Page 1

Aankondiginge 16 Maart 2014

NG Kerk se tieners trek saam ‘n Kerk wat nie sy jong boompies water gee nie, kan vind dat hy na jare in ‘n woestynland verander het. Juis omdat dit bekend is dat die NG Kerk se ouderdomspofiel hoër neig, is dit van groot belang dat die kerk strategies sal dink en doen om sy kinders deel van sy toekomslandskap te maak.

Daarom is die twee groot Jeugsaamtrekke wat vir die komende langnaweek beplan word, baie belangrik. Ons is dankbaar dat Fouché ‘n leidende rol speel in die organisering van die Imagine-saamtrek in die Noorde. En ons is ook bly dat ‘n aantal tieners van ons gemeente betrokke gaan wees. Die saamtrek vir die Noorde is dan volgende naweek, 21-23 Maart. Ongeveer 2 100 tieners en 500 vrywilligers gaan die jeugfees, wat deur die NG Kerk gereël word, bywoon. Daar is nog kans om in te skryf tot Sondag, so as jy ‘n tiener het wat die naweek gaan verveeld wees, skryf hulle in! Fouché kan help met inligting.

Slegs 1 oggenddiens volgende Sondag om 09:00.

Bybel-in-ons-lewe Genesis 6:1-4 en 11:1-9 Tussen al die besondere gedeeltes in Genesis, is daar ’n paar harde neute om te kraak. Gen 6:1-4 is een daarvan. Ons lees van reuse en hemel-wesens en manne van naam. Verbind dit nou met ’n ander moeilike teks oor die toring van Babel in Genesis 11 en jy sal verstaan waarom ons tema hierdie week “Mense van naam” is. Ter voorbereiding kan jy dus net Genesis 6:1-4 en Genesis 11:1-9 lees. Vanaand 19:00 in die konsistorie.

Sal die regte Faan nou opstaan! Sal die regte Faan opstaan asseblief? Eerskomende Woensdag moet hy opstaan en bely hoekom hy toe besluit het om ‘n dominee te word, en nie op die trein te bly nie. Dit is nou die huidige Stellastraatdominee wat in sy prille jeug dié rol gespeel het op die verhoog. Saam met die ontbloting van die aardige waarheid, is daar dalk ‘n bonus-snit wat gespeel gaan word. Een van die akteurs wat in die 2014 film gespeel het, het aangedui dat sy graag by ons bespreking sal wil wees! Nog ‘n verrassing! Die bespreking is Woensdagaand 19 Maart 19:00 in die binnehof. Almal is welkom!


Jeuggroepe

Eredienste 16 Maart 2014

Tye 08:30 - Eerediens

Tienie Bosman

10:00 - Erediens

Fouché de Wet

09:00 Tienie Bosman

10:00 - Kleuterkerk

3 jaar tot Gr 0

15:00 - Stellastraat Faith Community

Peter Maruping

Peter Maruping

18:00 - Erediens

Marina de Wet

Geen diens

18:00 - Adoramus

Anneke Lamont

Willem Nicol

So werk die gemeentebiblioteek Daar is Sondae na albei dienste iemand op diens. Kom vra gerus. Ons verwelkom ook voorstelle en skenkings. Boeke is gerangskik volgens breë onderwerpe en dan alfabeties volgens skrywers. Cd's en DVD's is in kategorieë verdeel. Daar is 'n lêer met lyste volgens onderwerpe, outeurs en titels. -

16 Maart 2014

23 Maart 2014

Ouers moet asseblief saam met kinders kom en verantwoordelikheid neem vir wat die knders kies. Om 'n boek of dvd uit te neem, vul asseblief die kaartjie in en plaas in die houer. Leentyd is 'n maand en boeke kan hernu word. Dagboeke kan vir 'n jaar uitgeneem word.

Stellastraat se eie Skouspel! Op Woensdag 14 Mei word daar ‘n groteske musiekfees van populêre musiek in ons kerkgebou aangebied. Ons gaan luister na onder andere die Drinklied uit La Traviata en die Nessun Dorma van Puccini. Van die beste eksponente van die ligte populêre musiek kom optree. Onder andere Burgerd Botha (gewese Romanz-lid) en sy vrou Zita Pretorius gaan die aand optree. Agt kunstenaars waarvan drie tenore, gaan die mooiste en gewildste kontinentale liedere sing. Ons sal aanstons meer besonderhede gee oor die program. Maar, vir daardie aand vra die gemeente jou meelewing. Danksy die gesindheid van die kunstenaars is die onkoste vir die aand minimaal. Ons verkoop die kaartjies vir R100 per persoon en gaan die opbrengs gee vir die bou van die kerkgebou in Bangkok.

Na die vertoning is daar ‘n groot bottel en bord-kuier in die binnehof waarby die kunstenaars ook sal wees.

Juniors 10:00

Mrk 15:33-41 “Die plan werk”

Seniors 18:00

Luk 19:28-23:47 “Sweet soos bloeddruppels”

Verbintenisgroep - 18:00

Voorbidding ...  Kobus Colyn van Kingswood Village C5/11; 012 348 7591  Jakes Jacobs van Sawgrass 19, Silver Lakes; 012 809 2141  Wilma Griesel van 11e Straat 23, 012 460 5304  Pieter du Toit van Oaktreelaan 35, 012 460 8914  Corrie Maas van Mackenziestraat 456A, 012 460 4901

Kyk asseblief met oordeel! Onlangs het ek aanbeveel dat die fliek Wolf of Wallstreet gekyk kan word. Daar was egter beswaar dat die film gelaai is met wat nie vir die kerk aanvaarbaar behoort te wees nie. Ek is jammer vir die ongekwalifiseerde aanbeveling. Wat egter waar is, is dat Hollywood ons bewus maak van die wêreld waar binne ons lewe en hoe dit ons kan opslurp. ‘n Lewe van geldgierigheid waarin jy niks vir ander voel, van dwelmmisbruik en seksuele losbandigheid – en hoe dit jou en ander mense se lewe kan vernietig. Kyk dit gerus, maar met oordeel! - Anton Pienaar -


Gebeure in die Diensgroepe

Uitreik Bevrore kos Die vrieskaste is leeg. Ons wil graag die voorraad aanvul. Polistireenborde is beskikbaar in die portaal en kombuis. GJG-Omgeegroep Die GJG-Omgeegroep kom weer eerskomende Woensdag om 09:30 bymekaar in die biblioteek.

Bladsy 3

Gemeente Staptoer Daar het twee plekke beskikbaar geword vir die Gemeente Staptoer wat die langnaweek van 20-23 Maart op die Fanie Botha-roete gaan plaasvind. Een van die oudste en mooiste roetes in die land. Kontak vir Paul du Preez (0813992555) as jy wil gaan. Dit is ‘n semi-moeilike stappie met rugsakke vir liefhebbers!

Ondersteun ons gerus. Ons handgemaakte kaartjies is besonders uniek en baie goedkoop.

Vaardigheidsklasse, skryf nog in Daar is nog kans om jou werksmense in te skryf vir die vaardigheidsklasse: die geletterdheid en rekenaarklasse het pas begin, en die kookklasse skop af Donderdag 8 Mei. Inskrywingsvorms by Sonja.

Soos ek dit sien …

Nuwe Bybel ’n Splinternuwe Afrikaanse vertaling van die Nuwe Testament en Psalms is Woensdag in die Grootte Kerk in Kaapstad bekend gestel. Dit is ’n mylpaal in die jongste Afrikaanse vertaalprojek van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Die doel van hierdie pojek is “om 'n goed verstaanbare, bronteksgeoriënteerde Afrikaanse vertaling van die Bybel te skep.” (Bybelgenootskap). ’n Vriend van my wat by die vertaalprojek betrokke is, skryf op Facebook “Hier is 'n voorspelling: Die nuwe Direkte Vertaling van die Afrikaanse Bybel gaan 'n gewilde en geliefde vertaling word.” So word ons al hoe ryker in Afrikaans. Die 1933 vertaling se Afrikaans is oud, maar nie heeltemal koud, die 1983 vertaling praat in mooi helder Afrikaans met ons en nou is daar nog ’n vertaling in die taal waarin die meeste van ons die beste ons diepste gedagtes en gevoelens verwoord.

Hierdie nuwe vertaling gaan probeer om die leefwêreld van die Bybelse mense so getrou as moontlik weer te gee. Daarom gaan daar byvoorbeeld nie weer van metrieke mate gebruik gemaak word nie. Die idee is dat ons moet kan agterkom dat die tekste uit ’n ander wêreld as ons eie kom. Dalk help dit dat mense nie sommer konteksloos tekste probeer van toepassing maak nie. Verder gaan die gebruik van voetnotas ons bewus hou daarvan dat ’n vertaling (hoe goed dit ook al mag wees) altyd sal sukkel om die bronteks se rykdom ten volle oor te dra. Ek is so bly ons kry ’n nuwe Afrikaanse Bybel! Dit kan net help dat ons die ou tyding nuut hoor. - James Kirkpartrick


“Gebed van die Week”

uit

DIE GROOT GEBEDEBOEK

Hier is my hart; hier is my pyn ... Here, my God, U het my ‘n deel van u kerk op aarde gemaak.

Ek wil graag u mense van U leer, maar eers moet U u wil vir mý leer. Gebruik my as u werksman, Here. Moet my nooit verlaat nie; want sonder U is ek niks en kan ek niks doen nie. Martin Luther (16de eeu)

- en my mond, alles wat ek sê vir U om te gebruik.

U weet dat ek regtig nie geskik is vir dié doel nie. As dit nie vir u leiding was nie, sou ek al lankal ‘n groot gemors gemaak het van alles wat ek aanpak. Here, ek gee nou weer my hart

Amen

“As jy nie kan bid soos jy wil nie; bid soos jy kan.”

- Edward M Goulburn -

Verjaardae 16 - 21 Maart 2014

23 Maart 2014 Langnaweek

Baie geluk aan almal wat verjaar! 16

Hennie du Plessis, Gerhard Erasmus, Ruth Haasbroek, Soleta la Grange, Lana Marais, Shirley Myburgh, Christine Olckers, Koos Oosthuizen, Karen Punt, Tinus Vermaak

17

Andrea Bauling, Martie Lombard, Johnny Lotter, Lian Odendaal, Lane Roux, Lana van Niekerk, Joretha Wolmarans

18

Christiaan Engelbrecht, Marolet van Zyl

19

Rikus Blomerus, Lynette Crouse, Jaco Dreyer, Mikhail Edwards, Theo Gerdener, Lucia Holtzhausen, Christi Olivier, Elna Pretorius, Christo Schutte, Vicky Swanepoel, Dries van den Berg

20

Pieter-Ben Bernard, Daniël Joubert, Anton Prinsloo, Lize Regenass, Emile Sievers

21

Jeanette Bezuidenhout, Franz Fischer, Marius Lubbe, Poets van der Vyver Bernard Kootzen, Elizna Meyer, Olivia Potgieter, Stephanie Regenass, Ethan Smit, Laila van der Vyver

22

Stellastraat 158 Waterkloof 0181

Bankbesonderhede: Rekeningnaam: Tjekrekening no:

Erediensversorgers Koördineerder - Faan Grundlingh Sel 083 325 1704

09:00

Faan Grundlingh - (Koördineerder) Sannie Gerber Johan Minnaar Gustie van der Vyver Magdaleen du Plooy Francois Fouché Elma de Bruin Cecile Ziervogel

Deurdiens 09:00 Hein en Annette Hamann

Baie dankie Cathy Pretorius vir die blomme

www.stellastraat.co.za ABSA NG Suidoos-Pretoria 540580022

Tel: 012 460 8570 Faks: 012 346 2701 Email: admin@stellastraat.co.za

Hierdie nuusbrief is geborg deur Sardaville Vakansieplaas Jou naweek-wegbreekbestemming! www.sardaville.co.za - 012 426 3460

Maart 16  

Aankondiginge 16 Maart 2014