Issuu on Google+

Aankondiginge 30 September 2012 Baie welkom ma en dogter! Vanoggend word Katherine Ann, die dogter van Johan en Natalie Lubbe gedoop. Natalie, wat in die Katolieke Kerk grootgeword het, lê ook vanoggend belydenis van geloof af en word ‘n Stellastrater. Baie welkom aan die familie en vriende wat hierdie spesiale dag met hulle deel.

Huwelik ... Deon van Wyk en Lize Regenass trou 6 Oktober 2012. Baie geluk aan hulle 2.

Wegbreeknaweek 19 - 21 Oktober 2012 Die gemeentekamp kom nou vinnig nader. Die volgende gelde moet asseblief so gou as moontlik elektronies oorbetaal word: 6-bed berghuisie

-

R2400

4-bed tenthuis

-

R1660

4-bed woonstel

-

R1640

kampeerplek

-

R700

Rommelverkoping Ons volgende verkoping is 3 en 4 Oktober. Voorrade is min en kopers baie. Enige iets welkom!

Volledige kampbesonderhede sal eersdaags beskikbaar wees. Hou die spasie dop! RETREAT - 2-4 NOVEMBER

Bevrore Kos

Tema: DIE HERE IN MY DAAGLIKSE BEWUSSYN (Practising the presence of the Lord). Aanbieder: Willem Nicol Plek: Good Shepherd langs Hartbeespoortdam. Navrae: sandercl@telkomsa.net

Vrieskaste is leeg. Ons wil graag ons voorrade aanvul. Polistireenborde is in die portaal en by die kerkkantoor beskikbaar.

Spitbraai Gee asseblief solank jou naam op by die kerkkantoor as jy op 25 Oktober 2012 om 11:00 saam met die senior lidmate wil kom kuier in die binnehof.

Eredienstye Tye 09:00 - Erediens 15:00 - Stellastraat Faith Community 18:00 - Adoramus

30 September 2012

7 Oktober 2012

Malan Nel Uitsaaidiens - 21 Oktober 09:00 - RSG

Fouché de Wet

Peter Maruping

Peter Maruping

Willem Nicol

Stevan Botma


“Gebed van die Week”

uit

DIE GROOT GEBEDEBOEK

Om in God te rus ... Verlos my, hemelse Vader, van die oordrewe eise van my werk en sosiale lewe, wat my geïrriteerd maak in my verhouding met die mense wat ek liefhet. Verlos my van die harde oordeel wat ek so maklik oor ander vel, sonder dat ek húlle kant van die saak in ag neem. Vergewe my, Here, die kere wanneer ek ander domineer en my eie wil op hulle probeer afdwing. Here, in my helderder momente besef ek dat ek ook geneig is om baiekeer sogenaamd uit “liefde” op te tree teenoor my kinders of kollegas, terwyl dit in werklikheid ‘n onvolwasse vermyding van konflik is; en dat my “ingee” vir onbillike eise dikwels bloot die maklikste uitweg is.

O, Here gee my tog ‘n wyse hart en ‘n fyn aanvoeling sodat ek nie te veel óf te min van myself en ander sal verwag nie. Gee my asseblief balans en nugterheid, in my verhouding met my kinders. Gee my die regte hoeveelheid en kwaliteit van liefde sodat ek as ouer my kinders kan help groei tot ware Christelike volwassenheid dit is tog waarvoor U aan my die rol van ouer toevertrou het. Ek vra dit in die Naam van u Seun, Jesus Christus, Verlosser, Raadgewer en Vriend.

Amen - Charles S Martin -

“Om ‘n uur lank in God se teenwoordigheid te rus, is beter as ‘n leeftyd van oppervlakkige opwinding.” - Robert Murray Mc Cheyne -

Verjaardae 30 September - 6 Oktober 2012

7 Oktober 2012

Ons wens graag die volgende lidmate geluk met hul verjaardag

30

Johan Basson , Ruhan du Plessis, Liana le Roux, Ross Mcgregor, Leanie Mentz, Hennie Terreblanché

01

Megan Basson, Frieda Bezuidenhout, Inge Gould, Rhoda Henning, George Kirsten, Lizet Myburgh, Gideon Pont, Joyce Ras, Corlé Swanepoel, Chris van Zyl, Kim Verlinde

02

Erik Grobler, Anngilique Hechter, Johannes Jacobs, Eddie le Roux, Christo Mentz, Jolandi Nel, Hanna Pienaar, Melinda Pistorius, Gustav Rohde, Johan van Gass, Tessa Vermaak

03

Pierre Dreyer, Marcelle Joubert, Leon Labuschagne, Eden le Roux, Elize Swart

04

Ewan Cornelius, Neels Dannhauser, Frikkie de Lange, Nelis Muller, Chrisjan Schultz, Tommie van Deemter, Jean-Maré van den Berg, Annalien van der Neut

05

Caren Biddulph, Ters Ehlers, Pieter Grobler, André Kruger, Simoné Lubbe, Frik Munnik, Luan Odendal

06

Nina Barkhuizen, Pieter Blomerus, Marlene Kruger, Leon Mostert, Danie Swart, Marco Walkenshaw

Stellastraat 158 Waterkloof 0181

Bankbesonderhede: Rekeningnaam: Tjekrekening no:

Erediensversorgers

09:00 Neil Sapsford - (Koördineerder) Sel 082 468 3776 Sannie Gerber Susan Gerber Magdaleen du Plooy Gustie van der Vyver Elma de Bruin Cecile Ziervogel

Deurdiens GEEN - SKOOLVAKANSIE

www.stellastraat.co.za ABSA NG Suidoos-Pretoria 540580022

Tel: 012 460 8570 Faks: 012 346 2701 Email: admin@stellastraat.co.za

Hierdie nuusbrief is geborg deur Sardaville Vakansieplaas Jou naweek-wegbreekbestemming! www.sardaville.co.za - 012 426 3460



Aankondiginge 30 September 2012