Issuu on Google+

Aankondiginge 25 Augustus 2013

Nagmaal, dit is wie ons is ‘n Christengemeente se karakter word die beste verduidelik wanneer die Heilige Nagmaal gevier word. Sonder woorde. Rondom die tekens van brood en wyn is elkeen van sy lede stil, nadenkend. Die Christus het in sy kru en oop aan die kruis gesterwe. Hy het God se liefde in die mensdom ingedra en op Golgotha aangebied. Die tekens sê dat Hy by ons is. In die stilte ervaar ons sy Heilige Teenwoordigheid. As mekaar se vriende, deel ons ‘n betekenisvolle gemoedstemming. Ons vorm ‘n gemeenskap rondom die brood en wyn. Hy, die Gekruisigde, inspireer ons. Sy wese het ons binnegedring, dit dring ons om op ‘n ander manier ook na mekaar te kyk. Dit is die Nagmaalervaring wat bepaal hoe ons lewe daarbuite lyk. Ons lewe word gevorm deur wat ons hier ervaar en hoe ons gedagtes hier gevorm word. Baie welkom aan die koor van die Universiteit van Johannesburg onder leiding van Renette Bouwer. Die koor het internasionale status en vorm vandag deel van ons eredienste.

Omgee-groepe opgeroep! Vrolikheid! Sommer net ‘n gevoel van lekker en gelukkig wees! Dit is wat ons beoog met die Baby Boomer pret-aand van Woensdag 11 September. Terselftertyd wil ons ook ‘n geldjie insamel vir die Bible Church in Bangkok. ‘n Groep van ons lidmate gaan hulle in September besoek, en wil graag vir hulle ‘n finansiële bydra gaan maak vir die kerkie wat hulle besig is om te bou. Ons het dit goed gedink om die verskillende Omgee-groepe of Selgroepe te vra om hulle Septemberbyeenkomste te verskuif na die aand van 11 September. Kom gerus as ‘n groep en kuier die aand met mekaar en ander groepe saam! Ons het regtig die gemeente se ondersteuning vir die projek nodig. Vir die kaartjie van R120 per persoon kan jy ‘n baie lekker ligte uitstal-ete geniet, en uitstekende musiek! Geld terug-gewaarborg! Drinkdingetjies soos wyn kan jy gerus self saambring.

Uitreik is halfies Ons is halfpad daar! Die verwagting dat ons vanjaar sowat R170 000.00 sal insamel vir die uitreikprojekte, het vandeesweek sommer ‘n hupstoot gekry met nie minder as R85 000,00 se bydraes nie!

Kom eet vandag saam! Kom eet 12:00 na die nagmaal saam met jou Stellastraatgesin. Ons gaan heerlik in die lushof kuier. Vuur, pap en sous sal voorsien word. Bring jou eie vleis, drinkgoed en eetgerei en slaai, poeding of brood om te deel. En natuurlik die belangrikste van alles - 'n vrolike gesindheid!

My trauma en my mense Trauma is nie iets wat gebeur en dan is dit verby nie. ‘n Traumatiese ervaring ‘sit dikwels vas’, en kan vir lank ‘n mens se lewe deurmekaar maak. Iemand wat trauma beleef het, en in wie se lewe daardie trauma nog ‘n rol speel, sukkels dikwels ook met verhoudings. “Wat is die invloed van trauma op verhoudings?”, is die onderwerp van Woensdagaand 28 Augustus se verhoudingsaand om 19:00 in die binnehof. Yvonne Retief, ‘n bekende trauma-deskundige, wat so pas ‘n boek oor die onderwerp geskryf het, gaan die gesprek lei. Dit is soos altyd ‘n lekker bederfaand! Bring net eie eet- en drinkgoed en ons sorg vir die res. Vir meer inligting kontak vir Joke (072-5446901) of Laetitia (082-8232603).


Jeuggroepe

Eredienste Tye

25 Augustus 2013

1 September 2013

08:30 - Eerediens

Tienie Bosman

James Kirkpatrick

10:00 - Erediens

Fouché de Wet

Tienie Bosman

10:00 - Kleuterkerk

3 jaar tot Gr 0

3 jaar tot Gr 0

15:00 - Stellastraat Faith Community

Peter Maruping

Peter Maruping

EJ Leach

Marina de Wet

Stevan Botma

Stevan Botma

18:00 - Erediens 18:00 - Adoramus

25 Augustus 2013 Juniors 10:00

1 Sam 17 “Dawid en Goliat”

Seniors 18:00

Luk 22:14-23 “Die eerste nagmaal”

Verbintenisgroep 18:00

“Oor seksualiteit”

Voorbidding ... 

        

Kobus Colyn van Kingswood Village C5/11, 012 348 7591 Helgard Muller van Riviervalleistraat 160, 012 348 9920 Sannie Gerber van Sunrise View 25, 012 345 5486 Alex Potgieter van Nondelaweg 114, +27832923933 Dudley Kirkpatrick in Boston, Amerika, 012 460 8810 Uwes Lamprecht van Alaskastraat 591, 012 991 5100 Ester Nel van Kuillaan 5, 082 579 5179 Jeanne Steyn van Solanawoonstel 11, 012 347 5550 Liesel Dreyer van Milnerstraat 454, 012 460 8465 Wilma Visser van Larmanier Village 9, 012 460 3985

Gebedsgeleentheid Voorbidding Donderdae 09:00 Susan Gerber 012 460 5507 Elke Saterdag 07:30

Stilword met skrif en gebed van die hart in die konsistorie

Oorlede ...

Wynand Burger 0834447848 Sarie Potgieter 0823772060

Tannie Rosie Rhode is oorlede. Lané den Boer, dogter van Augusta. Ons dink aan haar en die familie.

Live is short. Live your dream and share your passion!

Gemeentebiblioteek Boeke vir ouers in die gemeentebiblioteek Ag Ma, whatever! Selfone, neusringe en ander tienerkwessies - Linda Friedland (Hb-Fri) Is daar 'n regte en 'n verkeerde manier om 'n tiener groot te maak? As ouers wil ons ons goed van ons taak kwyt. Ons wil ons kind veilig hou, maar ook toerus vir die lewe. Hierdie boek is 'n praktiese gids oor: Kommunikasie met jou kind Bedorwe brokkies Goeie maniere

Alkohol en dwelms Tieners en seks Skoolprestasie en vele meer

30 dinge wat elke ouer moet weet ... en aan hulle kinders moet oordra - Johan en Nina Smit (Ha-Smi) Of 'n mens nou 25 of 85 is, die ouerlike instink om die pad vir jou kind gelyk te maak, bly net so sterk as toe jy jou kind vir die eerste keer vasgehou het. Hierdie boek is vir alle ouers wat met hulle kind wil deel wat die lewe hulle geleer het. Raising bully-proof kids - Paul Coughlin (Ha-Cou) Hierdie boek sal jou help om jou kinders die selfvertroue te leer om nie net reg en verkeerd te onderskei nie, maar ook die moed te hê om die regte ding te doen. Die skrywer waarsku dat oorbeskerming kinders bang maak en gee wenke oor hoe om gelukkige en dapper kinders groot te maak. Kom besoek gerus die biblioteek vir meer boeke oor kinders grootmaak!


Diensgroepvergaderings en byeenkomste KERKRAAD Vergadering Die kerkraad vergader op Dinsdag 3 September 2013 om 19:00 in die konsistorie.

TOERUSTING Vergadering Die Diensgroep Toerusting vergader op Dinsdag 27 Augustus 2013 om 19:00 aan huis van Johann en Letitia Wannenburg.

Bladsy 3

UITREIK

Stap in Magaliesberge

GJG-Omgeegroep Die GJG-Omgeegroep het eerskomende Woensdag weer ‘n gewone werksessie om 09:30 in die biblioteek.

Stellastraat se tweede staptoer vir 2013 vind plaas die naweek van 22-24 November 2013. Ons het 20 plekke bespreek by Eagle Cove in die Magaliesberg. Dit is naby Pretoria en ons sal almal betyds terugwees vir die Kerssangdiens wat die aand van 24e plaasvind.

Almal welkom! As jy na die 2de diens beskikbaar is om te help met kaartjieverkope, skakel asseblief vir Yvonne Wakeford (082 597 6053).

Bybel-in-ons-lewe 1 en 4 September Die volgende aanbieding van Bybel-in-ons-lewe vind aanstaande Sondag, 1 September, 19:00 in die konsistorie plaas. Die onderwerp is, hoe het die vroeë Christene oor Jesus gedink na die dood van Paulus en die apostels?

Dit is ‘n baie mooi roete, nie so veeleisend soos Magoebaskloof nie! Ons hoef ook nie rugsakke te dra nie, aangesien ons elke dag terugkeer na die basiskamp. Die koste vir die naweek is R280 per persoon. Die oggendstond het goud in die mond! Dit geld vir die eerste 20 persone wat hulle name by die kerkkantoor gee. Kontak Anton of die kerkkantoor.

Soos ek dit sien … Van leeuloop tot survivor! Dit is nou al die derde jaar wat dit my voorreg is om saam met die manne van Outjo in die droë loop van die Ugabrivier te kamp. Hierdie jaar was anders ... heelwat anders. Nadat ons Woensdag-middag in Outjo aangekom het, laat weet een van die lidmate dat die leeus sy kalwers opvreet en dat ons asseblief moet kom help. Hierdie leeujag het byna in chaos ontaard, maar dit is ‘n storie vir later. Al wat ek kan sê, is toe die kamp Vrydagmiddag begin, ruk my hele lyf van adrenalien! En daar daag 40 pa’s en 20 seuns op (party van die pa’s se seuns is op sporttoere). Die manne van Namibië doen dit net anders – onder die groot Annabome in die rivierloop, daar kamp ons. Daar word gestry oor watter 4x4 die beste in die riviersand presteer en dadelik help ek die manne reg (daar was ongelukkig net 2 Defenders en die res is Toyota-manne). Hoe dom kan jy nou wees? Saterdagaand is daar hoenderpotjie op die spyskaart. Die sameroeper van die aand se kookspan ruk hom in ‘n krul en gaan koop by die Damarah op wie se grond ons kamp 2 skape en braai die 2 skape op die spit. “Manne, daar is hoender vir slaai” was sy opmerking.

Wat ek nooit sal vergeet nie, is toe ons “Survivor” speel. Die pa’s kry ‘n kans om te sê wat ‘n pa nodig het om te oorleef en so ook die seuns. Op die seuns se lys is nr 1 “Ons kort ‘n droom”. Vir eers kon jy ‘n speld hoor val – die riviersand is dik – maar toe begin die pa’s praat oor hoe kan pa’s seuns help om te droom. Na vele gesprekke was een van die wenke “Kom ons luister ten minste na ons seuns”. Ons sluit toe die gesprek af deur ‘n leuse te formuleer vir Survivor. Teenoor die bekende “outwit, outplay and outlast” besluit hulle toe om ‘n pa te wees wat oorleef, moet jy “outdream, in-connect and outlove”. Net daar en dan besluit hulle dat die tema vir 2014 se kamp is: “God se droom in my”. Skielik verlang ek huistoe en besef ons pa’s in Stellastraat skuld mekaar ook ‘n saamkuier. Sondagaand sit ek toe met ‘n kloppende toon! - Tienie Bosman


“Gebed van die Week”

uit

DIE GROOT GEBEDEBOEK

Ek geniet u teenwoordigheid ... Heilige God en Vader, hoe ánders is U elke keer as wat ek my voorgestel het dat U sal wees! Hoe moeiteloos speel U klaar met al my selfgemaakte teorieë, my gerieflike idees en voorveronderstellings oor U. U laat my geen wegkruipplek toe nie. U is oral; en tog is U nêrens te sien nie. U is so anders as enigiemand anders -

so heilig, en tog nader aan my as my asemhaling. Al my geestelike “merietepunte” tel niks by U nie. Tog bly U ook in my geestelike armoede by my. Help my om ten diepste te begryp dat U uself, uit liefde vir my leeggemaak het, vir my en vir die hele wêreld wat U wou red.

Amen

Rowland Croucher (Aangepas)

“Gebed is om die Naam van die Oorwinnaar (Jesus) in die oor van die vyand (Satan) te skreeu en aan te dring dat hy die aftog moet blaas.” - RD Gordon -

1 September 2013

Verjaardae 25 - 31 Augustus 2013 Ons wens graag die volgende lidmate geluk met hul verjaardag

25

Jaco Breytenbach, Wilmien Engelbrecht, Cas Labuschagne, Izak Loots, Chris Maas, Annanlien Moolman, Elsa Odendal, Gerhard Prinsloo, Hannaline Roux, Gustie van der Vyver, Celesté van der Watt, Sybrand van Niekerk, Mari Venter

26

Marisha Bekker, Ethan Bloem, Mignon Hough, Olaf Larson, Johan Minnaar, Heinz Neethling

27

Joey Bothma, Stefan Colyn, Delara Crouse, Sandy Rheeder, Pieter Scholtz, Bernhard Siebrits, Percy van Staden

28

Milena Barkhuizen, Werner Barnard, Apie de Jager, Riel de la Bat, Racheal Hoffman, Ina Jansen, Michael Jooste, Pieter Koster, Marina Kotzé, Riaan Meyer, Alet Mostert

29

Julian Dreyer, Hannelie Gerdener, Faan Grundlingh, Drikus Kriek, Lizelle Larson, Johan le Roux, Dieter Matzner, Werner Pansegrouw, Magdalena Potgieter, Venter van der Westhuizen

30

Ria de Clercq, Wico Ehlers, Frans Gouws, Pieter Meiring, Pieter Nel, Anna Young

31

Charlotte Bosman, Deon Craffert, Franco Gouws, Walter Leonhardt, Piet Louw, Tobie Louw, Jean-Louis Strydom,

Stellastraat 158 Waterkloof 0181

Bankbesonderhede: Rekeningnaam: Tjekrekening no:

Erediensversorgers Koördineerder - Hennie

08:30

10:00

18:00

Hennie de Wet (Koördineerder) Elma de Bruin Susan Gerber Sakkie Perold Kotie Perold Francois Fouché

Salie Joubert (Koördineerder) Charl Crouse Graad 6’s

Zak Lombaard (Koördineerder) Anton Mathey

Deurdiens 08:30

10:00

18:00

Hein en Annette Hamann

Gr 6’s Wilma Willemse Erna Botha

Gr 9/1’s Esteé de Beer

Baie dankie Amanda Booysen vir die blomme

www.stellastraat.co.za ABSA NG Suidoos-Pretoria 540580022

de Wet - Sel 083 306 1830

Tel: 012 460 8570 Faks: 012 346 2701 Email: admin@stellastraat.co.za

Hierdie nuusbrief is geborg deur Sardaville Vakansieplaas Jou naweek-wegbreekbestemming! www.sardaville.co.za - 012 426 3460


Augustus 25