Page 1

Stellastraat NG Gemeente

Voorbidding ...

Tel: 012 460 8570 Faks: 012 346 2701 Epos: admin@stellastraat.co.za

Stellastraat 158 Waterkloof 0181

• Maureen du Pisanie van Upper Waterkloof RV 6,

082 704 6587, is in die hospitaal opgeneem.

Oorlede ...

Lees en fliekbespreking 14 Maart 19:00

Gilles van de Wall van Fleurenville is Dinsdag oorlede. Sy gedenkdiens was Vrydag. Ons innige meegevoel aan die familie.

www.stellastraat.co.za

Die wêreld van outisme word ‘groter’ Vir baie mense is outisme ‘n begrip wat hulle nie verstaan nie. En heel waarskynlik is dit omdat hulle nog nooit in kontak daarmee was nie.

Nuwe Lidmate Baie welkom aan die volgende lidmate wat ook nou deel is van die Stellastraat familie: • Ian, René en Iné Keun van Tugela Park 13, Tugelastraat 204, Ashlea Tuine. • Sheila van Marle van Normandie Woonstel 405, Lynnwoodweg 125, Lynnwood. • Willie, Karien, Chris en Lian Steenkamp van Lombardy Estates 256, Grahamweg.

Indien jy ‘n lidmaat van Stellastraatgemeente wil word, kan jy na die erediens die predikant by die Nagmaaltafel ontmoet en jou inligting in die Nuwe Lidmate boek invul. Andersins kan jy in die week die kerkkantoor skakel (012 460 8570).

18 Maart 2018

Verjaarsdae 11 - 17 Maart 2018 Ons wens graag die volgende lidmate geluk met hul verjaarsdae 11 Maart Monica Becker, Marthie Leach, Greta Lötter, Lani Tredoux, Wim van Schalkwyk. 12 Maart Dawie Engelbrecht, Claudia Jansen, Willem van Niekerk. 13Maart Lindie Berelowitz, Corné Burger, Emma-Beth Erasmus, Arno Pauw, Rudi Pothas, Philly Schalkwyk, Madelein Theron, Louise van den Berg, Nico van der Merwe, Roland van der Neut, Robert van Eyden, Adriaan van Niekerk, Deon Viljoen, Susan Visagie, Carla Walkenshaw. 14 Maart Theresa Boshoff, Paul Eloff, Sonja Swart, Helena Wassenaar.

11 Maart 2018

Jakarandahospitaal na 'n knie-vervanging.

Bankbesonderhede: Bank - ABSA Tjekrekeningnommer 540580022

VOLG ONS OP FACEBOOK!

Aankondiginge

• Annette le Roux van Pretoria Wilgers 57, 082 579 6645, sterk aan in die

15 Maart Nico Auret, Muriel Bedeker, Derik de Beer, Mildré Olivier, Pierre Roux, Chris Steyn, Frans te Groen, Suzette Truter, Christiaan van der Merwe, Karin Zwarts. 16 Maart Stefan Hefer, Soleta la Grange, Lana Marais, Christine Olckers, Koos Oosthuizen, Karen Punt, Lilah Richter, Susrah van Vuuren, Tinus Vermaak. 17 Maart Andrea Bauling, Martie Lombard, Johnny Lotter, Lian Odendaal, Pierre Retief, Lanie Roux, Michelle Serfontein, Lana van Niekerk.

Erediensversorgers Koördineerder - Faan Grundlingh Sel 083 325 1704 08:30

10:00

Faan Grundlingh Brenda Lesser(Koördineerder) Dorfling Antoinette Minnaar (Koördineerder) Elma de Bruin Jeannie Botha Maryke Herbst Graad 7’s Christo du Preez Amanda Bester Kotie Perold Hein Hamann

18:00 Theuns Coetzer (Koördineerder) Brenda LesserDorfling Graad 9’s

Deurdiens 08:30

10:00

18:00

Sakkie en Susan Venter

Gr 7’s Mari Lourens Wilma Willemse

Gr 9’s Jaco Breytenbach Naas Olivier Dewald Muller

Tee-Team

Daar is baie mense wat sê dat as jy nie self ‘n kind met outisme het nie, sal jy dit nooit verstaan nie. Die feit van die saak is dat daar in die laaste paar dekades ‘n drastiese toename in outisme is. Vandag lei ongeveer een uit elke honderd kinders aan outisme, meer as al die kinders saam wat aan kanker, diabetes of vigs lei. Kinders met outisme sukkel om te sosialiseer. Hulle speel selde met ander en hou hulleself liewer eenkant besig met herhalende en soms eienaardige gedrag. Outistiese kinders kan heeltemaal obsessief raak met ‘n onderwerp of ‘n voorwerp.

Die oorsake van outisme is onbekend. Sommige het al beweer dit is inentings wat kinders kry as hulle klein is, of die moderne kosse wat ons eet – die oorsaak bly onbekend, maar wat ons wel weet is dat outisme ‘n lewenslange neuro-biologiese ontwikkelingsversteuring is wat nie genees kan word nie. As jy ‘n goeie aanvoeling wil kry oor wat outisme is, lees gerus die boek Raaiselkind van Annalie Botes. Of, as die film met dieselfde titel nog draai, gaan kyk dit beslis. En as jy regtig goeie insig wil hê, dan moet jy Woensdagaand 14 Maart se aanbieding van dr Greg Lamb nie misloop nie. Dit is algemeen bekend onder sielkundiges en terapeute dat dr Lamb een van die beste kenners en orators oor dié onderwerp is. Die geleentheid wat ‘n bottel- en bordaand is en wat 19:00 in die binnehof begin is ‘n aanbieding wat jy beslis moet aangryp!

Na tweede diens

Na aanddiens

Toy en Antoinette Minnaar Elize Pistorius

Combrink en Verster Gesinne

James en Adele Schlebusch

Datums om dop te hou!

Kom help ons verf en woel en werskaf!

14 Maart Boek-/Fliekbespreking

Volgende Saterdag 17 Maart wil ons ʼn span Stellastraters stuur om die klimrame en speelapparate by Pennies Kleuterskool op te knap. Ons het klimrame om reg te maak, ‘n groentetuin om om te spit, nuwe swaaie wat gehang moet word en ‘n klomp klein werkies wat hande kan besig hou. Ons kom 7:30 by Stellastraat bymekaar en ry saam na die kleuterskool toe, waar daar veilige parkering is. Alles wat nodig is vir die werk word voorsien, ons kort net Stellastraters met ou klere wat wil saamwerk! Ons mik om teen 13:00 se kant klaar te maak met ‘n lekker boerie op die kole. In die binnehof is daar ‘n naamlys ter wille van getalle en ‘n inligtingstuk om jou te help onthou. Praat met Fouché (073 234 0156) as jy meer wil weet.

17 Maart Operasie Restourasie

11 Maart 5de Lydensweek

18 Maart 6de Lydensweek 21 Maart Menseregtedag 25 Maart 7de Lydensweek 28 Maart Skole sluit 29 Maart Paaswydingmusiekaand

30 Maart Goeie Vrydag Nagmaal 1 April Paassondag 2 April Gesinsdag 6 - 8 April Imagine Jeugsaamtrek 10 April Skole open

Die klimapparaat by Pennies het werk nodig!

11 Maart 2018

18 Maart 2018

08:30 - Erediens

Malan Nel

Fouché de Wet

10:00 - Erediens

Anton Pienaar

Tienie Bosman

3 Jaar tot Gr 0

3 Jaar tot Gr 0

Eredienstye

10:00 - Kleuterkerk

Na eerste diens

Operasie Restourasie by Pennies Kleuterskool

11 April Jeuggroepleiers kwartaalgesprek

Jeuggroepe Gr 1-6 10:00

Mat 1:18-25; Joh 3:16-18 “Ek glo in Jesus Christus”

Gr 7 10:00

Besoek aan Huis HJ Piek

15:00 - Stellastraat Faith Community 18:00 - Erediens

Peter Maruping

Peter Maruping

Bernice Serfontein

Anton Pienaar

Seniors 18:00

1 Pet 3:15-16 “Help my glo”

18:00 - Adoramus

Stefan Botha

Willem Nicol

VB

Godheid “Verskillende gelowe”


Nuus

Bladsy 2

Bybel in ons lewe 11 en 14 Maart 2018

Wat is skandelike drifte?

Wat het die apostel Paulus bedoel toe hy geskryf het God gee mense oor aan “skandelike drifte”? En, “mans pleeg skandelikhede met mans en bring oor hulleself die verdiende straf vir hulle perversiteit”. Wat sit agter die apostel se driftige vermaning in sy brief aan die Romeine? Is daar iets wat ons nie weet nie, of nie wil weet nie? Antieke mense het seksualiteit nie verstaan soos moderne mense dit verstaan nie. Hoe die mens se brein werk en hoe die impulse van die menslike liggaam verstaan moet word, hoe meer gemaklik word daar oor seksualiteit gepraat. Sê nou maar Paulus het homoseksualiteit verstaan soos die meerderheid moderne wetenskaplikes, sou hy nog so veroordelend geskryf het? Wat het hy van homoseksualiteit geweet? Wat het in sy wêreld gebeur in terme van seksualiteit? Die saak oor seksualiteit en homoseksualiteit dreig om kerke en familie baie skade te doen. Ons moet saam daaroor dink en saam daaroor praat. Of eerder, ons moet na al die standpunte luister en luister en luister … tot ons meer begrip het vir mekaar. Die laaste van die kwartaal se Bybel in ons leweaanbiedings is ‘n kykie na Paulus en homoseksualiteit. Die geleentheid vind vanaand 19:00 of Woensdag 14 Maart 09:00 in die konsistorie plaas.

Bladsy 3

Palmsondag 25 Maart 2018

Spesiale orrelprogram Op 25 Maart, die Sondag voor Goeie Vrydag, gaan daar ‘n spesiale orrelprogram in ons kerkgebou aangebied word. Verskeie orreliste uit Pretoria het ingestem om aan die spesiale geleentheid, wat deur Maricus gereël word, deel te neem. Die doel van die program is om aan Margaret Vandervegt, wat hoof is van die musiekkonservatorium vir kerkmusiek, erkenning te gee. Margaret het onlangs ‘n beroerte gehad en werk hard om haar gesondheid weer terug te kry. Meer besonderhede oor die inhoud van die program sal later gegee word, maar orrelliefhebbers moet asseblief sorg dat Palmsondag 25 Maart 15:00 vasgeknoop is.

Paaswydingmusiekaand 29 Maart

Lydensmusiek vir die gemoed Die Paaswydingmusiekaand van Donderdag 29 Maart is ‘n geleentheid wat jy nie moet misloop nie! Die geleentheid is daar om elkeen van ons se gemoed in te stel op die Nagmaal van Goeie Vrydag, net die volgende oggend. Die musiekaand nooi jou om te kom luister na van die mooiste musiek en Afrikaanse gedigte wat oor die lyding van Jesus gekomponeer en geskryf is. Ons het reeds instrumente en solistes wat ingestem het om te kom deelneem.

My nostalgie oor grond is diep Niemand kan iets oor grond sê sonder om emosioneel te wees nie. Op meeste plaasgrond lê sweet. En soms bloed. Trane. Plaasgrond is vir baie mense grootwordgrond toegedraai in nostalgie en verlange. Daarom mag ek ook iets oor grondvatsonder-vergoeding sê. My nostalgie is diep. Ek wens ek kon boer. In ons familie het altwee my oupas en my pa plaasgrond gehad. Op die Hoëveld en in Wes-Transvaal. My voorgeslagte se kleintydstories was plaasstories. Vandag is daar nie meer ’n enkele plaasbesitter in ons familie nie. Die oupa’s se plase is ingesluk deur megaboere, en my pa se stukkie grond behoort aan ‘n nuwe boer van Swaziland. Al het ek heimwee oor die plase waarop ek as kind “grootgeword” het, sal ek nie kan boer nie. Om te kan boer is ‘n talent. En dit verg harde werk en goeie bestuursvaardighede. Nie alle mense wat huidig plase besit is goeie boere nie. Nie alle mense wat graag plase wil besit gaan goeie boere wees nie. Daar is Afrikaners wat deur jare se ondervinding boedery in hulle bloed het. Uitgeknip vir boer. Daar is ook swart- en bruin- en Indiërboere van wie ons reeds dieselfde kan sê. Dit is volstruispolitiek om te dink dat wit boere vir altyd die dominante groep boere in Suid-Afrika gaan bly. Soos bykans elke aspek van die Suid-Afrikaanse samelewing verander het met die vestiging van ‘n demokratiese bestel, so sal die ratio van wit en swart en bruin en Indiërboere ook verander. Dis ‘n gegewe. (Ek het egter sterk voorbehoude teen die stelling dat wit mense die grond van inheemse mense gesteel

het. Orals in die wêreld het mense grond en mag bekom deur ontdekkingsreise, imperialisme en oorloë. As almal wat hulle grond so bekom het dit moet teruggee, gaan dit chaos in die wêreld afgee. Hoekom wit mense in Suid-Afrika die gefokusde beskuldigdes moet wees, verstaan ek nie?) Dit beteken nie dat ek nié begrip het vir ander kultuurgroepe wat ook plaasgrond wil hê en met dieselfde verlange in hulle harte sit nie. Grondbesit sal verander, met die tyd. Wat egter onstellend is, is die dreigende en beledigende taal wat in die huidige debat plaasvind. Emosies na alle kante toe word opgesweep. Daar is die wat nou-se-lewe, die arbeid van gister en die toekoms wil beskerm, maar dan is daar ander wat nou die verlore lewe en toekoms wil gryp, en wat uit hulle veragting van die verlede gevaarlik ongeduldig is. My gevoel is dat indien iemand nie volwassenheid en kalmte aan die gesprek gaan bring nie, is geweld ons voorland. Die Reënboognasie en wonderwerkversoening wat in Suid-Afrika gebeur het, sal in Van Hunks se pyprook opgaan. Daar is twee groepe wat bestuur moet word. Die wat niks het om te verloor nie en nie sal omgee vir anargie nie. En die wat grond besit, en families het, wat hulle grond ten dode sal beskerm omdat hulle nêrens het om heen te gaan nie. Jy kan nie ‘n puisie ryp druk nie. Jy kan nie jou oes bereken voordat die reënseisoen verby is nie. SuidAfrika het nou leierskap en insig nodig soos nog nooit te vore nie. - Anton Pienaar

Help met die palmkruise

Baie Welkom!

Maak jou kruisie

Vanoggend by die tweede diens, doop ds Anton Pienaar vir Lian Steenkamp, seun van Willie en Karien Steenkamp. Baie geluk aan die ouers en familie.

Senior lidmate Oefeninge

Hierdie maand is die verkiesing van Bestuursliggame by die skole. Elke skool het kundige Bestuursliggame nodig om effektiewe onderrig van en aan kinders te verseker. Ons wil graag elke ouer wat kinders op skool het, aanmoedig om by die verkiesing van Bestuursliggame betrokke te wees. Vind asseblief uit wanneer die verskiesing is en gaan maak jou kruisie. Dit sal ook wonderlik wees as jy met jou vermoëns en gawes verkiesbaar is.

Die oefeninge wat Louise Jackson, Fisioterapeut, tydens die praatjie oor “Voorkom die kans om te val” gedemonstreer het, is in die binnehof by die Inligtingstafel beskikbaar. Neem asseblief.

Die laaste Sondag voor Goeie Vrydag is Palmsondag. Vanjaar is dit Sondag 25 Maart. Op dié dag ontvang elkeen van ons ‘n klein kruisie wat van palmblare gemaak is. Die idee is dat jy dié kruisie naby jou sal hou in die laaste lydensweek. Elke keer as jy die kruisie sien, dan moet jy dink aan God se liefde vir jou, en jou liefde vir Hom. Hierdie jaar se palmkruisies word gemaak op Dinsdag 13 Maart 15:00 in die lushof. Ons het hande en palmblare nodig! Kan jy nie dalk vanjaar kom help met die vou van die blaartjies nie? Dit is maklik en dit doen sommer iets aan ‘n mens! As jy kan kom help, laat weet asseblief vir Sonja by die kerkkantoor of vir Cathy Pretorius (083 268 9833). Dankie! Op Goeie Vrydag bring jy jou palm-kruisie saam kerk toe, en dan plaas jy dit in die kollektebordjie – simbolies verbind jy jou om soos Jesus jou lewe ook in diens te plaas vir ander.

Diensgroep Bedrywighede Gee-Jou-GaweOmgeegroep Die GJG-Omgeegroep kom weer Woensdag 14 Maart om 09:30 bymekaar in die biblioteek. Ondersteun ons verkope in die binnehof tydens teedrink asseblief. Dit maak dit vir ons moontlik om uit te reik na ander in nood!

Aankondiginge 11 Maart 2018  

Aankondiginge 11 Maart 2018

Aankondiginge 11 Maart 2018  

Aankondiginge 11 Maart 2018

Advertisement