Page 1

Aankondiginge 10 November 2013

Welkom! Vanoggend by die 2de diens doop ds Fouché de Wet 2 dogtertjies. Baie welkom aan Clara Neeve Lötter (links), dogter van Francois en Greta, en Mijané Richter (regs), dogter van Marius en Ella. Baie geluk aan die ouerpare en die familie.

Graad 7’s staan by ‘n mylpaal Tydens vandag se 10:00 erediens is daar ‘n mylpaal-seremonie vir die Graad 7’s. Dié groep kinders het nou klaar gemaak met die junior fase van die Jeuggroepe. Aanstaande jaar is hulle die groentjies wat na die 18:00 erediens die senior Jeuggroepe gaan bywoon. Ons sê ook dankie vir hulle ouers wat gereeld saam met hulle die eredienste bygewoon het, en betrokke was in die eerste seisoen van geloofsvorming by die kerk.

Oor geloof in pragtige poëtiese Afrikaans Digkuns of poësie is ‘n kragtige, maar ook ‘n baie toeganklike kunsvorm. Poësie word dikwels ingespan om dieper ervarings of insigte mee te beskryf. Hoewel nie almal instaat is om te dig nie, kan ons mekaar help om die skoonheid en helderheid van gedigte te verstaan. Tydens ons Leeskring byeenkoms van 13 November gaan ons kyk hoe die Christelike poësie ons geloof en geloofsbelewenisse verwoord. Ons gaan veral kyk hoe die Christelike poësie in ‘n jong taal soos Afrikaans sy plek gevind het. Ons gaan van die ouer digters se gedigte voorlees, maar ook van die jonger stemme hoor. Die Leeskring byeenkoms vind plaas op Woensdag 13 November 19:00 in die binnehof.

Bring werknemer(s) saam kerktoe Daar is dalk mense in jou lewe wat nader aan jou is as jou broer en suster. Mense met wie jy elke dag skouer skuur. Wat jou gewoontes, jou pyne en jou vreugde beter ken as enige-iemand anders. Dit is die persoon wat elke dag by jou werk, of vir wie jy werk. Met die oog op dié spesiale verhoudings, gaan ons aanstaande Sondag, 17 November, se 10:00 erediens inrig as ‘n Waarderingsdiens. Ons gaan waardering wys vir die mense wat elke dag van ons lewe vir ons gemak, ons funksionering en dikwels vir ons hartsgevoel verantwoordelik is. Waar dit moontlik is, bring asseblief u werknemer(s) saam na dié erediens. Bring gerus ook ‘n klein waarderingsgeskenkie saam. Ons gaan die Here dank vir sy goedheid en voorsiening in ons lewens. Vir die mense wat oor ons pad gekom het.

Kinders vir die Kersverhaal Die jaarlikse Kerssangdiens is vandag oor twee weke, op 24 Desember tydens die 18:00 erediens. Soos in die verlede gaan die gemeentekinders weer die Kersverhaal met ‘n toneeltjie aanbied. Elke kind wat wil deelneem aan die klein opvoering, moet asseblief vandag na die erediens vir ds Marina by die klavier ontmoet. As daar kinders is wat vandag nie in die kerk is nie, en graag wil deelneem, kan hulle haar gerus kontak. Ons moet reël vir die oefeninge!

Geliefdes word onthou op 1 Desember Jy kan nooit wees wie jy is sonder die mense van jou verlede nie. Die mense wat jou gevorm het. Hulle wat die platforms waarop jy nou lewe, gebou het nie. ‘n Hele aantal gesinne het in die afgelope jaar deur die hartseer gegaan om iemand, wat so wesenlik deel van hulle was en is, aan die dood af te staan. Op Sondag 1 Desember tydens die 08:30 diens, hou ons die jaarlikse Herinneringsdiens waartydens ons eer bring aan ons geliefdes wat die afgelope jaar oorlede is. Tydens die diens is daar ‘n kort seremonie waartydens enige-iemand wat graag wil, vir die persoon wat oorlede is, ‘n kers gaan opsteek. Ons het ‘n lys van persone wat die afgelope jaar oorlede is, maar dit mag net wees dat êrens ‘n fout ingesluip het. Kontak asseblief die kerkkantoor indien jy onseker is.


Eredienste Tye

10 November 2013

17 November 2013

08:30 - Eerediens

EJ Leach

James Kirkpatrick

10:00 - Erediens

Fouché de Wet

Anton Pienaar

3 jaar tot Gr 0

3 jaar tot Gr 0

15:00 - Stellastraat Faith Community

Peter Maruping

Peter Maruping

18:00 - Erediens

Tienie Bosman

Fouché de Wet

18:00 - Adoramus

Stevan Botma

Anton Pienaar

10:00 - Kleuterkerk

Voorbidding ... 

Kobus Colyn van Kingswood Village C5/11, 012 348 7591 Zottie de Villiers van Mackenziestraat 214, 012 460 8317, gaan die week ‘n operasie ondergaan

Oorlede ... Dr Ben Small is oorlede. ‘n Gedenkdiens was Vrydag gehou. Ons innige meegevoel aan die familie.

Kom dien vir een jaar “Jy moet dit beleef om te glo dit is waar” – is ‘n Groepleier se antwoord aan die einde van die jaar. Elkeen van ons is maar skrikkerig om met ander ouers se kinders te werk totdat jy dit wel beleef. Die geloofsgroei wat in die Jeuggroepe plaasvind kan en mag nooit onderskat word nie. Hiervoor het ons Groepleiers nodig. Vir 2014 benodig ons vir die volgende DRIE groepe nog groepleiers: Gr 2, 5 en 6 dogters. Wil jy dit nie asseblief oorweeg om een jaar by jongmense betrokke te wees nie? Kontak asseblief vir 10ni (083-6275086)

Gemeentebiblioteek Nuwe DVD’s in die biblioteek. Kom neem asseblief uit!  Free : A refreshing and liberating study of        

Romans 6 & 7 The story of a prodigal son (Veggietales) A lesson in sharing (Veggietales) Where's God when I am s-scared? (Veggietales) Lion of Judah A walk to remember Paper dream Kalossie : almal se maatjie BBen Hur (animasie)

Gebedsgeleentheid Voorbidding Donderdae 09:00 Susan Gerber 012 460 5507 Elke Saterdag 07:30

Stilword met skrif en gebed van die hart in die konsistorie Wynand Burger 0834447848 Sarie Potgieter 0823772060

Maak reg vir die groot skool! Ek is seker 'n klomp van ons kan nog ons eie skoolverwisselingskampe onthou en hoeveel dit ons gehelp het om onsself voor te berei vir die hoërskool. Hierdie jaar se kamp vir ons Gr 7's beloof weer om 'n besonderse geleentheid te wees. Ons gaan baie lag en sports hê en saam gesels oor goed wat saak maak. Dit kos R600 en word gehou by die Paradeisos Kampterrein. As jy belangstel om saam te gaan, kry 'n kampvorm in die kantoor of kontak vir Marina. Ons benodig ook Gr 10's en 11's om saam te gaan as personeel, so laat weet ons as jy lus het vir kamp!


Diensgroepvergaderings en byeenkomste UITREIK GJG-Omgeegroep Eerskomende Woensdag om 09:30 is ons Lofprysing in die kapel. Ds Anton Pienaar is die gasspreker. Daarna kuier ons heerlik saam in die binnehof. Die gemeente se ondersteuning om kaartjies en etikette by ons te koop, word weer eens gevra. Alles is uniek en handgemaak. Tabita Naaldwerkklasse Die jaar snel ten einde en daar is nog net 1 Donderdag oor om kledingstukke af te handel. Ons jaarlikse modeparade/afsluiting vind plaas op Donderdag 21 November 2013 om 14:00.

Alle belangstellendes is baie welkom - dis gewoonlik ‘n baie vrolike en aangename middag met koek en tee op die koop toe! Kom gerus en toon só u belangstelling in u huiswerker se betrokkenheid.

Jakaranda Liggiehelpers Almal wat wil help deur ’n aand diens te doen by Jakaranda Kinderhuis ten bate van die liggieprojek, moet asseblief vir Heinrich Swanepoel skakel (083 441 6131). Lyste is in die binnehof waarop jy ook jou naam kan skryf.

Bladsy 3

Terug-skool-toe! Ons wil weer volgende jaar vir ‘n klomp nuwe Graad 1’s skooltassies met skryfgoed gee om die jaar ordentlik mee af te skop. Sondag 24 November na die tweede diens wil ons die tassies pak so saam met die teedrinkery. As jy kan help, wees daar! Jy kan ook ‘n volgepakte skooltas borg teen R300.

Soos ek dit sien … Die helde tussen ons Ek lees nou die dag dat kindertjies tussen die ouderdom van 3 en 4 baie ernstig besig is om uit te figure wie hulle is. Hulle begin verstaan dat hulle ‘n eie mensie is met ‘n eie persoonlikheid en gaan dan deur ‘n proses waar hulle met ‘n klomp verskillende goed identifiseer – diere, strokieskarakters, mense (veral hul ouers) – in ‘n poging om te toets wie hulle is en wie nie. In hierdie proses voel ‘n kind wat met hom resoneer en wat nie en begin hy ‘n positiewe selfbeeld konstrueer (Harville Hendrix). Ek het nogals gewonder of iets van hierdie proses nie later in ‘n mens se lewe steeds voortgaan nie. Miskien minder intens, maar tog. Ons het almal ons helde en hoop heimlik dat ons soos hulle sal kan wees. In die laerskool was Kobie van die Maasdorp boeke my heldin. Sy was mooi én slim én kon ongelooflik goed klavier speel, vingers dartelend oor die klawers! Na die Kobie fase was daar vele ander … die liewe rooikop Anne of Green Gables met die eindelose verbeelding, Jane Eyre met haar onwrikbare beginsels, Dorothea Brooke met haar amper naïewe drome om te help. Later ook historiese figure … Corrie ten Boom wat Jode help tydens die Tweede Wêreldoorlog en uiteindelik in ‘n konsentrasiekamp beland. Die jonge Anne

- Marina de Wet

Frank wat versteek in ‘n huis droom oor ‘n ander wêreld. Soms as ek sien hoe kinders in Amerika jillend hul gunsteling filmsterre inwag wonder ek oor die helde van ons tyd. Want te dikwels lyk dit of ‘n groot groep van ons filmsterre, musieksterre, rugbyhelde en 7de Laan sterre maar voete van klei het. Te dikwels laat die lewens van die blinkstes onder ons veel te wense oor. Miskien moet ons versigtiger ons helde kies, want dié wat ons regtig kan inspireer en beweeg pryk nie altyd op tydskrifte en koerante se voorblaaie nie – die vrou wat haar nier skenk vir ‘n vriend, die man wat by kerslig studeer en sy matriekeksamen slaag, die vrou wat haarself van die grond af optel na ‘n verkragting, die man wat kies om ‘n groot onreg teen hom te vergewe, goeie ouers, eggenote wat mekaar respekteer. Ek dink as ons ‘n bietjie begin oplet gaan ons ‘n klomp helde tussen ons vind wat ons weer kan help droom oor die mense wat ons wil wees.


“Gebed van die Week”

uit

DIE GROOT GEBEDEBOEK

Leer my liefhê, leer my bid ... Hoe dikwels, Heer, breek my ondeurdagte denke deur en verskrompel ál wat fyn en teer en liefderik is. Dit wat mooi móés wees lê voor my... swart gerypte blomblare gebreekte vlindervlerke. Leer my om lief te hê, o Heer sodat kinderogies mag skitter van blydskap en sekerte

as hulle in my oë kyk. O Heer, leer my om lief te hê sodat my blik en daad en houding nooit die vrede en die vreugde van ‘n ander siel sal vernietig nie! Ek begeer om só u liefde te weerkaats dat daar nêrens ‘n frons van twyfel by verbygangers sal wees nie.

Dus vra ek: Here, maak troebel oë weer blink en moeë reisigers weer hoopvol as ek simpatiek by hul vertoef, sodat deur my nou-en-dan-se-kom-en-gaan hul geloof weer vas en seker kan bly staan!

Amen Willemien Appel

“Waarom wil jy op jou skouers ‘n las dra wat die ewige God op sy almagtige skouers wil neem? Bid! Dank! Gee oor!” - Charles Haddon Spurgeon -

17 November 2013

Verjaardae 10 - 16 November 2013 Ons wens graag die volgende lidmate geluk met hul verjaardag

10

Elna Barnard, Jurjen Streutker

11

Elorraine Booyens, George Borchardt, Merlinda Lotter, Frikkie Smith, Helena van der Merwe, Rynhrdt Vorser, Drikus Zwarts

12

Rudy Boer, Chris Borchardt, At Dreyer, Janine Hechter, Werner Mohr, Mariska Myburgh, Naas Olivier, Marina Pienaar, Anina van de Wall, Jean-Maree van Riet, Elisabeth Viljoen

13

Michael Craig, Suzette Fischer, Petro Minie, Jacques Olivier, Pieter van Niekerk, Huibrecht Walker

14

Wouter de Vos, Anette Hamann, Hilda Keith, Marcel Koortzen, Koos Kritzinger, Jannie Louw, Gerhard Marais, Aldian Meiring, Deoné van Riet

15

Nienke de la Bat, Lilian du Toit, James Kirkpatrick, Michiel le Roux, Edine Loosman, Obie Oberholzer

16

Lardus Basson, Jan Breed, Herman Claassens, Willem Joubert, Bennie Kleinhans, Jurie Lombard, Maya van Schalkwyk, Bertys van Zyl, Jandré Venter

Stellastraat 158 Waterkloof 0181

Bankbesonderhede: Rekeningnaam: Tjekrekening no:

Erediensversorgers Koördineerder - Sandra Vermeulen - Sel 082 449 7193 08:30

Sandra Vermeulen Sandra (Koördineerder) Vermeulen Kotie Perold (Koördineerder) Sakkie Perold Willie Louw Elma de Bruin Gustie van der Vyver Cecile Ziervogel Johan Minnaar

18:00 Edward Leach (Koördineerder) Teo Bosman

Deurdiens 08:30

10:00

Hein en Anette Hamann

Johan en Lelané Basson

Baie dankie Henna van Wyngaardt vir die blomme

www.stellastraat.co.za ABSA NG Suidoos-Pretoria 540580022

10:00

Tel: 012 460 8570 Faks: 012 346 2701 Email: admin@stellastraat.co.za

Hierdie nuusbrief is geborg deur Sardaville Vakansieplaas Jou naweek-wegbreekbestemming! www.sardaville.co.za - 012 426 3460


November 10  

Aankondiginge 10 November 2013

Advertisement
Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you