Page 1

ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer

Februarie / February 2011 Nr / No 133 ISSN 1042–1558

Nissan laat boere wen Gee rooiwater die bloupas

PANNAR wys sy skatte | Nuwe kultivars | Werfnuus

| Veeboerdery | Meganisasie

AgriTrader


In hierdie uitgawe Redakteursbrief

Voorblad

it is elke jaar ’n ongelooflike ondervinding om Pannar se “Gewas-extravaganza” by te woon en te sien hoeveel moeite daar met die aanbieding van die verskillende kultivars gedoen word, en ook hoeveel navorsing daar ingaan in die ontwikkeling van beter produkte. Monsanto se Genuity-embleem wat ook in hierdie uitgawe bekend gestel word, som dit eintlik mooi op: Saadontwikkeling in Suid-Afrika is slim, vindingryk en eg en dit is ProAgri se voorreg om hierdie inligting aan ons boere deur te gee. Die gevreesde slenkdalkoors het gelukkig nog nie hierdie seisoen te veel kop uitgesteek nie (hopelik vanweë tydige inenting), maar dit beteken ongelukkig nie ’n insekvrye laatsomer nie! Dr Danie Odendaal se artikel oor bloubosluise en rooiwater spel die feite uit. Neem gerus kennis dat Koos le Roux, samesteller van die bekende Meganisasiegids in ProAgri se Maart-uitgawe begin met ’n reeks artikels oor minimumbewerking. Indien u probleme het om enige van ProAgri se uitgawes te ontvang, stuur asb vir ons ’n boodskap na info@proagri.co.za. Vir nuwe besoekers aan ons bakkiesblad (facebook-bladsy): ’n Kopie van die Weidingshandboek (sien bl 21) kan gewen word! Druk net die “hou van”-knoppie

D

Annemarie Joubert

Inhoudsopgawe / Contents

Redakteur Annemarie Joubert > 082-320-3642 annemarie@proagri.co.za

Meganisasie 9 Valtrac: Plant vir jou ’n toekoms

6

9

Nuus 21 Werfnuus 21 AgriKyk & Lees: Weidingshandboek Handelsnuus 23 AgriGids en GeneGids 29 Veilings

Webredakteur Coenraad Rall > 083-973-3297 coenraad@proagri.co.za Senior bemarker Stefan van Wyk > 082-381-7563 stefan@agritrader.co.za

Vervoer 13 Nissan laat boere wen 15 Nic Sleepwaens: “Dis alles in die vering” Veeboerdery 17 Gee rooiwater die bloupas 18 Brandmerk of kry dit hotagter

Copyright © 2011. All rights reserved. No material, text or photo graphs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.

Die ProAgri-span

Voorbladartikel 6 PANNAR nooi boere: Kom wen met die wenners

Gewasproduksie 11 Monsanto botter boere se brood aan beide kante

Stille toehoorders van hulle eie sukses! Pannar se pragmielies luister ook aandagtig na alles wat Pieter Rademeyer op Delmas aan ’n groep boere en toekomstige boere oor hulle vertel.

11

Bemarkers Pieter Rall > 083-227-4333 pieter@proagri.co.za Mabel Schmahl > 082-563-4427 mabel@proagri.co.za Carmel Ann Sing (agentskappe) > 079-515-08708 carmel@smartpublishing.co.za Anelda Strauss > 083-748-3413 anelda@smartpublishing.co.za Uitleg & grafika Esta van Niekerk esta@proagri.co.za Taalversorging Mediadienste Rekeninge & intekening Paula MacMavis > 012-362-6390 paula@proagri.co.za Gedruktemediabestuurder Suzanne Rall suzanne@smartpublishing.co.za Sakebestuurder George Grobler george@smartpublishing.co.za

SMARTPUBLISHING MASS MEDIA SPECIALISTS

Tel/fax: 012-362-2732 1218 Arcadia st, Hatfield, Pta www.smartpublishing.co.za www.proagri.co.za

ProAgri 133 - Februarie / February 2011

5


Gewasproduksie

PANNAR nooi boere:

Kom wen met die wenners! eter as die beste – dis die gehalte waarna PANNAR immer streef, want dié maatskappy weet dat ons boere op hom reken om altyd aan die voorpunt van tegnologie te bly. Daarom is dit geen wonder dat PANNAR se mielies, sonneblom, sojabone, droëbone en sorghum skoonskip gemaak het by die Landbounavorsingsraad (LNR) se nasionale kultivarproewe vir 2009/10 nie. Maar wel wetend dat die vereistes al hoe strawwer word, beskou PANNAR se slimkoppe hierdie prestasie nie as ’n teken dat hulle nou kan agteroorsit nie – nee, hulle is reeds besig om nóg beter oplossings vir die boer te ontwikkel. Boere kon self daarna gaan kyk by die gewas-extravaganzas wat PANNAR pas op verskillende plekke aangebied het. Pannar kon ’n gedugte saadpakket ten toon stel en boere het ook die geleenthede benut om hulle verteenwoordigers en landboukundiges beter te leer ken.

B

en veeboere weet die boer wat voer het wanneer die natuur nie voer het nie, is die boer wat wen. Daarom reken al hoe meer boere op PANNAR se weidingsgewasse:

Gras vir groei Eenjarige raaigras is perfek vir melk- en vetlamproduksie en vir die afronding van speenkalwers. Die Westerworld-tipes soos Voyager 12, Voyager 31, Voyager 55, Dargle en Mispah word in Februarie/Maart onder besproeiing geplant vir benutting van April/Mei tot Oktober/ Desember. Meerjarige raaigras moet elke drie tot vier jaar hervestig word. Dit word in Februarie tot April en in Julie tot vroeg in Augustus geplant. Dit word veral vir koel gebiede onder besproeiing aanbeveel. Boere kan kies tussen Quartet, Fitzroy en Pannar voer die veeboer die nuwe Pastoral met sy verDie gewas-extravaganzas is betyds beterde hitteverdraagsaamheid aangebied vir veeboere om te sien wat en roesbestandheid. By die boeredag op Delmas kon boere eerstebeskikbaar is en saad te bestel vir die Maverick Gold is ’n kruising hands sien hoe PANNAR se mielies presteer vestiging van wintervoergewasse, waartussen Italiaanse raaigras en ’n ondanks die oormatige nat toestande en selfs van PANNAR ’n keuse vir elke smaak en meerjarige raaigras. Dit is veral haelbuie wat in die omgewing uitgesak het. behoefte bied. So teen die einde van die geskik vir ’n kort wisselbouwinter is natuurlike weiding altyd skraps stelsel waar raaigras elke 18 tot 24 maande hervesverskeidenheid grondtipes, tot suur tig word. Die planttyd is gronde. Dit is geskik as weiding vir Februarie/Maart en Julie tot skape en lewer goeie melkproduksie. vroeg in Augustus. Langswenkgras kan van Klawer en groenvoer Februarie tot Julie geplant Dit is nou ook die tyd om te kyk na die word. Dit is sterk meerjarig en aanplanting van klawer- en groenvoergoed aangepas vir ’n wye gewasse en hier het PANNAR ’n paar reeks grondtipes en klimaatverrassings tussen sy gewone staatstreke. Dit verskaf goeie makers. Boere in kouer omgewings kan gehalte weiding in die herfs, gerus meer uitvind oor die wit-klawer, lente en somer. Langswenkgras Shasta, wat ’n blousuurvrye ladino-tipe aard goed in vleierige gebiede, is en wat van Februarie tot Augustus maar aanvullende besproeiing geplant kan word. is nodig in gebiede met minder Ook beskikbaar is die nuwe Troperoas 800 mm reën per jaar. rooiklawer wat in Amerika geteel is vir Quantum is ’n hoogs kiemkragtigheid en verhoogde produserende, smaaklike kultidroogteverdraagsaamheid. var met goeie roesweerstand. Neem altyd in ag dat die gevaar van Advance het sagter blare as opblaas verminder word as klawers in ’n Quantum en word selfs vir kombinasie met gras aangeplant word melkkoeie aanbeveel. Die en dat dit nie geskik is vir perde nie. nuwe Vat 5-mengsel bestaan Wat groenvoergewasse betref, bied uit 36 kg saad van vyf gewasse PANNAR ’n volledige pakket hawer, wat in een sak verpak is en korog en stoelrog vir voedsame herfs-, genoeg is vir een hektaar winter- en lenteweiding. weiding. Dit is ’n immergroen Lusern bly natuurlik koningskos en weiding wat puik produksie in boere kan gerus kennis neem van die die herfs en lente lewer. nuwe PAN 4884 met sy weerstand teen Peet van der Walt verduidelik aan boere op Wana, PANNAR se kropaarsiektes, insekte en aalwurm. PAN 4884 Delmas waarom Pannar skoonskip gemaak het in graskultivar, is sag, smaaklik en is veral geskik vir hooisny in meer die LNR se nasionale kultivarproewe voedsaam en aangepas vir ’n spanningsvolle omgewings. 8

ProAgri 133 - Februarie / February 2011

www.proagri.co.za


As deel van ’n volledige voedingsprogram plaas PANNAR ook Japannese Radys en ’n verskeidenheid voersorghums op die tafel. Goeie nuus vir boere is dat PANNAR ook saad vir Oulandsgras en Smutsvinger beskikbaar het. Die man by PANNAR wat gereed staan om boere alles te vertel van voergewasse is Jan Coetzer. Sy nommer is 082-779-4535. PANNAR bied mieliekrag Die steraanbieding van PANNAR se 2011 gewas-extravaganza was ’n dinamiese nuwe inisiatief wat bekend staan as Yieldboost™. Dit is ’n swamdoderspuitprogram wat die opbrengspotensiaal van ’n reeks uitgesoekte ultra-vinnige en medium-vinnige basters dramaties verbeter. Dit is iets wat nogal gedoen wil wees, as na reeds bestaande prestasies gekyk word. So byvoorbeeld het die witmieliebasters PAN 6Q-445B en PAN 5Q-433B, asook die geelmieliebasters PAN 6Q-308B en PAN 6Q-508R die afgelope twee seisoene uitstaande resultate behaal in die LNR en PANNAR se nasionale proewe in die oostelike en westelike produksiegebiede. Dié ultra-vinnige geelmieliebasters is ook markleiers, veral onder besproeiing. Aanbevelings vir die westelike produksiestreek: ’n Goeie witbasterpakket vir droëland is PAN 5Q-433B en PAN 6Q-445B wat mekaar aanvul ten opsigte van groeiseisoen en planttipes. Die volgende kombinasie van geelbasters vir droëland vorm ’n gedugte pakket en is ook almal geskik as weimielies en vir kuilvoerproduksie: PAN 6Q-308B, PAN 6Q-508R en PAN 6Q-708BR. Vir mielies onder besproeiing, veral in die warm produksiestreke, is PANNAR se ultra-vinnige geelbasterpakket die leiers in die bedryf. Die kern van die pakket is PAN 6236B, PAN 6126, PAN 3P-502R en PAN 3Q-740BR. PANNAR se besproeiingspakket is saamgestel uit konvensionele, stronkboorderweerstandbiedende, Roundup Ready®- en stapelgeenbasters wat ’n groot mate van stabiliteit meebring, maar wat dit ook geskik maak vir wisselverbouing met koring. Vir witbasters onder besproeiing word die volgende pakket aanbeveel: Die vinnige groeier PAN 6227, die mediumgroeiers PAN 5Q-433B en PAN 6723 en die medium- tot laatgroeier, PAN 6777. Met die kultivarproewe het die voordele van geneties-aangepaste mieliebasters weer sterk na vore gekom. PANNAR se landboukundiges het boere by die gewas-extravaganzas egter sterk vermaan om die nodige maatreëls toe te pas om die Bt-tegnologie te beskerm – die aanplanting van ’n toevlugsoord is wetlik verpligtend. Die laaste woord oor PANNAR se www.proagri.co.za

By die gewas-extravaganzas kry boere ’n voorsmakie van PANNAR se opbrengs. mielies behoort aan die veeboere op die Hoëveld wat uit die volledige kuilvoerpakket vir PAN 6Q-308B as die bobaas kuilvoermaker uitgelig het. Sonskyn in jou beursie PANNAR se sonneblombasters PAN 7057, PAN 7049 en PAN 7050 was weer die toppresteerders in die LNRproewe. Saam met PAN 7033 vorm hulle ’n gedugte pakket, almal met bruinroesweerstand, hoë opbrengspotensiaal

en wye gebiedsaanpasbaarheid. ’n Hoogtepunt in die sonneblomaanbieding is die Clearfield®-baster PAN 7063CL wat ’n nuwe na-opkoms onkruidbeheerstelsel inlui. Die weerstand teen onkruiddoder is ’n natuurlike mutasie en nie geneties aangepas nie. Bobaas bone Sojabone word al hoe belangriker vir somergraanboere. Met dié toename in belangstelling, kan boere ook gerus kennis neem van die feit dat PAN 1664R die toppresteerder in die LNR-proewe was. Onthou dat nuwe saadontwikkeling vir beter opbrengs net kan voortgaan as die saad gekoop word! Wat droëbone betref, bied PANNAR se rooigespikkelde-droëboonpakket ’n wye keuse van voordelige eienskappe in al die produksiegebiede, met PAN 116 wat as toppresteerder uitgewys is. Vir die bierbrouers PANNAR sorg ook goed vir die graansorghummanne met PAN 8609 en PAN 8816 as hoofaanplanting vir mouttipes en PAN 8625 vir ’n bitter kultivar.

Yieldboost™ is ’n swamdoderspuitprogram vir vinnige basters, wat opbrengspotensiaal dramaties kan verhoog.

Hoofkantoor: 033-413-9500 of infoserve@pannar.co.za KwaZulu-Natal en Kaap: 033-413-9500 Wes-Vrystaat en Noord-Kaap: 056-216-3000 Noordwes: 018-406-1700 Gauteng, Suid-Mpumalanga en Oos-Vrystaat: 016-341-5881 Oostelike Hoëveld en Limpopo: 013-665-8500 Ontwikkelende produsente: 033-413-9500 Besoek ook www.pannar.com ProAgri 133 - Februarie / February 2011

9


Boer vir meer met

Vitamech

Stroop elke pit!

Pickett One Step™ Ahead Die bobaas-bone-uithaler • Monteer voor aan die trekker sodat jy kan sien wat jy doen en nie jou bone vertrap voor jy hulle uithaal nie • Haal skoon uit en pak netjiese windrye in een beweging • Eerste snystaaf werk onder die grond; tweede snystaaf trek bone uit; vingers pak bone op vervoerband en vervoerband pak netjiese windrye. • Minimum vermorsing • Dieptewiele verseker presiese staafdiepte • Grooes: 4-ry 30”; 6-ry 30”, 6-ry 36”, 8-ry 36”

MacDon FD70 Flexdraper-stropertafel stoot produkwiteit op met tot 40% of meer

MacDon FD70 Flexdraper

Kontak: Jurie Swart: 083-375-8840 Louis van der Merwe: 072-626-8409

Geniet die voordele van Vitamech se wye handelaarsnetwerk en flink, kundige diens. 021-907-8000

• Haal die beste uit enige stroper • Ideaal vir hoëvolume gewasse • Perfek vir laagdraende sojabone, bone, lensies en ertjies • Skakel pitverlies grootliks uit • Volg grondkontoer met drie segmente (speling 254 mm op punte) • Behou afstand tussen mes en spoel vir skoon snywerk • Vervoer materiaal sagkens maar ferm op band na stroperbek • Beskikbaar in 9,1 m, 10,7 m, 12,2 m, 13,7 m • Wen American Society of Agricultural and Biological Engineers se AE50-toekenning

www.vitamech.co.za


Gewasproduksie

Monsanto botter boere se brood

beide kante

Monsanto se nuwe stapelgeen help boere maak. uttige tegnologie bemagtig mielieboere om doeltreffend terug te slaan teen insek- en onkruidbedreigings, en om volhoubaar winsgewend te kan boer. Hierdie tegnologie kom van die boer se staatmaker-landboumaatskappy, Monsanto. Dit kan maklik uitgeken word aan die nuwe handelsmerk, Genuity®, maar ook aan die winsgewende resultate wat Genuity®-kultivars op die plaas behaal. Die Genuity®-handelsmerk omvat ook ’n ikoonstelsel, waarvolgens prentjies die eienskappe van die betrokke saad op die sakkie aandui, sodat boere en plaaswerkers met ’n oogopslag kan sien waarmee hulle besig is. ’n Belangrike deurbraak vir SuidAfrika se boere is dat Monsanto ook wetlike goedkeuring verkry het om die nuwe MON89034-geen kommersieel vry te stel. Die geen is beskikbaar onder die Genuity® YieldGard® II-handelsmerk vir aanplanting in al Suid-Afrika se mieliegebiede. Die Genuity YieldGard® II-tegnologie bied beter beskerming teen insekte en die stapelgeen beteken dat boere se

N

www. proagri .c o.z a

mielies teen sowel stamboorders as onkruide beskerm word. Dit verseker dat die boer twee gedugte winsvreters, insekte en onkruid, doeltreffend kan hokslaan. Die stapelgeen kan ’n produksievermeerdering van tot 10% meebring en die gehalte van die graan sal boonop hoër wees. ’n Verdere voordeel is dat die kostedoeltreffende en tydige plaagbeheer wat dit bied veiliger vir plaaswerkers en verbruikers is. Volgens mnr Gert Heyns, Monsanto se bemarkingsbestuurder van saad en tegnologie, is hierdie tegnologie omgewingsvriendelik en dit sal die boer se koolstofvoetspoor verklein. Die Genuity om wins te YieldGard® II wat die MON 89034-geen bevat, verminder ook die kanse dat insekte weerstand opbou, terwyl die Roundup Ready®-onkruidbeheerstelsel perfek inpas by gevorderde landboupraktyke soos minimumbewerking wat gronderosie en kompaktering verminder, vogbenutting verbeter en vir die boer ’n aansienlike hoeveelheid duur brandstof bespaar. Genuity® sluit die volgende in:

die saad reeds vir die 2011-plantseisoen beskikbaar sal wees. Praat dus vroegtydig met jou Monsanto-verteenwoordiger. Hy sal jou help om presies die regte kultivar en chemiese middels vir jou plaas en behoeftes te kies en hoe om die beste uit Monsanto se Genuity®geeneienskappe te put. Genuity® YieldGard® II-mielies en Genuity® YieldGard® II met Roundup Ready®-mielies vereis ’n stewige Insekweerstandbestuurstrategie (IWB) om te verseker dat stamboorders nie weerstand opbou en die tegnologie minder doeltreffend maak nie. Monsanto se man sal jou ook met jou IWB help sodat ons boere tot in die verre toekoms die volle voordeel van Monsanto se vindingskrag kan geniet. Jy kan ook jou toekoms verseker met Monsanto se boervriendelike wentegnologie. Praat vandag met Magda du Toit by 011-790-8254 of magda.du.toit@monsanto.com om te hoor wie jou naaste verteenwoordiger is. Besoek ook www.monsanto.com of www.monsanto.co.za

Vir mielies: Genuity® YieldGard® II Genuity® Roundup Ready® Corn 2 Genuity® YieldGard® II met Roundup Ready® Corn 2 Vir katoen: Genuity® Bollgard® II Genuity® Roundup Ready® Flex Cotton Genuity® Bollgard® II met Roundup Ready® Flex Cotton Vir soja: Genuity® Roundup Ready® Soya Wie kan vir beter wens? Verdere goeie nuus is dat saadvermeerdering van die twee basters wat die nuwe eienskappe bevat reeds in 2010 gedoen is, sodat

Kobus Lindeque, Monsanto se bestuurder vir Afrika, is gereeld in die mielieland om seker te maak dat die boer net die beste genetika kry.

ProAgri 133 - Februarie / Februarie 2011

11


Vervoer

Nissan laat boere wen Nissan se NP300 hardbody 2,5 Tdi Hi-Rider maak die lewe vir boere makliker. issan se NP300 Hardbody 2.5 Tdi Hi-Rider is besig om net soos sy ander broers in die Nissan-stal, sy pad oop te ry tot in die harte van SuidAfrikaanse boere. Dit is nie net Nissan se kanniedood-reputasie wat sy bakkies so gewild maak by boere nie, maar ook die feit dat die maatskappy bereid is om

N

’n Gelukkige Hannes van Vuuren (links) ontvang die sleutels van sy nuwe NP300 Hardbody van Nissan SA se bemarkingsdirekteur, Johan Kleynhans. www.proagri.co.za

daadwerklik betrokke te raak by die Suid-Afrikaanse boerderybedryf. As voorbeeld van laasgenoemde onderneming, het Nissan onlangs hande gevat met ’n bekende maatskappy in die landboubedryf, die dieregesondheidsmaatskappy Intervet/Schering-Plough, in die borg van ’n wedstryd waarin twee van die NP300-dubbelkajuitbakkies op die spel was. Die wedstryd was gekoppel aan verkope deur Intervet/SheringPlough. Dr Alan Kloeck, besturende direkteur van Intervet, sê die wedstryd is goed ondersteun deur die boerderygemeenskap en daar was beslis ’n styging in hulle dieremedisyne se verkope. Die eerste bakkie is reeds in Julie 2010 na sy nuwe huis by Memel in die Vrystaat en die wenner, mnr Martinus Willemse, vertel dat hy baie tevrede is met sy hardwerkende NP300 Hardbody. Die mees-onlangse wenner van die nuwe Nissan NP300 Hardbody 2.5 Tdi Hi-Rider dubbelkajuitbakkie is mnr Hannes van Vuuren van Omegaboerdery in Bloemfontein. Die naaswenner is mnr Mike Richmond van Elandslaagte, KZN. Hy kon huis toe gaan met ’n R5 000 Intervet-koopbewys en R5 000 kontant van Nissan SA in sy sak, asook ’n R30 000 koopbewys wat hy kan gebruik as afslag op die aankoop van enige nuwe Nissan-voertuig. Die wenners het hulle pryse ontvang by Nissan se Rosslyn-aanleg waar die NP200, NP300 Hardbody, Tiida en Livina-reekse geproduseer word.

Die NP300 Hardbody 2.5 Tdi Hi-Rider is ’n baie betroubare lid van Nissan se hardwerkende reeks 1-ton bakkies wat die lewe vir boere makliker kan maak. Die bakkie is stewig en kragtig, maar ook rats en ekonomies – meer werk vir minder diesel. Nog ’n groot voordeel van die aankoop van plaaslik-vervaardigde bakkies is dat onderhoud bekostigbaar is en dat onderdele geredelik en vinnig beskikbaar is. Om meer uit te vind van hierdie wenner-bakkie, besoek gerus die webwerf by www.nissan.co.za of skakel 0800 NISSAN.

Die naaswenner, Mike Richmond (links), ontvang sy R5 000-geskenkbewys van die besturende direkteur van Intervet/Schering-Plough, dr Alan Kloeck. ProAgri 133 - Februarie / February 2011

13


Vervoer

“Dis alles in die vering” ie geheim lê in die veerstelsel.” Aan die woord is Johan du Plooy van die Rand. Hy het pas vir hom ’n splinternuwe 4-metersleepwa van Nic Sleepwaens gekoop, nadat sy vorige 3-meterwa voortydig die lewe gelaat het. Die “voortydig” was toe die wa reeds 218 000 km agter die blad gehad het en iemand van agter af in hom vasgejaag het. Johan het met wa, bakkie en al die pad verlaat en gerol. Gelukkig het hy nie seergekry nie, maar hy moes dringend sy rygoed vervang en soos altyd was Nic Keyser van Coligny gereed met ’n nuwe, groter en beter sleepwa. Johan sê: “Jy moet weet, ’n Nicsleepwa is ’n ongelooflike bleddie ding. As dit nie vir die ongeluk was nie, sou ek nou nog met die vorige sleepwa rondgery het. Nou, met die groter wa, kan ek baie meer diere en bale of wat ook al skuif.” Johan was ’n groot orgideeboer naby die Johannesburgse mark, maar hy sê in die huidige ekonomiese klimaat het mense eerder vleis as blomme nodig en daarom is dit vir hom belangrik om ’n betroubare veevervoermiddel te hê. Hy sê sy sleepwa bly permanent aan sy bakkie gehaak en of daar vrag op is of nie, hy ry ewe lekker: “Dit gaan oor daai veerstelsel…”

“D

’n Sleepwa het nie ’n “boekie”waarde nie Nic Keyser stem saam dat sy unieke buigsame onderstel ’n belangrike rol

speel in rygerief – nie net vir die man agter die stuur nie, maar ook vir die diere op die wa. Dit is egter nie al waaroor dit gaan nie. Dit is uitstaande vakmanskap en goeie gehalte materiaal wat maak dat ’n Nic-sleepwa sy waarde behou. “’n Sleepwa is nie soos ’n kar nie,” verduidelik hy. “Daar is nie ’n outomatiese depresiasiewaarde nie; wat jy sien is wat jy kry en dit is waarvoor jy betaal.” ’n Sterk sleepwa wat nog goed lyk, het ’n baie goeie tweedehandse of inruilwaarde. Dit gebeur dikwels dat ’n Nic-sleepwa wat vyf jaar gelede gekoop is, nou vir meer geld as die aanvanklike aankoopprys verkoop kan word. Die inruilwaarde maak nogal ’n dramatiese verskil op die kontant wat nodig is vir ’n nuwe sleepwa. “Ons is aanhoudend besig met nuwe ontwikkelings of klein verbeterings aan ons waens, want ons luister wat die boere vir ons sê. So, as ’n man ’n nuwe of groter wa wil hê, sê ek altyd vir hom om sy oue in te bring. Dit help hom om ’n nuwe een makliker te bekostig en op daardie manier help ons weer iemand anders wat dalk nie so kapitaalkragtig is nie, soos ’n beginnerboer.” Elke ingeruilde sleepwa word van voor tot agter deurgegaan, herbou indien dit nodig is, geverf en van nuwe bande voorsien indien die oues afgeloop is. Dit lyk en is soos nuut! Net vir interessantheid, ’n stel bande kan maklik 100- tot 150 000 km hou

’n Nic-kombinasiesleepwa kan aangepas word om voorsiening te maak vir die vervoer van enige soort plaasdiere soos perde, beeste, skape en varke. www.proagri.co.za

voor dit vervang moet word. Beginnerboere hoef ook nie te skrik vir ’n skielike groot kontantbedrag nie. Finansiering is by die meeste handelsbanke beskikbaar. Soos Nic sê: “Dit is net ’n paar goeie bulle verder, dan maak jy jou geldjies terug!” En daai bulle kan verseker wees van die volgende goeie diens: ’n Afskorting vir elkeen, ’n glymat van rubber of staal, ’n gerieflike oploopbaan en stewige ronde pype wat kneusing voorkom. Die reis is so gerieflik dat ’n bul by sy bestemming sommer dadelik aan die werk kan spring! Nic-sleepwaens is natuurlik nie net vir bulle bedoel nie. Daar is ’n reeks van 147 modelle wat sleepwaens insluit vir motors, vierwielmotorfietse, brandbestryding en selfs helikopters en kameelperde! Daar is die Nic-kombinasieveesleepwaens, tenksleepwaens, platbaksleepwaens, enkel- en dubbelassleepwaens en waens van enige grootte. Die tussenskotbalke wat by die kombinasiesleepwa op enige plek deurgesteek kan word, maak dit moontlik om op dieselfde wa 4 perde, 5 beeste, 50 skape of 25 varke te vervoer. So jy kan Vrydag jou skape veiling toe vat en dan kan die kinders Saterdag gaan skouspring – en dit met net een wa. Besoek www.nictrailers.co.za om uit te vind waar jou naaste agent is – daar is 114 landwyd – of skakel 018-6730224 of 082-859-0904 om ’n bietjie te gesels oor die tweedehandse waarde van jou Nic-sleepwa. Jy kan ook ’n e-pos stuur na info@nictrailers.co.za.

’n Boer wat graag ’n groter Nic-sleepwa wil aanskaf, kan gerus sy vorige sleepwa kom inruil – hy sal verbaas wees oor die goeie tweedehandse waarde ProAgri 133 - Februarie / February 2011

15


Veeboerdery

Gee rooiwater die bloupas Ontploffing in bloubosluisgetalle is moontlik in nat toestande wat dan weer opgevolg word deur baie warm sonskyndae. Bloubosluisgetalle skiet in elk geval in die herfs die hoogte in en as die klimaatsomstandighede saamspeel, kan dit probleme vir beesboere beteken. Bloubosluise veroorsaak rooiwater en rooiwater bly die grootste oorsaak van vrektes onder beeste, veral in die laatsomer, waarsku dr Danie Odendaal in die Veegesondheid- en produksiegroep se nuusbrief, V-pos. Die rooiwaterprobleem is tans nie onder beheer nie en ’n span kundiges gaan bymekaargeroep word om die beheer van die siekte te hersien, belowe dr Odendaal. Voorgestelde riglyne vir doeltreffende beheer van die siekte sal dan bepaal en aan beesboere deurgegee word. Intussen, veral omdat die voorkoms van rooiwater nou weer in Februarie en Maart ’n hoogtepunt gaan bereik, is daar ’n basiese beginsel in die kort-

’n

termynbeheer daarvan, waarop alle beesboere moet let: Dit is altyd belangrik dat ’n veearts bevestig watter soort rooiwater op ’n spesifieke plaas voorkom, want dit het ’n groot invloed op die korttermyn en langtermyn beheer van die siekte of voorkoming van vrektes. Wat is die belang van dié kennis? Dit is duidelik dat dit baie moeiliker is om Asiatiese rooiwater te beheer omdat ’n stabiele siektevoorkoms nie normaalweg bestaan nie. Dit is ’n verdere rede waarom die oorsaak van rooiwatergevalle met ’n bloed- of breinsmeer deur ’n veearts bevestig moet word. Die belangrikste punt om van kennis te dra, is dat die larfstadium van die bloubosluis, wat so groot soos ’n kopspeld se kop is, Asiatiese rooiwater oordra. Die larwes kan so gou as een week na die vorige behandeling weer op beeste klim en aanheg. Vir korttermyn beheer op plase waar

Hieronder is ’n kort opsomming wat die verskil tussen Afrika-rooiwater en Asiatiese rooiwater aandui. Afrika-rooiwater (Babesia bigemina) Oorgedra deur altwee spesies van die bloubosluis Rhipicephalus (Boophilus) decoloratus en R microplus). Die nimf-stadium (meer algemeen) en volwasse stadium (in ’n mindere mate) dra die Babesia bigemina-parasiete oor na beeste. Wanneer hulle die parasiete oordra, verloor die bosluise nie die besmetting nie en bly vir meer as een geslag besmet.

Larwes

Nimfe

Volwassenes

Asiatiese rooiwater voorkom (vatbare beeste), moet bloubosluise in die laatsomer weekliks beheer word. Dit is veral belangrik in kampe met ’n geskiedenis van swaar bosluisbesmetting gedurende die voorafgaande lente en voorsomer. Wanneer beeste na ’n kamp wat gerus het verskuif word, moet hulle net voor hulle ingejaag word behandel word en ook weer een week later. Verdere navrae kan per e-pos gestuur word na die Veegesondheiden -produksiegroep se kantoor vetlink@mweb.co.za.

Eiers Eiers

Asiatiese rooiwater (Babesia bovis) Asiatiese rooiwater word net deur Rhipicephalus microplus oorgedra. Die groot verskil in die oordrag is dat die larwestadium die Babesia bovisparasiete oordra na die beeste. Terselfdertyd verloor die larwes die besmetting. Die volwasse bosluise kan dan weer die besmetting opdoen wanneer hulle op ’n aangetaste bees voed en alleenlik dan word die besmetting deur die eiers na die volgende geslag bosluise oorgedra.

Larwes

Nimfe

Volwassenes Eiers

Eiers

www.proagri.co.za

So skiet bloubosluisgetalle in die herfs op om die gevaar van rooiwater ernstig te verhoog. Erkenning: Siektes en parasiete van beeste, skape en bokke in Suid-Afrika deur Pamela Oberem en andere. ProAgri 133 - Februarie / February 2011

17


Veeboerdery

Brandmerk of kry dit hotagter it is nie die moeite werd om kanse te waag met die merk van vee nie,” sê Marinus van Jaarsveld van Van Jaarsveld-afslaers by Nylstroom. “Die enigste mense wat wen as ons nie ons vee merk nie, is die diewe. Verder verloor almal – kopers, verkopers en selfs afslaers.” ’n Paar vee-eienaars het onlangs hulle rieme styfgeloop toe die polisie se veediefstaleenheid op veilingskrale toegeslaan het om seker te maak almal se

“D

Marinus van Jaarsveld, hier in aksie by ’n Landboukorrels Boeredag, glo afslaers en veeverkopers moet saamwerk om seker te maak dat vee behoorlik gemerk is.

18

ProAgri 133 - Februarie / February 2011

merke is in orde. Dit is ook nie sommer speletjies nie. ’n Vee-eienaar kan ’n boete van ’n paar honderd rand op die lyf loop vir elke bees wat nie behoorlik gebrandmerk is nie. Marinus sê daar in sy omgewing werk hulle baie lekker saam met die manne van die veediefstaleenheid. “Hulle is selfs so gaaf om ons pakke met brandmerkregistrasievorms in Pretoria te gaan aflewer, sodat ons nie self hoef te ry nie!” Hy sê as almal nie by die reëls hou nie, kan dit groot moles tot gevolg hê en selfs onskuldige mense wat onwetend betrokke geraak het, kan in die spervuur land. Dit kan gebeur dat gesteelde vee verkoop word en dat ’n koper alles kan verloor – sy geld en die vee wat hy gekoop het. Tot die afslaer en die bestuurder van die voertuig wat die vee aangery het, kan beboet word. Dit is hoekom dit belangrik is dat almal seker maak die verkoper se papierwerk en brandmerkeis in orde. Mnr Jaco Maré, voorsitter van die Nasionale Veediefstalforum, sê dat gans te veel hofsake verloor word omdat boere se vee nie behoorlik gemerk is nie. Eienaars moes al verslae staan en toekyk hoe die diewe vry uit die hof stap, omdat hulle nie kon bewys dit is hulle eiendom nie.

Hy het dit ook benadruk dat boere diefstalle moet aanmeld: “Dit help die veediefstalforum om saam met die polisie probleemgebiede te identifiseer waar optrede benodig word.” Kolonel Osie Oosthuizen, nasionale bevelvoerder van die polisie se veediefstaleenheid, sê meer as 50% van die vee in die land is nie gemerk nie. Die polisie hou baie inligtingsessies om veral opkomende boere of kleinboere tradisionele gebiede in te lig oor die belangrikheid van veemerke. “Baie keer dink ’n vee-eienaar dit is nie die moeite werd om sy twee bokke en drie beeste te merk nie, totdat ’n bees gesteel word, dan maak dit skielik sin…” Dit is egter ook groter boere en spekulante wat nie vee merk nie. “Ek weet nie hoekom nie, hulle doen dit net nie,” sê hy. Met betrekking tot die besoeke aan veilingskrale sê hy dat dit maar roetineoptrede is. Veral in ’n omgewing waar baie diefstalle aangemeld is, gaan kyk die veediefstaleenheid of die gesteelde vee dalk hulle pad deur ’n veiling vind. Boetes vir ongemerkte vee verskil van distrik tot distrik, aangesien landdroste die boetes bepaal, maar herhaalde oortreders moet hulle maar regmaak vir swaar strawwe. Kol Oosthuizen sê die merk van vee is nie die aller antwoord op veediefstal nie, maar dit is ’n belangrike wapen in die stryd.

www.proagri.co.za


www.proagri.co.za

ProAgri 133 - Februarie / February 2011

19


20

ProAgri 133 - Februarie / February 2011

www.proagri.co.za


Agrikyk & Lees Weidingshandboek – KP Archibald ea Uitgewer: Kejafa aar is ’n rede waarom ’n boek wat in die vroeë negentigerjare verskyn het, steeds bygewerk en as handboek vir studente voorgeskryf word. Die Weidingshandboek is ’n volledige handleiding oor weidingsgewasse en die benutting daarvan. Dit is nie ’n koffietafelboek met pragtige foto’s en ’n dramatiese uitleg nie, maar die inligting is netjies en duidelik uiteengesit sodat dit as ’n naslaanwerk gebruik kan word. Die keurige taalgebruik sorg egter dat dit ook net gelees kan word deur belangstellendes. Die boek is in Afrikaans en Engels beskikbaar en die 2010 uitgawe is vergroot na A4 sodat die tabelle makliker gelees kan word. Die Weidingshandboek se groot waarde lê in sy uitgebreide lys van grasse waarin nie net die grassoorte se voorkoms en voedingswaarde bespreek word nie, maar ook vestigingsmetodes, bemesting en produksiepotensiaal. Die resultate van proewe in verskillende streke en op verskillende stadia van die gras se groeityd word in tabelvorm weergegee. Daar is ook praktiese riglyne oor grondvoorbereiding, bemesting, onkruidbeheer en besproeiing. Sonder om doekies om te draai, word die voordele en nadele van beweiding en hooimaak teen mekaar opgeweeg. Kuilvoer het ook sy hoofstuk met die nodige inligting oor gewasse, metodes om die gistingsproses aan te help en byvoegings. As ’n bonus word al die inligting van toepassing gemaak op diere se voedingsbehoeftes. Daar word voorsiening gemaak vir kudde- en voervloeibeplanning, asook die identifisering van voedingsprobleme. ’n Groot voordeel van die Weidingshandboek is dat daar by elke hoofstuk ’n volledige verwysingslys na ander lektuur is. Soos aan die begin gesê, daar is ’n rede waarom die handboek na 20 jaar steeds bygewerk en gebruik word. Dit kan egter veral vir boere waardevol wees as nuwe inligting met betrekking tot weidingsbestuur, soos hoëdrukbeweiding, wat die afgelope paar jare na vore gekom het, ook bygewerk word. Bestel by kejafa@mweb.co.za of 011-025-4388 teen R330.

D

Wen Weidingshandboek deur een keer met jou muis te klik! Al wat jy hoef te doen: Kry ProAgri op Facebook/Bakkiesblad en Laaik (Like) ons. (’n Mens vind ProAgri maklik deur in die boonste soekspasie vir “ProAgri” te soek.) Prystrekking vind op 15 Maart plaas en die wenner sal per Facebook/Bakkiesblad laat weet word. www.proagri.co.za

Werfnuus www.proagri.co.za ProAgri spog met ’n pragtige vars webwerf propvol nuus en foto’s. Besoek gerus ons werf of volg die skakels om spesifieke artikels en berigte te lees: Gaan Jannie die pyp rook? Gemengde reaksie van boere het die aanstelling van mnr Jannie de Villiers van die Meulenaarskamer as GraanSA se nuwe hoofbestuurder begroet. Lees wat leierboere te sê het: http://bit.ly/Jannie Amerikaanse “buffel” word Afrikaans Een van die dae, as alles reg loop, sal jy ’n heerlike beefalo-(bief)stuk op die kole kan braai. ’n Suid-Afrikaanse student is besig met ’n navorsingsprojek om bison-gene op Afrikanerbeeste te gebruik: http://bit.ly/beefalo Water dalk ook in rooivleis? Die Rooivleisprodusente-organisasie het die aankondiging dat die Departement van Landbou regulasies gaan instel om die inspuit van pekelwater in hoendervleis te reguleer, verwelkom: http://bit.ly/rooivleis Brande word ’n warm probleem Die toename in brande is een van die onderwerpe wat by die Wildfire 2011konferensie bespreek gaan word. Die konferensie word van 9 – 13 Mei by Sun City gehou: http://bit.ly/vuurwarm Jakkalse glimlag breed Rooijakkalse in die Wes-Kaap kan steeds voortgaan met hulle verwoestingswerk onder skaapkuddes. Dit volg na ’n taakspan aangestel is om eers verdere navorsing te doen: http://bit.ly/jakkalse Woolworths soek ’n “kaasbaas” Woolworths daag alle klein kaasmakers uit om met nuwe opwindende kase vorendag te kom. Enige oorspronklike kaas wat die afgelope jaar ontwikkel is, maar nie tans in supermarkte verkoop word nie, kan vir die wedstryd ingeskryf word: http://bit.ly/kaasbaas Skole aartappelwedstryd was pret Aartappels Suid-Afrika is baie in hulle noppies met die terugvoer van hulle skole-aartappelwedstryd van verlede jaar. Sowat 50 skole het met mekaar meegeding om mooi groot aartappels te verbou: http://bit.ly/aartappelwedstryd AfriForum wil weet: Waarom die hoë tolgeld? Die tolgeld sal na verwagting boere wat produkte na veral die varsproduktemark in Johannesburg en kettingwinkelgroepe aan die Rand vervoer, se sakke kwaai ruk: http://bit.ly/tolgeld ProAgri 133 - Februarie / February 2011

21


oekom klop boere se harte vinniger, raak hulle knieë lam, word hulle kele droog en dink hulle irrasioneel as ’n vrou leerklere dra? Sy ruik soos ’n nuwe bakkie.

H

agrilag

Die onnie vra vir die aardrykskundeklas: deur Dom Boer “Watter deel van die son is die warmste?’’ ” Jannie antwoord dadelik: “Bladsy 3, juffrou!” Die eend loop by die kroeg in en vra vir die kroegman: “Het jy brood?” Kroegman: “Nee.” Eend: “Niks brood nie?” Kroegman: “Nee, ek sê mos ons het nie brood nie!” Eend: “Nie eers ou brood nie?” Kroegman: “Is jy doof of wat? Ons het nie brood nie! As jy my weer vra, gaan ek jou bek aan die kroegtoonbank vasspyker!” Eend: “Het jy spykers?” Kroegman: “Nee.” Eend: “En brood?” Hennie het stad toe getrek om te gaan studeer. ’n Paar dae later stap hy by die hardewarewinkel in en bestel 3 500 000 bakstene. “Sjoe, wat wil jy bou?”, vra die ou agter die toonbank. “’n Braaivleisplek,” antwoord Hennie. “Drie-en-’n-half-miljoen bakstene vir ’n braai! Is jy seker?” “Ja boet… my woonstel is op die 14de verdieping.” Wenner! Lucya Kemp van Vryheid slaan hierdie maand ’n musiekpiering van die Bosveldklong los. Stuur jou grappies met jou naam en adres na domboer01@mweb.co.za.

22

ProAgri 133 - Februarie / February 2011

www.proagri.co.za


AgriTrader

Advertensiediens vir die boer Advertising service for the farmer 60 000 eksemplare na aktiewe kommersiĂŤle boere landswyd

AgriTrader is ʼn uitstekende bemarkingsmeganisme om kopers en verkopers van lewendehawe, trekkers, voertuie, werktuie, en alle ander landboutoerusng by mekaar uit te bring. Veeveilingsadvertensies in AgriTrader lok wye reaksie uit, probeer dit gerus. Vir die bekosgbaarste advertensietariewe in Suid-Afrika, skakel:

Stefan van Wyk Pieter Rall

(Bloemfontein) (Pretoria)

082-381-7563 | 051-446-0789 083-227-4333

stefan@agritrader.co.za pieter@proagri.co.za AgriGids

www.proagri.co.za

Pr o A g r i 133 - Fe br u ar i e / Fe br u ar y 2 0 1 1

23


AgriGids 24

ProAgri 133 - Februarie / February 2011

www.proagri.co.za


AgriGids

www.proagri.co.za

Pr o A g r i 133

- Fe br u ar i e / Fe br u ar y 2 0 1 1

25


AgriGids 26

ProAgri 133 - Februarie / February 2011

www.proagri.co.za


AgriGids GeneGids

Aandag boere in die Vrystaat, Noord- en Suid-Kaap Vir u gerief is ProAgri nou by verskeie koรถperasies en landboubesighede beskikbaar. Verspreiding word verder uitgebrei in die volgende drie maande na die Wes-Kaap, Noord-Kaap, Mpumalanga, Kwazulu-Natal en Limpopo.

Wees gerus: As jy altyd ProAgri in die pos gekry het - dit sal steeds daar wees. Poskantoor verspreiding gaan voort soos altyd. Skakel gerus vir Renier by 012-362-2732 as ProAgri nie op u dorp verkrygbaar is nie. www.proagri.co.za

Pr o A g r i 133 - Fe br u ar i e / Fe br u ar y 2 0 1 1

27


AgriGids GeneiGids

Brangus Cattle Breeders Society PO Box 12465 Brandhof 9324 Tel: 051-444-1144 Fax: 051-444-5070 info@brangus.org.za www.brangus.org.za

28

ProAgri 133 - Februarie / February 2011

www.proagri.co.za


GeneiGids Veilings

www.proagri.co.za

ProAgri 133 - Februarie / February 2011 29


Veilings

Goeie gene gee goeie vleis p die plaas, De Unie, tussen Vosburg en Carnarvon is daar ’n dorperram met jou kudde se naam op. Hy staan net en wag dat jy hom by Hennie Human se 15de produksieveiling moet gaan haal sodat hy goeie vleis na jou plaas toe kan bring. ’n Ram wat van De Unie af kom is ’n ram wat met 27 jaar se noukeurige teling en streng seleksie agter hom staan. Die genetika is uiters gesog

O

onder telers en kuddeboere. Hennie is nie verniet al meer as een keer by die Wêreldkampioenskap vir Dorpers as Teler van Kampioene aangewys nie! Sy stoet is bekend vir die lewering van dorpers met goeie vleiseienskappe, goeie lyflengte, vrugbaarheid en gehardheid in veldomstandighede. Dit is hierdie gehardheid wat die diere so aanpasbaar maak. ’n Dorper van De Unie gaan nie by sy

By Hennie Human moet stoetooie op dieselfde veld as kommersiële skape produseer om te verseker dat net die beste genetika behou word.

30

ProAgri 133 - Februarie / February 2011

nuwe bestemming staan en wonder wanneer kom die poeding nie, hy gaan eet wat daar is, sy kondisie behou en sy werk doen. Die rede daarvoor is dat Hennie se stoetdiere in presies dieselfde ekstensiewe omstandighede as sy kommersiële diere aangehou word. Hulle lewe in groot kampe, kan ver loop water toe en selfs dragtige ooie het nie allerhande byvoedings nodig om goeie lammers te gee nie. Streng seleksiereëls geld nie net vir die ramme nie, maar ook die ooie. ’n Ooi wat nie met die eerste dekking vat nie, kry nog een kans voor sy slagpale toe gaan. Die resultaat is ’n gesonde, produserende stoet. Boere wat die veiling op 7 April bywoon, kan verseker wees dat geen substandaard dier aangebied gaan word nie. Saam met die gasverkoper, Pieter Stofberg word daar 60 dorperramme, 50 dorperooie en 30 witdorperramme aangebied. Al die diere is teen slenkdalkoors ingeënt. Rig enige navrae aan Hennie Human by 083-645-6062, Pieter Stofberg by 082-835-7643 of Johan Human by 082-573-4168.

www.proagri.co.za


Veilings

WILDVEILING Krokodilnest Produksie-wildveiling

26 Maart 2011 Oljaco Krale Vaalwater Kontakpersone: Coena Smith Snr 082-388-2740 Coena Smith Jnr 082-388-2743 Janco Smith 082-388-2741 Ola Smith 082-388-2742 Kantoornommer 014-755-2636

GPS coordinate S 24째 18.192 O 028째 06.797 Voorwaardes: 1) Kontant of bankgewaarborgde tjek op dag van veiling - GEEN UITSONDERING! 2) Vleissentraal se standaard-voorwaardes van verkoop is van toepassing. 3) BTW is betaalbaar. 4) Skakel om seker te maak dat die wild waarin u belangstel op hok is.

www.proagri.co.za

ProAgri 133 - Februarie / February 2011

31


ProAgri 133, Februarie 2011  

Tegnologie vir die boer Technology for the farmer