afgekom en die familie gekontak. Hulle het beaam sy is sedert 11 Januarie vermis en het ook bevestig sy het ’n tongring gehad en ’n hangertjie gedra wat ooreenstem met dié van die verbrande lyk,” sê Van Wyk. Ao. Sampson het later die familie ondervra en gemerk dat De Jager se antwoorde baie vaag was. “De Jager is later ingeroep vir verdere ondervraging en ’n soektog by die familie se huis het Mare se arms in ’n boks in die motorhuis opgelewer.” De Jager is op dieselfde dag in hegtenis geneem en het Woensdag in die Blue Downslanddroshof verskyn op ’n aanklag van moord. Volgens kapt. Gerhard Niemand van die

Charmaine Mare

Johan de Jager (48), wat van die moord op Charmaine Mare beskuldig word. Die huis in Eltermanstraat, waar Charmaine se arms in ’n boks in die motorhuis gekry is. Kraaifontein-polisie is die saak uitgestel tot Donderdag vir verdere ondersoek, maar het die beskuldigde intussen die slagogger se bene aan polisie uitgewys, waar hy dit langs die N2 naby Macassar gegooi het. Die polisie het intussen bevestig dat die lykskouing afgehandel is, maar dat hulle nog nie kan bevestig of Mare verkrag is nie.

Kuns Onlangs is berig Mare het Kaapstad toe gekom het om kuns te studeer by ’n plaaslike kollege, maar die gerugte is Maandag deur ’n betroubare bron betwis. “Sy het net daar (by die White-woning) opgedaag en daar was geen sprake van enige formele losiesreëlings nie. Van studies in Kaapstad was daar glo geen sprake nie,” het dié bron Maandag aan TygerBurger gesê en ook bygevoeg dat Mare na bewering nie haar hoërskoolloopbaan wou voltooi nie.

Month-End Motoring Specials!!

Volgens dieselfde bron was Mare en White se dogter vriende sedert hul jonger dae toe dié gesin ook nog in Mpumalanga gewoon het. Haar verpletterde ma, Katerina Mare (53), sê haar dogter het baie ideale gehad en wou in Kaapstad werk om geldelike hulp aan haar verarmde ouers te verleen, het Rapport Sondag berig. Volgens haar het Mare haar ook etlike dae ná haar aankoms in Kaapstad gekontak en om hulp gevra, maar dat hulle nie geld gehad het om haar te gaan haal nie.

Goeie pa Volgens De Jager se verslae gewese vrou, wat Maandag deur die polisie ondervra is, was hy nog altyd ’n baie goeie pa vir sy kinders. “Ons is almal in skok en kan dit nog nie verwerk nie,” het sy Maandag aan Tyger-

Burger gesê. Volgens haar is sy en De Jager in 2007 van mekaar vervreem, maar eers verlede jaar wettiglik geskei. Sy sê De Jager en White is al sowat drie jaar in ’n verhouding. Sy is tans woonagtig in Oos-Londen en het Kaaptad toe gekom vir die ondersoek om haar seun by te staan.

Vermoor Intussen ondersoek die polisie nog ’n klag teen De Jager. Die bewering hou verband met ’n voorval in Atlantis in 2008, waarin ’n jong vrou van Ravensmead vermoor is. Die saak is teruggetrek as gevolg van ’n tekort aan getuienisse, maar volgens ’n polisiewoordvoerder is die getuienis nou opgespoor en sal hulle dié week dagvaardings ontvang. V Wat is jou mening oor hierdie saak? SMS die woord “tyger” gevolg deur jou kommentaar na 45527. SMS’e is R1,50.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.