Page 1

ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer

September 2011 Nr / No 139 ISSN 1042–1558

Gratis

Besproei foutloos met Floppy Kies die regte spuit sĂł Veeboerdery: Wen teen bosluise

Varsprodukte: Kollig op uitvoer Sit peste op hulle plek Rasnuus

|

Veilings

|

Blokraai

|

Agrilag

|

Werfnuus

AgriTrader


In hierdie uitgawe Voorblad

Redakteursbrief eptember is veronderstel om die maand te wees waarin ons almal uitsien na nuwe groei, maar ongelukkig het September al ook die reputasie gekry as die swartste maand op die landboukalender as gevolg van veldbrande. Hierdie jaar is geen uitsondering nie, met duisende hektaar kosbare weiveld veral in Noordwes wat in vlamme opgegaan het. Ook vee ly daaronder. ProAgri is bewus van een boer wat 600 beeste verloor het! Hoe staan ’n mens weer op? Ons harte gaan uit na almal wat so getref is en ons vertrou dat hulle geloof hulle hierdeur sal dra. Ons doen ook ’n beroep op boere in ander streke om deel te neem aan georganiseerde landbou se hulpverleningsaksies. In nood staan ons almal saam. In hierdie groente- en vrugte-uitgawe val die kollig op verskeie aspekte van gewasproduksie soos slim insekbeheer, Graan SA se produksieruimtes vir die komende seisoen en wat die weer na verwagting gaan inhou. In ons vee-afdeling kan u meer uitvind oor ’n beesras wat Afrika en Europa bymekaar gebring het en nuwe tegnologie wat skaapboere rustiger kan laat slaap. Ons sien uit daarna om saam met al ons landbouvriende by die Agri Megaweek van 14 - 16 September te kuier. Onthou om ons webwerf, www.proagri.co.za, te besoek waar daar elke dag iets nuuts is en waar jy vrolike musiekpryse kan wen. Word ook ’n vriend van ProAgri se bakkiesblad. Groete en boer slim!

S

Inhoudsopgawe / Contents

Gewasproduksie 11 Kollig op die uitvoer van varsprodukte 13 A quick tour: Fresh Produce Markets 15 Slim insekbeheer verseker gesonde tamaties en aartappels 17 Jupidex-planter: Plant om te wen 18 Somergraan: Die enigste gegewe is verandering 23 Kan die nat toestande aanhou? 25 Met Floppy maak jy nie ’n fout nie Hulpbronbestuur 26 Ons boer saam (3) 29 JB Stamp laat jou water werk Gereelde gunstelinge 28 Agrikyk & Lees 28 Werfnuus 30 Agrilag 31 Boereblokraai 2 32 AgriTrader Vee en veilings 32 PinZ²yl is die winsbees vir Afrika 35 Ken die vyand: Bosluise op lewendehawe 37 Skaaphalsband troef jakkalse 39 Maak kleingeld van voermaal 41 Die Swartlandveeveiling: ’n Moet vir ernstige beesboere 43 R1 miljoen vir ’n Friesperd 44 GeneGids Copyright © 2011. All rights reserved. No material, text or photo graphs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.

www.proagri.co.za

Business-to-Business: Agriculture January to March 2011

59 167 average copies per month

SMARTPUBLISHING MASS MEDIA SPECIALISTS

Tel/fax: 012-362-2732 1218 Arcadia st, Hatfield, Pta www.smartpublishing.co.za

Annemarie Joubert annemarie@proagri.co.za

Meganisasie 3 Kies die regte spuit 5 Spuite: Bereik groot hoogtes met ’n Peake 7 Vuurmaakhoutverwerker: Stapels stompies beteken groot geld

Met die allFresh!konferensie om die draai, laat val ons in hierdie uitgawe die kollig op varsprodukte en die rol van markte.

Die ProAgri-span 5

Redakteur Annemarie Joubert > 082-320-3642 annemarie@proagri.co.za Webredakteur Coenraad Rall > 083-973-3297 coenraad@proagri.co.za

11

Verkoopsbestuurder Chantell Nell-Marais > 082-780-4696 chantell@smartpublishing.co.za Senior bemarker Stefan van Wyk > 082-381-7563 stefan@agritrader.co.za

15

Agentskappe Carmel Ann Singh > 079-515-8708 carmel@smartpublishing.co.za Advertensienavrae Marlien van der Westhuizen > 012-362-2732 marlien@smartpublishing.co.za

25

Uitleg & grafika Esta van Niekerk Taalversorging Mediadienste

29

Rekeninge & intekening Paula MacMavis > 012-362-6390 paula@proagri.co.za Gedruktemediabestuurder Suzanne Rall

32

Sakebestuurder George Grobler

ProAgri 139 – September 2011

1


Meganisasie JP le Roux, opsteller van die nuttige Meganisasiegids, vertel van die moets en moenies van spuittoerusting. Hierdie artikel is die eerste van vier in die reeks. oe doeltreffender plaagdoder toegedien word, hoe beter werk dit. Daarom is dit uiters belangrik om doeltreffende spuittoerusting te gebruik en dit korrek in te stel. Dit is noodsaaklik om die onderskeie onderdele van ’n plaagdoderspuit deeglik te ken voordat sulke toerusting aangekoop word, of duur plaagdoder moontlik met ontoereikende spuittoerusting toegedien word, wat tot onbevredigende resultate mag lei.

H

Spuittenk Die spuittenk moet verkieslik van ’n roesbestande materiaal vervaardig wees. Die binne-oppervlak moet glad wees sodat die spuitstofneerslag maklik verwyder kan word. ’n Spuittenk met ’n ingesinkte gedeelte rondom die inlaatopening word aanbeveel om die stort van spuitstowwe te bekamp. Die inlaatopening moet verkieslik ’n deursnit van minstens 250 mm hê sodat onderdele binne-in die spuittenk maklik bereikbaar is. ’n Aftapkraan onder aan die spuittenk is ’n vereiste. Filtreerders Filtreerders voorkom dat vreemde stowwe die spuitpunte verstop. Minstens twee filtreerders word aanbeveel: ’n suigfiltreerder en ’n deurvloeifiltreerder. ’n Sif by die inlaat van die tenk is ook ’n vereiste. Suigfiltreerders moet van siffies van 100 maas of fyner voorsien wees. Siffies wat fyner as 100 maas (byvoorbeeld 200 maas) is, kan die vryvloei van sommige benatbare poeiers verhoed, maar is noodsaaklik waar kleiner spuitpunte gebruik word. Alhoewel siffies van 150 tot 200 maas by die spuitpunte self probleme mag veroorsaak deurdat hulle gedeeltelik verstop kan raak sonder dat die operateur daarvan bewus is en so onakkurate toediening tot gevolg mag hê, bly dit raadsaam om wel siffies te gebruik en hulle gereeld skoon te maak. Doeltreffende filtreerders is noodsaaklik vir die doeltreffende werking van die spuitstelsel. Daarom behoort hulle dikwels skoongemaak en vir beskadiging ondersoek te word. Gebruik ’n filtreerder wat maklik en vinnig skoongemaak kan word, verkieslik van die tipe wat nie uitmekaargehaal hoef te word in die skoonmaakproses nie. Sommige filtreerders het byvoorbeeld slegs ’n skroefdoppie wat verwyder moet word. Vermenging ’n Roerder in die spuittenk is noodsaaklik om die spuitstof eweredig te vermeng en in suspensie te hou, sodat die www.proagri.co.za

Kies die regte spuit Daar is deesdae spuittoerusting vir elke doel beskikbaar en dit is belangrik dat ’n boer van die begin af die regte keuse maak.

chemikalieë nie sal uitsak sodat die toedieningshoeveelhede wissel nie. Vir deeglike vermenging in tenkgroottes van minder as 1 000 liter behoort ’n afsonderlike pyp na die tenk, vanaf ’n punt tussen die pomp en die afsluitklep, voorsien te word, wat so geplaas is dat vermenging deurentyd dwarsdeur die tenk verskaf word. Hierdie pyp se opening moet naby die tenkbodem wees sodat die stroom afsaksels kan meevoer. Vir spuittenks groter as 1 000 liter word aanbeveel om ’n spesiale meganiese roerder onder in die tenk te installeer. Dit is beslis ’n vereiste waar die tenkinhoud 2 000 liter oorskry. Pompe Die pomp bepaal die doeltreffende werking van ’n spuittoestel. ’n Verskeidenheid pompe is beskikbaar, elk met eienskappe wat hulle geskik maak om sekere funksies goed te verrig. Faktore wat die keuse van ’n spuitpomp bepaal is: • Volume benodig per oppervlakteeenheid. • Druk benodig om teiken egalig te benat. • Egalige volume en spuitdruk is noodsaaklik vir akkurate toediening. • Minimum verwering en slytasie deur spuitstowwe. • Indien slytasie of skade voorkom, behoort die herstel van die pomp vinnig, eenvoudig en ekonomies te wees. • Diens en gemak van skoonmaak kan van primêre belang wees indien die pomp verskillende soorte spuitstowwe moet hanteer. • Onderdele moet vrylik beskikbaar wees.

Die volgende pompe is beskikbaar: Suierpomp Moontlik die duurste en betroubaarste. Aanpasbaar by ’n verskeidenheid gebruike. Kan hoë spuitdruk en volume hanteer. Hanteer ook sowel skurende as nie-skurende stowwe. Sentrifugale pomp Hanteer alle tipes spuitstowwe, selfs growwe, skurende produkte. Kan hoë volume teen lae druk lewer. Diafragmapomp Hanteer die meeste tipes chemikalieë. Hierdie spuitpomp is ekonomies, doeltreffend en is ook die spuitpomp wat die meeste gebruik word. Let wel: • Vervang die diafragmas elke seisoen. • Handhaaf die drukking in die drukkamer volgens spesifikasie. Rollerpomp Ekonomies in terme van aanvanklike uitgawe. Hierdie pomp word nie aanbeveel vir die spuit van benatbare poeiers nie omdat die rollertjies sowel as die rollerkamertjies beskadig kan word. Slegs vir emulgeerbare konsentrate, aangesien slytasie ’n belangrike faktor by hierdie tipe pomp is. Pype Gebruik duursame pype met gladde binnewande, wat die korrosie-effek van plaagdoders kan weerstaan. Ondersoek pype gereeld en vervang indien nodig. In die volgende aflewering word daar na die verskillende spuitpunte en hulle toepassings gekyk, dan na lugondersteunde (kousbalk)-spuite en laastens na die kalibrasie van spuite. Moet dit nie misloop nie. ProAgri 139 – September 2011

3


Meganisasie

Bereik nuwe HOOGTES met ’n PEAKE

Die Peake Mk3a se stuurbare agterwiele, sorg vir ’n klein draaisirkel en die plasing van die spuitbalk aan die voorkant verseker akkurate spuitwerk. ryspoed wissel tussen 20 en 30 km per “Hy loop hoër as ingevoerde produkte, uur – en ja, dit het al een keer gebeur wat hom ideaal maak vir volwasse dat ’n waaghalsige motoris reg onderdeur mielies,” vertel Dail, “maar omdat die ’n spuit gery het! tenks tussen die wiele is, is hy goed In die land kan die masjien met sy gebalanseerd.” hidrostatiese vierwielaandrywing baie Die spuittoerusting kan egter net rats beweeg. Casper Botha van Potchefso goed in konvensionele produkstroom, wat verlede jaar sy tweede siestelsels gebruik word, want die Peake-spuit gekoop het, sê die feit dat toedien van plaagdoders is juis die agterwiele met die vierwielaandrynodig as die mielies begin kop maak wing op hulle eie kan draai, maak die en die wurms van bo af in die kelk draaisirkel baie klein. doodgespuit moet word. Hy sê wat egter vir hom die belangrikMet ’n spuitbalk wat van so laag ste voordeel van die spuit is, is sy as 500 mm tot so hoog as 2,7 m betroubaarheid en daarby is dit baie kan stel, is ’n Peake-spuit deel van gebruikersvriendelik. Sy eerste masjien jou totale produksieproses, vanaf het al meer as 5 000 werksure agter die onkruidbeheer met grondvoorbereirug en hy sê hy sou nie ’n tweede een dingstyd, tot die beheer van onkruid gekoop het as hy nie tevrede was met en plae in pluimtyd. alle aspekte nie, soos onder meer die Een van die hoofvoordele van ’n tegniese ondersteuning. masjien as deel van die PeakeDonald Peake sê: “As ’n kliënt my toerustingreeks is die persoonlike vandag bel, is ek more daar en omdat diens, want elke boer se behoeftes meeste van die onderdele plaaslik veren omstandighede is uniek; maar Spuitpatrone word volgens die boer se vaardig word, is dit dadelik beskikbaar – veral na ’n masjien aangekoop is, spesifieke behoeftes en omstandighede wat krities is in spuit- of ontpluimtyd.” die diens en instandhouding wat op aangepas. die boer se plaas gedoen kan word. Kontak Donald by 012-277-1360 of Die spuitpakket met sy TeeJetwat stewig gebou word vir Suid083-701-0810 of stuur ’n e-pos na sproeiers word aangepas vir verskillende Afrikaanse omstandighede. Elke masjien donald@peakeequipment.co.za. Vir spuitpatrone. Die Peake Mk3a se spuitkan ook by elke kliënt se spesifieke meer inligting, besoek gerus balklengtes wissel van 19 tot 32 meter en behoeftes en omstandighede aangepas www.peakeepuipment.co.za die Mini Peake van 19 tot 24 m. Die word. rywydte van die wiele word meganies Die Peake Mk3a is die “Rolls Royce” verstel van 2,2 m tot 3,6 m. van die Peake-reeks en is toegerus met Die spuitproses word vanuit die lugsuspensie wat ’n gemaklike rit lugversorgde, gifstofbestande kajuit verseker, ook op die pad. Die Peake Mk3a beheer. Volgens Dail is een van die is ook toegerus met vol GPS, “Auto-steer” grootste voordele dat die spuitbalk en “Swath control” as standaard. voor die kajuit geplaas is. Dit maak Die Peake Mk3a en sy kleinboet, die dit baie makliker vir die operateur om Mini Peake, het gespruit uit die behoefte akkuraat te beweeg en te spuit, want aan ontpluimingstoerusting in die saadhy kan die hele balk duidelik sien. mieliebedryf. ’n Ontpluimer moet hoog Die groter spuit kan 2 800 liter kan loop, akkuraat kan werk en spuitstof dra en die kleiner spuit betroubaar wees, want daar is min kans 1 500 liter. Die tenks is van vlekvrye vir tydspeling. Die Peake-ontpluimer het staal en is toegerus met meganiese die leemte in die mark gevul, maar of venturi-roerders. sommer gou het saadmielieboere begin Na die spuitproses vou die balke vra dat die ontpluimer ook as selfaangeterug sodat die hele masjien ’n Die Mini-Peake het, net soos sy ouboet, drewe spuit ontwikkel moet word – en gerieflike 3,5 meter breed is. Die ’n lugversorgde, gifstofdigte kajuit met hulle het hulle sin gekry! Departement van Vervoer het ook goeie beligting vir nagspuit en volledige Boere wat minimumbewerkingsmeaan die spuite ’n Natis-nommer elektroniese beheer oor die spuitstelsel todes toepas, soos Dail van Rensburg van toegeken, wat beteken dat hulle wat aan die voorkant van die masjien Delareyville, het gou die waarde van die wettig op die pad kan beweeg. Die gemonteer is. plaaslik ontwikkelde produk besef. ie Peake selfaangedrewe 4x4 spuit is anders as soortgelyke spuite deurdat hy regtig HOOG loop, die voorgemonteerde spuitbalk akkuraat kan spuit en dit verder ’n eg Suid-Afrikaanse produk is

D

www.proagri.co.za

ProAgri 139 – September 2011

5


Meganisasie

Staalmeester se OH60-vuurmaakhoutverwerker:

Stapels stompies beteken groot geld og nooit was dit so maklik om vuurmaakhout te saag en te split as met Staalmeester se vernuftige Hakki Pilke OH60 nie. Dié ratse masjien saag stompe van tot 40 cm dik met sy sirkelsaag in vooraf verstelbare lengtes, split hulle in twee, vier of ses en laai hulle met sy vervoerband op jou houthoop, sleepwa of kruiwa af – gereed vir gebruik of bemarking. Die OH60 kan met ’n elektriese motor toegerus of van ’n trekker aangedryf word en verg net 7,6 kW om die werk van ’n groot span arbeiders met sae en byle oor te neem. So nuttig is die OH60 dat André Truter van Underberg hom inspan om van vuurmaakhout sy hoofinkomstebron te maak. Met sy eerste kontrak vir die lewering van 30 ton wattelvuurmaakhout het hy binne tien dae die helfte van die masjien se koste verhaal. Tans saag hy net droë bloekomhout en, soos elke boer weet, is dit ’n harde pes om te saag. Nogtans het die OH60 in die veertien maande wat hy nou werk nog net R156 aan onderhoud gevra vir nuwe aandryfbande, waarby ’n reserwestel ingesluit is. Die wolframsirkelsaaglem en die splitterlemme het nog geen aandag

N

www.proagri.co.za

gevra nie en vreet elke dag deur byna 2 ton harde bloekomhout. As jy jou OH60 aan ’n trekkertjie se driepuntstelsel monteer en met die kragaftakker aandryf, kan jy hom enige plek in die veld staanmaak en binne minute volstoom hout saag en split. Hy Foto: Sheena Truter weeg ’n skamele 420 kg en vir Staalmeester se OH60-vuurmaakhoutverwerker werk so André is hy goed dat dit André Truter van Underberg genoop het om hierdie gewig in vuurmaakhout sy hoofbedryf te maak. goud werd. Net so waardevol is die geesdriftige Jy kan ook ysterdiens by Staalmeester en kundige manier waarop Staalmeester kry. Skakel Staalmeester by 018-431se mense immer oorgehaal is om die 0300 of info@staalmeester.co.za, boer se tegnologiebehoeftes te Worcester-tak 082-937-4841, bevredig. “My volgende masjien sal ek Humansdorp-tak 082-446-9683 vir beslis ook by Staalmeester kry,” meer inligting oor die OH60-vuurmaakverklaar hy. houtverwerker, maar ook oor al jou Eduan Booyens van Staalmeester is ander tegnologie behoeftes. Besoek ’n yster wat die boer se situasie ook www.staalmeester.co.za om ’n verstaan, sê André Truter van video van die OH 60 in aksie te sien. Underberg.

ProAgri 139 – September 2011

7


SENTER 360

Passievol oor spilpunte! By SENTER 360 is spilpunte vir ons ‘n passie. Juis daarom bou ons nie net ‘n sterk en taai struktuur nie, maar ons bestee ook heelwat tyd en aandag aan die klein besonderhede wat ’n groot verskil in jou alledaagse lewe kan maak.

STRUKTURELE STABILITEIT SENTER 360 benut vakwerkysters van pyp wat ligter as die algemeen gebruikte hoekysters is. ‘n SENTER 360 het sodoende twee stelle vakwerkysters meer per toring wat sorg dat die struktuur ontseend sterk is en buitengewone weerstand teen stormwinde kan bied. Langer basisbalke 4,5 m (5,8 m vir die hoë-profiel masjiene), toring stue, stabiliseringstawe en diagonale dra by tot dié uitsonderlike standvasgheid.

INNOVERENDE BEHEERPANEEL REEKS Die beginsel van eenvoudige modulêre ontwerp word ook op ons beheerpaneel reeks toegepas. Die basiese beheerpaneel, met direkte millimeter toedieningsverstelling, kan teen ‘n minimale koste deur verskillende vlakke van outomasering en kommunikasie opgradeer word.

“LAASTE SPUIT” OPLOSSING Die laaste spuit is geneig om verstop te raak. Ons het egter met ‘n innoverende dog eenvoudige oplossing vorendag gekom om die laaste spuit deurlopend skoonhou. SENTER 360 spilpunte word standaard toegerus met die drukgereguleerde Senninger I-Wob sproeier wat op hangpype gemonteer is. Dit verseker uitstekende waterverspreiding in selfs die uiterste klimaatstoestande.

SWAARDIENS RATKAS EN MOTORS Die aandrywing van die SENTER 360 spilpunt bestaan uit ’n standaard swaardiens wielratkas, met ’n gras opsionele vyf jaar waarborg wat deur die UMC “Power Saver” motorratkas -kombinasie aangedryf word. * Termes en voorwaardes geld

Tel: +27(18) 469-1331 • E-pos: info@senter360.co.za • www.senter360.co.za

10

ProAgri 139 – September 2011

www.proagri.co.za


Gewasproduksie

Kollig op die uitvoer van vars produkte ie uitvoer van groente en vrugte is een van die belangrike onderwerpe wat op die allFresh!-konferensie op 26 en 27 Oktober by Sun City bespreek gaan word. Stuart Symington, die Uitvoerende Hoof van die Fresh Produce Exporter’s Forum, is die seremoniemeester vir allFresh! 2011. Hy gaan ook ’n praatjie lewer oor die onderwerp: “How ethical is our trade?” en een van verskeie wegbreeksessies behartig. Sy spesifieke sessie gaan oor uitvoermarkte en is op die program bekend as die “Exporters Breakaway Session”. allFresh! is Suid-Afrika se twee-dag varsprodukte-konferensie met algemene en bedryfspesifieke sessies, asook ’n bedryfsgeoriënteerde ekspo wat die nuutste ontwikkelings bekendstel. Die konferensie bied ook geleenthede vir borgskappe. Die tema vir 2011 is “Volhoubaarheid in ’n veranderende landbou-omgewing”. In ’n onderhoud met Stuart het hy uitgebrei oor die raamwerk van die spesialis-sessie vir rolspelers in die uitvoerbedryf en sy verwagtinge daarvoor. Die sessie gaan bestaan uit ’n kort inleiding oor uitdagings in die uitvoerbedryf, gevolg deur ’n bespreking tussen ’n paneel van kenners en die gehoor. Hierdie gesprek sal die volgende onderwerpe hanteer: Voel opkomende produsente wat nou begin uitvoer deel van die uitvoerbedryf? Is Afrika die varsprodukte-bedryf se nuwe groot uitvoergeleentheid? Is die uitvoerbedryf

D

www.proagri.co.za

besig om uitdagings behoorlik aan te spreek? Wat is die nuutste ontwikkelings in die varsprodukte-waardeketting en is dit genoeg? Verskaf ondersteunende instansies in die uitvoerbedryf genoegsame waarde aan rolspelers? Die primêre boodskap wat Stuart wil oordra is dat die uitvoerarena besig is om drasties te verander en dat rolspelers nou al moet begin voorberei. Volgens Stuart gaan hierdie veranderinge oor die hele waardeketting versprei wees. Produsente het alreeds begin om hulle eie produkte uit te voer. Markagente is besig om plase aan te koop. Internasionale supermarkte maak kantore in Suid-Afrika oop en beoog om regstreeks van produsente aan te koop. Opkomende boere sluit by die uitvoermark aan. Al hierdie voorbeelde wys daarop dat markte oor die algemeen verander om vir veranderende ekonomiese omstandighede voorsiening te maak. Dit is belangrik

dat rolspelers hierdie veranderinge begryp en daarby aanpas om steeds die uitvoermark te bedien. Stuart is van mening dat daar spesifieke debatte tydens die sessie na vore gaan kom. Dit sluit onder andere die volgende in: Afrika as ’n nuwe markgeleentheid, die aanvaarding en ondersteuning van opkomende boere, ’n potensiële tweemalige terugslag vir die ekonomie, en die aanpassing van ondernemings deur byvoorbeeld die ontwikkeling van nuwe vaardighede. Die “Exporters Breakaway Session” by allFresh! 2011 is ’n unieke geleentheid waar rolspelers knelpunte kan uitwys en met ander rolspelers debatteer om met gepaste strategieë vorendag te kom. Stuart glo dat hierdie sessie veral waarde sal toevoeg tot rolspelers wat aan die uitvoermark deelneem, daartoe bydra en daaruit voordeel trek. Konferensiegangers kan deur hulle insette dus ook bydra tot die volhoubare toekoms van Suid-Afrika se varsprodukte-bedryf. Registrasie beloop R3 500 (minder vir studente). Besoek die webtuiste by www.allfresh.co.za vir meer inligting oor borgpakkette, die ekspo, die nuutste allFresh!-nuuswaardighede en die registrasieproses. Registrasie kan aanlyn voltooi word of ’n registrasievorm kan vanaf die webtuiste uitgedruk word. Om ’n elektroniese nuusbrief of meer inligting te ontvang, kontak Carien by carien@buzztzn.co.za of 083-6303607.

ProAgri 139 – September 2011

11


Crop production

A quick tour: Fresh Produce Markets By Justy Range of RSA Market Agents

orking with fresh produce does not only bring you closer to nature, but also to history. In fact, the concept of organised agriculture dates back as far as the Neolithic Revolution (8 000 BC)*. Although the exact nature of this period is still debated within academia, the transition of man to move from hunting and gathering to deliberate cultivation of crops, lead to what is known as the Agricultural Revolution (the precursor to the Industrial and ultimately the Technological Revolution). This period saw man cultivating crops for more than just domestic use. From

W

www.proagri.co.za

here, man gradually created settlements around these areas and over time concentrated within cities and towns. Ultimately the concept of a “market” emerged, where individuals gathered to satisfy a diverse set of needs and wants within one location. Standing on the market floor early in the morning, one can easily imagine you drifting far back into history. We might be wearing better clothes and have a longer life expectancy, but the need to eat, the simple subjective driving force of our survival, still fuels the actions of thousands of growers, traders and consumers all over the world every day. Markets, and the consolidation of supply and demand, are of course something that occurs in all industries regardless of the type of product that is traded. But within fresh produce it is striking how similar produce markets all over the world look and feel. Being from this industry and visiting these other markets, it is as if you’ve never left your own market. What makes the South African fresh produce markets unique in comparison, is the fact that we have a highly structured selling system based on commission sales. This commission structure we trade under was created intentionally to capture the essence of the various role players and were driven by factors such

as food security, food safety and regulatory control. The role players consist out of a market authority, regulatory authority, market agents, buyers and growers. Secondly, these “players” are consolidated within a facility where infrastructure is provided creating a level playing field. Thirdly, a high dose of transparency and competition gets introduced into the mix and Voila!, a symbiotic, interdependent little trading eco-system is created. But this story would not be complete without adding the final “cherry” (if you like) on the cake. That is the price discovery that occurs within these markets. Through the individualistic trade patterns of participants, all seeking to maximise their personal gain, a price is “discovered” that reflects the status of many, sometimes totally independent, variables. These variables are, amongst others, local and production area weather patterns, supply and demand expectations, geographic position, macro economic factors, profit motives, scarcity, quality, packaging, continuity etc. To round it off, the information of the above activities are aggregated and released at no or minimal cost to all the participants. This means that you, as a participant, have at your disposal a reliable measuring/benchmarking tool that allows you to “read” the market in order to assist you in your marketing decisions. This conversation would not be complete without mentioning the fibre with which this system is knitted together, namely TRUST. Every day, produce is received on consignment, procured via a telephone conversation. Viewed from this angle, one can easily see the need for the deliberate levels of transparency, regulatory control and also the structure and relationships amongst the role players that the industry is built on in South Africa. South African agriculture has at its disposal a national asset that has served the emerging and commercial players on both the production and sales side for many years. It is something to cherish. * Vere Gordon Childe

ProAgri 139 – September 2011

13


Gewasproduksie

DuPont Prevathon®: Slim insekbeheer verseker gesonde tamaties en aartappels as dit nie vir die Bosveld se heerlike tamaties nie, dan sou winter vir die res van die land darem ’n smaaklose, saai tyd gewees het. Maar net so goed as wat tamaties en aartappels in die Bosveldklimaat aard, net so lekker woeker peste en plae in dié wêreld. As daar nie slim, doeltreffende bestrydingwapens soos DuPont se Prevathon® was nie, dan sou insekte met die hele oes heen gewees het en die Hoëvelders sou in die winter maar net sonder tamaties moes gebly het.

W

Ontmoet die vyand Groot vyande van die aartappelboer is aartappelmotlarwes, aartappelblaarmyner en Afrika-bolwurm, terwyl tamatieboere steier onder aanslae van tamatievalslandmeterlarwes, Afrika-bolwurm en Amerikaanse blaarmyner. Hier is die redder DuPont se nuwe insekdoder, Prevathon®, met sy aktiewe bestanddeel, RynaXypyrTM, is hoogs aktief teen hierdie insekplae en dit teen lae dosisse van 100 tot 300 ml/ha. Volgens Benedict Nesane van die familieboerdery, Tshatale Farm Service knap duskant Tshipise, sou tamatieproduksie in die gebied byna onmoontlik

Sonder DuPont se Prevathon® en kundige diens sou gesonde tamatielande soos hierdie onmoontlik gewees het, sê Hamilton en Benedict Nesane van Tshatala Farm Service. By hulle is Max van Wyk van Qwemico Verspreiders.

gewees het as gevolg van al die peste en plae. Maar ’n boer maak ’n plan, sê Benedict, en ’n belangrike deel van daardie plan is DuPont se Prevathon® wat met sy unieke metode van werking ’n heel ander lewensbelangrike funksie van skadelike insekte aantas as ander insekdoders. RynaXypyrTM teiken die insek se ryanodienreseptore en aktiveer die vrystelling van interne kalsiumreserwes in die insek se spiere. Die insek hou baie gou op om te vreet en raak verlam, waarna dit vrek sodat jou tamaties en aartappels onverhinderd verder kan groei. As deel van ’n totale programbenadering is net drie bespuitings per groeiseisoen nodig en vanweë sy selektiewe metode van werking op teiken-insekte, het Prevathon® ’n baie lae akute en chroniese uitwerking op soogdiere, voëls, visse en voordelige insekte. Maar danksy sy unieke metode van werking, is Prevathon® hoogs doeltreffend selfs teen weerstandbiedende insekplae. Boere is verheug oor Prevathon® se veelsydige wer-king teen verskeie groeistadiums in die plae se lewensiklus, wat hulle so min ontsnapkans as moontlik gee: • Eiers (ware eierdodende effek) DuPont se Prevathon® help die boer om lonende • Larwes tydens of net na uitbroei oeste soos hierdie te behaal, sê Tyrone Ashing• Larwes deur kontak met die ton, gewasbespuitingspesialis van Sandquest spuitreste tydens beweging Farming.

www.proagri.co.za

op die blaar- of vrugoppervlakte • Larwes deur inname tydens die eerste pogings om te voed • Volwasse motte (onregstreeks deur paringsontwrigting) Prevathon® is kragtig en betroubaar • Hoogs doeltreffend, selfs teen weerstandbiedende bevolkings • Spoedige staking van voeding • Goeie nawerking • Stabiele beheer in ongunstige klimaat-/omgewingstoestande, soos reën na toediening en hoë temperatuur • Uitstaande gewasveiligheid • Pas uitstekend in geïntegreerde plaagbeheerprogramme • Lae risiko vir plaagbeheeroperateurs • Minimale effek op voordelige insekte • Reënvas twee uur na afdroging • Kort onttrekkingsperiodes: een dag vir tamaties en geen vir aartappels Met produkte soos Prevathon® is die boer goed gewapen teen insekbedreigings, sê Tyrone Ashington, gewasbespuitingspesialis van Sandquest Farming, naby Messina. Sandquest produseer tamaties en maak sterk staat op Prevathon® en op die puik diens en kundigheid wat Boelie van Rensburg en Max van Wyk van die plaaslike verspreider, Qwemico, bied om vooruit te boer. vir meer inligting oor DuPont Prevathon®, skakel: Riaan van der Merwe, Noordelike streek: 082-321-6542 Johan Theron, Vrystaat en KwaZulu- Natal: 083-255-2385 Jim McDermott: Wes-Kaap en Noord- Kaap: 082-565-5597 Gert Viljoen: Suid- en Oos-Kaap: 072-592-9611

ProAgri 139 – September 2011

15


Gewasproduksie

Red jou rug en die haasbekry met ’n Backsaver

Dit is baie maklik om met Pappa se planter te werk, beduie die vyfjarige Jedri.

“G

een boer beplan vir ’n swak stand in sy mielieland nie, maar weet maar as jy verlede jaar moes inplant, sal jy dit waarskynlik hierdie jaar weer moet doen,” sê Michris Janse van Rensburg. Selfs met die beste presisie-planters kan daar kaal kolle in ’n ry wees. Dit kan ’n pit wees wat nie wou ontkiem nie, windskade, of honger springhaasrotte of tarentale. Dit maak dus sin om voorsiening te maak vir die aanvulling daardie haasbekrye op die goedkoopste moontlike manier – deur die aankoop van ’n handmielieplanter. Die ligte Backsaverplantertjie is deur Michris ontwerp toe hy self agtergekom het wat se ellende dit kan veroorsaak as jy met die hand moet inplant. Hy sê daai gebukkery om pit vir pit in die grond te druk is baie kwaai op ’n man se rug en dit dwing jou letterlik later op jou knieë! Die ander nadele is dat die pitte nie ewe diep geplant word nie en beslis ook nie ewe ver van mekaar nie, veral nie soos die dag vorder nie. Die eenvoudige toestel laat ’n werker toe om regop te staan en werk. Omtrent 3 koppies saad kan op een slag in die toestel se voerbakkie geplaas word, wat sowat 'n uur se planttyd gee. Die werker hoef letterlik net voetjie vir voetjie te loop en met elke tree die 16

ProAgri 139 – September 2011

planter se meganisme af te druk. Michris sê: “Met vandag se mieliepryse en arbeidskoste betaal so plantertjie binne ’n halwe dag vir homself.” Die Backsaver was twee jaar gelede by Nampo se patentewedstryd ’n afdelingswenner en sedertdien moes Michris begin om ’n hele fabriekslyn op te stel om bestellings te hanteer. Die ontwerp, wat hy ook met die hulp van ’n buurman, Coen van Wyk, verfyn het, is van so aard dat slegs standaardpype gebruik word. Daar is dus geen masjinering nodig nie. Hy sê mense kom gereeld na hom toe terug met voorstelle vir aanpassings of ander produkte en hy luister graag daarna. Dit het reeds aanleiding gegee tot ’n spesiale pampoenpitplanter. Daar is ook heelwat belangstelling vanuit die geledere van bestaansboere of regerings wat besig is met landbouprojekte. Dit is dus ook vir hom belangrik om die produkte so goedkoop as moontlik te hou. “’n Bestaansboer kan nie vyf jaar vat om ’n werktuig af te betaal nie, hy moet dit in een seisoen met 2 of 3 hektaar se produksie kan doen. As ek ’n bestaansboer kan help om tien sakke mielies te produseer in plaas van een sak, is daar nog ’n boer.” Nog ’n wenner Die goeie nuus is dat die volgende wenontwerp, ’n handkunsmisstrooier, nou ook al deel van die fabriekslyn is. Die kunsmisstrooier gaan hierdie seisoen vir baie kommersiële boere van waarde wees om daardie versuipkolle in die land wat ekstra voeding nodig het, op ’n maklike meetbare manier te bemes. Veral groenteboere wat meer intensief boer, kan gerus na die kunsmisstrooier kyk. Een werker kan met gemak 3 ha per dag bemes. Michris sê afhangende van rybreedte loop ’n persoon so 6 tot 7 km per hektaar om 200 kg kunsmis met die hand te strooi. Dit werk uit op ongeveer 30 g per meter. Wat gewoonlik gebeur is dat die blikkie vol kunsmis halfpad in die ry opraak en dat die bemesting dus baie onegalig is. Die kunsmisstrooier kan gestel word om enige iets van 50 tot 300 kg/ha egalig te plaas. Die vloei van die korrels word beheer deur ’n verstelbare meganisme wat onafhanklik van die operateur se loopspoed funksioneer. As die aandryfwiel agter opgelig word of nie meer draai nie, stop die vloei van die kunsmis. So, wat is volgende? Wel as ons kan plant en bemes, dan moet ons ook kan

Met ’n eenvoudige verstelling kan die kunsmisstrooier enige iets van 50 tot 300 kg kunsmis per hektaar in rye plaas. spuit... ’n Goeie stewige handspuit met ’n beheerbare fyn vloei, is Michris se volgende droom. Die goeie nuus vir boere is dat Michris reeds ’n ingevoerde handspuit beskikbaar het wat geskik is vir kleinboere en ook om kweek in groot lande doeltreffend te beveg. Skakel Michris by 073-454-4111 of stuur ’n e-pos na mooiuitsigboerdery@telkomsa.net.

Die handkunsmisstrooier kan in die komende seisoen goed gebruik word om versuipkolle met aanvullende bemesting te behandel. www.proagri.co.za


Gewasproduksie

Jupidex se nuwe Kverneland HD Optima-planter:

Plant om te wen Boere wat reeds op Jupidex se uitmuntende Kverneland-grondvoorbereidingstoerusting reken, kan doeltreffendheid nou nog ’n stap verder voer met die nuwe Kverneland Optima-planter. sal hanteer,” is Dirk Kruger se bevinding. “Sy saadplasing is goed, hy het regdeur netjies geplant en alles het reg opgekom.” Hy sê een van die voordele wat hom opgeval het is die groot kunsmisbakke wat ’n mens in staat stel om meer te plant en minder aan te vul. Hierdie gunstige bevinDie Kverneland Optima-planter se saaduitmeters ding is geen verrassing nie werk foutloos sonder slytasie of vakuumverlies – Kverneland is immers en is geskik vir enige vorm en grootte pit. wêreldbekend vir die hoë gehalte en doeltreffendheid van sy produkte en die Optima, oos jy hom geplant het, so staan wat in Duitsland vervaardig word, is hy,” sê Dirk Kruger, ’n boer van geen uitsondering nie. Bloemfontein. Hy is die eerste boer in Die Optima is geskik vir mielies, die land wat sy mielies die afgelope sonneblom, sojabone, droëbone, erte seisoen met ’n Kverneland Optima van en vele ander soorte saad. Die planter Jupidex in die grond kon sit. En dis nie is beskikbaar as driepuntgemonteerde sommer net in die grond sit nie – op die modelle van 3 meter tot 9,3 meter en land kon jy jou agterna daarvan sleepmodelle van 4,5 meter of 6 meter. vergewis dat elke pit perfek geplaas is Die sleepmodelle is perfek vir verom ’n wenoes te verseker. hoogde uitset sonder die nodigheid om Dirk Rossouw, Jupidex se areabegroter trekkers te gebruik. stuurder in die gebied, het iemand Die plasing van die vryloopwiele voor gesoek om die splinternuwe planter in die stewige raam van 120 mm droëland- en besproeiingsomstandigvierkantstaalpyp bied die volgende hede te toets en die ander Dirk het invoordele: gestem om met die Optima te plant. • Gebruik van flotasiebande sodat jy in Na 900 ha droëland en 50 ha onder natterige lande kan plant. besproeiing is altwee Dirke heeltemal • Onbeperkte verstelling van tevrede met die werking van die spoorwydtes. Optima-planter. “Dit is maklik om met • Vinnige en maklike verstelling van die planter te werk en ek is tevrede dat rywydte. hy swaar diens met die nodige presisie

“S

Dirk Rossouw van Jupidex is ingenome met die pragtige stand van die mielies wat met die Optima-planter geplant is. www.proagri.co.za

• Genoeg ruimte tussen rye. Die stewige parallellogramme skarnier op onderhoudvry buste en alle drukwiele het onderhoudvry koeëllaers. Die Optima bied ’n keuse van drie soorte plantereenhede: • Eenhede vir konvensionele plantwerk in voorbereide saadbeddings. • Tandemeenhede vir die presisieplasing van klein sade soos beet en sonneblom. • Swaardienseenhede vir plantwerk in plantreste. Die plantereenhede is, soos die res van die planter, modulêr ontwerp. Die basiese elemente bly dieselfde en die toerusting kan volgens behoefte verander word. Die Optima se vakuumsaaduitmeeteenhede werk sonder seëls, sonder wrywing, sonder slytasie, met die laagste kragvereiste, minimum onderhoud en maklike verstelling. Dit het ’n venster waardeur gekyk kan word of die kalibrasie reg werk. Die saaduitmeters is laag gemonteer vir perfekte saadplasing. Die kern van die saak is dat die Optima elke pit presies op die regte afstand en diepte plaas, presies die regte hoeveelheid kunsmis op die regte plek toedien en saad presies met die regte grondkontak toetrap sodat elke pit die beste kans het om tot ’n gesonde plant te ontwikkel, hektaar na hektaar na hektaar – en wat wil jy meer van ’n planter hê? As jy dit verkies, kan jy jou Optimaplanter met die gevorderde “e-drive” vir presisieplantery toerus. Met die “e-drive” word elke plantereenheid elektries aangedryf en ingeskakel by ’n ISO Bus-terminaal om alle aspekte van die plantproses elektronies te moniteer. Met Kverneland se meesterlike ontwerp- en vervaardigingsvermoë en Jupidex se kundige en toegewyde diens kan jou plantseisoen ’n aangename doeltreffende ervaring wees – en die wegspring vir ’n winsgewende oes.

Praat met Jan van der Westhuizen by 082-575-1549 vir meer inligting of besoek www.kvernelandgroup.com. ProAgri 139 – September 2011

17


Gewasproduksie Dit klink na ’n vreeslike donker prentjie wat sekerlik ’n groot invloed kan hê op beplanning vir die volgende seisoen, maar is dit so erg? ProAgri het hieroor ’n paar vrae aan mnr Neels Ferreira, voorsitter van Graan SA, gevra:

Somergraan:

PA: Die afgelope seisoen het geweldige wisselende klimaatstoestande gehad, en in dele van die noorde was die lande met oestyd baie nat; het dit ’n groot invloed gehad op boere se gemiddelde opbrengs of die gehalte van die oes? NF: Dit is so. Die afgelope seisoen was gekenmerk deur te veel reën terwyl plante nog klein was, en versuiptoetande. Laer as normale temperature het gewasse se potensiaal negatief beïnvloed. Later in die seisoen het daar areas (veral in die ooste) vir so lank as agt weke nie reën gekry nie, terwyl dit in die westelike gebiede nie opgehou reën het nie. As gevolg van die toestande was produksie moeilik. Waar daar baie laat reën was, is die gehalte swakker. Daar is gebiede waar daar tot baie laat nie in die lande gekom kon word om te oes nie. Wat pryse aanbetref, was wêreld

Maak reg vir die nuwe seisoen een 16 Augustus was meer as 16 % van die mielies in sekere probleemareas in die noordwestelike streek nog nie gestroop nie as gevolg van nat toestande. Die vreemde omstandighede was eintlik kenmerkend van die hele afgelope somergraanseisoen met sy wisselende klimaat- en prysbewegings. Graan SA het SIQ, die maatskappy wat die normale oesskatting vir die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye doen, versoek om die stadige stropery te kwantifiseer. Hierdie oefening is van 14 tot 16 Augustus 2011 uitgevoer.

T

18

ProAgri 139 – September 2011

Die resultate het getoon dat 16,3% van die totale oppervlakte in die probleemareas van die Noordwes Vrystaat en dele van die Noordwes-provinsie in daardie stadium nog nie gestroop was nie. Die totale oppervlak van hierdie probleemareas is 1 137 600 hektaar. Van die ongestroopte areas het sowat 60% in die watertafelgronde van die Noordwes-Vrystaat geval. Tydens die opname was daar baie tekens van stropers wat vasgeval het, versuiplande wat ʼn baie lae opbrengspotensiaal toon en ook heelwat tekens van die oesproses wat met handearbeid gedoen was.

www.proagri.co.za


kommoditeitspryse voor planttyd op ’n laagtepunt en finansiering van insette was in baie gevalle ’n groter probleem as gewoonlik. Gelukkig het pryse herstel en sommige kommoditeite is tans selfs hoër geprys as in 2008. Hierdie volatiele pryse maak dit vir graanboere baie moeilik om bemarkingsbesluite te neem. Die meeste graanboere sal nie noodwendig deel in die hoë pryse nie, omdat finansierders boere verplig om te begin bemark wanneer pryse by gelykbreekvlakke kom. PA:Kultivarproewe toon dat dit nie meer vreemd is om selfs op droëland te praat van mieliebasters wat meer as 10 t/ha lewer nie. Dink u die inligting sal ’n groot invloed op boere se kultivarkeuse of hektaarbeplanning hê? NF:Die afgelope paar jaar het ons deur die genade hoër reënval in die noorde-

like produksiegebiede as die normaal gehad. Die vordering met tegnologie bied sekerlik ’n uitkoms vir boere om winsgewend te produseer, daarom sal boere kyk na nuwe kultivars met hoë opbrengspotensiaal wat aangepas is vir produksietoestande in hulle gebiede. PA:Daar is deesdae meer belangstelling in soja. Hoe was die seisoen vir sojaboere? Is dit die moeite werd? NF:Ek glo sojabone het ’n blink toekoms in die gebiede waar ons dit kan produseer, maar daar is ’n paar voorwaardes: a) Perskapasiteit moet geskep word om ’n hoë gehalte oliekoek te produseer wat van dieselfde standaard is as die ingevoerde koek. (Ons voer jaarliks 800 000 ton tot 1.5 miljoen ton oliekoek in. Ons voer ook ongeveer 600 000 ton eetbare olie in.) b) Prysverhoudings met ander gewasse moet gunstig wees vir die verbouing van soja. c)Navorsing ten opsigte van kultivars en siektes moet in stand gehou en uitgebrei word. Sojaproduksie kan dus ’n groot rol speel om invoervervangend te wees, werksgeleenthede te skep en ons plattelandse ekonomie te help groei. PA:Internasionaal lyk die ekonomie maar deurmekaar met Amerika wat nie sy skuld kan betaal nie, die aandelebeurse wat nie goed doen nie, maar kommoditeitspryse lyk nie sleg nie – is dit goeie nuus vir ons boere? NF:Daar is geen rede dat kommoditeitspryse in die afsienbare toekoms behoort te daal nie, behalwe as die ekonomie in die VSA en Europa (waaroor daar redelike kommer is) ’n ommekeer maak en ons weer in ’n resessie gaan. Ek wil dit weer eens beaam dat die volatiele markte dit vir produsente baie moeilik maak. PA:’n Jaar of wat gelede was daar nog groot kommer oor groot oordragvoorrade in SA en lae pryse; wat is die situasie nou? Is dit nie maar ’n sikliese ding nie, of is daar ’n oplossing? NF:Ons het inderdaad ’n jaar terug met ’n enorme oorskot mielies gesit. Daar is gedurende die tyd samesprekings gehou om die uitvoere beter te laat vloei. Die grootste redes vir die uitvoere was: a) Die wêreldekonomie het verbeter, wat ’n groter vraag geskep het na onder meer mielies en sojabone. b) Ons binnelandse pryse was en is steeds laer as VSA pryse. Dit veroorsaak dat lande eerder by ons koop. c) Die gehalte van ons produkte is baie goed in vergelyking met ander uitvoerlande. d) Die rolspelers in die waardeketting om uitvoere te laat vloei, verstaan elkeen sy rol beter.

www.proagri.co.za

Uitvoere van kommoditeite sonder enige waardetoevoeging is nie ’n oplossing vir Suid-Afrika nie. Graan SA is dus nog steeds besig om met die regering te onderhandel om oplossings te kry tot voordeel van landbou maar ook tot voordeel van Suid-Afrika en al sy mense. (Byvoorbeeld deur ’n biobrandstofbeleid; perse vir sojabone en so meer.) PA:Ons uitvoere het toegeneem. Is daar ook nuwe uitvoermoontlikhede? NF:Markte waarheen ons tans mielies uitvoer is onder andere Meksiko (witmielies) asook Korea (geel en bietjie wit). Ons het reeds gevorder met Venisuela asook Sjina wat ’n rukkie gelede ’n afvaardiging hier gehad het. Natuurlik voer ons ook uit na die BLSN lande (Botswana, Lesotho, Namibië en Swaziland). Ek glo dat ons ook binnekort na Somalia en Kenia sal uitvoer. PA:Hoe kan boere vir die volgende seisoen beplan? NF:Graan SA het die volgende inligting oor produksieruimtes vir die komende seisoen bekend gemaak: “Inligting soos gemiddelde opbrengs per hektaar, verwagte oesgroottes asook verbruik- en oordragvoorrade word onder meer gebruik om die produksieruimte te bepaal. “Somergraanpryse word deur die vryemarkmeganisme bepaal wat beteken dat vraag en aanbod ’n belangrike rol speel. Produsente is oor die algemeen prysnemers en daarom kan ’n plaaslike oor- of onderproduksie die Suid-Afrikaanse prys dramaties beïnvloed. Indien die Suid-Afrikaanse produksie hoër is as die Suid-Afrikaanse en die BLNS-lande se verbruik, sal die graanpryse na uitvoerpariteitsvlak neig. Indien die Suid-Afrikaanse produksie gelyk of laer is as die Suid-Afrikaanse en die BLNS-lande se verbruik, sal pryse na invoerpariteitsvlakke neig. “Wêreldmarkte en wêreldpryse was ProAgri 139 – September 2011

19


Tabel 1: Produksieruimte vir witmielies Net vir binnelandse gebruik en uitvoere na BLNS-lande Binnelandse vraag (ton)

5 080 400

Uitvoere na BLNSlande (ton)

366 397

Ander uitvoere (ton) Totale vraag (ton) Min: Oordraagvoorraad bo pyplynvoorraad (ton) Markruimte (ton) Opbrengs (ton/ha) Produksieruimte vir 2011/12- seisoen (ha)

5 446 797

107 500 5 339 297 4,02 1 326 863

die afgelope tyd baie volatiel en relatief hoog wat sekere uitvoergeleenthede geskep het. Uitvoerders het hierdie geleenthede gebruik en veral mielies en sojabone is die afgelope tyd na lande anders as die tradisionele Afrika bestemmings uitgevoer. Hierdie uitvoere kon egter slegs plaasvind teen plaaslike prysvlakke wat op of selfs onder uitvoerpariteit gerealiseer het. Op die oomblik verkeer die termynmarkpryse van die volgende seisoen (Mei en Julie 2012-kontrakte) ook op uitvoerpariteitsvlakke en produsente

20

ProAgri 139 – September 2011

Vir binnelandse gebruik insluitend uitvoere na BLNS-lande en ander uitvoere

5 080 400

moet self besluit of daar teen hierdie pryse winsgewend geproduseer kan word – en produksiebesluite op grond daarvan neem.”

Mielies Die produksieruimte vir mielies is so 833 603 bereken dat ’n onderskeid gemaak kan 6 280 400 word tussen die oppervlakte nodig om aan plaaslike en 107 500 BLNS-lande se verbruiksbehoefte te 6 172 900 voorsien en tweedens 4,02 as uitvoere van twee miljoen ton sou 1 534 021 plaasvind. Die uitvoere van mielies word tans beperk deur die RSA se infrastruktuur vir uitvoere en twee miljoen ton uitvoere kan as realisties beskou word. Verder word ook aanbeveel dat indien daar vir diepseeuitvoere geproduseer word, dit raadsaam is om eerder geelmielies te produseer omdat ’n groter wêreldvraag na die kommoditeit bestaan.

366 397

Witmielies Volgens die berekeninge in Tabel 1 is daar ’n produksieruimte van 1,327 miljoen hektaar vir witmielies om die plaaslike en BLNS-markte te

voorsien. Indien Suid-Afrikaanse produsente ook produseer om witmielies uit te voer, is daar ’n produksieruimte van 1,534 miljoen hektaar. In die 2010/11-produksieseisoen is 1,418 miljoen hektaar witmielies aangeplant. Geelmielies In Tabel 2 word die produksieruimte vir geelmielies geïllustreer. Indien so na as moontlik aan die plaaslike verbruik van 3,93 miljoen ton geproduseer wil word (plaaslike vraag en die vraag in die BLNS-lande) kan ongeveer 849 021 hektaar geelmielies geplant word. Indien daar egter ook vir uitvoere geproduseer word, kan daar soveel as 1,006 miljoen hektaar met geelmielies beplant word. In die 2010/11-produksieseisoen is 954 000 hektaar geelmielies aangeplant. Indien daar dus slegs vir die binnelandse asook BLNS-lande se mieliebehoeftes geproduseer word om sodoende nader aan invoerpariteitspryse te beweeg, kan 2,176 miljoen hektaar mielies in totaal aangeplant word. Indien daar winsgewend vir uitvoere aangeplant kan word met die doel om twee miljoen ton aan die internasionale mark te verkoop, kan 2,54 miljoen hektaar mielies aangeplant word. In die 2010/11-produksieseisoen is ’n totaal van 2,372 miljoen hektaar mielies aangeplant.

www.proagri.co.za


Sonneblomsaad Met geen verwagte oordragvoorraad nie, kan 751 867 ton sonneblomsaad benodig word om aan die plaaslike behoefte te voldoen. Dit beteken dat ongeveer 617 803 hektaar met sonneblomsaad beplant kan word. Omdat sonneblomsaad se soortlike gewig so laag is, is winsgewende uitvoere relatief beperk. In die lig hiervan is dit nie regtig moontlik om sonneblomsaad vir die uitvoermark te produseer nie. In die 2010/11-produksieseisoen is 642 700 hektaar sonneblomsaad aangeplant. Grondbone Graan SA beraam dat produsente in die nuwe produksieseisoen 53 879 hektaar grondbone kan aanplant om aan die behoefte te voldoen. Die berekeninge dui op ’n markruimte van 85 560 ton waarvan ongeveer 19 080 ton uitgevoer kan word. Omrede geen oordragvoorrade voorsien word nie, kan vir die totale behoefte van die plaaslike mark en moontlike uitvoere geproduseer

word. Grondbone is tradisioneel ’n uitvoerproduk en plaaslike pryse word grootliks op uitvoerpariteit bepaal. Daarom is dit noodsaaklik dat grondboonprodusente eers vooraf op ’n kontrakbasis moet seker maak of daar wel markgeleenthede is voor finale produksiebesluite geneem word. In die 2010/11-produksieseisoen is 55 150 hektaar grondbone aangeplant. Graansorghum In die huidige sorghummark word geen oordragvoorrade voorsien nie. Dit beteken dat daar vir die totale markbehoefte geproduseer kan word. Die berekeninge dui op ’n produksieruimte van 88 222 hektaar. Die totale vraag na graansorghum sluit uitvoere van 33 680 ton na die BLNS-lande in. In die 2010/11-produksieseisoen is 69 200 hektaar sorghum aangeplant. Sojabone Suid-Afrika voer jaarliks ’n groot hoeveelheid soja-oliekoek en plantaardige olies in, wat deur die plaaslike verwerking van sojabone verplaas kan

Tabel 2: Produksieruimte vir geelmielies Net vir binnelandse gebruik en uitvoere na BLNS-lande

Vir binnelandse gebruik insluitend uitvoere na BLNS-lande en ander uitvoere

Binnelandse vraag (ton)

3 851 600

3 851 600

Uitvoere na BLNSlande (ton)

87 251

87 251

Min: Oordraagvoorraad bo pyplynvoorraad (ton) Markruimte (ton) Opbrengs (ton/ha) Produksieruimte vir 2011/12- seisoen (ha) www.proagri.co.za

Samevatting Graan SA sê sy uitgangspunt met die samestelling van die produksieruimte is om voedselsekerheid teen winsgewende pryse oor die lang termyn te probeer verseker. Die organisasie doen ’n beroep op elke graanboer om die inligting te gebruik om, gegewe die unieke situasie op die plaas, sy eie produksiebesluite te neem. Graan SA sal tot en met planttyd die produksieruimte aanpas, gegewe veranderings in beskikbare inligting. Die inligting sal op www.graansa.co.za beskikbaar wees.

712 749

Ander uitvoere (ton) Totale vraag (ton)

word. Indien die pryse van sojabone wat byvoorbeeld deur volvet soja-aanlegte betaal word winsgewend blyk te wees, of as daar volhoubaar teen uitvoerpariteitspryse geproduseer kan word, bestaan daar ’n produksieruimte vir sojabone wat huidige aanplantings ver oorskry. Die moontlike oprigting van addisionele perskapasiteit spesifiek vir sojabone sal noodwendig die binnelandse vraag na sojabone verhoog. Dit is tans nie duidelik hoeveel addisionele perskapasiteit in die komende seisoen in plek sal wees nie. In die 2010/11-produksieseisoen is 418 000 hektaar sojabone aangeplant.

3 938 851

4 651 600

80 050

80 050

3 858 801

4 571 550

4,54

4,54

849 021

1 005 842 ProAgri 139 – September 2011

21


Gewasproduksie

Kan die nat toestande van die afgelope seisoen aanhou?

Teen middel Augustus 2011 was die Nino3.4-gebied se see-oppervlaktemperature reeds ongeveer 0,5oC koeler as normaal wat die drempelwaarde is vir die begin van ’n La Nina-toestand.

deur Johan van den Berg, bestuurder: Gespesialiseerde Oesversekering

Verwagte implikasies in terme van reënval vir die 2011/12-seisoen Die reënseisoen kan dalk ietwat later as normaal begin oor die sentrale tot westelike dele van Suid-Afrika maar behoort te verbeter nader aan die midsomer. Gemiddelde tot bogemiddelde reënval kan weer voorkom wat oor tyd kan skuif vanaf ’n piek in November/Desember oor die oostelike dele na Januarie tot Maart oor die sentrale tot westelike dele. Droër toestande is weer moontlik rondom Februarie oor die oostelike gebiede.

Santam Landbou, Bloemfontein

n Suid-Afrika klink dit byna onmoontlik om te “kla” oor te veel reën. Die afgelope seisoen het egter getoon wat die uitwerking van te veel reën op veral kleinveeproduksie was. Alhoewel daar miskien veralgemeen word vir die hele Suid-Afrika (daar was gebiede in Mpumalanga, KwaZulu-Natal, die OosKaap en Oos-Vrystaat wat veral in Februarie ernstige droër toestande ervaar het), was daar ongekende hoeveelhede reën wat oor groot gedeeltes van veral die tradisionele droër gebiede voorgekom het. Die afgelope seisoen is gekenmerk deur een van die sterkste La Nina-verskynsels sedert die La Nina’s in die jare 1974/75/76. Hierdie jare in die mid1970’s was ook gekenmerk deur ver bo-normale reënval oor veral die sentrale tot westelike binneland. Die verspreiding oor tyd was ook tipies van ’n La Nina-verskynsel met veral die midsomer asook die laat herfs en selfs winter waar baie reën in 1974

I

www.proagri.co.za

voorgekom het oor die sentrale tot westelike dele net soos die geval was in 2011. Die oostelike dele van die land het weer rondom Februarie/Maart baie droog geword in beide 1974 en 2011. Wêreldwyd het dit ook baie sterk tradisionele La Nina-patrone gevolg: Dink maar aan die vloede in Australië, droogte in Oos-Afrika, droogte in OosEuropa en Rusland asook die droogte in gedeeltes van die VSA wat die mielieoes in veral Julie 2011 geknou het. Dit verteenwoordig tipiese verwantskappe tussen sterk ontwikkelde La Nina-fases en reënval. Hoe lyk see-oppervlaktemperature in die Stille Oseaan tans? Aanvanklike voorspellings het sterk geneig na ’n meer neutrale of normale see-oppervlaktemperatuuropstelling. Sedert Junie 2011 het voorspellings konstant ’n sterker neiging begin toon ten gunste van die herontwikkeling van ’n La Nina-verskynsel.

Verwagte uitwerking op vee- en graanproduksie Alhoewel daar ’n baie koue winter ervaar is, is die hoeveelheid staande water in panne, damme en selfs nog in die veld, genoeg om parasiete weer te laat floreer wanneer warmer toestande gaan voorkom. Indien die verwagte La Nina die normale uitwerking op reënval gaan hê, kan daar weer gemiddelde tot bogemiddelde reën voorkom wat die parasietlading weer kan stimuleer. Daar word beplan om heelwat meer mielies in 2011/12 in Suid-Afrika aan te plant as verlede jaar as gevolg van baie grondvog maar ook hoër graanpryse. Die 2012/13-seisoen Daar is baie sterk aanduidings van ondergemiddelde reënval vir die 2012/13-seisoen. In ongeveer 80% van jare waar sterk La Nina-verskynsels geheers het, was daar binne twee jaar ’n El Nino-verskynsel wat ondergemiddelde reënval veroorsaak het. Om op te som • Dit lyk asof ’n tweede agtereenvolgende La Nina-verskynsel kan voorkom in die 2011/12-Suidelike Halfrond somerseisoen wat gemiddelde tot bogemiddelde reënval kan veroorsaak oor veral die sentrale tot westelike dele van Suid-Afrika. Bogemiddelde reën kan in Oktober tot Desember oor die meer oostelike gedeeltes voorkom maar swakker reënvaltoestande word verwag vir die periode rondom Februarie. • Indien die huidige La Nina-ontwikkeling afplat om na meer normale seeoppervlaktemperature te neig, kan dit reën oor die westelike gedeeltes benadeel maar die oostelike dele bevoordeel. • Daar is baie sterk aanduidings van droë toestande wat kan volg in 2012/13. Die meeste La Ninaseisoene is binne een tot twee jaar opgevolg deur El Nino-verskynsels wat wel droër toestande veroorsaak het. ProAgri 139 – September 2011

23


Gewasproduksie Die lae toedieningstempo van 4 mm per uur verseker dat elke druppel deeglik in die grond indring vir benatting tot ’n meter diep om uitstekende wortelontwikkeling te verseker. Daar is geen afloop soos wat dikwels by spilpunte voorkom nie, sê Vance, en die 30% energie wat Floppy minder as ’n spilpunt verg, beteken ’n groot verskil in jou winsgewendheid. Daarby sorg die beter waterindringing vir ’n wortelmassa van byna drie keer die gewone, sodat die plante groter, gesonder koppe oplewer wat twee tot drie rand meer per houer behaal. Teenoor ’n drupstelsel het Floppy die voordeel van totale benatting wat meer plante per hektaar moontlik maak. Vance dien sy kunsmis deur die Floppystelsel toe sodat die plantwortels oor die hele land versprei en voedingstowwe opneem. Floppy se ingeboude vloeibeheerders verseker akkurate en egalige toediening. ’n Groot voordeel van Floppy in die Bosveld, is dat die stelsel ook gebruik kan word om gewasse op snikhete dae af te koel. Vance is ook beïndruk met Floppy Besproeiing se mense se kundigheid en

Met Floppy maak jy nie ’n fout nie Vance Hodgson en sy twee staatmakers, Freddie Tshikani en Sam Ndou, is met reg trots op die gesonde suikermielies wat hulle winsgewend onder Floppy-besproeiing produseer. o na aan regte reën as wat kan kom; dis net die dreuning van die donderweer wat kortkom waar Floppy aan’t besproei is. En dis nie net Vance Hodgson van Waterpoort anderkant Louis Trichard in die goeie ou Bosveld wat so sê nie – sy welige, gesonde suikermielies beaam elke woord wat hy sê met geil groei. Wanneer dit by groenteproduksie en besproeiing kom, is Vance geen pampoen nie. Hy het op ’n besproeiingsplaas grootgeword, landbou-opleiding geniet en was ’n paar jaar lank ’n suksesvolle tuinboukundige ontwikkelingsbeampte op ’n groot groenteplaas in Australië, waar sy rekord vir spinasieproduksie (2,4 kg/m2) steeds staan. Maar die Bosveld se lokstem het Vance en sy gesin teruggeroep SuidAfrika toe en hy produseer nou lusern en suikermielies op huurgrond. Daar was reeds twee spilpunte op die grond, maar hulle was in ’n treurige toestand. Vance het hulle diensbaar gemaak en gebruik hulle nou vir lusernproduksie. Maar as ’n man van plan is om drie rekordoeste van die hoogste gehalte per jaar met suikermielies te behaal, het jy die beste besproeiingstelsel nodig – Floppy se oorhoofse stelsel wat volgens Vance loshande die heel beste besproeiingstelsel is.

S

www.proagri.co.za

Bekostigbaar Die nuwe Floppy Lite oorhoofse stelsel is spesiaal ontwerp vir boere wat kleiner gebiede van 2 tot 10 hetaar wil besproei. Dit gebruik dieselfde tegnologie as die groter stelsels en is ewe doeltreffend, maar dis heelwat goedkoper om op te rig. Die Floppy Lite gebruik dunner en korter pale, ligter kabels, korter spanne (40 meter teenoor 70 meter van die groot stelsels) en minder spanning (800 kg teenoor 1 300 kg) sodat die boer dit self met eenvoudige toerusting kan oprig of, soos Vance, een van Floppy se goedgekeurde oprigters kan gebruik. Die stelsel is steeds hoog genoeg vir trekkers en werktuie van 3 meter om daaronder kan beweeg en dit besproei net so doeltreffend soos die groter stelsels. Floppy-sproeiers se unieke ontwerp sorg vir besproeiing so naby aan regte reën as wat kan kom. Dit maak geen mis nie sodat geen water verlore gaan nie en die druppels is klein en lig genoeg om nie die grond te verdig nie. As die stelsel eers opgerig is, vra hy geen verdere koste as pompkoste nie. Boonop is daar niks te steel aan ’n Floppy-stelsel nie, wat beteken dat jy verseker is van ’n oes solank jou water hou.

hulle voltydse bereidwilligheid om die boer te help en die beste moontlik raad te gee: “Floppy se mense stel regtig belang,” sê hy. Floppy verleen homself uitstekend tot modulêre uitbreiding en dit is presies wat Vance beoog om te doen. Hou hierdie wakker jong boer dop! Vir meer inligting oor die reg-soosreën besproeiingstelsel, praat met Christo Theron van Floppy Besproeiing by 013-752-4252. Besoek ook www.floppysprinkler.com.

As gevolg van Floppy se deeglike, diep benatting ontwikkel Vance Hodgson se suikermielies gesonde wortelstelsels. ProAgri 139 – September 2011

25


Hulpbronbestuur n ons reeks oor familieboerdery gaan ons nou saam met die gesin om die kombuistafel sit, want dit is tyd vir ’n klompie eerlike vrae en antwoorde. Die opvolgingsproses bestaan uit drie hoofonderdele, naamlik ’n voorbeplanningsontleding; opvolgbeplanning; en die bestuur van die huidige eienaarbestuurder se uittrede/aftrede. Dit is belangrik om in gedagte te hou dat, alhoewel die werksaamhede afsonderlik bespreek word, dit dikwels oorvleuel en ook interafhanklik meewerk.

I

Voorbeplanningsontleding Stap 1: Besluit om voort te gaan met familiebestuur en -eienaarskap Voor daar meer formeel met beplanning begin kan word, moet die familie eers saamsit en antwoorde op die volgende vrae vind: • Wil ons die familieboerdery as ’n familieplaas laat bly voortbestaan? • Wat gaan dit van die familie verg? • Watter van die familielede wil in die toekoms by die familieboerdery betrokke wees? Waarom? • Wattter lede van die familie wil nie in die toekoms by die boerdery betrokke wees nie? Waarom? • Watter familielede is nog te jonk of

26

ProAgri 139 - September 2011

Ons boer saam (3) Dit is tyd vir die rondetafelgesprek deur prof Elmarie Venter – Departement Ondernemingsbestuur, NMMU onseker? Is daar ’n moontlikheid vir betrokkenheid in die toekoms? • Wat is jou persoonlike voorkeure en afkeure? • Hoe sien jy jou plek in die familie en in die boerdery? Watter bydrae kan en wil jy lewer? Die familie moet eerlik gesels oor die redes waarom hulle met die familieboerdery wil voortgaan of nie. As opvolging weens emosionele redes of sentimentaliteit teenoor die familieplaas plaasvind, kan dit ernstige nadelige gevolge vir sowel die boerdery as die familie inhou. In sekere gevalle kan dit meer voordelig wees om die familieboerdery te verkoop of deur nie-familielede te laat bestuur. Aan die ander kant mag dit wees dat die familieboerdery bevredigende beroepe vir familie- en nie-familielede inhou en afhangende van die grootte van die boerdery kan die voortbestaan daarvan selfs belangrik wees vir die gemeenskap as ’n geheel. Stap 2: Ontwikkel ’n gedeelde toekomsverwagting • Het ons ’n gedeelde famlie- en sakeverwagting vir die toekoms? Wat is dit? Is almal betrokke bewus hiervan? • Waarvoor staan die familie? • Wat wil ons as ’n familie uit die boerdery hê? Daar word ook dikwels gepraat van n “gedeelde droom” wat die familie het vir die familieboerdery en dit kan ’n geweldige motiveringskrag in die toekoms hê. ’n Duidelik toekomsverwagting strek tot voordeel van die voortbestaan van die familieboerdery op die langtermyn. Alle familielede moet presies weet waarheen hulle met die boerdery op pad is. Dié beplanning kan in ’n “familiegrondwet” vervat word.

kan beïnvloed. Daar is byvoorbeeld ’n toenemende aantal boerderye wat deur min of meer gelyke vennote/familielede bestuur word, soos twee broers wat op ’n gelyke grondslag die uitvoerende bestuur van die familieboerdery(e) hanteer. In baie groot familieboerderye kan selfs niggies en neefs ’n konsortium vorm en saam die boerdery bestuur.

Stap 3: Keuse van eienaarskap- en leierskapstruktuur • Gaan die familieboerdery dieselfde eienaarskapstruktuur as tans handhaaf? Waarom/waarom nie? • Watter tipe eienaarskapstruktuur is nodig na opvolging voltooi is? • Wie gaan beïnvloed word deur ’n verandering in die eienaarskapstruktuur en hoe? Die keuse van ’n leierskap- en/of eienaarskapstruktuur na die opvolgingsproses voltooi is, is ’n besluit wat reeds vroeg tydens opvolgbeplanning gedoen moet word, omdat dit baie ander besluite tydens die opvolgingsproses

Stap 4: Formuleer opvolgbeplanningsdoelwitte en -strategieë • Wat is die belangrikste doelwitte wat ons met die opvolgingsproses wil bereik? • Watter strategieë gaan ons in staat stel om dit te bereik? Spesifieke opvolgingsdoelwitte- en strategieë moet bepaal word met die toekomstige leierskap- en eienaarskapstruktuur in gedagte. Suksesvolle opvolging het eintlik drie duidelike doelwitte, naamlik: om op regverdige en doeltreffende wyse die bates van die boerdery van een geslag na die volgende oor te dra; om beheer van die familieboerdery www.proagri.co.za


• Watter opleiding, ontwikkeling en ervaring is nodig om die potensiële opvolgers voor te berei vir hulle toekomstige rol in die boerdery? • Wat is familielede se nieboerdery/sakebehoeftes en hoe kan die boerdery help om dit te bereik? Net soos wat die familieboerdery ontleed moet word, net so is dit belangrik om die familie te ontleed om te bepaal watter tipe familie is ons, wat is die huidige vaardighede en vermoëns van familielede, wat is die behoefte aan ontwikkeling wanneer dit kom by bestuur, en kan familielede aan die vereistes van die boerdery voldoen?

so oor te dra dat dit doeltreffende leierskap van die saak tot gevolg sal hê; en om familieharmonie te bewerkstellig en te handhaaf. Die kanse dat hierdie doelwitte tydens die opvolgingsproses bereik sal word, sal grootliks afhang of ’n duidelike strategie vir opvolging reeds vroeg ontwikkel is en aan alle betrokkenes oorgedra is. Stap 5: Ontleed die boerdery • Hoe sterk is ons boerdery tans? • Sal dit nog so sterk/swakker/sterker wees onder die volgende geslag se bestuur? • Wat maak dat hierdie boerdery werk? • Watter drie of vier dinge onderskei ons boerdery van dié van ander? • Wat is die toekomstige doelwitte / vooruitsigte en bestuursbehoeftes van die familieboerdery? Die huidige en toekomstige stand van die boerdery moet ondersoek word vir geldelike stabiliteit, strategiese posisie, asook die aanpasbaarheid daarvan by nuwe familiebestuur. Indien die familie reeds besluit het om as ’n familieboerdery te bly voortbestaan, moet die instandhouding/bewaring van die saak die belangrikste doelwit wees wanneer bestuursopvolgbeplanning onderneem word. Die uitgangspunt hier is dat as die beplanningsproses nie die volgehoue “gesondheid”/winsgewendheid van die boerdery kan waarborg nie, sal geen ander doelwitte tydens die beplanningsproses verwerklik kan word nie. Stap 6: Ontleed die familie • Watter familielede ken die familieboerdery die beste op die oomlik? • Watter familielede werk tans in die familieboerdery en in watter hoedanighede? • Wie het ’n punt daarvan gemaak om te leer hoe die boerdery funksioneer en waarom? • Wie het ondervinding in die landbou of verwante bedrywe, hetsy regstreeks of onregstreeks? www.proagri.co.za

Stap 7: Ontleed die volgende geslag • Het die huidige eienaar spesiale vaardighede wat deur die volgende geslag vervang kan word? • Watter familielede oorweeg dit om in die toekoms oor te neem en het hulle die vaardighede om die familieboerdery suksesvol in die toekoms te bestuur? ’n Ontleding van die volgende geslag is belangrik om potensiële opvolgers te identifiseer. Wanneer elke familielid se bestuursvaardighede en leierskapseienskappe ontleed is, moet dit met die familieboerdery se toekomstige behoeftes en aard vergelyk word. Nadat die opvolgers geïdentifiseer is, is dit belangrik om vas te stel watter voorbereiding, opleiding en ondervinding nodig is om hierdie kandidate voor te berei om die familieboerdery suksesvol oor te neem en te bestuur. Stap 8: Ontleed die huidige eienaar-bestuurder(s) • Wat is die huidige eienaar-bestuurder se gevoelens teenoor die familieboerdery? • Wat is die huidige eienaar-bestuurder se gevoelens teenoor die potensiële opvolger(s)? • Wat is die huidige eienaar-bestuurder se bestuurstyl? • Is die huidige eienaar-bestuurder gewillig en gereed om vir bestuursopvolging te beplan?

• Wat is die huidige eienaar-bestuurder se verwagtinge van die volgende geslag op die plaas? • Deel die huidige eienaar-bestuurder openlik bestuurs- en finansiële inligting? Waarom/waarom nie? • Wat gaan die rol van die uittredende eienaar-bestuurder wees na die opvolgingsproses voltooi is? • Het die eienaar-bestuurder enige belangstellings buite die konteks van die familieboerdery? Wat is dit? • Sal die huidige eienaar-bestuurder geldelik onafhanklik van die boerdery kan uittree/aftree? Waarom/waarom nie? Die huidige eienaar-bestuurder kan ’n ongelooflike positiewe of negatiewe impak op die bestuursopvolgbeplanningsproses uitoefen. Die belangrikste vraag wat hier gevra moet word is of hierdie persoon die proses aanhelp of verhinder? Stap 9: Die rol van bestuurstrukture tydens opvolgbeplanning • Watter bestuurstrukture soos ’n adviesraad, familieforum, ensovoorts bestaan tans? • Watter rol, indien enige, kan hierdie strukture tydens die opvolgingsproses speel? Die kanse dat daar vir bestuursopvolging beplan gaan word is veel groter indien bestuurstrukture gevestig is en andersom. Bestuurstrukture vir die familieboerdery, soos ’n adviesraad /raad vir direkteure en ’n strategiese plan aan die een kant, en bestuurstrukture vir die familie soos ’n familieforum en familie-grondwet aan die ander kant, sorg dat aandag gegee word aan al die vraagstukke wat opduik met leierskapsen eienaarskapsveranderinge wat tydens opvolgbeplanning plaasvind. Met die voorbeplanningsontleding agter die rug, kan ons gerus ’n koppie boeretroos geniet, voor ons volgende maand oorgaan na die eintlike opvolgbeplanning! ProAgri 139 – September 2011

27


Hulpbronbestuur

JB Stamp laat jou water werk

TEL: 012-331-2202 Om in die waterbehoeftes van al die verskillende plante op die reuse kweekplaas te voldoen, het Malanseuns die betroubare hulp van die oudste besproeiingsmaatskappy in die land, JB Stamp, ingeroep. mooipraatjies nie, gebruik hulle JB Stamp se flink diens en kundigheid vir al hulle besproeiingsbehoeftes. Slimkoppe van JB Stamp ontwerp en onderhou die besproeiingstelsels by Malanseuns se kweekaanlegte. Hulle voorsien ook al die pompe, pype en sproeiers wat wissel van klapspuite tot mikro- en drupsproeiertjies. Ludwig sê: “JB Stamp se diens is uitsteJB stamp se pypvervaardigingsaanleg kan elke kend. As daar ’n probleem dag 8 ton van hierdie hoëgehalte poli-etileenkoris met ’n pomp of iets rels in HDPE of LDPE pyp omsit in diktes van anders, kom hulle dadelik, 12 mm tot 110 mm. want jy kan regtig nie ’n saailing vir twee dae sonder water los nie.” y kan maar mooipraat met ’n saaiMalanseuns se terrein het oor die ling, as hy vir ‘n paar dae nie water jare geleidelik gegroei en JB Stamp het kry nie, gaan hy vrek,” sê Ludwig Smidt, nou die groot taak gekry om die hele hoofbestuurder van Malanseuns. waterstelsel (ook met die oog op waterMalanseuns-kwekery, met sy handelsen kragbesparing) heeltemal oor te takke bekend as Plantland, is ’n reuse doen. onderneming met sowat 150 hektaar se Volgens Ludwig het hulle op JB intensiewe saailing-, struik en boomStamp besluit as gevolg van die goeie kwekery. Om seker te maak dat al die diens wat hulle deur die jare gekry het, saailinge water kry en nie net die feit dat hulle net van die hoogste gehalte materiaal gebruik maak en “jy kan maar vir oom Louis enigiets vra; hy weet regtig iets van alles”. Hy verwys na Louis Steyn, tegniese bestuurder, wat nie net vir Malanseuns bystaan met hulle beplanning nie, maar ook vir enige boer die beste raad kan gee oor ’n geskikte besproeiingstelsel. JB Stamp is al 52 JB Stamp het die perfekte antwoord vir enige jaar in die waterbedryf en besproeiingsbehoefte, van spilpunte tot klapspuite sy span kundige persoen drupbesproeiing. neel, waarvan baie al 30

“J

28

ProAgri 139 – September 2011

jaar by die maatskappy werk, is soos een groot familie. Die stigter, Hedley Giddy, se seun Ian is tans aan die stuur van sake. Die grootste voordeel van JB Stamp is dat die maatskappy nie net ’n verskaffer van besproeiingstoerusting is nie, maar ook ’n vervaardiger. Hulle vervaardig hoë- en laedigtheid poli-etileenpyp, plastiekvoerings vir damme en tenks, asook spilpunte op bestelling. JC Snyders, verkoops- en werkswinkelbestuurder sê afhangende van die grootte neem dit so vier weke om ’n spilpunt van niks af te bou tot installasie op die plaas – enige plek in Suid-Afrika. Nog ’n been van die onderneming, is die vervaardiging van watersuiweringstelsels wat onder andere deur die Verenigde Nasies gebruik word. Net agter die JB Stamp-winkel in Fratesweg, Pretoria, is ’n fabriek van 6 000 m² met ’n volledig toegeruste masjienwerkswinkel waar ook enige pomp of dieselenjin herstel kan word. Jy hoef ook nie self te sukkel om die pomp uit die boorgat te kry nie, laat kom net die mense van JB Stamp! Die maatskappy is ook voortdurend besig met nuwe produkontwikkeling soos opvoubare damme waar die volume water die vorm aan die dam gee. Die opvoubare damme kan sommer maklik agter op die bakkie vervoer word tot waar dit nodig is. Nog ’n nuutjie is die verskillende vorms van maasdraadraamopgaartenks wat aansienlik goedkoper is as hulle plastiekboeties en maklik is om te vervoer en op te slaan. Daar is ook ’n spesiale ontwerp vir die opvang van dakafloopwater. Die gehalte van die damvoerings wat JB Stamp se aanleg vervaardig, is van so aard dat drinkwater daarin geberg kan word en dit is dus ook geskik vir visboerdery of koidamme. Vir meer inligting oor enige van JB Stamp se produkte of dienste so reg vir die boer se behoeftes, besoek www. jbstamp.co.za of skakel 012-331-2202. www.proagri.co.za


Agrikyk & Lees Successful Hydroponic Production Aangebied deur Patrick Verster van Dicla Farm & Seeds Uitgewer: Kejafa onnelverbouing bied aan boere die geleentheid om met hoë, voorspelbare produksie geld te maak, MITS dit reg aangepak word. Hierdie digitale videoskyf wat deur Kejafa uitgegee word, het omvattende inligting oor hidroponika. Die inligting word verskaf deur verteenwoordigers van maatskappye wat op een of ander manier by tonnelverbouing of hidroponiese opleiding betrokke is en dit is dus prakties en op die man af. Een van die grootste voordele van ’n video is dat ’n mens regtig kan sien hoe word die dinge gedoen en wanneer daar van ’n siektesimptoom gepraat word, word dit ook gewys. Die aanbieding se struktuur is gegrond op die sogenaamde “hidroponiese wawiel” wat deur die Dicla-opleidingsentrum ontwikkel is. In die wawiel word die 8 hoofaspekte van hidroponika hanteer: 1. Beplanning 2. Water 3. Tonnels en toerusting 4. Bemesting 5. Bestuur 6. Saad en gehalte 7. Pesbeheer 8. Verpakking en bemarking

T

Die aanbieding is ’n uur en 22 minute lank en dit is propvol inligting – te veel om met een keer se kyk in te neem. Gelukkig kan ‘n mens weer en weer kyk! Dit is ook nie net vir beginners nie; boere wat reeds tonnels het, kan die produksie met vrug gebruik om probleme wat hulle ondervind, te identifiseer en uit te stryk. As jy wil weet waarom Dicla blou ranktoue in plaas van die gewone geel toutjies in hulle tamatietonnels gebruik, bestel dan Successful Hydroponic Production by Kejafa teen R350. Stuur ’n e-pos na kejafa@mweb.co.za of skakel 011-025-4388. Een gelukkige besoeker aan ProAgri se bakkiesblad (Facebook-bladsy) kan ’n kopie van die nuttige DVS wen. Volg net die aanwysings hieronder:

Wen!! Successful Hydroponic Production Al wat jy hoef te doen: Kry ProAgri op Facebook en “Laaik” ons Prystrekking vind op 15 September plaas en die wenner sal per Bakkiesblad laat weet word. www.proagri.co.za

Werfnuus www.proagri.co.za ProAgri spog met ’n pragtige vars webwerf propvol nuus en foto’s. Besoek gerus ons werf of volg die skakels om spesifieke artikels en berigte te lees:

Melkboere kwaad oor kaasinvoere Melkprodusente is ontsteld oor die invoer van groot hoeveelhede cheddarkaas deur ’n melkverwerker in die Wes-Kaap. Daar word beweer dat meer as 100 ton gedurende Julie deur hierdie verwerker ingevoer is: http://bit.ly/kwaaikaas Boere wen oor waterregte Boere het ’n oorwinning in die hof behaal met betrekking tot hulle waterregte wat eensydig deur die regering beperk is. Die saak is deur Agri SA aanhangig gemaak: http://bit.ly/waterwending Groot gesukkel met mieliestopery in sekere areas ’n Opname wat deur Graan SA gereël is, het getoon dat sowat 16% van die mielies in sekere probleemareas in die noordwestelike streek teen Augustus nog nie gestroop was nie weens nat toestande: http://bit.ly/natstroop Wolpryse sak terug op eerste veiling Wolpryse het op die eerste veiling van die 2011/12-seisoen teruggesak. Dit word toegeskryf aan die groot onsekerheid op wêreldmarkte weens die skuldkrisis in Europa en Amerika: http://bit.ly/wolsak Kom kyk hoe werk dit by die Megaweek By die Agri Megaweek wat van 14 – 16 September op Bredasdorp plaasvind, sal boere weer na demonstrasies van landboutoerusting kan kyk! http://bit.ly/megakyk Kollig op die uitvoer van vars produkte Die uitvoer van groente en vrugte is een van die belangrike onderwerpe wat op die allFresh!-konferensie op 26 en 27 Oktober by Sun City bespreek gaan word: http://bit.ly/kolvars ’n Stukkie skaapskeerkultuur uit Australië Elna Wahl van Mooikrans-perdeplaas het vir ProAgri ’n brief aangestuur van haar dogter Antjie Kriel oor die skaapskeer-kultuur in Australië. Ons deel dit graag met u: http://bit.ly/Ausskeer Kommer oor mynaansoek naby Nylsvlei ’n Aksiegroep is deur inwoners en ander belanghebbendes in die omgewing van Potgietersrus gestig, om seker te maak dat ’n beoogde myn nie die omgewing skaad nie: http://bit.ly/nylmyn ProAgri 139 – September 2011

29


agrilag Ware wysheid Daar is ’n baie groot verskil tussen die sagte man en die safte man. – CJ Langenhoven deur Dom Boer Flinkdink “Het jy al ooit borsels verkoop?” vra sy. “Nee, nooit,” antwoord hy. “Wel,” sis sy, “dan beter jy hierdie een vat en dit aan my begin verkoop – hier kom my man.” Boer (wat met een muil ploeg): “Komaan, Roebie! Komaan, Staarlait! Komaan, Vaaljas! Komaan Ore! Verbyganger: “Hoeveel name het daardie muil?” Boer: “Net een. Sy naam is Roebie, maar hy weet nie hoe sterk is hy nie, so ek sit vir hom oogklappe aan en dan dink hy daar is drie ander muile wat hom help.” Die goeie ou tyd In die goeie ou tyd het die boerseun die koeie gemelk. Sy ma het dit deur ’n doek gegooi en die seun het dit per emmertjie of bottel verkoop. Dit het goed vir almal gewerk totdat die regering met sy wetgewing ingegryp het. Vandag word die stal gesteriliseer, die koeie geïmmuniseer, die melk gehomogeniseer en gepasteuriseer, die melkbedryf georganiseer, die verbruiker geviktimiseer en die boer geruïneer.

id! e h t n e e l e g e i e Go Borg die Boereblokraai en maak seker jou onderneming word raakgesien. Skakel Chantell by 082-780-4696

30

ProAgri 139 – September 2011

Wilde logika Dokter: “Tannie, ek sal nie aanbeveel dat jy daardie pille gebruik nie. Dit kan gewoontevormend wees.” Kwaai tannie: “Moenie simpel wees nie. Ek gebruik daardie pille al twintig jaar en dit het nog nooit ’n gewoonte geword nie.” Jorsie: “Ek het ’n papegaai wat vierkantige eiers lê.” Sorsie: “Dis merkwaardig. Kan die papegaai praat ook?” Jorsie: “Ja, maar net een woord.” Sorsie: “Watter woord?” Jorsie: “Eina!”

Jy kan ’n musiekpiering van Thys die Bosveldklong wen as jy jou grappie of pittige sêding stuur aan Agrilag by domboer01@mweb.co.za.

www.proagri.co.za


Wen R500!

Boereblokraai 2

Stuur voor 20 September na ProAgri, Boereblokraai 1, Posbus 32123, Glenstantia, 0010 of faks na 012-362-2732 Draers van snotsiekte

Waterbul

Soek Boerselag daar Parlementslid In uier

Stikstof

5e letter

Na d

Draaie

Swemvoëls

Luitenant

Werktuie

Uiter

Plus

Suid

Taxi

Voor F

Trekdier

Klee

Beperk

Oos

Tipes

Vaart

Vuurmaakplek

Boomdiere

Aanlê

Sag

Ton

Versagting

Siel

Melkorgaan

Per persoon Lekkerny vir kermis Verg

Destyds

Duitse hy

Gebreek

Nierartse Sitbeen

Voor Nehemia Priem

Liter

Flemer

Ingeland

Beesras

Bol

22/7

Ton

Regsaak

Oerosse

2e letter

Doodslag Mor

Platskiet

Befomfaai

Uraan

Ego

Bergplek vir ploftoestelle

Meter

Straf

Land soos skoen

Noord

Menasie

Rus

...Deo gloria Radikaal

Kammabemoediging

Noord Gram

Spraakverlies

...ipso (vanself)

Suid

Heffing

Eweso

Meineed

Eetreël

Deurpos

Vasbyt

Halwe em Kelvin

Vantevore

Goeie naam

Tablet Uitvoerende komitee Spreekwoordelike sterkman Hoogste kaarte Beurt

Wes

Dit maak damme dig

Slaap

Sjieling of suid

Dankie Spil

Boomdier

Rand

Tin

Niet

Ton Kamma

Spon

Opgestel deur Dom Boer

Skool Kos inneem

Raserny

Luitenant

Prokureurs

Vlerkafwerping

Rand

Gassol

Beesgal

...Hugo

Slenters

Krag Nommers Vrouenaam Drafhoender Swaarkry

www.proagri.co.za

Motreën

Straf Na h

Spoeg

Lelik

Ne-ne

Kreng Was geteken Keil

Dankie Ahasvéros se vrou

Vir ryers of drinkers Agternaam

Aldus

Soel

Vent

Snert

Laer onderwys Suid

Degen

Ampére

Goliat

Klerts

Parkering

Nie waar nie Sies!

Oos Ingelse ui

Agter

Kwaad

Strewe Skokbeentjie

Enigste Oos Asketiese Arbeidersparty

Gaapbeen

Boupersele

Wilddiefstal

2e klinker

Ses pennies

Naam:.................................................................................... Adres:.................................................................................... ............................................................................................... ............................................................................................... Telefoonnommer:...................................................................

ProAgri 139 – September 2011

31


PinZ2yl is die winsbees vir Afrika!

PinZ2yl-koeie kalf maklik en is goeie moeders met genoeg melk om hulle kalwers gou en gesond groot te maak. PinZ2yl-speenkalwers is gesog by voerkrale. Foto: Albert Noffke.

resies wat die beesboer wil hê – dit is die PinZ2yl, wat homself as die bees met die beste van twee wêrelde bewys. As die jongste geregistreerde beesras in Suid-Afrika, is die PinZ2yl saamgestel uit die oudste Europese beesras, die Pinzgauer, en die oudste Afrikaras, die Nguni. Kundige telers het noukeurig die beste eienskappe van die twee rasse in die PinZ2yl gevestig. Die Pinzgauer-genetika wat gebruik is, is van Pinzgauers wat sedert 1998 ontwikkel en aanpasbaar gemaak is vir die geharde Afrika-omgewing. Hulle het ’n uitstekende rekord vir vleis- sowel as melkproduksie en hoë vrugbaarheid. Die Nguni floreer in die Afrika-temperature, is in ’n groot mate gehard teen droogtetoestande en is bosluisweerstandig. Die resultaat is ’n opwindende, geharde nuwe ras met ’n hoë vrugbaarheid, wat maklik kalf en uitstekend presteer as vleis- en melkbees. Dit is ’n bees waarmee dit ’n plesier is om te boer en ook geen wonder nie, want die PinZ2yl-ras bring duisende jare se natuurlike seleksie in die Afrika-omgewing van die Nguni-ras en die noukeurig

P

32

ProAgri 139 – September 2011

ontwikkelde produksie- en prestasieeienskappe van die Pinzgauer-ras saam om ’n ekonomiese en lae-onderhoudbeesras beskikbaar te stel. Die sukses wat die PinZ2yl-ras reeds behaal, is grootliks te danke aan die samewerking tussen bekwame telers, waarvan daar nou al 38 is, en akademiese kundiges van onder meer die Universiteit van Pretoria, die Universiteit van Limpopo, die Departement van Landbou en die Landbounavorsingsraad. Die PinZ2yl is tans ’n evaluasieras onder die beskerming van die Pinzgauer-telersgenootskap, wat ruimskoots kennis en inligting deel om die ras te ontwikkel en te bevorder. Betrokkenheid by die Pinzgauer- en PinZ2yl-mense en -rasse is lekker en lonend. Dit open vir die beesboer die weg na die voorste kundigheid van mense soos Martin Seyfferdt, wêreldgerespekteerde keurder en beoordelaar, Francois de Chalain, karkaskompetisiekenner, Stefan van Wyk, bekende beeskeurder, en Johan Linde, kenner van die voerkraalbedryf, wat almal onlangs tydens ’n Beesboeropleidingsnaweek van ZZ2 se Veeboerdery-afdeling hulle kennis met

beesboere gedeel het. Met hierdie onderbou van ervaring en akademiese kundigheid, staan die PinZ2yl reeds stewig as die bees vir ekonomiese produksie in ekstensiewe toestande. Die PinZ2yl is ’n uitstekende, nie-kieskeurige grasvreter wat in die strafste omstandighede veld benut, maar ook baie goed in die voerkraal presteer. Met intensiewe voeding het PinZ2yl-bulletjies ’n gemiddelde daaglikse toename van 1 500 gram behaal. Dieselfde bulletjies het in die veld op natuurlike weiding hulle kondisie behou en ’n verdere gewigstoename van 1 000 gram per dag getoon. Met die bogemiddelde speengewigte, gewigstoename en voeromsetverhouding van die PinZ2yl kan ’n beesboer net vooruit boer. Boonop is dit maklik om PinZ2yls te bestuur omdat hulle maklik kalf, hulle kalwers goed grootmaak, meer

Martin Seyfferdt, internasionaal gerespekteerde keurder en beoordelaar, wys hoe die perfekte bees behoort te lyk tydens ’n onlangse Beesboeropleidingsnaweek wat deur ZZ2 aangebied is. www.proagri.co.za


Francois de Chalain is ’n beoordelaar en kenner van karkaskompetisies. Hier bespreek hy ’n Pinzgauerkoei se agterkwart tydens ’n Beesboeropleidingsnaweek by ZZ2.

ProAgri 139 – September 2011

33

Veilings

www.proagri.co.za

Vir meer inligting oor die winsbees vir Afrika, praat met Paul Bester by 083627-6899, Albert Nöffke by 083-4461180 of Isaih Ramathwala by 073-337-8599.

&

Dave Henderson van Madoda PinZ2ylstoet by Reddersburg kuier lekker saam met die PinZ2yl-bulletjie, Tommie, by ZZ2. PinZ2yl-beeste se inskiklike, gemoedelike temperament maak dit ’n plesier om met hulle te boer.

noorde tot die Vrystaatse vlaktes, die kille Oos-Kaap, die dorre Karoo en die bergagtige KwaZulu-Natal.

Vee

bestand is teen bosluisoorgedraagde siektes as Europese rasse en ’n dik, gepigmenteerde vel het wat warmte en lig goed verdra. Hulle het ook ’n gemoedelike temperament en ’n lang produktiewe lewe – en die gesogte Nguni-velpatroon. Die PinZ2yl pas gemaklik aan by enige omgewing, van die warm


Bosluise op lewende hawe

osluise se lewensiklus bestaan uit vier stadia, naamlik eier, larf, nimf en volwasse parasiet. Hierdie parasietgroep het ’n eksoskelet en moet dus vervel om van een lewenstadium na die volgende te ontwikkel. ’n Bloedmaal word deur die larf- en nimfstadium benodig vir hierdie proses. Volwasse bosluise het ook ’n bloedmaal nodig om te reproduseer en sodra die bosluiswyfie vol gesuig is, val sy af en lê haar eiers in die grond voordat sy vrek. ’n Bosluiswyfie, afhangende van die spesie, kan meer as 10 000 vrugbare eiers lê. Dit is dus duidelik dat ’n bosluispopulasie, binne ’n kort bestek van tyd, kan handuit ruk. Bosluiseiers kan vir tot 2 jaar of langer in die grond oorleef, maar sodra die larf uitbroei, moet dit aan ’n gasheer vasheg om ’n bloedmaal te neem vir die voltooiing van die lewensiklus.

B

Daar word onderskei tussen twee groepe bosluise: Eengasheer Dit is bosluise wat hul hele lewensiklus op een gasheer voltooi, voordat die volgesuigde wyfie afval om eiers te lê. ’n Voorbeeld is: • Boophilus Rhipicephalus spp, beter bekend as die bloubosluis. Soms word hierdie spesie ook die “beesbosluis” genoem en is verantwoordelik vir bosluisoorgedraagde siektes soos rooiwater en galsiekte, wat wêreldwyd enorme ekonomiese verliese vir beesboere tot gevolg het. Hierdie spesie is hoofsaaklik endemies tot die warmer

Bontpootbosluis

en vogtige oostelike kusgedeeltes van SA, asook die noordelike bosveld, met hoë reënval as norm.

Meergasheer Dit is bosluise wat elke lewenstadium op ’n ander gasheer voltooi. Gasheerspesies kan ook tussen onderskeie lewenstadia verskil. Voorbeelde is: • Hyalomma spp, beter be-kend as die bontpootbosluis. Hierdie bosluise kom deur bykans die hele land voor en is verantwoordelik vir, onder andere, fisiese skade by groot- sowel as kleinvee. Vanweë die parasiet se lang en sterk bekdele, kan dit wonde veroorsaak wanneer dit vasheg, hoofsaaklik op die kaal gedeeltes, byvoorbeeld rondom die geslagsdele van skape. Dit gee weer aanleiding tot sekondêre besmettings soos brommermaaiers, deurdat bloederigheid en etter in die wonde, gemeng met mis en urine, die ideale teelaarde vir brommers is om hul eiers in te lê. Erge besmetting kan dan ook ernstige anemie en velskade tot gevolg hê. • Amblyomma spp, beter bekend as die bontbosluis, is ’n drie-gasheer bosluis. Bontbosluise is verantwoordelik vir hartwater by beeste, skape en bokke en kom hoofsaaklik voor in die oostelike en noordelike dele van SA. Met verloop van tyd het gevalle van hartwater al meer begin uitkring na dele van die land waar die voorkoms van hierdie siekte tradisioneel nooit gevind is nie. • Ixodes rubicundus spp, oftewel die karooverlammingsbosluis, is ’n driegasheer bosluis. Tydens voeding op ’n gasheer skei die volwasse bosluise van hierdie spesie ’n toksien af, waarvan die nagevolg verlamming by skape, bokke en wild is. Verlamming tree ongeveer drie tot sewe dae na aanhegting in, maar die tydsduur kan verkort na gelang van die graad van besmetting. So min as vier tot agt bosluise kan verlamming van ’n dier veroorsaak. Geografiese verspreiding van hierdie parasiet is verbind met streeks-voorkoms van “besembos” of “suurpol”. Koue, bewolkte en reënweer is die ideale omgewingstoestande. ’n Normale piek in die voorkoms van karooverlammingsbosluis is gedurende April en Mei, maar kan so vroeg as Februarie voorkom. Beheer Dit is van kardinale belang dat vee-

www.proagri.co.za

Strategiese beheer van bosluise is noodsaaklik vir nog beter resultate Belangrike riglyne vir goeie resultate in die beheer van bosluise • Toets vir doeltreffendheid van aktiewe bestanddele op spesifieke eiendom, indien twyfel bestaan (LPT toets). • Gebruik produkte volgens aanbeveling deur die betrokke registrasiehouer. • Moenie verskillende aktiewe bestanddele met mekaar meng sonder aanbeveling deur die registrasiehouer nie. Ongetoetste formulasies en kombinasies of “home brews” mag ernstige newe-effekte soos fisiese skade, te hoë residuvlakke, asook vergiftiging tot gevolg hê. • Moenie oor- of onderdoseer nie. Beide te min of te veel blootstelling van parasiete aan chemiese middels kan lei tot parasietweerstandigheid. • Neem omgewingstoestande in ag, as aanduiding van frekwensie van behandelings. Hoe gunstiger die toestande, hoe hoër die parasietlading. • Moenie vervalde produkte gebruik nie. • Indien daar enige twyfel ontstaan, lees die voubiljet sorgvuldig en kontak die registrasiehouer. • Raadpleeg u veearts vir professionele advies. ProAgri 139 – September 2011

35

Veilings

Bosluise is ’n groep eksterne parasiete wat verantwoordelik is vir enorme ekonomiese verliese in lewende hawe. Bosluise veroorsaak anemie, bosluisoordraagbare siektes in beeste en kleinvee, asook direkte en fisiese skade aan wol, huide en velle.

&

deur Heinrich Victor, produkbestuurder FAP, Bayer Healthcare

boere ’n geïntegreerde dipprogram volg om maksimale bosluisbeheer te verseker. Verskillende middels met verskeie metodes van aanwending is beskikbaar in die markplek, maar die mate van sukses sal afhang van die bestuur van hierdie hulpbronne. Dit is nie net belangrik om parasiete op die dier self te beheer nie, maar daar moet ook gekonsentreer word op pogings om bosluispopulasies te verklein. Dit kan gedoen word deur produkte te gebruik wat al die lewenstadia van die parasiet aanspreek, dit wil sê produkte wat onvolwasse en volwasse bosluise, asook baie belangrik, die bosluiseiers beïnvloed. Deur dit te doen, word verhoed dat bosluise reproduseer, wat sal bewerkstellig dat bosluispopulasies oor tyd sal verklein. Ekonomiese verliese sal sodoende verlaag word, want met minder bosluise verlaag die risiko van bosluisoordraagbare siektes, seleksiedruk verminAfrika-bloubosluis der en dipintervalle kan met tyd verleng.

Vee

Ken die vyand:


Uitslae Geen skape in groep 1 en groep 2 is tywww.proagri.co.za

Die nekband word van ʼn lugdeurlaatbare materiaal gemaak wat die risiko van swambesmetting verlaag en volgens Nic pla dit die skape glad nie. ProAgri 139 – September 2011

37

Veilings

D

vir mense wat las het van jakkalse aan: “Dit werk.” Hy was veral bekommerd oor die uitwerking op rooikatte, aangesien ’n rooikat se aanvalspatroon verskil. ’n Rooikat sal doodstil tussen die skape sit totdat sy kans kom om een te vang. Die vraag was of die skape gou genoeg sal beweeg om betyds die bande te aktiveer. Nic het sy kommer met die span wat die e-shepherd halsband ontwikkel het, gedeel. Hulle sê uit die data wat hulle van die halsbande ontvang het, kon hulle wel bepaalde afleidings oor die verskillende aanvalspatrone maak. Die goeie nuus is dat daar ook geen skape in die proefgroep tydens die proeftydperk deur rooikatte gevang is nie. Hulle gaan egter nou weer by Nic spesifieke toetse doen met betrekking tot rooikatgedrag en indien nodig sal hulle die halsbande aanpas. Die span sê hulle kon ook ’n paar ander interessante afleidings uit die veldproef maak: • Die stelsel het geen nadelige uitwerking op die skape se gesondheid nie – hulle het in die tyd ’n goeie gewigstoename getoon. • Die feit dat daar in Toetsgroep 2 (met die fopbande) ook geen skape dood is nie, beteken waarskynlik dat die reikwydte van die bande aansienlik verder is as wat aanvanklik gemeen is. • Die maansiklusse het ’n invloed op die roofdiere se gedrag. Hulle is veral bedrywig tydens nuwemaan en daarna tydens die eerste en derde kwartier. Byna geen aktiwiteit is tydens volmaan aangeteken nie. Hierdie neiging is duidelik oor die totale tydperk van agt maande gemeet.

&

dens die toetstydperk van 8 maande deur roofdiere gedood nie. Daar was wel pogings van roofdiere om die skape aan te val, want die nekbande is geaktiveer. Volgens die toetsverslag was daar in dieselfde tyd ’n totale verlies van 9 skape deur roofdiere in die onbehandelde kontrolegroep. In die vorige kalenderjaar is 34 skape in dieselfde tydperk deur roofdiere gevang. Nic glimlag Nic Malan van Kroonstad se anatoliese herdershonde het breed as hy vir agt maande lekker gerus terwyl die e-shepherd-proef vertel hoe die aan die gang was. bande die jakkalse gefnuik it is die moeite werd om met skape het. “Hier is een kalant wat regtig ’n te boer, want na baie jare van week lank probeer het om ’n skaap te konstante pryse, is daar opwaartse vang en elke keer het die bande hom beweging in die mark. Maar om die hele verjaag.” tyd jou kudde met ’n spul rowers te deel Die bande word geaktiveer as die in die vorm van jakkalse, rooikatte en skape vinnig beweeg en straal dan ’n tweebeendiewe, is genoeg om enige bepaalde frekwensie uit wat die roofdiere skaapboer moedeloos te maak. afskrik. Terselfdertyd gaan daar stroboNic Malan, wat saam met sy pa, skopiese liggies op die halsband af. Die Hannes, naby Kroonstad boer het dus flikkering verwar ook die roofdier. die geleentheid aangegryp om deel te Nic beveel e-shepherd se bande veral wees van ’n veldproef vir ’n nuwe tegnologies gevorderde skaaphalsband. As deel van e-shepherd se toetse is 100 geskeerde jong Merino-ooie op hulle plaas uitgekies. Hierdie ooitjies was almal van die vorige lamseisoen afkomstig en is op die plaas geteel. Die diere is geweeg en toe in twee groepe van 50 skape elk verdeel – ’n proefgroep en ’n kontrolegroep. Een uit elke tien ooie in Toetsgroep 1 het werkende nekbande ontvang en dieselfde aantal in Toetsgroep 2 fopnekbande. Die twee groepe is aan dieselfde toestande onderwerp met ’n afstand van een kilometer tussen hulle. Die twee groepe is later omgeruil, om albei groepe aan presies dieselfde omgewing bloot te stel. Daar was ook ’n kontrolegroep van 892 diere sonder enige halsbande.

Vee

Skaaphalsband troef jakkalse


ProAgri het ’n paar vrae oor die halsbande aan die e-shepherd-span gevra: PA: Is daar nie ’n kans dat jakkalse hulle aanvalspatroon kan verander as hulle gereeld met die halsbande te doen kry nie? ES:Daar was oor die laaste 11 maande glad nie verliese as gevolg van jakkalse nie. Ons het sover geen rede om te verwag dat die aanvalspatroon van die jakkalse sal verander as hulle met die halsbande in aanraking kom nie. PA:Soms wil ’n boer weet as daar ’n probleem is – kan die halsbande ook toegerus word met selfoonkommunikasie soos van die ander bande op die mark? ES:Dit is tegnies moontlik om die halsband met selfoonkommunikasie aan te pas, maar ons is nie op die oomblik van plan om die tegnologie te gebruik nie. PA:Kan ’n mens in ’n trop van julle halsbande en ander halsbande saam gebruik? ES:Ja. Die boer wat aan ons proef deelgeneem het, het ons produk saam met ’n selfoon-alarmstelsel gebruik. PA:Kan kleiner boere wat dalk nie genoeg skape het om meer as een band te regverdig nie, dit gebruik? ES:Nee, ’n minimum van 5 halsbande word vereis om te verseker dat die stelsel werk, maar die boer kan die verhouding van halsbande in die trop verander afhangende van die grootte van die kampe.

38

ProAgri 139 – September 2011

Vir meer inligting oor e-shepherd, stuur ’n epos aan sales@eshepherd.biz of skakel Margaret by 083-259-2180. Faks: 086-504-3862 Elke tiende skaap behoort ’n nekband te dra vir doeltreffende werking, maar dit hang ook af van die grootte van die kampe. PA:Is julle nog besig met ontwikkeling, of kan boere nou reeds bestel? ES:Ontwikkeling van die halsbande is voltooi, en ons is nou in produksie. Daar is ’n wagtyd van drie tot ses weke, afhangend van die beskikbaarheid van voorraad. PA:Benewens julle eie toetse, is daar ook ander onafhanklike toetse gedoen? ES:Die produk is eintlik vir die laaste twee jaar in nie-amptelike toestande getoets en daar is ook al die afgelope sewe maande halsbande in die veld. Dit was vir ons belangrik om die doeltreffendheid van die stelsel in beheerde proeftoestande met voldoende rekordhouding te toets, en die veldproef het

nou die vorige waarnemings bevestig. Ons bekyk tans verdere proewe in ander gebiede waar die terrein en toestande van die Kroonstad-proef verskil. PA:Hoeveel kos die bande? ES:R770 per band. PA:Die laaste woord ES”Nic sê hy sal beslis van die halsbande koop, want hy het mos nou gesien dit werk, maar hy sal tog ook een selfoongekoppelde halsband in elke kamp gebruik, want hy wil weet as daar beweging onder die skape is. Hy sê hoewel die tweebeenrowers ook tot dusver blykbaar deur die bande afgeskrik is, is hulle jakkalse van ’n ander kleur! Om dié probleem te hanteer, moet ’n boer maar steeds wakker slaap...

www.proagri.co.za


Maak kleingeld van voermaal

www.proagri.co.za

Skakel Staalmeester by 018-431-0300 om meer uit te vind oor die BH60 gekombineerde baalbreker en hamermeul. Worcester-tak: Neels: 082-9374841. Humansdorp-tak, Faan: 082-446-9683.

Die BH60 speel lag-lag klaar met ’n baal lusern. Ontwerp vir vierkant-, ronde- sowel as “Bick Pack” bale.

ProAgri 139 – September 2011

39

Veilings

Die hidrouliese aandrywing en vyf brekers trek sommer gou die baal in die meule in om van die lusern skaapkos te maak.

trekker aangedryf word en kan toegerus word met ’n awegaar of blaser. Soos al Staalmeester se produkte is die onderhoud maklik en die onderdele wyd beskikbaar. By ’n voerkraal soos Mushlendow word vermorsing nie toegelaat nie – nie wat voer betref nie en ook nie arbeid nie. Die een-man-masjien doen sy deel om dit moontlik te maak.

&

enkele minute in heerlike eetbare skaapkos te verander wat dan net met melasse by die res van die voermengsel ingemeng word. Daar is vyf brekers wat die baal uitmekaar pluis en die spoed van die brekers kan verstel word. Die feit dat die hamers op twee punte gemonteer is, maak dit ’n baie stewige konstruksie wat sommer vinnig die werk doen. ’n Baal lusern wat deur ’n 25 mm sif beweeg, neem so 90 sekondes van begin tot einde en volgens Staalmeester sal ’n 1,5 m ronde baal Smutsvinger so 2 – 3 minute neem om fyn gemaal te word. Die BH60 kan elektries of deur ’n

Vee

p die Mushlendow-voerkraal naby Koster is daar nie net 12 000 beeste wat elke dag moet kos kry nie, maar ook 6 000 skape. ’n Skaap is ’n lekkerbek wat sommer maklik die ruvoer eenkant toe skuif om aan die lekker bykossies te smul. ’n Voermengsel wat van meet af aan op fyngemaalde ruvoer kan staatmaak het ’n beter kans om in geheel verorber te word. Die BH60-baalbreker en hamermeul van Staalmeester is ’n bielie wat presies dit moontlik maak. Op Mushlendow maak lusern 12% van die vleisskape se dieet uit en die BH60 bied die ideale manier om die groot lusernbale in

O


23 rd

“Glen Glyde” Bonsmara

Production Sale

on behalf of Norton & Claire Thompson

30 SP Bulls ON OFFER: 50 Pregnant commercial Heifers 30 Pregnant commercial cows pregnant to SP bulls

Thursday, 15th September 2011 @12h00 on Glen Roy Farm, Komga - Eastern Cape Viewing day - 26 August 10am Norton Thompson 082-781-2473 - Patrick Renton 083-235-4059 AJ Robb 082-822-7217 - Gary Cawthorn 082-321-0664

GREAT KAROO TULIS 40 bulle 100 vroulike diere

3de Jaarlikse Produksieveiling (onder beskerming van die Tulitelersgenootskap)

Vleiplaatz, Murraysburg, Don, 22 September 2011 - 11:00 Dave Mullins 082-299-7953 • William Biggs 082-415-3751 • Paul Hobson 082-320-3053 www.greatkarootulis.co.za

13 SEPTEMBER 2011 OM 11.00 20 TOP SP BONSMARA BULLE (2/3 Jaar) 20 DRAGTIGE BONSMARA KOMERSIEëLE VERSE ROUXVILLE VEILINGSKRALE Eugene & Steph Heyns 082-410-8351 / 082-554-1914 emheyns@nokwi.co.za 40

ProAgri 139 – September 2011

www.proagri.co.za


Die Swartlandveeveiling:

MOORREESBURG

25 ste PRODUKSIEVEILING 800 SLAGLAMMERS asook GEREGISTREERDE aanbieding van

HEREFORDS, SIMMENTALERS, ANGUS, SUSSEX

BULLE, E E KO IE, VERS

Donderdag, 15 September 2011 te Bossiesvlei, MOORREESBURG 10:00 SLAGVEE

11:00 STOETVEE

Ligging: vanaf Moorreesburg na Malmesbury vir ± 10 km. Draai regs. OF vanaf Malmesbury na Moorreesburg vir ± 20 km. Draai links. Volg BKB rigtingwysers.

WILLEM DE WAAL BOERDERY 082 783 0011 200 SA VLEISMERINO OOIE (AANTEEL) DANIE VAN BREDA 082 850 6101 50 SA VLEISMERINO OOIE (AANTEEL) LOCHEIM SA HEREFORDS / WILLEM DE WAAL BOERDERY 082 783 0011 12 BULLE, 6 KOEIE MET KALWERS, 14 VERSE (DRAGTIG OF MET KALF) JANIEL SA HEREFORDS 082 850 6101 4 BULLE, 6 VROULIK LOCHEIM SIMMENTALERS / WILLEM DE WAAL BOERDERY 082 783 0011 15 BULLE, 18 KOEIE & VERSE DE PANNE ANGUS STOET / JANNIE KOTZé 083 651 9266 SWART - 1 STOET BUL, 5 KOEIE (3-IN-I), ROOI - 5 STOET BULLE, 5 KOEIE (3-IN-1), 15 KOMMERSIëLE VERSE (NIE BESET) KORINGPLAAS BOERDERY / CORNé RUST 082 326 2226 1 SUSSEX BUL, 6 SUSSEX VERSE (DRAGTIG)

AFSLAERSNOTA Alle grootvee geënt teen BVD, TB - en BM-vry. ’n Aanbieding van hoë gehalte en kan met trotsaanbeveel word ! Dragtigheidsertifikate sal beskikbaar wees. Verversings beskikbaar TERME Streng kontant of bankgewaarborgde tjeks op dag van veiling.

NAVRAE BKB Beamptes Jan Hugo, Moorreesburg 082-771-5848 Wilhelm van Niekerk, Malmesbury 083-284-7100 Veilingskoördineerder Etienne Büchner, Kaapstad 082-825-3893

GRATIS VERVOER VIR VER KOPERS TOT BY BLOEMFONTEIN

AFSLAERS Posbus 3, Paarl, 7620 Tel: 021-807-8900 Faks: 021-872-0691 Web: www.bkb.co.za E-pos: bkb.weskaap@bkb.co.za Reg no. 98/12435/06 www.proagri.co.za

ProAgri 139 – September 2011

41

Veilings

met Herefords en Simmentalers. Op vanjaar se produksieveiling word die nasionale kampioen Hereford-bul, WDW08-41, verkoop. Die bul was ook die Gouebekerwenner op die Royal- Die nasionale kampioen Hereford-bul, WDW08-41, word ook op die Swartland-veeveiling aangebied. skou in Pietermaritzburg vanjaar. Mense vanoor die hele Suid-Afrika, vandag is daar al meer vleisbeeste, Namibië en Botswana woon die veiling omdat skape net te maklik gesteel by. Dit is ’n hoogtepunt op elke word, veral naby die stede. vleisbeesboer se kalender. Die De Waals is die enigste van die Alle diere wat verkoop word, word Swartlandveeboere wat die afgelope 25 gratis tot in Bloemfontein afgelewer en jaar ononderbroke deel van die veiling die ernstige kopers word gratis na die is en hulle het ook die grootste aanbod veiling gevlieg. Die beste Herefords en op die veiling. Angusse, veral Swart Angusse, word Phillip de Waal sê: “Ons nooi almal in tans in die Wes-Kaap aangetref aangeSuid-Afrika uit om hierdie spesiale sien die rasse die laaste paar nasionale spoggeleentheid saam met ons by te skoue oorheers het. woon. Die beste beeste in die land is op Die Wes-Kaap was tradisioneel die veiling beskikbaar; dit is ’n moet vir vrugte-, wingerd- en skaapwêreld, maar die ernstige beesboer.”

&

ie Swartlandveeboere hou hulle 25ste produksieveiling op Donderdag 15 September 2011. Die behoefte het 25 jaar gelede ontstaan toe vyf boere besluit het om van hulle oortollige vleisbeeste ontslae te raak. Die veiling is begin deur Willem de Waal (Herefords en Simmentalers), Sakkie O’Kennedy (Herefords), Paul Kotze (Swart Angus), Danie en Koos Koch (Simmentalers) en Jan Ponde du Toit (Simmentalers). Vandag is dit seker die bekendste en gewildste veiling in Suid-Afrika en talle Suid-Afrikaanse rekordpryse is al op die veiling opgestel. Die veiling het lank die rekord vir die duurste Rooi Angus-bul gehou. Die veiling hou vandag nog die rekord vir die duurste Hereford-koei, sowel as die duurste Hereford-vers. Die hoogtepunt was egter in 2009 toe Bonhaven Beef Cattle van PJ Butler en Louis van der Watt R360 000 vir die Hereford-bul, Locheim Markwart WDW06-88, betaal het. Vandag is die seuns van twee van die stigterslede by die veiling betrokke: Jannie Kotze, die seun van Paul Kotze, met sy Rooi en Swart Angusse en Philip, die seun van Willem de Waal

D

Vee

’n Moet vir ernstige beesboere


42

ProAgri 139 – September 2011

www.proagri.co.za


ie afslaer, Hendrik Nel, het onlangs die bod toegeslaan op die rekordprys van R1 miljoen vir ’n ingevoerde Friesperdhings, Auke V. Die hings is deur ’n bekende teler van Koster, mnr Piet Botha, op ’n veiling op Geyerspan naby Lichtenburg aangebied. Die koper van die prag Frieshings is eweneens ’n bekende stoetteler van Noordwes, mnr Niekie Pienaar van Potchefstroom. Die veiling is deur Clive Gardner Afslaers behartig.

D

& Veilings

Hendrik Nel (afslaer), Piet Botha van Geyerspan (verkoper) en Niekie Pienaar van Adelpragstoetery (koper), staan hier by Auke V, ’n Frieshings wat die rekordprys van R1 miljoen behaal het. By die Noordwes Simbra-veiling is die pragbul van mnr Tommy Thiebaut (regs) van Reinbito Simbras vir R105 000 verkoop. Die koper was Sanleo Simbras van Warden. Die bod is toegeslaan deur Hendrik Nel (links), van Clive Gardner Afslaers.

www.proagri.co.za

ProAgri 139 – September 2011

Vee

“R1 miljoen vir ’n Friesperd!”

43


Horseshoe Tulis Production Sale Wed 5th October @ 12 noon Place: Dohne Stutterheim 1 Herd Sire R03.0008 7 x 2year old bulls The sale will be conducted by Stewart Auctioneers: Tel 043-738-5421 email: stewartauctioneers@haznet.co.za Auctioneer: A.J. Robb: 082-822-7217

Contact David and Cheryl Cawthorn, 084-363-5392, 043-683-2666

Brangus Brangus Cattle Breeders Society PO Box 12465 Brandhof 9324 Tel: 051-444-1144 Fax: 051-444-5070 info@brangus.org.za www.brangus.org.za

44

ProAgri 139 – September 2011

www.proagri.co.za


Vee

& Veilings

AgriTrader ’n Trekker?

’n Koei?

’n Bok?

Blombolle?

Ganse?

Enige iets om te adverteer? Marlien sal jou help met jou kleinadvertensie. Skakel 012-362-2732 of stuur inligting na oppiestoep@mweb.co.za vir gratis plasing in Boersemark op www.proagri.co.za www.proagri.co.za

ProAgri 139 – September 2011

45


AgriGids

Contact 021 557 0606 or info@fourlakes.co.za or order online at www.fourlakes.co.za

100% waterproof

“ New style – available from mid August “

Very comfortable

Craftsman

B&R BIO PRODUKTE

Ribble

ESK

Natuurlik vervaardigde Soja Oliekoek en Volvet Soja oliekoek. Voldoen aan standaarde. Laboratorium resultate beskikbaar.

Tillamook Bay

Vir navrae kontak Giel by 079-511-2190 of Gerrit by 083-635-3873 46

ProAgri 139 – September 2011

For more styles, go to www.fourlakes.co.za www.proagri.co.za


Handmielieplanter

Kunsmisstrooiers en nog kleinskaalboerderywerktuie kan gesien word by www.backsaver.co.za

• Planter betaal homself in ’n paar uur • Plant regte diepte • Plant haasbekrye sommer tjop-tjop in

Kontak Michris 073-454-4111 mooiuitsigboerdery@telkomsa.net

www.proagri.co.za

ProAgri 139 – September 2011

47

AgriGids

Kunsmisstrooier


AgriGids

CC 2008/168787/23 Enquiries/Orders: Retha 011-693-5234 / 076-759-2042

www.tagsforafrica.co.za

48

ProAgri 139 – September 2011

www.proagri.co.za


AgriGids

Dion F-41 van Vitamech: die knap kuilvoerkerwer Die kerwer wat minder vra en meer gee: • Materiaal volg ’n reguit pad deur die masjien om krag te bespaar en werkverrigting te verseker. • Kies tussen ’n tweerymielieplukker, ’n ry-onafhanklike mielieplukker van 3 meter wat tot 100 ton per uur hanteer, of ’n windryopteller met ’n optelwydte van 213 cm en verstelbare hoogtewiele. • Die massiewe snyerdrom weeg 205 kg vir meer momentum en gladder werking. • Die omdraaibare snystaaf verstel met net een bout. • 12 spesiaal ontwerpte 64mm-lemme met wolframkarbiedsnyvlakke bly lank skerp en sny gladweg deur materiaal. • Die geutvoering is vervangbaar. • Beheer die geut en tuit elektries vanaf die trekker. • Standaard-breekboutbeskerming vir die voerrollers en snyerdrom. ’n Glykoppelaar is opsioneel beskibaar.

Maak hierdie seisoen kuilvoer vir ’n koning Skakel: Jurie Swart 021-907-8025 / 083-375-8840 Louis van der Merwe 021-907-8000 / 072-626-8409 Shaun Fourie 021-907-8021 / 082-803-1014

www.proagri.co.za

ProAgri 139 – September 2011

49


ProAgri  

ProAgri - Tegnologie vir die boer

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you