Issuu on Google+

tegnologie vir die boer technology for the farmer

Nr 124 Mei 2010

ISSN 1042–1558

Bloemskraal: Bonsmarabloed uit die boonste rakke

Pluk ’n sein vir jou selfoon OmniSap:

Boer pluk soet vrugte

Tramirloc fnuik veediewe

Waterberg Game Dealers:

Belangrike skakel in die wildbedryf Sien

AgriTrader

binne vir puik aanbiedinge


ProAgri 124 Mei 2010

In hierdie uitgawe

tegnologie vir die boer technology for the farmer

Nr 124 Mei 2010

ISSN 1042–1558

Bloemskraal: Bonsmarabloed uit die boonste rakke

Pluk ’n sein vir jou selfoon OmniSap:

Boer pluk soet vrugte

Tramirloc fnuik veediewe

Waterberg Game Dealers:

Belangrike skakel in die wildbedryf Sien

AgriTrader

binne vir puik aanbiedinge

’n Baie belangrike skakel in die wildbedryf is die vang, vervoer en hervestiging van wild. Met baie jare ondervinding, kundigheid, die beste personeel en toerusting, bied Waterberg Game Dealers op Vaalwater ’n volledige diens aan die wildbedryf. Waterberg Game Dealers se agt veilings per jaar is almal hoogtepunte in die wildbedryf.

Meganisasie 6 Belarus is die trekker vir die boer wat weet Gewasproduksie 10 Omnia: Soetrissieboer pluk die vrugte van ’n wyse besluit Energie 12 Blomkwekery: Langlewegloeilampe bespaar baie geld Veeboerdery 14 Kom koop bloed van Bloemskraal Bonsmaras! 16 Tramirloc fnuik veediefstal 18 Waterberg werk flink met waardevolle wild Kommunikasie 20 Wat gemaak as daar nie selfoonsein is nie? AgriTrader 22 AgriGids 25 GeneGids 28 Veilings

6 12 14 18

Copyright © 2010. All rights reserved. No material, text or photo graphs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon. Business-to-Business Magazine (January – March 2010) with a free circulation of 59 481 per month (Paid 13, Total 59 494)

Distributed by

smart

distribution

Published by

SMARTPUBLISHING MASS MEDIA SPECIALISTS

www. proagri .c o.z a

P roA g r i 1 24 M e i 2 010

Die ProAgri-span Redakteur Coenraad Rall > 083-973-3297 coenraad@proagri.co.za Verkoopsbestuurder Anneke Kirchner > 083-301-9134 anneke@smartpublishing.co.za Senior advertensieverteenwoordiger Stefan van Wyk > 082-381-7563 stefan@agritrader.co.za Bemarker Anelda Strauss > 083-748-3413 anelda@smartpublishing.co.za Uitleg & grafika Esta van Niekerk esta@proagri.co.za Taalversorging Mediadienste Rekeninge & intekening Paula MacMavis > 012-362-6390 Sakebestuurder George Grobler george@smartpublishing.co.za

3


Meganisasie

Trekkers

Wakker boer van Ixopo is Peter Woodburn, wat na die meganiese kant van sy familie se sitrus-, bosbou- en suikerrietboerdery, Woodburn Estates, omsien. As opgeleide trekkertegnikus weet hy waarvan hy praat en hy is heeltemal ingenome met die Belarus 920.3E wat die boerdery vir sleepwerk uit die plantasies en suikerrietlande aangeskaf het en hy is seker dat die trekker ook sy man met landboutake sal kan staan.

’n

“Dis ’n lekker swaar trekker van 4,5 ton, wat stewig vastrap en net 2,84 liter diesel vir elke vrag van 6 ton na die laaigebied verg teenoor die 3 liter van sy voorganger. Teen agt vragte per dag is dit nogal ’n beduidende verskil,” vertel Peter.

Belarus-trekkers is op hulle gelukkigste as hulle kan werk, soos hierdie 920.3E van Woodburn Estates wat dit hier geniet om swaar vragte pale uit ’n plantasie te ry.

Belarus is die trekker vir die boer wat weet Dié trekker van 63 kW en 411 Nm wringkrag, is ’n reguit, eerlike trekker sonder onnodige fieterjasietjies wat probleme kan veroorsaak, maar met alles en meer wat ’n boer van ’n sleep- of landboutrekker kan verwag.

Jy kan sy vierwieltrek verstel vir outomatiese of gedwonge inskakeling. As jy weet jy gaan deurgaans swaar werk op moeilike terrein, skakel jy die vierwieltrek onverbiddelik in. Maar as jy vragte stompe uit die plantasie sleep op plekke waar vierwieltrek nie oral nodig is nie, kies jy outomatiese inskakeling. Dan skakel die trekker vanself oor na vierwieltrek wanneer dit nodig is. Dit help om brandstof te bespaar en die oorskakeling geskied gladweg met behulp van ’n koppelaarstel in die aandryfstelsel. Die trekker het ’n rat vir presies elke spoed, elke vrag en elke toepassing en dis maklik om die regte rat te kies. Op die teerpad kan die 920.3E veertig kilometer per uur draf!

Belarus is ’n reguit, eerlike trekker sonder tierlantyntjies, maar met alles wat die boer nodig het – soos sy rataangedrewe, ingeboude kompressor wat vir ’n swetterjoel take benut kan word. 6

Volgens Peter kan jy jou Belarus boonop bestel presies soos jy hom wil hê met die ratkas, vooras en ewenaar van jou keuse. Daar is geen rekenaars of ander ingewikkeldhede nie – die trekkers is P roA g r i 1 24 M e i 2 010

basies, maklik verstaanbaar en betroubaar. Nogtans maak Belarus sake vir die operateur so maklik as moontlik met alle kontroles byderhand, ’n gerieflike platformwerkstasie teen ’n prys laer as dié van die tradisioneel goedkoper wydsbeentrekkers, ’n verstelbare stuurkolom en ’n trekstang wat hidroulies laat sak kan word om ’n sleepwerktuig te haak. Dis tog veel makliker om net die trekstang te laat sak, te tru en dit weer hidroulies op te lig as om ’n sleepwa se disselboom op te domkrag. Die trekker het sy eie rataangedrewe kompressor wat met die draai van ’n skakelaar aan- of afgeskakel kan word om wiele te pomp, lugremme te bedien of enige ander druklugtoerusting aan te dryf. Die gedugte hidrouliese stelsel het sy eie, afsonderlike olietenk sodat hy nie olie met die ewenaar hoef te deel nie. Daar is hidrouliese koppelpunte agter en aan die kant vir die montering van toerusting soos ’n laaigraaf.

vervolg op bladsy 8 www. p ro a gr i.c o .za


vanaf bladsy 6 Vir die werk wat Woodburn Landgoed se mense in plantasies en suikerrietlande doen, is die trekker se groot grondvryhoogte ’n besliste pluspunt en uit ’n werktuigkundige se oogpunt was dit ’n wyse besluit om die remtrommels en hidrouliese stelsel buite die trekker te monteer sodat dit maklik en gou versien of herstel kan word. Peter is ook ingenome met die Belarus se straallaagbande wat ’n beter vastrap en langer lewe as kruislaagbande bied – en teen min of meer dieselfde prys as kruislaagbande deur Variquip, die plaaslike invoerders van Belarus, verkoop word. En so van pryse gepraat: Peter se navorsing toon aan dat Belarus se onderdele op sommige onderdele tussen 30 en 50 % goedkoper as dié van ander trekkers is, maar glad nie van ’n mindere gehalte nie. Boonop kan die Belarus se spoorstangkoppe verstel word om jou ’n veel langer diens te bied. Dit alles maak Belarus se eienaarskoste aansienlik laer. Variquip is reeds bekend as die trekkeronderdelemense omdat hulle

enige onderdeel vir enige trekker of landbouwerktuig het of kan bekom en blitsig aan kliënte oral in Suid-Afrika, maar ook in Swaziland, Zimbabwe, Zambië, Botswana, Lesotho en Mosambiek lewer. Hulle weet watter onderdele nodig is en het ’n enorme voorraad, want Variquip se mense weet – geen boer kan bekostig om onnodig op onderdele te wag nie. So het Peter Woodburn hulle met hulle totstandkoming in 1994 leer ken, en so ken hy hulle vandag nog. Variquip en Belarus is hier om te bly. Belarus bestaan immers reeds seder 1946 en is die derde grootste trekkervervaardiger in die wêreld.

Peter Woodburn van Woodburn Estates naby Ixopo is ‘n opgeleide trekkerwerktuigkundige. Hy is ingenome met sy Belarus se 12 volt elektriese stelsel en 24 volt aansitkrag wat vir vinnige, sekere aansit in enige weer sorg. Belarus is ’n sterk, stewige, bekostigbare trekker wat beloof om jare en jare lank sy werk te doen, sê hy.

Maak nie saak waar jy boer nie, Belarus bied jou presies die trekker en rugsteundiens wat jy

nodig het. Praat met Sandy Clouston by 033-345-8084 of 082-490-6157 of stuur ’n e-pos aan sales@variquip.co.za. Besoek gerus ook www.variquip.co.za en www.belarus.co.za.


6 kVa enkelfase sonkragoplossing Vir volledige enkelfase 6 kVa-kragvoorsiening, het jy die volgende nodig: Totale koste soos hierbo bereken:

Item Sonpaneel – 10 x 155 W – 12 V (TE 155) Monteerskraagstel (4 panele) x 2 Monteerskraagstel (2 panele) x 1 Sonkragreguleerder (60 A) LCD 12 V Laai-eenheid 12 V 50 A Batterye 26 x 105 A/uur Omsetter 3 kVa enkelfase (gewysigde sinusgolf) Reis- en verblyfkoste Installasiekoste Totaal BTW Groottotaal

R143 685,60

Waarvoor kan hierdie eenheid gebruik word?

D

ie 6kVa-eenheid kan gebruik word vir rugsteunkrag in jou kantoor of klein werkswinkel, of om kritieke stelsels op ’n rugsteunstelsel te plaas. Dit bied suiwer sinusgolftegnologie om skoonkrag aan toestelle te voorsien. Geldbesparing. Gebruik tydens piektye jou eie sonkrag en bespaar geld. Of “gaan groen” deur jou ligte en toestelle permanent met hernubare energie te laat werk. Die sonkragpanele en diepsiklus batterye soos hierbo, tesame met die omsetter, bied jou ’n hernubare kragoplossing wat nie net vir jou onderneming goed is nie, maar ook vir die omgewing. Dit is een van die mees bekostigbare Groen inisiatiewe beskikbaar.

Sonkragmodules

Sonlig

Koste (elk) R5 490,00 R2 200,00 R1 100,00 R3 800,00 R4 850,00 R1 650,00 R4 500,00

Totaal (sonder BTW) R54 490,00 R4 400,00 R1 100,00 R3 800,00 R4 850,00 R42 900,00 R4 500,00

R10 000,00

R10 000,00 R126 040,00 R17 645,60 R143 685,60

Uit na kragnetwerk

Omsetter en GS/WS-skakeling Monterings

Voorsien krag aan noodsaaklike toestelle tydens kragonderbrekings WSkragnetwerkmeter WSdienspaneel

Gerugsteunde WS-dienspaneel

Batterybank Laaireguleerder Gelykstroom-invoer

Wisselstroom-uitvoer

NATUURLIKE KRAG Betta.Life.Light 6 Volt, DOEN DIT SELF, Sonkrag (5LUD-Ligte)

Enkel

3 lig pakket opgradeerbaar na 8-lig

R2 800

8 lig pakket volledige 8-lig stel

R4 400

Dubbel

5 lig pakket opgradeerbaar na 8-lig

R3 300

Solar Veiligheidsoplossing vanaf Aanwending: Plaashuise, werkershuise, gastehuise en enige anderligvoorsiening buite die elektrisiteitsvoorsieningsnetwerk.

Beta 144 is ’n robuuste buitelig ideaal geskik om jou werf te verlig. As Greefieldsoplossing funksioneer dit losstaande van die nasionale kragstelsel en vergelyk baie gunstig met die koste daarvan.

R10 000

Aanwending: Veiligheidsheinings, parkeergronde, motorhuise, deurlope, geboue, advertensieborde, enige gebied buite bereik van die nasionale kragstelsel.

SKAKEL NATURAL POWER NOU! 012-656-8467 083-403-8056 info@naturalpower.co.za


Gewasproduksie Plantvoeding

Laat jou plante praat: die plante se presiese behoeftes gemaak word om te verseker dat die plante alles het wat hulle nodig het om die grootste oes van die beste gehalte te lewer.

Christa Steyn van Misimi-boerdery wys hoe blaarmonsters geneem moet word om na Omnia se laboratorium gestuur te word vir OmniSap®-ontledings. Binne 48 uur kry die boer ’n laboratoriumverslag wat die plant se voedingstatus in vergelyking met die behoefte vir sy spesifieke groeistadium weergee en waarvolgens enige moontlike aanpassings betyds gemaak kan word om ’n wenoes te verseker. ie allerbeste manier om te bepaal wat jou gewasse nodig het om hulle allerbeste prestasie te lewer, is om hulle self te laat praat. Dit is presies wat die kunsmismaatskappy, Omnia, met sy OmniSap®-ontledings vir boere doen.

D

OmniSap® is die ontleding van plantsappe, wat die plant se voedingstatus aandui sodat die boer tydig aanpassings of regstellings kan maak as dit nodig is. Dit werk só: Die boer of Omnia se landboukundige neem verteenwoordigende blaarmonsters in ’n spesifieke land, tonnel of nethuis. Dit word vroeg in die môre gedoen terwyl die plante nog vars is. Die monsters word in groot plastieksakke verseël, ordentlik gemerk en in ’n koelhouer na Omnia se laboratorium op Sasolburg gestuur. Binne 48 uur na ontvangs van die monsters word die ontledingsuitslae aan Omnia se betrokke landboukundige ge-epos. Met hierdie inligting kan onmiddellike voedings-aanpassings volgens 10

“Dis net soos ’n bloedtoets by ’n mens,” verduidelik William Gibson van Omnia, “dit wys presies wat die behoefte is en die resultate is gou genoeg beskikbaar sodat regstellings betyds gemaak kan word.”

Die beste resultate word natuurlik bereik wanneer die boer, Omnia se landboukundige en Omnia se laboratorium ten nouste saamwerk. Elke plaas het sy eiesoortighede en ’n noue kennis van die betrokke plaas en sy prosedures verseker dat die regte besluite geneem word. Kennis van die plaas en sy omstandighede stel die landboukundige in staat om ook sake soos temperatuurskommelings, reën en watergehalte in sy bevindings te verreken. Elke plantsoort het sy eie voedingsbehoeftes en die voedingsbehoeftes verskil ook na gelang van die groeistadium waarin plante verkeer. Omnia het geweldig baie geld en tyd aan navorsing gewy om die presiese resep vir elke plantsoort en groeistadium te bepaal.

So is daar vandag OmniSap®-norme vir die meeste gewasse – van graangewasse tot vrugte- en neutbome en groente. Mielie-, koringen aartappelboere maak reeds grootskaals van OmniSap® gebruik, maar OmniSap® bied ook uitmuntende resultate vir permanente en intensiewe gewasse, soos die soetrissies wat Simon en Christa P roA g r i 1 24 M e i 2 010

Soetrissieboer Steyn se Misimi-boerdery naby Cato Ridge in Natal produseer. Terwyl Simon met sy werk as kommersiële bestuurder by Nampak doenig is, is Christa, ’n onderwyseres, die eintlike boer en in dié taak word sy bekwaam bygestaan deur Brian Connell, ’n elektroniese ingenieur wat al die monitor- en beheerstelsels prakseer wat hierdie hidroponiese boerdery makliker en doeltreffender laat werk. En bankvas agter hulle staan hulle landboukundige, William Gibson, met Omnia se sapontleding, blaarontleding, grondontleding, waterontleding, volledige produkreeks en toegewyde, tydige diens om sukses te help verseker. Omnia verdeel die lewe van ’n plant in groeistadiums ten opsigte van die spesifieke makro- en mikrovoedingsbehoeftes van elke stadium en daarvolgens word ontledingsverslae voorberei ten opsigte van stikstof, fosfaat, kalium, kalsium, magnesium, natrium, swawel, koper, mangaan, sink, yster, aluminium, boor en silikon. Op die verslag kan gesien word of die plant se voedingstatus vir sy spesifieke groeistatus in die kol is en of daar tekorte is wat prestasie benadeel, of oortoedienings wat geld vermors. Toe die Steyns met soetrissies begin boer het, het hulle niks van die produk geweet nie, maar vinnig en deeglik al die navorsing gedoen wat hulle kon. Hulle het in 2007 vir die eerste keer OmniSap®-ontledings laat doen en gou agtergekom hoe deurslaggewend waardevol dit is. Nou doen hulle dit maandeliks om te verseker dat die soetrissieplante gedurende die 10 maande van hulle bestaan deurgaans optimaal presteer. Voorheen moes jy vyf tot ses weke wag om te sien wat die uitwerking van ’n voedingsaanpassing is en dan is die plante alreeds in ’n ander groeistadium, vertel Christa, “maar met OmniSap®-ontledings weet jy binne drie dae wat die uitwerking www. p ro a gr i.c o .za


pluk die vrugte van ’n wyse besluit daarvan is. Dit wys jou ook of jou watertoediening reg is.” OmniSap®-ontledings bring vir die boer dieselfde soort beheer en gemoedsrus as wat ’n motorbestuurder geniet wanneer hy deurgaans sy motor se meters en spieëls dophou om te verseker dat alles nog wel en veilig is, sê Wade Armand van Omnia – en as daar iets fout loop, kom jy dit dadelik agter sodat jy dit dadelik kan regstel en steeds ’n lonende oes kan behaal.

En Misimi se gesonde, gladde, blink soetrissies met hulle sappige dik wande, heerlike smaak en lang raklewe praat vir hulleself. Vir meer inligting oor Omnia se OmniSap®-ontledings, praat met Suzette Smalberger, Omnia bestuurder by 079-500-7669 of jou plaaslike Omnia-verteenwoordiger.

Boor (55) -

Silika (78) -

Aluminium -

Sink -

Yster (80) -

Koper -

Mangaan -

Natrium -

Swael (79) -

Magnesium (93) -

Kalium (84) -

Kalsium (102) -

Stikstof-

Fosfaat -

Ideale waarde

Dit is die reine waarheid, beaam Christa. Sukses hang van vele

bestuursfaktore af, maar OmniSap®ontledings en Omnia se steun aan die boer is ’n belangrike hulpmiddel wat help om hulle opbrengs en gehalte dramaties te verbeter.

Só lyk ’n grafiek wat aandui dat hierdie soetrissies onwrikbaar op die wenpad is.

Dís mos hoe soetrissies moet lyk, sê Wade Armand van Omnia, Christa Steyn van Misimi-boerdery naby Cato Ridge in Natal, William Gibson van Omnia en Simon Steyn Junior.


Energie

Blomkwekery: Langlewegloeilampe bespaar baie geld deur Neels Bezuidenhout (Pr Ing) lid van die Suid-Afrikanse Instituut vir Landbou-Ingenieurs ie reusagtige styging in elektrisiteitstariewe plaas reusagtige uitdagings voor landbou-ingenieurs om boere te help om steeds winsgewend te kan produseer.

D

Skeppende denke is nodig vir nuwe besparingsplanne om deur die optimalisering van prosesse elektrisiteit te bespaar, om nuwe tegnologie aan te wend en om maniere te vind om die energieaanvraag vanuit Eskom se nasionale netwerk te verminder. In die soeke na oplossings het Leon Pretorius van Pretorius Blomme op Delmas Eskom genader om ondersoek in te stel na die moontlikheid om sy konvensionele 100 W-gloeilampe met langlewegloeilampe (Engels CFL’s of Condensed Fluorescent Lights) te vervang. Pretorius Blomme kweek hoofsaaklik krisante in 2,5 ha kweekhuistonnels en gebruik daarvoor 1 000 ligte. Indien die totale kweekhuis van 2,5 ha belig sou word, sou 3 700 ligte benodig word, maar as gevolg van kabeldiefstal word net 1 000 ligte

Pretorius Blomme produseer blomme in 2,5 hektaar kweekhuise onder 1 000 ligte wat gereeld verskuif word. Hulle bespaar ’n magdom geld sedert hulle na langlewegloeilampe oorgeskakel het. gebruik, wat elke 21 dae verskuif word. Die krisante benodig ongeveer 85 tot 90 lux reg onder die ligte, wat ongeveer 1,9 m hoog geïnstalleer is, om ’n ideaal van 70 lux by die plantjies tussen twee ligte te gee. Met die aanvanklike toetse was daar net van die langwerpige 20 W langlewegloeilampe beskikbaar. Die gloeilampe was te lank vir die lampskerms sodat ongeveer 15% lux verlore gegaan het. Hierdie ligte is later vervang met 20 W spiraalvormige langlewegloeilampe, wat korter is en die probleem opgelos het. Daar is twee soorte langlewegloeilampe, naamlik “warm wit” en “koel wit”. Laasgenoemde gee ’n witter lig as “warm wit” en is volgens sekere bronne die beter lig om hiervoor aan te wend. Alhoewel die produsent sy eie kleinskaalse toetse tussen “warm wit” en “koel wit” ligte gedoen het, het hy verkies om “warm wit” gloeilampe te gebruik. Eskom het nie self die toetse hiervoor uitgevoer nie.

So lyk die 20W spiraal warm wit langlewegloeilampe wat vir Pretorius Blomme op Delmas ’n beduidende elektrisiteitsbesparing meebring – en boonop die ewige tydvermorsende gloeilampvervangery grootliks uitskakel. Terselfdertyd ontwikkel die plante en blomme merkbaar beter as met die ou, konvensionele gloeilampe. 12

Resultate Blomme Die blomme ontwikkel aanvanklik vinniger met beter knopvorming as onder konvensionele ligte. Die volwasse blomme het langer stammetjies gehad en die blomme self het meer “lyf” getoon. Onderhoud Met konvensionele ligte is ongeveer 25% van die totale aantal gloeilampe per maand vervang. Gedurende die toetsmaand was dit nie nodig om ’n enkele langlewegloeilamp te vervang ProA g r i 1 24 M e i 2 010

nie. Die boer kan sy arbeid dus nou beter benut as om voortdurend gloeilampe te vervang. Energieverbruik Die energieverbruik in een blok waar 126 ligte geïnstalleer is, het met konvensionele gloeilampe 16,62 ampere per fase gemeet (ventilasiewaaiers uitgesluit). Met langlewegloeilampe het die verbruik net 5,43 ampere per fase gemeet. Dit is ’n besparing van 67% op energie vir beligting. Die ligte word in die aand met tussenposes aan- en afgeskakel om ’n gemiddeld van 2,7 uur per dag te brand. Indien die ligte elke dag op hierdie wyse aangeskakel word, sal die ligte ongeveer 986 uur per jaar aangeskakel wees. Langlewegloeilampe het ’n leeftyd van ongeveer 6 000 uur en dit kan dus teoreties in ideale toestande in hierdie geval vir 6 jaar gebruik word voordat dit vervang hoef te word. Pretorius Blomme kan tussen 70 000 en 80 000 kWh per jaar in energieverbruik bespaar slegs deur die gloeilampe met langlewegloeilampe te vervang. Alhoewel ’n langlewegloeilamp ongeveer R20 tot R30 kos teenoor die ongeveer R3,50 van ’n konvensionele gloeilamp, kan die kapitaal vir die vervanging van die gloeilampe in minder as ’n jaar deur die besparing in energie gedelg word. Die geïnstalleerde kW vir beligting in die totale kweekhuis het van 100 kW na 20 kW verminder, wat ’n beduidende verskil in die elektrisiteitsbehoefte meebring. ’n Kleiner transformator kan nou gebruik word om ook die maandelikse vaste koste aansienlik te verminder. www. p ro a gr i.c o .za


Veeboerdery Veiling deur Annemarie Joubert

KHB03-087, een van Bloemskraal Bonsmaras se hoof-stoetbulle met sy trop koeie met kalwers gedurende die dekseisoen. Goeie kondisie verseker goeie besettings!

Veiling op 11 Junie

Kom koop bloed van Bloemskraal Bonsmaras! Belangrike besluit is in 2005 deur die Van Wyks van Bloemskraal geneem: Hulle Bonsmara-beesboerdery sou voortaan op ’n sakegrondslag bedryf word.

’n

Dr Piet van Wyk, wie se mediese praktyk hom bedags op Ventersburg doenig hou, het kundiges soos Hennie Snyman van Paradigm Landboukundige Adviseurs nader gehark om te help met die seleksie van ’n funksioneel doeltreffende kudde. Suidwes Landbou se Terratek het ook gehelp om ’n weidingstelsel vir die Vrystaatse plaas van sowat 14 000 Ha te ontwikkel. Die Marakampstelsel is in werking gestel, wat beteken dat drukbeweiding toegepas word. Die totale aantal kampe word in derdes gedeel, waarvan een derde heeljaar rus. Daar is ook begin met die toepassing van twee dekseisoene wat met die omgewing gesinchroniseerd is. Hennie sê hy het van die begin af die beginsel toegepas van: “Om te meet is om te weet.” Sommer gou is ’n derde van die bestaande kudde, wat nie die minimum standaarde behaal het nie, uitgeskot. In 2006 is die Bothaveld-kudde van 600 produserende diere bekom. Dit was voorheen ’n geregistreerde Bonsmara-stoet. Na die samevoeging van 14

die twee kuddes is die beste 1 000 vroulike diere uitgekies as grondslag vir die Bloemskraal Bonsmarastoet. Dr Piet sê die hoofrede vir die opgradering en registrasie van die stoet was om ’n goed aangepaste en doeltreffende koeikudde te vestig. Die doelwit van Bloemskraal Bonsmara is om winsgewendheid en volhoubaarheid te verseker en om deur doeltreffendheid uitsette te verhoog met verlaagde insette. Om in die doelwit te slaag, is seleksie van uiterste belang. Hulpmiddels soos beraamde teelwaardes word ingespan om diere nasionaal en selfs internasionaal met mekaar te vergelyk. Daar word van die diere verwag om van die veld af te presteer. Hennie sê die kudde spog reeds met ’n hele paar mylpale, soos ’n gemiddelde tussenkalfperiode van 412 dae en ’n gemiddelde kalfpersentasie van 88,6%. Die gemiddelde speengewig van alle kalwers wat sedert 2007 gebore is, is 226 kg. Die beste derde

se gemiddelde speengewig is egter 265 kg! As gevolg van die hoë reproduksietempo bestaan die produserende kudde reeds weer uit amper 1 400 vroulike diere. Dit beteken dat kommersiële boere een van die dae sal kan toustaan vir die room van die Bloemskraal Bonsmara-oes! Oor die laaste drie jaar is van Bloemskraal se vrugbare bulle en klein groepe koeie aangebied en opgeraap, maar vanjaar is daar werklik 'n bul van ’n veiling. Dr Piet meen kommersiële boere kan nie die kans laat verbygaan om funksioneel doeltreffende diere te bekom nie: “Ons diere is nie gepamperlang nie; ons bemark van die veld af.” Hy sê: “Daar is tog nie ’n beter vleisras as Bonsmara nie, so waarom sal iemand nie wil deel in Bloemskraal se bewese sukses nie?” Op die produksieveiling op 11 Junie gaan daar 20 geregistreerde bulle met vrugbaarheidsertifikate en tussen 400 en 500 getoetste vroulike diere in alle produksiestadia aangebied word. Die veiling begin elfuur op die plaas Bloemskraal naby Ventersburg. Skakel Willie Snyman (Optima) 082-375-2524 of dr Piet van Wyk 082-524-9190. www. p ro a gr i.c o .za


Veeboerdery Veiligheid

Tramirloc fnuik veediefstal og ’n slag is teen veediefstal geslaan toe Tramirloc Systems in September verlede jaar ’n verdere produk bekendgestel het om veediefstal hok te slaan.

N

Hierdie produk staan bekend as die BasisVeldstasie of ProTagTor-stelsel. Dit vervang die uitgebreide (plaaslike netwerk-) stelsel met ’n makliker bestuurbare en installeerbare stelsel. Die belangrikste verbetering is dat die BasisVeldstasie-stelsel die Internet as plaaslike netwerk gebuik en daarom word die koste van Tramirloc se veediefstalvoorkomingstelsel dramaties gesny. Van die gelukkige boere is: • Tot Briers-Louw (Wellington – Wes-Kaap): 9 diewe op heterdaad gevang – boer weer met vee op grond waar hy vir jare dit nie kon waag nie.

• Mike Wienand en sy bestuurder, Jake Coetzee (Oos-Kaap): 2 diewe gevang oor Paasnaweek. • Kobus Muller (Frankfort, Vrystaat): 1 000 skaap per jaar aan diefstal verloor – binne twee weke vandat sy stelsel geïnstalleer is, is sy stelsel betaal uit suksesvolle diefstalvoorkoming. • Russel Painter (Oos-Kaap): Reageer op alarms, vind skape vasgemaak, maar nog nie geslag. • Jaco Basson (Malmesbury): Diefstal het op plaas gestop sedert stelsel ses maande gelede geïnstalleer is. • Neels Roos (Clarens, Vrystaat): Meer as honderdduisende rand

per jaar verloor. In 2009 tot 87 beeste verloor. ProTagTor in Augustus ’09 geïnstalleer – sedertdien nog nie weer enkele diefstal. • Juliet Scott (Mafikeng, Noordwes): Veediefstal gestop sedert stelsel 8 maande gelede geïnstalleer is. In hierdie stadium skakel minstens twee tot drie boere elke week vir ons om dankie te sê vir diewe gevang of veediefstal voorkom. Skakel Tramirloc vandag by 079-526-7232 of besoek www.protagtor.co.za vir meer inligting om veediefstal op jou plaas te fnuik.


Wildboerdery

Waterberg Game Dealers:

Waterberg werk flink met waardevolle wild

ild is waardevol, soos die hoë pryse wat daarvoor betaal word getuig. Daar kan geen kanse gewaag word wanneer dit by die vang, hantering en vervoer van wild kom nie.

W

Waterberg Game Dealers se spesialisvlieëniers en helikopters is nie net beskikbaar om wild te vang of te tel nie, maar ook om te pyl vir entings, behandeling of navorsing.

word en geen bestelling is te klein of te groot nie.

Daarom dring verantwoordelike wildboere aan op die dienste van Waterberg Game Dealers, die wildspesialiste wat die volgende dienste bied:

Waterberg Game Dealers verstaan elke wildsoort se aard en gewoontes sodat alle vangste en hantering altyd gladweg en met die minste moontlike spanning vir die diere verloop. Dit verseker dat wild wat te koop aangebied word altyd in ’n goeie kondisie is.

• Koop en verkoop wild (8 veilings per jaar) • Vang wild • Vervoer en hervestig wild • Tel wild • Pyl wild vir enting, behandeling en navorsing • Voer wild uit • Wildplaasontwikkeling

Waterberg Game Dealers se agt veilings per jaar is elkeen ’n hoogtepunt op die wildbedryf se kalender. Dit vind plaas by Waterberg Game Dealers se Oljacoveilingskrale op Vaalwater, waar wild ook vooraf in die groot aantal stewige, wildvriendelike bomas besigtig kan word.

Buffelkoeie het ’n gemiddelde prys van R372 500 behaal, swartwitpensverse R170 000, witrenosterkoeie R255 000 en sebras R5 200. Tien buffelbulle is teen ’n gemiddelde prys van 105 100 verkoop en die hoogste prys wat ’n buffelbul behaal het, was R460 000.

Met baie jare ondervinding, opgeleide en ervare vlieëniers en grondpersoneel en die mees gevorderde metodes en toerusting soos 6 helikopters, 14 spesiaaltoegeruste vragmotors, 10 wildsleepwaens en 4 renosterkratte, lewer Waterberg Game Dealers ’n spesialisdiens wat die pad vir die wildboer en wildkoper gelyk en maklik maak.

’n Wye verskeidenheid wildsoorte word hanteer, en Waterberg Game Dealers spesialiseer in skaars spesies. Waterberg Game Dealers hervestig alle wild wat verkoop word by die kopers. Wild kan ook uit die hand by Waterberg Game Dealers gekoop

Op Waterberg Game Dealers se eerste wildveiling vir die jaar is ’n reuse omset van R7 836 550 behaal met ’n groot verskeidenheid wild van alle soorte wat opgeveil is.

Die duurste koedoebul is vir R11 500 verkoop en die duurste swartwitpensbul vir R66 000. Die oorblywende veilings vir die jaar is op 29 Mei, 26 Junie, 31 Julie, 28 Augustus en 25 September, almal by Oljaco-veilingskrale in Vaalwater. Praat met Coena Smith van Waterberg Game Dealers by 014-755-3626 of 082-388-2740 of e-pos gamedealers@mweb.co.za.

Sorg dat jy by Waterberg Game Dealers se volgende veiling is 18

P roA g r i 1 24 M e i 2 010

www. p roa gr i.c o .za


Spesiale prys

R738 376 btw uitgesluit (tot einde Junie) Rand per kw R5 593

T 171 Hi Tech 056-817-7308 www.valtrac.co.za

Bande: 650\65 R38 + 540/65R28 Michelin 14 x 40kg voorneusgewigte 4 x 80 kg agterwielgewigte 36 spoed Delta kragwisselratkas 132 kw teen 2200 opm ISO 14396


Kommunikasie Selfoonontvangs

Wat gemaak as daar nie selfoonsein is nie?

afskakel van pompe en spilpunte ’n belangrike rol.

ns land se ewige gebergtes en ver verlate vlaktes is baie mooi en klink pragtig in ’n volkslied, maar dit is volstrek nie bevorderlik vir die doeltreffende verspreiding van selfoonseine nie.

Maar hoe gemaak as jy agter ’n rant of in ’n bos of in ’n vallei boer waar die selfoonsein nie kom nie?

O

Daar is verskeie oplossings wat aangebied kan word, maar omdat hierdie tegnologie nie eenvoudig is nie, moet u van deskundige advies voorsien word voordat u summier toestelle aanskaf.

Dit skep ’n probleem, want selfs Telkom het besluit om eerder ’n draadlose stelsel te vestig as om landlynkabels te vervang.

Die selfoonnetwerk is die eiendom van die gelisensieerde verskaffer en enige uitbreiding of versterking daarvan moet gedoen word ooreenkomstig riglyne wat aan die netwerk se kwaliteits vereistes voldoen.

Vir die moderne boer is doeltreffende selfoon- en internetverbindings onontbeerlik. Daarsonder is dit ’n eindelose beslommernis om banksake te doen, markpryse na te gaan, produkte te vergelyk en selfs om kinders met hulle skooltake te help.

Praat vandag nog met Linkworld se mense by 012663-4331. Hulle kundiges sal ’n seintoets op jou plaas kom doen om te bepaal of dit moontlik is om vir jou ’n sein te bewerkstellig.

Selfoontegnologie speel op moderne plase selfs in sake soos beveiliging, toegangsbeheer en die aan- en

20

P roA g r i 1 24 M e i 2 010

www. p ro a gr i.c o .za


www. p roagri .c o.z a

P roA g r i 1 24 M e i 2 010

21


AgriGids

AgriTrader

Advertensiediens vir die boer Advertising service for the farmer

60 000 eksemplare na aktiewe kommersiĂŤle boere landswyd

AgriTrader is ʼn uitstekende bemarkingsmeganisme om kopers en verkopers van lewendehawe, trekkers, voertuie, werktuie, en alle ander landboutoerusng by mekaar uit te bring. Veeveilingsadvertensies in AgriTrader lok wye reaksie uit, veral as dit aangevul word met promosie-arkels wat die betrokke stoeterye bekendstel. Vir die mees bekosgbaarste advertensie-tariewe in Suid-Afrika, skakel ons nou:

22

Stefan van Wyk (Bloemfontein)

051-446-0789 | 082-381-7563

stefan@agritrader.co.za

Anelda Strauss (Pretoria)

012-362-2732 | 083-748-3413

anelda@smartpublishing.co.za

P roA g r i 1 24 M e i 2 010

www. p ro a gr i.c o .za


AgriGids

www. p roagri .c o.z a

P roA g r i 1 24 M e i 2 010

23


AgriGids 24

P roA g r i 1 24 M e i 2 010

www. p ro a gr i.c o .za


AgriGids

P roA g r i 1 24 M e i 2 010

Braford

Boran

www. p roagri .c o.z a

25


26

P roA g r i 1 24 M e i 2 010

www. p ro a gr i.c o .za

Landskaap

SA -Vleismerino

Dorper

Dorper

Herefords

Tuli

Merino SA

Boerbok

Brahman

Afrikaner

Pinzgauer

Limousin

Charolais

Beefmaster

Hugenoot

Nguni

GeneGids


SA Vleismerino Herefords

Dorper

Tuli

8 Junie 2010 - Cornelius Rautenbach, 058-863-1735, 082-371-4390 21 September 2010 - William Biggs, 082-415-3751 6 Oktober 2010 - Dave Cawthorn, 084-363-5392 & Arthur Schulze, 083-441-5781 7 Oktober 2010 - Alwyn Marx, 051-653-1410, 083-448-7870 21 Oktober 2010 - Russell Clark 045-943-3011, 082-492-7036

Ramino

Dorper

www. p roagri .c o.z a

P roA g r i 1 24 M e i 2 010

27

Genegids

Pin2zyl

Hereford

Tuli Genootskap produksieveilings vir 2010


Braford Drakensberger

Veilings

Bonsmara Angus 28

P roA g r i 1 24 M e i 2 010

www. p ro a gr i.c o .za


Wild

P roA g r i 1 24 M e i 2 010

29

Veilings

Angus

Hereford

www. proagri .c o.z a


Veilings

Wild Vleismerino / Sussex / Afrex 30

P roA g r i 1 24 M e i 2 010

www. p ro a gr i.c o .za


P roA g r i 1 24 M e i 2 010

31

Veilings

Simmentaler

www. p roagri .c o.z a



Proagri 124, Mei 2010