In die uitgawe fokus ons veral op kleinveeboerdery met ‘n verbeterde entstof teen hartwater wat in die nuwe jaar beskikbaar sal wees (die artikel is voorsien deur prof Abdalla Latif van die LNR se Onderstepoort Veeartsenykundige Instituut). Dr Jasper Coetzee van Voermol vertel ons meer oor die voedingsvereistes van laatdragtige ooie en ons bespreek ’n nuttige boek oor skaapproduksie. Lees ook van ’n vernuftige patent om voëls na jou tuin te lok – en terselfdertyd van vlieë en brommers ontslae te raak.