Solidariteit Tydskrif Uitgawe 1 van 2018

Page 28

BEDRYFSNUUS

Die groot grys gebied van waardasies DEUR FRANCOIS SMIT

D Foto’s: iStockphoto.com

ie onlangse Steinhoffdebakel is al holrug gery, maar hoe verstaan die oningeligte belegger, wat nie elke dag met dié sake te doen kry nie, wat hier

gebeur het? Vir doeleindes van die teks maak asseblief die aanname dat ons deurgaans verwys na ’n bestaande besigheid of maatskappy. Die kern van die teks is om finansiering as instrument binne ondernemings te posisioneer, en dan ’n kort verduideliking aan die einde te bied oor hoe dit blyk tot die ondergang van Steinhoff gelei het. Geen onderneming kan sonder finansiering funksioneer nie. Of dit gedoen word uit interne fondse wat gespaar word

28

Uitgawe 1 van 2018 • www.solidariteit.co.za

of uit fondse wat ekstern verkry word, besigheid kan nie daarsonder bedryf word nie. In die beleggingsbedryf word na hierdie finansiering verwys as bateklasse, en dit is hoe beleggers in byvoorbeeld pensioenfondse se geld by groot maatskappye beland. Die bekendste vorm van finansiering is ’n banklening. Banke verkry geld van beleggers en by die Reserwebank teen ’n sekere koers en probeer dit teen ’n hoër koers uitleen. Dit is die sogenaamde geldmark. Die man op straat se geldjie wat in sy pensioenfonds gespaar word, word ook in sulke geldmarkinstrumente aangewend. Dié geld verdien rente. Maatskappye met ’n sterk balansstaat en ’n goeie kredietgradering kan die roete van langertermynfinansiering in

die vorm van effekte (in Engels “bonds” genoem) volg. Dit is instrumente waarvolgens maatskappye langtermynfinansiering bekom wat op ’n sekere datum in die toekoms terugbetaal moet word en waarop daar intussen rente betaal word. Dit is die sogenaamde kapitaalmark. As jy ooit weer verby ’n motorhandelaar ry en wonder waar die geld vir die mooi gebou vandaan kom, kan jy aanvaar dit is tipies deur middel van kapitaalmarkinstrumente gefinansier. Aangesien só ’n uitgawe gewoonlik aansienlike bedrae geld beloop, is dit gebruiklik om die fondse te bekom waar mense se geld gepoel word, tipies by ’n pensioenfonds of ’n batebestuurder. As ’n maatskappy verkies om nie die roete hierbo te volg nie, kan hulle finansiering bekom in ruil vir aandele. Dit kan


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.