Page 11

NUUS NEWS

TYGERBURGER | ELSIESRIVIER Woensdag, 23 Januarie 2013

TV­aanbieder vra ja­woord in styl TANDY­LEE MARINUS Die aanbieder van die Kom Braai-kookprogram op TopTV, Dewald Visser (34) van Kuilsrivier, het sy vennoot van amper vier jaar, Sylvia Smith (33), gevra om te trou. Die Troukoors van ’n Bachelor, ’n nuwe reeks op TopTV, sal wys hoe hy alles self gaan hanteer om ’n droomtroue te verseker: uitnodigings, klere, juweliersware, kos, drinkgoed en die ander beplanning rondom die troue. Hy onthou nog sy eerste afspraak met Sylvia goed. Hy het dié aand saam met sy vriende by ’n gesellige uithangplek gekuier om die pragtige blondine te beïndruk. “Sy het my geskakel toe sy daar aankom, waarop my vriende ‘ge-oee’ en ‘ge-aa’ het. My reaksie was: ‘Kalmeer mense, dis nie asof ek die ja-woord gaan vra nie,“ vertel Dewald. Hy het die sjarmekrane behoorlik oopgedraai toe hy vir haar sjampanje bestel het, wat gewoonlik enige vrou se knieë lam maak. “Soos dit hoort het ek haar vergesel na haar motor toe sy huis toe is, waar ek ’n verbasende lekker soen gekry het. Toe weet ek, hier wil ek verseker ’n bietjie anker gooi.” Soos in baie ander verhoudings was daar ’n oomblik van onsekerheid, maar dit het gou gewyk toe Sylvia vir Dewald aanvaar het vir wie hy is. “’n Goeie vrou soos Sylvia kom nie per toeval op jou pad nie. So, toe ek haar goed leer ken, het ek geweet hierdie is my lewensmaat.” Hy het die groot vraag om haar hand op sy Kom Braai-program gevra. Sylvia het hom op vorige programme bygestaan en hy het haar gevra om weer te help, dié keer op die plesierboot, die MSC Melody. Eers tydens die openingstoneel van die program, toe hy op sy knie afsak, het Sylvia besef hy vra haar om te trou. Dewald het ook gewys geen moeite is te groot vir hom om die regte diamant vir die ring te kry nie. Hy het in Port Nolloth ’n ongeslypte seediamant van 1.67 karaat uitgeduik vir dié spesiale ring. Dewald Visser is hier met die ongeslypte Troukoors diamant van 1.67 karaat, wat hy in Port van ’n baNolloth uitgeduik het.

Hier is ’n verheugde Sylvia Smith (links), die gelukkige bruid van Dewald Visser wat op een knie die groot vraag vra tydens hul kuier op die MSC Melody. chelor sal kykers insig gee oor hoe maklik of moeilik die reëlings vir die troue was – die hoogtepunte en Dewald se grootste uitdagings. “My grootste uitdaging was met die indeling van die tafel. Daar is maar altyd iemand wat grom vir iemand anders, dit bly ’n familieding,” skerts hy. Dewald beklemtoon dat hy nie kan wag om die knoop deur te hak nie, die onthaal te geniet en alles te ervaar waaruit ’n droom-wittebrood bestaan. “Dit gaan ’n ongelooflike troue wees en ’n lekker partytjie vir 160 van ons beste vriende en familie.” Die Troukoors van ’n Bachelor-reeks sal in die laaste week van Februarie op TopTV gebeeldsend word en dié wat nie toegang tot TopTV het nie, kan dit op www.troukoors.net volg.

Show you care and run for the SPCA Animal lovers are invited to participate in a run for the many animals that the Cape of Good Hope (CoGH) SPCA rescues and cares for. The SPCA is appealing to runners who have already signed up with the Old Mutual Two Oceans Marathon to run as part of Team SPCA. There are choices of a 56 km (marathon) and a 21 km (half marathon) which will take place on Saturday 30 March and the fun runs (family and trail runs) take place on Friday 29 March (Good Friday.) The venue will be outside SA Breweries in Main Road, Newlands. In 2012, 13 runners raised over R40 000 for the CoGH SPCA. Some of them were seasoned racers, while others were first timers, but all were united by their love and respect for animals and a desire to assist in the fight against animal cruelty. As a member of Team SPCA you will: V receive a special goodie bag; V receive a limited edition New Balance /Team SPCA running shirt; V be featured on our website and in our Footprints magazine/SPCA newsletter as a member of Team SPCA; V be invited to attend our pre-race function at the CoGH SPCA, and V receive tips and guidelines to assist you in raising funds for the CoGH SPCA. As a member of Team SPCA for the Old Mutual Two Oceans Marathon, you will be committing yourself to raise a minimum of R2 500 – thereby contributing greatly to the funds needed to care for, sterilise and rescue animals in need. V To enter contact Natasha Johannes, on 021 700 4155 or email her at awareness@spca­ct.co.za.

A member of Team SPCA, Warren Fisher, from Meadowrid­ ge and SPCA’s Podgie Pooh.

11

Tygerburger Elsiesrivier 23 Jan 2013  

Tygerburger Elsiesrivier 23 Jan 2013