Page 1

Aankondiginge 15 Junie 2014 Dis Danville Mini-kermistyd! Ons jaarlikse Danville Mini-kermis vind hierdie jaar weer soos gewoonlik plaas op Sondag 22 Junie by Laerskool Generaal Beyers in Danville. Ons as gemeente help ‘n klomp gesinne van Danville met maand-kospakke, en kuier die oggend saam terwyl ons lekker kosmaak en dit alles opeet! Ons het hande nodig wat ons kan help, en jy kan dit op van die volgende maniere doen: 1

2

 Die spookasem en springmielies gaan rol!  By die boeresportrondomtalie gebeur daar

Kom help kospakke pak – Saterdag 21 Junie gaan ons die kospakke van 09:00-10:00 hier by Stellastraat pak. Ons koop ‘n klomp kruideniersware en pak dit in 100 drasakke. Kom help Sondag by die Mini-Kermis – Sondag 22 Junie hou ons makietie van 09:00-13:00. Dis ‘n pretoggend met springkastele, worsbraai, pannekoekbak en spookasem maak. Ons is ongeveer 500 mense daar, en jy kan by verskillende stasies help soos:

 Kom help by die kleuterstasie met inkleur, verf en kleispeel.

 As jy ‘n pan en ‘n gasstofie kan reël, kom help pannekoek bak.

 Ons het hande nodig by die teetuin wat koffie, tee, koeldrank en Slushpuppy kan maak.

 Daar is baie boereworsrolle wat gebraai moet word.  Dis nooit te koud vir roomys nie, en ons soek hande wat nie skrik vir koue nie.

Dorsland Staptoer 18-20 Julie 3 dag Olifant staproete by Middelburg. R500. Almal wat wil saam gaan stap, kontak asseblief vir Linke Combrink 084 440 5991. 15 Junie 2014 09:00 - Marina de Wet 18:00 Adoramus - Willem Nicol Tema: Ewige liefde 22 Junie2014 08:30 - James Kirkpatrick 10:00 - Anton Pienaar 18:00 - Tienie Bosman 18:00 Adoramus - Anton Pienaar

elke jaar groot dinge. In die binnehof is daar ‘n naamlys waar jy kan opskryf by watter stasie julle wil help. 3

Borg ‘n kospak of twee – as jy op ‘n ander manier wil bydra, kan jy ‘n kospak borg vir R400. Dit kan by die kerkkantoor of elektronies oorbetaal word met die verwysing: Danville kospak.

Net so terloops, ons het verlede jaar ‘n toutrekkompetisie tussen Stellastraat en Danville se mense met 0-3 verloor. Dit was ‘n slagting. Sorg dat julle pap eet voordat julle saamkom hierdie jaar! NB: Om seker te maak dat gesinne by die Uitreik betrokke is, het ons nie Junior Jeuggroepe daardie Sondag nie.

Russiese melk op die spyskaart Dit gaan oor ‘n opslag-aartappeltjie, ‘n couch-potato en gesondheiduit-die-grond-uit. Dit is nou vandeesweek se saamtrek van senior lidmate. Soos gewoonlik begin ons 10:00. Ons gaan ‘n interessante meedeling oor die wonder van aartappels kry, en dan gaan ons proe! Aartappel en pruie-sop. Tjips en tamaties-sous. Vodka. Alles uit ‘n gesonde aartappel. Laat jou verbeelding gaan en kom kyk wat gebeur. Donderdag 19 Junie 10:00 in die binnehof.

Voorbidding ...  Wilma Griesel van 11e Straat 23, 012 460 5304  Pieter du Toit van Oaktreelaan 35, 012 460 8914  Jos Pieterse van Maraisstraat 262, 012 460 7982  Innige meegevoel met Phoebe Fouché en Anne-Marie Pothas wie se broer oorlede is.

Vinknes Woensdag 18 Junie om 09:45 kom praat Fouché met die Vinke. Priscilla en Magdaleen is gasvrouens. Onthou om kerriepoeier (matig) en pakkie sampioensop te bring.


“Gebed van die Week”

Die Groot Gebedeboek

uit

“Saam met U op die lewensee ...” Maak my onrustig, Here, wanneer ek te tevrede raak met myself; wanneer my drome so maklik waar word, omdat ek so klein gedroom het; wanneer ek altyd veilig tuiskom omdat ek te bang was om die diepsee van die lewe aan te durf.

Wek ‘n onrus in my, Here, ‘n verlange om dit saam met U op die groter lewensee te waag. Want daar sal ek in die storms leer hoe groot u mag werklik is; wanneer daar geen land meer in sig is nie, sal ek leer om die sterre raak te sien.

Maak my onrustig, Here, wanneer die oorvloed van my aardse besittings my dors na die water van die lewe laat verdwyn. Ek het so verlief geraak op hierdie lewe dat ek nie meer droom van die ewigheid saam met U nie.

O, Here my God, verskuif die horison van my hoop, gee my die moed, liefde en geloof om met U aan die stuur vreesloos die toekoms in te vaar.

Here, in ons pogings om self die nuwe aarde te skep, het ons ons visie van die nuwe Hemel verloor.

Amen

Toegeskryf aan die seevaarder Sir Francis Drake (16de eeu)

“Gebed is om die aardse gees van die mens uit te asem en diep te adem aan die ewige Gees van God.” - Edwin Keith-

Verjaardae 15 Junie - 21 Junie 2014

Kyk gerus op Stellastraat se Facebook is mooi foto’s van die Mamelodi groentetuin en die Gemeentefees!

Ons wens graag die volgende lidmate geluk met hul verjaardag

15

16

Roelof Blignaut, Petr de Jager. Eben Jordaan, Wilmarie Meyer, Heinrice Steyn, Rentia Swanepoel, Selma van Schouwenburg Myrna Bekker, Morné Coetzee, Yolanda Jordaan, Johan Massyn, Gerrie Naudé

17

Elmarie Bekker, Annette le Roux, Samuel Pauw, Nelia Prinsloo, Li-Marié Roos, Talia Swart

18

Janno Auret, Jeandré Botha, Mauritz Jankowitz, Riana Munnik, Tana Potgieter, Johan Prins, Attie Roeloffze, Petronel van der Watt, Annelie van Niekerk

19

Mia Coetzee, Suné du Plooy, Monica Jansen van Rensburg, Elsa Lombard, Johanna Louw, Karli Myburgh, Anna Spies Judy de la Bat, Erica du Toit, Karlien Lambechts, Lucy Strydom, Emma von Lengeling

20 21

22 Junie 2014 Danville-gesinsdag

Matthew du Toit, Erich Esterhuyse, Jana le Grange, Cobus Marais, Lynette Pieterse, Piet Swart, Tess van der Merwe

Stellastraat 158 Waterkloof 0181

Bankbesonderhede: Rekeningnaam: Tjekrekening no:

Erediensversorgers Koördineerder - Sandra Vermeulen Sel 082 449 7193

08:30

10:00

18:00

Sandra Vermeulen (Koördineerder) Francois Fouché Sakkie Perold Kotie Perold Faan Grundlingh

Andries Pretorius (Koördineerder)

Edward Leach (Koördineerder)

Deurdiens 08:30 Doepie du Preez Suzette Truter

www.stellastraat.co.za ABSA NG Suidoos-Pretoria 540580022

10:00

18:00 Gr 9’s

Tel: 012 460 8570 Faks: 012 346 2701 Email: admin@stellastraat.co.za

Hierdie nuusbrief is geborg deur Sardaville Vakansieplaas Jou naweek-wegbreekbestemming! www.sardaville.co.za - 012 426 3460

Junie 15  
Junie 15  

Aankondiginge 15 Junie 2014

Advertisement