Issuu on Google+

tegnologie vir die boer technology for the farmer

Nr 119 Desember 2009 ISSN 1042–1558

Valtrac: die boer se voerbroer

Fokus op kleinvee Sien

AgriTrader binne vir puik aanbiedinge


AD FAKS G BE RES NA RAT GI SE E- IS N VA EN D POS, NA AT EF R A P PO 50 AKE S -0 TT 0 P E. /M

SA se bekendste onafhanklike

GSM INTERNET

Diensverskaffer

GEEN INTERNET? Ons pakette is op die platteland gerig Om Internet te kry was nog nooit sò maklik nie.

’n Eerste in Suid-Afrika! Verbind veelvoudige simkaarte met EEN datapakket en deel data-gebruik. KOOP GROOTMAAT DATA Netsurf data “uncapped” @

R0.60 per MB (voorwaardes geld)

GOGGA sê dankie vir julle ondersteuning Kersbonus Al ons bestaande intekenaars is geregtig op 50MB se gratis data op Kersdag, ideaal om familie te Skype of om jou Kersfoto’s aan geliefdes te stuur in plaas van die gewone Kersfees SMS.

va

n

GG

A

GESËEN

Voorwaardes: • • • • •

GO

50 MB se gratis data vir alle klië n op kersd te ag

DE KER

Standaard terme en voorwaardes geld Afhanklik van Vodacom IB, datums en tye Gogga is nie verantwoordelik vir netwerkvertragings nie Gebruikers is verantwoordelik om hulle eie data gebruik op die dag te monitor Gratis data net op 25 Desember 2009 geldig

Skakel ons: 08600 GOGGA (46442)

www.goggaconnect.co.za

E-Pos: sales@goggaconnect.co.za

SFEES


ProAgri 119 Desember 2009

In hierdie uitgawe

n die uitgawe fokus ons veral op kleinveeboerdery met ‘n verbeterde entstof teen hartwater wat in die nuwe jaar beskikbaar sal wees (die artikel is voorsien deur prof Abdalla Latif van die LNR se Onderstepoort Veeartsenykundige Instituut). Dr Jasper Coetzee van Voermol vertel ons meer oor die voedingsvereistes van laatdragtige ooie en ons bespreek ’n nuttige boek oor skaapproduksie.

I

Mooi vee bly maar ‘n lus vir die oog en hierdie boerbokke van Dries Wiese van Loxton maak ‘n mens sommer lus vir boer. In hierdie uitgawe van ProAgri is etlike artikels wat van waarde vir kleinveeboere kan wees.

Lees ook van ’n vernuftige patent om voëls na jou tuin te lok – en terselfdertyd van vlieë en brommers ontslae te raak. Op bladsy 19 bespreek ons elektronika vir die boer. Lees daar van die Canon PowerShot digitale kamera (wat nie net ‘n oulike geskenk is nie, maar ook ’n nuttige toestel vir die boerdery) en Lexmark se drukker -kopieerder -aftaster -faksmasjien alles-in-een masjien ideaal vir die boer se kantoor. Coenraad Rall <coenraad@proagri.co.za>

ProAgri wens graag al sy lojale lesers en adverteerders ’n geseënde Kerstyd toe

Meganisasie 4 7

Bekostigbaar, betroubaar, doeltreffend: Valtrac maak koningskuilvoer in ’n kits Belarus-trekkers geniet werk

7

Veeboerdery 9

Laat dragtigheid: Voer reg vir ’n suksesvolle lammeroes 11 Heartwater in small stock: New vaccine shows promise 15 Uiteindelik: ’n Edele nut vir vlieë en brommers! 17 Nuttige boek: Skaapproduksie

9

Elektronika 19 Elektronika vir die boer: Tegnologie maak jou lewe makliker

11

AgriTrader 22 27 28 31

Veilings GeneGids AgriGids Agri-Werktuie

15

Copyright © 2010. All rights reserved. No material, text or photo graphs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon. Business-to-Business Magazine (July – Sept 2009) with a free circulation of 58 722 per month (Paid 26, Total 58 748)

Distributed by

smart

distribution

Published by

SMARTPUBLISHING

Die ProAgri-span Redakteur Coenraad Rall > 083-973-3297 coenraad@proagri.co.za Uitvoerende redakteur Suzanne Grobler suzanne@smartpublishing.co.za Senior advertensieverteenwoordger Stefan van Wyk > 082-381-7563 stefan@agritrader.co.za Bemarker Anelda Strauss > 083-748-3413 anelda@smartpublishing.co.za Uitleg & grafika Esta van Niekerk esta@proagri.co.za Taalversorging Mediadienste Rekeninge & intekening Paula MacMavis > 012-362-6390 Sakebestuurder George Grobler george@smartpublishing.co.za

MASS MEDIA SPECIALISTS

www. proagri .c o.z a

P ro A g r i 1 1 9 D e s e m b e r 2 0 0 9

3


Meganisasie Kuilvoertoerusng

Bekostigbaar, betroubaar, doeltreffend:

Valtrac maak koningskuilvoer in ’n kits oortreflike voer maak die verskil in veeproduksie. Met voldoende voedsame voer, kan die boer die toekoms met vertroue tegemoet gaan.

V

Maar kuilvoerproduksie stel een onverbiddelike eis: Plantmateriaal moet in presies die regte stadium ingekuil word om die beste resultate te behaal.

Of jy jou diere se prestasiepeil met heerlike, heilsame hooi of kuilvoer wil opstoot, Valtrac staan rotsvas aan die boer se kant met die beste, bekostigbaarste werktuie om die taak maklik te maak.

Daarom kan geen boer bekostig om tydens kuilvoertyd toe sloer, te staan of te sukkel nie – sy masjinerie moet altyd reg en betroubaar wees.

Dis hoekom Valtrac al hoe wyer begin bekend staan as Die boer se voerbroer.

Valtrac bied die boer presies die regte werktuie en die getrouste diens wat puik kuilvoer verseker.

Kuilvoer is kinderspeletjies

Kontrakteurs en boere wat groot hoeveelhede kuilvoer maak, kies natuurlik sonder aarsel Valtrac se vraatsige, groot Kemper Champion C3000-kuilvoerkerwer.

Daar is geen twyfel oor kuilvoer se voedsaamheid, smaaklikheid en geskiktheid vir veevoeding nie.

Hierdie reus sny drie meter wyd ryonafhanklik. Hy sny so 55 ton kuilvoer per uur as die oes mooi is. Die Kemper sny en gryp materiaal sekuur sodat niks verlore gaan nie. Jy kan sy snitlengte in enige van 12 posisies, van 4,3 mm tot 33 mm, verstel en hy breek die mieliepitte om die voedsaamste kuilvoer te verseker. Sy metaalverklikker stop die masjien onmiddellik as daar ’n stukkie yster of staal deur die bek wil beweeg en sy kettinglose aandryfstel bied die beste betroubaarheid vir die minste, maklikste onderhoud. ’n Groot voordeel van die Kemper bo selfaangedrewe kuilvoerkerwers, is dat hy deur ’n Valtra-TwinTractrekker aangedryf word. TwinTrac beteken ’n trekker waarvan jy net die sitplek omdraai en dan werk hy met sy tweede stuur en kontrolestel net so flink agteruit as vooruit. Die res van die jaar, wanneer jy nie kuilvoer maak nie, het jy die hele eersteklas trekker vir ander boerderytake.

Valtrac se Kemper Champion C3000-kuilvoerkerwer sny lag-lag 55 ton mielies per uur en breek die pitte om die beste, voedsaamste kuilvoer te verseker. 4

P ro A g r i 1 1 9 D e s e m b e r 2 0 0 9

As jy saam met die Kemper Valtrac se Jeantil-wegrywaens gebruik, ry jy 10 ton of 25 kubieke meter materiaal op ’n slag uit die land uit. Die waens wip hoog sodat die materiaal maklik en gou uitgly. Die res van die jaar kan www. p ro a gr i.c o .za


jy die waens vir talle ander take gebruik.

Kleiner kerwer As jy minder kuilvoer maak, maar steeds volledige betroubaarheid, doeltreffendheid en diens vereis, is Valtrac se Noqueira Pecus II 9004eenrykuilvoerkerwer jou antwoord. Hy sny so 20 tot 30 ton per uur sonder om ooit te verstop, hy is lig, maar stewig, sy snitlengte kan op 5, 7, 10 en 14 mm verstel word, hy laat jou nie in die steek nie en sy eienaarskap is maklik en goedkoop.

Beste van beide Goeie nuus is dat Valtrac se ryonafhanklike Nogueira Cat 1200kuil-voerkerwer ook binnekort beskikbaar gaan wees. Hierdie masjien is perfek vir besproeiingsmielies of sorghum met sy sirkelsaagstelsel wat die volle wydte van sy 1 200 mm wye bek sny en in enigeen van 8 lengtes tussen 4 en 17 mm kerf. Hierdie staatmaker kerf so 30 tot 36 ton kuilvoer per uur en hy swaai tot reg agter die trekker om sodat jy jou eerste ry truwaarts kan sny sonder om enige plante plat te trap. Valtrac stel geen produk vry voordat dit deegliks getoets en vir plaaslike omstandighede aangepas is nie. Die Cat 1200 is tans besig met sy passies.

Kuilvoer van kleingraan, gras en peulgewasse As jy grootskaals en ekonomies koningskuilvoer wil maak van grasge-

Valtrac se Pöttinger-kuilvoerkerwerwa tel materiaal netjies op, kerf dit na smaak, stop dit styf in sy pens en laai dit vinnig en volledig in die kuilvoersloot af. Nou kan jy kuilvoer maak van enige grasgewas, peulgewas of kleingraan.

wasse, peulgewasse of kleingraan soos al hoe meer veeboere doen, staan Valtrac vir jou reg met sy Pöttinger-kuilvoerwa. Hierdie wa tel windrye netjies en skoon op met sy opteller. Daarna kerf hy dit na die boer se keuse en stop dit styf in die wa se ruim pens. Waens wat van 35 tot 66 kubieke meter materiaal (21 ton) hou, is beskikbaar. By die kuilvoersloot laai die wa se kettingvloer en aflaairotors die materiaal vinnig en skoon af.

Een so ’n kuilvoerwa verg een man en 118 kW trekkerkrag teenoor ’n selfloopkerwer met aanrywaens se 712 kW en 5 werkers! Vir dieselfde hoeveelheid kuilvoer van dieselfde gehalte neem die Pöttinger-kuilvoerkerwerwa twee keer so lank, maar gebruik die helfte van die diesel, 80% minder mannekrag en 84% minder trekkerkrag. Die beste nuus is dat Valtrac se legendariese diens al hierdie produkte stewig rugsteun sodat die boer die kuilvoermaaktaak met volkome gemoedsrus kan aanpak. Vir meer inligting, praat met Hennie du Toit van Valtrac by 056817-7308 of besoek Valtrac se webwerf www.valtrac.co.za. Lees volgende keer van Valtrac se doeltreffende snyers en harke.

Goeie nuus vir kuilvoermakers is dat Valtrac tans besig is om die CAT 1200-ry-onafhanklike kuilvoerkerwer, perfek vir besproeiingsmielies, te toets en vir plaaslike omstandighede aan te pas. Dit sal binnekort beskikbaar wees. www. proagri .c o.z a

P ro A g r i 1 1 9 D e s e m b e r 2 0 0 9

5


Meganisasie Trekkers

Belarus-trekkers geniet werk! uikerproduksie kan ’n soete taak wees as jy die regte toerusting het. En die nommerpas trekkers vir ’n suikerplaas, is die gedugte, geennonsens, eerlike, kragtige Belarusstaatmakers.

S

So sê Fana Robertson, bestuurder van Big Bend Farm naby Harding, noordoos van Port Shepstone. Die heuwels van Kwazulu-Natal is skotig en die grond taai en turwerig. Dis nie elke trekker wat hier die mas opkom met grondbewerking nie, maar die kragtige, diep dreuning van Big Bend se twee Belarusse klink vrolik op soos hulle blykbaar moeiteloos die sooie omkeer of walle op-ert. Hierdie trekkers geniet dit om te werk – dis maar seker. En ook geen wonder nie, want hulle kom uit die fabriek van een van die wêreld se voorste en grootste trekkervervaar-digers, wat al 32 internasionale gehaltetoekennings gewen het. Meer as 3-miljoen Belarus-trekkers werk in 100 lande regoor die wêreld in alle denkbare klimaat- en grondtoestande. Belarus se 20 000 werknemers vervaardig 8% van die wêreld se trekkers en Belarus is een van die 8 vervaardigers wat 96% van die wêreld se trekkers maak. In Suid-Afrika word Belarus verskaf en rotsvas gerugsteun deur Variquip – die maatskappy wat reeds regdeur die land ‘n reputasie verwerf het vir sy diepgaande kennis van trekkers en landboumasjinerie en sy vermoë om enige onderdeel vir enige landboumasjien in die hande te kry. Die rede vir hierdie sukses is omdat Variquip se mense lief is vir trekkers en verstaan dat die boer nooit, nooit kan bekostig om vir onderdele en diens te wag nie. Variquip, met byna twee eeue se gesamentlike trekkerkennis en toegeruste werkswinkel in Pietermaritzburg, het al die nodige onderdele en ervare tegnikuste om jou trekkers foutloos aan die loop te hou. Van hier af bied hulle ’n flink en geeswww. p roagri .c o.z a

Trekkeroperateur Qumbesa en plaasbestuurder Fana Robertson stem saam: Belarus is die bekostigbare trekker met die duursaamheid, werkverrigting, krag, operateursgerief en naverkoopdiens wat suikerrietboerdery ’n soet ervaring maak. driftige diens regoor Suid-Afrika, waar hulle tans besig is om oral Belarus-handelaars aan te stel, maar ook in Swaziland, Zimbabwe, Zambië, Botswana, Lesotho en Mosambiek. Sandy Clouston, Jono Cook en hulle kollegas se harte pomp suiwer diesel en hulle is opgewonde oor die belangrike rol wat hulle met die verskaffing van trekkers en diens in die landboubedryf speel. Toe hulle die Belarus-trekkers op Big Bend kom demonstreer, het Fana dadelik besef: soveel krag en robuuste betroubaarheid gaan jy nêrens anders vir so min rande kan aanskaf nie.

gereed is om dubbelwiele agter aan te bring. Die kajuit is gerieflik en ergonomies en alle kontroles is perfek geplaas. Alhoewel die Belarus ’n werkeseltrekker is, bevat dit die mees gevorderde tegnologie waar dit saakmaak: Die enjin voldoen aan Euro 2uitlaatspesifikasies, die swaardiens koppelaar hou jare en jare lank, die multiskyfremme werk in olie, die 24 Volt elektriese stelsel sorg vir onmiddellike aanskakeling selfs op die ysigste oggend, die hidrouliese stelsel is sterk en veelsydig genoeg vir enige taak en die Belarus is een van die min trekkers wat ’n werktuig positief in die grond in druk.

’n Mens kan sommer sien dis ’n trekker wat sy man kan staan, sê Fana. Hulle was nie suinig met die staal nie, dis ’n flukse, reguit werkeseltrekker wat maklik is om te gebruik en te onderhou en vir Fana se taak is die Belarus presies die regte trekker teen die regte prys.

Voorwielaandrywing kan permanent ingeskakel word, outomaties inskakel wanneer die agterwiele glip of heeltemal uitgeskakel word.

Fana is ingenome met die twee Belarusse wat hy gekoop het: ’n 920.3 van 67 kW en ’n 1025.3 van 86 kW. Hy hou van die aanboord-kompressor waarmee jy enige wiele kan pomp, lugdrukgereedskap kan aandryf of ’n swaar sleepwa se lugremme kan beheer.

Praat met Sandy of Jono by 033-345-8084, met Jack by 072-757-3227, Myles by 082-490-8596 of Erwin Laue by 072-613-6787. As jy in die Vrystaat woon, praat met Hannes Grobbelaar by 083-292-4396, of as jy ’n Noord-Nataller is met Tertius Dowling by 082-573-2206. Besoek ook www.variquip.co.za en www.belarus.co.za.

Hy hou ook van die klomp hidrouliese punte; selfs vir ’n laaigraaf voor aan die trekker, en die feit dat die trekker P ro A g r i 1 1 9 D e s e m b e r 2 0 0 9

Maak nie saak waar jy boer nie, Belarus bied jou presies die trekker en die rugsteundiens wat jy nodig het.

7


Veeboerdery Voeding

Laat dragtigheid:

Voer reg vir ’n suksesvolle lammeroes Dr Jasper Coetzee, Voermol Voere 021-887-9559, 083-386-8382, jasperco@iafrica.com

E

en van dié belangrikste stadiums in die reproduksiesiklus van die ooi, is die laat stadium (vierde en vyfde maand), want 80% van die fetusgroei vind gedurende hierdie stadium van dragtigheid plaas.

Die aanvulling van deurvloeiproteïen op swak gehalte droë weiding het die massa lam gespeen per ooi gepaar met tot 5,1 kg verhoog, asook die daaropvolgende lampersentasie met tot 28 persentasie-eenhede (Brand, 1999).

Dit lei tot ’n betekenisvolle toename in die voedingsbehoeftes van die laatdragtige ooi (Bell, 1995; Dawson et al, 1999).

Die voorsiening van ’n hoëdeurvloeiproteïenlek (300 – 500 g/ooi/dag) soos 'n Maxiwollekmengsel (250 kg Voermol Maxiwol + 200 kg gemaalde mielies of heel garspitte + 50 kg sout); Maxiwol Produksiekorrels; Maxiwol Readymix of Maxiblok voor lam is ononderhandelbaar.

Die feit dat ongeveer 80% van alle lamvrektes verband hou met die voeding van die ooi gedurende die laaste paar weke voor en onmiddellik na lam, beklemtoon die belangrikheid van voldoende en korrekte voeding gedurende laatdragtigheid nog verder (Seymour, 1998). Indien ooie vir net een week gedurende laatdragtigheid ondervoed word, kan goeie voeding daarna nooit ten volle daarvoor vergoed nie (Mellor & Matheson, 1979).

Indien die weiding skaars is of waar ooie in lamkampe of lamhokke laat lam word, moet ’n volledige rantsoen [375 kg gemaalde lusern (20 – 25 mm lengtes) + 350 kg gemaalde

mielies of heel garspitte + 150 kg Voermol Maxiwolkonsentraat + 50 kg Voermol Procon + 80 kg Voermol Melassemeel] vanaf vier of selfs ses weke voor lam gevoer word. Aangesien hierdie rantsoen ureum bevat, moet die maksimum inname tot 2,5 kg/ooi/dag beperk word om ureumvergiftiging te voorkom. Indien hoër peile gevoer moet word, skakel dr Jasper Coetzee vir ’n alternatiewe rantsoen. Ooie moet stadig en geleidelik op hierdie volledige rantsoen aangepas word om suurpens te voorkom. Ooie wat gedurende laatdragtigheid ondervoed is, se piek en volhoubaarheid van melkproduksie is laer as dié van goed gevoerde ooie. Ooie moet ook vier tot ses weke voor lam met Multimin™ (G1853) en Vitamien A en E ingespuit word. Hulle moet ook die nodige doserings en entings (multiklo-stridiale) ontvang.

Laatdragtige ooie met enkelingfetusse moet dus vanaf vier weke voor lam, dié met tweelingfetusse vanaf ses weke en dié met drielingfetusse vanaf agt weke, voldoende voedingstowwe inneem om uierontwikkeling te stimuleer, bies- en melkproduksie te verhoog, moedereienskappe van die ooie en lewenskragtigheid van lammers te verbeter, asook geboorteprobleme (geel lammers met geboorte) en abnormale dik en taai bies te beperk en om 'n ideale geboortemassa (3,5 tot 5,5 kg) te verseker. Dit alles het maksimum lamoorlewing tot gevolg en help mee om lamvrektes te beperk en/of lamgroei te verhoog. www. p roagri .c o.z a

Vir ’n suksesvolle lammeroes moet ooie gedurende die laaste stadium van dragtigheid reg gevoer word. P ro A g r i 1 1 9 D e s e m b e r 2 0 0 9

9


Stock farming Diseases

Heartwater in small stock:

New vaccine shows promise Prof Abdalla Latif BVSC, PhD, Programme Manager, Parasites, Vectors & Vector-borne Diseases, Onderstepoort Veterinary Institute eartwater caused by the bacterium Ehrlichia ruminantium is probably the most economically important livestock disease in South Africa, and it is estimated to cost the country approximately R400 million annually.

H

Heartwater and parasitic worms are the most important diseases affecting sheep, and goats, while heartwater also affects some wild ruminants, especially impala. Angora goats are probably the domestic species most severely affected by the disease which limits the production of mohair. The vector tick In South Africa the disease is well known to farmers in the warmer and wetter parts of the country where its vector, the bont tick Amblyomma hebraeum, is widely distributed. The tick occurs where the grass is usually tall with tree cover and bushy areas providing shade for tick survival. Cattle, sheep, goats and other wild animals are all important hosts for the adult stages, as well as the larvae and nymphs. On goats, most of the adult ticks feed on the belly, groin and sternum while the nymphs feed on the feet.

When they die at this stage, profuse fluid oozes from the nostrils and mouth (see Figure 3). Farmers can diagnose the disease by removing part of the brain, keeping it cold and sending it to a pathology laboratory as soon as possible, to confirm the presence of the organisms in the brain capillaries. Control of the disease by vaccination Control of heartwater by controlling the tick vector is not sustainable in the context of economics, as dipping is impractical for small stock and due to the seasonal variability in tick abundance. The disease can be present on a farm throughout the year, as both the adult and nymphal stages of the tick can transmit the infection.

The disease

The only sustainable method of control is by vaccination.

The name of the disease originates from the fact that the space between the heart muscles and the pericardium (covering) of the heart is usually filled with slightly turbid light yellow fluid. This is the most significant post mortem finding, particularly in sheep and goats (Figure 1).

Naturally, if goats or sheep are infected during their early life and recover, they would be immune for the rest of their lives.

The lungs and the thoracic cavity are also filled with huge amounts of the fluid (see Figure 2). Clinical signs of the disease vary from peracute to acute death, especially in goats and sheep. The body temperature (fever) rises to 42o C for one to two days. During an outbreak animals collapse and are found dead. Some animals show nervous symptoms, appear dull, show forced breathing and chewing movements. Recumbent sick animals show leg-pedalling and twisting of the neck to one side.

photo by Abdalla Latif

Figure 1: Hydropericardium (fluids in the space between the heart muscles and the heart covering); pericardium removed.

photo by Abdalla Latif

Figure 2: Hydrothorax (fluid in the thoracic cavity) of a heartwater dead sheep: fluid measure about 500 ml.

However, because different types of the causative organisms are present in different geographical areas, these organisms may not afford cross protection. Therefore, moving naturally immune animals from for example the Eastern Cape to KwaZulu-Natal, may be disastrous and a farmer may lose all of these animals. Even the Onderstepoort commercial heartwater vaccine does not offer a wide spectrum of immunity against all of the different types present in the country. The Onderstepoort Veterinary Institute (OVI) carries out intensive work to characterise by molecular and

immunological tools the different types of the heartwater organisms, and disperse the knowledge to farmers. The OVI is currently exploiting new different approaches to successfully vaccinate and immunise sheep and goats. One promising method currently being investigated, is the use of an attenuated heartwater vaccine. So far, the results obtained with this attenuated vaccine, are excellent and a large on-farm trial is planned for 2010. This vaccine has broad spectrum cross protection, offering protection against almost all of the local isolates. ... to page 13

www. proagri .c o.z a

P ro A g r i 1 1 9 D e s e m b e r 2 0 0 9

11


SNY VEEDIEFSTAL JOU BOERDERY KEELAF?

Beskerm jou eiendom! Stop veediefstal goedkoop en effektief! Kontak ons vir â&#x20AC;&#x2122;n gratis kwotasie of besoek ons webwerf.

Kontak ons sel: 079 526 7232 www.tramirloc.co.za


...from page 11

Many livestock owners, especially those who raise Angora goats, control the disease by regular prophylactic treatment with antibiotics, usually tetracycline. It is necessary to treat the animals every fortnight, which is labour intensive and very expensive. There is also the danger that the bacterium may eventually develop resistance to the antibiotic. Angora goats that appear to be highly susceptible to heartwater, including the strain used for live-blood vaccine production, should benefit from the attenuated vaccine, which could afford protection against natural field challenge. The attenuated vaccine is superior to the current blood vaccine. When inoculated intravenously (iv) into Merino sheep or Boer goats, the attenuated culture-derived organisms did not produce disease. Some of the sheep and most of the goats reacted with a slight rise in body temperature, but they remained fit and healthy. All the animals were subsequently found to be fully protected against a lethal needle challenge with the homologous stock or with one of four different heterologous stocks. Furthermore, we have shown that the intramuscular routes of inoculation can replace intravenous injection. This vaccine is planned to replace the current vaccine in very near future.

www. p roagri .c o.z a

photo by Abdalla Latif

Figure 3: Sheep died of heartwater showing fluids oozing from the nostrils and mouth.

P ro A g r i 1 1 9 D e s e m b e r 2 0 0 9

13


Veeboerdery Plaagbeheer

Uiteindelik:

’n Edele nut vir vlieë en brommers! “Hoekom is daar meer vlieë by ons huis in Irene as by die teetuin op die melkplaas net buite die dorp?” Hierdie vraag het die twaalfjarige Ellen Kruger bly hinder, veral omdat toestande vir vlieë om uit te broei tog gunstiger op die plaas met al sy beesmis is. Die rede vir die min of geen vlieë op die plaas, is die werfhoenders wat vryelik rondskrop en elke vlieg- en brommerlarwe opeet voordat dit verder kan ontwikkel. Dit het Ellen aan die dink gesit, maar ‘n mens mag tog nie hoenders in die dorp aanhou nie. Die deurbraak in haar denke het gekom toe sy ‘n klein swaeltjie wat uit sy nes geval het, op die stoep opgetel het. Haar pa het dadelik komposhoop toe gedraf vir vlieglarwes om die swaeltjie mee te voer. Aha, het Ellen gedink: ons mag nie hoenders in die dorp aanhou om vlieë te beheer nie, maar daar is heelwat soorte voëls wat ook vlieglarwes eet – en niemand kan ons keer om die voëls nader te lok nie.

Daar hang jou vliegvangvoëlvoerder – gereed om jou van vlieë en brommers te verlos en om insekvretende voëls en werfhoenders ‘n smaaklike en heilsame vreetfees te bied. Dis tog veel lekkerder om na voëls te kyk as na vlieë en brommers.

As deel van ‘n Wetenskap-projek by die skool het Ellen maniere ondersoek om vlieglarwes te laat uitbroei en daarmee ‘n goue medalje by die jaar se wetenskap-ekspo verower.

As ‘n eerste eksperiment is ‘n groep kuikens met vlieglarwes gevoer en ‘n kontrolegroep met graan. Die larweeters het merkbaar vinniger gegroei as die stomme kuikens wat met ‘n graandieet tevrede moes wees.

Met haar pa se hulp het sy ‘n larweteler gebou, wat sommer terselfdertyd ‘n larwevoerder vir voëls is. Insekvretende voëls, hoenders en akkedisse is versot op vlieg- en brommerlarwes.

Ellen se larweteler/voëlvoerder is gepatenteer en vandag word dit deur Stride Distributors bemark sodat meer mense hulle in die verskeidenheid voordele daarvan kan verlustig. Vlieë en brommers word met ‘n stukkie rou afvalvleis na die larweteler gelok om hulle eiers daarin te lê. Dit hou die vlieë weg van jou kombuis en vleisbraaiery af, maar dit is nie al nie. Wanneer die larwes uitbroei, beland hulle in die voerbak, waar die voëls hulle opvreet en so die vlieë en brommers se teelsiklus onderbreek.

So lê die maaiers in die vliegvangvoëlvoerder en wag vir insekvretende voëls om na hartelus te smul aan ‘n voedsame maal. www. p roagri .c o.z a

Die manier waarop Ellen se patent die vliegbevolking in jou omgewing verminder, is oorvloedige rede om dit aan te skaf.

P ro A g r i 1 1 9 D e s e m b e r 2 0 0 9

Maar daar hou die voordele nie op nie. Die voerder lok pragtige voëls soos tiptolle, houtkappers, janfrederiks, spreeus en lysters na jou tuin vir ‘n voedsame proteïenmaaltyd. Wanneer hulle eers in jou tuin is, jag voëls soos die janfrederik en die houtkapper deur die dag ander insekte en beheer dus insekgetalle sodat jy nie meer so baie geld aan plaagdoders hoef te spandeer nie. En as jy werfhoenders het, boer hulle sommer vooruit op hulle smaaklike en voedsame larwedieet. Almal wat die vliegvangvoëlvoerder in aksie sien, stem saam: Dis baie, baie lekkerder om vir pragtige insekvretende tuinvoëls te kyk as vir swerms vlieë en brommers. Die vliegvangvoëlvoerder kan by Stride Distributors se kantoor in Irene gekoop word teen net R125, BTW ingesluit. As jy hom per telefoon bestel, kos dit R30 ekstra om hom per pos te versend. Bel bloot 012-665-5157 en praat met Hester of Jeanetta. Hulle is van Maandag tot Vrydag tussen 08:00 en 16:00 op kantoor. Vir meer inligting besoek ook www.stridedistributors.co.za 15


For additional information contact: Student Administration: CIAT: Elsenburg Higher Education: Tel: (021) 808 5451/2 Further Education and Training: (021) 808 7000 E-mail: oliviaj@elsenburg.com; zenoviap@elsenburg.com Website: www.elsenburg.com


Veeboerdery Boekresensie

Nuttige boek: Skaapproduksie Hier is nou ’n nuge boek wat nagenoeg alles bevat wat nodig is om ‘n skaapboerdery suksesvol te vesg en te bedryf. Die boek is deur Faan Schue saamgestel uit etlike bronne, sodat die kennis van talle kundiges daarin vervat is.

D

ie boek is nuttig vir sowel die boerderybestuurder as die persoon wat die diere elke dag moet voer en versorg. Dit hoort op albei se boekrakke.

Teling beslaan ook etlike hoofstukke. Die eerste handel oor paringsmetodes, teelmetodes en teelwaardes wat genetiese vordering verseker.

Dit is duidelik dat die boek met begrip vir die boer se werklike behoeftes saamgestel is: Dis nie nodig om elke keer die hele boek deur te lees as jy inligting oor een of ander aspek van skaapboerdery wil hê nie – die sinvolle samestelling, logiese inhoudsopgawe en volledige indeks gee jou onmiddellike toegang tot inligting oor enige spesifieke aspek van skaapboerdery.

Dan volg fisiologies belangrike tye van skape, wat sake insluit soos geslagtelike siklusse en die voeding en versorging wat daarmee saam behoort te gaan. Dieregesondheid is ‘n baie belangrike hoofstuk. Verskillende siektetoestande word bespreek. Dit stel die boer in staat om siektes tydig raak te sien, raak te diagnoseer en doeltreffend te behandel of te voorkom.

Tabelle gee nuttige wenke Dieregesondheid is ’n baie belangrike van gesoute skaapboere hoofstuk. Verskillende siektetoestande Die hoofstuk oor oor die dieregesondheid word bespreek. Dit stel die boer in staat bevordering sluit ook ‘n om siektes tydig raak te sien, raak te van gesondbespreking van diagnoseer en doeltreffend te behandel heid en inwendige en of te voorkom. diereprestasie uitwendige paragesonde siete in, en gee skaapnuttige wenke oor boerderypraktyke, praktiese wenke vir die toediening van medikasie vir die hantering van skape en die skape. verskillende prosedures soos kloutjiesknip, stertsny, kastrasie, die Die hoofstuk oor skeer bevat waardevang en hantering van skape en selfs volle inligting vir die voor-nemende en biologiese vliegbeheer. gevestigde wolboer. Die boek verskaf ook inligting oor watter geriewe en toerusting vir skaapboerdery nodig is en verskillende skaapboerderystelsels. Die verskillende rasse word bespreek en die adresse van die onderskeie telersgenootskappe word ook verstrek. ‘n Hoofstuk word aan skaaphonde, sowel vir hantering as vir bewaking, gewy. Voeding is ‘n deurslaggewend belangrike aspek en Skaapproduksie se hoofstukke oor voerbronne, aanvullings en voeding tref beslis die kol met nuttige en goed nagevorste inligting. Voerkraalafronding word volledig in hierdie afdeling bespreek.

www. p roagri .c o.z a

‘n Baie belangrike hoofstuk is die een wat ‘n bestuursprogram voorstel onder die hoofde, KOS, wat staan vir Kennis, Organisasie en Seleksie. Hierdie hoofstuk sluit ‘n bydrae, getiteld Skaapbestuur vir goeie resultate, deur dr Dave Midgeley van Pfizerdieregesondheid, in. ‘n Positiewe aspek van die boek is dat dit ook die groter toneel waarbinne skaapproduksie plaasvind, verduidelik. Die hoofstukke, Eerstewêreldwaardeketting, Bemarking en waardetoevoeging en Ekonomie, verseker dat die boer verstaan waar sy boerdery in die totale bedryf pas en help hom om winsgewendheid te verseker. Verdere nuttige inligting wat in die boek vervat is, is die Spuit- en

P ro A g r i 1 1 9 D e s e m b e r 2 0 0 9

inentingprogram, die Skaapbestuurskalender en ‘n tabel wat die samestelling van Suid-Afrikaanse voersoorte en voer bestanddele uiteensit. Aan die negatiewe kant moet vermeld word dat die groot aantal taal-, spel-, set- en tipografiese foute in die boek steurend is en soms selfs tot onduidelikheid of verwarring kan lei. Dit word sterk voorgestel dat meer moeite gedoen moet word met die redaksionele versorging van heruitgawes. Voorts sou beter bindwerk die waarde van die boek drasties verhoog – veral omdat dit so ‘n nuttige bron van inligting is wat die skaapboer waarskynlik daagliks gaan gebruik. Die eksemplaar wat vir hierdie bespreking beskikbaar gestel is, het uitmekaar begin val voordat die artikel klaar geskryf is. Alles in ag genome is dit ‘n nuttige boek wat baie sterk aanbeveel word en wat ‘n waardevolle bydrae tot die poel van landboukennis in Suid-Afrika maak. Die boek is deel van ‘n reeks, wat ook titels soos Boerbokproduksie, Hoenderproduksie, Melkproduksie, Varkproduksie en Vleisbeesproduksie insluit. Die ISBN-nommer is 978-0-98141350-1 en vir meer inligting kan Kejafa Knowledge Works by 014-577-0005 of kejafa@mweb.co.za gekontak word.

17


Elektronika Digitale kamera | Drukker, kopieerder, aaster, faksmasjien

Elektronika vir die boer: Tegnologie maak jou lewe makliker Die wondere van elektronika is voltyds tot die boer se beskikking en kan ’n baie belangrike bondgenoot in jou boerderybestuur word. Hier is ’n paar nuttige hulpmiddels wat die boer se lewe makliker en sy bedryf meer suksesvol kan help maak: Canon PowerShot SX1 IS digitale kamera eem nou self foto’s van jou stoetdiere, die kunsmisbrand op jou besproeiingsmielies, daardie snaakse nuwe gogga op jou koring, die planter wat jy in AgriTrader vir verkoop wil adverteer, van jou werkers vir volledige diensrekords, maar ook van jou kinders, jou wildtuinvakansie en die mooi spinnerak in jou blomtuin.

N

het die regte kameras waarby jy net ‘n klein bietjie gesonde verstand moet voeg om foto’s te neem wat min terugstaan vir die werk van ‘n professionele fotograaf. Die SX1 is die eerste Canon-kamera met ‘n 10 megapiksel (Engels megapixel) CMOS-sensor, ‘n hoëdigtheid videovermoë en Canon se nuwe DIGIC 4-verwerker.

Daar is selfs reeds stoettelers wat bulle op grond van foto’s en bluprekords verkoop.

CMOS beteken aanvullende metaaloksied-halfgeleier en dit beteken dat jy foto’s kan neem wat tot plakkaatgrootte vergroot kan word sonder om greinerig te vertoon.

Digitale fotografie maak dit alles maklik, bekostigbaar en bereikbaar, en Canon

‘n Groot voordeel van die kamera is dat jy die outomatiese opsies tersyde kan

Lexmark se Prevail Pro705-drukker, -kopieerder, -aftaster, -faksmasjien

toestelle in een. Sy druk- en aftasgehalte laat niks te wense oor nie, dis maklik om met hom te werk en hy word gerugsteun deur die bekende Lexmark-betroubaarheid en diens, perfek vir die plaaskantoor.

aarvoor ‘n bakkievrag masjiene koop as jy teen ‘n redelike prys ‘n drukker, kopieerder, aftaster en faksmasjien in een kan kry?

W

Dit is presies wat Lexmark se Prevail Pro705 is – vier volwaardige, nuttige

Die Pro75 se beheerpaneel het ‘n 2,4 duim vloeikristalskerm en ‘n volledige stel syferknoppies vir faksnommers, maar ook ‘n knoppie vir Eco Mode, wat in goeie Afrikaans ekonomiese werking beteken. As dié knoppie een keer gedruk word, druk die masjien weerskante op die papier om papier te bespaar. Druk die knoppie nog ‘n keer en hy druk alles ligter om ink ook te bespaar. Die drukgehalte is goed genoeg vir al jou take, selfs foto-afdrukke, en die drukspoed is so net minder as 33 bladsye per

WEN JOU DROOMVAKANSIE MET

Die kamera het ‘n 28 mm lens en ‘n 20X optiese streklens (“zoom”), wat beteken dat jy al die Jerseys in jou melkstal saam kan afneem, of ‘n pas-aangekoopte Brahmanbul wat oor jou verste grensdraad spring. Die SX1 is ‘n veelsydige, betroubare, kompakte kamera met al die vermoëns wat jy ooit by ‘n kamera sal nodig kry. Die kamera se aanbevole kleinhandelprys is R7 499. Vir meer inligting kontak gerus vir Canon SA by 011-265-4900 of e-pos hulle by contact@canon.co.za. minuut vir swart drukwerk en net 30 vir kleurdrukwerk. Sy platbedaftaster lewer ‘n bogemiddelde resolusie en die sagteware wat daarmee saam kom is maklik om te installeer en te gebruik. Die masjien het ‘n swetterjoel kaarte en propgate om aan enigiets wat jy kan nodig kry te koppel. ‘n Baie groot bonus is sy Wi-Fi-gereedheid, wat beteken dat jy vinnige draadlose internetverbindings kan gebruik. Teen ‘n aanbevole kleinhandelprys van R2 299 is die Pro705 ‘n winskoop wat jou jare se voortreflike diens behoort te gee. Kontak Lexmark SA by 011-2442777 of vir meer inligting, e-pos hulle by sales@lexmark.co.za.

EN

Wat kan jy wen?

Hoe om te wen

Eerste prys: R15 000 om te spandeer op jou droomvakansie en ’n Nokia 6710 Navigator foon Tweede prys: R5 000 om te spandeer op jou droomvakansie en ’n Nokia 6710 Navigator foon Derde prys: ’n Nokia 6710 Navigator foon

Registreer by Ovi.com en beplan jou Suid-Afrikaanse droomvakansie deur gebruik te maak van Ovi Maps. E-pos eenvoudig die beplande roete na Lifetime.navigation@ovi.com met ’n verduideliking van hoekom hierdie vakansie onthou sal word as die reis van ’n leeftyd.

Die kompetisie sluit op 30 Januarie 2010.

www. p roagri .c o.z a

stel en die fokus met die hand kan stel om presies die dele van die foto wat jy wil te beklemtoon.

P ro A g r i 1 1 9 D e s e m b e r 2 0 0 9

19


Freroux-velsorgreeks

Laat die vrou in jou lewe blom

Kersfees, Valentynsdag, Moedersdag of verjaarsdae... As jy opsoek is na die ideale geskenk vir vroulief, jou ma, vriendin of dogter, is Freroux se velsorgreeks die perfekte oplossing. ié eg Suid-Afrikaanse reeks is spesifiek ontwikkel vir mense met sensitiewe velsoorte en sluit natuurlike olies soos amandel- en primroseolie in, om kwale soos velirritasie met soveel as 49% te help verminder. Enige velsoort kan baat uit die produkte in die Freroux-reeks, en dit help (met gereelde gebruik) met ’n jonger voorkoms deur die sigbare vermindering van plooie en ’n soepelsagte vel.

D

Die reeks is ontwikkel toe Reana le Roux ’n onbeplande besoek by haar ouma, Freda Nowers, afgelê het. Sy het nie ’n oornagsakkie by haar gehad nie en het van haar ouma se tuisge-

20

maakte vogroom gebruik. Sy was so in haar skik met die vogroom dat sy die resep neergeskryf en daagliks begin gebruik het. Van daar het haar vriendinne die groot verskil in haar voorkoms agterkom en sy het haar ouma se wonderroom in ’n besigheid omskep. Die reeks is nou in 6 geselekteerde Woolworths winkels (eerste Suid-Afrikaanse gesig reeks op Woolworths se rakke), spas, apteke en direk op Freroux se webtuiste beskikbaar.

014-533-4973 of epos reana@freroux.co.za. Besoek gerus www.freroux.co.za of skakel vir sakegeleenthede.

Hierdie Freroux geskenkpak (reispak produkte, met ekstra presentjie, alles in ’n mooi grimeersak) is beskikbaar, vir ProAgri lesers, teen R250 en kan direk vanaf Reana bestel word by 082-697-1496 /

P ro A g r i 1 1 9 D e s e m b e r 2 0 0 9

www. p ro a gr i.c o .za


www. p roagri .c o.z a

P ro A g r i 1 1 9 D e s e m b e r 2 0 0 9

21


AgriTrader

Advertensiediens vir die boer Advertising service for the farmer 60 000 eksemplare na aktiewe kommersiĂŤle boere landswyd

AgriTrader is Ĺ&#x2030; uitstekende bemarkingsmeganisme om kopers en verkopers van lewendehawe, trekkers, voertuie, werktuie, en alle ander landboutoerusng by mekaar uit te bring. Veeveilingsadvertensies in AgriTrader lok wye reaksie uit, veral as dit aangevul word met promosie-arkels wat die betrokke stoeterye bekendstel. Vir die mees bekosgbaarste advertensie-tariewe in Suid-Afrika, skakel ons nou:

051-446-0789 | 082-381-7563

stefan@agritrader.co.za

Anelda Strauss (Pretoria)

012-362-2732 | 083-748-3413

anelda@smartpublishing.co.za

Veilings

tuli

vleismerino

meatmaster

Stefan van Wyk (Bloemfontein)

22

P ro A g r i 1 1 9 D e s e m b e r 2 0 0 9

www.pro a gr i.c o .za


Beefmaster

Veilings

w ww. p roagri .c o.z a

P ro A gr i 1 1 9 D e s e m b e r 2 0 0 9

23


bonsmara dorper

dohne merino merino

Veilings 24

P ro A g r i 1 1 9 D e s e m b e r 2 0 0 9

www.pro a gr i.c o .za


dormer dorper

P ro A gr i 1 1 9 D e s e m b e r 2 0 0 9

25

Veilings

dorper

merino

merino

w w w. p roagri .c o.z a


Veilingsuitslae: Beefmaster groei steeds! ie veilingspryse vir 2009 vir sowel manlike as vroulike diere was bogemiddeld. Die meeste ander rasse het ’n daling in pryse ervaar terwyl die Beefmaster oor die algemeen baie goeie stygings getoon het.

D

2009 het gesorg vir nuwe rekordpryse vir ’n dragtige vers, dragtige koei en ’n koei en kalf. Die Beefmaster-ras groei fenomenaal. Die verhouding van aantal telers tot aantal diere is sekerlik verreweg die grootste van alle rasse. Dit wys net op die doeltreffendheid en gemak waarmee suksesvol met die voortreflike ras geboer kan word. Nooitverwag Beefmaster Dinsdag 14 April 2009 Kerneels, Gerrie en Rienie van Rensburg De Vereeniging, Ermelo, Pieter van Deventer van Lichtenburg betaal R52 000 vir bul FRJ 050012 Naasduurste bul, FRJ 040162 - R50 000 & FRJ 060002 vir R43 000 aan Ignus van Niekerk van Jomar Trust, Amersfoort Gemiddeld bulle: R31 517,24 Verse: R7 231,23 Koeie met kalwers: R7 428,57 Beefmaster Nasionale Veiling 15 Julie by Afridome, Parys Gemiddelde pryse: Bulle: R35 875 Oop verse: R 4 250 Semen: R305 Dragtige verse: R11 305,56 Duurste bul: R80 000, gekoop deur mnr Jaco Vorster van Barkly-Oos

Veilings

Trigon-veiling 21 Julie, Nigel Gemiddelde pryse: Bulle: R22 868 Dragtige verse/1stekalfkoeie: R8 944 21 maand oue kommersiële verse: R5 589 9 maand oue kommersiële verse: R4 375 Hoogste pryse: Bulle: R38 000 vir SP060045, mnr Ben Groenewald 3 eerstekalfkoeie uit die Sarwipi-kudde R10 500, dr Dewald de Bruin. 5 diere uit die Snowy River-kudde: R7 000, mnr Ben Groenewald 5 kommersiële Snowy River-verse 9 maand oud R5 000 - Dathea Boerdery van Nigel Human Beefmaster-produksieveiling Bulpryse: HU 7116 Bouman - R36 000 - Kerneels Janse van Rensburg van Ermelo HU 6093 Ysterman - R33 000 Abie Lindeque van Winburg Superman - R26 000 - Arthur Gibert and Dan Burnett from Ottershaw Westminster Die gemiddelde prys vir bulle was R23 000 250 verse is aangebied. Die hoogste prys, R8 100 vir 8 dragtige verse, is deur mnr Wouter Cronjé van Meyerton betaal. Die gemiddeld vir dragtige verse was R7 250 en vir oop verse R6 000. 4x4 Beefmasters 4 Augustus 2009 Gemiddelde pryse: 51 bulle: R46 833 12 koeie: R12 500 13 dragtige verse: R10 730 88 oop verse: R9 409 Hoogste pryse: Bulle:

26

4x4 06-0123 vir R80 000 - Giel & Niel Claassen, Bethal-Ogies 4x4 06-0151 vir R80 000 Hendrik Davel, Wakkerstroom Koei met kalf: R19 000 Dragtige vers: R14 500 Oop vers: R11 000 Die grootste koper by veiling was Hendrik Davel van Wakkerstroom. Beefmaster Alliance 6 August All of the 160 Beefmaster bulls on offer were sold at an average price of R27 737,50 The highest priced bull, Lot 53, was sold to Justin, Jeff and Trevor Stretton of Creative Beefmaster in the Eastern Cape for R70 000 Noordwes Klub-veiling 11 Augustus Lichtenburg Die hoogte prys is vir ’n bul van Kilian Beefmaster - R28 000 Die gemiddelde prys van die bulle was R20 135. Pieter van Deventer se dragtige koei het R9 000 behaal. John Tait het R6 250 vir ’n nie-dragtige koei ontvang. Elmic Beefmasters 11 Augustus Bulle is verkoop teen ’n gemiddelde prys van R28 500; die duurste bul teen R67 500. Grassfields Beef van Hubert en Rustin Shawe het vir die vyfde agtereenvolgende jaar die duurste bul gekoop Bos Blanco-veilings Bos Blanco se eerste koeiveiling in Februarie: Duurste koei en kalf: R32 000 (nuwe SA rekord) Rudie Olivier Duurste dragtige vers: R22 000 (nuwe SA rekord) Louis Kleynhans Duurste ’n oop vers: R11 000 (nuwe SA rekord) Hendrik Meyer Gemideld - koeie en kalwers: R16 340 (nuwe SA rekord) Gemideld - dragtige verse: R10 620 Gemideld - oop verse: R8 900 Een bul verkoop vir R44 000 aan JW Eksteen Bos Blanco-bulveiling Hoogste prys vir ’n bul R85 000 AC de Klerk Gemiddeld vir 9 kuddevaars: R71 000 Gemiddeld vir 51 geregistreerde bulle: R35 265 Gemiddeld vir 60 geregistreerde bulle: R40 800 Kommersiële dragtige verse R8 760 Sandspruit Beefmasters - bulveiling 18 Augustus 2009 op Oakdale, Van Reenen gemiddelde prys van R22 580 Johann van Niekerk van Warden het die hoogste pryse van R39 000 en R36 000 betaal vir GC 6083 en GC 6036 onderskeidelik. Hy was ook die grootste koper wat 6 bulle

P roA g r i 1 1 9 D e s e m b e r 2 0 0 9

gekoop het en mnr Johan van Zyl, ook van Warden, het 5 bulle gekoop. Petana – Oktavia Produksieveiling Wolmaransstad op 19 Augustus Gemiddelde prys van bulle: R32 107,14 Gemiddelde prys van koeie: R11 916,67 Gemiddelde prys van verse: R9 731,25 Duurste bul: R54 000 Duurste koei: R16 000 Duurste vers: R13 500 22-ste Oos-Vrystaat-veldbulveiling op Vrede George Shaw van Dundee het ’n rekordprys van R65 000 vir GC.016 van Gert Campher en Seuns van Ladysmith betaal. Beefmaster-bulle se gemiddelde prys van R23 000 was die hoogste van lle rasse. Goeie pryse is behaal, soos Willem Pieterse se Jarima wat vir R26 000 verkoop is. Bulls on grass sale 21 August Daybreaker Beefmaster en Creative Beefmaster 43 Beefmaster bulls sold at an average of R20 300 Highest priced bull of the day: R56 000 sold to Mr Gert Campher of Sandspruit Beefmasters. Bulls were sold as far afield as Natal, East Griqualand, Southern Free State, North Eastern Cape and Central Eastern Cape. Central Beefmaster Sale 27 August 2009 Highest price bull: R32 000 bought by Peter Muir, Cedarville Average bull price: R17 340 WO Beefmaster-veiling 25 Duurste bul: R100 000 - Susanna Boerdery Gemiddeld bulle: R33 000 Gemiddeld vroulike diere: R9 000 Volgende veiling: 25 Augustus 2010 Inligtingsdag: 5 Mei 2010 Hart Beefmaster Sale 8 September 2009 26 bulls average R25 800 Top price R35 000 for PD07-188 sold by Amberdene Beefmasters to Justin Stretton, Creative Beefmasters. Ivukile 1 September Top priced bulls bought by Bradfield & Sons: R26 000 Wiese BF: R25 500 Wiese BF: R25 000 Noordwes-klub se Kuruman-veiling 2 September Bulle – gemiddeld - R18 800 Hoogste prys van R31 000 is behaal deur ’n bul van Johan Venter

www.pro a gr i.c o .za


GeneGids Pin2Zyl

pinzgauer

charolais

beefmaster

braunvieh

sa vleismerino

boerbok

dorper

nguni

limousin

braford

herefords

landskaap

vleismerino

dorper

dorper

27

P ro A gr i 1 1 9 D e s e m b e r 2 0 0 9

w w w. p roagri .c o.z a


hugenote

dexter

hereford afrikaner

tuli bonsmara

GeneGids AgriGids 28

P roA g r i 1 1 9 D e s e m b e r 2 0 0 9

www.pro a gr i.c o .za


AgriGids

w w w. p roagri .c o.z a

P ro A gr i 1 1 9 D e s e m b e r 2 0 0 9

29


AgriGids 30

P roA g r i 1 1 9 D e s e m b e r 2 0 0 9

www.pro a gr i.c o .za


AgriWerktuie

w ww. p roagri .c o.z a

P ro A gr i 1 1 9 D e s e m b e r 2 0 0 9

31



ProAgri 119, Des 2009