Blue Thread Issue 11

Page 61

MUSIEK AAN DIE VOET VAN HELDERBERG. Sondag, 28 Januarie, het ons eie PAREL VALLEI SHOW BAND geopen vir Coda Africa in ‘n skemerkonsert by die Helderberg Natuurreservaat. Om meer hieroor uit te vind, het ek met twee lede van ons band gesels.

Parel Vallei spog met ‘n talentvolle show band wat eers onlangs amptelik gestig is. Hierdie jaar is die 19de keer wat die pragtige Helderberg Natuurreservaat ‘n klompie skemerkonserte hou om geld in te samel vir hul instandhouding. As mens daaraan dink, is ons ongelooflik bevoorreg dat ons net ‘n klein fooi hoef te betaal om die natuurlike fynbos van die WesKaap te sien. Hierdie konserte word gehou om die kostes van instandhouding te dek. Hierdie spesifieke konsert het ‘n gehoor van tussen 400 en 500 mense gehad. Die band, wat uit huidige en oudleerders bestaan, het vir die eerste 20 minute van daardie Sondag se konsert gespeel voor Coda Africa begin het met hul stel. Wat vir my interessant is, is dat die show band nie ‘n vaste styl of genre het wat hulle speel nie. Hulle pas hul stel aan by die musikante vir wie hul open.

Coda Africa se klank is opgewek, lewendig en elektronies. Deel van wat hulle so uniek maak, is dat hulle ‘n elektriese tjellis én ‘n elektriese violis het. Nog meer, meng hulle style wat mens nie eers sou dink saampas nie, soos jazz met elektronika, klassiek met elektronika en kwaito met elektronika. Die band se klawerbordspeler, Hugo Potgieter, sê dat hy dit baie geniet het om op te tree en dat die rustige atmosfeer en die optrede buite vir hom ‘n welkome verandering is na hul by die Grandwest Arena opgetree het, waar dit warm en bedompig op die verhoog was.

Ek dink dit is ongelooflik hoe goed ons band al vaar, veral aangesien hulle eers einde laasjaar gestig is! Hopelik sien ons hulle nog baie in die toekoms.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.