Page 1

Aankondiginge 8 Julie 2012 Eredienstye in die vakansie 09:00 - Erediens 18:00 - Adoramus in kapel

Kom ons help die Hollanders Togetthere is `n kerklike jeugorganisasie in Nederland wat jongmense help om betrokke te wees by gemeenskappe. Vroeg in Augustus bring die organisasie ‘n groep van 12 jongmense en 3 volwassenes vir ‘n besoek Pretoria toe. Die belangrikste vraag waarmee hulle gaan besig wees is: 'Wat kan ons in ons eie lewens doen om klimaatverandering teë te werk?” Ons is op soek na gaste-ouers in die gemeente wat lede van die groep kan huisves op Maandagaand 6 Augustus van 18:00 tot 08:00 die volgende oggend, met aandete en ontbyt ingesluit. Ons sal graag wil hê dat hulle ‘n idee moet kry van hoe mense leef in Suid-Afrika, so maak maar reg vir baie vrae en lekker gesels! As jy kan help, skryf asseblief jou naam op die lys in die binnehof, of kontak Sonja by die kerkkantoor.

WOW - Wings of Wind

Op Vrydag, 3 Augustus, gaan die WoW-Omgeegroep ‘n “opskop” hou om die koue winter ‘n bietjie “op te hot”. Kom sokkie lekker saam met die jong volwasse gestremdes. As jy kan help, of sommer net saam wil kuier, kontak asseblief vir Sonja by die kerkkantoor (0124608570). 18:00 Binnehof

Kerrie en rys Hot chocolate Poeding


“Gebed van die Week”

uit

DIE GROOT GEBEDEBOEK

‘n Lewe sonder voorgee ... Almagtige Vader, ek is so moeg van voorgee. Leer my asseblief hoe doen ‘n mens alles wat jy doen sonder pretensie. Maak my asseblief absoluut eerlik. Red my van my neiging om my anders voor te doen as wat ek is - selfs teenoor myself! O Here God, maak my lewe onopgesmuk, leer my om opreg en in eenvoud te lewe - sonder om ‘n ophef daarvan te maak. Here, was my selfsyg af met u bloed wat volkome selfloos gestort is. Leer my om eerder na buite te kyk as na binne; fokus my gedagtes op ander se behoeftes eerder as my eie. Moet tog nie dat my eie belange so oorheers nie. My Vader, verlos my van my verslawing aan selfbejammering. Vergewe my al die dinge wat steeds so verkeerd bly in my lewe en karakter -

08 09 10 11

12 13

14

nie omdat U my nie daarvan kán verlos nie, maar omdat ek nog nie regtig anders wíl wees nie. Verander my wil; vernuwe my gees. Skep vir my ‘n rein hart, o Here. Gee U vir my die woorde om u lof te verkondig. Ek erken, Here, as ek u wil meer gevra en u lof eerliker verkondig het, sou ek nou sterkter gestaan het. Maar dit is mos nooit te laat nie? Help my van vandag af om eerlik en deursigtig te lewe. Herinner my dat u krag om dit reg te kry deur die Gees reeds in my is.

Amen Walter James

“Eerlike gebed is om te sê wat jy kan; nie wat jy dink jy moet nie. Erkenning van jou mislukkings roer God se hart meer as vroom, onopregte beloftes.” - Edward Goulburn -

Verjaardae 8 - 14 Julie 2012

15 Julie 2012 - Slegs 1 diens

Ons wens graag die volgende lidmate geluk met hul verjaardag

Erediensversorgers

Lizé Janse van Rensburg, Chris Schoeman, Andre van Niekerk, Divan Vermaak Rita Botes, Liesel Dreyer, Leonard Gregory, Lindie Oberholzer, Eliz-Mari Prinsloo, Aldo Roux, Charl van Niekerk, Vida van Staden Matthieu Auriacombe, Elize Diener, Gert Fourie, Dawid le Roux, Stévan Milosevic Stephan Claasen, Yolandi de Leeuw, Tertius van der Gryp, Marilize Jacobs, Luan Labuschagne, Berendien Lubbe, Yolande Meiring, Elize Pistorius, Suzette Roberts, Emma Ruttkamp, Christiaan van der Merwe, Erine van Staden Walter de Wet, Alet Lange, Elza Loots, Louis Maré, Antoinette Mckechnie, Carin van de Wall Julia Bloem, Neels Campher, Hannes du Preez, Heléne le Roux, Hannes Strydom, Delene van Staden, Monica van Wijk, Heloïse Wessels

09:00 Lynette Ferreira - (Koördineerder) Sel 0731840970 Danie Swart Sakkie Perold Kotie Perold Johan Minnaar Francois Fouché

Leef-Gerus NOODNOMMER

083-455-0313

Lesje de la Bat, Maxine Fletcher, Johann Grobler, Margie Kleynhans, Mignon Smith

Stellastraat 158 Waterkloof 0181

Bankbesonderhede: Rekeningnaam: Tjekrekening no:

www.stellastraat.co.za ABSA NG Suidoos-Pretoria 540580022

NB

Tel: 012 460 8570 Faks: 012 346 2701 Email: admin@stellastraat.co.za

Hierdie nuusbrief is geborg deur Sardaville Vakansieplaas Jou naweek-wegbreekbestemming! www.sardaville.co.za - 012 426 3460


Aankondiginge 8 Julie 2012  

Aankondiginge 8 Julie 2012

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you