Solidariteit Tydskrif Uitgawe 1 van 2012

Page 52

inbeweging

Helpende Hand spog met nuwe hoof Solidariteit Helpende Hand het in Januarie vir dr. Danie Brink as nuwe uitvoerende hoof van die organisasie verwelkom. Danie (42), tot onlangs hoof van die FAK, sal veral aandag skenk aan die strategiese uitbou van die organisasie en alle bestaande projekte.

D

Foto’s: Reint Dykema & iStockphoto.com

Deur Juanita du Preez

anie (foto regs) is ’n hoogs ervare wiskunde-onderwyser en oudskoolhoof wat sy verdere studies in wiskunde-onderwys aan die Universiteite van Virginia en Georgia in die VSA voltooi het. Sy passie vir onderwys pas soos ’n handskoen by Solidariteit Helpende Hand se beleid van bemagtiging deur opleiding. “Kom ons bekwaam mense sodat hulle nie gehelp hoef te word nie, maar na hulleself kan omsien,” is sy filosofie. Danie sien daarna uit om sy projek vir Afrikaanse wiskunde-onderwysers wat hy reeds by die FAK in die lewe geroep het, by Solidariteit Helpende Hand uit te brei.Tydens sy jare as wiskunde-onderwyser het Danie bewus geword van die ernstige tekort aan Afrikaanse kongresse oor wiskunde-onderrig. Engelse kongresse word wel gereeld aangebied. Die eerste Afrikaanse kongres vir wiskundeonderwysers is verlede jaar aangebied. Vanjaar word die kongres in die Wes-Kaap en Gauteng aangebied.Wêreldbekende sprekers van regoor die wêreld sal die kongresse bywoon en waardevolle inligting met die onderwysers deel. Danie is ook opgewonde oor die vooruitsig om plaaslike kenners uiteindelik die geleentheid

te gee om in Afrikaans oor wiskunde te gesels. Tussendeur gee Danie ook nog klas by die Akademie vir Reformatoriese Opleiding en Studies (AROS). Wanneer hy hom nie met wiskunde besig hou nie, bestee Danie tyd saam met sy vrou en vier kinders, Mieke (10), André (8), Johann (5) en Rachel (3). Sy vrou, Liese, is ’n opgeleide fisioterapeut, maar vervul deesdae die

uitdagende rol van tuisskoolonderwyser. Danie is ’n plaasseun van Steynsrus in die Vrystaat.“Tydens my jare op die plaas was uitstappies iets wat selde gebeur het,” vertel hy. “Dit is dalk hoekom ek steeds opgewonde raak daaroor om saam met my gesin by ’n restaurant te gaan eet!” Sy pa het ’n gemengde boerdery op hulle plaas bedryf. Sy ouer suster is ’n tuisbly-ma en sy jonger broer ’n wildbewaarder. Danie probeer baie hard om nie fanaties te raak oor rugby nie. Hy ondersteun die Springbokke en natuurlik die Cheetahs, sê hy. Oral waar hy skool gegee het, het hy dié sport afgerig – selfs in die VSA. Danie hou ook daarvan om gholf te speel, “maar net op sosiale vlak”. Hy draf graag en is mal oor gemengde gevegskuns (MMA). Nog ’n verrassende gawe wat Danie het, is sy sangtalent. Hy was in die weermag deel van die bekende Kanaries-sanggroep. Wanneer Danie tyd het om te lees, hou hy veral van geestelike en kinderopvoedingsboeke. Hy is ook mal daaroor om te reis. “Ek sien versigtig optimisties uit na die uitdaging wat die pos as hoof van Solidariteit Helpende Hand vir my inhou,” sê Danie. S

Danie se gunstelinge

• Motor: Mercedes • Kos: Enigiets waaronder ’n vuur gemaak kan word, veral ’n skaaptjoppie. • Drank: Rooiwyn en Dr Pepper’s • Sport: Rugby en MMA • Flieks: Gladiator, Warrior en Braveheart. 52

01/2012 • www.solidariteit.co.za


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.