Page 1

Aankondiginge 12 Mei 2013 Pinkster 2013

Pinkster is ‘hartstyd’ Een van die bekendste uitroepe in die vroeë Christelike kerk was “Veni Creator Spiritus”. Kom Skeppergees is ‘n biddende uitroep om die werking en die teenwoordigheid van God. Daarom is dit ook die tema van ons Pinksterreeks vanjaar. Ons dink oor die tema vanuit die teks wat Paulus in 2 Korintiërs 3 opgeteken het. Die reeks begin vandag en eindig aanstaande Sondag wanneer ons die uitstorting van die Gees herdenk met ‘n nagmaalgeleentheid. Die reeks word deur ds Tienie Bosman gelei. Die geleenthede in die week, Maandag tot Donderdag, word soggens 09:00 of saans 19:00 aangebied. Ons mik om dit in die kapel te doen, maar kan oorskuif kerktoe as die ruimte te min is. Na die oggendgeleenthede is daar lekker tee en koekies, en na die aandgeleenthede is daar sop en brood. In Pinkster is ons harte oop vir God en vir mekaar!

Die temas vir die onderskeie dae is: 12 Mei : Die Gees is God en God is Gees 13 Mei : Die Gees maak ons God se advertensies 14 Mei : Die Gees gee lewe 15 Mei : Die Gees kom om te bly 16 Mei : Die Gees maak vry

Feestyd in Stellastraat Oor twee weke vier Stellastraat fees. Ons jaarlikse gemeentefees, Sondag 26 Mei, is ‘n instelling wat jy nie durf misloop nie! Soos ons nou gewoond is, word die fees rondom potjies gebou. Nagenoeg 60 potmakers (vrywilligers uit die gemeente) kom van vroegmore op dié Sondag bymekaar en pak hulle geheime resepte aan. Daar is net een erediens op dié Sondag, en dit is die 10:00 geleentheid. Na die diens kom ieder met sy mandjie eetgerei, drinkdingetjies, opslaanstoel en ons kuier onder die bome tot die potte roep. Presies om 12:00 praat ons ‘n minuut, sê dankie, en duik in die potte in! Elkeen wat kom saam eet, moet ‘n etekaartjie koop. R50 vir volwassenes en R30 vir kinders. Die kaartjies is vandag in die binnehof beskikbaar. Die potmakers, wat onkoste met die potte het, hoef nie vir hulle en hulle gesinne kaartjies te koop nie. Maar die fees kan nie loop sonder die guns van mense nie! Daarom, elkeen wat ‘n pot kan maak, of nagereg, of brood kan voorsien, skryf asseblief vandag nog jou naam op die lys wat in die binnehof of buite die kerk beskikbaar is. Die volledige program en inligting sal aanstaande week in die aankondiginge gepubliseer word. Ons tema vanjaar is:

my hart se punt!

Kunswerk deur Tharina Odendaal


Jeuggroepe

Eredienste Tye

12 Mei 2013

19 Mei 2013

08:30 - Erediens

Tienie Bosman

Tienie Bosman

10:00 - Eerediens

Tienie Bosman

Tienie Bosman

10:00 - Kleuterkerk

3 jaar tot Gr 0

3 jaar tot Gr 0

15:00 - Stellastraat Faith Community

Peter Maruping

Peter Maruping

James Kirkpatrick

Fouché de Wet

Anton Pienaar

Stevan Botma

18:00 - Erediens 18:00 - Adoramus

12 Mei 2013 Juniors 10:00

2 Kor 3:16-18 “Die Gees is God”

Seniors 18:00

Joh 14:15-18 “Die Gees is ons Trooster”

Verbintenisgroep 18:00

Oor die omgewing

Voorbidding ...  Huibrecht Walker van Rigellaan 161, 012 460 8412  Piet Kotzé van Julius Jeppestraat 358, 012 346 4999

Oorlede ... 

Reinhardt Deppe van Clublaan 163. Gedenkdiens was Saterdag. Ons dink aan Hester en die familie.

Pa van Anton Prinsloo van 15e Straat 72. Ons innige meegevoel aan hom en die familie.

Gebedsgeleentheid Voorbidding Donderdae 09:00 Susan Gerber 012 460 5507 Elke Saterdag 07:30

Gemeentebiblioteek Fluit-fluit, die kerk is uit? - Frits Gaum (B-Gau) As die kerk more van die Suid-Afrikaanse toneel sou verdwyn, sou dit 'n danige verskil maak? Hoe groot is die impak van die kerk regtig in Suid-Afrika? Is die amptelike kerk in sy vele gestaltes nie in alte veel gevalle maar bloot 'n kopie van wat elders in die gemeenskap aan die gebeur is nie? Verdeeldheid, binnegevegte, wedywering, afknouery, haat, afguns ... In hierdie boek gee Frits Gaum twaalf rigtingwysers aan die kerk om sy geloofwaardigheid te behou en om die 21ste eeu te oorleef. Hy boekstaaf die foute en struikelinge van die kerk - hier en elders, nou en toe. Maar is dit verdoemend genoeg om te wanhoop aan die oorlewing van die kerk? Of is dit onafwendbaar dat die fluitjie vir die kerk gaan blaas? Dit wys hoe die kerk se andersoortigheid die sleutel is tot sy geloofwaardigheid en oorlewing in 'n skeptiese, siniese en apatiese wêreld.

Stilword met skrif en gebed van die hart in die konsistorie Wynand Burger 0834447848 Sarie Potgieter 0823772060

Wil jy saam reis na Bangkok (en Phuket!)? Een van Stellastraat se uitreikprojekte is na die BibleChurch van Bangkok. Daar is pastoor Ben en sy vrou Ong die leiers. Die afgelope paar jaar het ons gereeld kontak met die klein gemeente. Van Stellastraat se kant is daar ‘n bietjie finansiële ondersteuning, enkele lidmate help ook uit hulle eie sakke. ‘n Paar lidmate het dit goed gedink om die BibleChurchgemeente vanjaar, in die Septemberskoolvakansie, te gaan besoek. Veral omdat hulle, danksy ‘n groot donasie van ‘n besigheidsvrou in Bangkok, nou kan begin om hulle eie kerkie te kan bou. Wil jy dalk saamgaan? Ons gaan vier dae in Bangkok wees en dan vir drie dae wegbreek na Phuket. In Bangkok gaan die gemeente gasheer wees en in Phuket kan ons vakansiehou en oor Tsoenamis peins. Die koste van die uitreik-toer sal nie meer as R11 000 per persoon wees nie. Indien jy wil saamgaan, kontak asseblief vir Wilma Griesel sel 082 3321137.


Diensgroepvergaderings en byeenkomste KERKRAAD Vergadering Die kerkraad vergader op Dinsdag 21 Mei 2013 om 19:00 in die konsistorie.

TOERUSTING Stella Tydskrifbank Baie

dankie vir die wonderlike huistydskrifte. Is daar dalk tydskrifte wat die mans kan afstaan?

UITREIK GJG-Omgeegroep Daar is nog pragtige Moedersdagkaartjies beskikbaar. Ook van Ma aan dogter! Kom kyk gerus! Eerskomende Woendag 15 Mei 2013 om 09:30 kuier en werk ons weer saam in die biblioteek. Danville Gesinsdag Die jaarlikse Danville Gesinsdag vind plaas op Sondag 9 Junie 2013 by Generaal Beyers Laerskool.

Soos ek dit sien … Ook maar net mens Die superhero genre is hier om te bly. Almal ken dié manne met hulle wapperende mantels en hulle stywe pakkies. Dis lankal nie meer net kinders wat ‘n gunsteling held het nie – ook grootmense sit vasgenael met ‘n strokiesprentboek in die hand. En ten spyte daarvan dat die soveelste rolprentweergawe van Superman later vanjaar vrygestel word, kan jy maar weet teaters sal wéér stampvol wees met aanhangers van hierdie gemantelde held. Iron Man 3 wat ‘n ruk terug begin wys het, het binne die eerste 12 dae $680 miljoen wêreldwyd gemaak. Wat is dit aan hierdie manne met hulle bonatuurlike magte wat ons verbeeldings so aangryp? Is dit maar net ontvlugting? Is dit ‘n versugting na redding in ons samelewing? Of is dit die superheld se keuse om sy mag te gebruik om goed te doen wat ons so aanspreek? Deesdae is die stories agter die stories baie gewild. Die vermensliking van die strokiesprenthelde het in die 1960’s begin met Marvel se uitbeelding van superhelde met swakhede en in ons tyd sien ons talle flieks wat vertel waar superhelde vandaan kom. Die eindresultaat is reïnterpretasies van superhelde as mense wat sukkel en twyfel, wat gekonfronteer word met hulle eie duiwels, wat dapper die soektog na sin aanpak … Batman as die klein seuntjie Bruce Wayne wat sien hoe sy ouers vermoor word en wat dan ‘n lang pad

Bladsy 3

ONDERLINGE SORG Vinknes Die Vinke kom bymekaar op Woensdag 15 Mei om 09:00 vir Pinkster. Daarna vergader ons in Fouché se kantoor vir die sakelys en bydrae. Ons kuier saam met sop en broodjies. NB: Onthou asseblief Oats en wit asyn. Senior lidmate byeenkoms Die senior lidmate kuier saam op Donderdag 23 Mei om 10:00 in die binnehof.

- Marina de Wet

moet loop waar hy leer om sy vrese in die gesig te kyk en homself vir ‘n saak te gee wat groter is as hyself. ‘n Jong Spiderman wat sy nuutgevonde kragte baie selfsugtig gebruik, maar wie se lewe in ‘n heeltemal nuwe rigting gestoot word na die moord op sy geliefde oom. Ons sien ouens wat deur erge trauma gaan, wat ‘n klomp probleme en teenstand in die gesig moet kyk, wat partykeer die pad heeltemal byster raak, maar wat op die ou end helde word wanneer hulle kies om ‘n onselfsugtige pad te loop. Dit bly ‘n verhaal wat ons raak. Die onselfsugtige dienskneg wat onwrikbaar staan vir geregtigheid. Ek kyk verstom na al die voorblaaie van strokiesprentboeke met die helde uitgebeeld in kwalik subtiele kruisigingstonele en ek besef weer hoe opoffering en menslikheid ons raak. Wie wil tog nou ‘n held hê wie se goeie dade niks van hom vra nie? Dis hulle menslikheid wat hulle nader aan ons bring, wat maak dat ons met hulle identifiseer en wat maak dat hulle ons inspireer. Lekker fliek!


“Gebed van die Week”

uit

DIE GROOT GEBEDEBOEK

Alle eer aan U, Kunsternaar-God! ... Here God, ek dank U vir hierdie aarde, ons tuiste; vir die wye hemelruim en die geseënde son; vir die sout see en vir lopende water; vir die ewige berge en die rustelose winde; vir bome en blomme en struike en die gras onder ons voete. Dankie dat U ons met sintuie geskep het wat musiek en voëlgesange kan hoor, wat die pragtige lente en die ryke vroeëherfsdae kan sien; wat die vrugte van die somer kan proe en die reën van die winter teen ons vel kan voel prik. Verjaardae 12 - 18 Mei 2013 Ons wens graag die volgende lidmate geluk met hul verjaardag

12

Dawid Bruwer, John Higgs, Hans-Jurie Moolman, Kobus Potgieter, Elrie Potgieter, Ruan van Wyngaard, Stefan Vermaak, Martin Zühlsdorff

13

Jacobus Joubert, Robert Loubser, Gunther Matzner, Alana Olivier, Andre Schalkwyk, Arno Schulenburg

14

Bert Bloem, Robert Fischer, Willie Francis, Sarel Meiring, Arno Odendaal, Jacques Olivier, Lorraine Oosthuizen, Theo Pistorius, Anita Smith, Engela Swart, Japie van Niekerk, Johan van Zyl, Elna Verster

15

Piet Botha, Anton Crouse, Eon Gerber, Gerhard Geyer, Jan Marais, Sémeï Strijdom, Minke van Heerden

16

Reine Opperman, Lizelle Prinsloo, William Rich, Annaleen Smit, Alet Terblanche, Cobus van der Walt, Johan van Rooyen

17

Garmi Jacobs, Michiel Myburgh, Nina Stone, Peet Uys, Lize van der Walt, Casey Wilken

18

Udo Böhmer (Jnr)

Stellastraat 158 Waterkloof 0181

Bankbesonderhede: Rekeningnaam: Tjekrekening no:

O Here, moenie dat ek aan dié skoonheid ooit so gewoond sal raak dat dit my nie meer roer en ek U nie meer daarvoor dank nie. Maak my hart so oop vir die majesteit van u skepping dat ek sal raaksien hoe selfs die vaalste veldbos vlam van u heerlikheid! O God, Kunstenaar, Skepper, ek loof U wat lewe en regeer vir ewig en ewig. Walter Rauschenbusch

Amen

“Bid totdat jy bid.” - DM McIntyre -

19 Mei 2013 Pinksterfees : Nagmaal Erediensversorgers 08:30

10:00

18:00

Sakkie Perold (Koördineerder) Johan Minnaar Faan Grundlingh Kotie Perold Susan Gerber Sannie Gerber Cecile Ziervogel

Nickie Combrink (Koördineerder) Alex Bosman Andries Pretorius Willie Louw Charl Crouse Salie Joubert Martha Kok

Teo Bosman (Koördineerder) Zak Lombaard

Deurdiens 09:00

10:00

18:00

Johan en Lelané Basson

Gr 7’s Elize Castelyn Jaco Breytenbach

Gr 9/2’s EJ Leach

Baie dankie vir die blomme

www.stellastraat.co.za ABSA NG Suidoos-Pretoria 540580022

Tel: 012 460 8570 Faks: 012 346 2701 Email: admin@stellastraat.co.za

Hierdie nuusbrief is geborg deur Sardaville Vakansieplaas Jou naweek-wegbreekbestemming! www.sardaville.co.za - 012 426 3460

Aankondiginge 12 Mei 2013  

Aankondiginge 12 Mei 2013

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you