Issuu on Google+

Meer as

1 1 0 m an ie r e waarop ons OPLEI, ophef ONTHOU

&!

04 โ€ข 2012

www.solidariteit.co.za

R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede I SSN 1683562 -X

9 771683

562000

Solidariteit Beweging

verandering VRY,

voorspoedig en veilig ondanks

Sรณ bou, skep, herstel die Solidariteit Beweging HOOP


Solidariteit Finansiële Dienste Solidariteit Beweging

Motor- en huisinhoudversekering deur Solidariteit is ’n produk van Auto & General. Auto & General is ’n gemagtigde finansiëlediensteverskaffer (FSP-nommer: 16354).


6

7 8 42 73

Met die intrapslag Koersvas ondanks verandering Seepkis Ons lede sê hul sê op Facebook SpreekBuys Saam in die voorste linies vir ons mense Jy & die reg Ongeskiktheid: Wat is werkgewer se plig? In retrospek Halleluja vir vandag se vreugdetjies

10

In Beweging 48 48

50 50 52 52

Nuuswaardig 10 12 14 16 18 20 21 22 23 26

Omgee soos dié vat die (verjaarsdag)koek Spoggerige nuwe baadjie vir spogskool Protecting through change Basta met koue afleggingstrategie Vreemde name om van te Proes Verander, maar ter wille van verbetering Afleggings gaan nog toeneem – vakbond Retrenchment: To break an inspirational figure Driepuntplan om jongmense te help ‘Verklaar SAPD-regstelplan ongeldig’

28 29 30

Platinumbedryf al meer onder druk 10 mynwerkers sterf per maand in SA How do I protect my job in times of change? Eskom se stryd teen stygende skuld en skaars steenkool Só woeker vakbond regdeur die land ‘No whites!’ Nokia Siemens says with employee share scheme Victory in fight against affirmative action Kortliks Be a ‘Handy Andy’ with these must-haves Why you should plan for retirement Verstaan jou kleurvolle kollega beter Werkplekforums is nie ’n bedreiging Ensuring safety in chemical industry Behou vaardighede ondanks verandering Consider career you’ve never considered Word ’n plettervat-beroepsportman

Bedryfsnuus 30 31 31 32 33 34 35 36 37 40 44 45 46

2012

Gereeld

inhoud

04

14

53 54

42 54 68

55 55 56 58 58 60 61 62 64 65 68 69 70 72

Kosblikkieprojek bewaarheid ma se droom Só help ons oud en jonk om hul volle potensiaal te verwesenlik Jonges beleef opwindende wêreld van werk Kuns van boer tot lyfkuns op splinternuwe loopbaanwebtuiste Sing in jou taal met nuwe FAK-Sangbundel Stichting voor Afrikaans trap nou ook FAK-spore Nakomelinge laat geskiedenis herleef Dié planne sal ekotoerisme en erfenis skaad, sê AfriForum SABC3 weier video oor ANC AfriForum Jeug maak sy stem dik oor plaasaanvalle Afrikaans – van werk tot web en woef Sol-Tech-studente wys omgee-hart Só belê kollege in studente, dosente se lewenslange leer Stem vir beste kiekies en wen! Neem deel aan opname oor opleiding Koerante: Kliek-kliek, koebaai Op die Maroela-boekrak Beskerm gesin teen booswigte, boewe Die koeterwaals van IT en web ontsyfer Solidariteit koester in veranderende wêreld Buckets full of benefits for our members Solidariteit-dienskantore: Diens op jou voorstoep

12


met die intrapslag

Solidariteit Solidarity SOLIDARITEIT-HOOFKANTOOR SOLIDARITY HEAD OFFICE H.v. D.F. Malan- & Eendrachtstraat, Kloofsig Tel: 012 644 4300

www.solidariteit.co.za 0861 25 24 23

REDAKTEUR EDITOR Chris du Plessis

KOPIEREDAKTEUR COPY EDITOR Moira-Marie Kloppers

Koersvas ondanks verandering

Foto’s: Cilleste van der Walt; iStockphoto.com

V

6

erandering gebeur rondom ons en in ons – elke dag. Vir sommige mense is dit steurend, sommige mense vrees dit. Ander geniet weer die adrenalien wat daarmee saamgaan. Die gegewe is egter dat verandering een van die mees konstante realiteite van ons moderne leefstyl geword het. In Suid-Afrika manifesteer hierdie verandering nie net in die politiek nie, maar ook in die sosio-ekonomiese omstandighede waarin ons mense hulself bevind. Plakkerskampe het nou wit én swart inwoners, straatname van weleer verander, en selfs die Kerk, wat voorheen bestendigheid gebring het, word geskud deur politiek en menseregte. Hoe hanteer ons hierdie verandering, en waarin soek ons ons bestendigheid en standvastigheid in tye van verandering? Kyk ons vas teen mense en veroordeel die organisasie daarvoor, of aanvaar ons dat mens maar mens bly, sondig van aard is en geneig is om verkeerd te doen? Waar vind ons lig as dinge donker voel en lyk? In alle omstandighede is God die Rigtingwyser. Soos Lukas 12:31 sê:“Soek eers die koninkryk van God en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.” Dit is iets waarvan ons as die Solidariteit Beweging met opregte dank kan getuig. Die seëninge wat ons ervaar in groei en welslae, is net uit genade – ’n genade wat ons ook met almal wil deel. Blaai saam met ons deur nog ’n propvol uit04/2012 • www.solidariteit.co.za

gawe van Solidariteit Tydskrif en sien hoe die Solidariteit Beweging deur 110 jaar se verandering steeds vas staan as die beskermer van werknemers se regte binne en buite die werkplek en hoe ons pleks van partytjie hou moue oprol en terugploeg deur meer as 110 projekte aan te pak. Lees ook hoe ons saam teen geweldsmisdaad in Suid-Afrika opstaan, nog welslae teen regstellende aksie behaal, nog ’n loonseisoen deurveg, gehalteopleiding in Afrikaans deur Sol-Tech en Akademia bied, op kultuurvlak deurbreek na die internasionale gehoor en die internet en sosiale media betekenisvol verruim. Wat ’n voorreg is dit nie om die toekoms ná 110 jaar steeds koersvas in te kan stap en in geloof ons hoop vir môre op die Enigste Onveranderlike te kan bou! Kom ons pak alles wat ons doen met dieselfde geloof, durf en deursettingsvermoë wat ons voorouers oor die afgelope vier eeue geopenbaar het, en laat so ook vir ons kinders en hul kinders ’n trotse erfenis na.

NUUSREDAKTEUR NEWS EDITOR Cilleste van der Walt WEBREDAKTEUR WEB EDITOR Daleen de Jager

ADVERTENSIES ADVERTISEMENTS Denise Viljoen, tel: 082 352 7147 Adrie van Dyk, tel: 082 850 6784 ADVERTENSIE-ONTWERP ■ ADVERTISEMENT DESIGN Martie Maree

TAALVERSORGING ■ LANGUAGE EDITING Aksent Media INTEKENARE SUBSCRIPTIONS Heleen Robbertse REKENINGE ACCOUNTS Elna Botes

MEDEWERKERS CONTRIBUTORS Flip Buys, dr. Dirk Hermann, Ernst Roets, Alana Bailey, Ilze Nieuwoudt, Reint Dykema, Daleen de Jager, Juanita du Preez, Johan Roos, Nico Strydom, Suné van Heerden, dr. Danie Brink, Marietha Malan, Paul Joubert, Inge Strydom en Karin Venter UITLEG, ONTWERP, REPRODUKSIE

Tel: 082 445 4513

aksentmedia@vodamail.co.za

DRUKWERK PRINTING Paarl Media Gauteng

VERSPREIDING DISTRIBUTION Prestige Bulk Mailers, Pretoria

Soli Deo Gloria!

Chris du Plessis Redakteur

Solidariteit Tydskrif is lid van die Ouditburo van Sirkulasie en word uitgegee deur die Solidariteit Beweging, Posbus 11760, Centurion 0046. Geen deel van die inhoud mag sonder die toestemming van die redakteur elders gebruik word nie. Solidariteit of die tydskrif aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige aansprake wat deur adverteerders gemaak word nie.


Seepkis

Word deel van die gesprek by www.soldariteitblog.co.za of op een van die sosiale netwerke. Of skryf aan Seepkis, Posbus 11760, Centurion 0046; of stuur ’n e-pos na tydskrif@solidariteit.co.za

Pas jy aan of vlug jy weg uit vrees vir verandering?

SÊ JOU SÊ!

A. Ek aanvaar dat dinge sal verander. B. Ek glo ’n mens moet bou op verandering en die beste daaruit haal. C. Ek skop vas teen verandering, want dit bring te veel onsekerheid mee. • Sê jou sê deur “Tydskrif A”,“Tydskrif B” of “Tydskrif C” na 34388 te SMS. SMS’e kos R2. Jy kan ook by www.solidariteittydskrif.co.za deelneem.

(Vakansie)dae dalk getel

Die hersiening van openbare vakansiedae – veral Christelike vakansiedae – kom eersdaags in Gauteng en drie ander provinsies onder die loep.

Gideon du Plessis, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit (regs bo), was een van die meer as 500 mense wat verjaarsdagkoek vir ’n verfkwas verruil het om Hoërskool Herculus op te knap.

André Naude: Solank hulle Kersdag en Goeie Vrydag los, kan hulle verander net wat hulle wil. Ons het reeds Hemelvaartdag verloor en tog word dit steeds gevier sonder dat dit ’n openbare vakansiedag is.

Ons verjaar en dan werk ons só

Foto’s: Reint Dykema & iStockphoto.com

Die Solidariteit Beweging het op 22 Junie vanjaar sy 110de verjaarsdag by die Hoërskool Hercules in Pretoria gevier deur 53 opknappingsprojekte by dié skool aan te pak. (Nog foto’s, artikels op bladsy 10 tot 12.) Jackie Oosthuizen: Wie kan nou negatief wees oor ons toekoms met mense soos julle? Ek wens ek het nog in Pretoria gebly om vir julle iets te bring om te eet. Mag julle geseënd wees. Baie dankie vir al julle harde werk!

jaartjies. Dankie vir wat julle vir ons mense, gemeenskap, ons kinders en ons as werkers doen.

Charl Marais: As ons almal só feesvier, gaan die land baie vinnig, baie beter wees. Dis baie meer sinvol as seremonies en feestelikhede wat miljoene rande kos, en geen blywende verskil maak nie. Dan is dit bloot net goedvoel-byeenkomste. Pragtig Solidariteit!

Joma van der Merwe: Ai, julle laat ons harte lekker klop.

Natasha Smit Ayres: Baie geluk met jul 110

Chris Sealie: Baie trots op al julle omgee vir soveel kinders! Seënwense en baie dankie.

Carel-Johann De Bruin: Baie trots op julle! Veels geluk! Mariki Nel: En dít is hoe dit werk om ’n verskil te maak.Trots Afrikaans.Welgedaan.

Corrie Craukamp: Los die Christelike dae uit. Louise Jacobs: Die helfte van ons Christelike vakansiedae is reeds weggeneem of verander, laat hulle maar ’n paar ekstra vakansiedae gee, sal lekker wees en ons sal steeds die dae vier soos wat dit vir ons belangrik is. Ongeag of die ANC nog name wil verander of nie. Jean-Pierre Bester: Om dit makliker te maak, laat alle gelowe vakansiedae hê, maar laat almal dan daaraan deelneem.

Kom beweeg saam! Jy kan aansluit deur ’n SMS te stuur. Solidariteit se dienssentrum sal jou terugskakel en jou vinnig en maklik help aansluit. Al wat jy hoef te doen, is om die woord “Lid” na 34388 te stuur. SMS’e kos R2. • Vir adresverandering stuur e-pos na diens@solidariteit.co.za

www.solidariteit.co.za • 04/2012

7


spreek Buys

Flip Buys is uitvoerende hoof van die Solidariteit Beweging.

deur Flip Buys

Saam in die voorste linies vir ons mense

In die antieke tyd het ’n soldaat ’n skild en ’n swaard gedra. Die skild het hom teen aanvalle beskerm, terwyl hy sy teenstanders met die swaard laat boet het. Al het tye verander, het die Solidariteit Beweging ná 110 jaar steeds dieselfde wapenrusting nodig. 8

04/2012 • www.solidariteit.co.za


Foto’s: iStockphoto.com

Jou werk is ook ons werk Daarom is die werksekerheid van ons lede die vakbond Solidariteit se belangrikste taak. Daarom sluit ons ooreenkomste met maatskappye, onderhandel ons, maak ons hofsake aanhangig, handhaaf ons goeie verhoudings met alle rolspelers, verkies ons vakbondverteenwoordigers in die werkplek, doen ons navorsing, plaas ons druk deur die media, en bedryf ons ’n landwye netwerk van dienskantore wat na ons lede se werk omsien. Lidmaatskap kan met ’n korttermynversekeringspolis vergelyk word. Almal moet versekering hê vir as jou motor gesteel of gestamp word. Vakbondlidmaatskap is ’n soort “werkversekering”, want ondervinding het gewys dat selfs die beste werknemer se werk nie altyd veilig is nie. Maar lidmaatskap is baie belangriker as motor- of huisinhoudversekering. As jy jou werk verloor, bestaan die gevaar dat jy alles wat jy het kan verloor! Daarby is vakbondlidmaatskap gelukkig báie goedkoper as versekering. Boonop kry lede as hulle kwalifiseer nog ’n gratis begrafnisplan en talle ander voordele by – juis om hul gesinne te help beskerm. Die wêreldekonomie gaan deur ’n moeilike tyd en werksekerheid verkeer onder groot druk. Daarom word verwag dat Solidariteit se rol nog belangriker gaan word. By Solidariteit is jou werk ook ons werk. Uit die groot aantal mense wat by Solidariteit aansluit, is dit is duidelik dat al meer mense die waarde van Solidariteit se beskermingsrol in die werkplek besef. Beskerming wyer as werkplek Ons lede se werkomstandighede, beroepsgesondheid en -veiligheid, gehalte van werklewe,

Ons wapenarsenaal sluit dalk nie meer die “ swaarde van ouds in nie, maar wel instellings wat bewys dat doen veel beter as net praat is. ” XX

diensvoorwaardes en werknemervoordele is ook hoog op die agenda. Daarom het Solidariteit ’n hele klomp afdelings in die vakbond wat dié beskermingsdienste bied. Dit strek van ons ervare span organiseerders tot by ons beroepsveiligheidspesialiste wat oor lede se beroepsgesondheid en -veiligheid waak. Ons het ook ’n afdeling wat lede help om vergoeding vir beroepsbeserings en -siektes te eis, en wat jaarliks meer as R200 miljoen vir ons lede beding. Hierdie bedrag alleen is baie meer as die totale ledegeld wat al die lede gesamentlik jaarliks betaal. Die omstandighede in die land het ons genoodsaak om ons skildstrategie baie wyer as net die werkplek uit te brei – om ook ons lede se kinders en gemeenskappe te beskerm. Daarom koester Solidariteit Helpende Hand duisende kinders met talle projekte, daarom help AfriForum om ons lede se burgerregte te beskerm, en daarom help Sol-Tech en Akademia om gehalte-leergeleenthede in Afrikaans aan ons lede en hul kinders te bied om hulself verder te bekwaam in vaardighede wat ons land broodnodig het. ’n Groeiende wapenarsenaal Maar as ons aangeval word, kan ons nie net verdedig nie. Soms moet ons op die aanval wees. Ons wapenarsenaal sluit dalk nie meer die swaarde van ouds in nie, maar wel instellings wat bewys dat doen veel beter as praat is. Die wapenarsenaal sluit in regsaksies, mediadruk, aanvallende onderhandelings, en selfs nywerheidsaksie wanneer geen ander uitweg gevind kan word nie. Ons doelwit is om ’n sterk maar verantwoordelike organisasie te wees. Daarom is ons pro-besigheid, maar, wanneer nodig, ook anti-bestuur. Alle aanduidings is daar dat die ekonomie, die arbeidsmark en die toestand in die land vorentoe eerder moeiliker as makliker gaan word. Daarom werk ons voortdurend daaraan om die Solidariteit Beweging se skild en swaard verder te versterk en die wapenarsenaal te vergroot. Dankie dat jy in die voorste linies saam met ons stry en bou aan ’n hoopvolle toekoms vir ons kinders en hul kinders. Saam is ons soveel sterker! S

spreekBuys

D

ie Solidariteit Beweging se doel is om ons lede en hul gemeenskappe te beskerm, en daarom het ons ’n hele spektrum metodes ontwikkel om mense te verdedig – ’n skildstrategie. Maar soms is die beste vorm van verdediging om self aan te val, en daarom is ’n swaard by tye ook nodig. Ons beskermingsrol begin by die verdediging van ons lede se werk. Mense se werk is sentraal in hul lewens, want werk sorg vir kos op die tafel en ’n dak oor ons kop. Soos Tannenbaum dit stel in sy werk A Philosophy of Labour: “We have become a nation of employees. We are dependent upon others for our means of liveli-hood, and most of our people have become completely dependent upon wages. If they lose their jobs, they lose every resource. For them the substance of life is in another man’s hands”.


nuuswaardig

Flip Buys, uitvoerende hoof van die Solidariteit Beweging, het by Hoërskool Hercules ingespring en bygedra tot die 53 opknappingsprojekte wat hier aagepak is. Links onder: Die Beweging se kommunikasie-afdeling het Alma-skool, ’n skool vir gestremdes, se kleuterspeelgrond opgeknap.

Foto’s: Reint Dykema & verskaf

Omgee soos dié vat die (verjaarsdag)koek

10

A

ltesame 110 jaar van konstante en getroue diens in ’n wêreld van verandering is vanjaar tydens die Solidariteit Beweging se 110de verjaarsdagpartytjie in die week van 18 tot 22 Junie gevier. Moet egter nie dat die woord “verjaarsdagpartytjie” jou flous nie, want die Solidariteit Beweging vier sy verjaarsdag soos dit hom betaam: Deur nie aan die ontvangkant te wees nie, maar aan die gee-kant deur

04/2012 • www.solidariteit.co.za

minstens 110 Doen Goed-projekte regoor die land aan te pak. Uiteindelik is meer as 180 projekte in die Beweging se verjaarsdagweek voltooi. Die Hercules-projek is die grootste projek wat die Solidariteit Beweging as deel van sy verjaarsdagviering aangepak het, en dié projek gaan vir die volgende vyf jaar voortgesit word. Hoërskool Hercules is ’n voormalige Model Cskool en kwalifiseer daarom nie vir die

maksimum subsidie van die regering soos wat behoeftige skole in ander gemeenskappe wel ontvang nie. Die R500 per kind per jaar wat deur die staat gesubsidieer word, dek nie eers die skool se elektrisiteitsrekening nie. Die skool se handboeke word ook nie deur die regering gesubsidieer nie omdat die skool “akademies goed presteer”. Lees op bladsy 12 meer oor dié projek. Doen goed, voel goed, wees goed! S


nuuswaardig

Van links bo: Die FAK het Hoërskool Hercules se personeel op ’n uitstappie na die Voortrekkermonument geneem en ook ’n kultuurtrofee aan die skool geskenk. Laerskool Warmbad het verskeie Doen Goedprojekte self aangepak. Hulle het onder meer vir ’n dag lank pienk gedra vir kankerlyers omdat een van hul onderwysers, Jan van der Walt, ’n kankerlyer is. Die skool het ook geld ingesamel deur middel van Blou Bul Bokse waarin leerlinge donasies vir minderbevoorregtes kon maak. Die Solidariteit Beweging se Polokwane-dienskantoor het gaan bloed skenk. Dié kantoor het ook diere teen hondsdolheid laat immuniseer en gehelp om kos vir behoeftiges in te samel. Akura Manufacturing Engineering Company het gedeel in die Beweging se 110 Doen Goed-projekte deur uit te help by die Rusthod-tehuis vir bejaardes.Vrywilligers het vir Francko de Kock geld ingesamel vir skoolgeld by Pathways, ’n skool vir gestremde kinders. Hierdie skool ontvang geen subsidie van die staat nie. www.solidariteit.co.za • 04/2012

11


nuuswaardig

Spoggerige nuwe baadjie vir spogskool

Al die verskillende entiteite van die Solidariteit Beweging, tesame met vrywilligers, het op dié dag by Hoërskool Hercules geskuur, geverf en reggeruk.

W

Foto’s: Reint Dykema & iStockphoto.com

Deur Inge Strydom

12

erknemers van die Solidariteit Beweging het op 22 Junie, die dag waarop die vakbond sy 110de bestaansjaar gevier het, hul kantoordrag vir oorpakke verruil en, saam met ander organisasies en vrywilligers, sowat 53 opknapprojekte by die Hoërskool Hercules in Pretoria-Wes aangepak. Afriforum se personeel het die skool se tuine reggeruk, terwyl Sol-Tech die verhoog in die skoolsaal restoureer het. Solidariteit Helpende Hand het ’n besonderse bydrae gemaak deur onder meer vir die matriekmeisies sowat 20 haarstiliste en grimeerkunstenaars te reël en boonop vir hulle uitrustings te huur sodat hulle op hul mooiste kon lyk en voel by hul matriekafskeid wat dieselfde aand plaasgevind het. Dit is slegs enkele voorbeelde wat illustreer hoe die Solidariteit Beweging hand in eie boesem gesteek het om dié behoeftige maar trotse skool te help. Die skool, wat vanjaar sy 71ste bestaansjaar vier, is die oudste Afrikaanse hoërskool in Pretoria en spog die afgelope 10 jaar met ’n slaagsyfer van tussen 90 en 100%. Hoewel die skool se akademie van uitstaande gehalte is, kry die skool en sy leerlinge swaar omdat die skool nie voldoende bystand van die regering ontvang nie – juis vanweë die feit dat die skool akademies vooruitstrewend is. Daarbenewens kom die meeste van die skool se leerders uit huise waar dit finansieel swaar gaan. As gevolg hiervan kan twee derdes van die leerlinge se ouers nie 04/2012 • www.solidariteit.co.za

skoolgeld betaal nie. Die leerlinge van die skool vaar boonop so goed in wiskunde dat hulle onder die top 10 in die wêreld geklassifiseer word. Volgens dr. Danie Brink, uitvoerende hoof van Helpende Hand, voel Solidariteit genoop om akademie van hierdie gehalte te ondersteun. Dit is ook presies wat Solidariteit doen: Die Solidariteit Beweging kon daarin slaag om borgskappe van R2,1 miljoen vir die skool in te samel. Die Beweging het ook langtermynprojekte wat hy in die toekoms by die skool gaan aanpak. Afriforum gaan byvoorbeeld vir die skool gratis regsadvies bied, onder meer om ’n ooreenkoms met die regering te bereik oor die skool se munisipale rekening wat tans sowat R50 000 per maand beloop. Daar sal ook met die staat onderhandel word vir die moontlike subsidiëring van handboeke. Daarbenewens het Helpende Hand ’n traumasentrum help oprig en sal hulle op ’n weeklikse grondslag een van hul maatskaplike werkers na die skool stuur om leerlinge met

Vinnige verfkwas-feite

emosionele en ander kwessies by te staan. Flip Buys, uitvoerende hoof van die Solidariteit Beweging, en die vakbond se adjunk uitvoerende hoof, dr. Dirk Hermann, sal gereeld strategiese beplanningsessies met die hoof van die skool, Hannes Enslin, hou. Tydens sy bedankingstoespraak op die opknapdag het Enslin die Solidariteit Beweging en lede van die publiek bedank vir hul besonderse bydrae tot die skool. “Dis wonderlik om te sien hoe mense hul hande in hul sakke steek en hul tyd en arbeid opoffer. Dis sowaar genade uit God se hand,” het hy gesê. Hy het ook na Solidariteit as die skool se “vriend” verwys. Volgens Surika van Schalkwyk, projekorganiseerder by Helpende Hand, hoop die Beweging om deur dié inisiatief die skool se selfvertroue en trots te versterk.“Dit is prysenswaardig om te sien hoe goed die skool presteer ten spyte van teëspoed en swaarkry. Die projek was ons manier om dankie te sê vir die voorbeeld wat die skool vir ander skole stel wat swaarkry.” S

• Die Solidariteit Beweging het 340 m staalreëlings by die skool afgeskuur en geverf. • 430 m vensterbanke is afgeskuur en geverf. • 556 mense het op dié dag by die skool gewerk. • ’n Muur van 75 m is geverf.


newsworthy

Protecting through change

S

By Dr Dirk Hermann & Moira-Marie Kloppers

Photographs: iStockphoto.com

olidarity’s origins 110 years ago can be traced to a time of extreme change – political revolution followed the Anglo Boer War and economic change was the order of the day after the industrial revolution also reached South African shores. Just as the MWU originated more than a century ago from a political and economic revolution, so Solidarity also finds itself in the midst of a political and economic revolution today.The post1994 period has caused widespread despondency among our people and the challenges that Solidarity now faces may be even bigger than 110 years ago. The keyword to describe Solidarity is “protection”, hence our slogan:“We protect our people”.

14

Solidarity protects by changing realities There are two ways to protect our people.The first is by creating legal (de jure) realities and the second is by creating de facto realities. De jure realities are legal realities.The rights entrenched in the Constitution are only words on paper if they are not claimed. We must actively claim for ourselves the legal realities that are provided for in the Constitution and other legislation. Solidarity deals with approximately 1 300 legal cases on behalf of its members at any given stage and wins about 85% of its cases.This means Solidarity successfully stands up for its members’ rights in most cases. It is also possible to create political realities by means of practical or de facto realities. In this way, we create a future for our people and bring hope in disheartening circumstances. Sol-Tech, Akademia, Solidarity Helping Hand and AfriForum are all good examples of de facto realities that have been created. About 800 youngsters are currently being trained at SolTech. Akademia will train members and their children countrywide by way of telematic instruction. We also fight with all our might to combat social discrimination against our people, but we create our own social institutions like Solidarity Helping Hand to empower our people. Part of the membership fees paid by Solidarity’s members are used to create a bursary fund that will pay out as much as R100 million over the next 10 years to our youth. And when we felt 04/2012 • www.solidariteit.co.za

politically disempowered and that our democratic rights were not being realised, we created AfriForum to lay claim to our civil rights. Creating democratic realities There are two traditions of trade unionism internationally. The first is the socialist tradition and the second the Christian tradition.Worldwide, about 55 million workers belong to trade unions in the Christian democratic tradition. The socialist tradition has a strong external locus of control. Power and means are centralised with a view to redistributing them. Socialist unions’ ultimate goal is equality. Because central power is so important, it means that government or employers are responsible for the interests of the employee. The socialist tradition causes employees to be dependent on the state or employer and can therefore also be described with the word ‘dependence’. The Christian democratic tradition of trade unionism on the other hand does not advocate dependence on the government to do things for workers, but believes in independence and self-reliance.This tradition of trade unionism has a strong internal locus of control, which means that employees assume responsibility for their vocation. Solidarity has rediscovered the Christian tradition of trade unionism and is looking to find answers for its people by ensuring their independence. The trade union model that Solidarity supports is aimed at addressing the economic revolution through sound collective bargaining and protection, individual labour protection, establishing a place in the labour market and particularly through training. But Solidarity not only wants to provide an economic solution to its members, it also wants to create democratic realities in which its members and their communities can live. Solidarity’s mission is to enable people to fulfil their Christian calling. S


Foto: iStockphoto.com

I

s jy bekommerd dat jou kinders of kleinkinders in die toekoms nie meer in Afrikaans sal kan studeer nie? Stem jy saam met die menigte studies wat toon dat mense die beste in hul studies vaar wanneer hulle in hul moedertaal onderrig word? Dan het ons uitstekende nuus. Die Solidariteit Beweging sien die nood en aanvraag raak vir gehalte hoër onderwys in Afrikaans. Omdat ons uit ’n Christelike grondslag funksioneer, glo ons daarin om in ons toekoms te belê: In ons lede en hul kinders. Ons praat nie net nie, ons doen. Dit is hoe Akademia tot stand gekom het. Byna vyf jaar se navorsing en proefnemings het op 5 Januarie 2012 ’n hoogtepunt bereik. Die departement van onderwys se finale handtekening vir ’n nuwe Afrikaanse hoëronderwysinstelling wat programme met gelyke universiteitsvlakerkenning aanbied, maak vir ons as Beweging die deure oop om ons naskoolse opleidingsdroom verder ’n werklikheid te maak. Akademia, wat reeds ’n toetslopie in 2012 begin het deur drie hoërsertifikaatprogramme en een diplomaprogram in ses verskillende sentrums in die land aan te bied, gaan van krag tot krag. Die bestaande hoërsertifikaatprogramme behels een in kantoorbestuur, een in gemeenskapsontwikkeling en een in rekeningkunde. Die diploma in kleinsakebestuur en entrepreneurskap is ook ’n noodsaaklike hulpmiddel vir diegene wat hul eie onderneming wil begin, of selfs reeds een bedryf. Soos afgelei kan word uit hierdie programme, is Akademia nie net op skoolverlaters gemik nie. Flip Buys, uitvoerende hoof van die Solidariteit Beweging, het dit mooi verwoord: “Daar is net een antwoord vir lewenslange verandering, en dit is lewenslange leer. Die eerste stap van lewenslange leer is om ’n goeie kwalifikasie te verwerf. Matriek is dus nie die einde van ’n mens se studies nie, maar net die begin. Dit is juis hoekom ons,ons lede en selfs nie-lede aanmoedig om hul verder in hul werkplek te bekwaam, ekstra vaardighede te bekom, en hulle so onmisbaar moontlik te maak in hulle posisie.” Volgens Buys is ’n werknemer wat homself voortdurend verbeter nie net ’n aanwins vir sy maatskappy nie, maar maak hy homself ook meer indiensneembaar vir ander geleenthede. “In ’n tydperk waar afleggings, regstellende aksie en onregmatige afdankings hoogty vier, kan werknemers nie bekostig om te stagneer en in hul werk of ná basiese opleiding op 25 ‘af te tree’ nie. Die swaartepunt van opleiding is besig om te verskuif

akademia

jou oop, afrikaanse leertuiste

– opleiding is nie meer net vir jongmense nie, maar word ’n lewenslange leerproses vir ouer mense ook,” sê Buys. Buiten dat Akademia Afrikaans as onderrigmedium gebruik, is sy onderrigleermodel uniek in Suid-Afrika. Akademia maak van moderne telekonferensietegnologie gebruik en skep ’n model waardeur studente in sentrums naby hul woonplek interaktiewe lesings kan bywoon. Volgens Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia, is die Akademia-model die perfekte kombinasie van tradisionele selfleermodelle (die telematiese Unisa-model) en

promosie

Akademia: Jou toekoms in Afrikaans! begeleideleermodelle (bestaande universiteitsklasmodelle). “Akademia kombineer die voordele van selfleermodelle met die voordele van tradisionele kontaksessies om sodoende die studente se kanse om suksesvol te wees, te optimaliseer. Studente word bemagtig deur begeleide klassituasies waar hulle die geleentheid kry om vrae interaktief aan die dosent te stel en selfs met medestudente in ander leersentrums in die land te gesels,” verduidelik Visser. Die Akademia-model kan dus gesien word as die post-residensiële oplossing vir tradisionele universiteitswese – wat universiteitsvlakopleiding in jou taal na jou omgewing kan bring. • Lees meer oor ons opwindende planne vir 2013 by www.akademia.ac.za. Stuur enige navrae na diens@akademia.ac.za of skakel die Akademiainbelsentrum by 0861 222 888. Registrasie vir studie in 2013 open in September 2012.

www.solidariteit.co.za • 04/2012

15


nuuswaardig

Basta met koue afleggingstrategie

S

Foto: Reint Dykema

Deur Nico Strydom

16

uid-Afrika word opnuut deur ’n vlaag afleggings getref en Solidariteit verwag dat dit gaan toeneem. Volgens dr. Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, is dit egter die nuwe tendens by groot Suid-Afrikaanse maatskappye, naamlik ’n koue, kliniese benadering tot afleggings, wat meer kommerwekkend is. “Werknemers word gesien as produksiefaktore en die mens word uit die werknemer gehaal. In die Absa-geval het afgedankte werknemers houers ontvang en hulle is versoek om onmiddellik hul persoonlike besittings daarin te pak en die gebou dan onder begeleiding te verlaat. Die ‘produksiefaktor’ wat uit die gebou begelei is, is egter ’n mens met emosie.” Hermann sê hierdie koue benadering tot afleggings is vreemd vir Suid-Afrika. Hy sê SuidAfrika is ’n “mens”-land waar ons déúr ander mense leef en vir mekaar omgee. “Ons kan eenvoudig nie hierdie koue benadering tot afleggings toelaat nie. Die trauma van ’n aflegging kan met die trauma van die dood van ’n geliefde vergelyk word.” Volgens Hermann is die probleem dat die ondersteuningstrukture by afleggings meestal swak is.“Die element van vernedering, ’n gevoel van mislukking, wanhoop, rigtingloosheid, bitterheid, skande, leegheid en vrees is ook verswarend in die trauma wat by afleggings beleef word.” Volgens Hermann beleef mense die verlies aan werk so traumaties aangesien dit deel is van die mens se eie en sy sosiale identiteit. “Die hoofbepaler van ’n persoon se sosiale status is sy beroep. Deur verlies van werk verloor die persoon iets van homself en van sy plek in die gemeenskap. “Werk is ook ’n belangrike bepaler van ’n persoon se selfagting. Om oortollig verklaar te word, kan ’n negatiewe uitwerking op selfagting hê en gevoelens van verwerping ontketen.Werk is ook ’n bron van sekuriteit vir die persoon en sy gesin.” Hermann sê enige ekonomie gaan soms deur onsekere tye wat tot herstrukturering kan lei. “Groot maatskappye moet egter baie meer verantwoordelik met afleggings omgaan. Mense mag nie goedsmoeds geoffer word bloot vir groter wins en bonusse nie. In gevalle waar afleggings wel onvermydelik is, moet werknemers as mense met emosie hanteer word. “Werkgewers moet die proses met ’n be-

04/2012 • www.solidariteit.co.za

Die hoofbepaler van ’n persoon se sosiale status is sy beroep. Deur verlies van werk verloor die persoon iets van homself en van sy plek in die gemeenskap.

hoorlike maatskaplike plan aanpak met die doel om die individu deur die hele proses te ondersteun en sover moontlik te lei om in die ekonomie teruggeplaas te word.” Solidariteit het intussen ook aangekondig dat hy sal voortgaan om sy uitgebreide maatskaplike plan aan groot maatskappye voor te lê. Dit is ’n vierstap-aksieplan bestaande uit riglyne en metodes om afleggings te minimaliseer asook om

alle moontlikhede te ondersoek om dit af te weer. Dit is ook daarop gemik om die uitwerking van afleggings op werknemers te minimaliseer. Solidariteit se maatskaplike plan is op die konsultasieproses gerig en stel ook ’n wetlike raamwerk en voorstelle vir doeltreffende kommunikasie tydens die proses voor om arbeidsverhoudinge te bevorder. • Lees ook die artikels op bladsy 21 en 22. S


nuuswaardig

Vreemde name om van te

“R

PROES

Deur Ilze Nieuwoudt

y suid in E’skia Mphahlele, ry dan oor W.F. Nkomo tot by Nana Sita en draai links. Ry dan tot by Kgosi Mampuru.” Hierdie aanwysings sou Pretorianers ’n paar maande gelede van D.F. Malanrylaan oor Kerkstraat tot by Skinner en dan tot by Potgieterstraat geneem het, maar dié straatname is nou saam met meer as 20 ander prominente strate in die stad verander en sorg reeds vir ’n Babelse verwarring en woede onder die stad se inwoners. Wie was hierdie mense aan wie se nagedagtenis Pretorianers so vasklou en wie is die nuwe “helde” wat hulle plek ingeneem het? Solidariteit Tydskrif het gaan uitvind na wie ’n paar van die strate vernoem is.

Foto’s: Cilleste van der Walt & iStockphoto.com

Leeu van die Noorde verloor brul Johannes Gerhardus Strijdom, oftewel J.G. Strijdom, was ook bekend as die Leeu van die Noorde om dat hy so ’n geharde politieke teenstander was. Gedurende sy termyn (1954 tot 1958) as eersteminister van die Unie van Suid-Afrika het hy onder meer hard geveg vir die totstandkoming van die Republiek van Suid-Afrika. Hans Strijdomrylaan, een van die prominentste roetes in die ooste van Pretoria, is na J.G Strijdom vernoem, maar die naam moes nou plek maak vir Solomon Mahlangurylaan. Mahlangu is gebore midde-in Strijdom se termyn in 1956. In 1976 sluit hy by die ANC aan en verlaat die land om as ’n Umkhonto weSizwe-vegter (MK-vegter) opgelei te word. In 1977 is hy en twee makkers betrokke in ’n skietgeveg met die polisie en twee burgerlikes is in die skietery dood. Vir dié moorde en terrorisme is Mahlangu verhoor, ter dood veroordeel en op 6 April 1979 word hy die eerste ANC-aktivis wat vir sy misdade gehang word.

18

Dié Vrede iets van verlede Louis Botha word in 1910 die eerste eersteminister van die Unie van Suid-Afrika, maar het reeds sy merk tydens die Anglo-Boereoorlog in die slagtings van Colenso en Spioenkop gemaak. Hy het ook tydens die oorlog saam met Koos de la Rey en Christiaan de Wet die guerrillaveldtog gevoer. Hy was later by die ondertekening van die Vrede van Vereeniging betrokke en het ’n prominente rol in die heropbouing van die land ná die oorlog gespeel. Generaal Louis Botharylaan, wat onder meer 04/2012 • www.solidariteit.co.za

Lynnwoodweg met Atterbury- en Hans Strijdomrylaan in die ooste van Pretoria verbind, is nou na January Masilela hernoem. Masilela was gedurende die apartheidsjare ’n uitgewekene in onder meer Angola en Kuba. Hy het in 1975 by die ANC aangesluit en is as ’n MK-vegter opgelei. Hy is later as kommissaris van die MK-hoofkwartier in Angola aangestel. Hy was tot en met sy dood in 2008 die sekretaris van verdediging. Koeël is deur die Kerk(straat) As hoofstraat is Kerkstraat waarskynlik die prominentste straat in Pretoria. Nie net is dit een

van die langste paaie in die land nie (wat strek van Atteridgeville in die weste tot Colbyn in die ooste), dit is die vertoonvenster vir verskeie historiese geboue en was getuie van ’n hele paar voorvalle soos die Kerkstraat-bomontploffing van Mei 1983 waarin 19 mense dood is. Hierdie historiese straat word nou as vier afsonderlike strate beskou en sal voortaan bekendstaan as Stanza Bopapestraat (van Nelson Mandelarylaan ooswaarts), Helen Josephstraat (van Nelson Mandelarylaan tot by Kerkplein),W.F. Nkomostraat (van Kerkplein tot by die R511) en Elias Motsoaledistraat (van die R511 naby


nuuswaardig Hartbeespoort weswaarts). Stanza Bopapestraat is vernoem na Johannes Maisha (Stanza) Bopape. Hy was ’n lid van die Suid-Afrikaanse Studente-organisasie, ANC-lid en politieke aktivis wat in die 1980’s deur die veiligheidspolisie aangekeer is, aangesien hulle hom as ’n sekuriteitsrisiko beskou het. Hy is uiteindelik in Junie 1988 aangekeer en is in polisie-aanhouding dood. Helen Josephstraat is vernoem na Helen Beatrice May Fennel. Sy is in 1905 gebore en het in 1930 van Engeland na Suid-Afrika verhuis. Sy was onder meer die stigter van die Congress of Democrats en was een van die organiseerders van die optog van vroue na die Uniegebou in Augustus 1956. Sy is dieselfde jaar aangekla van hoogverraad en is uiteindelik in 1962 onder huisarres geplaas. W.F. Nkomostraat is vernoem na William Frederick Nkomo wat onder meer ’n dokter, onderwyser, president van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge en voorsitter van die ANC-Jeugliga se uitvoerende komitee was. Nkomo het vroeg in sy loopbaan by die ANC aangesluit, maar is geskors weens sy militante oortuigings in ’n tyd waarin die ANC nie geweld voorgestaan het nie. Elias Motsoaledi, na wie ’n deel van wat voorheen as Kerkstraat bekendgestaan het nou vernoem is, was deel van die ANC-groep wat in die Rivonia-verhoor aangekla is. Hy is tydens die verhoor skuldig bevind en het 26 jaar tronkstraf op Robbeneiland uitgedien. Hy was lid van die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty en die ANC en het ook vir MK gewerk.

Welkom in... Babel!

• • • • • • • • • • • • • • • • • • • • •

Beatrix-, Mears- en Voortrekkerweg Charles- en Walkerstraat D.F. Malanrylaan Duncanstraat Esselenstraat Hendrik Verwoerdrylaan Jacob Marestraat Leah Mangopestraat Lucas Mangopestraat Micheal Brinkstraat Mitchellstraat Potgieterstraat Prinsloostraat Proesstraat Koningin Wilhelminastraat Schoemanstraat Schubartstraat Skinnerstraat Van der Waltstraat Vermeulenstraat Zambesirylaan

Steve Biko Justice Mohammed E’skia Mhahlele Jan Shoba Robert Sobukwe Johan Heyns Jeff Masemola Peter Magano Molefe Makinta Nico Smith Charlotte Maxeke Kgosi Mampuru Sisulu Johannes Ramokhoase Florence Ribeiro Francis Baard Sophie de Bruyn Nana Sita Lilian Ngoyi Madiba Sefako Makgatho. S

www.solidariteit.co.za • 04/2012

19


nuuswaardig

Verander, maar ter wille van verbetering

Konstante verandering is inderdaad een van die enigste konstantes. Maar verandering is moeiliker om te verwerk as dit gemaak word ter wille van verandering en nie ter wille van verbetering nie, skryf Willie Spies, AfriForum se regsverteenwoordiger.

’n

Voorbeeld hiervan is die gereelde omstrede straatnaamveranderings wat deur verskillende ANC- en selfs DA-beheerde stede aangepak word. Die ANC-beheerde Tshwane Metroraad se besluit vroeër vanjaar om 25 straatname in Pretoria te verander, was veral omstrede. Die proses is deur ’n lang, uitgerekte stryd voorafgegaan waartydens openbare deelnamevergaderings wat gedurende 2008 gehou is, plek-plek ontwrig is. By een so ’n vergadering in Pretoria-Noord het deelnemers mekaar selfs met stoele bygedam. Uiteindelik is die straatnaamveranderings onverpoosd deurgevoer ondanks 109 000 besware wat daarteen ingedien is.

Foto: Reint Dykema

Straatnaam is meer as letters op borde Twee straatname wat darem gespaar is, is Paul Krugerstraat en Pretoriusstraat, maar een van die vreemdste besluite wat geneem is, is dat Kerkstraat – wat wêreldwyd bekend is as Afrika se langste reguit straat – opgedeel sou word in vier korter dele, elk met ’n eie naam, wat die straat natuurlik dié status sou kos. Daar is egter meer in ’n naam as bloot letters op borde. Name sê iets van die identiteit van ’n plek; dit verklap iets van die geskiedenis van ’n plek of ’n straat. Daarom is die blatante verandering van ’n naam nie maar net ’n noodwendige verandering wat met tyd moet kom nie, maar ’n daad van aggressie, dikwels teen ’n minderheid.

20

SA volg reeds in Zimbabwe se spore In Zimbabwe was die verandering van sogenaamde koloniale name 32 jaar gelede sonder slag of stoot deurgevoer. Fort Victoria in die suide van Zimbabwe se naam is na Masvingo verander terwyl Enkeldoorn se naam met Chivhu vervang is. Intussen is Salisbury, die hoofstad, se naam na Harare verander. Destyds het die minderheidsgemeenskappe van Zimbabwe nie beswaar gemaak teen die naamsveranderings nie omdat dit as ’n gegewe en noodwendige deel van die verandering gesien is. Ernstiger vergrype het egter op die naamsveranderings gevolg en uiteindelik het dit uitgeloop op die tot niet gaan van eiendomsreg. Ons moet nooit vergeet dat die ANC se 04/2012 • www.solidariteit.co.za

Daar is egter meer in ’n naam as bloot letters op borde. Name sê iets van die identiteit van ’n plek; dit verklap iets van die geskiedenis van ’n plek of ’n straat.

transformasie-agenda veel dieper strek as net die verandering van name nie. Roekelose uitsprake deur Julius Malema en Ronald Lamola van die ANC-Jeugliga oor die terugneem van grond wat in wit besit is, is nie uit die lug gegryp nie. Dit is alles deel van ’n goed deurdagte strategie wat doelgerig en planmatig deur die ANC en sy koalisievennote tot uitvoer gebring word. Loopgraaf wat vurig verdedig moet word Indien ons die stryd teen naamsverandering bloot laat vaar, is dit soos om ’n loopgraaf in ’n oorlogsituasie sonder enige stryd prys te gee. Dit gaan nie die stryd makliker maak nie, maar ver-

skuif net eenvoudig die aanslag na ’n volgende loopgraaf wat dan met meer aggressie aangeval word. Juis daarom sal AfriForum sterk bly staan en elke denkbare loopgraaf namens die minderheidsgemeenskappe van Suid-Afrika beskerm. Suid-Afrikaanse minderhede moet hul eiendomsreg ten opsigte van die name van dorpe en stede beskerm net soos wat enige ander reg van minderhede wat bedreig word, beskerm moet word. Hierdie stryd is ’n voortdurende stryd en sal ons nog jare neem, maar dit is in belang van ons toekoms dat ons nie loopgrawe sonder slag of stoot prysgee nie. S


nuuswaardig

Afleggings gaan nog toeneem – vakbond

D

Deur Nico Strydom

ie vlaag afleggings wat die Suid-Afrikaanse arbeidsmark die afgelope paar maande kenmerk, gaan toeneem, reken die vakbond Solidariteit. Van die vernaamste afleggingsgevalle die afgelope tyd is die omstrede afleggings by Absa en die tragiese geval by Cell C waar ’n werknemer selfmoord gepleeg het nadat hy ’n kennisgewing oor sy moontlike aflegging ontvang het.

Toe nie altyd saam In Maart vanjaar het Solidariteit die Stop Absa-veldtog van stapel gestuur – ’n veldtog wat daarop gemik was om die omvang van die huidige afleggingsproses by Absa te bepaal en om toe te sien dat ’n driejaarmoratorium op afleggings by dié bank ingestel word. Sowat twee maande later, in Mei, het Solidariteit ’n dringende brief aan Absa geskryf waarin hy aangedring het dat die bank die afleggingskennisgewings asook die vorms wat werknemers moes voltooi om uit die maatskappy te bedank, terugtrek. Kort hierna het Absa afleggingskennisgewings wat aan sowat 140 van sy inligtingstegnologiewerknemers gestuur is, teruggetrek. Dié verbinding breek op In Mei vanjaar, kort nadat die Absa-debakel ’n hoogtepunt bereik het, het Cell C bekend gemaak dat sowat 150 van sy 1 288 werknemers afgelê gaan word as deel van ’n herstruktureringsprogram om die maatskappy se doeltreffendheid te verbeter. Kort hierna pleeg André Ankiewicz, een van die persone wat ’n kennisgewing ontvang het dat hy moontlik afgelê gaan word, selfmoord. In reaksie hierop het Solidariteit Cell C daarvan beskuldig dat hulle nie die korrekte prosedures vir die afleggings volg nie en die proses deur middel van intimidasie probeer deurdruk. (Lees ook die artikel op bladsy 22.)

Foto: iStockphoto.com

Kundiges se krag bly in die slag Beplande afleggings by die Suid-Afrikaanse Kernenergiekorporasie (Necsa) kan moontlik nadelige gevolge vir die land se kernkragprogram inhou. Necsa beplan om nagenoeg 250 van sy werknemers af te lê. Solidariteit meen Necsa moet eerder sy vermoë uitbrei, in ag genome die land se kernkragprogram wat voorsiening maak vir die bou van minstens ses kernkragstasies teen 2030. IT-maatskappye loop ook deur Die IT-maatskappy Gijima het sedert Desember reeds sowat 200 werknemers afgelê en het aanvanklik beplan om teen middel Augustus vanjaar ’n verdere 200 personeellede af te lê. Gesprekke oor dié afleggings is gevoer en Solidariteit kon daarin slaag om te keer dat enige lede onder dwang afgelê word. Intussen is Nokia Siemens Networks ook besig met grootskaalse afleggings in Suid-Afrika, Nigerië en Duitsland. Nagenoeg 160 Suid-Afrikaanse werknemers kan hierdeur geraak word. S www.solidariteit.co.za • 04/2012

21


newsworthy

Retrenchment:To break an inspirational figure

What does it take to break down a man with strong values, ethics, a family bond, a drive for life and a passion for detail and perfection to the point where he can’t see any way forward but to take his own life? These are some of the questions that the family of André Ankiewicz, a Cell C employee who committed suicide after receiving notice that he could be retrenched, have to deal with after his death, writes Moira-Marie Kloppers.

Photograph: Reint Dykema

H

22

is last words to his wife were:“My gesiggie-pop, los my laat ek met die stress deal.” Shortly thereafter, after speaking to his manager and the payroll officer at Cell C, he put down the phone, walked a couple of metres, and shot himself. André Ankiewicz, a loving husband and a dedicated father was not only a devoted family man, but was also an exemplary employee.“My father is what many people would call an inspirational figure. His relationship with my mother was always based on honesty, trust, respect and love. They were going to celebrate their 30th wedding anniversary in December 2012.To lose someone so close, and so loved, and so devoted to his family on every level is incomprehensible. It leaves a void that can never be filled,” his son, Anthony, wrote in a statement about his father in June. According to Anthony, André always took great pride in his work but was always humble about his achievements. His devotion to his position and responsibilities at the companies he worked for was exceptional; he would always strive for perfection.“My dad always had other people’s plights, struggles and needs on his mind and would always try to help out where he could.” Work ethics change.Work environments change.Workloads and targets change… in line with management’s goals and strategies. André’s family noticed a change in André in January this year. “We, as a family, experienced this change in my father as he would come home late, or go in to the office at odd hours, or work on his PC long into the night.We all noticed how he suffered under this pressure. Over the past few months he also did something out of the ordinary for a man of his character and nature. He regularly spoke about the stress that he experienced at work and the frustration he felt.With regard to the possible retrenchment communication, he asked us on that last Friday night:‘Why would anyone send this kind of message on a Friday afternoon just before the weekend and on payday? How demotivated can you make people just before a weekend and on payday?’”

04/2012 • www.solidariteit.co.za

Anthony Ankiewicz and his mother Bets at a press conference.

What transpired on Monday and Tuesday of the next week remains a mystery. The manner in which the possible retrenchments were communicated to the employees of Cell C was highly upsetting, especially to André. The family said that it was disappointing that most companies are not as committed to their workers as their workers are to them.“We, as a family, are now living through the things my father pondered about.We now understand what it feels like to lose someone that meant everything to us.We can tell of the devastating effects that even just a threat of the possibility of retrenchment can have on a 50-year-old man, who was actually supposed to be an asset to his employers in terms of experience and wisdom. He was supposed to be preparing for the retirement he’d been working for all his adult life. But in the end he stood to lose everything he had worked for and provided for his family.” S

More and more people retrenched

• Murray & Roberts Cementation – 1 190 • Vesuvius – 31 • Samancor Meyerton – 15 • Alert Steel – 40 • Ernst Oppenheimer Hospital – 222 • Formex Eng – 45 • Ceres Fruit Juice – 4 • Creditworx – 130 • Goodyear – 104 • Grinaker LTA – 350 • Evraz Higveld Steel – 400 • Assmang Machadodorp – 300 • Asmmang Cato Ridge – 150 • Scaw Metals – 400. S


I

Deur Nico Strydom

n die lig van Jeugdag, wat in Junie gevier is, het die Solidariteit Beweging ’n driepuntplan aangekondig om jongmense te bemagtig deur opleiding. Dit sluit in die bou van ’n kampus van R150 miljoen, die vergroting van die Beweging se beursplatform en omvattende beroepsleidingsdienste. Hierdie opleidingsplanne gaan duisende jongmense in staat stel om vir hulself ’n toekoms te skep. Volgens Flip Buys, hoof van die Solidariteit Beweging, moet jongmense in staat gestel word om vir hulself ’n toekoms te skep.“Opleiding gaan toenemend ’n lewenslange proses word. Mense moet self ’n leeringesteldheid kweek en hulself voortdurend ontwikkel.”

1

Opleidingsinstellings Die Solidariteit Beweging se reeds bestaande

opleidingsinisiatiewe, Sol-Tech en Akademia, het ’n goed ingerigte sentrum nodig om in hul groeiende behoeftes te voorsien. Dié sentrum sal as Die Kampus bekend staan en is ’n projek van R150 miljoen waarvoor die grond reeds aangekoop is. Die Kampus word gebou as ’n moderne, lewende monument vir onderrig in Afrikaans en gaan een van die belangrikste produksie-instrumente vir Afrikaanse opleiding in Suid-Afrika word. Jy kan bydra om Die Kampus-droom te bewaarheid – besoek www.diekampus.co.za.

2

Beurse Dit is voorts noodsaaklik dat jongmense wat verder wil studeer, toegang tot opleiding moet kry deur middel van beurse. Solidariteit Helpende Hand het ’n beursplatform ontwikkel wat reeds meer as sestig beurse administreer. Daar

word ook beplan om die beursplatform nog verder uit te brei.

Beroepsleiding Jongmense kan nie net toegang kry tot beurse sonder hulp om seker te maak dat hulle die regte beroepskeuses uitoefen nie. Solidariteit Helpende Hand het ook ’n omvattende beroepsleidingsprogram ontwikkel. Dié program help om jongmense se belangstellings, aanleg en roeping met tekorte in die arbeidsmark te belyn. Wanneer hierdie elemente belyn is, is ’n jongmens bykans verseker daarvan om werk te kry. ’n Loopbaangids en -webtuiste ondersteun studente verder in hul beroepskeuses. • Lees meer by www.loopbaan.co.za of www.helpendehand.co.za S

nuuswaardig

3

Driepuntplan om jongmense te help


nuuswaardig

‘Verklaar SAPD-regstelplan ongeldig’

S

Foto: iStockphoto.com

Deur Moira-Marie Kloppers

26

olidariteit het stukke by die arbeidshof in Johannesburg ingedien waarin die hof gevra word om die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se regstellendeaksie-plan in sy geheel as ongeldig te verklaar omdat dit strydig is met die Wet op Gelyke Indiensneming en die Grondwet van Suid-Afrika. In sy stukke fokus Solidariteit veral op die SAPD se toepassing van kwotas volgens die nasionale rassedemografie. Indien Solidariteit se aansoek suksesvol is, kan dit verreikende implikasies vir die hele staatsdiens hê, aangesien ander staatsdepartemente se regstellendeaksie-beleide op dieselfde basis as dié van die SAPD gegrond is. ’n Suksesvolle uitspraak sal ook ’n maatstaf skep waaraan die privaat sektor gebonde sal wees. Dit is die eerste keer dat die hof gevra word om die hele plan van die SAPD as ongeldig te verklaar. Dit volg nadat Solidariteit die SAPD reeds in 14 afsonderlike sake hof toe gevat het. Volgens dr. Dirk Hermann, adjunk uitvoeren04/2012 • www.solidariteit.co.za

de hoof van Solidariteit, is die kern van die probleem nie individue teen wie die SAPD verkeerd opgetree het nie, maar die plan self. “Ons kan nie aanhou om individuele sake hof toe te neem nie. Ons gaan vir die eerste keer die wortel van die probleem, naamlik absolute rasseverteenwoordiging, hof toe neem.” Luidens Solidariteit se hofstukke kom die SAPD se regstellendeaksie-plan neer op maatskaplike manipulasie wat op blatante ras- en geslagkwotas gegrond is. “Die plan neem nie die vaardighede van polisielede in ag nie en offer dienslewering ten gunste van rasseverteenwoordiging op. Die primêre verantwoordelikheid van die SAPD is nie rassetransformasie nie, maar die veiligheid van SuidAfrikaanse burgers,” het Hermann gesê. Die SAPD-saak volg op ’n soortgelyke hofsaak wat Solidariteit namens vyf lede teen die departement van korrektiewe dienste (DKD) gebring het. Die DKD het die ideologie van rasseverteenwoordiging so streng toegepas dat nasionale rassesyfers in die Wes-Kaap toegepas

is. Daar is sowat 9% bruin Suid-Afrikaners nasionaal en 53% woon in die Wes-Kaap. Die gevolg is dat bevordering vir bruin werknemers in die DKD byna onmoontlik is, aangesien hulle van 53% na 9% “afbestuur” moet word. “Die probleem is dat hierdie idee van absolute rasseverteenwoordiging al so algemeen in die praktyk toegepas word dat werkgewers begin glo dit is reg. “Solidariteit wil die hof vra om uitspraak te lewer oor of hierdie praktyk deur die Wet op Gelyke Indiensneming en die Grondwet van Suid-Afrika toegelaat word. “Die ironie is dat die mense wat die hardste deur hierdie rasse-ideologie getref word gewone Suid-Afrikaners is wat op verskillende terreine slagoffers is van swakker diens, insluitende ’n swakker polisiediens. Die meeste van die slagoffers is swart Suid-Afrikaners wat eintlik bevoordeel moes word deur regstellende aksie,” sê Hermann. Daar word nog gewag vir hofdatums vir albei sake. S


Bedryf snuus

Nuus oor die bedrywe waarin die vakbond Solidariteit funksioneer asook kwessies wat jou in die wêreld van werk regstreeks raak.

60%

van die wêreld se platinum word in katalitiese omsetters in motors gebruik. Suid-Afrika is die wêreld se grootste platinumprodusent.

Platinumbedryf al meer onder druk

A

Foto: iStockphoto.com

Deur Nico Strydom

28

quarius Platinum het in Junie sy Marikana-skag in Kroondal en sy Everestmyn naby Lydenburg onverwags gesluit. Dit beteken dat twee myngemeenskappe, oftewel sowat 2 700 broodwinners, sonder ’n inkomste sit. Everest se nagenoeg 1 500 werknemers sit sonder werk aangesien Emgodini, hoofmynkontrakteur by die Everestmyn, slegs by dié myn bedrywig is en daar dus geen alternatiewe vir die werkers beskikbaar is nie, terwyl minstens 1 200 werknemers by Marikana ook die trekpas gekry het. Intussen is Solidariteit bekommerd dat dit dalk net die begin is van ’n string mynsluitings en afleggings in die platinumbedryf in Suid-Afrika aangesien dié bedryf worstel met lae pryse, stygende koste en arbeidsprobleme. Volgens Paul Joubert, ekonomiese navorser van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), is platinummynmaatskappye onder druk weens die prys van hierdie metaal.“Die prys van platinum het sedert die begin van 2010 feitlik bestendig gebly teen naastenby R12 000 per ons. Afhangende van ’n mynmaatskappy se winsmarge in

04/2012 • www.solidariteit.co.za

daardie stadium, plaas dit verskillende mates van druk op die maatskappye se huidige winsgewendheid. Indien ’n maatskappy aan die begin van 2010 byvoorbeeld R10 000 se uitgawes gehad het om een ons platinum te myn, was die maatskappy se winsmarge toe dus sowat 20%. Indien die maatskappy se uitgawes per eenheid platinum geproduseer egter slegs met 10% per jaar toegeneem het, kom die maatskappy sedert die begin van 2012 kwalik sonder verlies uit. Met die skerp jaarlikse stygings in die prys van elektrisiteit en ander insette verkeer talle produsente tans onder druk.” Suid-Afrika produseer die meeste platinum van enige land ter wêreld. Die ontginning van die metaal skep baie waarde in die ekonomie en verskaf ook werk aan derduisende werkers. Solidariteit het derhalwe Susan Shabangu, minister van minerale bronne, se aankondiging dat ’n taakspan op die been gebring sal word in ’n poging om werkgeleenthede in die platinumbedryf te red, verwelkom. Die vakbond het egter gemaan dat die proses spoedig en met die nodige deursigtigheid uitgevoer moet word.

Joubert sê daar is egter ook ’n langertermynproses in die pyplyn wat die platinumprodusente ietwat bekommer.“Daar is ’n moontlikheid dat die vraag na platinum kan daal indien die huidige katalitiese omsetters in motors met ’n ander tegnologie vervang word. Motors se katalitiese omsetters, toestelle wat uitlaatgasse skoner maak, gebruik ongeveer 60% van die wêreld se platinum. Daar is egter ander maniere waarop motors se uitlaatgasse skoongemaak kan word, en elektriese motors benodig uiteraard ook nie katalitiese omsetters nie. “Platinummaatskappye druk nou egter vir vinniger grootskaalse kommersialisering van waterstofsel-tegnologie.Waterstofselle is toestelle waarin waterstof met suurstof reageer om elektrisiteit te lewer, met waterdamp as die enigste uitlaatgas. Een vorm van ’n waterstofsel gebruik platinum as die katalisator vir hierdie reaksie. Indien hierdie tegnologie oor die lang termyn die voorkeurmetode word vir gelokaliseerde kragopwekking en meer in gewone motors gebruik word, sal die platinumbedryf se toekoms verseker wees.” S


D

Foto: iStockphoto.com

Deur Nico Strydom

ie totale aantal sterftes weens mynongelukke het in die eerste vyf maande van die jaar op 48 te staan gekom, vermoedelik as gevolg van ’n 29%-toename in sterftes in platinummyne. Luidens statistiek van die departement van minerale en energie het nagenoeg 10 mynwerkers per maand tussen Januarie en Mei vanjaar in Suid-Afrikaanse myne omgekom. Volgens advokaat Paul Mardon, hoof van Solidariteit se afdeling vir beroepsgesondheid en -veiligheid, is 46 mynwerkers in die ooreenstemmende tydperk in 2011 dood. “Hoewel dit goeie nuus is dat die aantal mynsterftes in goud- en steenkoolmyne met onderskeidelik 32% en 14% in die eerste vyf maande van die jaar afgeneem het, is dit kommerwekkend dat die getal sterftes in platinummyne in dié tydperk met 29% toegeneem het,” sê Mardon. Mynsterftes in ander myne – chroom, magnesium en diamante – het onveranderd gebly. Meer as 75% van die noodlottige ongelukke in die eerste vyf maande van 2012 het in Noordwes, Gauteng en Limpopo voorgekom.“In Noordwes het 13 mynwerkers reeds vanjaar gesterf, terwyl daar in Gauteng en Limpopo onderskeidelik 11 en 10 noodlottige ongelukke was,” verduidelik Mardon. In Mpumalanga het agt mynwerkers hul lewens verloor terwyl vier mynwerkers in die Vrystaat gesterf het.Tydens Mei is geen sterftes aangemeld in die Noord-Kaap, Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Gauteng of die Klerksdorp-area in Noordwes nie. Grondstortings het bygedra tot 29% van die afgelope vyf maande se mynsterftes. Algemene ongelukke, wat onder meer vallende voorwerpe en gasontploffings insluit, het tot 11 (23%) van die totale aantal sterftes bygedra. Ongelukke wat met masjinerie verband hou, het tot 13% van alle sterfgevalle bygedra met twee sterfgevalle in Mei. Die departement het intussen ook in sy statistiek bekendgemaak om watter redes artikel 54-sluitingsbevele, ingevolge waarvan die myninspektoraat ’n myn tydelik ná ’n mynsterfte of -ongeluk kan sluit, gedurende Mei uitgereik is. Volgens die departement se inligting is onvoldoende ondergrondse ondersteuningsmeganismes, masjinerie en algemene veiligheid die vernaamste redes vir die opskortings. Solidariteit het reeds vroeër beklemtoon dat die belange van werkgewers asook werknemers in ag geneem moet word by die uitreiking van artikel 54-sluitingsbevele. Volgens Mardon is dit belangrik dat die toepassing van die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid in die mynbedryf deur middel van artikel 54-bevele aangepak moet word. Hy het egter beklemtoon dat die verslapping van die vasgestelde maatreëls wat die uitreiking van ’n artikel 54-bevel bepaal, uiters onverantwoordelik sal wees. “Danksy die streng toepassing van artikel 54 het mynsterftes die afgelope paar jaar drasties afgeneem. Dit is egter wel waar dat die onbillike uitreiking van ’n artikel 54-bevel tot niemand se voordeel is nie, aangesien myne se volhoubaarheid en mynwerkers se werksekerheid daardeur beïnvloed kan word. “Die klem moet dus op die korrekte uitvoering van artikel 54 geplaas word,” het Mardon gesê. S www.solidariteit.co.za • 04/2012

29

bedryfsnuus

10 mynwerkers sterf per maand in SA


industrynews

How do I protect my job in times of change?

R

Photographs: iStockphoto.com

By Inge Strydom

30

etrenchments are fast becoming a worldwide scourge that is ruining people’s lives. In South Africa, this is compounded by an already high unemployment rate. One of the main reasons for unemployment in South Africa is the lack of qualified workers. If we consider the fact that 95% of the unemployed in South Africa receive no tertiary education, it clearly shows the importance of having a tertiary qualification. In the current information age, a lack of qualifications is increasingly becoming an obstacle for jobseekers.Throughout history, the different industrial revolutions have severely impacted the labour environment. For example, in the 18th century the industrial revolution led to a sharp increase in production and signalled the end of the agricultural age. It also resulted in the establishment of modern cities, towns, ideologies, schools, workers, technologies and so on. We are currently experiencing another such sociological shift that has already had a large impact on the workplace.The information age can broadly be defined as a new industrial revolution that followed the advent of the internet. It has resulted in the fast distribution of

04/2012 • www.solidariteit.co.za

and easy access to information. According to Flip Buys, General Secretary of Solidarity, the information age’s impact on the workplace is vaster than the impact of the previous revolutions, since the new technology available in this age can replace human beings’ power of mind.“It is so sophisticated that it only provides work to a small group of highly educated and specialised people,” says Buys. Buys therefore emphasises the importance of lifelong learning, but adds that this does not necessarily mean you have to acquire a range of degrees or diplomas. It simply means you have to continue broadening your knowledge by enrolling in short courses, reading books, the newspaper and specifically reading up on new trends and developments in your line of work. It is also important to stay up to date with the latest technology.“Adults have to take responsibility for their own knowledge,” says Buys.This way, you can be better assured of always having a job. Basically, it boils down to one of the most important life lessons: If you are not willing to adapt to change, you will stagnate and eventually come to a fall. S

Eskom se stryd teen stygende skuld en skaars steenkool

Eskom gaan sy skuld in die volgende vyf jaar byna verdubbel van R182 miljard tot R350 miljard. Die skuld sal hoofsaaklik aangegaan word om die bouwerk aan Eskom se twee nuwe kragstasies te voltooi. Volgens Paul O’Flaherty, finansiële direkteur van Eskom, gaan Eskom na verwagting oor die volgende vyf jaar jaarliks R65 miljard bestee, wat die organisasie se rentebetalings tot R23 miljard per jaar gaan opjaag. Daarbenewens het Eskom die afgelope vyf maande R1,8 miljard bestee om elektrisiteit van groot chroomsmelters terug te koop. Eskom voer tans ’n opdraande stryd met die aankoop van steenkool, aangesien hy sukkel om die regte hoeveelheid steenkool van die regte graad teen die regte prys te kry. Die prys van steenkool het die afgelope twee jaar met 17% per jaar toegeneem. Daarbenewens het die groot vraag na steenkool in China en Indië tot gevolg dat plaaslike steenkoolprodusente hulle steenkool teen stewige pryse in die buiteland kan verkoop. Eskom ly hieronder omdat sy bedingingsmag in die proses verminder het. Dit kan die regering uiteindelik dwing om kwotas teen die uitvoer van steenkool in te stel. S


bedryfsnuus

Só woeker vakbond regdeur die land Deur Inge Strydom

Hoofkantoor • Solidariteit het op 23 Mei ’n erkenningsooreenkoms met die Zuid-Afrikaans Hospitaal (ZAH) in Pretoria gesluit. • Op 24 Mei het die vakbond ’n loongeskil in die petroleumsektor van die NBCCI verklaar, nadat loononderhandelings met werkgewers in dié sektor ná twee rondtes tot stilstand gekom het. Solidariteit het vir ’n 15%-loonverhoging oor ’n tydperk van een jaar onderhandel, terwyl die werkgewers vir ’n driejaarooreenkoms onderhandel het. Die geskilrondtes in die bedryf was teen druktyd nog nie afgehandel nie. Solidariteit verteenwoordig nagenoeg 6 500 lede in die petroleumsektor.

Vaaldriehoek

• Solidariteit kon vroeër vanjaar daarin slaag om te verhinder dat 12 van sy lede by

Vesuvius in Vanderbijlpark hul werk verloor. Die vakbond is op 19 Maart in kennis gestel dat dié maatskappy met afleggings gaan begin nadat ’n artikel 189-kennisgewing ontvang is.Twee werknemers het vrywillige skeidingspakkette aanvaar en die maatskappy verlaat. Geen van Solidariteit se lede by dié maatskappy is onder dwang afgelê nie. • Die eerste loononderhandelings by Gelita SA in Krugersdorp het op 23 Mei plaasgevind. Solidariteit het aanvanklik ’n loonverhoging van 10% geëis, waarna die werkgewer 5,5% aangebied het. Solidariteit het hierna sy eis na 8,5% verlaag, wat die werkgewer ook verwerp het.Teen druktyd was onderhandelings steeds aan die gang. • Solidariteit het op 17 Mei met die eerste loononderhandelings by Riverside Mica in Vanderbijlpark begin.Teen druktyd het Solidariteit ’n loonverhoging van 10% geëis terwyl die werkgewer ’n verhoging van 5% aangebied het. • Die tweede rondte van vanjaar se loononderhandelings in die nywerheidschemi-

kalieësektor van die Nasionale Bedingingsraad vir die Chemiese Bedryf (NBCCI) het op 21 Mei afgesluit en ’n loongeskil is verklaar. Die werkgewers se aanbod aan Solidariteit en Sacwu was teen druktyd 6% terwyl dié vakbonde ’n verhoging van 9,5% gevra het. • Solidariteit en Sasol Wax in Sasolburg het op 24 Mei ’n erkenningsooreenkoms onderteken. Die ooreenkoms is op werknemers in die MSP- en SP-kategorie van toepassing.

Wes-Kaap

• Solidariteit het ’n loonverhoging van 8% vir 149 van sy lede by Afrimat in die Wes-Kaap beding. Die vakbond het aanvanklik ’n verhoging van 10% geëis terwyl die werknemer slegs 6% aangebied het. Ná onderhandelings wat sowat drie maande geduur het, het die werknemer besluit om sy aanbod met 2% te verhoog. Die ooreenkoms is vir een jaar geldig. S

“No whites!” Nokia Siemens says with employee share scheme By Nico Strydom & Cilleste van der Walt

Nokia Siemens Networks (NSN) was recently in a pickle about its new employee share ownership scheme.The ownership scheme amounts to both unfair labour practice and discrimination on the basis of race, according to Solidarity. This comes after NSN’s announcement that it has transferred 13% of its shares to a newly established NSN employee black economic empowerment trust.The company’s criteria are that only black employees who have been working for the company for more than 24 months, who are employed on post grade 11 or higher and whose performance assessment is on an adequate level are eligible for shares. Solidarity wasted no time in lodging a grievance concerning the matter with the company in June. Dirk Groenewald, head of Solidarity’s

Labour Court Division, said that in terms of the Labour Relations Act, these conditions represented unfair labour practice with respect to the provision of benefits as well as unfair discrimination on the basis of race in terms of the Employment Equity Act (EEA). Groenewald said employees on all job grades should be eligible for the same benefits. “NSN’s actions are disadvantaging all employees on post grades 10 and lower and amount to unfair labour practice regarding the provision of benefits in terms of the Labour Relations Act.” Despite the disadvantages of this move for all employees on post grade 10 and lower, Rufus Andrew, Managing Director of Nokia Siemens Networks South Africa, said in recent reports that the company looked forward to welcoming more and more employees to the trust.

“This announcement demonstrates our commitment to our employees and South Africa”, he added. Furthermore, the company’s actions also constitute unfair discrimination on the grounds of race in terms of the EEA.The aim of the EEA is the implementation of effective ‘affirmative action measures’. NSN’s employee share ownership scheme is clearly not an affirmative action measure as intended by the EEA, as it is not aimed at promoting employment equity opportunities or equitable representation.The share ownership scheme is nothing but an instrument to secure financial benefits for a certain section of the company’s labour force. Because only black people may acquire shares, it means that white people, who are already disadvantaged by affirmative action, will now be financially disadvantaged as well. S www.solidariteit.co.za • 04/2012

31


industrynews

Denel Dynamics in a nutshell

Denel Dynamics is a division within the Denel Group and is a leader in systems technology. The core business covers tactical missiles, precision-guided weapons and unmanned aerial vehicles.The business is situated in Irene, near Pretoria and employs approximately 800 people (70% of its employees are technically highly qualified). Denel Dynamics has successfully developed, produced, integrated and supported electronic and mechanical engineering systems since 1963, establishing a sound technology base and infrastructure along the way.

Victory in fight against affirmative action

T Photographs: Reint Dykema & iStockphoto.com

By Nico Strydom

32

he Labour Court ruled in Solidarity’s favour by ordering Denel Dynamics to permanently appoint a member of the union retroactively as of 10 February 2011 following 24 months of service as a contract worker. Solidarity cautioned companies to stop denying white employees permanent positions while they are waiting to appoint affirmative action candidates. Ansie van Niekerk was appointed seven times in continuous fixed-term contracts over the period 9 February 2009 to 28 February 2011. After 24 months’ employment as a contract worker in the position of senior secretary, she applied for permanent positions on three occasions. She was overlooked each time owing to affirmative action. She was not even invited to an interview after her third application, even though she met all of the job requirements. Denel breached its own employment policy in the process, according to Solidarity. The position involved supporting three electronic engineering departments with some 40 engineers and technicians as well as three line heads. “Denel Dynamics’s conditions of service clearly state that employees appointed on a

04/2012 • www.solidariteit.co.za

Dirk Groenewald contractual basis for more than 24 months should, after this period, be appointed permanently,” said Dirk Groenewald, Head of Solidarity’s Labour Court Division. Between 9 February 2009 and 28 February 2011, Van Niekerk was appointed seven times in consecutive fixed-term contracts: 9 February 2009 to 9 May 2009; 10 May 2009 to 30 August 2009; 1 September 2009 to 31 December 2009; 1 January 2010 to 30 April 2010; 1 May 2010 to

31 August 2010; 1 September 2010 to 31 January 2011; 1 February 2011 to 28 February 2011 – but never permanently. Meanwhile an external candidate, a black woman, was appointed to the position although, according to the company’s policy, internal candidates were to be given preference. “Even thoughVan Niekerk matched the requirements for the position she was not appointed, solely on the grounds of her skin colour.” Groenewald said that appointing white employees on a contractual basis in order to wait for affirmative action candidates amounts to unfair discrimination and, moreover, the white employees ultimately have to be appointed permanently, as in this case. “Judge André van Niekerk ordered Denel Dynamics to adhere to its conditions of service concerning temporary hourly employees and to appoint Van Niekerk retroactively as a senior secretary, or in a similar position. Denel Dynamics was also ordered to pay the costs of the proceedings.” This case is one of more than 20 cases that Solidarity has instituted against government departments and parastatals regarding the unfair implementation of affirmative action. S


bedryfsnuus

KORTLIKS

Foto’s: iStockphoto.com

SA het hoogste OTM-koste

Luidens ’n opname deur die konsultasiemaatskappy Accenture is Suid-Afrika se bankkoste die hoogste uit 27 lande. Suid-Afrika se kontantonttrekkingskoste, wat gemiddeld R38,44 per transaksie beloop, is die hoogste van al die lande wat aan die opname deelgeneem het. Uit die 27 lande hef 18 lande geen fooi vir onttrekkings by kitsbanke nie, terwyl 14 van die lande se banke gratis onttrekkings by takke aanbied. Ten spyte van ons land se hoë bankkoste is 38% van SuidAfrikaners egter tevrede met hul banke.

Al meer gesinne huur nou

Luidens die Payprop-huurindeks vir Junie besit al minder Suid-Afrikaanse gesinne hul eie huise.Tans besit 62% van alle Suid-Afrikaners huise, teenoor 70% ’n paar jaar gelede. Luidens dié indeks het die toename in die aantal huurders huurinkomste egter nie beduidend verhoog nie, aangesien dit die afgelope jaar met slegs 4,5% toegeneem het. Volgens Louw Liebenberg, uitvoerende hoof van Payprop, kan verhuurders nie hul huurgeld met meer as die inflasiesyfer verhoog nie, aangesien verbruikers reeds finansieel noustrop trek.

RFD se syferstruikeling skok

Die Raad op Finansiële Dienste (RFD) het ’n opskudding veroorsaak met die bekendmaking van foutiewe statistiek oor die aantal finansiële raadgewers en makelaars wat die verpligte eksamen vir die finansiëledienstebedryf moet aflê. Die RFD het aanvanklik in April gesê dat 63 368 van die ongeveer 107 000 verteenwoordigers van finansiëlediensteverskaffers reeds die eksamen afgelê het. Intussen het die RFD dié syfers aangepas – slegs 51 790 verteenwoordigers het teen einde April reeds die eksamen afgelê.


industrynews

Be a ‘Handy Andy’ with these must-haves

Engineers are often expected to be able to fix anything that breaks or needs to be serviced, only to be caught off-guard without the necessary equipment to help friends and family when their toaster breaks or their car won’t start.The good news is that there are many different gadgets on the market that can provide you with the basic equipment you need to maintain your reputation as a handy, well-equipped engineering genius! By Inge Strydom

2

LIGHT in the tunnel – and it’s Leatherman!

1

Engineers often need to crawl into dark spaces to repair or service something. Make it easier for yourself by keeping a good flashlight on your person.There are a wide variety of interesting flashlights available on the market.The MONARCH LED LIGHTS BY LEATHERMAN feature an impressive output and steady exterior. Prices range from R199 to R489.

The writing is on (any) wall

4

As an engineer, you may often be required to work in harsh conditions outdoors.Therefore, you’ll need a pen that works in all types of weather without any hassle. The Inka Pen is ideal for engineers, since it is designed to write under water, at any altitude, in extreme temperatures and at any angle. Price: R245.

No more loose ends

The Picquic is a multi-screwdriver with storage space for extra bits that can be substituted for the existing one. It is a very useful tool that can be carried along everywhere you go and offers you the luxury of having a variety of different screwdrivers all in one. Perfect for any engineer! Price: R159. 34

04/2012 • www.solidariteit.co.za

3

Small and sharp!

The CardSharp is an impressive, super sharp utility knife that is the size of a credit card.The knife weighs only 13 g and can be used as a DIY tool, as a kitchen utensil, and even on fishing and hunting trips. Impress your boss, wife and friends. Price: R169.


industrynews

Why you should plan for retirement

I

Photograph: iStockphoto.com

By Cilleste van der Walt

t is difficult to make it a priority to save for your retirement when you have to scrape by and struggle to make ends meet every month.That’s when you tend to ignore the fact that it is imperative to save for your future. It may feel like a lifetime away, but when you consider that you could be retired for a third of your life if you live to be 90 years old and combine that with the fact that you would only have started earning money from your mid 20s it doesn’t leave a lot of time to save money in between. A properly structured retirement savings plan is very important and there are plenty of specialists out there to help you get the most from what you are earning now. The problem lies in the fact that most people still don’t believe in saving for their old age. Here are five reasons why you should have a retirement plan: • We live longer. Most of us will live long past our retirement age thanks to advances in medical science over the past few years. Statistics show that there was a 20% increase in the number of people living past the age of 65 from 1985 to 2010. • The sooner you start the better. For example, if you start saving in your 20s, you need to put aside about 10% of your annual salary; if you start in your early 40s, the percentage goes up to 30%. Some experts estimate that you need 75% of your current salary to maintain your present lifestyle after retirement. • Rising cost of living. If you live for at least 25 more years after you have retired and want to retain the same purchasing power, your income must keep up with inflation and make provision for expected higher medical expenses. • Emergencies. What if something goes wrong? This may be the last thing you want to consider, but unexpected home or car repairs, for example, can be very expensive. By planning for this type of event you will be prepared should the unthinkable happen. • Enjoying your retirement. You are retired and have all the time in the world on your hands.You may want to start a new hobby or travel the world, but these things cost money and will only be possible if you plan ahead.

Retirement myths quashed You are old at age 65 Turning 65 no longer means you are officially old; instead, it is now only considered to be the beginning of middle age. It is therefore critical to keep your mind active so you will stay young.

Space needed for young generation at work With fewer skilled employees entering the workplace in the place of those who retire, there is a danger of losing essential knowledge if everyone who reaches retirement age should actually choose to stop working.

Leisure activities more fulfilling than work Many people who go from 100 to 0 after they retire become physically and psychologically ill. If you truly enjoy working, don’t stop altogether but rather continue working for a few hours per week and pursue meaningful interests outside of work.

Younger people are better employees Employees with more work experience are more productive and less likely to be absent then their younger counterparts.The more experienced employees also make fewer mistakes and they have the necessary wisdom to deal with the challenges of the workplace. S www.solidariteit.co.za • 04/2012

35


bedryfsnuus

Verstaan jou kleurvolle kollegas beter

H

Foto: iStockphoto.com

Deur Cilleste van der Walt

36

et jy al ooit heimlik gewonder of ’n kollega dalk van ’n ander planeet af kom? Kollegas wat jy eenvoudig nie kan verstaan nie. Jy verstaan nie hoekom die persoon optree soos hy optree nie, en jy verstaan ook nie hoekom sy dink wat sy dink nie. Volgens Lynette Beer, ’n motiveringspreker met ’n sterk korporatiewe agtergrond, gebeur dit meer gereeld as wat mense dink.“Ons almal weet dat ons verskil, dat elkeen uniek is, maar as ons mekaar net daardie titseltjie beter kon verstaan, kan dit ’n deur na ’n nuwe lewe ontsluit,” verduidelik sy. Beer hou vol dat die wegspringplek van ’n beter verstaan van ander die regte verstaan van die verskille tussen temperament, karakter en persoonlikheid is.“Temperament is die genetiese kombinasie van eienskappe waarmee jy gebore word. Dit is die manier waarop mense reageer wanneer hulle skrik – dit is ’n outomatiese en ingeboude manier van optree. Karakter is ons ‘beskaafde’ temperament – wanneer jy jou swak eienskappe in jou aangebore temperament onder beheer begin kry – en persoonlikheid is die beeld wat ons aan ander mense voorhou; daardie iemand wat jy graag wil hê ander moet dink jy is – jou masker,” sê Beer. Baie mense word moedeloos wanneer hulle hoor dat temperament ingebou en ingebore is. “Net omdat jy met ’n sekere temperament gebore is, beteken nie dat jy vir ewig met jou minder goeie eienskappe opgeskeep gaan sit nie. Ons mag nooit agter ons temperament skuil of, erger nog, ons kollegas afskryf as iemand met wie ons nooit oor die weg sal kom nie. God het die mens wonderlik gemaak – met die vermoë om te kies om te verander.” As jy egter kan agterkom met watter temperament jou kollega gebore is, sal jy baie beter verstaan hoekom hy dinge doen soos hy dit doen en waarom sy optree soos sy optree. Mense se temperament kan in vier hoofgroepe (rooi, blou, groen en geel) verdeel word, maar Beer beklemtoon dat niemand se temperament 100% net in een van dié groepe val nie. Ons is almal ’n kombinasie van dié vier kleure, maar een kleur neig maar altyd om dominant te wees. As jy weet watter kleur jy is, kan jy begin werk aan daardie minder goeie eienskappe wat dalk in die pad van ’n goeie verhouding met jou kollega staan.

04/2012 • www.solidariteit.co.za

(Perfekte) Blou

Blou mense wil dinge graag reg doen. Hulle is georganiseerd, stel duidelike doelwitte, handhaaf hoë standaarde, is analities en gesteld op prestasie. Hulle is egter geneig om maklik depressief te raak, bestee baie tyd aan voorbereiding, is soms té gefokus op detail, onthou eerder negatiewe gebeure en is soms agterdogtig oor mense. Blou mense moet daarop let om nie die lewe té ernstig op te neem nie en moet versigtig wees om nie van ander te verwag om ook perfeksionisties te wees nie. Blou mense kan gewoonlik uitgeken word aan hulle ernstige en sensitiewe natuur, goedgemanierde benadering, self-minagtende aanmerkings, noukeurigheid en goedversorgde voorkoms.

(Populêre) Geel

Geel mense wil graag pret hê. Hulle het gewoonlik borrelende persoonlikhede, is optimisties, het ’n sin vir humor en praat maklik met mense. Hulle is egter dikwels ongeorganiseerd, kan nie detail of name onthou nie, is geneig om te oordryf en vertrou dat ander die werk sal doen as hulle nie daarby uitkom nie. Hulle is baie kreatief en optimisties, praat hard en hou van geselsies. Geel mense moet let op hulle organisasievermoë en ander ook kans gee om saam te gesels.

(Magtige) Rooi

Rooi mense wil graag in beheer wees. Hulle het baie selfvertroue en kan vinnig en korrek oordeel maar is dikwels baasspelerig, dominerend, outokraties, onsensitief en ongeduldig. Hulle gee ook nie maklik aan

ander krediet nie. Rooi mense het ’n ongelooflike vermoë om in ’n kort tyd baie dinge te verrig. Hulle moet daarop let om ander ook toe te laat om besluite te neem en meer geduldig te wees.

(Vredevolle) Groen

Groen mense se grootste begeerte is om konflik te vermy en die vrede te bewaar. Hulle het gewoonlik ’n aangename persoonlikheid, is gebalanseerd en kalm en het ’n droë sin vir humor. Groen mense is egter nie baie beslis nie, kom nie baie geesdriftig en energiek voor nie en het ’n wil van staal. Hulle is uitstekende mediators en goeie probleemoplossers. Groen mense moet daarop let om duidelike doelwitte te stel en meer selfgemotiveerd te word. S


W

Deur Nico Strydom

erkplekforums, soos gereguleer deur hoofstuk 5 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, is enersyds die magtigste wapen vir vakbonde in die wet maar andersyds die instrument wat die minste benut word. ’n Werkplekforum verplig die werkgewer tot ’n lang lys van verpligte konsultasie waaronder herstrukturering in die werkplek en ’n korter lys van verpligte gesamentlike besluitneming waaronder dissiplinêre kodes. Ondanks die waarde hiervan is daar minder as 20 werkplekforums in die land. Die doel van ’n werkplekforum is om kollektiewe bedinging aan te vul deur die gemeenskaplike oplossing van probleme. Die werkplekforum verteenwoordig nie slegs vakbondlede nie, maar die totale werkmag. Dit gee aan werknemers die geleentheid om met die

werkgewer te konsulteer en deel van die besluitnemingproses te wees. Volgens Zirk Gous, ’n organiseerder by Solidariteit, is werkgewers dikwels gekant teen werkplekforums aangesien hulle bekommerd is oor die moontlike vertraging in besluitneming wat dit tot gevolg kan hê. “Bestuur beskou werkplekforums dikwels ook as ’n bedreiging vir sy ‘bestuursdiskresie’. Dit is ’n magtige wapen in die hande van vakbonde, maar daar word tans nie genoeg daarvan gebruik gemaak nie.” Solidariteit het onlangs ’n ooreenkoms bereik met ATNS, wat verantwoordelik is vir lugverkeersdienste in Suid-Afrika, vir die implementering van ’n werkplekforum. ’n Werkplekforum kan gestig word by ’n maatskappy waar daar 100 of meer werknemers

is en deur ’n vakbond wat die volstrekte meerderheid van personeel in ’n maatskappy verteenwoordig. ’n Aansoek om die instelling van ’n forum word aan die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) gerig. Die KVBA sal dan ’n kommissaris aanstel om die vakbond en werkgewer te help om ’n forum by wyse van ’n kollektiewe ooreenkoms of ingevolge wetgewing in te stel. ’n Werkplekforum kan egter nie onderhandel rakende lone en loonverwante kwessies nie en kan ook nie staak nie: Hierdie funksies bly dié van die vakbond ingevolge ’n erkenningsooreenkoms. Die erkenningsooreenkoms en die werkplekforum is twee afsonderlike strukture, maar sal mekaar uitstekend aanvul in die beskerming van die belange van lede in die werkplek. S

bedryfsnuus

Werkplekforums is nie ’n bedreiging


promosie

Betaaldag wink vir 2,5 miljoen mense

D

ie reuse-taak om meer as ’n miljoen uitbetalings aan meer as 400 000 voormalige lede van die metaal- en ingenieursbedryf se aftreefondse, die Ingenieursindustrieë Pensioenfonds (EIPF) en die Metaalindustrieë Voorsorgfonds (MIPF) te doen, is goed op dreef. Meer as 2,5 miljoen mense sal waarskynlik kan voordeel trek uit dié surplusverdeling se uitbetaling van ongeveer R35 miljard.

Ek dink ek moet ’n uitbetaling ontvang! As jy wonder of jy wel voordeel uit hierdie surplusverdeling kan trek, moet jy die MIBFA-navraaglyn by 0861 50 44 55 skakel. Indien jy vir die uitbetaling in aanmerking kom, moet jy registreer. Watter inligting het ek nodig om te registreer? • Identiteitsdokument • Pos- en woonadres • Kontaknommers • Voordeleverklaring • Lidmaatskapkaart of salarisstrokie • Besonderhede van vorige werkgewers en werktermyne.

Foto: iStockphoto.com

Watter inligting is nodig vir my uitbetaling? • ’n Gewaarmerkte identiteitsdokument • ’n Oorspronklike brief van die bank wat die lid se bankbesonderhede bevestig • Pos die dokumentasie aan MIBFA by Privaatsak X11, Marshalltown, 2107 (slegs oorspronklike dokumente is aanvaarbaar). Elke lid is self daarvoor verantwoordelik om seker te maak dat die korrekte inligting vir die uitbetaling aan MIBFA verskaf word.Veranderings in bankbesonderhede wat nie aan MIBFA deurgegee word nie, sal uitbetalings vertraag.

38

Wanneer kan ek my uitbetaling verwag? Pensioenarisse wat op 31 Maart 2008 lede van die EIPF was en die surplusregistrasieproses gevolg het, se verhogings is goedgekeur en hulle lompsomuitbetalings is reeds voltooi. Voormalige lede van die MIPF en EIPF sal binnekort skriftelik in kennis gestel word van die uitbetalings wat hulle kan verwag. Dié betalings sal na verwagting reeds voor die einde van 2012 afgehandel word. Intussen word huidige lede skriftelik van hul surplusse in kennis gestel en dit sal by hul huidige pensioen- of voorsorgfondse gevoeg word. Vanweë die groot aantal uitbetalings wat gedoen moet word, is dit nie moontlik om vir elke lid ’n presiese uitbetalingsdatum te gee nie. • Vir meer inligting, besoek www.mibfa.co.za of skakel MIBFA by 0861 50 44 55. 04/2012 • www.solidariteit.co.za

Are you one of the 2.5 million people?

MIBFA, a non-profit organisation, was established in 1994 with the sole purpose of managing the metal and engineering industry’s benefit funds. More than 2.5 million people stand to benefit from the surplus apportionment of R35 billion of the Engineering Industries Pension Fund (EIPF) and the Metal Industries Provident Fund (MIPF). Who can benefit? • Former members who were members of the MIPF from 1 May 1991 to 31 March 2008 • Former members who were members of the EIPF from 1 January 1980 to 31 March 2008 • Those persons who were active members on 31 March 2008 • Pensioners who were EIPF members on 31 March 2008 • Members who still had benefits in the fund on 31 March 2008 and who have not yet been paid out.


Surplus Apportionment & DataVerification Exercise Due to amendments to the Pension Funds Act in 2007, you may be eligible for a payment. MIBFA would like anyone who is a member, a pensioner or a former member of the funds (or their predecessor funds) to contact them to ensure that they have on record the correct contact details of all members. MIBFA is also taking this opportunity to find and pay any former members who did not take their benefits which were entitled to them upon leaving the industry.

HAVE YOU WORKED IN THE METAL INDUSTRIES? ARE YOU OR WERE YOU A MEMBER OF THE: • Metal Industries Provident Fund (MIPF) • Engineering Industries Pension Fund (EIPF)

Then you need to contact MIBFA! Have the following on hand when contacting MIBFA: • Identity number (new and old); • Postal and home address; • Contact telephone number and/or cellphone number; and • Documents such as a benefit statement, a membership card or a salary slip.

0861 50 44 55 www.mibfasurplus.co.za

There is no registration fee to contact MIBFA.You are advised not to pay any third parties to assist you in replying to the funds. The entire process is expected to take at least 18 months to complete. Membership or former membership of one of these funds does not necessarily mean you will be entitled to benefit from the funds.


industrynews

Ensuring safety in chemical industry

P

Photograph: iStockphoto.com

Our chemical industry is the largest of its kind in Africa and also a key driver of economic growth.This puts great emphasis on implementing responsible Product Stewardship programmes, writes Cilleste van derWalt.

40

roduct stewardship covers all stages of a product’s lifecycle – initial concept, design, research and development, the sourcing of raw materials, manufacturing, storage, distribution, applications, reasonably foreseeable uses, recycling and disposal. The safe use of chemicals in every stage of the value chain extends across the country borders; this is a result of the ongoing safety concerns associated with the manufacturing and use of chemicals.The chemical industry developed an initiative known as Responsible Care, which has become the ethical basis for this global industry. The aim of Responsible Care is to continuously improve health, safety and environmental standards in the chemical industry. To this end the South African operation, run by the Chemical and Allied Industries’ Association (CAIA), hosted two Product Stewardship workshops.These workshops respectively took place in Johannesburg on 7 June and in Durban on 8 June. “Companies of all sizes can play their part in protecting people and the environment from potential harm,” says Responsible Care Manager, Louise Lindeque.“Although companies are technically liable only for that part of the supply chain that they themselves manage, they need to be concerned with everything that happens to their products from start to finish.” “Product stewardship helps the industry to identify potential risks at an early stage so that it can be managed along the supply chain. It also helps us to anticipate and meet new demands for innovative, environmentally-sustainable products,” says Lindeque. She urges professionals of companies who are in management and operations to get equipped to ensure the safety of all South Africans.“Through adequate information on the safety conditions for the use of chemicals, understandable communication along the value chain and innovation and transparency on the future of our products after use, we will build trust and contribute to the sustainable development of our planet.” Solidarity has a seat on the board of Responsible Care’s Voluntary Advisory Forum (VAF), which facilitates dialogue between various organisations and interest groups in South

04/2012 • www.solidariteit.co.za

Companies of all sizes can play their part in protecting people and the environment from potential harm.

~ Responsible Care Manager, Louise Lindeque ~ Africa. CAIA communicates public concerns on health, safety and environmental issues to the Association directly, in order to promote continuous improvement in the health, safety and environmental performance of the South African chemical industry.The Forum comprises a maximum of 16 permanent representatives drawn from organisations outside the chemical industry e.g. academic institutions, NGOs and unions like Solidarity. The VAF meets twice per annum and conveys the views of the Forum members and

their organisations about the way they perceive the chemical industry.They provide input on public concerns regarding the association and on member company communication with the public.The Forum brings regional problems to the CAIA’s attention and encourages Community Awareness and Emergency Response (CAER) committees to liaise with CAIA/Forum members and raises issues of international standards and best practices that may impact on health, safety and the environment as well as any other related issues. S


inbeweging


jy & die Reg

Stuur jou regsvrae na: Jy & die reg, Posbus 11760, Centurion 0046; stuur ’n e-pos na diens@solidariteit.co.za; of ’n faks na 012 664 1102.

deur Johan Roos

Ongeskiktheid: Wat is werkgewer se plig?

Foto: iStockphoto.com

VRAAG Ek kan moontlik op grond van ongeskiktheid ontslaan word. Wat is my werkgewer se verpligting teenoor my?

42

ANTWOORD Om dié vraag te beantwoord moet ons kyk wat bylae 8 van die Wet op Arbeidsverhoudinge (Wet 66 van 1995) sê. Ongeskiktheid op grond van swak gesondheid of besering kan tydelik of permanent wees. Waar ’n werknemer tydelik nie daartoe in staat is om in hierdie omstandighede te werk nie, moet die werkgewer die omvang van die ongeskiktheid of besering ondersoek. Indien die werknemer waarskynlik afwesig sal wees vir ’n tydperk wat in die omstandighede onredelik lank is, moet die werkgewer alle moontlike alternatiewe buiten ontslag ondersoek. Wanneer alternatiewe oorweeg word, sou as tersaaklike faktore in ag geneem kon word: die aard van die werk; die tydperk van afwesigheid; die erns van die siekte of besering; en die moontlikheid om ’n tydelike plaasvervanger vir die siek of beseerde werknemer te kry. In gevalle van 04/2012 • www.solidariteit.co.za

permanente ongeskiktheid moet die werkgewer die moontlikheid van alternatiewe diens of die aanpassing van die pligte of werkomstandighede van die werknemer ondersoek ten einde die werknemer se ongeskiktheid te akkommodeer. In die proses van die ondersoek bedoel in subartikel (1) behoort die werknemer die geleentheid gebied te word om aangehoor en deur ’n vakbondverteenwoordiger of medewerknemer bygestaan te word. Die graad van ongeskiktheid is tersaaklik ter bepaling van die billikheid van enige ontslag. Die oorsaak van die ongeskiktheid kan ook tersaaklik wees. In die geval van sekere soorte ongeskiktheid, byvoorbeeld alkoholisme of dwelmmisbruik, sou berading en rehabilitasie toepaslike stappe kon wees wat ’n werkgewer kan oorweeg. Besondere oorweging moet gegee word aan werknemers wat by die werk beseer word of wat as gevolg van werkverwante siektes ongeskik vir diens word. Die howe het aangedui dat die werkgewer se plig om die ongeskiktheid van die werknemer te akkommodeer, in hierdie omstandighede swaarder weeg. Ingevolge bylae 8 van die Wet op Arbeids-

verhoudinge (Wet 66 van 1995) moet die volgende stappe gevolg word om ontslag prosedureel regverdig te maak.

Riglyne in gevalle van ontslag weens swak gesondheid of besering (1) Iemand wat moet bepaal of ’n ontslag weens swak gesondheid of besering onbillik is, moet in ag neem – (b) of die werknemer daartoe in staat is om die werk te verrig, al dan nie; en (c) waar die werknemer nie daartoe in staat is nie – (i) die mate waarin die werknemer wel in staat is om die werk te verrig; (ii) die mate waarin die werknemer se werkomstandighede aangepas kan word ten einde die ongeskiktheid te akkommodeer of, waar dit nie moontlik is nie, die mate waarin die werknemer se pligte aangepas kan word; en (iii) die beskikbaarheid van enige geskikte alternatiewe werk. S


kry die krag van die WET aan jou kant – 24 uur per dag X

Solidariteit

REGSHULPVERSEKERING UNIEKE KENMERKE*

• Telefoniese regshulp – 24 uur per dag • Regsverteenwoordiging ter waarde van R40 000 per jaar • Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie

’n Prokureur tot jou diens teen slegs R77 per maand!* Skakel ons vandag nog by

aksent media • 082 445 4513

0861 765 734

* Bepalings en voorwaardes geld

Solidariteit Beweging

Geadministreer deur Legal X, ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste (FSP-nommer: 5277)

Solidariteit Finansiële Dienste ’n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556


bedryfsnuus

Behou vaardighede ondanks verandering

E Foto: iStockphoto.com

Deur Cilleste van der Walt

44

migrasie is ’n onderwerp wat met toenemende kommer bespreek word. Aan die een kant skep die moontlikheid van emigrasie rusteloosheid onder SuidAfrikaners; aan die ander kant is die vaardigheidstekort en inheemse werkloosheid of onderindiensneming in Suid-Afrika ’n wesenlike probleem. Daar is tans meer mense wat uit Suid-Afrika emigreer as mense wat vanuit ander lande hierheen immigreer.Van die algemeenste bestemmings waarheen Suid-Afrikaners emigreer, is die VSA, die Verenigde Koninkryk, Kanada en Australië. Hierdie lande het ’n konstante invloei van Suid-Afrikaners met tersiêre opleiding en uitstekende entrepreneuriese vaardighede. Dié Suid-Afrikaners se ekonomiese doeltreffendheid en mededingendheid het die potensiaal om ’n kardinale rol in die land se vooruitgang te speel. Wat dryf mense om uiteindelik te emigreer? In die afgelope paar jaar het dit duidelik geword dat daar toenemende onsekerheid is oor

04/2012 • www.solidariteit.co.za

veiligheid in die land, asook oor die rigting wat die land besig is om in te slaan.Volgens die SuidAfrikaanse Instituut vir Rasseverhoudings (SAIRV) het meer as ’n miljoen wit Suid-Afrikaners tussen 1995 en 2005 die land verlaat. Die meeste van dié mense is onderwysers, verpleegsters en rekenaartegnici wat ’n tuiste in Europa en Australasië gaan soek het. In tye van verandering soos die afgelope paar jaar wat gekenmerk word deur onder meer die hoë emigrasiesyfer, is daar steeds groepe wat daarna streef om Suid-Afrika ’n vooruitstrewende land te hou. Die bekendstelling van die Solidariteit Beweging is ’n bewys hiervan. Instellings soos die Solidariteit Beweging maak daadwerklike planne vir die leemtes wat emigrante in ons land laat en opleiding van ons jongmense is bo aan die lys. Een van die grootste kommernisse is die gehalte van onderwys in Suid-Afrika. Die ROF (Rapport Onderwysfonds), deel van die Solidariteit Helpende Hand Beursfonds, is ’n projek

wat help met die finansiering van onderwysstudente sodat die beste onderwysers opgelei kan word om gehalteonderrig te verseker. Dan is daar ook Sol-Tech wat jongmense in verskeie ambagte oplei en Akademia wat verdere studies in verskeie rigtings aanmoedig. “Ons glo dat ons deur die Solidariteit Beweging-bouplan die burgerlike samelewing in Suid-Afrika sal versterk. Ons wil deur ’n netwerk van kragtige instellings vir ons lede en hul gemeenskappe ’n toekoms skep sodat hulle blywend, vry, veilig en voorspoedig in Suid-Afrika kan leef. Die Solidariteit Beweging gaan ook aktief uitreik na ander burgerlike instellings om sodoende kulturele vryheid, die regsorde, demokrasie en die Grondwet te beskerm,” het Flip Buys, uitvoerende hoof van die Solidariteit Beweging, gesê. Selfdoenprojekte soos dié word onderneem om Suid-Afrika se toekoms blink te maak en stadig maar seker die vertroue in ons land terug te wen. S


E Photograph: iStockphoto.com

By Cilleste van der Walt

ver had one of those never-ending days at work where you catch yourself imagining what it would be like to have someone else’s job – the type of job that offers lots of challenges, an adrenalin rush and something new every five minutes? Some careers are definitely not for the faint-hearted, like a job as a smokejumper. If parachuting down to the centre of a raging fire doesn’t sound challenging enough, smokejumpers, who combat wild fires in remote locations, must also travel over risky terrain, carry heavy supplies on their backs, and be self-sufficient for days on end while they combat blazing fires. Unsurprisingly, the job requirements include a high level of fitness, mental stability, and extensive safety and technical training. Then there are jobs that most people simply don’t have the stomach for, like a podiatrist.

Podiatrists treat people’s feet by fixing toenails gone wrong, banishing plantar warts and cutting off bunions, amongst others. If your dream is to be a chef but with a twist, why not become a submarine chef? A senior sub-sea chef with more than six years’ experience earns the same salary as a junior admiral in the army. They prepare three hearty “comfort” meals a day for up to 58 people in the bowels of a steel pressure tube deep under the sea and only see daylight when the skipper decides that the ocean’s surface is calm enough and sufficiently “enemy-free“ for a barbecue on deck. During one six-month deployment on board the HMAS Rankin, the cooks prepared 22,000 meals in their small, steamy galleys. Other odd jobs to consider include being a full-time guinea pig, dog walker, hand model, mystery shopper, a magician’s assistant or an apology writer. S

industrynews

Consider a career you’ve never considered


bedryfsnuus

en liefde vir “sport’n Passie gaan in dié beroep saam soos pap en wors. ” ~ Beroepsrugbyspeler Franco van der Merwe ~

Word ’n plettervat-beroepsportman

Beroepsport in ons land het min bekendstelling nodig. Benewens die gedurige rondreis om aan kompetisies en wedstryde deel te neem, kry beroepsportmanne en -vroue baie geleenthede om nasionaal en internasionaal met belangrike netwerke te doene te kry en unieke kontakte op te bou.Vir baie klink dit soos ’n droom, maar beroepsport is nie iets wat sommer oornag in jou skoot val nie, skryf Karin Venter van Solidariteit Helpende Hand se Beroepsleidingsdiens.

Foto: iStockphoto.com

Moenie moed opgee nie Franco van der Merwe, slot van die Goue Leeus en nuwe toevoeging tot die Springbokspan, droom al sedert sy kinderjare van rugby en toe die geleentheid om ernstig te speel op universiteit oor sy pad kom, het hy dit met albei hande aangegryp.“’n Mens moet geduldig wees en hard werk om ’n geleentheid te kry, en natuurlik talent hê. Baie keer gee talentvolle spelers net te gou moed op,” sê Franco. Hy is in 2004 verkies vir Suid-Afrika se o.21-span. Jy kan nie besluit om skielik ’n sportster te word nie, meen Franco.

46

Skep geleenthede waar daar nie is nie Dr. Org Strauss, spandokter van die Blou Bulle, meen ook dat geleenthede soms onverwags opduik. Hy het op universiteit reeds as mediese dokter betrokke geraak by rugbyspanne vanweë sy groot belangstelling in dié sportsoort. Later is hy deur ’n voormalige kollega genader om by die Bulle betrokke te raak. Hy is ’n voorbeeld van 04/2012 • www.solidariteit.co.za

hoe ’n mens jou passie vir sport met jou aanleg en beroep kan kombineer.“As daar nie geleenthede is waar jy wil werk nie, maak geleenthede. Met jou natuurlike aanleg en goeie menseverhoudings kan jy altyd geleenthede skep.”

swem nie, sê Lyndon.“’n Mens moet nooit al jou eiers in een mandjie pak nie,” reken hy. “Sport het sy plek, maar jy moet tog studeer om seker te wees van ’n inkomste die dag wanneer jy jou swemkappie of rugbystewels ophang.”

Moenie al jou eiers in een mandjie pak nie Die bekende Suid-Afrikaanse swemmer Lyndon Ferns was deel van die aflosspan wat in 2004 ’n goue medalje by die Olimpiese Spele verower het. Hy was ook ’n lid van die swemspan wat in 2006 ’n goue medalje by die Statebondspele verower en boonop die rekord laat spat het. Lyndon het die geleenthede wat sport hom gebied het, met albei hande aangegryp om van sy lewe ’n sukses te maak. Hoewel hy in die buiteland aan sy swemloopbaan gaan werk het, het hy steeds tyd gemaak om te studeer. Sy kwalifikasie gee hom die gemoedsrus en versekering dat hy in die toekoms iets sal hê om op terug te val as hy nie meer professioneel kan

Wees bereid om opofferings te maak Hierdie mening word gedeel deur Franco van der Merwe,‘n professionele rugbyspeler wat sy honneursgraad in menslike hulpbronne verwerf het voor hy sy rugbyloopbaan afgeskop het. Nog iets wat beroepsportlui se loopbane onderskei van dié van hul eweknieë in ander beroepe, is die feit dat hul grootste werkdag gewoonlik op ‘n Saterdag is – die dag waarop die res van Suid-Afrika luilekker voor die televisie lê en ontspan. “Naweke is nooit weer jou eie nie. Professionele sport gaan gepaard met baie opofferings,” sê hy.“Dit is egter alles die moeite werd. ’n Passie en liefde vir sport gaan in dié beroep saam soos pap en wors.” S


in Beweging

Nuus oor al die organisasies wat deel van die Solidariteit Beweging vorm.

Kosblikkieprojek bewaarheid ma se droom

L

Deur Juanita du Preez

ucy Bouwer (30) het nog altyd daarvan gedroom om ’n kleuterskoolonderwyseres te word. Maar haar omstandighede het in die pad van hierdie droom gestaan. Totdat sy van Solidariteit Helpende Hand se dagmoederopleiding, wat deel van die Kosblikkieprojek is, gehoor het. In 2010 het Helpende Hand die eerste keer dagmoederopleiding aangebied vir vroue in die weste van Pretoria. Met dié opleiding het Lucy geleer hoe om kinders te hanteer as hulle baklei of seerkry en hoe om speelgoed uit amper niks te maak. Dié opleiding was vir haar groot pret en baie stimlerend. Lucy het ook geleer hoe om te werk te gaan om haar eie dagsorgsentrum oop te maak. Sedert sy die skool verlaat het, het sy gereeld tydelike werk gedoen om haar seuntjie (nou 5

jaar oud) te onderhou. Maar haar droom om met kinders te werk, het gebly en toe sy die geleentheid kry om die dagmoederopleiding te ondergaan, was sy in ekstase. Ná die opleiding het Lucy gereeld begin uithelp by die Beyers Bytjies-kleuterskool waar haar seuntjie ingeskryf is. Sedert Februarie is sy permanent by die kleuterskool as ’n kleuterskoolassistent aangestel. “Ek het baie hard en lank vir hierdie geleentheid gebid,” sê Lucy. “Die lewe is nou nie noodwendig makliker nie, maar ek kan iets doen waarvoor ek lief is. Dis nie ’n werk nie, maar ’n roeping.” Hoewel Lucy steeds sukkel, is sy “op pad boontoe”. Haar nuwe droom is om die beste vir haar seuntjie en ander kinders te kan gee.“Dis belangrik om altyd dáár te wees vir die kinders, sodat hulle weet daar is iemand wat omgee.” S

Lucy Bouwer leef nou haar droom uit as kleuterskoolassistent by die Beyers Bytjies-kleuterskool.

Só help ons oud en jonk om hul volle potensiaal te verwesenlik

Foto’s: Juanita du Preez & iStockphoto.com

Deur Dr. Danie Brink

48

Wanneer ek by ’n biblioteek se inligtingstoonbank ’n bestelling probeer plaas vir ’n hamburger en skyfies, gaan ek teleurgesteld wees oor die resultaat – selfs al herhaal ek my bestelling in ’n fluisterstem nadat die bibliotekaresse my streng daarop gewys het dat hierdie ’n biblioteek is. Net so kan ’n mens teleurstelling te wagte wees wanneer jy met ’n spesifieke behoefte by ’n organisasie aanklop terwyl jy onder ’n wanindruk verkeer oor wat daardie organisasie vir jou kan doen. By Solidariteit Helpende Hand is sulke wanindrukke oor wat die organisasie doen en wat ons vir mense kan beteken, ongelukkig nie ongewoon nie. Wat ís dit dan wat ons doen? Helpende Hand poog om die armoedesiklus in mense se lewe te verbreek en om te voorkom dat jongmense in armoede verval deur hulle by te staan met opleiding – van voorskool tot naskool. Daar word veral gefokus op opleiding in skaars en kritieke vaardighede. Ons glo dat mense ’n voordeel geniet indien hulle goeie opleiding en volgehoue professionele ontwikkeling in die werkplek ontvang. 04/2012 • www.solidariteit.co.za

Met die oog op die bepaling van toekomstige skaars en kritieke vaardighede wat vir ons mense ’n mededingende voordeel kan bied, stuur Helpende Hand, in samewerking met Sol-Tech en Akademia, eersdaags omvattende navorsing onder Afrikaanse leerlinge van stapel. Die resultate van hierdie studie sal vir ons ’n duideliker prentjie skets van die skaarsheid van finansiële ondersteuning vir tersiêre studies, tersiêre studiebehoeftes en die belangstellingsvelde van Afrikaanse leerlinge. Hierdie inligting sal Helpende Hand se beroepsleidingsafdeling in staat stel om leerlinge van goeie raad oor studierigtings te voorsien. Die Afrikaanse Beursinstituut sal op sy beurt kan fokus op finansiering en op ’n toename in beurse. Helpende Hand se 115 landwye takke sal ingeligte besluite kan neem oor die borg van talentvolle, behoeftige leerlinge in hul omgewing. Op hierdie manier sal ons bydra tot die Solidariteit Beweging se strewe tot lewenslange leer en die daarstel van instellings om dit moontlik te maak. • Dr. Danie Brink is uitvoerende hoof van Solidariteit Helpende Hand. S


Gegrond op ’n ware gebeurtenis.

I

As Neels maar net gapingsdekking gehad het! n Mei 2012 het Ronell Kruger by Neels Rabie, ’n werknemer en lid van Solidariteit, besoek afgelê om hom oor die Stratumproduk te adviseer. Die belangrikheid van gapingsdekking saam met goeie medieseskemadekking is deeglik aan hom verduidelik. Neels het altyd geglo sy mediese skema dek alle mediese uitgawes ten volle en het voorlopig besluit om die aanbod van die hand te wys. In Junie het Neels se verloofde, wat saam met Neels op sy mediese skema is, se blindederm gebars en sy moes ’n noodoperasie ondergaan. Alles het goed afgeloop totdat die rekenings in die pos begin kom het. Neels was reg: Sy mediese skema betaal 100% van die tariewe, maar dokters en spesialiste in hospitale kan vandag enige tariewe hef – in die meeste gevalle tussen 250% en 350% van die standaardtariewe. Tydens Ronell se voorlegging was die onder-

Lesse uit Neels se verhaal • Moenie ’n statistiek soos Neels word nie. • Moenie wag tot môre om gapingsdekking vir mediese uitgawes uit te neem nie. • Mediese uitgawes kan jou finansieel uitroei. • Corporate Supreme is deur Stratum in samewerking met CMAC Gesondheidsorgkonsultante vir Solidariteit-lede ontwerp. Die premie en voordele is slegs vir Solidariteit-lede. skrywingsreël van geen wagtydperk (gewysig vanaf 1 Julie 2012) van toepassing. Indien Neels die produk toe uitgeneem het, sou hy nie nou duisende rande se rekenings hoef te betaal nie. Neels skryf soos volg in ’n e-pos:“Hierdie is skoolgeld wat ek nou moet betaal. Geen huishouding kan bekostig om sonder die Stratumproduk te wees nie.”

Navrae en raad • Berto Ahlers – 083 463 4054 • Monica Poolman – 083 419 7598 • Ronell Kruger – 082 414 4688

Solidariteit, in samewerking met CMAC Gesondheidsorgkonsultante, het Stratum Benefits genader met die versoek om ’n unieke produk te ontwikkel wat u, die medieseskemalid, kan dek vir byna alle in-hospitaalkoste wat nie ten volle deur u skema gedek word nie. Vir minder as R100* per familie per maand hoef onvoorsiene mediese uitgawes nie meer ’n bekommernis te wees nie. Die volgende onderskrywingsbesluit geld vanaf 1 Julie 2012 vir alle nuwe Stratum-gapingsaanvullerpolisse: • Algemene wagtydperk van drie maande • Uitsluiting van bestaande toestande van voordele vir twaalf maande.

Kontak vir Monica Poolman by 083 419 7598, faks: 086 632 5017 of stuur e-pos na monica@health2wellness.co.za vir meer inligting oor hierdie noodsaaklike medieseskema-aanvuller.

Oplossings vir medieseskematekorte

promosie

I

n November 2011 het Solidariteit begin om die nuwe Stratum-produk aan sy lede te bied. Johan Venter, organiseerder in die metaal- en ingenieursbedryf, het die waarde van die produk ingesien en dadelik by Stratum aangesluit. Teen einde November het Johan ernstig siek geword en hy moes mediese behandeling ontvang. Hy moes ’n bybetaling van R2 000 vir ’n prosedure maak voordat dit gedoen kon word. Ná verskeie mediese ondersoeke moes Johan eindelik R4 000 uit sy sak betaal. Hy het sy eisbedrag dadelik by Stratum ingedien en op 15 Desember die geld in sy bankrekening ontvang.“Stratum het my baie gehelp. Sonder Stratum sou ek waarskynlik ’n maagseer ook gekry het,” vertel Johan.


inbeweging

Jonges beleef opwindende wêreld van werk

H

Deur Juanita du Preez

elpende Hand se Beroepsleidingsdiens het sakeondernemings regoor die land genooi om op 25 Mei hul deure vir hoërskoolleerlinge oop te gooi. Tydens die Neem ’n kind werk toe-projek kon leerlinge dié ondernemings besoek om ’n beter idee te vorm van die beroep wat hulle moontlik wil volg. Daar is soveel jongmense wat nie voldoende inligting het oor die loopbaan wat hulle in die visier het nie en eers duisende rande en ure later besef dat dit waarvoor hulle gekwalifiseer het glad nie is wat hulle wou gedoen het nie. Met skaduwerk kry jongmense die geleentheid om eerstehands te ervaar wat ’n spesifieke beroep behels en vereis. Sowat 60 kinders het landwyd aan die projek deelgeneem. Bykans die helfte het aangedui dat die besoek hulle gehelp het om ’n beter idee te vorm van wat hul beoogde beroep behels en watter soort werkplek hulle sal pas. Die Solidariteit Beweging het ook deelgeneem en 22 kinders van drie verskillende skole het die hoofkantoor in Kloofsig, Centurion

Leerlinge wat die Neem ’n kind werk toe-dag by die Solidariteit Beweging se hoofkantoor in Pretoria bygewoon het.

besoek. Chris du Plessis, hoof van bemarking en kommunikasie van Solidariteit, het die leerlinge aan die Beweging bekendgestel en Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het met hulle oor leierskap gesels. Die leerlinge is volgens hul belangstellingsvelde ingedeel en het daarna

die onderskeie afdelings saam met die verteenwoordigers besoek. “Die terugvoer was baie positief,” sê Karin Venter, die projekorganiseerder. “Die leerlinge het voorgestel dat die projek ook in die vakansie aangebied word.” S

Kuns van boer tot lyfkuns op splinternuwe loopbaanwebtuiste

Foto’s: Juanita du Preez & iStockphoto.com

Deur Juanita du Preez

50

Solidariteit Helpende Hand se Beroepsleidingsdiens het sy eie, vars webtuiste gemik op jongmense. Op www.loopbaan.co.za kan enige belangstellende persoon nuttige inligting oor beroepe en studies vind. Die webtuiste kry binnekort ’n nuwe voorkoms en sal selfs meer inligting oor ’n wye reeks beroepe en studierigtings bied. Van wat ’n boer moet weet om suksesvol te wees tot hoe ’n mens kan studeer om ’n tatoeëerkunstenaar te word, is op die webtuiste beskikbaar. Die werksoekersplatform WerkNet is ook hier beskikbaar.WerkNet gee werksoekers en werkgewers die geleentheid om van mekaar en beskikbare poste bewus gemaak te word. Helpende Hand bied ook die dienste van ’n geregistreerde en professionele psigometris as deel van die Beroepsleidingsdiens. Die psigometris bied hierdie toetse, wat ’n goeie aanduiding gee van ’n persoon se aanleg en verstandige keuses vir die toekoms, teen ’n heelwat goedkoper tarief as ander instellings. Die koste 04/2012 • www.solidariteit.co.za

van hierdie toetse wissel van R400 tot R660. Indien ’n groep van agt leerlinge in ’n dorp byeen kom vir die toetse, sal die psigometris se reis- en verblyfkoste deur Helpende Hand gedek word. Die aflê van die toetse en terugvoer word ook in dié dorp gedoen. S

*

Lees meer by www.loopbaan.co.za


inbeweging

Sing in jou taal met nuwe FAK-Sangbundel

D

Deur Lindie van Zyl

ie nuwe FAK-Sangbundel word binnekort vrygestel en die FAK werk saam met talle kundiges om dié bundel te finaliseer. Die FAK het die voorreg om saam met Jannie du Toit, Johan van Rensburg, prof. Bertha Spies, Katrien Holm en verskeie ander bekendes aan hierdie geskiedkundige projek te werk. Die FAK-Sangbundel Volume II gaan propvol liedjies uit die Afrikaanse skatkis van die afgelope 40 jaar wees en die publiek kan verwag om al hul gunstelinge daar te kry. Nuwe liedjies soos Ballade vir ’n enkeling deur Richard van der Westhuizen, Die onverkrygbare van Chris Chameleon, Drie uur in die môre van Jannie du Toit en vele meer is ingesluit. Nuwe koorwerke deur bekendes soos Niel van der Watt, Chris Lamprecht en Danie Hyman sal ook in die nuwe bundel opgeneem word. Mimi Coertse was saam met Wessel van

A

B

Stem vir gunsteling voorblad en wen jou eie Sangbundel!

C Wyk van die Universiteit van Pretoria in beheer van die samestelling van die kunsliedere en hulle het gesorg dat al die ou gunstelinge soos My siel is siek van heimwee deur P.J. Lemmer, O Boereplaas en Wit duiwe deur S. le Roux Marais ook weer deel van die versameling is. Vir die jongklomp is daar lekker saamsing-

Stem vir jou gunsteling voorblad en staan die kans om ’n eksemplaar van die nuwe FAKSangbundel te wen. SMS die woord “FAK” en jou keuse (A, B of C) asook jou naam na 34388. Elke SMS kos R2. Skakel die FAK-kantoor by 012 301 1764 vir meer inligting oor die projek. Die FAK is deel van die Solidariteit Beweging. liedjies van Elizabeth Fourie, Anna Rudolph en vele meer opgeneem. Om seker te maak dat jy jou nuwe FAKSangbundel Volume II kry, SMS “FAK” na 34388 gevolg deur jou naam, van en kontaknommer. • Besoek www.fak.org.za of volg die FAK op Facebook en Twitter. S

Foto: iStockphoto.com

Stichting voor Afrikaans trap nou ook FAK-spore

52

Die Stichting voor Afrikaans het vanjaar deel van die FAK geword. Die Stichting, wat die FAK se internasionale been is, se doel is om die verhouding met die Lae Lande te versterk en om Afrikaanse kultuur- en taalbelange te bevorder. Naas samewerking en die uitbouing van vriendskaplike kontakte met Suid-Afrikaanse organisasies wat se doelstellings by die Stichting s’n aansluit, word daar ook goeie bande gesmee met amptelike organisasies soos die Nederlandse ambassade. Die Stichting voor Afrikaans se visie noem dat toegang tot kennis ’n wesenlike rol in die uitbouing van die verhouding met die Lae Lande speel. Om dit te help bewerkstellig, word ’n Nederlandstalige nuusbrief maandeliks uitgegee. Buiten die nuusbrief fokus die Stichting ook op die Jongeren Project (JP). Hierdie jare lange uitruilprogram tussen die Lae Lande, SuidAfrika en Namibië word van vanjaar af met die Stichting voor Afrikaans se ondersteuning georganiseer. Suid-Afrika sal vanjaar ’n groep Nederlandse en Vlaamse studente as deel van dié projek ontvang. Die studente word op ’n maand lange toer deur die land geneem. Hul

04/2012 • www.solidariteit.co.za

verblyf by gasheerouers, die skakeling met SuidAfrikaanse studente en besoeke aan organisasies en instellings soos die parlement, skole en die Solidariteit Beweging voeg groot waarde toe tot die toer. • Vir navrae, kontak die Stichting voor Afrikaans se internasionale skakelbeampte, Natasja le Roux, by nleroux@fak.org.za S


D

Deur Ilze Nieuwoudt

it is 110 jaar en minstens drie generasies sedert die Anglo-Boereoorlog (ABO) in 1902 tot ’n einde gekom het, maar die wonde van hierdie oorlog lê nog vlak in die geheue van Suid-Afrikaners. Dit was duidelik uit die projek vir nasate van aangehoudenes in die konsentrasiekampe van die ABO wat Kraal-Uitgewers in samewerking met Maroela Media en Packed House Productions in Junie en Julie aangebied het. Nakomelinge is vroeg in Junie uitgenooi om deel te neem aan ’n herdenkingsbyeenkoms tydens die openingsaand van die derde en laaste speelvak van Deon Opperman se toneelstuk Ons vir Jou. Belangstellendes kon op Maroela Media se webtuiste hul voorouers op ’n databasis opsoek en ook kaartjies vir die openingsgeleentheid wen. As deel van die projek is nakomelinge ook gevra

om boodskappe oor hul voorouers te skryf en uit die boodskappe is dit duidelik dat die verhale van mense wat self in die kampe was, steeds in duisende gesinne se huise herleef word: • Willem Hendrik Lategan Heckroodt skryf oor sy ouma, Anna Maria Heckroodt: “Die Engelse het Ouma en tannie Johanna met agt kinders, die oudste was omtrent tien, uit Philippolis ontvoer en met net beddegoed en die allernodigste kookgoed na Springfontein ontvoer. Goed is op die wa gelaai. Hulle moes al die pad loop, my ouma met ’n eenjarige seuntjie op haar

rug. Die seuntjie is op 15 maande in die Springfonteinkamp oorlede.” • Gerde Fourie skryf oor haar oumagrootjie, Anna Martha Elizabeth Jacobs: “Hierdie moeder was met twee dogtertjies in die kamp en het gesterf. Die kinders het nie die voorreg gehad om te weet waar sy begrawe is nie.Toe my ouma in 1979 sterf, in die ouderdom van 88, was dit nog altyd iets wat haar gehinder het. Die seuns en pa het veilig teruggekeer ná die oorlog.” • Kraal-Uitgewers se nuutste boek, Onthou! Kronieke van vroue- en kinderlyding deur AWG Raath en ElriaWessels, is beskikbaar teen R520 (R60 posgeld uitgesluit). SMS “Onthou” na 34388 om jou bestelling te plaas. S

inbeweging

Nakomelinge laat geskiedenis herleef


inbeweging

A

Foto’s: iStockphoto.com

friForum het die kommersialisering van die Nasionale Krugerwildtuin en ander bewaringsgebiede veroordeel nadat die minister van waterwese en omgewingsake, Edna Molewa, ’n kontroversiële ontwikkelingsone op die randgebied van die Krugerwildtuin goedgekeur het. Volgens Julius Kleynhans, hoof van omgewingsake by AfriForum, sal kommersialisering in en om die wildtuin ’n geweldige uitwerking op ekotoerisme hê. “Ekotoerismebestemmings, wildtuine en natuurreservate behoort so ongerep moontlik te bly. As besoekers ’n temapark wil besoek, kan hulle altyd na Sun City gaan,” het Kleynhans gesê. AfriForum bevraagteken ook die openbare konsultasieproses. “Die Krugerwildtuin is die land se grootste erfenispark en is deel van elke Suid-Afrikaner se erfenis. Om ingeligte besluite te neem, verg

54

04/2012 • www.solidariteit.co.za

Dié planne sal ekotoerisme en erfenis skaad, sê AfriForum behoorlike openbare deelname. Daar is duidelik groot verdeeldheid oor dié saak met natuurbewaarders wat sterk teen die ontwikkeling gekant is terwyl die bestuur van die Parkeraad verandering aanmoedig.” Kleynhans het voorts bevraagteken of die besluitnemers werklik omgee oor die natuur en ekotoerisme en of die besluit bloot polities was. “Dit wil blyk of diegene wat die besluite neem, nie omgewingsbewaring op die hart dra nie, aangesien ’n besluit soos dié ’n presedent sal skep vir soortgelyke ontwikkelings in al die land se nasionale parke. “Suid-Afrika is uniek ten opsigte van sy diversiteit, en ’n proses soos die huidige kommersialiseringsplan kan kommersiële ontwikkelings in ander bewarings- en erfenisgebiede tot gevolg hê, iets wat teengestaan moet word om te verseker dat hierdie hulpbronne ongeskonde bly,” het Kleynhans gesê.

Wat is ekotoerisme?

Ekotoerisme is ’n vorm van toerisme wat besoeke aan ekologies sensitiewe en ongerepte gebiede, wat gewoonlik beskermde gebiede is, behels. Volgens Kleynhans is dit veronderstel om ’n lae-impak- en hoofsaaklik kleinskaalse alternatief vir massatoerisme te bied. Ekotoerisme is ’n mark in die Suid-Afrikaanse ekonomie wat sterk groei toon. Dit bevorder die volhoubaarheid van ekonomiese, sosiale en omgewingsgroei en is ’n onontbeerlike bate vir toekomstige geslagte.“Hierdie bestemmings kan binnekort dalk al wees wat oorbly van ons natuurerfenisgebiede, en die bewaringsbehoeftes van dié gebiede moet die hoogste prioriteit geniet.” • Lees meer oor AfriForum Omgewingsake by www.groenforum.co.za. S


S

inbeweging

SABC3 weier video oor ANC Deur Ernst Roets

ABC3 het AfriForum onlangs meegedeel dat ’n video van dié burgerregteorganisasie nie as betaalde advertensie op die kanaal uitgesaai mag word nie, omdat dit “die ANC in ’n swak lig stel”. In reaksie hierop het AfriForum besluit om hom na sy YouTube-kanaal en die sosiale media te wend om die sensorskap deur die SABC3 teen te staan. Die organisasie moedig sy lede ook aan om die video deur middel van die elektroniese en sosiale media te versprei. In sy antwoord aan AfriForum het SABC3 laat weet dat die video te negatief teenoor die ANC is en dat hy nie materiaal mag uitsaai wat enige politieke party in ’n slegte lig stel nie. Die bestaan van dié beleid kon nie bevestig word nie. Die video, getiteld ANC, the Conmen, handel oor die gerugte dat die ANC fundamentele wysigings aan die Grondwet wil aanbring sodat die party deur middel van die Nasionale Demokratiese Revolusie (NDR) ’n “tweede oorgangsfase” in Suid-Afrika kan teweegbring. Daar is veral sprake dat die reg op privaat besit van eiendom (artikel 25 van die Grondwet) geskrap of drasties gewysig moet word om sodoende ’n “aggressiewe” program van grondonteiening in te stel. Luidens die ANC se beleidsdokumente moet die NDR deur die

uitoefening van staatsmag van stapel gestuur word. Die video bevat verskeie uittreksels uit onlangse ANCbesprekingsdokumente en moedig Suid-Afrikaners aan om ’n petisie teen die beoogde planne te teken. Die video lig onder meer uit dat die ANC se beleidsdokumente die onderhandelings wat tot die nasionale verkiesing in 1994 gelei het, as ’n blote taktiese oorwinning beskou wat behaal moes word sodat die ANC beheer oor die regering kon kry, en dat hierdie ooreenkoms nou verontagsaam kan word sodat die NDR met staatsmag geïmplementeer kan word. Die video is vervaardig om die publiek bewus te maak van die inhoud van die ANC se beleidsdokumente. Diegene wat hul beswaar teen die ANC se regeringstyl op skrif wil stel, kan aan ’n elektroniese petisie op AfriForum se webtuiste deelneem. Volgens AfriForum is die organisasie teleurgesteld met SABC3 se besluit, maar dit sal hom nie verhinder om met sy bewusmakingsveldtog oor die implikasies van die NDR voort te gaan

nie. AfriForum het ook aangedui dat hy SABC3 nie hieroor sal aanvat nie, maar sy energie eerder sal aanwend om sy bewusmakingsveldtog oor die NDR te verskerp. • Die video kan op al AfriForum se kanale op Facebook,Twitter en YouTube gekyk word. Die video en die petisie is ook op www.afriforum.co.za/ancpetition beskikbaar. S

AfriForum Jeug maak sy stem dik oor plaasaanvalle

Foto: iStockphoto.com

Deur Charl Oberholzer

Enkele dae nadat AfriForum Jeug sy “10 dae van treur oor geweldsmisdaad in landelike gebiede”-veldtog aangekondig het, het die adjunkpresident van die ANC-Jeugliga, Ronald Lamola, boere tydens ’n mediakonferensie gedreig met die boodskap dat hulle gewelddadige grondbesetting in die gesig staar indien hulle nie hul samewerking met die ANC se grondhervormingsplanne gee nie. Lamola het na die “Van Tonders” en die “Van Der Merwes” op plase verwys en hulle gewaarsku dat hul veiligheid nie gewaarborg kan word nie. AfriForum Jeug het heftig hierop gereageer en ’n klag van intimidasie en aanstigting tot geweld teen Lamola gelê, terwyl AfriForum ’n klag van haatspraak by die

Gelykheidshof ingedien het. Die jeugorganisasie sê misdaad en veral geweldsmisdaad wat met erge brutaliteit gepaard gaan, is een van die grootste kwessies wat jongmense uit Suid-Afrika dryf. AfriForum Jeug het ook in aanloop tot Jeugdag op 16 Junie op verskeie maniere in gemeenskappe probeer hoop skep deur slagoffers van plaasaanvalle se families te besoek en die Witkruismonument in Limpopo, opgerig vir slagoffers van plaasmoorde, te help restoureer. AfriForum Jeug begin ook binnekort universiteitskampusse regoor die land besoek om bewusmaking oor geweldsmisdaad in landelike gebiede te skep en die dokumentêre rolprent “War of the Flea” aan jongmense te wys.

Die Solidariteit Beweging het onlangs ’n omvattende veldtog van stapel gestuur om plaasmoorde tot ’n prioriteitsmisdaad te laat klassifiseer. Elke aksie wat deel van die veldtog is, steun die Beweging se eis om spesialiseenhede in landelike gebiede te ontplooi. Een van dié aksies is ’n tweede, meer volledige uitgawe van die boek Treurgrond. AfriForum Jeug moedig alle Suid-Afrikaners wat regstreeks deur plaasaanvalle geraak is aan om hul storie in die boek te laat dokumenteer. • Besoek treurgrond.co.za en vul die inligtingsvorm in, SMS die woord “Plaas” na 34388, stuur ’n e-pos na treurgrond@solidariteit.co.za of skakel Kraal-Uitgewers by 012 644 4329. S www.solidariteit.co.za • 04/2012

55


inbeweging

7

NUUS

ek praat afrikaans!

NUUS

Afrikaans – van werk tot web en woef

D

3

Die toekoms van Afrikaans is nie in ’n organisasie of politieke party se hande nie, maar in die hande van elkeen van ons deur wie se are die taal trots bruis, skryf Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum.

1

aar verskyn byna daagliks berigte oor hoe die status van Afrikaans as hoëfunksietaal onder dwang kom. Met hoëfunksietaal word bedoel ’n taal wat nie net geskryf, gelees en gepraat word nie, maar gebruik kan word om enige wetenskap tot op die hoogste vlak te bedryf. Dit is belangrik dat Afrikaans in skole, universiteite en Ondersteun organisasies wat Afrikaans bevorder, soos bogenoemde, die FAK, Kraal-Uitgewers, die ATKV en die Afrikaanse Taalraad – en natuurlik AfriForum!

56

Skryf in Afrikaans – of dit nou jou doktorstesis, kortverhaal, liefdesbrief, inkopielysie of kommentaar op ’n blog is.

04/2012 • www.solidariteit.co.za

2

die regs- en sakewêreld in stand gehou moet word, anders gaan dit hierdie status verloor en later weer bloot ’n gesels- of kombuistaal word, soos dit in die negentiende eeu was. In skole doen organisasies soos Fedsas (die federasie vir ouerbeheerliggame) en die SAOU (Suid-Afrikaanse Onderwysunie) puik werk om Afrikaanse onderrig te help beskerm. In die

5

Gee jou huis, onderneming, boot of selfs jou hond ’n Afrikaanse naam – wat sal die werf dan nou sonder Wagter en Vleislus wees? Versier sommer ook jou hele huis met Afrikaanse woorde.

Begin ’n Afrikaanse LEESKRING – LAPA Uitgewers gee wenke oor hoe jy dit kan doen, selfs al is jy nog op skool. Leer interessante Afrikaanse WOORDE soos kwispedoor en paskewil se betekenis saam met jou leesvriende.

regswêreld sorg die Vereniging van Regslui vir Afrikaans vir ons taalregte deur byvoorbeeld op eie koste nuwe wette in Afrikaans te vertaal. Rekenmeesters vir Afrikaans en Geneeshere vir Afrikaans is nog twee beroepsverenigings wat skitterende diens lewer. Elke individu kan Afrikaans egter op maklike en kreatiewe maniere bevorder. Probeer gerus een van dié maniere:

Stuur jou kinders na ’n Afrikaanse speelgroepie, kleuterskool, laerskool en hoërskool, en kies ’n universiteit waar Afrikaans nog gebruik word.

Ondersteun die skep van Afrikaanse woordeboeke – besoek www.wat.co.za vir meer inligting en besoek gereeld Afrikaanse internetkuierplekke soos Maroela Media en LitNet.


7 8 1110

14

Gee erkenning aan ondernemings wat goeie diens in Afrikaans lewer – ’n brief in die plaaslike media en aan die onderneming se eienaar of uitvoerende hoof is altyd welkom.

Foto’s: iStockphoto.com

Doen moeite om suiwer Afrikaans te praat – ons taal is vol opwindende woorde en uitdrukkings. Suiwer taal hoef nie saai en stokoud te klink nie.

9

Gebruik ’n Afrikaanse speltoetser en skryf bydraes vir die Afrikaanse Wikipedia – besoek die webtuiste http://af.wikipedia.org/

Koop Afrikaanse produkte. Solank ons Afrikaanse tydskrifte, koerante, sosiale media, musiek, toneelstukke, kabarette, flieks en letterkunde ondersteun, sal mense aanhou om dit te skep en beskikbaar te maak.

Borg die vertaling van dokumente in Afrikaans – byvoorbeeld enige kontrak wat jy aangaan.

12

Vra ondernemings wat nie Afrikaanse diens lewer nie, om dit wel te doen, maar vra beleefd, nie met dreigemente nie. Ons wil vriende wen vir ons taal, nie mense boelie om dit te gebruik nie.

13

Leer iemand om Afrikaans te praat en moenie verskoning vra omdat jy Afrikaans praat nie.

Besoek besienswaardighede met ’n Afrikaanse tema, soos die Taalmuseum en die Taalmonument in die Paarl.


inbeweging

Sol-Tech-studente wys omgee-hart

’n

Deur Moira-Marie Kloppers

Blink voorportaal en opgeknapte saal, beveiligde en geverfde reëlings op die tweede verdieping, geute en afvoerpype wat nie meer soos siwwe lek nie, maar fluks water wegvoer en ’n verhoog waarop daar weer konsert gehou kan word. Dít was die reuse-bydrae wat Sol-Tech se studente as deel van die Solidariteit Beweging se 110de verjaarsdagprojek by Hoërskool Hercules gelewer het. ’n Belegging in die hede wat ’n blink toekoms verseker. Dié hoërskool en die Solidariteit Beweging se tegniese kollege, Sol-Tech, het lank reeds ’n uitstekende verhouding. Volgens Phillip Minnaar, Sol-Tech se waarnemende hoof, het die ver-

jaarsdagprojek by die skool dit nie net vir SolTech se studente moontlik gemaak om hul tegniese vaardighede prakties toe te pas nie, maar boonop verseker dat Sol-Tech se studente een van die belangrikste lesse wat hulle aan hul studente probeer oordra, die belangrikheid van gemeenskapsdiens, kon leer. “Hoewel dit belangrik is om uiteindelik met ’n sertifikaat in die hand by Sol-Tech uit te stap, wil ons seker maak dat die jongmense wat by Sol-Tech studeer ook die beginsels van dienslewering, gemeenskapsdiens en selfdoen onder die knie het voordat hulle die wêreld van werk aandurf. Van Sol-Tech se studente het self behoeftig grootgeword en besef die waarde

Sol-Tech se studenteraad is onlangs by ’n spanbousessie, wat spesifiek op leierskapsontwikkeling gefokus het, touwys gemaak. Benewens probleemoplossing en konflikhantering, het die studente ook beginsels oor tydsbestuur, spanwerk, dissipline en kommunikasie geleer terwyl daar deurlopend op verskillende persoonlikheidstipes gefokus is. Mense is dikwels verbaas oor die bykomende moeite wat met studente by dié kollege gedoen word – nie net om hulle sukses as ambagslui in Suid-Afrika te verseker nie, maar ook as leiers. “Daar is ’n wanpersepsie dat

ambagslui net doen-mense is en nie leiers hoef te wees nie. Dit is egter ver van die waarheid! Talle Sol-Tech-studente oorweeg dit om hul eie ondernemings te begin en dit verg juis sterk leierseienskappe,” verduidelik Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech. Sol-Tech belê ook in sy dosente se leierseienskappe. Twee van Sol-Tech se dosente het ’n assesorkursus voltooi terwyl nóg vier ’n gevorderde kursus in opleidingsmetodiek voltooi het.“Ons wil graag ’n kultuur van lewenslange leer by ons studente kweek en ons dosente stel hierin vir hulle ’n voorbeeld.” S

van ’n belegging soos dié in ’n spogskool soos Hercules,” meen Minnaar. “Jongmense het iets nodig waarop hulle trots kan wees. Hulle het ook ’n plek nodig waar hulle geborge kan voel sodat hulle optimaal kan leer. Hoërskool Hercules is só ’n plek vir honderde jongmense in die weste van Pretoria en nou, met sy nuwe baadjie, weer ’n plek waarop leerlinge trots kan wees,” sê hy. • Sol-Tech se rugbyspan spog met ses oorwinnings uit agt wedstryde en is goed op pad om die semifinaal te haal. “Die spelers doen baie moeite om by oefeninge uit te kom, werk hard en pluk die vrugte. Ons sien uit om hulle in die finaal te sien,” het Minnaar gesê. S

Foto’s: Verskaf

Só belê kollege in studente, dosente se lewenslange leer

58

04/2012 • www.solidariteit.co.za


staal

aksent media • 082 445 4513

kom wys jou

Op soek na ’n leertuiste waar jy jou in ’n skaars tegniese vaardigheid in Afrikaans kan bekwaam? Dan is Sol-Tech die plek vir jou!

Wat kan ek by Sol-Tech studeer? • • • • •

Elektries Meulmakery Pas-en-draaiwerk Gereedskapmaak Dieselwerktuigkunde

Hoe lyk Sol-Tech se opleidingsmodel?

As deel van Sol-Tech se opleidingsmodel, voltooi Sol-Tech-studente hulle volle institusionele opleiding asook hul N1- en N2-kwalifikasie voordat hulle praktiese indiensopleiding by gekeurde werkgewers ontvang. Daarna word hulle bygestaan met die finale voorbereiding vir die rooiseëleksamen.

Voorkeur vir Solidariteit-lede

Sol-Tech het sy bestaan aan die bydraes van Solidariteit-lede te danke. Daarom kry Solidariteit-lede en hulle kinders altyd voorkeurbehandeling vir toelating om by die instelling te studeer en wanneer hulle om studiehulp aansoek doen.

Woon ons opedag by!

Sol-Tech se opedag is op Saterdag, 20 Oktober. Vir die spesifieke innamedatums, die kursusse wat gevolg kan word en inligting oor beurslenings, besoek die webtuiste www.sol-tech.co.za of skakel 012 755 5687.

Besoek ons webtuiste vandag nog by

Solidariteit Beweging

www.sol-tech.co.za

Sol-Tech


inbeweging

WEN!

Stem vir beste kiekies en wen!

S

Deur Cilleste van der Walt

uid-Afrika, ons mooiste land sonder gelyke, kom tot sy reg in die honderde inskrywings wat vir die Solidariteit Tydskrif Fotokompetisie ontvang is. Die sluitingsdatum van die fotokompetisie het aangebreek en jy het nou die geleentheid om vir jou gunsteling foto te gaan stem – daardie een foto wat hart jou laat uitroep: My huis is hier! ’n Lesersgunsteling sal aangewys word op grond van die foto wat die meeste stemme ontvang. Besoek www.solidariteittydskrif.co.za om jou gunsteling eg SuidAfrikaanse foto te kies. Al wat jy moet doen om te stem, is om jou gunsteling se naam en kategorie te e-pos na foto@solidariteit.co.za. Benewens die lesersgunsteling sal ’n bekwame paneel fotograwe al die foto’s beoordeel en ’n finalis in elke kategorie aanwys. Die drie paneellede wat die moeilike taak het om die finaliste te kies, is Gerhard Uys, Gerrit Pitout en Reint Dykema.

Foto: iStockphoto.com

Gerhard Uys Gerhard Uys is ’n vryskutfotograaf en joernalis wat meestal in die leefstyltydskrifbedryf werk. Hy gee deeltyds klas in fotografie en joernalistiek en het al vir GQ, De Kat,Wegbreek, Beeld, Oppikoppi en verskeie ander tydskrifte en advertensiemaatskappye foto’s geneem. Sy voorkeur is portrette en landskapfoto’s.

60

Gerrit Pitout Gerrit Pitout het by die Universiteit van Pretoria gestudeer en tydens sy nagraadse studies by Unisa sy honneursgraad in kunsgeskiedenis verwerf. Hy het ook sy merk gelaat in die Suid-Afrikaanse fotografiebedryf met foto-uitstallings wat hy en sy vrou Alida Pitout in die VSA, Israel, Johannesburg, Pretoria en die Laeveld aangebied het. Gerrit en Alida is ’n gedugte span en baie 04/2012 • www.solidariteit.co.za

Wen groot pryse!

• ’n Vakansie vir vier persone by ’n ATKV-oord. • ’n Ateljee-fotosessie by GeeLady Photography, insluitend haarstilering en grimering, ter waarde van R600. • ’n Buitelugfotosessie vir jou of jou gesin deur Reint Dykema. • Groot kontantpryse. • Een van drie gedrukte skilderdoeke van jou foto. van hul kunswerke en foto’s het ’n oorsprong in die Namib-woestyn, Etosha-wildtuin en die Kalahari. Reint Dykema Reint Dykema hou hom al sedert sy studentejare met algemene en troufotografie besig. Sy passie vir fotografie het nuwe lewe gekry toe hy die eerste keer as die redakteur van die voormalige Puk se studentekoerant, Die Wapad, verkies is. Sy natuurlike aanleg is in 1992 beloon toe hy as wenner in die fotografiekategorie van die Puk se Kampustalentfees aangewys is. Sy mediafoto’s verskyn gereeld in Solidariteit Tydskrif en in dagblaaie. Gedurende die afgelope paar jaar het sy troufotografie van stokperdjie tot onderneming ontwikkel. Hy en sy vrou, Ila, vorm ’n gedugte span wanneer hulle troufoto’s neem. Ila hanteer die administrasie, doen stilering op die troudag en is verantwoordelik vir die afronding van materiaal asook die saamstel van fotoboeke. • Besoek www.solidariteittydskrif.co.za. ’n Lesersgunsteling, wenner in elke ouderdoms- en fotokategorie en ’n algehele wenner sal ná afloop van die stem- en beoordelingsproses aangewys word. S


Foto: iStockphoto.com

D

ie aanbod van Afrikaanse hoër onderwys in Suid-Afrika het die afgelope 20 jaar drasties gekrimp. Van die sowat 10 Afrikaanse technikons en 150 Afrikaanse beroepskolleges wat voor 1990 bestaan het, het daar nie ’n enkele Afrikaanse technikon of Afrikaanse enkelmediumkollege oorgebly nie. Akademia, ’n instelling van die Solidariteit Beweging, stel hom ten doel om weer aan Afrikaanse studente toegang tot hoër onderwys van goeie gehalte in hulle moedertaal te gee. Hierdie instelling funksioneer op die vlak van universiteite. In die lig van Solidariteit se grootskaalse uitbreiding van Afrikaanse naskoolse onderrig, voer die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) ’n landwye opname uit om te bepaal wat Solidariteit-lede se behoeftes ten opsigte van voortgesette volwasse-onderrig is, asook wat graad 10- en 11-leerders in die algemeen se opleidings-

Projek Kompas

Solidariteit Beweging

Laat weet ons wat is jou toekomsplanne, sodat ons jou kan verryk!

behoeftes ná skool is. Die opname geskied tot einde September. Solidariteit-lede is by hierdie steekproef ingesluit en word versoek om deel te neem indien hulle genader word. Akademia is die Solidariteit Beweging se Afrikaanse hoëronderwysinstelling en bied tans vier onderrigprogramme (drie sertifikaatkursusse en ’n diplomakursus) aan. Daar word beoog om reeds in 2013 die eerste graadkursus aan te bied. Programme is op dieselfde vlak as dié van universiteite. Nuwe tegnologie maak interaktiewe klasse by verskeie leersentrums regoor SuidAfrika moontlik. Dié instelling beplan om binne

vyf jaar 10 000 ingeskrewe studente oor ’n wye spektrum van studierigtings in vele studiesentrums in die land te hê. (Lees ook die artikel op bladsy 11.) Sol-Tech is Solidariteit se tegniese opleidingskollege wat vakleerlingskapkursusse vir elektrisiëns, meulmakers, passer-en-draaiers en diesel- werktuigkundiges aanbied. Sol-Tech beoog om die kursuspakket uit te brei na meer skaars vaardighede wanneer Die Kampus voltooi is. Die uitslag van die opname sal Solidariteit in staat stel om kursusse aan te bied wat aan die behoeftes van sy lede en Afrikaanse jongmense landwyd voldoen. S

inbeweging

Neem deel aan opname oor opleiding


inbeweging

Koerante: Kliek-kliek, koebaai

Die medialandskap is internasionaal besig om drasties te verander. Gedrukte media maak stadig maar seker plek vir elektroniese media. En terwyl die gedrukte media skarrel om omsetsyfers te verhoog en ander kreatiewe metodes aanwend om ’n inkomste te genereer, krap aanlynmedia nog kop oor hoe nuusdienste op die internet, waar mense verwag om alles gratis te kry, hul boeke kan laat klop.

U

Foto: iStockphoto.com

Deur Suné van Heerden

62

it ’n bevolking van sowat 308 miljoen mense in die VSA, het Facebook in 2011 sowat 133 miljoen gebruikers gehad, met 24 miljoen Twitter-gebruikers. Twitter se gebruik neem steeds teen ’n koers van meer as 30% per jaar toe, terwyl Facebook blykbaar ’n plafon nader. In Mei is berig dat internettoegang in Suid-Afrika met sowat 25% toegeneem het, hoofsaaklik weens die impak van slimfone. Na verwagting sal ongeveer 10 miljoen mense teen die einde van 2012 in Suid-Afrika die internet gebruik. Sowat 6 miljoen Suid-Afrikaners gebruik rekenaars vir internettoegang, waarvan 90% ook hul selfone inspan. Luidens syfers van die Ouditburo van Sirkulasie (ABC) het Afrikaanse dagblaaie se verkope in die vierde kwartaal van 2011 met 9,3% afgeneem, terwyl Engelstalige koerante se syfers met 6,7% afgeneem het. Gedrukte koerante vorm bykans altyd ook ’n aanlynweergawe van hul koerant wat deurlopend opgedateer word, en van hierdie webkoerante herlei hul nuus outomaties na Twitter, terwyl nuusbriewe ook gereeld na mense op ’n adreslys gestuur word. Trouw, ’n dagblad in Nederland, plaas net ’n versameling van sy berigte op die webtuiste, hoewel alles wat in die gedrukte weergawe verskyn het, in die elektroniese argief geplaas word. ’n Betaling word vir onttrek04/2012 • www.solidariteit.co.za

mar ela media

kings op die elektroniese argief verlang. Die NewYork Times het enkele jare gelede sy webtoegang beperk tot intekenaars op hierdie weergawe.

Kreatiewe vernietiging Joseph Schumpeter het in sy werk Capitalism, Socialism and Democracy melding gemaak van “kreatiewe vernietiging”. Dié proses verwys na ’n proses van nywerheidsmetamorfose wat aanhoudend die ekonomiese struktuur van binne verander, aanhoudend die oue vernietig en aanhoudend ’n nuwe een skep. Een voorbeeld is persoonlike rekenaars. Dié bedryf het talle hoofraamrekenaarmaatskappye tot ’n val gebring, maar op sy beurt talle entrepreneurs geïnspireer om van die belangrikste ontdekkings van die eeu te maak. Solidariteit Beweging bied ’n alternatief Een van die Solidariteit Beweging se inisiatiewe, Maroela Media, bied midde hierdie veranderende tye vir jou ’n aanlyn-nuusdiens, om seker te maak dat jy op die hoogte van sake bly. Besoek www.maroelamedia.co.za. • Statistiek verskaf deur HermanToerien. S


inbeweging

Op die Maroela-boekrak Deur Suné van Heerden

Gekroon tot diens – Bybelse beginsels en riglyne vir bestuur MN Hermann Die meeste mense is op die een of ander manier by bestuur betrokke. In hierdie boek probeer die skrywer vasstel watter beginsels en riglyne oor bestuur in die Bybel gevind word. Gekroon tot diens (R165*) word uitgegee deur Griffel en kan aanlyn by www.boeklik.co.za bestel word. Dit kan ook per e-pos bestel word by robert@griffel.co.za of telefonies by 021 465 0025/6.

Eerste 100 syfers Jaco Jacobs Leer jou kind om te tel en syfervaardighede te ontwikkel met hierdie fantastiese volkleurboek. Die boek stimuleer syfervaardighede, praatvaardighede en eerste woorde. Eerste 100 syfers (R90*) word uitgegee deur LAPA Uitgewers en is by toonaangewende boekhandelaars of by www.lapa.co.za beskikbaar. * Pryse is onderhewig aan verandering.

Wen dié lekkerleesboek van LAPA!

Om Eerste 100 syfers deur Jaco Jacobs te wen, stuur ’n e-pos aan maroela@maroelamedia.co.za en gee die naam van een ander boek wat ook in die Eerste-reeks beskikbaar is. Besoek www.maroelamedia.co.za vir die antwoord.

Mmm-melkos

BESTANDDELE

170 g koekmeel 1 ml sout 40 g koue Clover Mooi River botter, in blokkies gesny 1 liter Clover Mmmilk 1 kaneelstokkie 1 lourierblaar kaneelsuiker

METODE

64

04/2012 • www.solidariteit.co.za

Foto: iStockphoto.com

Meng die meel en sout saam en vryf die botterblokkies met die vingerpunte in totdat dit soos broodkrummels lyk.Verhit die melk, kaneelstokkie en lourierblaar saam tot kookpunt. Verlaag die hitte en verwyder die kaneelstokkie en lourierblaar. Roer die meelmengsel geleidelik by die warm melk met ’n draadklitser. Prut vir 8 tot 10 minute en roer aanhoudend. Sit warm voor met kaneelsuiker. S


A

Foto: iStockphoto.com

Deur Inge Strydom

l meer gesinne loop onder huisrooftogte, inbrake en brande deur. Luidens die 2010/2011-misdaadverslag wat deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens vrygestel is, is daar gedurende 2010/2011 altesame 16 889 huisrooftogte aangemeld. Dit gaan dikwels gepaard met geweld en in baie gevalle word gesinslede koelbloedig vermoor. In die eerste twee weke van Junie het nege kinders in Gauteng in huisbrande omgekom. In een spesifieke geval het twee kleuters doodgebrand omdat hulle tydens die brand in ’n kas weggekruip het wat tot gevolg gehad het dat hul ouers nie betyds by hulle kon uitkom nie. Volgens Nantes Kelder, hoof van AfriForum se ondersoekeenheid, moet elke gesin ’n noodplan hê. “Verduidelik aan jou kinders waarom dit

vir julle as gesin nodig is om ’n noodplan te hê. Elke gesin moet ook by ’n gemeenskapsbeveiligingstruktuur inskakel. Ongelukkig kan ’n mens nie meer slegs op die blitspatrollie of polisie staatmaak nie. Bure en die lede in die gemeen-

skap kan mekaar in tye van nood bystaan.” Hou ook die volgende in gedagte: • Plak die nommers van julle bure, familie en vriende, die brandweer, ambulans en gemeenskapsbeveiligingstruktuur teen ’n muur op waar dit maklik vir almal leesbaar is. • Maak seker jou kinders is bewus van al die nooduitgange in die huis sodat hulle weet waar om te ontsnap indien daar ’n brand is. • Hou jou honde snags in die huis sodat hulle jou kan wakker blaf indien daar iemand in of om die huis is. Dit sal ook verhinder dat jou honde deur kwaaddoeners vergif word. • Wag in die straat voor jou huis terwyl die hek of motorhuisdeur oopmaak pleks daarvan om in die oprit stil te hou. Dit sal jou in staat stel om vinniger weg te jaag as ’n booswig jou wil kaap of aanval. S

inbeweging

Beskerm gesin teen booswigte, boewe


aksent media • 082 445 4513

gee jou

DROME

van môre vlerke

VANDAG

Motor- en huisinhoudversekering Regshulpversekering Aftreeplan

Korttermynlenings

Finansiële adviesdiens

Skakel ons vandag nog by

0861 101 005 Solidariteit Beweging

Solidariteit Finansiële Dienste ’n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556


Illustrasie: iStockphoto.com

N

iemand hou daarvan om iets wat hulle nie gesien het nie, te koop. Die rede hiervoor is dat ’n mens moeilik ’n waarde kan koppel aan iets wat jy nie eers kan sien nie. Enige versekeringspolis val in die kategorie van produkte wat jy koop sonder dat jy dit gesien het. Vanweë die onsigbare aard van versekeringsprodukte sukkel mense om ’n definitiewe waarde daaraan te heg en word hierdie uitgawe dikwels een waaraan daar nie noodwendig ’n positiewe gevoel gekoppel word nie. Die “vriendelikheid” van ’n versekeringspolis is dat die produk, hoewel onsigbaar, onmiddellik baie onderliggende waarde vir die polishouer inhou. Dink só daaroor: Indien jou motor R150 000 werd is en jou versekering daarop R550 per maand kos, kry jy onmiddellik dekking vir die volle R150 000. Indien jou motor beskadig word en die herstelwerk kos R20 000, het jy onmiddellike versekeringsdekking en die skade wat deur die versekering betaal word, is gelyk aan 36 maande se premies wat jy sou moes spaar om vir die herstelwerk te betaal. Die realiteit is dat niemand seker kan wees dat hulle vir 36 maande sonder enige skade sal wees nie. Solidariteit se motor- en huisinhoudversekering deur Auto & General vergoed daardie mense wat wel vir ’n aaneenlopende tydperk geen versekeringseise ingedien het nie. Polishouers wat vir vier jaar geen eise gehad het nie, ontvang ’n hele jaar se premies terug. Dit word bereken op die eerste jaar se premies tot en met ’n maksimum van 25% van die totale premies wat in die vier jaar betaal is. Dié skema het in die 12 maande tot einde November 2011 nagenoeg R900 000 aan polishouers terugbetaal. Versekering is dus wel ’n vriend in nood en die hand van vriendskap word ook uitgesteek indien daar nie ’n noodgeval was nie. Dit is egter ook nodig om albei kante van die munt te bekyk. Die “vyandelike” vraag oor versekering is: Word ek werklik vir my skade vergoed? Die gronde vir dié bespreking word in die volgende stelling duidelik: Versekering het ten doel om die persoon wat skade gely het, in dieselfde posisie te plaas as wat die geval was voor die skade gely is. Dit beteken eenvoudig dat wanneer jy byvoorbeeld ’n eis indien vir vleis wat in jou vrieskas sleg geword het toe jy met vakansie was, jy nie R15 000 kan eis indien daar slegs R5 000 se vleis in die vrieskas was nie. Wat sal die rede wees dat kliënte nie voldoende, of glad nie, vir hul skade vergoed word

promosie

Versekering jou noodsaaklike vriend Was ek maar net by Solidariteit verseker!

nie? Solidariteit Finansiële Dienste het die volgende gevind: • Mense het nie ’n bygewerkte lys van hul bates en items wat hulle wil verseker nie. Baie mense het nie eers ’n idee watter van hul bates verseker is en watter nie, en weet ook nie wat die waarde daarvan is nie. Baie mense loop ’n groot risiko op die hals deur die waarde van hul huisinhoud eenvoudig te probeer raai. Verder hou mense nie tred met wat die waarde van hul besittings werklik is nie, wat daartoe lei dat hul huisinhoud in baie gevalle onderverseker is. • Items word nie reg verseker nie. Items wat jy gereeld uit jou huis neem, dra ’n groter risiko, aangesien dit byvoorbeeld makliker gesteel kan word as daar by jou motor ingebreek word, of dit gesteel kan word by ’n plek wat nie dieselfde sekuriteit as jou woonhuis het nie. Hierdie goedere moet in jou polis gespesifiseer word. Dit sluit items soos kameras, selfone, skootrekenaars en tabletrekenaars in.

• Voertuie se risiko word nie reg verseker nie. Elke mens weet of hy sy voertuig gebruik om net werk toe en huis toe te ry, en of hy die voertuig gebruik om ’n inkomste te genereer. Elke mens weet ook of hy die gereelde bestuurder van sy voertuig is. Die risiko vir ’n pa van 48 en ’n jong man van 19 jaar is totaal verskillend en daar word ook verskillende premies betaal. • Dit is noodsaaklik om die versekeraar ten volle in te lig van die risiko wat verseker word. Dit gebeur ongelukkig dat mense kanse vat en hoop om daarmee weg te kom, en dit veroorsaak dat versekering in ’n vyand ontaard. Doen moeite met jou eie batelys en vind uit wat die artikels werd is. Neem foto’s daarvan indien nodig. Die goeie nuus is dat jy beheer het oor die faktore wat vyandigheid tot gevolg mag hê. • Skakel Solidariteit Finansiële Dienste vandag nog by 0861 101 005 om versekering propvol gemoedsrus te kry. www.solidariteit.co.za • 04/2012

67


inbeweging

Die koeterwaals van IT en web ontsyfer

Compile; debug; protosite. Woorde soos dié is pure koeterwaals vir die oningewydes in die kringe van inligtingstegnologie en webontwikkeling. Maar hou moed – Daleen de Jager en John-Henry Ross het ’n paar van dié terme vir jou in eenvoudige taal omskryf. Wat doen ’n webblaaier (web browser)? ’n Webblaaier is ’n program wat gebruik word om webbladsye op die internet te besigtig. Voorbeelde is Internet Explorer, Google Chrome, Safari en Firefox. Wat is ’n webbediener (web server)? ’n Webbediener is ’n rekenaar wat jou data op die internet beskikbaar stel. Wat beteken oopbron (open source)? Oopbron verwys na kode wat vrylik en gratis beskikbaar is vir verandering, kopiëring en aanpassing op enige vlak, solank dit nie verkoop word nie (volgens die lisensie waaronder dit val). Enige tipe kode is van toepassing, soos programme, funksies, ensovoorts. Wat is ’n algoritme (algorithm)? ’n Algoritme is ’n reeks stappe wat definieer hoe ’n taak deur ’n rekenaar verrig word. Algoritmes word in ’n programmeringstaal omgesit om ’n program te skep wat nuttige take verrig, byvoorbeeld ’n soekenjin wat bepaal watter resultate ’n gebruiker op sy soekkriteria moet sien. Wat beteken vertaal (compile)? Vertaling is ’n proses wat tydens die ontwikkeling van programmatuur plaasvind. Die kode wat die programmeerder geskryf het, word in ’n formaat verwerk wat deur die rekenaar geïnterpreteer en uitgevoer kan word. Wat beteken dit as daar ’n fout (bug) geïdentifiseer word? Wanneer ’n program getoets word, en ’n fout (bug) word geïdentifiseer, beteken dit die program werk nie soos dit moet nie.

Foto: iStockphoto.com

Wat beteken ontfout (debug)? Dit is die verwydering of regstelling van ’n fout in die programkode.

68

Wat beteken dit as iets inisieer (initialise)? Dit is die proses wat die rekenaar se bedryfstelsel volg om ’n program, en al die hulpbronne wat dit benodig, vanaf die stoormedia (gewoonlik ’n hardeskyf) te laai. 04/2012 • www.solidariteit.co.za

Wat beteken CSS (Cascading Style Sheets)? CSS stel webontwikkelaars in staat om vaste style soos lettertipes, kleure, groottes, kantlyngroottes ensovoorts aan HTML-dokumente te koppel. Dit werk soos ’n templaat wat ’n webontwikkelaar toelaat om style vir ’n HTMLelement te spesifiseer en te verfyn, en dit dan op webbladsye toe te pas. Style word ook gebruik om verskillende elemente vir verskillende media te vertoon, byvoorbeeld op skerm of vir drukkers. CSS vergemaklik webbladonderhoud en vertoon ook die inhoud van ’n webblad beter via soekenjins op die internet. Wat is bladuitleg (page layout)? Bladuitleg is die afmetings en vloerplan van ’n webblad. Tydens bladuitleg besluit ’n webontwerper oor elemente soos hoe die bladsye van ’n webtuiste visueel georganiseer gaan word. Wat is ’n modelblad (protosite)? ’n Modelblad is elektroniese vooraftekening van hoe jou webtuiste gaan lyk. Dit help jou en die ontwerper om die blad se ontwerp te definieer.

Elemente soos bladuitleg, kleure, posisionering van items en navigasie word op ’n modelblad getoets en goedgekeur om die ontwerpproses te bespoedig. As daar veranderings aan elemente moet plaasvind, kan dit dan aangebring word voordat die ontwikkeling begin. Die webtuiste word dan gekodeer met die modelblad as basis. Wat beteken dit as gesê word iets word dinamies (dynamic) gedoen? Dit dui aan dat dinge intyds gebeur. Dit wil sê alle veranderings, opdaterings, verstellings ensovoorts word gedoen terwyl die gebruiker met die webblad of program besig is. Wat beteken die gebruikersvriendelikheid (user-friendliness) van ’n webblad? Gebruikersvriendelikheid verwys na die gemak waarmee gebruikers die elemente op ’n webblad kan gebruik. Dit moet vir ’n gebruiker ’n positiewe ervaring wees om enige webtuiste te gebruik. Hou elemente op ’n webblad eenvoudig en maak seker alle inligting is maklik en vinnig bereikbaar. S


I

Deur Inge Strydom

n tye van verandering en onsekerheid het ’n mens die behoefte om deel van iets te wees wat jou geborge laat voel en hoop gee. Dit is presies waar Solidariteit van hulp is. Die vakbond lewer reeds vir die afgelope 110 jaar uitmuntende diens aan sy lede en wil graag aanhou om sy lede getrou by te staan. Die vakbond Solidariteit het die afgelope paar jaar enorme groei getoon. Solidariteit is nie net meer ’n vakbond nie en maak nou deel uit van die groter Solidariteit Beweging. ’n Solidariteit-lid is egter nie net ’n nommer nie. Solidariteit bied

spesifiek ook aan individuele lede, dus nie net kollektiewe lede by maatskappye nie, werkbeskerming. Sodra ’n persoon by Solidariteit aansluit, het hy of sy onmiddellik toegang tot telefoniese arbeidsregsadvies. Daarbenewens is Solidariteit een van die enigste vakbonde in Suid-Afrika wat die internet gebruik om toeganklike ledediens te lewer. “Solidariteit is een van die min Suid-Afrikaanse vakbonde wat die mag van sosiale media inspan om veldtogte woema te gee en om inligting vinnig aan lede te kommunikeer,” sê Jahni Cowley,

Verwys ’n familielid of vriend en maak ons hande sterk!

Knip uit en faks na 012 349 8665

VERWYSING 1

VERWYSING 2

Naam van familielid of vriend: ______________________________

Naam van familielid of vriend: ______________________________

Naam van lid: ___________________________________________ Foto: iStockphoto.com

organiseerder in Solidariteit se finansiële bedryf. Kan jy dit bekostig dat jou vriende en familie nog nie lede van Solidariteit is nie? Help hulle vandag nog om by die vakbond Solidariteit aan te sluit! Sodoende sal jou geliefdes ook die werkbeskerming wat Solidariteit bied, kan geniet. Stuur die naam en kontakbesonderhede van die vriend of familielid na diens@solidariteit.co.za, of vul die strokie onder in en faks dit na 012 349 8665. Of SMS die woord “lid”, gevolg deur ’n spasie en die persoon se naam en kontakbesonderhede na 34388. Elke SMS kos R2. S

Tel: ________________________ Sel: _______________________

E-posadres: _____________________________________________

Naam van lid: ___________________________________________ Tel: ________________________ Sel: _______________________

E-posadres: _____________________________________________

inbeweging

Solidariteit koester in veranderende wêreld


inbeweging

Buckets full of benefits for our members

This is a summary of the benefits attached to Solidarity membership.The benefits are subject to the constitution and policies of the union, as well as the rules as contained in the rule book and may be amended by the Executive Council of Solidarity without prior notice. New members who can provide proof that they belonged to another trade union in a collective company immediately prior to joining Solidarity will immediately be entitled to benefits, on the understanding that in instances where such members are, upon acceptance by Solidarity, engaged in litigation or a dispute, benefit limits may be imposed by the Executive Council at its discretion.

We are on your side, come what may Labour matters

Free legal aid with labour cases Members are advised by experts on all labour matters, e.g. disciplinary investigations, injuries on duty and labour problems. Free legal re-presentation is provided for labour matters referred to the CCMA or the Labour Court. Assistance with investigations Assistance is provided in connection with investigations by the Medical Bureau for Occupational Diseases and benefits enquiries of the Compensation Commissioner and Rand Mutual, as well as work-related disability claims. Collective bargaining Competent and experienced Solidarity staff members undertake collective bargaining to negotiate better conditions of employment and salaries for members.

Photograph: iStockphoto.com

Death benefit (Doves)*

70

Funeral benefit • A dignified funeral is provided for members who qualify and his/her spouse.This includes a coffin and the funeral services. • For cremations a coffin and the usual undertaking services are provided. • A funeral of the same standard as that of adults is provided for a member’s dependent children under the age of 21 years. The undertaking services are provided solely by Doves funeral services. • The spouse may apply to continue as a member after the death of main member. • The burden of funeral arrangements is alleviated by the fact that Solidarity and Doves will make the arrangements. 04/2012 • www.solidariteit.co.za

Additional cash disbursements • At the death of paid-up members a cash amount of R3 000 is paid to the surviving spouse or dependent children. • At the death of the spouse of a paid-up member who pays full membership an amount of R2 000 is paid to the member. • Cash payments to full members at the death of children are: * Children aged between 14 and under 21 years – R1 500 * Children younger than 14 years – R1 000 • Cash payments vary when both husband and wife are members of Solidarity. Rebate on headstones A 10% rebate on headstones has been negotiated with Doves.

Permanent medical disability*

Members with 12 months’ uninterrupted membership, who provide specialist reports and proof from their employers that they are permanently unfit for any work in the labour market, receive a once-off amount of R1 500.

Maternity benefit*

A maternity benefit of R1 250 is paid for each confinement to female members with 12 months’ uninterrupted membership of Solidarity. Applications must be submitted within 6 months after the confinement.

Solidarity Magazine

Members receive 6 copies of Solidarity Magazine per year in which topical issues from the workplace as well as the Solidarity Movement’s activities are published.

Additional services

Car and household insurance

This group scheme offers members excellent premiums at Auto & General. Phone 0860 34 62 53 for a free no-obligation quote.

Solidarity Legal Aid Package

Members and their dependants can enjoy full legal cover outside the labour context for an additional premium of only R77 per month. This package provides access to civil and criminal law advice; 24-hour legal advice over the telephone; legal representation to the value of R40 000 per year (limited to R15 000 per case); access to legal documentation; and discount on, among other things, the transfer of deeds. • Call 0861 SOL REG (0861 765 734).

Solidarity Retirement Plan

Solidarity Financial Services handle the marketing of the Solidarity Retirement Plan. This product was developed as a result of the few people that are able to retire independently. The Solidarity Retirement Plan is offered in conjunction with Allan Gray. • Call 0861 101 005.

Wills and estate administration

Every member is entitled to the free drawing up of a will.The administration of the member’s estate can also be done at a market-related fee. • Call 012 644 4300.

Don’t delay, join Solidarity today!

• Phone 0861 25 24 23; visit our website at www.solidarity.co.za; SMS the word “member” and your name to 34388; or visit one of our local offices (see page 72). Membership costs R85 per month for individual members and R83 per month for collective members.


inbeweging

This is how we create hope for our members! Solidarity Helping Hand

Solidarity Helping Hand supports needy children, pensioners and widows. Every application is considered on merit. Applications may be addressed to: Solidarity Helping Hand, PO Box 11760, Centurion, 0046. Or phone 0861 25 24 23.

Bursaries

Solidarity Helping Hand manages and administrates various bursary funds and annually spend more than R5 million to assist deserving students for whom it would otherwise not have been possible to further their education. These

Solidarity offers a home for everybody With three membership categories Solidarity offers a home for everybody!

Collective members

Collective members are employed by a company with which Solidarity has a recognition agreement, or at a workplace that is incorporated by Solidarity in the collective division. Most members belong to this category. Collective members qualify for all benefits, regardless of their age.

Individual members

Individual members of Solidarity are members who are younger then 50 years at the date of joining and who are employed at a workplace where there is no recognition agreement and that is not considered by Solidarity to be collective. An individual member who turns fifty after joining remains an individual member of Solidarity. Individual members qualify for all Solidarity benefits.

students are either members of trade union Solidarity or monthly contributors to Solidarity Helping Hand and their children. For more information, contact Melani Gerber or Dinah Theron at 012 644 4428 or send e-mail to melani@helpendehand.co.za or dinah@helpendehand.co.za.

Supporting members

This membership category was introduced in response to requests from people who support Solidarity’s vision, but who do not qualify for one of the other categories, i.e. individual members who are over the age of 50 years at the date of joining. Supporting members enjoy certain benefits, excluding benefits such as collective bargaining, permanent disability, maternity benefits and the death benefit. S

* Terms and conditions apply. Call 0861 25 24 23.

www.solidariteit.co.za • 04/2012

71


inbeweging

Solidariteit-kantore: Diens op jou voorstoep Bellville

Ettienne Pio, Raymond Holland-Chapman, Anton Gerretsen, Bennie Harmse, Jan du Plessis Administratiewe beampte: Nicole Harmse Tel: 021 946 4440/4418 Faks: 021 949 4259 E-pos: bellville@solidariteit.co.za Straatadres: Du Toitstraat 18, Bellville

Bloemfontein Pieter Burger Tel: 051 430 6152/3 Faks: 051 430 6163 E-pos: bloemfontein@solidariteit.co.za Straatadres: Kellnerstraat 58C, Westdene, Bloemfontein

Boksburg Francois van Heerden, Zirk Gous, Hennie Vosloo, Amanda Hattingh, Fanie Vosloo, Derek Mans, Coenie Rheeder (litigant) • Administratiewe beamptes: Marlindie Booyens, Natasha van Heerden Tel: 011 913 0783/1101 • Faks: 011 913 3850 E-pos: boksburg@solidariteit.co.za Adres: Rondebultweg 232, Libradene, Boksburg

Carletonville Dana Viljoen Administratiewe beampte: Petro Watson Tel: 018 788 4861/018 786 2785 Faks: 011 788 5102/011 388 9854 E-pos: carlton@solidariteit.co.za Straatadres: Van Zyl Smitstraat 74, Oberholzer, Carletonville

Despatch Piet Veldtman, Wynand Strydom Administratiewe beampte: Yvette Stroebel Tel: 041 933 5144/5145 Faks: 041 933 5539 E-pos: despatch@solidariteit.co.za Straatadres: Hoofstraat 91, Despatch

Ellisras Jan Pretorius, Deon Viviers Tel: 083 651 5760 (Jan) of 078 802 0343 (Deon) Faks: 014 763 9511 E-pos: ellisras@solidariteit.co.za

*

Blaai na bladsy 6 vir Solidariteithoofkantoor se kontakbesonderhede. 72

04/2012 • www.solidariteit.co.za

Klerksdorp

Manie Lourens, Willie Marais Administratiewe beampte: Nicoline Crafford Tel: 018 468 8533 Faks: 018 468 8563 E-pos: klerksdorp@solidariteit.co.za Straatadres: Buffeldoornweg 48, Eenheid 2, Buffelparksentrum, Klerksdorp

Kathu Gert van Wyk, Adéle Liebenberg Administratiewe beampte: Jaatjé Sherman Tel: 053 723 1604 Faks: 053 723 1407 E-pos: kathu@solidariteit.co.za Straatadres: Rietbokstraat, Theque Gebou, Winkel 7, Kathu

Lydenburg Quintus Sliep Administratiewe beampte: Mariëtt Barnard Tel: 013 235 3698 / 013 235 4985 Faks: 013 235 1814 E-pos: lydenburg@solidariteit.co.za Straatadres: Versekeringsforumgebou, h.v. Viljoen- en Maasdorpstraat, Lydenburg

Newcastle Johan Botha Administratiewe beampte: Elize Bronkhorst Tel: 034 312 9711/9917 Faks: 034 312 5170 E-pos: newcastle@solidariteit.co.za Straatadres: Hardingstraat 79, Sanlampark, Blok B, Newcastle

Pietersburg Eric Schoeman Administratiewe beampte: Arlene Lourens Tel: 015 297 0287 Faks: 015 297 1589 E-pos: polokwane@solidariteit.co.za Straatadres: Biccardstraat 79 (3A), Pietersburg

Pretoria Jack Loggenberg, Chris Roodt, Schalk de Bruin, Willie Venter, Connie Badenhorst, Johan Botha Administratiewe beamptes: Christa Louw, Anke Cloete Tel: 012 335 9051/2 • Faks: 012 335 9002 E-pos: pretoria@solidariteit.co.za Straatadres: H.v. Lambert Lee- & Van Rensburgstraat, Mayville

Richardsbaai

Christo Hattingh Administratiewe beampte: Chantelle vd Merwe Tel: 035 753 1935 of 035 753 1936 Faks: 035 753 1937 E-pos: richardsbaai@solidariteit.co.za Straatadres: Angler Rodstraat 12, Meerensee, Richardsbaai

Rustenburg Connie Prinsloo en Johan Nell Administratiewe beamptes: Christelle Grobler, Charisma Breet Tel: 014 592 4336 • Faks: 014 592 4371 E-pos: rustenburg@solidariteit.co.za Straatadres: H.v. Heystek- en Thabo Mbekistraat, Heystek Ontwikkelaars, Kantoor 4, Total Garage

Secunda Kobie de Villiers Administratiewe beampte: Sandra Scheepers Tel: 017 634 5296 Faks: 017 634 5297 E-pos: secunda@solidariteit.co.za Straatadres: Eerste Vloer, h.v. Joe Slovo- en Moorestraat, Uitbreiding 22, Secunda

Vaaldriehoek Jaco van den Berg, Johan Venter, Francois Calldo, Gerhard Cloete, JJ Fernandes, Lee Coetzee, Le Roy Fritz (litigant) Administratiewe beamptes: Nadia Coetzee, Rika Cronje Tel: 016 931 3160/2/4 • Faks: 016 931 3171 E-pos: vaaldriehoek@solidariteit.co.za Straatadres: Rossini-boulevard 130

Welkom Hennie Kommer Administratiewe beamptes: Sue Nel Tel: 057 352 6839 Faks: 057 357 2072 E-pos: welkom@solidariteit.co.za Straatadres: Winkel nr. 5, Eerste vloer, The Strip, Metro Village, Stateway 312, Welkom

Witbank Cornelius van Leeuwen, Jo-Anne Coetzer Administratiewe beamptes: Irma Oberholzer, Sonja Bekker Tel: 013 656 3871 • Faks: 013 656 6846 E-pos: witbank@solidariteit.co.za Straatadres: Bureau de Paul 2B, Corridorsingel, Route N4 Business Park, Ben Fleur X11


in Retrospek

Marietha Malan is ’n onderwyser by Alma-skool, ’n skool vir gestremdes, en is ’n ma van vyf.

Halleluja vir vandag se vreugdetjies Deur Marietha Malan

Foto: iStockphoto.com

“H

Khanita is mal oor verjaarsdae. Sy is ’n bekkige waterhofie in my klas. Haar groot kop is so swaar dat haar nek dit nie kan regop hou nie. Die rolstoel het ’n spesiale kopstuk en moes agteroor gestel word sodat sy gemaklik daarin kan lê.

i Teacher,” groet sy my elke dag, al van die begin van die jaar af. “Is it your birthday today?” En elke dag moet ek antwoord dat dit nog nie my verjaarsdag is nie. “Oh,” sê sy dan, ’n bietjie afgehaal. Dan, elke liewe dag, helder haar gesig weer op: “Tomorrow is my birthday!” sê sy. En weer moet ek haar elke dag geduldig vertel dat sy nog nie verjaar nie, eers in Oktober. En toe, een blye dag, is dit op ’n mooi wintersoggend sowaar my verjaarsdag. Die vorige dag besef ek dat ek Khanita darem sleg sal teleurstel as ek sonder ’n koek daar aankom. Ek koop dus ’n lekker ongesonde roomkoek, ’n paar pakke skyfies en mooi versierde kolwyntjies. Gewapen met dit alles, stoot ek op hierdie spesiale dag my klasdeur oop, waar Khanita al vir my wag. “Hi Khanita,” spring ek haar voor. “Guess what? It is my birthday today!” Die yslike koppie draai in my rigting, en haar oë rek. Sy kyk na al die lekkernye wat ek vashou. “HAA-LE-LUJA!” roep sy, en vergeet skoon om te vertel van haar verjaarsdag die volgende dag. En wat ’n verjaarsdag was dit nie! Ons het gesing, geklap, geëet, en almal het help kersies doodblaas. Elf roomgesiggies het wittand geglimlag. Ja-nee, halleluja! Wat ’n fees! Uiteindelik is dit Juffrou se verjaardag! Ons is maar almal Khanita’s voor die Here, dink ek die middag op pad terug huis toe. Ons weet nie regtig wat die volgende dag wag nie. Boonop vergeet ons om in die hede te leef, omdat ons die hele tyd moet regmaak vir ’n verjaarsdag, ’n troue, ’n funksie, ’n vergadering, ’n sperdatum van dinge wat moet klaar wees. Kyk maar om jou op straat, of in die gange by die werk: Almal is vreeslik haastig en doelgerig op pad na ’n Baie Belangrike Ding toe. Daar is amper nie tyd om te groet of te glimlag nie, want Iets Moet Nou Gedoen Word. Gaan jy oor ’n maand, of selfs ’n week, onthou wat jy op daardie spesifieke dag en tyd as so belangrik

geag het? Hoeveel van jou allerbelangrike tyd spandeer jy aan jou geliefdes en medemense – hulle wat wel sal onthou dat jy vir hulle omgegee het? Presies dit leer die Here vir die flukse Marta, Lasarus se suster. Terwyl Hy by hulle aan huis is, draf Marta rond om alles klaar te maak, terwyl Maria by Sy voete kom sit. Marta kom kla toe: “Here, hinder dit U nie dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê sy moet my kom help!” Rustig antwoord die Here Jesus toe: “Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge, maar net een ding is nodig. Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie.” Vind jy vreugde in die klein en vanselfsprekende daaglikse vreugdetjies? As dit vir jou moeilik is, dink vir ’n oomblik aan Khanita wat nie eers haar eie koppie kan regop hou nie. Wat nooit sal loop of selfs regop sit nie. Khanita, wat twee ontwrigte heupe het, wat baie pynlik is as ’n mens haar doek ruil. Maar wat tog oneindige vreugde vind in Juffrou se verjaarsdag en die roomkoek al singende vir haarself met haar een funksionele handjie voer. Die dag ná my verjaarsdag stoot ek weer my klasdeur oop. “Hi Teacher!” roep Khanita. “Is it your birthday again today?” “No, Khanita,” lag ek. “Yesterday was my birthday.” “Oh,” sê sy, effens afgehaal. Tot haar gesiggie weer, soos gewoonlik, ophelder: “You know, tomorrow is my birthday...” S www.solidariteit.co.za • 04/2012

73


promosie Foto: iStockphoto.com

Eis só sonder sukkel van jou mediese skema Wat is die verskil tussen die skema- en gekontrakteerde tarief? Die gekontrakteerde tarief is die tarief wat deur jou mediese skema goedgekeur en kontraktueel met spesifieke gesondheidsorgverskaffers ooreengekom is. Hierdie tarief word gehef deur gesondheidsorgverskaffergroepe vir verskillende gesondheidsorgdienste soos ooreengekom met jou skema. Die skematarief is die tarief wat jou mediese skema betaal vir dienste gelewer deur gesondheidsorgverskaffers in die algemeen, maar dit kan ooreenkom met die gekontrakteerde tarief wat betref dienste deur byvoorbeeld spesialiste en in hospitale gelewer. Normaalweg geld die skematarief egter vir dienste uitgesluit dié van gesondheidsorgverskaffers waarmee ’n gekontrakteerde tarief ooreengekom is. Die skematarief verskil van skema tot skema. Vir watter dienste kan ek ’n eis indien? Jou voordele-opsie bepaal vir watter gesondheidsorgdienste en -uitgawes jy kan eis. Sommige

dienste kan ingevolge die reëls van jou voordeleopsie van voordele uitgesluit of aan ’n maksimum voordelebedrag onderhewig wees. Voorafgoedkeuring of -registrasie mag ook vir sekere dienste vereis word voordat dit betaal kan word. Indien hierdie dienste nie vooraf goedgekeur word nie, kan ’n bybetaling geld. Die maklikste manier om uit te vind vir watter dienste geëis kan word, is om jou voordelebrosjure te raadpleeg. Dit verskaf volledige besonderhede oor die mediese voordele waartoe jy toegang het. In Medihelp se geval kan ons kliëntesorgsentrum ook geskakel word, of lede kan ons kliëntedienstoonbank persoonlik besoek. Nog ’n bron van inligting is jou makelaar. Hoeveel tyd het ek om ’n eis in te dien? Die indieningstydperk verskil van skema tot skema en is iets wat jy dus by jou eie skema moet uitvind. In Medihelp se geval moet eise ingedien word voor of op die laaste werkdag van die vierde kalendermaand wat volg op die maand waarin die diens gelewer is.

Eise kan terugverwys word weens foutiewe of ontbrekende inligting wat die uitbetalingsproses kan vertraag. Dit is belangrik om te onthou dat dit die lid van ’n mediese skema se verantwoordelikheid bly om toe te sien dat sy of haar eise binne die indieningstydperk ingedien word, selfs al dien die diensverskaffer die rekenings direk by die mediese skema in.

Wie dien my eise in? Enige gesondheidsorgverskaffer kan sy of haar eise direk by ’n mediese skema indien. Die meeste verskaffers dien hulle eise deesdae direk in elektroniese formaat in. In sulke gevalle is dit nie nodig dat jy ook ’n rekening indien nie. Onthou wel om jou rekeningstate wat jy van jou mediese skema ontvang gereeld na te gaan om te verseker dat alle rekenings wel ingedien word. Die rede hiervoor is dat die tydige betaling van eise jou verantwoordelikheid bly. Soms stuur ’n gesondheidsorgverskaffer vir jou ’n afskrif van die rekening wat hy elektronies ingedien het. Hierdie duplikaatrekening dien bloot om jou van die eis in te lig en jy hoef dit nie weer by jou mediese skema in te dien nie. Indien jy self vir ’n diens betaal het en van jou skema wil eis, moet jy die bewys van betaling by jou eis aanheg. Indien die eis vir voordele kwalifiseer, sal jou mediese skema jou direk betaal. Hoe gemaak met buitelandse eise? As jy en jou gesin of een van jou afhanklikes in die buiteland wil reis, moet jy gewoonlik jou mediese skema van die voorgenome besoek in kennis stel. Dit is om te verseker dat buitelandse mediese eise doeltreffend verwerk kan word. Maak presies seker vir watter toestande jou mediese skema jou in die buiteland dekking sal verleen en wat die prosedure is. In Medihelp se geval geniet lede byvoorbeeld voordele vir mediese noodtoestande vir 90 dae ná hul vertrek uit Suid-Afrika. Buitelandse eise moet Medihelp steeds binne die voorgeskrewe indieningstydperk bereik. Medihelp kan egter nie die buitelandse verskaffer direk betaal nie en alle eise-uitbetalings sal dus aan die lid gemaak word.

Nog nie ’n Medihelp-lid?

SMS “Kontak my” na 32291 as jy meer inligting oor Medihelp se uitstekende voordele-opsies verlang.

74

04/2012 • www.solidariteit.co.za



Solidariteit Tydskrif uitgawe 4 van 2012