Issuu on Google+

Aankondiginge 24 November 2013

Welkom! Vanoggend by die 1ste diens doop dr James Kirkpatrick 3 babatjies. Baie welkom aan Ruben Bredenhand (links) seun van JP en Erina, Daniël Maré (middel) seun van Danie en Rulene en Adam du Preez (regs) seun van Rynoux en Emelize. Baie geluk aan die ouerpare en die familie.

Kersangdiens 2013

‘n Feestelike geloofsgeleentheid! God is hier. Tussen ons. In die gebeure van die dag. Nie sigbaar nie. Want as Hy sigbaar was, sou ons Hom kon teken, kon definieer, ons sou van Hom af kon wegkyk en wegloop. Sy teenwoordigheid is uniek. Soos die wind en die son, jy let nie altyd daarna op nie, maar dit dra alle lewe. God dra lewe. En in die geboorte van Jesus het dit bekend geword, sy draende hande is vol liefde. Daar is nie ‘n sambok of ‘n boek vol verwyte in sy hande nie. Sy hande is vol merke. Merke waarmee Hy hom verbind het om altyd deel van die mensdom te wees. Daarom is Hy Immanuel. Die Kerssangdiens vanaand is ‘n Immanuelfees! Die hele lyn van musiek, kore, solistes, verskillende instrumente eer God om sy teenwoordigheid in alle lewe. Kom deel gerus in die feestelike geloofsgeleentheid! Ons begin 18:00.

Straatpraat - vat hande met jou bure Aanstaande Sondagaand is daar nie ’n gewone aanddiens in Stellastraat nie. (Behalwe vir die Adoramusdiens wat soos die gebruik gevestig is, elke Sondagaand van die jaar 18:00 in die kapel gehou word). Daarom gebruik ons die aand, 1 Desember 2013, om uit te reik na die mense van ons onmiddellike gemeenskappe. Ons noem dit Straatpraat. Ons hoop daar is ‘n hele groep mense wat die geleentheid gaan gebruik om uit te reik na hulle bure. Nooi jou bure vir ‘n bring en braai, vir ‘n skemerkelkie, koffie en koekies, maak nie saak nie. Maar probeer om so een-uur geleentheid saam met die inwoners van die omgewing te reël, sommer op die sypaadjie, enige-iets tussen 16:00 en 18:00. Dit is bloot ‘n hand van vrienskap-geleentheid. Indien jy meer wil weet oor hoe en wat jy kan doen om so ‘n geleentheid te reël, kontak gerus vir Stroebel Hofmeyr (083 4550 313).

Ons vier ons saamwees (én die oujaar) met vrolikheid in! Eerskomende Vrydagaand, 29 November, hou Stellastraat sy eerste KuierKersfeesboom! ‘n Geleentheid vir oud en en jonk! Ons kom van 18:00 af bymekaar in die lushof. Daar sal lekker koeldrank, vrugtesap en ligte versnapperinge vir ons wag. Die witstinkhout in die lushof gaan tot dan in ‘n vrolike krismisboom verander. Onder die boom is die geskenke wat Kersfeesvader 19:30 kom uitdeel. 19:00 gaan ons ‘n paar Kersliedere sing en die Geboorteverhaal van Jesus volgens die Lukasevangelie lees. En nog ‘n mooi storie. Wat moet jy doen om deel te wees van die KuierKersfeesboom? Bring in die week ‘n geskenk van nie meer as R100 vir enigeiemand (kinders, wie ook-al jy wil) na die kerkkantoor. Ons sal sorg dat dit onder die boom is as Kersvader opdaag. Bring ook ‘n piekniekmandjie vir jouself en jou gesin of vriende vir die kuier na Kersvader se besoek. Kom ons sê op ‘n vrolike manier dankie vir die wonderlike saamwees van 2013. Kom ons vier die vrede en die vreugde wat ons so oorweldig!


Eredienste Tye

24 November 2013

1 Desember 2013

08:30 - Eerediens

James Kirkpatrick

Fouché de Wet / Tienie Bosman

10:00 - Erediens

EJ Leach

Marina de Wet

Afsluiting - kapel

Geen

Peter Maruping

Peter Maruping

James Kirkpatrick

Geen

Geen

Willem Nicol

10:00 - Kleuterkerk 15:00 - Stellastraat Faith Community 18:00 - Erediens 18:00 - Adoramus

Voorbidding ...  

 Kobus Colyn van Kingswood Village C5/11, 012 348 7591 Annelien van der Neut van Plastonstraat 807, 0721907413 Koos Bouwer van Drakensbergrylaan 40, 012 460 4957

Gebedsgeleentheid Voorbidding

Oorlede ...

Donderdae 09:00 Susan Gerber 012 460 5507

 Theo Gerdener van De Groenkloof. Ons dink aan Marlene en familie.  Vader van Marié du Raan van Ouklipmuurlaan 492. Ons dink aan haar en die familie.

Stilword met skrif en gebed van die hart in die konsistorie

Elke Saterdag 07:30

Wynand Burger 0834447848 Sarie Potgieter 0823772060

Sonja se Jacques Baie dankie vir elke oproep, sms, bbm, whats app, ensovoorts. Baie dankie vir die besoeke, warm drukkies, see van blommeprag en aandra van eetgoed! 'n Cliché wat oor en oor tydens begrafnisse, gedenkdienste en roudienste deur die ou wat die bedankings doen voorgelees moet word. Totdat dit, nie net naby jou kom nie, maar diep binne-in jou - Jacques, my oudste seun - oorlede op 14 November 2013. Dan is: "What's in a name?" 'n werklikheid. Aan elke liewe mens: van A - Z ... dié van ver en dié van naby ... dié bekendes en dié minder bekendes ... familie en vriende, ... werkgewers en instansies ... en die lys hou aan en aan ... is oneindig baie lank. Woorde is daar nie! Maar net so oneindig baie is die dankies! - dankie! dankie! dankie! Sonja xx Gedenkdiens is Maandagmiddag 25 November 2013 om 15:00 vanuit ons kerk.

Geliefdes word onthou op 1 Desember Jy kan nooit wees wie jy is sonder die mense van jou verlede nie. Die mense wat jou gevorm het. Hulle wat die platforms waarop jy nou lewe, gebou het nie. ‘n Hele aantal gesinne het in die afgelope jaar deur die hartseer gegaan om iemand, wat so wesenlik deel van hulle was en is, aan die dood af te staan. Op Sondag 1 Desember tydens die 08:30 diens, hou ons die jaarlikse Herinneringsdiens waartydens ons eer bring aan ons geliefdes wat die afgelope jaar oorlede is. Tydens die diens is daar ‘n kort seremonie waartydens enige-iemand wat graag wil, vir die persoon wat oorlede is, ‘n kers gaan opsteek. Ons het ‘n lys van persone wat die afgelope jaar oorlede is, maar dit mag net wees dat êrens ‘n fout ingesluip het. Kontak asseblief die kerkkantoor indien jy onseker is.


Diensgroepvergaderings en byeenkomste Terug-skool-toe! Ons wil weer volgende jaar vir ‘n klomp nuwe Graad 1’s skooltassies met skryfgoed gee om die jaar ordentlik mee af te skop. Na die tweede diens wil ons die tassies pak so saam met die teedrinkery. As jy kan help, wees daar! Jy kan ook ‘n volgepakte skooltas borg teen R300.

Bladsy 3

Jakaranda Liggiehelpers Almal wat wil help deur ’n aand diens te doen by Jakaranda Kinderhuis ten bate van die liggie-projek, moet asseblief vir Heinrich Swanepoel skakel (083 441 6131). Lyste is in die binnehof waarop jy ook jou naam kan skryf.

Soos ek dit sien … Kerstyd is gee-tyd Vandag oor ’n maand is dit Oukersdag. By die meeste is dit die aand waarop gesinne en families rondom ’n Kersboom geskenke uitdeel, maar ek kan uit my kinderjare onthou dat daar ook families was by wie dit eers die Kersoggend geskenketyd was. Hoe dit ook al sy, Kerstyd en geskenke is sinoniem. Miskien moet ek eerder die verlede tyd gebruik – dit was sinoniem. Die gebruik kom uit baie oorde onder skoot. Oor die jare het ek baie preke teen Kersgeskenke gehoor. Sulke preke het gewoonlik al die misbruike (wat daar sekerlik is) uitgewys en ek onthou kwaai vingerwysings van strakgesig dominees dat ons as kinders tog nie moet dink Kersfees gaan oor geskenke nie. Dit terwyl my ma so mooi verduidelik het dat dit oor Jesus gaan. Geen Kersgeskenk sou hierdie boodskap wat ek met moedersmelk ingekry het, kon wegneem nie. Die kwaai dominees kry deesdae steun uit die geledere van die ons-koop-nie-meer-Kersgeskenke-nie-koor. “Dit is te veel moeite! Mense vertrap mekaar in die winkels.” So klink die koor se refreinvers. En daarmee gee hulle hulleself weg.

- James Kirkpatrick

Natuurlik moet ’n mens bietjie moeite doen om vir iemand ’n geskenk te gaan koop. Veral as jy aan die verantwoordelike kant wil bly met die grootte en koste van die geskenk. En wat koop jy vir ’n man wat nie gholf speel nie en ’n braaitang het! Dis makliker en geriefliker om dit te los. Maar wat sê dit van die kwaliteit van ons verhoudings? Dit is te veel moeite om aan iemand anders as myself aandag en tyd te gee? En die alewige kritiek op die kommersialisering van Kersfees word gewoonlik gepreek vir die bekeerdes. So asof die gee van geskenke en Jesus as ons “grootse Kersgeskenk” (Lied 35) noodwendig teenoor mekaar staan. Ek wil dus nou reeds, ’n volle maand voor die tyd, dit sê: “Aan die preke van die kwaai dominees en die lied van die onskoop-nie-meer-kersgeskenke-koor gaan ek my min steur. Kerstyd is gee-tyd. Onthou die woorde van die Here Jesus. Hy het self gesê: “Om te gee, maak 'n mens gelukkiger as om te ontvang.” Hand 20:35.


“Gebed van die Week”

DIE GROOT GEBEDEBOEK

uit

Lig helderder as die donker ... Here, ons God, in ‘n wêreld waar daar soveel eensame mense is - op straat, in enkelkamertjies, in aftreeoorde dank ek U vir die weelde van vriende. In ‘n wêreld waar daar soveel gevangenes is - in tronke, weens armoede en oorloë -

dank ek U vir die weelde van vryheid. In ‘n wêreld waar daar soveel hongerlydendes is - in arm lande, in geweldsituasies, in plakkerskampe dank ek U vir die weelde van voedsel. Ek bid dat U my simpatie met ander groter en dieper sal maak; my hartseer oor ander se

swaarkry tot dade sal bring. En dat U my oë oop en my hart dankbaar sal maak vir die voorregte waarmee U my begenadig.

Amen Terry White

(Predikant en vredesonderhandelaar wat maande lank in Sirië en Libanon as gyselaar aangehou is)

“Hou jou oë oop vir geleenthede om te handel volgens die geloof wat jy in jou gebede bely.” - Anoniem -

1 Desember 2013

Verjaardae 24 - 30 November 2013 Ons wens graag die volgende lidmate geluk met hul verjaardag

24

25

26

27 28

Petra Auret, Armand Dreyer, Greta Dreyer, Laura Matzner, Kara Olivier, Hermann Pistorius, Frances Scholtz, Lizzie van der Walt, Liezel van der Westhuizen, Ben Weideman Robbie Arndt, Emma Boshoff, Rudi Jordaan, Mitzi Marais, Pieter Massyn, Pierre Steyn, Alet van Jaarsveld Gerhard Coetzee, Johan du Toit, Laurien Kemp, Ronélle Lubbe, Anika van Deemter, Matt van der Westhuizen, Gert van Niekerk, Anton van Tonder, Gerrit Wassenaar, Johan Willemse Zelda Griffiths, Niel Lewis, Gerrit Roberts, Judy van Freden Martha Gerdener, Karen Grobler, Esther Pelser, Leonie van As, Johan van der Westhuizen

29

Rina Brandt, Elsa Jordaan, Max Keith, Malo la Grange, David van Wyk, Cretienne Vorster

30

Juliette Booysen, Piet de Wit, Jimmy Fischer, Aat Korving, Zanri Kritzinger, Marie Oberholster, Tharina Odendaal, Reneke Roodt, Herclé van Biljon, Gideon van der Linde

Stellastraat 158 Waterkloof 0181

Bankbesonderhede: Rekeningnaam: Tjekrekening no:

Erediensversorgers Koördineerder - Hennie de Wet - Sel 083 306 1830

08:30

10:00

Hennie de Wet (Koördineerder) Magdaleen du Plooy Francois Fouché Sannie Gerber Sakkie Perold Kotie Perold Cecile Ziervogel Poets van der Vyver

Charl Crouse (Koördineerder) Nico Mans

Deurdiens 08:30

10:00

Kobus en Margie Kleynhans

Martitia de Bruyn Maryna du Plessis

Baie dankie Wilma Griesel vir die blomme

www.stellastraat.co.za ABSA NG Suidoos-Pretoria 540580022

Tel: 012 460 8570 Faks: 012 346 2701 Email: admin@stellastraat.co.za

Hierdie nuusbrief is geborg deur Sardaville Vakansieplaas Jou naweek-wegbreekbestemming! www.sardaville.co.za - 012 426 3460


November 24