Page 1

Stellastraat NG Gemeente Tel: 012 460 8570 Faks: 012 346 4825 Epos: admin@stellastraat.co.za

Stellastraat 158 Waterkloof 0181

 

Bankbesonderhede: Bank - ABSA Tjekrekeningnommer 540580022 Takkode - 632 005 VOLG ONS OP FACEBOOK!

Ons dink aan

  

www.stellastraat.co.za

Johan Viljoen van Outeniqualaan word in Lynnmed versorg. Jacques Lombaard van 6de Straat Wes 8, Menlopark. Mary Straueli van Golfstraat 43, Waterkloof. Rena van Niekerk (Pretorius) van Nazareth House. Hein Hamann se moeder van die Kaap is Donderdagaand oorlede. Ons innige meegevoel gaan aan hulle. Johann du Pisanie van Upper Waterkloof RV8, Reguluslaan 173 is Vrydag oggend oorlede. Ons dink aan Maureen, Almer en die familie.

Nuwe Lidmate Indien jy ‘n lidmaat van Stellastraatgemeente wil word, kan jy na die erediens die predikant by die Nagmaaltafel ontmoet en jou inligting in die Nuwe Lidmate boek invul. Andersins kan jy in die week die kerkkantoor skakel .(012 460 8570).

16 September 2018

Verjaarsdae 9 Sept - 15 Sept 2018 Ons wens graag die volgende lidmate geluk met hul verjaarsdae 9 September

12 September

Dawid Burger; Hein Els; Francois Heyns; Carel Jordaan; Theani Kleynhans; Ron Lewington; James Mayhew; Annalise Odendaal; Alida Oosthuizen

Nina de Vos; Lizelle Gregory; Isabel Hefer; Jeanine Knoetze; Steyn van Niekerk; Lise van Wijk; Izelle Verster

10 September Nelia Bezuidenhout; Cobus Dreyer; Pieter Grobler; Ina Kruger; Brenda LesserDorfling; Nielu Minnaar; Kayla Oltman; Ilze Pistorius; Eloise Strydom; Martie Vorster

11 September Henk Auret; Nickie Combrink; Reenen du Preez; Chris Nieuwoudt; Mihan Pretorius; Corné Taljaard; Reinate van den Berg; Gerhard van der Merwe; Louis van Rensburg; Mia van Zyl

13 September Annelise Barkhuizen; Lourens Brandt; Theun Coetzer; William Mayhew; Bill Mckechnie; Michael Oosthuizen; Surina Swart

Erediensversorgers Koördineerder - Neels Campher 0828811736 08:30

10:00

18:00

Neels Campher

Brenda Lesser— Dorfling

Edward Leach

(Koördineerder)

(Koördineerder)

Zettie Campher

Altus Lambrecht

Elma de Bruin Christo du Preez

Theuns Coetzer

Sannie Gerber Gustie van der Vyver Poets van der Vyver

Jacques du Toit; Lizelle Grobler; Bremer Pauw; Eridine Roux; Pietré Smit; Tristan van den Berg; Berendina van Zyl

Deurdiens 08:30

10:00

Ludwig Greyvenstein

Charlotte Lewington

Ronel Greyvenstein

Marieke Bloem

15 September Lean Coetzee; Xander de Bruin; Annette de Villiers; Hannette Esterhuizen; CP Fourie; Joané Griesel; Liza Marais; Linda Prinsloo; Madeleine van der Berg; Elmarie van der Vyver; Christa Venter; Jacques Willemse

Tee-Team 08:30 Elrie Potgieter Magda van Graan Teo & Karien Louw Yvonne Wakeford

Dante se Il Paradiso in Afrikaans 19 September

Datums om dop te hou!

Die siel se reis na God In Dante Alighieri's se epiese gedig “Divine Comedy” beland hy in die eerste deel in die hel, in die tweede deel in die vagevuur, en in die derde deel in die hemel. Die hemel word uitgebeeld as ‘n klomp sirkels rondom die aarde. In wese handel die derde deel oor die siel se reis na sy bestemming by God. Prof Cas Vos, ‘n oud-leraar van Stellastraat, het groot gedeeltes van die derde deel van Dante se gedig uit Italiaans in Afrikaans vertaal. Die titel van die vertaling is: Dante se Il Paradiso – ’n wonderwerk. Op Woensdag 19 September tydens ons boek-en fliek bespreking gaan Cas kom vertel van die vertaling. Hennie Maas het ‘n video van die vertaling gemaak en die voorlesing word deur Dawid Minnaar gedoen. Iemand se reaksie op die video is: “Watter pragtige beelde, die Universum in al sy raaiselagtigheid én skoonheid, en dan die voordra van die gedigte.” Dawid Minnaar se voorlesing is ontroerend en briljant. Die visuele beelde is aangrypend. Dante Alighieri het van 1265 tot 1321 geleef. Hy het die Il Paradiso (die paradys) in ballingskap geskryf. Sy tyd was ‘n tyd van korrupsie, afguns, magsbeheptheid en kwaad doen. Klink dit nie bekend nie?

10:00 Dirk & Lizelle Grobler Elize Pistorius Sylvia Bosch

18:00 Jako & Carika Breytenbach

Adoramus Die Adoramus diens vanaand word deur Willem Nicol gelei. Ons lees uit Jesaja 35 en die tema is “In donker tye - steek aan die kerse van hoop.”

7 - 9 September 2018 Gemeentekamp 19 September 2018 Boek -en fliekbespreking 12 - 14 Oktober 2018 Verbinteniskamp 14 Oktober 2018 Kerkraadsbevestiging 25 Oktober 2018 Senior lidmaat spitbraai 28 Oktober 2018 Hervormingsfees 6 November 2018 Kerkraad 14 November 2018 Fliek- en boekbespreking 18 November 2018 Versoeningsdiens 25 November 2018 Kerssangdiens 2 Desember 2018 Herinneringsondag

Hierdie gedig is die allergrootste gedig wat ooit geskryf is. Dit is die eerste keer dat dit in digvorm in Afrikaans beskikbaar is. Die reis na die paradys open verrykende perspektiewe vir hierdie lewe en die na-lewe. Kom beleef dit saam.

André Botha

14 September

9 September 2018

(Koördineerder)

Jeuggroepleiers

Graad 6’s

Aankondiginge

16 Desember 2018 Versoeningsdag 25 Desember 2018 Kersfees

9 Sept 2018

16 Sept 2018

08:30 - Erediens

09:00

Tienie Bosman

10:00 - Erediens

Malan Nel

Peet Crous

10:00 - Kleuterkerk

Geen

3 jaar tot Gr 0

15:00 - Stellastraat Faith Community

Peter Maruping

Peter Maruping

18:00 - Erediens

Marina de Wet

James Kirkpatrick

Willem Nicol

Stefan Botha

Eredienstye

18:00 - Adoramus


Nuus

Bladsy 2

Golfdag 9 September te Buiteklub

Speel gaan ons speel! Ons beplande golfdag van Woensdag 12 September kry nie baie aftrek nie. Ons gaan steeds speel! Die vermoede is dat die oorvol kwartaal en Pretoria Buiteklub se tydelike setperke iets daarmee te doen het. Daarom het ons besluit om die amptelike Stellastraat kompetisiedag uit te stel na ‘n datum in November. Ons gaan wel eerskomende Woensdag (12 September) speel, maar dit gaan net ‘n sosiale dag wees. Mout en pizzas en pret en informeel. Indien jy wil saamspeel, dan moet jy voor die einde van die naweek (9 Sept) vir Anton (083 458 8712)of Tienie (083 627 5086) per whatsapp laat weet jy speel saam sodat ons die afslaantye kan reël. Ons sal Maandag met jou bevestig. Speel gaan ons speel!

Kerkraad vir

2018/19 verkies Op Dinsdag 4 September 2018 is die volgende lidmate verkies om as kerkraad van Stellastraat te dien: Ouderlinge: Amanda Booysen, Hein Hamann, Dewald Muller, Johan Wannenburg, Malan Nel, Ida Nel, Laetitia van der Linde, Greta van Wyk, Mia Lambrechts, Johan Minnaar, Neels Campher.

Diakens: At Dreyer, Louise Jackson, Christo du Preez, Hanke Fourie, Edward Leach, Brenda-Lesser Dorfling, Sakkie Perold, Maricus le Grange, Bertus van Zyl, Bernard Esterhuyse. Leraars: Tienie Bosman, James Kirkpatrick, Anton Pienaar.

Kerkraad besluit om

Bladsy 3

Johan Heyns. Waar is die oupa? Deur Anton Pienaar

Ek het ook ‘n Johan Heyns-stuiwer te gooi. Daar is baie stuiwers oor die enigmatiese mens wat in dié dae 90 jaar oud sou word indien hy nog gelewe het. Wanneer jy met oud-studente of kollegas praat, sal jy inte- ressante staaltjies van Johan Heyns hoor. Hy was ‘n ‘rare’ mens - waar hy was, was niks vervelig nie. ‘n Uitstekende orator. Belese. Ingelig. Unieke humorsin. Orals in aanvraag. In ‘n era toe die wêreld Suid-Afrika begin prik het oor apartheid as politieke sisteem, het hy as gerespekteerde kerkleier begin sê: ons moet hier uitkom. As lojale Afrikaner het hy begrip getoon dat die wêreld wat Afrikaners besig was om te skep, nie volhoubaar was nie. Daar was baie hoop dat hy met sy charismatiese persoonlikheid, en verbondenheid aan die Afrikanergemeenskap, insig en verandering kon bewerkstellig. Sy dood – ‘n koelbloedige moord – het sy moontlike rol getermineer. Vir baie was hy die nodige en noodsaaklike stem. Vir ander was hy ‘n verraaier, ‘n gevaarlike stem. Ons gesin het hom op ‘n ander manier leer ken. Kort voor die sluipmoord op hom, het hy een aand op Amersfoort by ons in die pastorie oorgeslaap. Hy was oppad om ‘n ontbytgeleentheid op Volksrust te gaan toespreek. Ek het my lippe afgelek vir die geleentheid om persoonlik met hom te praat. Oor alles wat in die brandpunt was. Maar watwou. Daar in die sitkamer moes ek sit en kyk hoe hy met my kinders speel en praat – hulle was nog klein. Ek was net ‘n toeskouer. Hy wou by hulle elkeen hoor wat hulle eendag gaan word, en hulle aangemoedig want die land het hulle nodig. Hy het elkeen in die oë gekyk en met sy speelsheid hulle volle aandag gehad.

Fouché te koppel

Die volgende oggend is ek en hy vroeg weg na die onbyt. Toe vra Esmarie (nog voor skool) vir Hanna: “Waar is die oupa wat gister hier was, ek wil weer met hom speel?” Hy het ‘n indruk op ons voorskoolse kinders gelaat wat ek nie verwag het nie.

Ds Fouché de Wet het demissie ontvang en is nie meer een van Stellastraat se dominees nie. Hy is nou die voltydse leier en hoof van die #Imagine beweging. Na samesprekinge tussen die Kerkraad van Stellastraat en Fouché, en in oorleg met die aktuarius van die Algemene sinode van die NG Kerk, is daar ooreengekom dat hy wel aan die gemeente verbind sal bly.

As ek oor hom en sy status in die Afrikanergemeenskap dink, dan wonder ek waar hy vandag sou staan? Die koninkryk van God en geregtigheid was terme wat waarmee hy ernstig op verskillende podiums omgegaan het. Hoe sou hy oor die Afrikaner en Afrikaans se voortbestaan gedink het? En die rol van die NG Kerk in die tyd waarin ons leef? Daar het so baie water in die see geloop sedert hy na vore getree het as wydgerespekteerde en verligte Afrikaner.

Op Dinsdag 4 September het die kerkraad besluit om ds Fouché de Wet as gelegitimeerde predikant van die NG Kerk te koppel aan Stellastraatgemeente ten einde hom en sy gesin geestelik te versorg en aan hom toegang te gee tot meerdere Kerkvergaderings.

Maricus en Fick gaan improviseer Die beloofde improvisasiekonsert deur Maricus (orrel) en Fick (tjello) gaan plaasvind op Donderdag, 20 September om 19:00 in die kerk. Lek so lank die lippe af en hou die datum oop!

Wildtuintoer 2019 (25-30 Augustus) is vasgemaak! Ons bespreking vir volgende jaar se wildtuintoer is gemaak! Ons het plek gekry in die Satarakamp. Daar is net 15 chalets beskikbaar! Bespreek sommer nou reeds jou plek by Hannalie (012) 460 8570 in die kerkantoor!

Gemeentebiblioteek

Diensgroep Bedrywighede

‘n Vriendelike versoek dat u asseblief boeke en dvd’s so gou u klaar is sal terugbring. Daar is heelwat wat lank reeds uitstaande is. Stellastraat ruil tydskrifte uit: Bring asb jou klaargeleesde tydskrifte biblioteek toe.

GJG-Omgee-groep Die GJG-Omgee-groep kom Woensdag, 12 September 2018 om 9:30 in die biblioteek bymekaar.

Pragtige handgemaakte kaartjies Sondae tydens teedrink in die binnehof te koop.

Aankondigings 9 September 2018  

Aankondigings 9 September 2018

Aankondigings 9 September 2018  

Aankondigings 9 September 2018

Advertisement