Page 1

Aankondiginge 10 Junie 2012

Danville: om warm harte in koue weer te hê Volgende Sondag 17 Junie is dit weer tyd vir ons jaarlikse Winterprojek in Danville. Met die Winterprojek wil ons graag die volgende regkry:

 Ons wil ‘n klein bydrae maak om die materiële nood van 100 gesinne in Danville te verlig deur te help met ‘n pak kruideniersware vir die koue wintermaande.  Ons wil mense laat spesiaal voel en hulle so hanteer dat hulle gewaardeer voel.  Ons wil saamwerk, saamspeel, saamlag en die Sondag só geniet dat ons sê: ons ervaar Jesus se veranderende liefde elke dag!  Ons wil Stellastraters ‘n geleentheid gee om die DIEN-deel in ons gemeenteleuse: “vry, lig, dien”, prakties te doen. As jy jou weg oopsien om te help, dan kan jy dit op een van die volgende maniere doen: Saterdag 16 Junie gaan ons die kospakke in die binnehof pak van 09:00-10:00. Ons het ‘n klomp kruideniersware teen ‘n afslag aangekoop, wat in 100 drasakke gepak moet word. As jy wil kom help pak, kom volgende Saterdagoggend kerk toe. Sondag 17 Junie hou ons die gesinsdag by Laerskool Generaal Beyers in Danville van 9:00-13:00. Ons verwag ongeveer 600 mense by die skool – oud en jonk. Jy kan by een van vele stasies help:

      

Kom help by die kleuterstasie met inkleur, verf en kleispeel. Jy kan kom help pannekoek bak, as jy ‘n pan en ‘n gasstofie het. Ons het hande nodig wat kan tee- en koffieskink. Daar is baie boereworsrolle wat gemaak moet word. Ons moet spookasem maak vir Afrika. Daar is ‘n springmieliestasie wat moet sorg vir hope springmielies. Dis nooit te koud vir roomys nie, en ons soek hande om te help roomys uitdeel.

Daar is lyste in die binnehof waar jy jou naam kan opskryf – iemand van die projekspan sal jou in die week kontak met die belangrikste reëlings. As jy nie kan saamkom nie, maar jy wil bydra tot die dag, kan jy ‘n finansiële bydrae maak deur ‘n kospak te borg vir R400. Dit kan by die kerkkantoor of elektronies betaal word (verwysing: kospak).

Kom saam volgende week en maak mense se harte warm!

Fliekbespreking Woensdagaand 13 Junie gaan Fouché die wonderlike film, The Descendents bespreek. Ons gaan die hele film eers saamkyk en omdat ons nie te laat wil klaarmaak nie, gaan ons reeds om 18:30 in die binnehof begin. Kom kyk en dink saam oor hoe broos en wonderlik verhoudings tussen mense is. Vir meer inligting oor die fliek, gaan kyk by http:// www.imdb.com/title/tt1033575/. Terloops, die fliek het darem ‘n Oscar of twee gewen ook!

Tienie traplarritklap die naweek Anton het verlede week die Comrades gehardloop, en Tienie voel hy moet ook wys dat hy nog kan. Daarom is hy in Louis Trichardt die naweek om aan die Kremetart wedloop deel te neem. Dis 180 km ver, sjoe! Ons moet darem bysê, hy mag sy fiets gebruik vir die resies. So dis die boude eerder as die bene wat gaan swaartrek. Sterkte vir die langpad Tienie!


Jeuggroepe

Eredienste Tye

10 Junie 2012

10 Junie 2012

17 Junie 2012

08:30 - Erediens

Marina de Wet

Tienie Bosman

10:00 - Eerediens

Fouché de Wet

Tienie Bosman

10:00 - Kleuterkerk

3 jaar tot Graad 0

3 jaar tot Graad 0

15:00 - Stellastraat Faith Community

Peter Maruping

Peter Maruping

James Kirkpatrick

Claudi Opperman

Stevan Botma

Willem Nicol

18:00 - Erediens 18:00 - Adoramus

Juniors 10:00

Mat 5:13-16 “Sout en lig”

Seniors 18:00

Rom 12:2; Ef 4:22-24 “Wolf in skaapklere”

Verbintenisgroep 18:00

“Oor lyding”

Voorbidding ...  Huibrecht Walker van Rigellaan 161, 0124608412  Baba van Francois en Marina Pienaar van 20ste Straat 72, 0124603963

 Gerty Coetzee van Machteld Postmus 111, 0124604085  Anneke Lamont van Brecherstraat 50, 0123433339  Sakkie Perold van Premierlaan 221, 012 460 7571

Oorlede ... Die pa van Elmi Minnaar van Pinasterstraat 47 is oorlede. Ons innige meegevoel aan haar en die familie.

Wegbreeknaweek 19 - 21 Oktober 2012 Die tent, karavaan– en waentjiebewoners daag die chaletbewoners uit vir wie die meeste en beste gees het!

Gemeentebiblioteek Die perfekte storm : hoe die gelowige van vandag die wêreld van more kan oorleef Stephan Joubert (redakteur) - G-Jou Ons is in die storm. Ons kan dit nie vermy nie. Wegkomkans is daar nie. Dit help nie om oorsee te gaan, af te tree, uit jou werk te bedank of weg te kruip nie. Niks sal help nie. Die perfekte storm is plaaslik én wêreldwyd. Storms is altyd slegte nuus. Wanneer 'n groot storm dreig, word mense paniekerig. Deure en vensters word dig toegesluit. Almal word gewaarsku. Mense gee pad. Storms keer die normale gang van die lewe drasties om. So 'n vernietegende storm trek tans oor ons almal. Kerklike noodplanne wat in vorige krisisse gebruik is, sal dié keer nie werk nie. Moenie die fout maak om te dink daar is groener weivelde elders op aarde nie - die stormwinde woed oral. Daarom het 'n paar plaaslike en internasionale kerkleiers hulle kreatiwiteit in hierdie boek saamgegooi om in eenvoudige, maar lewensveranderende taal te dink oor die aard van die perfekte storm en oor die verskillende opsies wat Jesus se mense in hierdie tyd het - oor hoe ons die storm kan trotseer. Hulle wil ons aanmoedig om te midde van die chaos wat hierdie storm veroorsaak, nuut te leef, te doen en te dink.

Gebedsgeleentheid Voorbidding Donderdae 09:00 Susan Gerber 012 460 5507

Enige een welkom om saam te kom bid! Elke Saterdag 07:30

Meditasie en Kontemplasie in die konsistorie Willem Nicol 0839667831 ’N DIEPER DORS – ERVAAR DIE SPIRITUALITEIT VAN JOHANNES Dis die titel van ’n boek van Willem Nicol wat pas by CUM verskyn het. Die uitgewer en Willem hou ’n boekbekendstelling op Dinsdagaand 12 Junie om 19:00 in ons kapel. Willem sal praat oor die interessante vraagstukke in die wetenskaplike benadering tot dié evangelie, en veral oor hoe ons die hart van hierdie evangelie kan verstaan en ervaar. Getekende eksemplare teen afslag beskikbaar (R100). Verversings en geskenkpakkies geborg deur die uitgewer. Almal welkom. Geen vooraf aanmelding nodig.

Dorslandtrek 2012 - Kaapse Hoop Lus vir 'n avontuur? Hou dan die spasie dop! Ons daag jou uit om van 21-24 September saam te kom stap! Challenge accepted!! Enige navrae: Claudi 0727692278


Diensgroepvergaderings en byeenkomste KERKRAAD Vergadering Die kerkraad vergader op Dinsdag 12 Junie 2012 om 19:00 in die konsistorie. Haal asseblief vergaderingstukke af in houtvakkies.

ADMINISTRASIE Rommel Baie dankie aan almal vir die goedere gebring. Ons het ‘n goeie verkoping gehad. Die volgende verkoping is 4 en 5 Julie 2012. Alles welkom!

Bladsy 3

UITREIK

ONDERLINGE SORG Omgeegroepe Die koördineerders van die Diensgroep Onderlinge Sorg se onderskeie Omgeegroepe kom om 19:00 op Maan-dag, 11 Junie 2012 in die konsistorie bymekaar. Vinknes Die Vinke kom bymekaar op Woensdag, 20 Junie 2012 om 09:45 in die binnehof. Marina de Wet kom met ons gesels. NB: Onthou asseblief: Oats en mielierys.

GJG-Omgeegroep Daar is ‘n gewone werksessie op Woensdag 13 Junie 2012 om 09:30 in die Kaartjie-Aksielokaal. Jakaranda Kinderhuis - Huis 8 Marie Els en al die seuns van Huis 8 sê baie, baie dankie aan Susan Louw en haar teeskinkgroep vir die nuwe strandhanddoeke en sakgeld en aan al die skenkers wat ‘n - vir baie die 1ste - seevakansie moontlik maak. Bevrore kos Die vrieskaste is leeg. Ons wil baie graag die voorrade aanvul. Polistireenborde is beskikbaar in die portaal en by die kerkkantoor. Baie dankie dat jy ‘n verskil maak!

Soos ons dit sien … Gemeentefees - 3 Junie 2012 Wat ‘n ongelooflike voorreg om deel daarvan te kon wees! Ons glo die Here het ons op 4 Desember 2011 na Stellastraat gelei. Sedertdien het ons elke Sondag ‘n boodskap uit God se Woord ontvang, gehoor, geleer van God se liefde, deernis en omgee. Dus was dit ononderhandelbaar: die bywoon van die Gemeentefees. Twee weke voor die tyd het ons ete-kaartjies gekoop, poeding en brode beloof. By die reëlingstafel is ons reeds hartlik verwelkom en genooi om saam met André en Lynette om hulle skaapafvalpot te kuier. ‘n Paar dae voor die tyd het ons besluit om ook in tema-klere uit te dos. Ons besluit toe om as Hein en Anette Koekies uit te dos, want dis wie ons is in die alledaagse lewe. Buite die kerk was alles teen 10h00 in rep en roer. Potjies het oral geprut. Tydens James se preek kon jy die gejil buite hoor soos kinders speel op die springkasteel. Na die diens is ons buite toe. Oral het jy welkom gevoel, veral by Lynette en André Ferreira se uitstalling. Die Stellastraters het gegroet, gekuier, gesels, gelag, foto’s geneem en soos ons dit sien: dis ‘n gemeente wat fees vier! Hulle het nie geskroom om lekker gesellig te wees nie en om deernis en liefde te betoon nie. Dit was lekker om net te kon saam gesels en om die kwinkslae van ander Stellastraat Superhelde te geniet.

Heelwat mense het nader gestaan om as “eerste bywoners” ‘n glasie te sluk nadat Fouché tot by drie getel het. Toe voel ons ingelyf as Stellastraters! Die inhoud Karina en Arno Bernard van die potte was goed voorberei, die brode en poedingtafels behoorlik georganiseer. Ons ervaring van Stellastraat se Gemeentefees sal ons lank bybly. Ons hoop dit sal ons beskore wees om deel te wees van vele sulke feeste in Stellastraat. Mag die Here elke Stellastrater met Sy liefde, omgee en deernis seën. -

Anette en Hein Hamann

‘n Baie groot dankie aan almal wat mee gehelp het om die Gemeentefees ‘n reuse sukses te maak. Elke potmaker, nagereg– en broodbakker, helper, organiseerders, en in besonder aan André en Lynette Ferreira - die spul waarom dit draai!


“Gebed van die Week”

uit

DIE GROOT GEBEDEBOEK

Die God wat Homself gee ... Help my, Here, om die oorvloed wat U my gee, met ander te deel. Skenk my ‘n porsie van u onselfsugtige liefde, sodat dit ook vir mý maklik sal wees om vrygewig te wees. Maak dit vir my doodnatuurlik om te gee sonder om enigiets terug te verwag; om in die geheim te gee sonder om erkenning te soek, en in opregtheid sonder om dankbaarheid te eis. Dit vra ek in die Naam van Hom wat Homself gegee het.

Amen John Hunter

God met die liefdevolle hart, maak myne ook so. God met die sagte hande, maak myne ook teer. God van die gewillige voete, laat my op u pad volg. En mag ek só nader aan U groei in alles wat ek sê en doen.

Amen Broer Kenneth

“Bid, en laat God dan omgee wat word”. - Martin Luther -

17 Junie 2012

Verjaardae 10 - 16 Junie 2012 Ons wens graag die volgende lidmate geluk met hul verjaardag

10

Carien Erasmus, Karien Kromhout, Elmirie Kruger, Heidi Mennen, Hettie Worst

11

JG Bester, Suzanne Bezuidenhout, Eswee Bouwer, Marianne de Beer, Natanya Fourie, Alet Vorster, Niena Janse van Rensburg, Sidne Larson, Carla Peijper, Hennie Pieterse

12

13

Karina Bernard, Georg Hofmeyr, Petro Kruger, Christine Kühn, Joubero Malherbe, Kobus Myburgh, Vita van der Merwe, Joshua van Deventer-Bekker, Annalize van Zyl Marietjie Bouwer, Annabelle Cloete, Tina Geyer, Retha Goslin, Francois Joubert, Danie Koen, Jana Schutte, Stefan Walkenshaw, Siebert Worst

14

Johan Claassens, Henk Greeff, Bernard Krüger, Louis van der Watt

15

Roelof Blignaut, Selma van Schouwenburg, Nita Hurter, Wilmarie Meyer, Petr de Jager, Eben Jordaan, Wilmie Cronje, Heinrice Steyn, Rentia Swanepoel

16

Myrna Bekker, André Coetzee, Morné Coetzee, Yolanda Jordaan, Carlette Lamprecht, Johan Massyn, Gerrie Naudé

Stellastraat 158 Waterkloof 0181

Bankbesonderhede: Rekeningnaam: Tjekrekening no:

Erediensversorgers Koördineerder - Herman Combrink Sel 083 458 9270

08:30

10:00

18:00

Herman Combrink (Koördineerder)

Nico Mans (Koördineerder)

Zak Lombaard (Koördineerder)

Martha Kok Graad 5

Teo Bosman

Cecile Ziervogel Kotie Perold Francois Fouché Johan Minnaar Danie Swart Susan Gerber

Deurdiens 08:30

10:00

Leon en Maryke Herbst

Gr 5’s Helena Landskron Erna Botha

Leef-Gerus NOODNOMMER

083-455-0313

www.stellastraat.co.za ABSA NG Suidoos-Pretoria 540580022

Tel: 012 460 8570 Faks: 012 346 2701 Email: admin@stellastraat.co.za

Hierdie nuusbrief is geborg deur Sardaville Vakansieplaas Jou naweek-wegbreekbestemming! www.sardaville.co.za - 012 426 3460

Aankondiginge 10 Junie 2012  

Aankondiginge 10 Junie 2012