Tygerburger eersterivier 13 nov 2013

Page 6

6 TYGERBURGER Eersterivier & Blue­Downs

NUUS

Luister na Deon by teater

Deon Meyer

Woensdag, 13 November 2013

Debutantebal se wenner glimlag breed

Bennie Griessel, almal se gunsteling-polisieman, is terug in “Kobra”, Deon Meyer se nuutste misdaadroman wat in November op die rakke is. Deon doen van 16 tot 23 November ’n landwye boektoer om “Kobra” bekend te stel. Op 16 November om 10:00 is hy in die Barnyard-teater in Willowbridge. Vir R180 kry jy pizza, twee drankies en die kans om na Deon te luister. Bespreek by Computicket.

Die drie graad R­opvoeders van die Laerskool Iristea, Lereshia Adams (heel links), Cheryl van Wyk (tweede van regs) en Cora Beukes (heel regs), staan hier saam met die wenner van die debutantebal, Brunisia Fourie (voor), en haar ouers, Bruce en Abigail.

De Kuilen-matrieks van 1963 byeen BOHEMIA HOFFMEESTER Die 1963-matriekklas van die destydse pasgeboude Hoërskool De Kuilen in Kuilsrivier het verlede naweek sy vyftigjarige reünie gehou. Dié spoggeselligheid het plaasgevind op die Avalonplaas van die oud-leerders, Sarel en Tarina Esterhuizen. Die matriekklas het uit 23 leerlinge bestaan, van wie ses reeds oorlede is. Ses van die leerders is al vanaf sub A tot matriek

saam. Sestien van die oorblywendes, tesame met vier bejaarde onderwysers wat vir hulle klas gegee het, het die reünie bygewoon. Harry Hogg (68), organiseerder van die reünie, was ook in dié matriekklas. Tony Haughton, hoofseun van die destydse 1963-matriekklas, sê: “Dit was ’n absolute ongelooflike emosievolle ervaring wat baie goed beplan was. Ons is dankbaar vir die reuse-poging om die aand ’n sukses te maak.”


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.