Page 1

Spesiale aanbod: Teken nou in en kry nog ‘n subskripsie gratis!

tuinier die

NOVEMBER 2010

vir alle tuinliefhebbers

SUID-AFRIKA

Glas vir glans

er

WEN

ygrassn r y ‘n

0

buite

0 va n R 22 0

Loer saam na die

Roosfamilie R22.95 ANDER LANDE

R20.13 Uitgslt. BTW

www.dietuinier.co.za

Op die rak 25 Oktober tot 22 November 2010

MAAK SELF

• Indringer tuinkuns • Opwasbak vir buite

Kweek en geniet

Kersies Kerrieblare vir kerriekos Skemerkelk-kruie

Is jou

swembad

reg vir die plons?


November 2010 ARTIKELS

31 36 42 45 48 50 52

GEREELDE ARTIKELS

2 6 12 14 16 21 58 62 64 66 69 70 73 74 76

Uitgewer Lonehill Trading (Pty) Ltd Redakteur Tanya Visser Assistentredakteur Anna Celliers Besturende Direkteur Kevin Beaumont Besturende redakteur (Redaksionele navrae) Wendy Moulton 031 764 0593 wendy@dietuinier.co.za Hoofvertaler Henriette Treurnicht Teksredakteur (Afrikaans) Eunia Barnard Teksredakteur (Engels) Desiree Collett van Rooyen Ontwerpdirekteur Ruth Brophy

Tuinontwerp Aan die waterkant swembadtuine Plantfamilies Rosaceae Natuurtuinmaak So lok mens die voëls Tuine van The Last Word Die kollig op vier vyfster-boetiekhotelle Dagboek van ‘n Kaapse tuin Terrasse en klipgruispaadjies Goeie plantmaats Verbena en balsemkopiva Kweek organies Die geurigste tamaties

Welkom November - jou tuindagboek en streeksgids Brieweblad Maantuinmaak en jou maankalender Plantprofiel HOSTA ‘Yellow Spot’ In die tuin saam met Gerald Vrugtemandjie Kersies Inheems met Jenny Dean Besonderse blommers Rosesorg vir November Voed nou vir Kersfees se rose Kweek kruie Skemerkelkie-kruie Tuinspeserye Kerriebome Kombuistuin Oestyd Bonsai Basiese groeitegnieke, ‘n tweede aflewering Jou Troeteldiere Hulle is soms nes stoute kinders! Koi Tosai Tatagoi, ‘n winskoop of kat in die sak?

Grafiese-/Webbladontwerp Tanya Campher Fotografie Geoff Redman, David van den Bergh DDS-kundige Garth Demmer Advertensie Jonathan Gouws 031 764 0593 jonathan@dietuinier.co.za Advertensie/Geklassifiseerdes Mokete Maepa 031 764 0593 mokete@thegardener.co.za Produksie-assistent/ Steggiestukkies advertensies Rusty Croft 031 764 0593

MAAK

JOU LEEFPLEK MOOI 81 84 85 88 92 95 98

DDS Buitewasplekkie Vinnig en maklik Akwaponika DDS in ‘n kits Vasplak sonder moeite Nuut gemaak Speelplek vir kleingoed Toor met kwas en verf Van indringer na tuinkuns DDS ‘n Buitestort Teken in op Die Tuinier

TUINMARK 102 107 108 112

Nuus, produkte en pasellas Steggiestukkies Kleinadvertensies Kruiwastorie Lamboud!

Rondrits, Kompetisies en Promosies 11

Oop Tuine Landwyd 11 Groen afsprake 28 GCA se Tuinsentrumkompetisie 2010 Al die wennerkwekerye 55 Somerkleur met Keith Kirsten Wat is nuut? 100 Tem jou grasperk met Red Rhino

Spesiale aanbod: Teken nou in en kry nog ‘n subskripsie gratis!

rustyc@dietuinier.co.za

Tanya Visser, Wendy Moulton.

Subskripsies RNA 011 473 8700 subs@RNAD.co.za

Hoofkantoor Haygarthweg 3, Kloof Posbus 29244, Maytime 3624 Telefoon (031) 764 0593 Faks (031) 764 1148 e-pos: info@dietuinier.co.za

Kantoororganiseerder (Navrae) Kim van Rooyen 031 764 0593 kim@dietuinier.co.za Artikelskrywers Alice Spenser-Higgs, Angela Beckx, Anna Celliers, Annette Welsford, Di-Di Hoffman, Gerald Schofield, Glynne Anderson, Keith Kirsten, Kevin Beaumont, Louis van Aswegen, Ilona Thorndike, Jenny Dean, Ludwig Taschner, Margaret Roberts, Olivia Schaffer, Ruth Brophy, Tim Neary,

Alle werk in hierdie tydskrif is onderhewig aan kopieregte. Alle reprodukies word ten sterkste verbied. Die Tuinier sal nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige weglatings of foute nie. Slegs goedgekeurde artikels kan geplaas word. Die Tuinier is verkrygbaar by alle toonaangewende supermarkte en kwekerye.


Welkom dankie aan Keith en die borge wat dit vir ons moontlik gemaak het om in Chris se wysheid te deel en deur sy entoesiasme geïnspireer te word. Wat ‘n voorreg was dit nie om na hierdie talentvolle en ongelooflike tuinier te luister nie! Hierdie maand kyk Gerald na nog een van die plantfamilies. Die keer is dit Rosaceae wat die genus Rosa, die roos, insluit wat beslis die geliefdste lid van hierdie familie en moontlik van al die blomplante is. Dit bevat ook baie ander pragtige lede, waaronder een van my groot gunstelinge, RHAPHIOLEPIS x delacourii ‘Kruschenia’ (Indiese meidoring). Dit is so ‘n veelsydige struik en gedy van die kus tot in die berge. Ander familielede sluit in Cotoneaster, Prunus en, natuurlik, appels en pere. Lees hierdie artikel rus-rus om hierdie pragtige familie te geniet. Lekker tuinmaak!

Die uwe, Chris Beardshaw en Keith Kirsten – kan ‘n mens nog meer “tuinmaak” in een foto inpas?

B

innekort hoor ons weer in al die winkelsentrums die nimmereindigende klanke van Kersliedere – waarskynlik veral deur Boney M. Ek het niks teen Boney M nie (trouens, ek hou van hul musiek), maar dit irriteer my regtig vreeslik wanneer ek hoor Kersliedere word in winkels gespeel. Ek dink nie die winkeleienaars speel dit omdat hulle in ‘n feestelike bui is nie, maar omdat hulle glo dat dit ons sal oorreed om meer te koop, en ek dink dit is dit wat my so omkrap. Wel, of ons nou meer koop of nie, komkommertyd is om die draai is en al die malligheid kan amper begin. Dit is ook so dat die somer hier is, met mening. In hierdie geweldige hitte moet ons ingeligte besluite neem as dit by ons tuine kom – oor wat ons plant, hoe ons daarvoor sorg en die meeste uit ons klein juweeltjies haal, ten spyte van die hitte. Die bekroonde VK-tuinboukundige Chris Beardshaw het onlangs ‘n blitslesingtoer deur SA onderneem. Sy besoek was op uitnodiging van Keith Kirsten, en die opbrengs van sy lesings is ten bate van die SuidAfrikaanse Kwekeryvereniging se Tom Arnold-beursfonds. ‘n Reuse

NS: Saam met tuinmaak is ek ook geesdriftig oor goeie kos (en om die oulike sjefs dop te hou!) dus sal ek ook van Donderdag 25 tot Sondag 28 November 2010 ‘n bietjie tyd bestee by die Good Food & Wine Show by die Durban-uitstalsentrum. Daar is altyd ‘n groot vraag na die kaartjies om die sjefs in aksie te sien. Bespreek dus joune vir die Get Fresh With BBC Lifestyl-teater en die Chefs In Action Theatre vooruit by Computicket (of waag die kans en hoor by die deur of daar nog plek is). Vir meer inligting besoek www.gourmetsa.com.

Voorbereidings vir die Good Food & Wine Show? Nee! Dit is hoe ‘n mens jou oë laat blink net voor jy ‘n gleuf afneem vir nog ‘n reeks van The Gardener vir die Home Channel.

OP DIE VOORBLAD

AGAPANTHUS orientalis ‘Queen Mum’ is nuwe en ‘n baie robuuste hibried met blomstele wat tot 1,2 m lank kan word. Die groot blomkoppe is twee-kleurig met donkerblou en spierwit aan die individuele blommetjies se buitekante en net wit aan die binnekante. Die plante blom in Desember en Januarie. Tanya geklee deur:

Besoek ons op:

Groen Kampioen

w w w.d i e t u i n i e r.c o. za


NOVEMBER TUINDAGBOEK

In jou

streek

Somerreënval gematig  Plant PELARGONIUM graveolens (roosmalva). Dit is ‘n klein bosagtige struikie van ongeveer 1,5 m en maak pienk blomtrosse vanaf Augustus tot Januarie. Wanneer die vlesige blare gekneus word, het dit ‘n hemelse rosegeur. Gebruik die blare en blomme om nageregte en koeke te geur. Dit blom beter in volson, maar verdra halfskadu.  Snoei afgeblomde struike soos jasmyn, banksia-rosies, Dorothy Perkins-rose en Kaapse meidoring (Spiraea) redelik skerp terug. Snoei plante wat dalk deur hael beskadig is liggies en spuit voorkomend met ‘n breëspektrum fungusdoder.  Sorg dat alle jong bome en veral hoogstamrose stewig gestut is. Somerstorms bring skade.  Snoei afgeblomde azaleas netjies, bemes, hernu die deklaag om hulle en gee gereeld water.

Somerreënval subtropies  Donsskimmel (wat van poeieragtige meeldou verskil) is die siekte wat rose doodmaak wanneer die weer koel en vogtig is. Die eerste sigbare tekens van donsskimmel by ‘n roos is bruin strepe by die bloeistele en blomknoppe wat ophou ontwikkel. Om die rose ‘n vegterskans te gee is dit noodsaaklik om geharde blare te kweek. ‘n Handvol dolomitiese landboukalk per roosbos of, nog beter, om die hele bedding elke twee jaar te bedek is ‘n goeie plan. Kalsium is die belangrikste mineraal in die grond en speel ‘n noodsaaklike rol om die selwande en membrane van plante te versterk. Nog ‘n maatreël wat vinnig die blare en stamme verhard, is die insluiting van die blaarvoeding Magi-Cal by die spuitoplossing.

Winterreënval

PELARGONIUM graveolens (roosmalva)

Inspirasie vir ‘n droë Japannese dam

 Plant rooi petunias en heuningblomme vir feestelike kleur in potte of langs paadjies – hulle verskaf treffende kleur en gee ‘n heerlike geur af wanneer mense verbystap.  Haal irisse uit en verdeel hulle sodra hulle klaar geblom het.  Gebruik Aquasoil in beddings en veral as jy sagte of baie jong plantjies gaan plant. Die benattingsmiddel breek nie net die waterwerende lagie oor hardgebakte grond nie maar lei die water dieper, tot by die wortelstelsel in en hou die grond langer klam. Behalwe die vogretensiekwaliteite, bevat dit ook ‘n misstof wat stadig vrystel en saailinge voed. Behandel al jou tuinpotte met Stockasorb waterretensiekristalle en gebruik dit ook wanneer jy nuwe struike plant.  Fynbosplante soos boegoe, speldekussings, heide en proteas kan vir netheid gesnoei word wanneer hulle blomtyd verby is. Hernu die deklae om die plante.  Snoei konfettibosse redelik skerp terug. Onthou dat hierdie pragtige plante met hulle naaldagtige loof in oulike vorms gesiersnoei kan word.  Plant somerkleur wat hou in dié klimaat soos rooisalies en vincas. Albei hou van somerhitte en matige water.

Droë binneland

8 l www.dietuinier.co.za

 ‘n “Droë dammetjie” wat in party Japanse tuine gebruik word is ‘n ideale projek om aan te pak vir ‘n vinnige nuwe fokuspunt. Doen moeite met die plasing van sand, gruis, klippe en plante. Plat klippe kan as trapklippe gebruik word wat deur die “dammetjie” kronkel. ‘n Finale laag riviersand wat gelyk gehark word, stel die water voor. Sterk fokuspuntplante kan gebruik word om die vorm en posisie van klippe te versag en te balanseer. Plante wat mooi is sluit in ELEGIA tectorum, ACORUS gramineus ‘Golden edge’, DIETES grandiflora, ACER palmatum var. dissectum ‘Atropurpureum’ en OPHIOPOGON japonicus‘Kyoto Dwarf’.  Cistus ‘Silver pink’ het smal grys-groen blare en is van vroeg- tot midsomer bedek met roosagtige pienk blomme. Dit vaar goed in alkaliese grond en verkies volson. Dit groei goed saam met SANTOLINA chamaecyparissus (dwergsantolina), ‘n veelsydige struik wat kwaai temperature gedurende die somer verduur. Dwergsantolina het fyn silwerkleurige loof wat in die somer sterk kontrasteer met sy mosterdgeel blomme. 


hibriede is uitstekend vir Kersfeeshouers omdat hulle kompakte, bosagtige plante is met helderrooi blomme en glansende donkergroen blare.

Jou grasperk  Bemes weer met ‘n grasperkmisstof as jou tuintapyt nog nie ‘n somerse lowergroen kleur het nie.  Sny jou gras by die hoogste stelling op jou grassnyer – dit stimuleer wortelgroei.  Sny een maal per week – as jy egter kikoejoe het, sal twee keer se sny per week gras fyner laat lyk.

Kombuistuinmaak Kruie – saai nog: basieliekruid, koljander, dille, kappertjies, platblaarpietersielie, grasuie, soet- en brandrissies en salie. Groente – saai nog: kool, spinasie, spinasiebeet, roket, wortels, beet, radyse, rankboontjies, eiervrugte, tamaties, seldery, rubarber en Florentynse vinkel.

Plae, peste en kopsere  Torre - ‘n mens kan nie die geel-swart kewers miskyk wat blomme binne ‘n dag heeltemal kan vernietig nie. Die peste is óf die CMR-kewer óf die vrugtetor, ‘n groter, breër tor. Die beste manier om hulle te beheer is om hulle met die hand te vang. As die plaag ernstig is, gebruik Ludwig’s Insect Spray Plus teen 100ml op 10 liter water waarby 10ml Spray Stay gevoeg is. Ludwig’s Insect Spray Plus bevat knoffel, kanolaolie en natuurlike piretrum.

Plant rissies hierdie maand

HELIANTHUS annuus (sonneblom)

Doendinge  Hou aan om jou blombeddings met tuisgemaakte kompos te bedek.  Verleppende plante kan ‘n aanduiding van te min water wees, omdat ‘n sproeiertjie hulle dalk net mis met die natgooi. Gaan die hele stelsel na om seker te maak dat daar nie droë kolle is nie.  Snoei bladwisselende, lenteblommende struike soos SPIRAEA cantoniensis, SPIRAEA x arguta en Deutzia. Snoei al die dooie hout uit en verwyder ongeveer ‘n derde van die groei.  Snoei rankmalvas terug na die eerste blomfase en voed tweeweekliks om nog blomme aan te moedig.  Hou rankers in toom deur hulle terug te snoei of wilde lote aan priële of heinings vas te bind. Bougainvilleas wat uitgeblom is kan ook nou teruggesnoei word.  HELIANTHUS annuus (sonneblom) groei vinnig en maklik. Saai sonneblomme in volson aan die agterkant van ‘n bedding omdat hulle hoog groei. Spit die grond diep om en gee oorvloedig kompos. Druk die groot sade 2 cm diep en 30 cm uitmekaar in die klam grond in. Oorstroom die ry met water en moenie dat dit uitdroog nie. Die saailinge kom gou op.

www.dietuinier.co.za l 7


NOVEMBER TUINDAGBOEK Mooi daar buite

Take

Tuin

TRACHELOSPERMUM jasminoides (sterjasmyn)

Dis November en die soet geur van TRACHELOSPERMUM jasminoides (sterjasmyn) hang in die lug. Dis ‘n immergroen ranker met donkergroen glansende blare en spierwit stervormige blommetjies wat ewe gaaf groei in semi-skadu of volson. Daar is vele gebruike vir dié pragtige klimplant. Plant ‘n massa van hulle in die skaduwee van bladwisselende bome as laesorg grondbedekkers. Plant sterjasmyn in stewige hangmandjies en laat dit toe om oor die rande te tuimel. Plant sterjasmyn in groot potte en lei op teen deftige staalobeliske of tepees gemaak van houtlatte. Laat sterjamyn teen heiningdrade, en oor pergolas en tuinboë rank. Sterjasmyne gee oor die algemeen geen probleme nie, maar die plante se loof kan soms vergeel. Stel die probleem reg met gereelde toedienings van ‘n gebalanseerde misstof wat ryk aan stikstof en kalium is. Die grond moet verryk word met gereelde toedienings van kompos en goed dreineer. O ja, moenie vergeet om ook die eksotiese STEPHANOTIS floribunda (Madagaskarjasmyn) in ‘n pot naby jou kuierplek te plant nie. Die ranker met sy groot, amper leeragtige blare en spreidende sytakke dra die pragtigste trosse spierwit trompetblomme in die somer en groei ewe maklik.

Plant nou

STEPHANOTIS floribunda (Madagaskar-jasmyn)

PETUNIA

6 l www.dietuinier.co.za

Rooi beddingplante is handig vir dié tyd van die jaar wanneer jy jou tuin wil begin regruk vir Kersfees en ‘n mens kan hulle ook goed binnenshuis gebruik oor die feesseisoen – as tafelversierings. Plant individuele blomplante in klein potjies sodat hulle later in sierlike houers geplaas kan word. Met ‘n pak met net ses saailinge kan jy ver gaan en later net die grond om elke plant met blinkgoed versier. Hier’s ‘n paar rooies:  Beddingbegonias vir beddingrande en ‘Begonia Dragon Wings Red’, ‘n groter plant met neerhangende groei wat veral goed is in hangmandjies en houers.  Dianthus (DIANTHUS chinensis x barbatus of D. chinensis) is ook beskikbaar in helderrooi. Hulle word gewoonlik net 20 tot 25 cm hoog in die tuin en is goed vir rande en houers. Hulle groei in volson, maar sal in die somer ook in gedeeltelike skadu aard. Moedig blomme aan deur tweeweekliks vloeibare kunsmis toe te dien. Moenie vergeet van die baie kompakte DIANTHUS caryophyllus (potangelier) nie, daar is lieflike nuwe soorte (ook met rooi blomme) beskikbaar.  Plant rooi Nieu-Guinee-impatiëns in houers vir Kersfees en gebruik hulle vir tafelversierings.  Petunias is ideaal vir warm droë Desembers. Plant ‘n klompie met rooi blomme nou in houers of hangmandjies om goed te lyk teen Kersfees.  SALVIA splendens (rooisalie) laat ‘n mens die meeste aan Kersfees dink – die regop are met rooi blomme herinner aan die speelgoedsoldaatjies uit Die Neutkraker. Hulle is veelsydige plante wat geplant kan word in volson of ligte skadu (waar die blomme nie so gou sal verwelk nie). Daar is baie klein variëteite (15 cm hoog) sowel as grootmenere wat tot 30 cm hoog word. Ideaal vir feestelike Kersfeeshouers.  Vinca (CATHARANTHUS roseus) is die gehardste van alle beddingplante. Hulle hou van volson en hitte, swak sanderige grond en het nie baie water nodig nie. Die nuwe

DIANTHUS ‘Corona Cherry Magic’

SALVIA splendens (rooisalie)

Nieu-Guineeimpatiëns


Kweek 52 I www.dietuinier.co.za


T

ot betreklik onlangs toe is organiese tuinmaak oor die algemeen beskou as die gebied van eksentrieke mense wat geweier het om die vanselfsprekende waarheid te aanvaar dat twintigste-eeuse vooruitgang die ou kuns van tuinmaak verander het. Die houding was: Waarom rondpeuter met kompos en knoffelspuitstof terwyl moderne misstowwe en insekdoders soveel doeltreffender en makliker is om te gebruik? Menings het verander omdat die voordele van twintigste-eeuse tegnologie ‘n duur prys was om te betaal, en nou beskou die meeste tuiniers “organies” as die sinvolste manier om tuin te maak. Chemiese spuit‑ en misstowwe het baie skade aan die natuur aangerig. ‘n Tuinier dink miskien dat hy of sy alleen dalk nie veel kan doen om die wêreld te verander nie, maar ons kan beslis verstandig sorg vir die stukkie omgewing onder ons beheer: ons eie tuin. En sodoende maak ons ‘n verskil, veral as ‘n mens al die huistuine in die wêreld bymekaartel – hulle verteenwoordig ‘n taamlike groot stuk van die omgewing. Organiese tuinmaak is bloot die toepassing van gesonde verstand soos mense eeue lank gedoen het. Dit behels om mis in ‘n bedding in te spit, kombuisafval op ‘n komposhoop te gooi en om bloed en been in plaas van ammoniumsulfaat op jou tamaties te gebruik. Deur ryk kompos wat

jy gemaak het eerder as ‘n sak chemiese misstof te versprei, weet jy dit sal goed wees vir nie net plantgroei nie, maar ook vir die gesondheid van jou grond in die jare vorentoe. Jy werk hand aan hand met die natuur, in harmonie met sy eie ritmes. Om ‘n gesonde organiese tuin te onderhou is dit die moeite werd om ‘n paar minute af te knyp om weer na die lewensiklus in die tuin te kyk sodat jy al die elemente en hul interafhanklikheid van mekaar verstaan. In ‘n ryklik beboste gebied waar ‘n groot verskeidenheid plante sonder inmenging deur die mens welig groei, sal jy merk dat ‘n dun lagie afgevalde blare die woudvloer bedek. Die blare ontbind en onder hulle is ‘n menigte lewende organismes wat die organiese materiaal verteer en self ook hul eie dooie liggame by die grond voeg. Hulle wissel van wurms en klein insekte tot mikroskopiese bakterieë en swamme en sonder hulle kan die herbenuttingsproses nie plaasvind nie.

Humus Die werk van al hierdie organismes het die wonderlike stof genaamd humus tot gevolg. Dit is ‘n soort swart kolloïed en gee die donker kleur en die soet aardse reuk aan vrugbare grond. Dit klou vas aan die mineraaldeeltjies wat die raamwerk van grond uitmaak en vul die ruimtes sodat water en opgeloste voedingstowwe in die struktuur gehou

Dit duur ‘n ruk om die humusvlakke in die grond op te bou, veral as verkwistende tuinmaak dit uitgeput en die onoordeelkundige gebruik van insek‑ en swamdoders en kunsmisstowwe dit vergiftig het. Dit duur ook ‘n ruk om gewoond te raak aan die idee om die grond en nie die plante nie, te voed.

word en aan plante beskikbaar gestel word wanneer hulle dit nodig het. Humus word geleidelik verteer en gee sy voedingstowwe aan plante, en as dit nie voortdurend vervang word nie, sterf die grond. Die grond lewe so lank as wat daar nie met die herbenuttingsproses ingemeng word nie – maar inmenging is presies wat in ‘n tuin gebeur. Ons sit nie alles weer terug in die grond nie. Ons gooi onkruid op die komposhoop, ons eet ons groente en stuur die afval elders heen. Ons pluk blomme en gooi hulle in die asblik. Ons verbrand blare en snoeisels. En elkeen van hierdie aksies verminder die humusvoorraad. Ons gebruik dalk selfs giftige chemikalieë wat die mikroörganismes doodmaak. Ons moet duidelik werk om die balans te herstel. Tensy jy die organiese materiaal vervang waaruit die humus voortdurend gevorm word, sal die grond geleidelik doodgaan. Bygevoegde chemiese misstowwe versterk die groei van jou plante vir ‘n rukkie, maar voed nie die lewende skepseltjies in die grond en maak ook nie humus nie. Chemiese misstowwe lewer ook ander probleme op. Om hulle oplosbaar te maak, bevat hulle stowwe wat die tuin nie nodig het nie: ammoniumsulfaat lewer beslis stikstof van die ammoniak op, maar die sulfaatdeel vergiftig wurms, bakterieë en swamme. www.dietuinier.co.za I 53


Organiese materiaal – materiaal wat eens lewend was – moet voortdurend bygevoeg word om die humus te voed, die rede waarom dit belangrik is om jou eie kompos te maak deur soveel organiese materiaal as moontlik van die tuin self te herbenut. Afgevalde blare, groentestingels, dooie blomme – niks moet gemors word nie. Bring dan ander materiaal van buite af in: groenteafval, dieremis, bloed en been, grassnysels, hare, koerante en strooi.

Is kompos ‘n goeie bemestingstof? Presies hoe goed kompos as bemestingstof is, hang af van hoe ‘n mens dit meet. Die hoeveelhede beskikbare stikstof, kalium en fosfor (die NPK-syfers) is nogal laag en veranderlik wanneer dit met kunsmis vergelyk word. Dit laat plante nie skielik vinnig groei nie. Die voordele daarvan is langdurig. As jou grond van nature min van ‘n besondere element bevat, voeg bloot die vereiste elemente op die hoop by, verkieslik in ‘n vorm waarop die mikroörganismes kan werk. Enigiets wat ryk aan proteïen is (bloed, been, urien, mis), sal stikstof byvoeg. Beenmeel verskaf fosfor en potas kom van houtas of seewier. Die vraag na kompos is die grootste in die laatwinter wanneer plantbeddings voorberei word en deur die lente wanneer deklae vir die somer neergelê word. ‘n Mens kan egter jou kompos versprei wanneer dit jou pas.

Kweek tamaties organies Tamaties is lief vir baie kompos en mis. Ideaal gesien moet dit minstens agt weke voor plant in die bedding ingespit word om dit tyd te gee om af te breek en ook sodat voordelige mikroörganismes kan ontwikkel. Tyd is ook nodig sodat die voedingstowwe in die kompos of mis vrygestel kan word. Die inspit van die kompos of mis in die grond sal waarskynlik daartoe lei dat ‘n hele klomp onkruid ontkiem, wat dan uitgetrek kan word voor jy jou tamaties plant. Versprei kompos as deklaag op die oppervlak om gevestigde plante waar jy nie diep wil spit en die wortels wil versteur nie. Namate dit ontbind, sal die erdwurms dit op ‘n natuurlike manier dieper ‘inspit’. ‘n Deklaag wat min of meer permanent is, sal die grond koel hou, onkruid versmoor en vog bewaar. Die Australiër Annette Welsford het hierdie artikel geskryf. Annette het die boek How to Grow Juicy Tasty Tomatoes geskryf saam met Lucia Grimmer, ‘n plantvoedingstegnikus en deskundige op die gebied van plantsiektes. Die boek beskryf in besonderhede alles wat ‘n mens wil weet van hoe om tamaties organies te kweek. Dit het stap-vir-stap-aanwysings vir die groentjietuinier en gevorderde inligting wat op proefnemings berus vir die professionele kweker. Besoek www. bestjuicytomatoes.com om ‘n hardebandboek te bestel of ‘n elektroniese afskrif te koop en af te laai. 54 I www.dietuinier.co.za


DIE KERRIEBOOM Murraya koenigii

Raadpleeg altyd eers jou dokter voor jy met ‘n tuisbehandeling begin. Die inligting in hierdie artikel is geensins bedoel om jou dokter se advies te vervang nie.

Die kerrieboom is ‘n skerp aromatiese immergroen boom wat van Indië, Sri Lanka en Pakistan afkomstig is en is ‘n baie geliefde en gewaardeerde deel van Indiese kultuur, voedsel en medisyne.

I

ndiese immigrante het hul kerriebome met hulle saamgetrek toe hulle in ander lande gaan woon het. ‘n Indiese chef het ongeveer twintig jaar gelede die eerste kerriebome vir my gegee en my ook geleer hoe om “regte kerriepoeier” te maak, soos hy dit gestel het. Hy het ook terloops gesê dat die boom medisinale eienskappe het – sy ouma het dit gebruik om verkoues en griep weg te hou, en dit was ‘n goeie behandeling vir virusse en party kankersoorte. Ek was verbaas. Later het ek uitgevind dat die mediese aansprake korrek was, dat die blare ryk is aan antioksidante en in die aptekersboeke van Thailand, Maleisië, Indonesië en Sri Lanka gelys is. Deur die eeue het elke huis ‘n kerrieboom gehad en was daar takkies saamgestelde blare om daagliks te pluk.

Die kweek van kerriebome MURRAYA koenigii is gevoelig vir ryp. Moet dit dus nie probeer kweek as jy nie in ‘n warm, rypvrye subtropiese of tropiese gebied woon nie. Piepklein boompies word gekweek van trosse saad wat uit die piepklein stervormige wit blommetjies ontstaan. Die saad moet ryp word en uitdroog voor dit gepluk en gesaai word. Druk twee of drie ryp sade in ‘n pot vol klam komposryke grond en hou die pot in die skadu. Moenie dat die grond uitdroog nie. Dit duur ‘n paar maande voor die klein saailinge stewig en sterk genoeg is om uitgeplant te word. Kies in daardie stadium ‘n plek wat volson kry, berei diep en wye komposgevulde plantgate voor en laat dit vol water loop. Haal die boompies versigtig uit die potte uit sonder om die wortels te versteur en versink hulle in die

Deur Margaret Roberts voorbereide gate. Druk die grond om elke boompie vas om hulle stewig te maak en hou dit klam. Maak ‘n sterk dammetjie om elkeen ter voorbereiding van ‘n lang, stadige weeklikse natmaak en hou die bome goed dop.

gebraai word, is die basis vir kerries en word bygevoeg by blatjang, marinades, souse, slaaisouse en smere, vryfmiddels en maalsels met fenegriek en rissie en komyn.

Die gebruik van kerrieblare

Hierdie is die basiese kerriemengsel wat die Indiese sjef my gegee het op daardie wonderlike dag toe hy die bome gebring het, en ek het geëksperimenteer, bygevoeg en elke smaak geniet. • ½ koppie koljandersaad • ½ koppie komynsaad • ½ koppie fenegrieksaad • 2 teelepels kardamompeule, uitgedop • 1 teelepel naeltjies • ½ koppie geel mosterdsaad • 1 eetlepel tamaryn • 1 eetlepel borrie • ½ koppie of meer of minder brandrissie – fyn gekap en die saad verwyder as jy wil • 1 koppie vars kerrieblare • ½ koppie vars gerasperde gemmer • ½ koppie dik bruinsuiker Maak alles fyn in ‘n stamper en vysel en voeg sout en swartpeper by na smaak. Hierdie voortreflike mengsel moet elke keer vars gemaak word. Meng dit goed. Die tamaryn is te kry in ‘n pasta – druk dit fyn in alles. Die gemmer moet regtig fyn gerasper word – voeg dit by die suiker. Skep die mengsel versigtig in ‘n warm pan met ‘n bietjie ghi in en werk vinnig. Voeg dan die hoenderstukke of vis of skaapvleis by of hou dit heerlik vegetaries en voeg kekerertjies of lensies of eiervrug en groente by. Voeg dan ‘n bietjie aftreksel of water by. Dalk hou jy van sterker smake – voeg by en verander en maak aantekeninge. Dit is ongelooflik as dit saam met rys voorgesit word!

Die woord kerrie kom van die Tamil-woord kari wat ‘n pikante sous met ‘n intense geur beteken. Kerrieblare is ‘n noodsaaklike bestanddeel van die Tamil-kombuis en word sedert die eerste eeu na Christus as geurmiddel en voedsel gebruik. Dit word baie eeue lank al in Hindoe-medikasies en Ajurvediese medisyne gebruik en het ‘n plek in seremonies en vierings. Kerrieblare se reputasie as waardevolle medisyne wat in baie belangrike aptekersboeke gelys en geregistreer is, gee daaraan ‘n unieke status wat wêreldwyd erken word. Moderne mediese navorsing bevestig die rol van kerrieblare by die behandeling van diarree, disenterie, braking, naarheid en uiterste uitputting weens trauma. ‘n Tee van die blare – ‘n kwart koppie blare op ‘n koppie kookwater, laat trek vyf minute, roer goed, gooi deur en teug stadig – is uiters strelend vir al dié kwale en is die tradisionele tee vir diabetes, ‘n gebruik wat onder die soeklig kom namate navorsing nuttige verbindings in die vars blare isoleer. Die afgekoelde tee raak ‘n gewilde smeer-, gorrel- en mondspoelmiddel, en word gebruik om seerkeel, griepsimptome, mondinfeksies, tandvleiskwale en sere om die mond te behandel. Kerrieblare is ryk aan antioksidante en antivirale verbindings wat geblyk het beskermend teen sekere kankersoorte werk. Op die Indiese en Sri Lankaanse platteland word tandeborsels van die stamme en sagte takkies gemaak deur die punte fyn te druk en die vesels uit te rafel. Dit help om tussen die tande skoon te maak asook om die tandvleis te masseer om infeksies gesond te maak. Kerrieblare is ‘n verwarmende, stimulerende, heerlik geurige kruid wat spysvertering verlig, aptyt verbeter, koliek en diarree streel, hardlywigheid opklaar, en suuroprisping, die opbreek van winde en winderigheid laat verdwyn. Al die dele van die pragtige boompie word gebruik en ‘n pasta van die fyngestampte blare maak ‘n strelende pap op insekbyte, steek-, krap- en skaafplekke. Vars en gedroogde blare wat in ghi of olie

“Regte kerriepoeier”

NB! Moenie MURRAYA koenigii met HELICHRYSUM italicum (die “kerrieplant”) verwar nie. H. italicum ruik net soos kerrie, maar kan nie geëet word nie. Die geur is al wat kerrierig is en die blare in nie eetbaar nie. Plante van die Margaret Roberts Malanseuns Herb Collection wat kerriebome insluit, kan by tuinsentrums en kwekerye bestel word. As jou plaaslike tuinsentrum nie kerriebome in voorraad het nie, vra die bestuurder om dit vir jou te bestel.


aan die waterkant

Gereed vir die

plons... Die somer is hier en jou winterbleek beentjies is dalk al ‘n bietjie bruiner. Jou bikini pas ook weer soos ‘n handskoen. Maar, dit gaan jou niks baat as jou swembad en kuierplek nog winterdroewig lyk nie. Dalk kort jy net ‘n bietjie inspirasie. Ons het op twee werwe die mooiste kuier- en swembadtuine raakgeloop. Ouwêreldse huis, moderne onthaaltuin

Dié swembadtuin in Montagu is uitgelê deur Jan Hagen van Zantedeschia Concepts volgens riglyne deur David Muirhead, ‘n Johannesburgse projekbestuurder en binnenshuise versierder, wat verantwoordelik was vir die restourasie van twee baie ou wonings op die dorp. Huis Krige, ‘n nasionale gedenkwaardigheid en Huis Biden, die ou Vrymesselaarslosie se klein tuine is verbind om een tuin met verskillende tuinkamers te vorm. Tussen die binneruimtes en die buiteleefareas moes ‘n perfekte sinergie wees. Die swembadtuin word omring deur ou grensmure aan drie kante. Vanaf hierdie sentrale gedeelte, word die twee tuine verbind met netjiese stapblokpaadjies. Twee watereffekte met dieselfde kernelemente word tussen die twee tuine herhaal om dit saam te bind. Balau-houtdekke is as tuinvloer rondom die swembad-area gebou en daar is ook ‘n ruim kuierhoutdek om ‘n witstinkhoutboom. www.dietuinier.co.za I 31


Gebruik wat daar is…

‘n Groot CELTIS africana (witstinkhout) en ‘n redelike ou PODOCARPUS falcatus (Outeniekwa geelhout) wat op die eiendom was, het sentimentele waarde vir die nuwe eienaars, Richard en Karen Weilers. Albei is simpatiek en mensvriendelik gesnoei om die beste te maak van hulle takraamwerke en geil gedrapeer met stringe liggies wat die tuin saans in ‘n towerlandskap omskep.

Voeg ‘n bietjie flair by…

‘n Swembadtuin is nie afgerond sonder gemaklike slaplê-meubels en mooi potte met plante nie. Moenie oorboord gaan met te veel mooigoed nie, die huismense moet genoeg beweegruimte hê om in te speel, plons en plas met veiligheid.

‘n Flambojante kandelaar hang aan ‘n dik tak van die witstinkhout met sy houtdek van balau. Die gemaklike rottangmeubels sorg dat die familie lang ure daar spandeer in die soel someraande van Montagu.

‘n Moderne dagbed met skaduwee vir ontspan. Nuwe aalwynhibriede met geel blomme was sommer ‘n spoggerige keuse vir die potte.

32 I www.dietuinier.co.za


Dan die plante…

Om van die tuin ‘n rustige Eden te maak, weg van die stadsgewoel waarvan die eienaars vlug, is besluit om die loofkleur so rustig as moontlik te hou en daar is hoofsaaklik in groen gewerk. Tekstuur is verkry met die aanplant van PHILODENDRON xanadu. Die VIBURNUM odoratissimum, V. tinus lucidum en V. suspensum sal in die toekoms namate hulle groter groei, die ruimtes meer gesellig maak en die grensmure versag. Jan het ook gebruik gemaak van SCHEFFLERA umbellifera (basterkiepersol) omdat hy glo die plante met hulle slanke groeiwyse sal ideaal wees om vertikale hoogte en afskerming in klein plekke te verskaf. Hulle sal ook sorg vir meer koelte – iets wat baie nodig is in die Klein Karoo se baie warm somertemperature. .

Daar kan staat gemaak word op Ligularias met hulle groot blare met die heldergeel kolle op, om interessante kontras te verskaf tussen ander groene. Die pragtige roesbruin onderkante van die leeragtige blinkgroen blare van MAGNOLIA grandiflora ‘Little Gem’.

Die verwelige blare van TIBOUCHINA grandifolia is sag om aan te vat en mooi vir die oog – ‘n plant wat aandag trek self al is dit sonder die dieppers blomme. www.dietuinier.co.za I 33


Swemhuis

Die kuiergedeelte van die huis is so deel van die tuin, dat ‘n mens amper vanaf die dieptes van ‘n sagte rusbank in die koel donker waters van die swembad kan duik. Theresa Rabe van Onrusrivier, naby Hermanus, het moeg geraak vir die patio in die agtertuin wat gedurig onder die elemente moes deurloop in dié winderige kustuin. Die agterstoep is onder dak gesit met ‘n byderwetse wit houtvloer. Met wegvou konsertinadeure kan die hele vertrek oopgemaak word om die natuur en die tuin elke dag in te nooi. Hierdie is nou haar gunstelingvertrek waar sy meeste van haar ledige ure spandeer.

Voeg fyner detail by…

Theresa is lief vir mooimaak en stilering en verander met die seisoene ook die kleur van haar bykomstighede. In die koeler maande laat helderrooi dekoritems soos strooikussings, gooilappe en ander items, die kuierplek warm en snoesig lyk. As dit warm word, gebruik sy weer koel blou bykomstighede om die voorkoms te verander.

Theresa se plantstyl…

34 I www.dietuinier.co.za

Daar is gehou by ‘n eenvoudige en herhalende plantkeuse teen die agtergrond van die magtige berge. Boonop was die ruimte om die swembad te klein om te besig te plant. Grootblaarklimop bedek van die grensmure terwyl ander waarop die oog val vanuit die kuierkamer, met trellisraamwerke versier is waarteen TRACHELOSPERMUM jasminoides (sterjasmyn) groei. In muurpotte tussen die panele word fyn seisoenale jaarplante vir kleur geplant. Netjies gesnoeide SYZIGIUM paniculatum en WESTRINGIA fruticosa groei in vensterbokse en potte.


Wenke vir ‘n swempartytjie

• Kies ‘n ongewone tema wat jou gaste sal verras. Jy kan byvoorbeeld op die uitnodigings sê: ‘Amper aan die einde van ‘n blomryke jaar, kom blom ‘n bietjie saam’. Om aan te sluit hiermee, kan jy goedkoop beblomde lappe aanskaf om vir strooikussing en tafellinne te gebruik. Bind linte met blommotiewe op, om die stamme van bome en hang kleurvolle papierlanterns aan lang toue oor die tafel. • Jy hoef nie jou beursie te knak nie. Maak eenvoudige piekniekkos en pak dit in mandjies. Moenie skaam wees om vriende te vra om te help met die voorbereiding nie. Baie groot supermarkte maak ook heerlike partytjiesnoeperye op groot borde teen ‘n billike prys. Al wat daarby nodig is, is verskillende soorte vars brood en lekker smere. • Gebruik blare, blomme en stukke van sukkulente uit jou tuin uit as versiering. Somervrugte en groente is volop hierdie tyd van die jaar en maak ewe mooi tafelversierings – dit is soms ‘n sappige glansblink nektarien in ‘n kleipotjie of bossies vars en geurige kruie, in plaas van duur bloemisteblomme wat die gaste betower en laat welkom voel. • Gebruik baie goedkoop kerse in glaspotte en drinkglase vir sagte beligting. • Maak jou kruiwa vol ys om die drankies koel te hou. • Klein intieme eetplekkies is meer gesellig as een lang tafel. • Moenie ‘n buurtpes wees nie. Hou die volume van die musiek op ‘n aanvaarbare vlak. (Die lekkerste swempartytjies sluit gewoonlik die bure in, maar as julle nie graag saamkuier nie, sal ‘n voorafwaarskuwing dat julle ‘n buiteonthaal om die swembad gaan hou, selfs die knorrigste buurman sag maak – veral as jy vooraf persoonlik gaan inloer met ‘n plantjie uit jou tuin uit, in die hand.

www.dietuinier.co.za I 35


KOOP EEN

SUBSKRIPSIE PLUS kom in aanmerking om

‘n MTD175 Lawn Tractor ter waarde van R22 000 van Creative Equipment te wen

MTD-grasperktrekkers is te kry by grasperk- en tuinafsetpunte en huisverbeteringsentrums. Creative Equipment versprei MTD in Suider-Afrika. Bel 011 828 5085 of besoek www.creativelp.co.za. ‘n Groot Starke ayreS-GeSkenkpak vir een nuwe intekenaar

tuinier die

WEN

AUGUSTUS 09

vir alle tuinliefhebbers

’n reis na Namibië

SUID-AFRIKA

Erythrinas MooIER

‘N TaloN-raNDSNyer vir eeN GelukkiGe iNTekeNaar

vir alle tuinliefhebbers

Doen

Mosaïek

AS koRAlE

Plant jou Pietersielie

Vrugtekweek - lemoene

Ingslt. BTW

ANDER LANDE

R17.50 Uitgslt. BTW Op die rak 20 Julie 09 tot 17 Augustus 09

• Dis heerlike mente! • Gooi soetmielies • Sonryp papajas

Damplante is dit R19.95 Ingslt. BTW

INHEEMS

ß Kaperjolle in ’n bokdrol ß Kaperjolle in ’n bokdrol ß Crinums– –lelies leliesvir viralle alle geleenthede geleenthede ß Crinums

‘n Talon-keTTingsaag Te wen vir een nuwe inTekenaar

ANDER LANDE

R17.50 Uitgslt. BTW Op die rak 21 September tot 19 October 09

inheemse

onkruid?

vlytige liesbette

Somerblomme angelonias, Jakopregoppe en vincas

Ons ry die

blomtrein

Wat regte tuiniers vir

Kersfees

Clivias... Ingslt. BTW

ANDER LANDE

R17.50 Uitgslt. BTW Op die rak 19 Oktober tot 16 November 09

Krismisrose heelsomer lank

• Grasangeliere • Somerstruike • Rankplante • Bont Fuchsias

Saai die geil sade só

vir alle tuinliefhebbers

SUID-AFRIKA

Kweek vir eet:

Tiemie, Koljander en Skorsies

en plant:

R19.95

die

NOVEMBER 09

vir alle tuinliefhebbers

SUID-AFRIKA

Kombuistuin

Reg vir saai

PETUNIATYD!

die

OKTOBER 09

GRoENTEkWEEk

NUWE REEkS R19.95

KOOP ‘N SUBSKRIPSIE EN KRY NOG EEN GRATIS!

wil hê…

Ghwarrie, jou lekker ding!

Fynproewerplante vir

Japannese Tuine

ANDER LANDE

R17.50 Uitgslt. BTW Op die rak 16 November tot 14 Desember 09

vir alle tuinliefhebbers

vir Wagter

FEBRUARIE 2010

SUID-AFRIKA

’n Tuin vir Alle Seisoene in Paarl

Tuinprobleme opgelos • Plante vir alle soorte skadu • Wat plant ek in keermure? • Huisplante vir elke vertrek

R19.95

Ingslt. BTW

ANDER LANDE

R17.50 Uitgslt. BTW Op die rak 18 Januarie tot 15 Februarie 09

Sag op die Neus

Geurplante

Karwy, Roosmaryn en Blomkool

in die groentetuin

BAIE GELUK aan Mnr. A.J. Dreyer, Mev. B. Goldschmidt and Mev. E.H. Altintopi wat elk ‘n JoJo SlimlineTM-tenk plus R1 500 kontant vir die installering gewen het, die teken‑in‑en‑wen‑pryse vir Augustus 2010. 98 I www.dietuinier.co.za

SUID-AFRIKA

TuinTerapie • • • • •

Plante vir Welwees Aromatiese Kruie Sappige Perskes Kweek Anys Wildeals gee Alles

Plantkarnivore

Koel

Komkommers

Grasperkplanne bemes, saai oor en sny gemaklik

tuinier

Swemlesse

Gratis bylae CReate

JANUARIE 10

vir alle tuinliefhebbers

SUID-AFRIKA

Polkakolle vir Kersfees

Ingslt. BTW

die

DESEMBER 09

Plant nou R19.95

Intekenaarsprys: Jy kan ‘n wegbreeknaweek met gratIs motorhuur wen

die

Intekenaarsprys: Jy kan Décor LattIce-proDukte wen

tuinier tuinier tuinier tuinier die

Sonvangers

vir jou blomtuin R19.95 Ingslt. BTW

ANDER LANDE

R17.50 Uitgslt. BTW Op die rak 14 Desember tot 18 Januarie 09

Speel met

SPIRALE in potte

Tuinromanse

Plant ’n Maanligtuin


EN KRY EEN

GRATIS

Hernu vir R207 en bespaar 25% op die omslagprys Seniorburgers: Net R193 bespaar 30%

Maak ‘N gereed ERD N WO vir die LIKE KfeesN ESKEE G gety IDE

O

ns het hierdie maand iets spesiaals gereël vir een gelukkige intekenaar plus ‘n dubbele bederfie vir elke nuwe intekenaar. As jy voor 15 November 2010 op Die Tuinier of The Gardener inteken of jou intekening hernu, word jou naam ingesluit by die trekking vir die fantastiese MTD175 Lawn Tractor ter waarde van R22 000 wat deur Creative Equipment verskaf word. Nuwe intekenaars wat vir die gebruiklike 12 maande teen R220 inteken, word by die trekking vir die prys van Creative Equipment ingesluit EN ontvang ‘n tweede intekening heeltemal gratis om as geskenk te gee. Creative Equipment het twee nuwe modelle in sy trekkerreeks bekend gestel: die MTD135 en die MTD175, en albei speel gou klaar met groot gebiede sonder om hard te werk.

MTD135 Lawn Tractor Die MTD135 is ‘n grasperktrekker met agteruitlaat, ‘n kragtige 10,1 kW‑ (13,5 pk.‑) Briggs & Stratton-enjin onder sy kap en ‘n snywydte van 92 cm wat dit ideaal maak vir

Aanlynsubskripsie by www.rnadistribution. co.za of e-pos subs@RNAD.co.za

Bel (011) 473 8700 met jou kredietkaartbesonderhede of SMS ‘Subs DT’ na 41939 (R2/sms) en ons sal jou bel

‘n Subskripsie op Die Tuinier kos net R220 en koop ‘n jaar se leesplesier saam met die bykomende voordele van gratis aflewering en om nooit ‘n uitgawe mis te loop nie.

grasperke van ongeveer 2 000 tot 4 000 m2. ‘n Transmatiese ratkas dra die enjinkrag na die agterwiele oor, wat ‘n mens toelaat om sonder onderbreking rystande te wissel. Die MTD135 kan as ‘n 3-in‑1-masjien gebruik word wat kan versprei, in ‘n sak kan versamel en kan uitlaat as dit toegerus is met ‘n stel spesiale lemme en deflektor wat as bybehores te kry is. Danksy die enorme grasvanger (240 liter) hoef ‘n mens nie te dikwels na die komposhoop te ry nie, selfs al is die grasperk groot. ‘n Paar van die ekstra kenmerke van die volledige reeks is die vry dek, wiele wat die gras beskerm en die draaiende vooras – kenmerke wat gewoonlik nie by hierdie prysklas ingesluit is nie. Danksy die dek wat oor die linkerkant uitstaan, kan ‘n mens besonder na aan die rand sny.

MTD175 Lawn Tractor Die MTD175-grasperktrekker, die prys vir hierdie maand se gelukkige wenner, behoort beslis tot die topkategorie van agteruitlaatgrasperktrekkers. Die stewige ontwerp en bou daarvan maak dit geskik vir aanhoudende gebruik in moeilike toestande. Dit kan ook as ‘n 3-in-1-masjien

Pos ‘n tjek met jou naam, posadres en telefoonnommer na RNA SUBS, Posbus 725, Maraisburg, 1700

Debietorder opsie: Bel (011) 473 8700 en betaal net R48 elke 3 maande

gebruik word wat kan versprei, in ‘n sak kan versamel en kan uitlaat as dit met ‘n stel spesiale lemme en deflektor toegerus is. Die gladde vierslag-Briggs & Stratton-enjin werk met 12,9 kW (17,5 pk.) wat ‘n mens in staat stel om vinnig en maklik teen hellings te sny. Selfs groot gebiede soos 4 000 tot 5 000 m2 kan binne ‘n redelike kort tydjie aangedurf word danksy die snywydte van 105 cm. Nog ‘n onderskeidende kenmerk van hierdie masjien is die nuut ontwikkelde outomatiese ratkas van MTD wat beheer word deur baie stewige meganiese onderdele wat dit amper onvernietigbaar maak. Dit is maklik om met ‘n enkele pedaal die spoed vorentoe en agteruit te beheer. Dit is nie nodig om van rat te verwissel nie aangesien die ratkas voortdurend by die spoed aanpas. Met die nuwe outomatiese ratkas kry die trekker bestuurgemak wat tevore uitsluitlik by hidrostatiese ratkaste te kry was. ‘n Sagtegreepstuurwiel, hoë rugleuning, voorbuffer, topkwaliteit gerubberiseerde glyweervoetkussings en die deurklimraam om maklik op en af te klim, rond die lys van ekstra kenmerke af.

Deponeer jou betaling by Teken in op Die Tuinier en jy FNB Corporate Jhb, Kode kan een Engelssprekende 25 50 05 00, rekeningnr. vriend benoem wat drie 62104927259 en faks ‘n kopie opeenvolgende uitgawes met al jou besonderhede van The Gardener na (011) 474 5479 heeltemal gratis sal kry.

Oorsese intekenaars R678. Die res van Afrika R578. Laat asseblief vier weke toe vir die verwerking van bestellings. Alle pryse sluit BTW in en is geldig tot 30 November 2010. www.thegardener.co.za I 99

Die Tuinier November 2010  

Die Tuinier, Suid-Afrika se gunstelingtuinmaaktydskrif, wys hoe tuinmaak pret, maklik en bekostigbaar kan wees, en voorsien in die behoeftes...

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you