Issuu on Google+

ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer

Desember / December 2010 Nr / No 131 ISSN 1042–1558

Siloking-voermengers: Sukkel minder; produseer meer |

Meganisasie

|

Sleepwaens

|

Veeboerdery

|

AgriTrader


In hierdie uitgawe Voorblad

Redakteursbrief ie afgelope jaar het ons hard aan ProAgri se webwerf gewerk. Die webwerf kry volgende jaar sy eie personeel, waarvan ek die eerste is. Maak gerus ’n draai by www.proagri.co.za om honderde artikels oor landbousake te lees en dit, soos ons gedrukte ProAgri, heeltemal gratis. Ek is ook baie bly om te kan sê dat ProAgri se nuwe redakteur niemand anders as die gewilde radio-aanbieder, Annemarie Joubert, is nie. Baie welkom, Annemarie, en sterkte! Ons almal by ProAgri wens elke leser, adverteerder en medewerker en hulle gesinne ’n veilige en aangename vakansietyd, ’n sinryke en geseënde Kersfees en ’n skitterende 2011 toe. Baie dankie vir u almal se ondersteuning en hartlike samewerking deur die jaar.

D

Verantwoordelike boere kies die betroubare en akkurate Siloking-voermenger, rotsvas gerugsteun deur Greenfields Agricultural Holdings. Siloking is in verskillende modelle beskikbaar; vanaf die ligte Smart van 3 tot 5 m3 tot die reusagtige Duo van 12 tot 40 m3, wat elkeen ’n perfek gemengde rantsoen skep. Praat met Glen Clark by 082-804-8045 of Derek Nicolle by 083-798-0056 of gclark@greenagri.co.za om te hoor wie die handelaar naaste aan jou is. Besoek ook www.siloking.com vir meer inligting.

Inhoudsopgawe / Contents

Die ProAgri-span

Meganisasie

Redakteur Coenraad Rall > 083-973-3297 coenraad@proagri.co.za

5 7

Dis in ’n kits die beste vir jou diere op... met Jupidex se Taarup 614-voermenger Duitse tegnologie: Gou, goedkoop, doeltreffend Sit peste op hul plek met Degesch se pulsFOG-verstuiwers

5

Vervoer 9

Veilige veevervoer: Nic Sleepwaens loop los voor

9

Veeboerdery 11 Dis moontlik: Jy kan jou lampersentasie dramaties opstoot!

11

Copyright © 2010. All rights reserved. No material, text or photo graphs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.

Bemarkers Anelda Strauss > 083-748-3413 anelda@smartpublishing.co.za Mabel Schmahl > 082-563-4427 mabel@proagri.co.za Verkoopbestuurder Anneke Claassen > 083-301-9134 anneke@smartpublishing.co.za Uitleg en grafika Esta van Niekerk esta@proagri.co.za Taalversorging Mediadienste

ProAgri-kalender dien die boer regdeur die jaar

Rekeninge en intekening Paula MacMavis > 012-362-6390 paula@proagri.co.za

pesiale behoeftes vereis ’n spesiale kalender. Daarom is ProAgri se Landboukalender spesiaal saamgestel om die boer elke dag van die jaar te dien met nuttige inligting en ruimte vir sinvolle beplanning. Al wat jy moet doen, is om ’n spyker in jou muur te kap om hom aan op te hang en siedaar – die volle voordeel van die ProAgrikalender is heel jaar lank joune.

S

Perfek vir landbouverskaffers Die beste plek vir ’n landbouverskaffer om te wees is onder die boer se aandag en die plek waar jy dit die beste en langste regkry, is op ProAgri se Landboukalender. Knap duskant 60 000 eksemplare van ProAgri se 2011 Landboukalender word aan aktiewe kommersiële boere gestuur. Jou advertensie in die Landboukalender bereik dus duisende boere en bly lank onder hulle elkeen se aandag. Die Landboukalender het plek vir groot, kleurige vertoonadvertensies, kleiner vertoonadvertensies en inskrywings op spesifieke dae. As jy vanjaar hierdie waardevolle advertensiegeleentheid misgeloop het, praat nou met Stefan van Wyk by 082-381-7563 of 051-446-0789 om seker te maak dat 2012 vir jou ’n suksesjaar is. www.proagri.co.za

Senior bemarker Stefan van Wyk > 082-381-7563 stefan@agritrader.co.za

Gedruktemediabestuurder Suzanne Rall suzanne@smartpublishing.co.za Sakebestuurder George Grobler george@smartpublishing.co.za Business-to-business magazine (April – June 2010) with a free circulation of 59 341 per month (Paid 12, Total 59 353)

SMARTPUBLISHING MASS MEDIA SPECIALISTS

Tel/fax: 012-362-2732 1218 Arcadia st, Hatfield, Pta www.smartpublishing.co.za

ProAgri 131 - Desember / December 2010

3


Meganisasie

Dis in ’n kits die beste vir jou diere op...

met Jupidex se Taarup 614-voermenger inniger, deegliker, egaliger, betroubaarder – dis hoe Jupidex se Taarup 614-voermenger werk om vir die diere die akkuraatste rantsoen en vir die boer die grootste wins op te dis. Een van die talle tevrede boere wat so sê, is Johan Grobbelaar van Driekoppies Boerdery naby Petrusburg. Die Grobbelaars boer met koring en mielies, maar hulle rond ook hulle eie beeste af en koop skape in wat hulle vetmaak en dan weer verkoop. In hierdie bedrywigheid speel ’n voermenger ’n sleutelrol en daarom is Johan met net die beste tevrede: Jupidex se Taarup 614. En dis nie sommer net praat nie: Driekoppies het sy Taarup 614 nou al vier jaar en in al dié tyd het nie ’n enkele dier nodig gehad om ’n enkele dag honger te ly, soos meer as een keer die geval met sy vorige menger was, nie. Om op ’n Sondag met ’n graaf te staan en sukkel terwyl ’n uitgevrete voermenger ledig vir jou staan en kyk, is nie goed vir ’n boer se bloeddruk nie. Daarom het Johan die Taarup met sy beter ontwerp, sy beter manier van lewering en sy beter vakmanskap aangeskaf. Boonop bespaar die Taarup hom ’n wavrag vol tyd en diesel. Waar die vorige voermenger twee uur gestaan en diesel suip het om ’n redelike vermenging te behaal, kerf en meng die Taarup enige voer perfek in omtrent ’n agste tot ’n kwart van dié tyd. Daarvoor gebruik hy twee stewige awegare wat gladweg op onderhoudvrye Ultra Glide-laers loop. Sy dryfkettings en kettingratte loop in ’n oliebad om ’n gladde werking en ’n eindelose lewe te verseker.

V

Johan Grobbelaar van Driekoppies Boerdery naby Petrusburg is oortuig dat sy seun, Hennie, nog net soveel nut uit hierdie taai, betroubare Taarup-voermenger van Jupidex sal put as wat hy vandag doen. Regs van sy gesig is die sif waar konsentrate ingegooi kan word. www.proagri.co.za

Die Taarup 614 is die beste, doeltreffendste, vinnigste, duursaamste voermenger wat hulle nog ooit gesien het, sê Dirk Rossouw van Jupidex en Willie Dreyer en Tinus Fourie van Driekoppies Boerdery. Hierdie voermenger speel ’n sleutelrol in die boerdery se veekomponent en het in vier jaar nog nooit ’n enkele bees of skaap vir sy kos laat wag nie. Die kontradraaiende awegare werk die materiaal onverbiddelik na die middel van die menger, vanwaar dit na bo styg, na die kante beweeg, teen die wande afdaal en weer na die middel gevoer word. 148 lemme, elkeen met drie snyvlakke, is aan die awegare gemonteer om die materiaal netjies en skoon teen ’n gesegmenteerde snyerstaaf te kerf. In die vier jaar wat Driekoppies se Taarup elke dag tot 8 ton voer en lek meng, is die lemmetjies nog nie een keer aangedraai nie. Hulle eerste snyvlakke is nog heeltemal skerp. Dit beteken dat Johan meer as 12 jaar diens uit een stel lemme gaan kry. Dit is vir Johan baie belangrik dat lek en voer deeglik gemeng moet word om te verseker dat elke dier presies die regte rantsoensamestelling kry. Die Taarup meng enigiets: lusern, koring- of mieliehooi, gras in enige vorm en grootte baal, kuilvoer, meel, konsentrate, melassestroop, minerale, gooi maar in – hy weeg alles akkuraat en sy pens hou ’n allemintige 14 kubieke meter wat hy in ’n japtrap alles presies kerf en meng. Die onderkant van die mengkamer is van roesbestande Cor-Ten-staal gemaak en met Ultra-Glide-plastiek uitgevoer om wrywing tydens die mengaksie te verminder en die mengkamer se lewe te verleng. Hierdie flink mengaksie bespaar natuurlik ’n magdom diesel teenoor die vorige menger wat twee uur lank moes staan en sukkelmeng. ’n Boer kan beswaarlik ’n operateur bekostig wat ’n

trekker twee uur lank moet staan en oppas en ’n mens kan tog nie die trekker onbewaak laat staan en loop nie. Johan se Taarup meng die volle 14 kubieke meter in net tien minute. Vir melkboere, wat growwer voer verkies, kan die tyd selfs korter wees. Die Taarup 614 vra so tussen 60 kW en 76 kW trekkerkrag en ’n mens sukkel nie, soos met Driekoppies se vorige menger, knaend met goed wat verstop en vasdraai en nie wil uittap nie. Die Taarup 614 het twee aftappunte; een links vir op die grond en een regs vir enige hoogte trog – en hy verstop nooit. Dis lekker en maklik om met die Taarup 614 te werk, sê Johan. Hy vereis baie min onderhoud en enigeen kan dit doen. Hy beveel Taarup beslis vir ander boere aan. Jupidex bied die boer drie Taarupmengermodelle: Die 608 wat 8,5 kubieke meter hou, die 610 wat 10,5 kubieke meter hou en die 614 soos Driekoppies s’n, wat 14 kubieke meter hou. Jupidex staan gereed om elke boer in die land van net die beste voermengers, raad en diens te voorsien. Praat met Jupidex se streeksbestuurder vir die Vrystaat en NoordoosKaap, Dirk Rossouw, by 082-448-1511, of met die produkbestuurder, Terry Alexander, by 082-449-8116 of 033-345-2733. Daar is ’n Jupidex-handelaar naby aan jou.

ProAgri 131 - Desember / December 2010

5


Meganisasie

Duitse tegnologie: Gou, goedkoop, doeltreffend

Sit peste op hul plek met Degesch se pulsFOG-verstuiwers

ie gunstige groei-omstandighede wat jou kweekhuis, tonnel of nethuis vir jou plante skep, is net so gunstig vir peste en plae om vooruit te boer. Dit kan ’n probleem skep, want dis vir enigeen ’n onaangename taak om met ’n gewone spuit in ’n bedekte gebied te werk om hulle te probeer bestry. Tot 80% van die spuitstof kan van die plante afloop en in die grond beland, waar dit die nuttige grondlewe doodmaak en die grondwater besoedel. Boonop skuil peste en kieme onder blare en teen dakstrukture waar jy hulle nie met ’n gewone spuit bykom nie en die groot volume water wat vir die metode vereis word, bevorder swamsiektes en vlek produkte.

D

pulsFOG doen dit reg Maar slegte nuus vir peste, plae en kieme, is dat plaagbestrydingsmiddels, toegedien met een van pulsFOG se ULV (ultra lae volume)-masjiene, geen ontsnapkans bied nie. Hierdie tegniek berus op die beginsel dat die water-spuitstofmengsel tot klein misdruppeltjies verstuif word, so 10 μm groot. Sou jy een liter vloeistof in sulke klein druppeltjies opbreek en dit egalig oor ’n oppervlak van 1 hektaar versprei, dan sal daar teoreties so 19 000 druppeltjies op elke vierkante sentimeter beland. Dit is hoekom jou spuitoplossing met hierdie metode tot ’n honderdste verminder kan word sonder om die

doeltreffende werking daarvan te verminder. Met pulsFOG-toerusting is volumes van 1,5 tot 2 ℓ/1 000 m2 doeltreffend. Maklik om te gebruik Met hierdie tegniek hoef jy nie moeisaam elke plant en blaar te probeer bespuit nie. Nee, jy plaas bloot jou pulsFOG-verstuiwingspuit in die tonnel of nethuis en skakel hom aan. Die spuitmiddelmis wat hy uitblaas, dwarrel in die ingeslote ruimte rond om letterlik elke hoekie en skeurtjie te bereik. As jou kweekhuis te groot is, help jy die dwarreling met waaiers aan volgens die resep en patroon wat pulsFOG se kenners vir jou gee en siedaar – jou stryd is binne minute gewonne! Een werker met ’n K-30 termiese misspuit kan ’n kweekhuis van ’n hektaar binne ’n uur doeltreffend behandel teen ’n tempo van 3 tot 5 minute per 1 000 m2. Veelsydige aanwending PulsFOG het ’n misspuit vir elke moontlike toepassing. Die termiese misspuite werk volgens die pulssproeierbeginsel. Buiten ’n vergasserdiafragma wat die pulse voortbring, het dit geen bewegende dele nie. Dis hierdie misspuit wat die afgelope 40 jaar die tier was van blaaspootjie, witvlieg, blaarmyner, poeieragtige skimmel en botritis.

Die ULV (ultra lae volume)-metode bereik nie net alle verskuilde peste nie, maar dit skakel ook spuitstofvlekke op produkte uit en bespaar tot 90% van die tyd wat andersins aan bespuiting bestee is. Boonop is dit meer omgewingsvriendelik en veiliger vir werkers. PulsFOG is ook perfek vir die ontsmetting van dierebehuising soos hoender- en varkhokke, en vir die beheer van insekte soos muskiete, huisvlieë, sandvlieë, bytende muggies, tsetsevlieë, swartvlieë, kokkerotte en miere. Daar is nie ’n beter manier om peste, plae en kieme in tonnels, nethuise, kweekhuise en dierebehuising te bestry as met pulsFOG se verstuiwingstoerusting nie – en daar is ’n masjien vir elke taak. Moenie verder sukkel nie. Praat vandag nog met Eddie Engelbrecht van Degesch by 082-450-9199 en wen jou oorlog teen peste en plae – maklik, gou en doeltreffend. Jy kan hom ook e-pos by eddiepest@absamail.co.za. of besoek www.degesch.co.za. Degesh is mense wat die boer verstaan. Degesch SA (Edms) Bpk is die agent vir pulsFOG, en beskik oor ’n volledige dienssentrum en onderdelereeks. Degesch is ook die vervaardiger en verspreider van PhostoxinR

So dwarrel ’n statiese pulsFOGmisspuit met behulp van ’n waaier sy spuitmiddelmis deur ’n kweekhuis om elke hoekie en krakie te bereik.

www.proagri.co.za

ProAgri 131 - Desember 2010

7


Boer vir meer met

Vitamech

Stroop elke pit!

Pickett One Step™ Ahead Die bobaas-bone-uithaler • Monteer voor aan die trekker sodat jy kan sien wat jy doen en nie jou bone vertrap voor jy hulle uithaal nie • Haal skoon uit en pak netjiese windrye in een beweging • Eerste snystaaf werk onder die grond; tweede snystaaf trek bone uit; vingers pak bone op vervoerband en vervoerband pak netjiese windrye. • Minimum vermorsing • Dieptewiele verseker presiese staafdiepte. • Grooes: 4-ry 30''; 6-ry 30'', 6-ry 36'', 8-ry 36''.

MacDon FD70 Flexdraper-stropertafel stoot produkwiteit op met tot 40% of meer

MacDon FD70 Flexdraper

Kontak Jurie Swart: 083-375-8840 Louis van der Merwe: 072-626-8409

Geniet die voordele van Vitamech se wye handelaarsnetwerk en flink, kundige diens. 021-907-8000

• Haal die beste uit enige stroper • Ideaal vir hoëvolume gewasse • Perfek vir laagdraende sojabone, bone, lensies en ertjies • Skakel pitverlies grootliks uit • Volg grondkontoer met drie segmente (speling 254 mm op punte) • Behou afstand tussen mes en spoel vir skoon snywerk • Vervoer materiaal sagkens maar ferm op band na stroperbek • Beskikbaar in 9,1 m, 10,7 m, 12,2 m, 13,7 m • Wen American Society of Agricultural and Biological Engineers se AE50-toekenning

www.vitamech.co.za


Vervoer

Veilige veevervoer:

Nic Sleepwaens loop los voor

Nic Sleepwaens se nuttige kombinasiesleepwa het ’n onderstel van 5,5 ton met 16-duimwiele en vervoer 4 perde, 5 beeste, 50 skape of 25 varke – veilig, maklik en jaar na jaar na jaar. Saam met die wa kom ’n stel stewige dwarspype (sprakke) wat op verskillende plekke dwarsdeur die wa gedruk kan word om diere op die wa te rangskik presies soos jy wil hê om wipplankryery en swaaiery uit te skakel. ie perfek geskikte dierevervoermiddel tydens sondvloedtoestande was Noag se ark. As jy vandag ’n vrag waardevolle diere veilig en maklik wil vervoer, is jou antwoord volstrek die gedugte, veelsydige Nic-veesleepwa. Wil jy af en toe ’n tollie of twee of ’n paar sponskussings aanry, dan is ’n gewone sleepwa heeltemal geskik vir jou doel, maar as jy elke dag vragte vet vee ver oor moeilike paaie wil vervoer, het jy ’n professionele, gevorderde, duursame sleepwa nodig: ’n regte veesleepwa van Nic-sleepwaens. Noag sou sy hande saamgeslaan het oor die doelmatige manier waarop Nicsleepwaens diere vervoer. Vir die veelsydige boer, of die boer wat ook, soos dit ’n fatsoenlike mens betaam, soms vir sy buurman ’n aanrytaak verrig (natuurlik teen betaling), is daar die Nic-kombinasieveesleepwa wat 4 perde, 5 beeste, 50 skape of 25 varke kan vervoer – elke soort dier presies volgens sy eie aard en voorkeur. Nic-sleepwaens het natuurlik ook ander veesleepwaens van verskillende groottes en ontwerpe; elkeen perfek geskik vir die diere wat jy wil vervoer, soos ’n toegewyde bulsleepwa waarop jy vier bulle van 800 kg elk kan vervoer, elkeen in sy eie afskorting. Die gerief en veiligheid van jou waardevolle diere is vir Nic-sleepwaens

D

s

www.proagri.co.za

baie belangrik. Daarom word net die doeltreffendste glymatte (rubber of staal na jou keuse), hekke en hekknippe, tussenskotbalke en oploopblaaie gebruik. Die tussenskotbalke (sprakke) kan jy van die veiligheid buite die wa op ’n aantal verskillende plekke deursteek om diere te hou presies waar jy hulle wil hê. Nic-sleepwaens is van ronde pyp vervaardig, wat die moontlikheid van beserings drasties verminder omdat dit nie skerp hoeke het nie. Dit verminder ook windweerstand. Nic-sleepwaens is so ontwerp dat diere nie kan uitspring of in die raamwerk kan vashaak nie en hulle gevorderde rubberveerstelsel skakel die oordrag van padvibrasie uit sodat diere kalmer en rustiger bly terwyl hulle vervoer word. Hierdie duursame veerstelsel sorg ook dat die swaartepunt teen enige belading presies reg bly om perfekte padhouvermoë te verseker. Nic-sleepwaens spog met die beste staal, die beste ontwerp, die beste veer-, rem- en ligtestelsels, die beste padhouvermoë en die langste lewe. Dit alles plaas Nic-sleepwaens in ’n klas

van hulle eie – ligjare voor die res. Dit is ook geen wonder dat ’n tweedehandse Nic-sleepwa altyd ’n besonder hoë inruilprys behaal nie. Eienaars van Nic-sleepwaens verklaar dat hulle nog nooit ander sleepwaens teëgekom het wat so perfek gebalanseerd is en so sonder rondswaai sleep nie; dat hulle nog nooit sleepwaens met sulke sterk onderstelle en sulke uitmuntende veerstelsels gesien het nie; dat hulle nog nooit ander sleepwaens gesien het wat so eindeloos nuut bly nie; en dat sleepwasleep pure plesier is solank dit ’n Nic-sleepwa is wat jy sleep. Maar Noag het nie net plaasvee gehad om op te laai nie, en ook hier sou Nic-sleepwaens so reg in sy smaak val. Nic-sleepwaens maak ook spesiale sleepwaens vir die vervoer van allerlei soorte wild – tot kameelperde, renosters en krokodille. Die reeks van 147 modelle sluit in sleepwaens vir motors, vierwielmotorfietse, helikopters en brandbestryding. Daar is tenksleepwaens, platbaksleepwaens, enkel- en dubbelassleepwaens, klein-, middelslag en groot sleepwaens – en pasgemaakte sleepwaens spesiaal vir jou doel as daar nie een in die reeks is wat perfek aan jou behoeftes voldoen nie. Maar daar hou die goeie nuus nie op nie: Daar is ’n agent van Nic-sleepwaens naby aan jou – ’n hele 114 van hulle regoor die land. Besoek www.nictrailers.co.za om te sien wie die naaste een is. Vir die perfekte professionele sleepwa, praat vandag nog met Nic Sleepwaens se vriendelike mense by 018-673-0224 of 082-859-0904 of info@nictrailers.co.za. Dis wat Noag sou gedoen het as hy sy diere oor land moes vervoer.

Dis enige perd se droom om met Nic-sleepwaens se spesiale perdewa vervoer te word. Benewens sy kombinasiesleepwaens het Nic-sleepwaens ’n spesiale sleepwa vir bykans elke soort dier wat Noag op die ark gehad het. ProAgri 131 - Desember / December 2010

9


Veeboerdery

Dis moontlik: Jy kan jou lampersentasie dramaties opstoot! Dr Jasper Coetzee, Voermol Voere ampersentasie kan reeds met die volgende lamseisoen betekenisvol verhoog word deur die gelyktydige toepassing van die korrekte en doeltreffende bestuur-, voeding-, seleksie- en telingspraktyke. Met seleksie vir vrugbaarheid kan maksimum 2% vordering per jaar gemaak word (Land, 1979), maar die gelyktydige toepassing van voorgenoemde praktyke kan die lampersentasie, afhangend van hulle huidige lampersentasie en die reproduksiepotensiaal van die ooie, met tot 20 tot 36% of selfs meer verhoog (Hunt, 2010).

L

Vervangingsooie Met speen moet die klein enboepenslammers, asook dié met definitiewe prulfoute, geprul word. Maak soveel ooilammers as moontlik groot; paar almal; skot alle droë jongooie na aftasting uit; klas die dragtige jongooie eers na aftasting op grond van bouvorm- en woleienskappe en skot dié wat nie aanvaarbaar is nie uit totdat die gewenste getal bereik word. Om vrugbaarheid en tweelinggeboortes by jongooie te maksimeer, moet toegesien word dat jongooie hulle kritieke paringsmassa [80% van volwasse massa (Graaf, 2010) met paring op 12 maande en jonger en 90 % as hulle ouer as 12 maande is] bereik. Ooilammers moet vanaf speen tot eerste paring ’n kragvoeraanvulling (700 kg gemaalde mielies of garspitte + 200 kg Voermol SS 200 + 50 kg Voermol Procon + 40 kg Voermol-melassemeel) teen so ’n peil ontvang dat hulle hulle teikenparingsmassa met eerste paring bereik. Paar jongooie in ’n aparte trop met 4% ervare ramme. Teelramme Gee voorkeur aan ramme wie se moeders die meeste lammers per lamkans gespeen het; hulle moeders se OPI (ooiproduksie-indeks) moet positief wees, hoe groter hoe beter, terwyl die geselekteerde ram se TWW-waarde (totale massa lam gespeen) ook positief moet wees, hoe groter hoe beter (Brynard, 2010). Spuit ramme drie maande voor die paarseisoen in met Multimin, Vitamien A en Vitamien E. Voer teelramme vanaf twee maande voor die paarseisoen hoë vlakke deurvloeiproteïen om testikelgroei en spermproduksie te maksimeer en ramme in ’n uitstekende kondisie te kry. Voer teelramme Voermol Superlamkorrels of ’n SS 200-gebaseerde aanvulling www.proagri.co.za

(575 kg gemaalde mielies of garspitte + 200 kg Voermol SS 200 + 150 kg Voermol Procon + 80 kg Voermol Melassemeel) teen 500 tot 1 500 gram/ram/dag op voldoende weiding of saam met ad lib lusernhooi. Doseer ramme twee tot drie keer per week met 25 ml koringkiemolie. Vermy die gebruik van oorvet en onfikse ramme deur hulle vanaf twee maande voor die paarseisoen te oefen om hulle topfiks te kry. Toets teelramme vier tot ses weke voor die paarseisoen vir vrugbaarheid, geslagsiektes en dekbehendigheid. Doseer hulle terselfdertyd met ’n doeltreffende doseermiddel en ent hulle met 'n multiklostridiale-entstof. Toekenning van te veel ooie aan ’n ram kan veroorsaak dat daar minder tweelinge is. Waar drie ramme per 100 ooie gebruik is, was die speenpersentasie 8% hoër as waar slegs twee ramme per 100 ooie gebruik is. Die ideale wollengte met die aanvang van die paarseisoen is drie tot vier maande wolgroei (Graaf, 2010). Teelooie Prul alle droë ooie, asook dié wat lam maar nie ’n lam speen nie. Dié met lae OPI-syfers moet ook uitgeskot word (Brynard, 2010). Om die hoogste lampersentasie te verseker, moet teelooie in 'n uitstekende kondisie (minstens 3,5 kondisiepunt) wees, asook in massa toeneem met die aanvang van die paarseisoen. Die kondisie van die ooie met die aanvang van die paarseisoen is die belangrikste bepalende faktor van reproduksietempo van ooie (Hunt, 2010). Energie (oftewel vetheid) dryf

reproduksie (Adams et al, 2005), met ander woorde, hoe beter die kondisie van die teelooie tydens paring, hoe hoër is die lampersentasie (Ferguson et al, 2007). Soos die kondisiepunt van teelooie van 2,7 na 3,3 verbeter het, het die aftaspersentasie van 103 na 130% toegeneem (AWI, 2009). Ooie wat met paring 55 kg geweeg het, het ’n 45% hoër ovulasietempo gehad as dié wat 40 kg geweeg het, terwyl dit met nog 11% kan toeneem indien hierdie ooie in massa toeneem met die aanvang van die paarseisoen (Rowe, 2003). Vir elke 1 kg wat 'n ooi swaarder is met paring, neem die lampersentasie met ± 1,5 tot 2,5% toe (Downing & Scaramuzzi, 1991). Optimale voeding van die teelooi is die heel belangrikste faktor wat ’n hoë lampersentasie verseker (Hunt, 2010). Meer as 70% van ’n skaapkudde se reproduksieprestasie word deur voeding bepaal (Rowe, 2005). Die jongste navorsing toon dat dit ekonomiese geregverdig is om alle ooie wat die vorige lamseisoen tweelinge gelam het, ongeag hulle kondisie, asook jong ooie, vanaf drie weke voor die paarseisoen vir minstens ses weke prikkelvoeding te gee. Die res van die teelooie word slegs prikkelvoeding gegee indien hulle skraal (kondisiepunt van minder as 3), is. Die beste prikkellek (300 tot 400 g/ooi/dag) is Voermol Maxiwolproduksiekorrels, maar die ander Maxiwolprodukte gee ook goeie resultate. Spuit ooie ongeveer vier weke voor die paarseisoen met Multimin, asook tamien A en E, doseer met ’n doeltreffende doseermiddel en ent met ’n multivervolg op bl 13

Lammers net waar jy kyk! Daar is verskeie strategiese en praktiese riglyne wat skaapboere kan volg om 'n hoë lampersentasie volgende lamseisoen te verseker (Hunt, 2010). ProAgri 131 - Desember / December 2010

11


vanaf bl 11 klostridiale-entstof. Indien enting slegs een maal per jaar geskied, moet dit in laatdragtigheid gedoen word. Om embrionale resorpsie en fetale afsterwing te voorkom, moet teelooie nie vir die eerste maand nadat die ramme uitgehaal is hanteer word nie.

lampersentasie in Suid-Afrikaanse skaapkuddes. Volgens Curnow (1987), begin ’n ooi se hittesiklus die volgende teelseisoen al hoe later hoe meer massa sy na lam, veral gedurende die eerste ses weke van laktasie, verloor.

Koggelramme Deur die teelooie vir nege dae voor die paarseisoen met hoë libido-koggelramme (byvoorbeeld Afrikaners, Afrino’s, ensovoorts) te koggel, kan die meerlinggeboortes betekenisvol verhoog word omdat hulle die ooie tot ’n hoër ovulasietempo stimuleer. Waar Merino-ooie in die lente voor die paarseisoen met Afrikanerkoggelramme gekoggel is, is die meerlinggeboortes met gemiddeld 19 tot 21% (King et al, 1989) verhoog en wanneer hulle in die herfs gekoggel is, was die verhoging 14,4% (King, 1994).

Kunsmatige verhoging van lampersentasie Die lampersentasie van ooie kan dramaties verhoog word deur die ooie met vaginale sponse te sinchroniseer en dan DMS met sponsonttrekking te spuit. Aangesien te hoë dosisse DMS tot ongewenste getalle drie-, vier- en selfs vyflinge kan lei, moet dit met omsigtigheid gedoen word en moet die dienste van ’n kundige veearts gebruik word. Waar sponse en DMS gebruik word, gaan die ooie oor ’n baie kort tyd (3 tot 5 dae) op hitte kom. Die beste is om hierdie ooie kunsmatig te insemineer of, indien genoeg ramme beskikbaar is, kan handdekking gedoen word. Die verhoging in lampersentasie wat met sponse en DMS bewerkstellig word, is nie permanent nie, met ander woorde dit moet elke paarseisoen gedoen word anders keer dit weer terug na die vlak waar dit was.

Het voeding van lakterende ooie ’n invloed op lampersentasie? Dit blyk dat goeie voeding gedurende laktasie ’n oordrageffek het wat die daaropvolgende lampersentasie verhoog (Jefferies, 1984). Onvoldoende voeding van lakterende ooie gedurende die eerste twee maande na lam, wat meer as 10% liggaamsmassaverlies tot gevolg het, is waarskynlik een van die belangrikste redes vir ’n lae

voedingspeil te alle tye gehandhaaf word en dit word hoogs aan beveel om lamhokke te gebruik. Skakel die plaaslike veearts oor die immunisering van ooie teen ensoötiese aborsie en slenkdalkoors. Indien die ooie die eerste maand nadat die ramme uitgehaal is nie hulle massa handhaaf nie, moet ’n produksielek verskaf word. Die hoogste besetting en meerlinggeboortes word verkry indien die ooie gedurende die aktiewe geslagseisoen (Maart tot April) gepaar word (Hunt, 2010). Waar buite die aktiewe geslagseisoen gepaar word, is die gebruik van koggelramme en prikkelvoeding ononderhandelbaar om ’n hoë lampersentasie te verseker. Indien die besetting van die ooie minder as 90% is, moet ondersoek onverwyld na moontlike vrugbaarheidsprobleme ingestel word (Hunt, 2010). Wanneer die lammers gespeen word, moet die ooie op grond van hulle kondisie in twee groepe (skraal en goed) verdeel word. Die skraler ooie (kondisiepunt van minder as 3) moet in ’n aparte trop op beter gehalte weiding geplaas word om te verseker dat hulle met paring in ’n goeie kondisie (minstens 3) is (Hunt, 2010). Ooie moenie korter as vier weke voor die paarseisoen geskeer word nie omdat dit die lampersentasie kan verlaag.

Algemeen Indien die lampersentasie drasties verhoog word, moet ’n hoë bestuur- en

Beveilig jou:

Ingevoer deur:

Sizwe Group Spilpunt

012-657-5300

Trekkers

Store

Boere kan self inspring met ’n Videofied-kamerastelsel Buite-ogie +

Residensiële en Klein Kommersiële Koordloos/draadloos Onmiddellike installasie Afstandbeheerde ProxCard Aktivering 4-jaar Batterylewe

Simkaart +

Paneel

Gratis montering vir 12 maande

vanaf

R 8 095

Beskikbaar by:

Bertus Myburgh 084-516-3550 sales@in-motion.co.za

www.proagri.co.za

Buks le Grange 082-785-1846 quadro4@quadrosecurity.co.za

Rob 082-824-6755 rob@securityviewer.co.za

ProAgri 131 - Desember / December 2010

13


14

ProAgri 131 - Desember / Deember 2010

www.proagri.co.za


www.proagri.co.za

ProAgri 131 - Desember / Deember 2010

15


agrilag

deur Dom boer

Neem kennis! Verbyganger aan boer: “Hoekom het jy nie ’n trekker om mee te ploeg nie?” Boer: “Ek het twee trekkers in die skuur.” Verbyganger: “Nou hoekom span jy dan ’n bul voor die ploeg in?” Boer: “Ek probeer hom leer dat die lewe uit meer as romanse bestaan.” Kille logika ’n Man ry op Vrydag die dorp binne, bring drie dae daar deur en vertrek weer op Vrydag. Hoe is dit moontlik? Sy perd se naam is Vrydag. Boer: “Dokter, ek eet soos ’n perd, werk soos ’n esel en slaap soos ’n os, maar ek voel so siek soos ’n hond.” Dokter: “Is jy seker jy moes nie liewer ’n veearts geraadpleeg het nie?” “My papegaai lê vierkantige eiers.” “Merkwaardig! Kan hy praat ook?” “Ja, maar net een woord.” “Wat?” “Eina!” Gas: “Hierdie sop smaak snaaks.” Kelner: “Nou waarom lag jy dan nie?” Heinie: “Eienaardig hoe baie hedendaagse meisies nie wil trou nie.” Hennie: “Wat laat jou so sê?” Heinie: “Ek het hulle gevra.” Oeps! Advertensie in koerant: Te koop: Opregte Boerboel. Goeie waghond. Eet enigiets. Baie lief vir kinders. Toe klein Gerrie dieretuin toe was, was hulle baie kwaad vir hom oor hy die ape gevoer het. Hy het hulle vir die leeus gevoer. Gas: “Kelner, daar’s ’n vlieg in my sop.” Kelner: “Dis nie ‘n vlieg nie – dis die vorige ou wat gekla het. Die kok is ’n toordokter.” Onregverdige ou wêreld! Ma: “Waarom het die onderwyser jou geslaan?” Pietie: “Oor die seun langs my gerook het, Ma.” Ma: “Maar hoekom slaan hy jóú oor hý gerook het?” Pietie: “Want ek het hom aan die brand gesteek, Ma.” Die reine waarheid Koos doen aansoek om werk as ’n plaasarbeider. Boer: “Jy moet fiks wees. Het jy enige siektes gehad?” Koos: “Nee, niks.” Boer: “Enige ongelukke?” Koos: “Nee, niks.” Boer: “Maar jy kom hier aan op krukke. Jy moes tog seker ’n ongeluk gehad het?” Koos: “O, dit? Die bul het my gegaffel – maar dit was nie ’n ongeluk nie. Hy het dit aspris gedoen.” Eina! Die stadjapie koop ’n perd by die boer, maar kom kla na ’n maand: “Die perd is fluks en vinnig en ry lekker, maar hy laat die heeltyd sy kop hang. Daar moet tog iets fout wees met hom.” “Toe maar,” antwoord die boer, “dis maar net sy trots. Sodra hy betaal is, sal hy sy kop hoog hou.” 16

ProAgri 131 - Desember / December 2010

www.proagri.co.za


www.proagri.co.za

ProAgri 131 - Desember / December 2010

17


AgriTrader

Advertensiediens vir die boer Advertising service for the farmer 60 000 eksemplare na aktiewe kommersiĂŤle boere landswyd

AgriTrader is ʼn uitstekende bemarkingsmeganisme om kopers en verkopers van lewendehawe, trekkers, voertuie, werktuie, en alle ander landboutoerusng by mekaar uit te bring. Veeveilingsadvertensies in AgriTrader lok wye reaksie uit, probeer dit gerus. Vir die mees bekosgbaarste advertensie-tariewe in Suid-Afrika, skakel:

(Bloemfontein) (Pretoria)

082-381-7563 | 051-446-0789 083-748-3413 | 012-362-6390

stefan@agritrader.co.za anelda@smartpublishing.co.za

AgriGids

Stefan van Wyk Anelda Strauss

20

ProAgri 131 - Desember / December 2010

www.proagri.co.za


AgriGids

www.proagri.co.za

Pr o A g r i 131

- D e se m be r / D e c e m ber 2 0 1 0

21


AgriGids 22

ProAgri 131 - Desember / December 2010

www.proagri.co.za


AgriGids

www.proagri.co.za

Pr o A g r i 131

- D e se m be r / D e c e m be r 2 0 1 0

23


Veeboerdery

Beefmaster: Die ras word so groot want die beeste groei so geil amate die kosteknyptang knel, skakel al hoe meer beesboere oor na Beefmaster en Beefmaster-kruisings. Dis ook geen wonder nie, want dié ras is sorgvuldig geteel en word steeds verbeter vir die winsgewendste vleisproduksie.

N

Die Beefmaster-veilingsuitslae van 2010 vertel ’n storie van volgehoue groei: Bos Blanco veiling van vroulike diere 11 Februarie 2010 BW Staal Gemiddelde pryse: Koeie met kalwers: R19 100 Dragtige koeie: R12 800 Dragtige verse: R12 600 Duurste koei met kalf: R38 000 gekoop deur J Theron Duurste dragtige vers: R17 500 gekoop deur M Louw Nooitverwacht Beefmaster 14 April 2010 Kerneels, Gerrie en Rienie van Rensburg Gemiddelde pryse: Bulle: R30 928 Koeie met kalwers: R7 416 Verse: R7 391 Duurste bul: R48 000 gekoop deur N Heydenrych Diadem en Considerata 8 Junie 2010 Frieda de Jager en Johan van der Nest Gemiddelde prys vir 32 bulle: R33 800 Duurste bul: R90 000 gekoop deur Grassfields Farming Beefmaster Nasionale Veiling 14 Julie 2010 Gemiddelde pryse: Bulle: R29 404 3 in 1 vroulike diere: R16 714 Koeie met kalwers: R11 666 Dragtige verse: R10 369 Verse: R12 500 Semen: R251,32 Duurste bul: R60 000 gekoop deur CAJ van Rensburg Duurste 3 in 1: R22 000 gekoop deur Sedona Konstruksie Duurste koei met kalf: R16 000 gekoop deur HA van Biljon Duurste dragtige vers: R15 000 gekoop deur JG de Kock Duurste vers: R18 000 gekoop deur JG de Kock Duurste semen (BOS07 7406): R400 per strooitjie gekoop deur GF Scheepers Trigon Beefmastergroep 20 Julie 2010 Jannie Ungerer, Willem en Sarie Pieterse Gemiddelde pryse: Bulle: R21 333 Koeie met kalwers: R10 300 Dragtige verse: R8 800 Oop verse: R7 000 Duurste bul: R28 000 gekoop deur G Janse van Rensburg Noordwes-Beefmasterveiling 22 Julie 2010

24

Noordwes-klub, Lichtenburg Gemiddelde pryse: Bulle: R24 010 Koeie met kalwers: R11 143 Dragtige koeie: R9 667 Dragtige verse: R8 068 Duurste bul: R36 000 gekoop deur Paul en Danie van der Walt Human Beefmasters 27 Julie 2010 Piet en Marika Human Gemiddelde pryse: Bulle: R23 000 Verse: R7 500 Duurste bul: R37 500 gekoop deur B Meyer Central Beefmaster Sale 29 Julie 2010 Ottershaw & Wesminster Estate Gemiddelde pryse: Bulle: R20 000 Vroulike diere: R7 900 Trimaster-veiling (eerste) Heilbron 30 Julie 2010 Trimaster-groep Gemiddelde pryse: Bulle: R21 444 Koeie met kalwers: R8 100 Dragtige verse: R7 300 Duurste bul: R29 000 gekoop deur Jan Marais 4 x 4 Beefmasters 3 Augustus 2010 GF Scheepers Gemiddelde prys vir 48 bulle: R50 100 Duurste bul: R135 000 gekoop deur L Kleynhans van Louca Beefmaster Hoogste prys vir ’n vroulike dier: R14 700 gekoop deur Thys Verster Beefmaster Alliance Nigel 5 Augustus 2010 Alliance-groep Gemiddelde pryse: Bulle: R25 771 Vroulike diere: R9 363 Duurste bul: R58 000 gekoop deur dr C Badenhorst Elmic Beefmasters 10 Augustus 2010 Mike en Elma Nicolau Gemiddelde prys vir bulle: R27 400 Hoogste prys vir ’n bul: R47 500 gekoop deur C Potgieter

Die duurste bul wat op die Nasionale Beefmaster Veiling verkoop is

ProAgri 131 - Desember / December 2010

Bos Blanco 11 Augustus 2010 BW Staal Gemiddelde prys vir bulle: R37 930 Hoogste prys vir ’n bul: R135 000 gekoop deur Hans en Marius Moolman Shawe Beefmaster Sale 12 Augustus 2010 Donuil Shaw Gemiddelde pryse: Bulle: R31 500 Vroulike diere: R8 600 Duurste bul: R37 000 gekoop deur De Villiers en Johan Meintjes Sandspruit Beefmasterveiling 17 Augustus 2010 Sandspruit Gemiddelde pryse: Bulle: R24 420 Vroulike diere: R7 896 Duurste bul: R46 000 gekoop deur M Lee en T Stretton Duurste vroulike dier: R8 000 gekoop deur A Reabow Petana Oktavia 17 Augustus 2010 Peet Koekemoer, Petie Koekemoer, Connie van Vuuren, Jan Schoeman Gemiddelde pryse: Bulle: R25 187 Vroulike diere: R9 640 Verse: R7 619 Duurste bul: R60 000 Quardsen Beefmaster 18 Augustus 2010 Kobus en Riana Gildenhuys Gemiddelde pryse: Bulle: R18 000 Dragtige koeie R7 500 Dragtige verse: R8 200 Duurste bul: R30 000 WO Beefmasters 25 Augustus 2010 64 bulle verkoop teen ’n gemiddelde prys van R37 700 Oos-Vrystaat-veldbulklub 2 September 2010 Gemiddelde prys van bulle: R28 500 Duurste bul: R50 000 gekoop deur P van der Walt Ivukile Beefmasters 7 September 2010 19 bulle verkoop teen ’n gemiddelde prys van R24 525 Duurste bul: R36 000 gekoop deur B Wiese East Coast Beefmaster Sale 14 September 2010 Gemiddelde prys vir bulle: R22 600 Hoogste prys vir ’n bul: R61 000 gekoop deur C Rattray Fouché Boerderyvennootskap 23 September 2010 Gemiddelde pryse: Bulle: R17 846,15 Vroulike diere: R7 067,50 Grange Familietrust het die duurste bul teen R23 000 gekoop en die duurste vroulike dier teen R8 800

www.proagri.co.za


Veilings

www.proagri.co.za

ProAgri 131 - Desember / December 2010

25


Veilings 26

ProAgri 131 - Desember / December 2010

www.proagri.co.za


Veilings

www.proagri.co.za

ProAgri 131 - Desember / December 2010

27


Veilings 28

ProAgri 131 - Desember / December 2010

www.proagri.co.za


Veilings

www.proagri.co.za

ProAgri 131 - Desember / December 2010

29



ProAgri 131, December 2011