Page 1

Aankondiginge 9 Junie 2013

Bybel-in-ons-lewe Konings en Kronieke en die “dinge wat uitgelaat is” Ons wens soms dat ons ons stories kan oorskryf. Ons kyk terug oor ons lewens, en ons dink hoe ons ons foute sal kan wegverduidelik, en die goeie dinge wat ons gedoen het meer prominent sal maak. Maar helaas, vir gewone sterflinge soos ons is dit nie beskore nie. Ons moet maar geneë wees met die lewensverhaal wat ons het (en leef!). Die Judeërs wat uit ballingskap teruggekom het, het ander planne gehad oor hulle storie: hulle wou nog iets sê! Dit is een van die redes waarom ons die Kroniekeboek in die Bybel het. In Grieks word Kronieke genoem “Die dinge wat uitgelaat is”. Wat is die “dinge” wat iemand gevoel het is uitgelaat uit die storie van Juda? Waarom ʼn geskiedenis “oorskryf”? Dit is die vrae waarna ons gaan kyk in hierdie week se Bybel-in-ons-lewe episode oor Konings, vanaand 19:00 en Woensdag 9:00 in die konsistorie.

Dorslandtrek Magoebaskloof 4-7 Julie Aandag alle matrieks, studente en jong volwassenes (en sekere mense wat 38 word hierdie jaar…) dis weer tyd vir die Dorslandtrek staptoer! Moenie bang wees vir die koue nie, daar gaan klomp warm mense saamstap en jy kry 'n lekker baadjie...

Hoe sit ons die vonk terug! Hoe kry jy daai liggie weer helder? Die liefdesliggie wat julle na mekaar toe getrek het en waaraan julle so baie mooi herinneringe het? Die moderne mens se lewe het ‘n onbedaarde tempo. Meeste mense werk hard, moet op baie plekke wees, en is dikwels emosioneel en fisies uitgeput. Hoe op dees aarde kry ‘n mens daai liefdesliggie ooit weer helder! “Daar is maniere”, sê Elmarie Mulder Craig, seksuoloog en huweliksberader van Stellastraat, “maar dit verg ook ‘n ingesteldheid.” Woensdag 12 Junie, tydens ons Verhoudingsverrykingsaand, gaan Elmari praktiese, prettige en uitdagende wenke gee om die vuur aan te wakker! Die geleentheid is ‘n bottel en bord-aand wat 19:00 in die binnehof begin. Bring jou piekniekrantsoene en kom luister lekker na iemand wat landwyd hoog aan geslaan word oor die onderwerp.

Ons vertrek Donderdagmiddag 4 Julie en kom die Sondag 7 Julie terug. Skade is net 500 skille. Vir meer inligting skakel EJ by 0824599727.

Verhoudingsverryking

“Bring back the magic”


Jeuggroepe

Eredienste Tye

9 Junie 2013

16 Junie 2013

08:30 - Erediens

James Kirkpatrick

10:00 - Eerediens

Anton Pienaar

10:00 - Kleuterkerk

3 jaar tot Gr 0

15:00 - Stellastraat Faith Community

Peter Maruping

Peter Maruping

EJ Leach

GEEN DIENS

Anton Pienaar

Willem Nicol

18:00 - Erediens 18:00 - Adoramus

09:00

9 Jun;ie 2013 Juniors 10:00

Gen 4:1-16 “Boeties wat baklei”

Seniors 18:00

Luk 7:18-23 “Kyk, dink en bly leef”

Verbintenisgroep 18:00

Oor die dood

Marina de Wet

Oorlede ...  Vader van Robert Fischer van Lawleystraat 362. Ons dink aan hom en die familie. 

Anton Prinsloo van 15e Straat 70, se broer is oorlede. Ons innige simpatie aan hom en die familie

Boekbespreking

Geskiedenis – uit wie se oogpunt? Is dit moontlik om één geskiedenis oor Suid-Afrika te skryf? In die apartheidjsare het skrywers van die geskiedenis hoofsaaklik gekonsentreer op die Afrikaner- en koloniale se wel en weë. Geskiedenis is geskryf om te vertel hoe SuidAfrika ontwikkel het - uit witmense se oogpunt. Met die koms van die nuwe Suid-Afrika in 1994 het die fokus verskuif na verset- of strugglegeskiedenis. Sedertdien word geskiedenis vertel oor hoe Suid-Afrika

Gebedsgeleentheid Voorbidding Donderdae 09:00 Susan Gerber 012 460 5507 Elke Saterdag 07:30

Stilword met skrif en gebed van die hart in die konsistorie Wynand Burger 0834447848 Sarie Potgieter 0823772060

geword het wat hy is - uit swart mense se oogpunt. Is dit moontlik om ‘n geskiedenisboek te skryf wat beide hierdie lyne respekteer? Dit is presies wat die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns probeer doen het toe hulle vir Prof Fransjohan Pretorius gevra het om ‘n nuwe geïntergreerde boek oor die geskiedenis van Suid-Afrika saam te stel. Tydens ons boekbespreking (sommer boekbekendstelling ook!) gaan Fransjohan self praat oor die boek en wat uniek daaraan is. Geskiedenis van Suid-Afrika – Van voortye tot vandag. Die geleentheid vind plaas Woensdag 19 Junie 19:00 in die binnehof tydens ons boekbesprekingsaand.


Diensgroepvergaderings en byeenkomste KERKRAAD Vergadering Die kerkraad vergader op Dinsdag 11 Junie 2013 in die konsistorie. Haal asseblief vergaderinigstukke af in houtvakkies.

UITREIK GJG-Omgeegroep Eerskomende Woendag 12 Junie 2013 om 09:30 kuier en werk ons weer saam in die biblioteek.

Bevrore kos Die vrieskaste is leeg. Ons wil graag die voorrade aanvul. Polistireenborde is beskikbaar. Bible Church Bangkok “Dear our friends, Praise the Lord for his answering our prayer. We thanks God for our cell group that God add more children in our weekly group. Pray for Ko and Nid, our team mates will share faith to them and their parents, for every time we have cell group, their parents came with them.

Bladsy 3

This week, university in Bangkok is open, and it is a time for us to talk with students on campus, pray for our first week of outreach will be great. Thank you for your prayer and your support, and thank you so much for your visiting our church web site. We will update weekly for ministry we are doing and you can see what God bless you for your prayer and your financial support. May God bless you, pastor Ben and Ong”

Soos ek dit sien … Comrades 2013 geskryf deur ‘n novice… Theresa Loots Waar begin mens? My kinderdroom van 27 jaar het op 2 Junie 2013 ‘n werklikheid geword toe ek om 15:15 die groen gras van Pietermaritzburg onder my voete gevoel het na ‘n suksesvolle voltooide Comrades. Vir my was Comrades meer van ‘n geestelike pad, as fisies. Ek het as gevolg van ‘n besering, baie min gehardloop en moes geglo het die kilometers wat ek reeds gehardloop het, sal voldoende wees (het 7 weke voor Comrades ‘n besering opgedoen). Ons almal ken Romeine 12 so goed, waar God sê ons moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar ons moet toelaat dat God ons denke sal vernuwe. Elke oggend het ek God gesmeek om nie net my woorde (ek gaan Comrades pynvry hardloop nie) te vat nie, maar om ook my denke te vernuwe. Want sien, dit is maklik om iets te sê, maar om dit opreg te glo, vat al die geloof wat mens het. Ek het baie dae gedink my geloof is te min, en daardie dae het ander weer genoeg in my geglo, om my eie denke te vernuwe. Ek het Comrades met Fil 4:6 gehardloop: Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle

harte en gedagtes die wag hou, in Christus Jesus. En daar lê die antwoord: Sê vir God wat jou harstbegeerte is. Vernuwe DAAGLIKS jou denke. Bid, smeek en dank God daarvoor. Comrades het nie net met jou fisiese vermoë te make nie, want geen mens kan vooraf bepaal hoe jou dag gaan uitspeel nie. Vir die wat nie die wenstreep maak nie, het God ‘n ander wenstreep in gedagte. Vir my het God daardie dag ‘bederf’ – ek het Sy teenwoordigheid tasbaar gevoel elke kilometer wat ek pynvry gehardloop het, want menslik was dit onmoontlik. God het na jare se “Ek gaan eendag die Comrades hardloop”-droom vir my beter gemaak as wat ek ooit gedink het. Moet NOOIT OOIT ophou smeek nie – gee AL jou drome vir God, glo daarin. Sit jou geloof in werking sodat jy berge kan versit. Aan Hom kom toe al die eer, tot in alle ewigheid. (Baie geluk aan Theresa, Lelanie, Ruanda, Anton jnr en Lukas Raarth jnr wat die son en die wind en die berge suksesvol oorwin het! Aan die twee ou manne, Anton snr en Danie, daar is nog baie petrol in julle tenk!)


“Gebed van die Week”

uit

DIE GROOT GEBEDEBOEK

Breekbaar soos ‘n spinnerak ... Ons Here, ons is so breekbaar soos ‘n spinnerak. As die wind waai, dan voel ons ‘n skommeling. Ons is deur ons siekte geketting, ons hoop, ons moed raak min. Na wie anders as U kan ons draai? Draai tog u oor na ons. Here, skep vir ons bekers drome en maak ons harte vol met hoop.

Gee ons vlerke soos dié van ‘arende dat ons na die hoogtes kan vlieg, bo ons seer kan probeer uitstyg, met geloof ons pyn kan dra. Ons vra dit alles in die Naam van ons Here, Jesus Christus. Cas Vos

Amen

“Die hemel is binne praarafstand van dié wat daarheen op pad is.” - Dwight L Moody -

16 Junie 2013

Verjaardae 9 - 15 Junie 2013 Ons wens graag die volgende lidmate geluk met hul verjaardag

09

Morné Engelbrecht, Leon Botha, Johangeorge Landskron, Anina Oltman, Austin Schreiber, Richard Steyn, Marnú Swanepoel, Seugnet van der Merwe, Lilanie van Wyk, Elissa van Zyl

10

Carien Erasmus, Karien Kromhout, Elmirie Kruger, Heidi Mennen, Hettie Worst

11

JG Bester, Suzanne Bezuidenhout, Eswee Bouwer, Marianne de Beer, Natanya Fourie, Niena Janse van Rensburg, Sidne Larson, Carla Peijper, Hennie Pieterse, Alet Vorster Karina Bernard, Mimi Coertse, Georg Hofmeyr, Petro Kruger, Christine Kühn, Joubero Malherbe, Kobus Myburgh, Vita van der Merwe, Joshua van Deventer-Bekker, Annalize van Zyl Marietjie Bouwer, Annabelle Cloete, Tina Geyer, Retha Goslin, Francois Joubert, Danie Koen, Jana Schutte, Amanda Steutker, Stefan Walkenshaw, Siebert Worst Johan Claassens, Henk Greeff, Bernard Krüger, Louis van der Watt

12

13

14 15

Roelof Blignaut, Petr de Jager, Nita Hurter, Eben Jordaan, Wilmarie Meyer, Heinrice Steyn, Rentia Swanepoel, Selma van Schouwenburg

Stellastraat 158 Waterkloof 0181

Bankbesonderhede: Rekeningnaam: Tjekrekening no:

Erediensversorgers Sapsford - Sel 082 468 3776

Koördineerder - Neil

09:00

Susan Gerber Francois Fouché Faan Grundlingh Gustie van der Vyver Johan MInnaar Magdaleen du Plooy

Deurdiens 09:00

Hein en Annette Hamann

Baie dankie Lulu van Wijk vir die blomme!

www.stellastraat.co.za ABSA NG Suidoos-Pretoria 540580022

Tel: 012 460 8570 Faks: 012 346 2701 Email: admin@stellastraat.co.za

Hierdie nuusbrief is geborg deur Sardaville Vakansieplaas Jou naweek-wegbreekbestemming! www.sardaville.co.za - 012 426 3460

Junie 09  

Aankondiginge 9 Junie 2013

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you