Page 10

10 TYGERBURGER Durbanville

WAT DIE HART VAN VOL IS

HOOFARTIKELBLAD

Woensdag, 7 Maart 2018

LEWENSKIEKIE

Ons nuwe pres is nie ’n bomplanter Die histerie wat nou in die land losgebars het oor grondonteiening sonder vergoeding, het my gedagtes ver teruggevoer. Dit was in 1981. Ek was een van ’n span joernaliste wat oor daardie jaar se nasionale verkiesing vir ’n dagkoerant verslag moes doen. Ek het in die Boshofhotel se kroeg gewag op iemand wat ’n “sappige storie” oor die verkiesing gehad het en gevra het ek moes hom daar kry. My bron was laat en ek het by die kroegtoonbank gaan sit. ’n Entjie van my af het ’n man ’n fluistergesprek oor die hotel se landlynfoon met iemand gevoer. Hy het ’n verslete baadjie aangehad, sy ken was ongeskeer en ek kon op ’n afstand sien sy oë is bloedbelope. Hy het senuweeagtig voorgekom, heeltyd rondgekyk, die gehoorstuk met ’n bewende hand vasgehou, die een sigaret met die kooltjie van die ander aangesteek en onverpoos met die klap van ’n vinger dubbelbrandewyne by die kroegman bestel. Vir my het hy soos ’n verdagte in die een of ander kriminele komplot gelyk. ’n Week vantevore was daar juis ’n bomontploffing in Johannesburg en die verdagte is toe ’n paar dae later in Kimberley opgemerk, maar het die polisie ontduik. En Boshof was maar 50 km van Kimberley af. Hoe sagter die man oor die foon gefluister het, hoe kwaaier het ek my ore gespits. Ek kon sweer hy’t iets van Johannesburg gesê. Nou was ek oortuig van my saak. Ek het al die koerantopskrifte in my geestesoog gesien: “Onverskrokke joernalis trap bomplanter in Boshof-hotel vas.” Ek het die kroegman nader gewink en saggies gevra of hy dié man ken. “Ja, dis ou Jannie, die keffie-eienaar van hier langs die hotel. Hy’s besig om vir sy vrou ’n verrassingspartytjie vir haar verjaardag te reël.” Hy’t sy vinger voor sy lippe gehou. “Dis glo ’n gróót geheim.” Waarom het dié voorval my aan die huidige konsternasie oor grondonteiening laat dink? Soos ek toe doodseker was dis die bomplanter, is daar nou ’n klomp histeriese mense vas oortuig dat plaasgrond soos in Zimbabwe “gegryp” gaan word. Maar soos ek gemoedsrus by die kroegman gekry het dat my vinnige gevolgtrekking verkeerd was, het ek nou weer die versekering by ons nuwe staatspresident gekry dat ek oor die grondkwessie moet ontspan. Hy het tog duidelik gesê voedselsekerheid is ononderhandelbaar, dat die landbousektor een van die uitblinkersektore was en dat hy dit so wil hou en selfs wil uitbou. Ook dat die saak met groot omsigtigheid hanteer gaan word. Klink nie vir my, in teenstelling met Mal(ema) se strydlustige praatjies, na ’n grondgryper ... of ’n bomplanter nie. – Rudie van Rensburg

Ek het al die koerantopskrifte gesien: “Onverskrokke joernalis trap bomplanter in Boshof-hotel vas.”

Win movie tickets To win double tickets to see any 3D movie of your choice at CapeGate Ster-Kinekor, tell us in 150 words what you would be called if you were a spy and why. Send your micro story to us at win@tygerburger by no later than Tuesday 13 March at 12:00. One of the 3D movies currently showing at CapeGate is the mystery thriller Red Sparrow. The movie tells the story of ballerina Dominika Egorova who is recruited to ‘Sparrow School’, a Russian intelligence service, where she is forced to use her body as a weapon. However, her first mission, targeting a CIA agent, threatens to unravel the security of both nations.

Sepie-akteurs sorg vir groot opwinding: Liefhebbers van die televisiesepie 7de Laan het Saterdag op N1 Stad-winkelsentrum toegesak om hulle gunsteling-akteurs in lewende lywe te sien. Meeste het hul selfone ingespan om dié gebeurtenis op te neem.

FOTO: CARINA ROUX

BRIEWE briewe@tygerburger.co.za|Faks: 021 910 6501|Posbus 747, Bellville 7535|Briewe wat nie langer is as 250 woorde nie, sal voorkeur geniet. Verskaf asb. u naam, adres en telefoonnommer by (nie vir publikasie). Spertyd is Vrydag om 12:00

Hou op met waterteorieë Anton Bredell se toespraak tydens ’n vergadering van die Durbanville-Sakekamer op 20 Februarie is dié van ’n teoretikus en nie dié van ’n pragmatis ten tye van ’n waterkrisis nie (“W-Kaap hét waterplan”, 28/2). Dis baie opvallend dat daar niks gesê is oor die verligting van die probleem nie, maar net genoem word van ’n langtermynvisie van 30 jaar. Die oplossings word vir 2022 tot 2023 gestel. Hy laat egter na om te sê dat waarskuwings reeds oor die afgelope 20 jaar strek, waarop daar geen ag geslaan is deur die Stad of provinsie nie. Hy verwys ook na opeenvolgende krisisse, soos eers elektrisiteit, toe water en dan vullisstorting. Dit is juis waarom daar tydig noodplanne moet wees om sulke krisisse aan te pak. Daar was en is niks daarvan in die Wes-Kaap nie. Al plan wat voordurend gekommunikeer word, is om waterverbruik afwaarts te bestuur. Die vraag is tot waar? Hy praat ook van watervermorsing in die verlede, maar vergeet dat die huidige lae waterverbruik gepaard gaan met toilette wat nie gespoel word nie, tuine wat verdor en mense wat een of twee maal per week stort. Wat ons as inwoners verwag, is ’n plan wat datums en uitkomste aandui en nie teorieë nie. GERRIT ERASMUS Welgemoed

City punishing us for doing as told Most of us do everything possible to save water and now we are being punished by the new water and

sewerage rates. How ridiculous to go up more than five times the rate for water and the same goes for sewerage? While it won’t bother the upper-class residents, what about the middle working class, the pensioners and the elderly? We now use exactly a third of what we used to use in our home and yet we now pay more than double what we used to pay for water and sewerage. We get asked to use less water, which we do, and that now results in the City of Cape Town getting less money. They are now punishing us for doing what they instructed us to do by increasing the rates so they can still get the same amount of money out of the people. We all know that certain areas are still getting their water for free, which is really infuriating. It’s heartbreaking to see how unfair things have become. CONCERNED RESIDENT Kraaifontein

Kransduif geniet ook Zuma-rubriek ’n Inwoner van Welgelegen het ingebel om dankie te sê vir die lekker rubriek van Rudie van Rensburg (“Die aand toe Jacob ’n roos gegryp het”, 21/2). Terwyl sy haar koerant by die kombuistafel gelees het, het ’n kransduif by die deur ingevlieg, op haar tafel en koerant kom sit, en haar hand en koerant gepik. Dit was amper asof hy wou sê sy kan nie alleen koerant lees en die rubriek geniet nie. Ongelukkig kon sy nie ’n foto van die kransduif op haar kombuistafel neem nie, maar sy het stilletjies weggesluip, haar skuifdeur oopgemaak en die kransduif het doodluiters by die deur uitgestap. Voordat die kransduif die

pad bereik het, het hy omgekyk asof hy wil sê: “Ek hou jou dop en as jy nie oppas nie, kom lees ek weer jou koerant!” OPROEP UIT WELGELEGEN

Amateur DA has lost the plot When the DA let “Septic” Blatter (former Fifa president) put the wrong stadium in the wrong place, I was unhappy, but I forgave them. When the DA stuffed up the tolling of Chapman’s Peak, I was unhappy, but I forgave them. When the DA spent unnecessary money on a new logo, I was unhappy, but I forgave them. But now with the debacle over water ... the total lack of management and communication, I can no longer forgive. The DA has lost the plot. The DA has lost my support. The DA has lost my vote. We need professionals to run the Western Cape, not amateurs. ROB STAMPE Durbanville

Water metering: glitches or lies? Fred Anthony of Stellenberg complained of a “glitch” in the City’s water metering system (“The City must get their act together”, 28/02). His water consumption for January and February was not metered, but estimated to be far above his normal usage. More people in the northern suburbs have the same complaint. Mr A in a nearby suburb is a frugal and handy man. He filled his pool with rainwater and recycled greywater years before the public outcry about water began. His long-time

monthly consumption of municipal water stays below one kiloliter. Mr B, his neighbour, regularly clocks up more than six kiloliters. Their meters are positioned alongside each other. When the meter reader has read the one, he takes one step to read the other. Mr B’s account for December and January was as usual, but that of Mr A was “estimated” at 13.6 kiloliters. So why estimated? And why at more than 13 times what it should have been? He wrote to the accounts department of the City of Cape Town at the official e-mail address supplied on their website. No response. Six days later he enquired again, and after 15 more days without an answer he sent his inquiry to the office of the mayor. That resulted in a response and the rectification of the problem. Mr A also looked at the Hellopeter website and found that someone else had logged a similar complaint of exaggerated estimates, no response, etc. This person also indicated that other people had the same experience. There was no response from the City to the complaint placed on Hellopeter. Should the suspicions about officials prove to be true, what could be the reason behind it? It would of course have brought in an extra cash flow to balance the City’s books at the end of its financial year. A more serious result would be false statements on water usage. This terrain needs caution. Recently some politician somewhere shouted that the rich whites in the suburbs are stealing water from the poor blacks. Another possibility that should also be considered is that a crisis is being artificially created for politicians to blow up and solve before the election. OLD-TIMER Durbanville

Tygerburger Durbanville 07032018  
Tygerburger Durbanville 07032018  
Advertisement