Blue Thread Issue 4

Page 49

VERBODE - deur Carla Spies My ribbekas sny deur die verskoning van ‘n matras onder my. Ek kan voel hoe die verbleikte lakens op my hoendervleis bedekte liggaam rus. Die ritmiese kam van vingerpunte deur my ongewaste hare laat my kalm voel.

Die jare het stadig aangestap en voor ek my kon kry, was ek amper DROOG agter die ore. Nala was nogsteeds aan my sy vasgeplak.

Nala… Nala het altyd my hare gevleg.

“Net in …”

Nala was my eerste vriendin.

“Jy sien haar?”

“Hanna…” ek onthou dr. Khemp se onderbroke sinne asof dit gister was. “Positief getoets vir…”

Langs my het Nala haar swart krulle so verwoed geskud, dat ek geweet het dr. Khemp is van haar sinne beroof.

“Ongelukkig…” “…baie simptome van… SINDROOM.”

“Hanna…” het dr. Khemp aan ‘n semi-adolosente Hanna probeer verduidelik. “… Nala is … “ “jou KOP” “Dis net jou verbeelding, ek …”

“JAMMER”

Nietemin MOES ek DAAGLIKS my MED – DI – KA – SIE drink. Dit het my goed deur die blare gemaak. Onbewustelik het Nala begin wegraak, agter die blare. Dit was asof sy wegkruipertjie gespeel het.

Van daardie dag af was my ma nooit weer dieselfde nie…

EK KON HAAR NIE VIND NIE.

“… baie hindernisse in die pad vorentoe…

EK KON DIT NIE HANTEER NIE… Ek is aangemoedig om ”maatjies” te maak. Dis wat witjas Khemp voorgestel het. Dus het Nala ontstaan as ‘n onskuldige produk van eensame sesjarige Hanna se verbeelding. My eerste poging om my ouers te probeer tevrede stel.

Sonder my maatjie kón ek net nie. Daarna het die elf eensaamste, droefste seisoene verby gegaan… Elke een erger as die vorige. My ouers, elke jaar meer teleurgesteld. Eendag – toevallig op ‘n reëndag – het my wildste droom waar geword. Ek kon voel hoe vyf fyn vingerpunte my hare in drie verdeel.

Aanvanklik was my ouers in die sewende hemel oor my “skielike vooruitgang” en die opwaartse kurwe My wat my “geestelike grafiek” gemaak het. Maatjie Min het hulle geweet dat Nala die begin van die EINDE was…

Het Kom Kuier


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.