Page 1

NR. 3 VAN 2010 R16,95 (BTW ING.) GRATIS AAN LEDE

I SSN 1683562 -X

9 771683 562000 www.solidariteit.co.za

AKSIE, TRANE, HOOP BY SOLIDARITEIT-KONGRES


9

INhoud

INhoud N O M M E R

3

V A N

2 0 1 0

gereeld 6 7 8 22 46 60 62 63 64 66 68 69 70

nuuswaardig

44

60

10 11 12 14 15 16 18 20 21 22 24 25 44 50 51 51 51 51 54 58 67

Grondplanne kan landbou leegstroop Solidariteit Tydskrif betree kuberruim It doesn’t matter if you’re black or white SA rooi geverf op dag van protes Koste van misdaad dalk meer as dié van oorlog Aksie, trane en hoop by kongres Vakbond vereer verskilmakers ’n Instelling wat vir jou regte veg AfriForum Jeug doen stappe teen Julius Malema Helpende Hand stel loopbaangids bekend Skei inligtingskaf strategies van die koring Kry perspektief met Solidariteit Radio Moenie dat aftreehervorming spaar rem Sol-Tech se gronddroom bewaarheid Wenners, wenners, wenners! Pluimpies vir kollege Gesoek: Gasheerwerkgewers vir studente Registrasiedatum breek aan Employment growth still lagging Unemployment: A ticking time bomb Dit is pekanneuttyd in Orania!

vakbondfokus 26 52 72 73

Bedryfsnuus: Alles en nog wat oor die bedrywe waarin Solidariteit funksioneer Lidmaatskap: ’n Wen-wen-vennootskap Solidariteit-dienskantore tot u diens Stuur jou verwysings en wen ’n CD

>>>

14

INTRAPSLAG: Gewone mense, buitengewone dinge KUBERKLETS: Hieroor word gegons SPREEKBUYS: Ons sal toekoms bou met ons eenrande en tienrande MY WERK: Slaan werkverwante stres en uitbranding hok met dié wenke MY GELD: Vyf groot slaggate in aftreevoorsiening OCCUPATIONAL HEALTH & SAFETY: Medical incapacity: 21st-century threat to sustainable employment ARBEIDSAKE: Regsdienste behaal nog talle welslae ARBEIDSAKE: Wanneer flikkers gooi te veel word JY & DIE REG: Lesers se regsvrae beantwoord DIE LEES WERD: Hardebaarde, boesemvriende & Prinses Vlooi... HISTORIES GESPROKE: Waar die pynlikste oorlog beëindig is HISTORIES GESPROKE: Deur storms na ’n tuiste van vryheid STILW(O)ORD: Wegkruipseuntjie

37

GEFOKUS Lees vanaf bladsy 37 hoe Helpende Hand ’n daadwerklike verskil maak.

58


redakteursbrief

Gewone mense, buitengewone dinge

s

SOLIDARITEIT-HOOFKANTOOR SOLIDARITY HEADOFFICE

oos wat Solidariteit die afgelope paar jaar gegroei het, het mense al groter verwagtings van die vakbond en sy filiale begin kry. Ons kry daagliks talle oproepe, e-posse en besoeke van mense wat verwag dat ons hulle probleme, en die probleme van hul gemeenskappe en selfs die land, moet oplos. Van die verwagtings is dat Solidariteit moet sorg dat korrupsie in die staatsdiens uitgeroei word. Mense verwag ook dat ons die misdaadprobleem in die land moet oplos, moet verhinder dat beurtkrag weer deel van ons lewe word, en moet sorg dat regstellende aksie uitgefaseer word. Ander probleme sluit in studieen beursgeleenthede vir jongmense, armoede, onderwys en veral Afrikaanse onderwys. jaco kleynhans Solidariteit wil en kán ’n verskil maak. Ons wil graag die probleme wat ons mense elke dag in die gesig staar probeer oplos of ten minste die gevolge daarvan verlig. Solidariteit en sy filiale is egter van gewone mense afhanklik om buitengewone dinge te doen. ’n Goeie voorbeeld hiervan is die Solidariteit-lid Renate Barnard wat vir drie jaar nie bevordering in die SuidAfrikaanse Polisiediens (SAPD) gekry het nie omdat sy wit is. Die bevorderingspos waarvoor sy aansoek gedoen het, is vakant gelaat omdat daar ook geen geskikte swart kandidaat was nie. Daar vind daagliks soortgelyke diskriminasie in die werkplek plaas. Renate Barnard het egter die moed gehad om na haar vakbond (Solidariteit) te kom om haar saak hof toe te neem. Ja, sy was waarskynlik ook bang om geviktimiseer te word of dat die hofsaak slegte verhoudings met haar kollegas in die SAPD sou veroorsaak, maar sy het besef dat dit oor iets baie groter as net haar persoonlike ervaring gaan. Sy was bereid om, deur haar eie loopbaan op die spel te “Solidariteit en sy filiale is van plaas, vir baie ander mense in die toekoms geleenthede te skep. Sonder Renate se gewone mense afhanklik om waagmoed kon Solidariteit nie ’n saak buitengewone dinge te doen.” suksesvol teen die SAPD se rassistiese toepassing van regstellende aksie dryf nie. Dieselfde geld veldtogte teen misdaad, korrupsie, armoede en diskriminasie (veral op die gebied van onderwys en taal). Dit is die mense wat elke maand ’n bydrae, hoe klein ook al, aan Solidariteit Helpende Hand maak, wat werklik ’n verskil in jongmense se lewe maak en dit vir hulle moontlik maak om kos, klere en toegang tot onderrig te hê. Solidariteit-lede stel deur hulle bydraes tot die Solidariteit Groeifonds meer as 400 Afrikaanse jong mans in staat om opleiding in tegniese rigtings in hul moedertaal by Sol-Tech te ontvang. Mense met verwagtings moet ook mense met dade wees. Dit is goed en wel dat jy verwag dat sekere probleme opgelos word. Ek het ook sulke verwagtings. Ons het egter ook elkeen ’n plig om meer te doen om hierdie probleme op te los. Moenie die grootte van jou bydrae onderskat nie. Indien ons almal saamstaan om die probleme op te los, kan ’n R50-skenking aan ’n beursfonds eindelik die toekenning van beurse aan honderde, indien nie duisende, studente moontlik maak. Die vraag is: Hoe maak jy ’n verskil?

FOTO: YOLANDÉ TERBLANCHE

INTRAPSLAG

H.v. D.F. Malan- & Eendrachtstraat, Kloofsig Tel: 012 644 4300 www.solidariteit.co.za 0861 25 24 23 REDAKTEUR ■ EDITOR Jaco Kleynhans NUUSREDAKTEUR ■ NEWS EDITOR Ilze Nieuwoudt FOTOREDAKTEUR ■ PHOTO EDITOR Reint Dykema WEBREDAKTEUR ■ WEB EDITOR Daleen de Jager ADVERTENSIES ■ ADVERTISEMENTS Denise Viljoen, tel: 082 352 7147 Adrie van Dyk, tel: 082 850 6784 ADVERTENSIE-ONTWERP ■ ADVERTISEMENT DESIGN Martie Maree TAALVERSORGING, VERTALING ■ LANGUAGE EDITING, TRANSLATION Chalize Moran, Anesta van Eeden INTEKENARE ■ SUBSCRIPTIONS Heleen Robbertse REKENINGE ■ ACCOUNTS Elna Botes MEDEWERKERS ■ CONTRIBUTORS Marietha Malan, Paul Joubert, Magdaleen Kleynhans, Reint Dykema, Daleen de Jager, Ilze Nieuwoudt, Moira-Marie Kloppers, Francois Calldo, Surika van Schalkwyk, Charl Oberholzer, Lindie Strydom, Johan Roos, Ernst Roets UITLEG, ONTWERP, REPRODUKSIE ■ LAYOUT, DESIGN, REPRODUCTION

tel: 082 445 4513 aksentmedia@vodamail.co.za DRUKWERK ■ PRINTING Paarl Media Gauteng VERSPREIDING ■ DISTRIBUTION Prestige Bulk Mailers, Pretoria

Solidariteit Tydskrif is lid van die Ouditburo vir Sirkulasie en word uitgegee deur Solidariteit, Posbus 11760, Centurion 0046. Geen deel van die inhoud mag sonder die toestemming van die redakteur elders gebruik word nie. Solidariteit of die tydskrif aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige aansprake wat deur adverteerders gemaak word nie.

JACO KLEYNHANS REDAKTEUR nommer 3 van 2010

6

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


kuberklets

POSBUS

K UBERKLETS hieroor word gegons

Solidariteit se sosiale media woel met menings, raad, voorstelle en kommentaar! Daar is reeds meer as 11 000 vriende wat deel geword het van Solidariteit se groepe op Facebook, wat AfriForum, AfriForum Jeug en Helpende Hand se groepe insluit. Hou aan kommentaar lewer, Solidariteit hou sy ore gespits!

Mev. Barnard skryf: Hiermee wil ek graag my dank en waardering uitspreek teenoor Petro van Solidariteit se Carletonville-kantoor vir die vriendelike en vinnige manier waarop sy hulp verleen het ná die afsterwe van my man. Dankie ook aan Martie by Doves in Krugersdorp wat my met groot deernis behandel het en vir die reëlings wat vlot verloop het. Baie dankie Solidariteit en in die besonder Petro en Martie vir julle puik diens. DJA Nel skryf: Net ’n woord van dank oor die wyse waarop Solidariteit ons ondersteun en bygestaan het ná die afsterwe van my broer,

Vic Nel. Ons wil ook dankie sê aan Doves wat ons met die reëlings bygestaan het. Vir my is dit ’n absolute voorreg om lid van so ’n puik vakbond te wees. Annelle Germeshuys skryf aan die Vaaldriehoek-kantoor: Ek wil u bedank vir die flink diens asook voordeel wat ek van Solidariteit ontvang het ná die geboorte van my drielingdogtertjies. Die diens was werklik voortreflik. Skaars ’n week nadat my aansoek ingedien is, was die meevaller in my bankrekening. Ongelooflik! Anli Ferreira skryf: As vakbondverteenwoordiger van Patensie Sitrus (Oos-Kaap) wil ek graag vir Piet Veldtman bedank vir die hulp en ondersteuning die afgelope vyf jaar. Ons is al in die tweede reeks afleggings en as dit nie vir hom was nie, sou ons lede baie slegter daaraan toe gewees het. Dankie Piet!

Aansluiting by Solidariteit net ’n SMS ver! Solidariteit maak dit voortdurend makliker vir mense om by die vakbond aan te sluit. Benewens die feit dat jy deur Solidariteit se webtuiste of by enige van ons kantore by die vakbond kan aansluit, kan jy ook aansluit deur bloot ’n SMS te stuur. Solidariteit se dienssentrum sal jou dan terugskakel en vinnig en maklik telefonies help aansluit. Al wat jy hoef te doen, is om die woord “LID” na 34388 te stuur. SMS’e kos R2.

FACEBOOK Reaksie op Solidariteit se besluit om ’n protesaksie teen misdaad te reël: Robain Polly Every person in this country who is sick of crime must be part of this! Get involved people! Marie Visagie Dit breek ’n mens se hart – die moord in ons land. Bring asseblief die doodstraf terug; dis al hoe ons land teen misdaad gered gaan word. Asseblief, ons smeek, bring terug die doodstraf!

FOTO’S: iSTOCKPHOTO.COM

Alice Marshall Niemand is veilig nie. Niemand weet wie se geliefdes is volgende nie. Die vooruitsigte is baie droewig op die oomblik. Wonder net wanneer gaan ons sê: Genoeg!

TWITTER 11petrus2 @solidariteit. Kry die misdaadaksie aan die gang. Ek is so moeg van die totale agteruitgang dwarsdeur die land. JBerdou @solidariteit. It’s time to organise a nationwide tax boycott. Only when you hit the wallett will the government listen.

PJ Uys Bid en bid. Glo in Hom en vertrou op Hom. God ons Skepper sal gee en ons deur dié tyd dra. Mag God vandag by elke liewe een van julle wees. Amen. number 3 of 2010

Word deel van die gesprek by www.soldariteit-blog.co.za of op een van die sosiale netwerke. Of skryf aan Solidariteit Tydskrif, Posbus 11760, Centurion 0046; of stuur e-pos na jaco@solidariteit.co.za. Die redakteur behou hom die reg voor om enige bydrae te verkort, te redigeer of glad nie te publiseer nie.

7

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


spreekbuys

Ons sal die toekoms bou met ons

eenrande en tienrande

Soos pres. Paul Kruger gesê het: Neem uit die verlede wat goed is en bou die toekoms daarop. En met elke lid se eenrande en tienrande ís dit moontlik om ’n toekoms vir ons kinders te bou, skryf FLIP BUYS.

w

FOTO: REINT DYKEMA

innie Mandela het die wêreld op 13 April 1986 geskok toe sy gesê het: “Ons sal hierdie land bevry met ons vuurhoutjies en ons buitebande.” Dit was ander tye en SuidAfrika was toe ’n ander land. Maar nou ja, dit is een ding om te struggle, maar dit is iets totaal anders om te regeer. Kyk ’n mens na die verval in die land, is dit ongelukkig duidelik dat baie elemente van die ou struggle-kultuur van die ANC nog sigbaar is in die manier waarop hulle die land probeer bestuur. Dit lyk soms of daar meer afgebreek as opgebou word. Die vraag is wat ’n organisasie soos Solidariteit se strategie in hierdie tye moet wees. Dit is nie die eerste keer dat hierdie vraag gevra word nie. Dit is in die geskiedenis al ’n hele paar keer gevra toe dinge sleg gelyk het. Die vraag is daarom gelukkig ook al voorheen beantwoord en ’n mens hoef net na die welslae van ons voorouers te kyk om die suksesresep te kry. Die beste voorbeeld bly die antwoord wat president Paul Kruger op sy sterfbed oor die pad vorentoe gegee het, nadat feitlik die hele land deur die oorlog verwoes en meer as 30 000 plase onder die Britse Verskroeideaardebeleid afgebrand is. In sy afskeidswoorde het hy onsterflike raad gegee wat die grondslag gevorm het van die na-oorlogse opbou van die land: Neem uit die verlede wat goed is en bou die toekoms daarop.

SPREEKBUYS flip buys

OPBOUKULTUUR Hierdie raad om op te bou wanneer dit sleg gaan eerder as om saam af te breek, het gelei tot die opboukultuur waarmee die land vanuit die rokende murasies weer opgebou is tot die sterkste staat in Afrika. Dit is veral gedoen deur die stigting van instellings op besigheids-, kulturele, maatskaplike, onderwys- en opleidingsgebied. Gemeet teen die meeste ander lande, was die stigting van sakeinstellings soos Sanlam, Volkskas en Yskor, asook honderde suksesvolle skole en talle voorste universiteite ’n wonderwerk, veral in ’n Afrikaland. nommer 3 van 2010

8

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


spreekbuys Maar ander terreine het ook aandag gekry. Die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie het op maatskaplike gebied derduisende armes opgehef en talle ouetehuise en kinderhuise is gestig. Die FAK is op kultuurgebied gestig, terwyl talle vakbonde gevorm is om veral veiligheid en gesondheid in myne en fabrieke te verbeter. Niemand het ons voorouers gehelp nie. Hulle het ’n selfhelpstrategie gevolg wat volhoubaar was. Al hierdie instellings saam het gelei tot die suksesvolste modernisering van ’n gemeenskap in Afrika se geskiedenis – ’n goeie voorbeeld van kultuurkapitaal in aksie!

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

DEMODERNISERING Ná die politieke omwenteling in die land is talle van hierdie instellings totaal omvorm en min instellings het oorgebly wat nog die wil en die vermoë het om iets te doen, terwyl die res, soos die Afrikaanse skole, onder groot druk verkeer. Die uiteinde van hierdie reuse-transformasieprojek was ongelukkig die “demodernisering” of aftakeling van soveel voormalige goeie skole, opleidingskolleges, staatsdepartemente, dorpe, hospitale en ander instellings. Kortom, die struggle-kultuur het nie in die regering gewerk nie. Baie mense het as gevolg hiervan so negatief geword, dat hulle die land verlaat of net onttrek het van alles, terwyl ander tou opgegooi of net nie meer omgegee het nie. Sommiges het hul selfs verlekker in al die mislukkings en rassistiese grappe daaroor gemaak! Maar nie almal het die wyse woorde van Paul Kruger vergeet nie... SUKSESRESEP Die kuns is om ’n ou suksesresep met ander bestanddele in nuwe omstandighede toe te pas. By Solidariteit het ons nie gaan lê nie. Ons het besluit om dit wat goed en mooi was in die verlede te gebruik om ons ideale opnuut te vorm en weer die toekoms daarmee op te bou. ’n Hele reeks instellings is suksesvol gestig, elkeen met sy eie doel en fokus om ’n bepaalde terrein op te bou. Helpende Hand is gestig en met die R1 afkomstig van elke lid se maandelikse bydrae is ’n beursfonds begin waarmee ’n paar duisend jongmense die afgelope vyf jaar deur studiebeurse gehelp is om hulself te help. Verder is sowat 5 000 graadeens gehelp met ’n skooltas en skryfbehoeftes. Talle noodvoedingsprojekte is onderneem om lede wat hulle werk in krisisse verloor, soos nou onlangs in Springs by Aurora, kos te gee teen R25 000 per week. Tonne kos en klere word landwyd aan

Solidariteit Groeifonds maak drome waar Die Groeifonds – • bestee in 2009 en 2010 bykans R15 miljoen aan toerusting vir Sol-Tech en R2,5 miljoen aan beurse vir lede se kinders; • koop grond vir ’n kampus vir byna R8 miljoen; • ken verblyfbeurslenings toe aan 106 studente wat buite Pretoria woon; en • help 700 jongmense met studies gedurende 2010.

armes gegee, veral in die winter. Dit alles word moontlik gemaak deur vrywillige ledebydraes wat wissel van R1 tot R100 per maand, met enkele groter bydraes waarvoor ons baie dankbaar is. Daar is veral twee naamlose donateurs wat buitengewone groot bedrae geskenk het waarmee Helpende Hand se noodvoedingsprojekte by skole en ons beursskema op ’n nuwe vlak geplaas is. Dankie is so ’n klein woordjie vir almal wat help en wat dikwels self nie altyd genoeg het nie, maar namens al hierdie kinders en jongmense wil ek weer sê: Dankie. GROEIFONDS Sol-Tech is gestig en het aanvanklik klein begin omdat tegniese opleiding peperduur is. Maar sedert die stigting van die Groeifonds het R10 van elke lid se maandelikse bydrae gehelp om Sol-Tech in ’n volwaardige tegniese kollege met meer as 400 vakleerlinge te omskep. Die Groeifonds het verlede jaar meer as R10 miljoen bestee aan die aankoop van opleidingstoerusting, wat gehelp het om SolTech op die voorpunt van opleiding te plaas. Hierdie jaar word nog sowat R3,3 miljoen se toerusting gekoop om te voldoen aan die Seta-vereistes om vakleerlinge in die elektriese, meganiese, motorwerktuigkundige en

number 3 of 2010

9

megatronikavelde op te lei. Drie verskillende sentrums word in Pretoria gehuur waar die opleiding aangebied word, omdat die droom van ’n eie kampus tot dusver net te duur was. Om persele te huur, is egter op die lange duur nie kostedoeltreffend nie en die groot nuus is dat ons onlangs ’n perseel aangekoop het teen net minder as R8 miljoen waar ons ’n kollege wil oprig. Ons beplan tans om ’n Afrikaanse afstandsonderrigkollege op die been te bring wat ook op die perseel gehuisves sal word. Fondswerwing vir die eerste fase van die geboue, wat waarskynlik uiteindelik meer as R60 miljoen sal beloop, sal eersdaags begin. STUDIEHULP Daar is ook 100 verblyfbeurslenings toegeken aan kinders van lede wat meer as 80 km buite Pretoria bly. Meer as R3,5 miljoen se beurslenings sal vanjaar vir studiehulp toegeken word. Meer as 500 jongmense word elke jaar met naskoolse studies bygestaan. Kom ons wees eerlik: Met ’n strugglekultuur kan ’n mens nie opbou nie en die vryheid wat verkry word met vuurhoutjies en buitebande is nie die prys werd nie. Kom laat ons eerder ’n blywende toekoms opbou met ons eenrande en tienrande. So ’n toekoms is baie meer as die geld werd. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

Grondplanne kan landbou leegstroop

t

Deur Ilze Nieuwoudt

erwyl die regering besig is om ’n nuwe grondhervormingsrigting in te slaan, voorsien derduisende boere regoor die land steeds voedsel in uiters moeilike omstandighede aan die land. Dié nuwe planne, wat op ’n aandeleskema neerkom, kan landbou, soos dit tans in Suid-Afrika bedryf word, op sy rug keer en dié bedryf blitsvinnig leegstroop.

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

BELOFTES MAAK SKULD Volgens Bennie van Zyl, hoofbestuurder van die Transvaalse Landbou-unie van SuidAfrika (TLU-SA), wat duisende kommersiële boere in Suid-Afrika verteenwoordig, het die regering talle beloftes gemaak en teikens gestel ten opsigte van grondhervorming wat eenvoudig nie haalbaar was nie. Hoewel die regering beoog het om teen 2014 reeds 30% van die land se landbougrond aan swart eienaars oor te dra, is dié teiken nie naastenby bereik nie. Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, bosbou en visserye, hou vol dat die praktyk van gewillige koper, gewillige verkoper grotendeels vir dié mislukking verantwoordelik is. Slegs sowat 5% van landbougrond is reeds as deel van die regering se grondhervormingsprogram oorgedra. Hierdie syfer kan egter sterk in twyfel getrek word omdat die regering nie kan bewys hoe hulle daarby uitkom nie en omdat dit ook nie landbougrond insluit wat aan die regering en swart beheerde maatskappye behoort nie. Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, het op sy beurt gesê dat die regering eenvoudig nie genoeg geld het om grondhervorming soos dit tans gedoen word, te finansier nie. Volgens hom het die regering sowat R75 miljoen nodig om die teiken te haal om nagenoeg 34 miljoen hektaar grond aan swart Suid-Afrikaners oor te dra. NUWE PLAN Intussen het Joemat-Pettersson in ’n onderhoud aan ’n Gautengse dagblad gesê dat die hersiene handves vir swart bemagtiging vir die landbousektor moontlik kan behels dat tot 40% van die waarde van kommersiële boere se plase aan swart aandeelhouers oorgedra sal moet word. In dié onderhoud het sy onder meer beklemtoon dat “versnelde grondhervorming onvermydelik is.”

TLU-SA het kort ná die bekendmaking dié planne as “totaal onaanvaarbaar” beskryf. “’n Studie wat reeds in 2001 deur die Ontwikkelingsbank gedoen is, toon duidelik dat die meerderheid van grond in Suid-Afrika reeds in die hande van die regering en swart grondeienaars is. Die regering, asook swart, kleurling en Indiër-grondeienaars besit reeds meer as 56% van die grond in Suid-Afrika,” verduidelik Van Zyl. Hy beklemtoon dat die plan wat nou in ’n groenskrif vervat is binnekort bekendgestel sal word, waarna ’n waarskynlik nuttelose openbare konsultasieproses gevolg sal word voordat dit in witskrif vir goedkeuring voorgelê sal word. Volgens Joemat-Pettersson sal die voorstel ook in September by die ANC se tussentydse nasionale konferensie ondersoek word. HOEKOM WORD LANDBOU GETEIKEN? Van Zyl is oortuig dat die landbousektor onbillik deur die regering geteiken word. Hy meen planne soos dié aandeleskema, kwessies van verblyfreg vir werknemers op plase wat verder verslap kan word en die moontlike inperking en vasstelling van die grootte van plase deur die regering is alles maniere waarop die landbousektor geteiken word. “Plaaseienaars se water- en mineraalregte is reeds ontneem. Die nuwe vuurwapenwet maak dit byna onmoontlik vir boere om hulself te beskerm en intussen is daar ’n totale aanslag op eiendomsreg. Dus word nie net die besit

nommer 3 van 2010

10

van jou plaas bedreig nie, maar ook die besit van enige ander eiendom,” meen hy. Die Vryheidsfront Plus het onlangs ook beklemtoon dat die sekuriteit in grond en eiendom die basis is waarop banke gevestig is. “Uit gesprekke met die banksektor en buitelandse beleggers is dit duidelik dat die banksektor ineen sal stort as daar nie meer sekerheid oor grondeienaarskap is nie,” het Pieter Mulder, adjunkminister van landbou, bosbou en visserye en leier van die VF+, gesê. NIE NET PLAASEIENAARS GERAAK Hoewel talle Suid-Afrikaners wat in stede woon meen dat hulle grootliks onaangeraak sal wees sou die regering sy grondhervormingsplanne opskerp en versnel, kan niks verder van die waarheid verwyderd wees nie. Van Zyl meen dat as die regering se aandeleskema goedgekeur word, boere dit eenvoudig nie finansieel sal kan bybring nie. Dit sal daartoe lei dat talle boere hul boerdery-aktiwiteite sal moet opskort – ’n besluit wat voedselsekerheid in die land ernstig kan benadeel. Daarbenewens sal die opskorting van boerderye die landelike gemeenskappe, dorpe en plaaslike ondernemings wat van landbou afhanklik is, doodwurg. Hoewel pres. Jacob Zuma onlangs die versekering gegee het dat daar geen grondvergrype soos in Zimbabwe sal volg nie, word daar met toenemende kommer gewag op die ander moontlik katastrofiese planne waarmee die regering vorendag kan kom. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

Solidariteit Tydskrif betree kuberruim

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

i

Deur Daleen de Jager

s jy al ’n Solidariteit Tydskrif-leser? Indien nie, dan mis jy vir seker uit! Solidariteit Tydskrif bied soveel nuttige en interessante inligting wat net eenvoudig deur oud en jonk gelees moet word. Ons doen met elke uitgawe ekstra moeite om te verseker dat die inligting in ons tydskrif tot jou spreek. Ons gooi nie net ’n klompie goed saam nie; ons kyk na jou behoeftes as werknemer, en ook na wat jou raak. Ons bring boonop vir jou al die inligting wat jy daagliks nodig het en kan gebruik. Hoekom moet jy seker maak jy lees Solidariteit Tydskrif? • Solidariteit Tydskrif is een van die voorste tydskrifte in Suid-Afrika. • Solidariteit Tydskrif is sonder twyfel die beste vakbond- en arbeidstydskrif in Suid-Afrika. • Solidariteit Tydskrif bevat in elke uitgawe nuus oor kwessies en sake wat jou as

Suid-Afrikaner, werknemer, vakbondlid, ouer en mens raak. • Lees meer inSolidariteit Tydskrif oor alles waarmee Solidariteit en al sy inisiatiewe doenig is. • Solidariteit Tydskrif bevat ’n regsvraag wat jou as werknemer kan bemagtig om arbeids- en regskwessies by die werk te hanteer. • Die artikels wat jy in Solidariteit Tydskrif lees, word deur kenners op hulle gebied geskryf en jy kan verseker wees van feitelike en relevante inligting wat tot jou gaan spreek. Solidariteit Tydskrif is boonop ook op die internet beskikbaar. Die artikels in die tydskrif is sê waardevol dat ons dit ook met die wyer wêreld wil deel. Daarom is www.solidariteittydskrif.co.za die plek om te wees. Onthou dat jy ook kan inteken op die gedrukte weergawe van hierdie tydskrif propvol waarde. S


newsworthy

It doesn’t matter if you’re black or white

ILLUSTRATION: iSTOCKPHOTO.COM

b

By Ilze Nieuwoudt

ut if you are considering a career in the South African public service, this will most probably not be the case. A new study by the Solidarity Research Institute (SRI) shows that the representation of Africans in the public service has increased significantly since the dawn of democracy in South Africa and Africans are now even demographically over-represented in some departments. This SRI study forms part of the Institute’s South African Transformation Monitor (SAT Monitor) about transformation from 1994 to 2008. The research shows that Africans, in particular, have benefited and are continuing to benefit from the implementation of employment equity. Africans have already benefited more than their demographic representation warrants at four of the 15 government departments and institutions that were examined. Johan Kruger, head of the SRI, believes these figures provide clear evidence that transformation in the public service has already progressed quite far. The question arises whether or not the special considerations afforded by black economic empowerment have become redundant. Africans currently make up nearly 79% of the total population. The representation of Africans in the Department of Science and Technology is 87%, while representation of Africans in the Independent Complaints Directorate and the Department of Home Affairs is 82% and 80,1% respectively. In addition, the representation of Africans in the provincial and local governments currently stands at 79%. Meanwhile, the representation of Africans in the other institutions and departments has also shown good progress as far as transformation is concerned. In six of the 15 departments and institutions, the representation of Africans is already between 70% and 78%. The representation of Africans in the public service as a whole increased by 23%, from 42% to 65%, within the first two years of democracy. By contrast, the representation of white employees decreased by 29%, from 52% to 23%, during the same period, while the representation of Indian and coloured employees, which was at 2% and

4% respectively in 1994, improved marginally to 3% and 9%. The study found that opportunities for both coloured and Indian employees in the public service have improved marginally since 1994, while the representation of white employees has decreased significantly. The study shows that the representation of white employees has dropped significantly. The largest decrease in the representation of white employees has been in the Department of Home Affairs. In 1994, the representation of white employees in this department was 55%. By 2008 it had dropped by 43% to 12%. “However, it is not only the representation of Africans in the various state departments that has increased considerably since 1994,” Kruger explained. “The study also clearly shows that the representation of

nommer 3 van 2010

12

black employees in top management positions has shown a significant increase.” Black representation (i.e. African, coloured and Indian employees) in the Government Communication and Information System (GCIS) shows that the representation of these categories of employees has increased considerably since the inception of democracy and is especially high at top management level. In this entity, 93% of top management is already represented by black employees: 56% are African, 17% are coloured and 20% are Indian. Similarly, black employees fill 94% of the top management positions at the Independent Complaints Directorate, 100% of the top management positions in the Department of Science and Technology and 97% of the top management positions in the Department of Home Affairs. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

SA rooi geverf op dag van protes

o

Deur Ilze Nieuwoudt meer ’n dringende beroep op die regering en die SuidAfrikaanse Polisiediens (SAPD) om misdaadvoorkoming as ’n prioriteit te beskou, meer fokus op opleiding in die SAPD te plaas en spesialiseenhede soos die kinderbeskermingseenheid (KBE) weer in te stel. ’n Beroep is ook op plaaslike ondernemings gedoen om hul maatskaplike verantwoordelikheid na te kom en by die stryd teen misdaad betrokke te raak. “Ons het besluit om eerder honderde klein groepies in gemeenskappe te vorm om die memorandums te oorhandig as om ’n paar groot saamtrekke te hou. Misdaad tref nie net enkele groot stede nie, maar ook elke klein gemeenskap. Ons het besluit dat daar teen misdaad geprotesteer moet word dáár waar misdaad is, en dit is in alle gemeenskappe dwarsoor Suid-Afrika,” verduidelik Hermann. S

ns is moeg vir bloed! Met dié boodskap het derduisende Suid-Afrikaners op 19 Mei hulle protes teen misdaad getoon. Solidariteit, AfriForum en Solidariteit Helpende Hand het kragte saamgesnoer om op dié dag ’n nasionale dag van protes aan te bied. Suid-Afrikaners, geklee in rooi as teken van medelye vir dié wat bloed weens misdaad in die land gestort het, het in elke uithoek van die land aan die dag van protes deelgeneem. Volgens dr. Dirk Hermann, adjunk- uitvoerende hoof van Solidariteit, is protesmemorandums by meer as 350 polisiekantore oorhandig terwyl saamtrekke in onder meer Secunda, Port Elizabeth, Potchefstroom en Margate gehou is. Die hoofsaamtrek is in Pretoria gehou en is deur nagenoeg 2 000 mense bygewoon. Die memorandum wat oorhandig is doen onder nommer 3 van 2010

14

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

Koste van misdaad dalk meer as dié van oorlog

t

Deur Ilze Nieuwoudt

erwyl Suid-Afrikaners dag ná dag om oorlewing in ’n misdaaddeurdrenkte land moet veg, toon ’n studie deur die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) dat die regstreekse en nie-regstreekse koste van misdaad meer as dié van oorlog kan wees. Die finansiële uitwerking van misdaad hou verreikende gevolge vir Suid-Afrikaners in, het die SNI bevind. Die instituut hou vol dat die Verenigde Nasies se bevinding in 2008 dat die koste van geweldsmisdaad selfs dié van oorlog kan oorskry, moontlik waar kan wees vir Suid-Afrika. Die SNI-studie ondersoek die koste van die instandhouding van die strafregstelsel, die koste van misdaad vir individue en ondernemings en die stremmende uitwerking van misdaad op ekonomiese groei en vooruitgang. Die studie bevind onder meer dat Suid-Afrikaners ’n noemenswaardige ekonomiese las weens die hoë vlakke van misdaad moet dra. Die bevindings is aan die vooraand van die nasionale dag van protes teen misdaad op 19 Mei 2010 bekendgestel. Volgens Johan Kruger, hoof van die SNI, word Suid-Afrikaners op verskeie vlakke negatief beïnvloed deur die hoë misdaadvlakke in die land. “Hoewel die emosionele uitwerking baie belangriker geag word, is die ekonomiese gevolge van misdaad nog relatief onbekend, maar, soos wat die SNI in die studie bevind het, tog geweldig groot.” “Dit is geen geheim dat die instandhouding van die Suid-Afrikaanse strafregstelsel – dus die departemente van veiligheid en sekuriteit, justisie en grondwetlike ontwikkeling en korrektiewe dienste – belastingbetalers jaarliks miljoene kos nie,” verduidelik Kruger. “Wat egter skokkend is, is die ondoeltreffendheid van dié stelsel gemeet aan die geld wat jaarliks hiervoor in die begroting toegeken word. Die studie bevind onder meer dat daar besliste regstreekse en nie-regstreekse koste aan misdaad gekoppel kan word. ’n Studie wat die Suid-Afrikaanse Presidensie in 2007/2008 oor die invloed van misdaad op klein sake onderneem het, het onder meer bevind dat misdaad nie net ’n verlies aan geld en gesteelde of beskadigde goedere meebring nie, maar ook ’n ernstige nie-regstreekse invloed op ondernemimgs kan hê. Dié invloed sluit onder meer in die koste weens ’n onderbreking van sake, verlies aan personeelkundigheid en selfs die koste van verhoogde versekeringspremies. Daarbenewens is ook bevind dat ondernemings wat regstreeks deur misdaad geraak is minder geneig is om hul aantal werknemers te vermeerder, wat ’n invloed op werkskepping het. SNI se studie bevind voorts dat die Suid-Afrikaanse regering deur middel van belasting op toegevoegde waarde (BTW) noemenswaardig by misdaad baat vind. “As in ag geneem word dat BTW op sekuriteitsprodukte soos alarmstelsels gehef word, is dit duidelik dat misdaad ’n finansiële voordeel vir die staat inhou,” verduidelik Kruger. Kruger beklemtoon dat die tyd nou ryp is vir die Suid-Afrikaanse regering om die moontlikheid van belastingvrystelling op sekuriteitsverwante produkte en dienste te ondersoek. • Lees meer by www.solidariteit.co.za. S number 3 of 2010

15

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit.

Aksie, trane en hoop by kongres

FOTO: REINT DYKEMA

d

Deur Charl Oberholzer “Julius is die simptoom van die ernstigste probleme in Suid-Afrika,” het Bailey gereageer op die vraag waarom daar op Julius Malema gefokus word. Dr. Danie Langner, uitvoerende hoof van Solidariteit Helpende Hand, het gepraat oor die nalatenskap wat ons vir ons kinders en ander Afrikaners moet agterlaat. Langner het na die digter M.E.R verwys wat in die 1930’s, te midde van die armblankekrisis, gesê het dat onsterflikheid nie iets is wat jy najaag of kry nie, maar iets is wat jy moet agterlaat. Hiermee het Langner die kongres nie net gelaat met ’n boodskap van hoop vir die toekoms nie, maar ook ’n besef van die verpligting van diens wat ons teenoor ons medemens het. Paul van Deventer, besturende direkteur van SolTech, het die kollege se groei tot byna 500 studente as ’n reuse-sukses bestempel. “Studente word in werklikheid vrygestel van regstellende aksie deur die gebrek aan skaars vaardighede in die werkplek te vul,” het Van Deventer gesê. Sol-Tech het daarin geslaag om ’n groot stuk grond in Centurion te koop waar ’n nuwe kampus gebou gaan word. Elke persoon by die kongres was meegevoer met die nostalgie van jonk wees en die wete dat jongmense welverdiende geleenthede gegun word. Flip Buys se woorde sal elkeen wat die kongres bygewoon het vir seker bybly: “My hoop is dat ons oor tien jaar na hierdie vergadering van die nasionale raad moet terugkyk en sê: dít is waar die dinge begin het! Daar is sekere dinge wat die moeite werd is om voor te veg. Die belangrikste hiervan is ons kinders se toekoms.” S

ie jaarlikse Solidariteit-kongres, waartydens die nasionale raadsvergadering gehou is, het op 15 en 16 April in Pretoria plaasgevind. Die kongres het die pas aangegee en die rigting aangewys vir die toekoms. Die nasionale raad van die vakbond, personeel en bekendes soos die akteur Marius Weyers het die kongres bygewoon. Rigtinggewende besluite, insluitend die goedkeuring van die protesaksie teen misdaad wat op 19 Mei plaasgevind het, is tydens dié kongres geneem. Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, het die vergadering toegespreek oor die misdaadkrisis wat weer opgevlam het ná die moord op Eugene Terre’Blanche. Buys het verwys na ’n vertrouenskrisis wat tussen die bevolking en die staat ontstaan het, maar genoem dat Solidariteit wel ’n impak op die ANC se werkwyses het. Hy het verder gesê dat toenemende polarisasie plaasvind en dat die ANC se beeld afgebreek word deur die party se optrede. Solidariteit se posisie word egter verstewig. Hy het aangedui dat lede-aansluitings drasties toeneem en dat die tyd nou reg is om met die regering in gesprek te tree. Die Solidariteit Beweging (Solidariteit, AfriForum, Helpende Hand en Sol-Tech) het die kongres tot aksie geroep, tot trane gedryf en die hoop vir die toekoms nie laat beskaam nie. Alana Bailey, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, het verduidelik dat die fokus van AfriForum steeds op die rassistiese grondgryping in Zimbabwe, die wanbestuur en korrupsie in sekere staatsinstellings, kultuurvandalisme deur die regering en die haatspraak van Julius Malema toegespits is. nommer 3 van 2010

16

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

Steve Scott, president van Solidariteit, en Hannetjie Topham, adjunk-president van Solidariteit, oorhandig ’n Sterre in die Gemeenskap-toekenning aan die akteur Marius Weyers vir sy bydrae tot Afrikaans en die Afrikaanse rolprent- en teaterbedryf.

Vakbond vereer verskilmakers

FOTO: REINT DYKEMA

o

Deur Ilze Nieuwoudt en Daleen de Jager Toekennings is ook aan Piet Kemp, streeksbestuurder van die TLU-SA, en Carin Visser van die Sannieshofbelastingbetalersvereniging oorhandig. Kemp is veral vereer vir sy ondersteuning aan meer as 2 500 boere in KwaZulu-Natal en Mpumalanga met hul grondeissake. Visser is op haar beurt vereer vir haar deursettingsvermoë en ywer in die beplanning en organisering van die Sannieshof-belastingsbetalersvereniging wat die stryd vir beter dienslewering in dié dorpie in Noordwes daagliks voortsit. Die verkrummeling van die Pamodzi-myngroep het ’n groot invloed op die maatskappy se duisende werknemers gehad. Solidariteit was veral betrokke by noodverligtingsprojekte vir werknemers by die groep se Welkom-myn. Dit is juis in dié moeilike omstandighede wat die Solidariteit-verteenwoordiger by die myn, Hennie Kommer, plaaslike predikant ds. Rika van Staden en Elmien Crafford ’n verskil gemaak het. “Hennie het uit sy eie besluit om ’n bydrae te lewer om die lede te help en hy was nou betrokke by die Pamodzi-werknemers en hulle families. Hy het saam met sy verteenwoordigers begin om geldinsamelings vir Helpende Hand te reël. Hennie het die aankope, verpakking en verspreiding van kospakkies gereël. Hy het leiding geneem en die projek vanuit sy eie huis en ook dié van ander verteenwoordigers uitgevoer,” het Hermann tydens die oorhandiging gesê. Van Staden is vereer vir haar bydrae as voorsitter van die Welkom-Pamodzi-komitee wat ’n omvattende hulpprojek vir die werknemers van die myn aangevoer het. “Ds. Rika het met meegevoel saam met Solidariteit-lede en sowat 2 000 ander gesinne gewerk wat deur die krisis geraak is,” het Hermann gesê. Crafford is ook vereer vir haar onbaatsugtige bydrae tot haar gemeenskap tydens die Pamodzi-krisis. Sy het ’n geweldige bydrae uit haar eie sak gemaak om haar gemeenskap wat swaarkry te klee en te versorg. S

m ’n verskil te maak en die eerste tree te neem, selfs al weet jy nie wat die uiteinde van jou optrede gaan wees nie, verg ’n merkwaardige persoon. Dit is juis mense soos dié wat vanjaar met ’n Solidariteit Sterre in die Gemeenskap-toekenning vereer is. Dié toekennings is op 15 April tydens Solidariteit se nasionale raadsvergadering in Pretoria oorhandig. Vanjaar se toekennings is aan agt individue vanuit uiteenlopende velde, insluitende die kunste, regte, landbou, polisiediens en mynbou, gedoen. Die akteur Marius Weyers is vereer vir sy bydrae tot Afrikaans en die Afrikaanse rolprent- en teaterbedryf. Volgens Dirk Hermann, adjunk- uitvoerende hoof van Solidariteit, wat die toekennings oorhandig het, is Weyers nie net reeds vir meer as 40 jaar in die bedryf nie, maar is ook ’n kampvegter vir Afrikaans en ’n rolmodel vir ander Afrikaanse akteurs. Cerneels Lourens, ’n prokureur van Brits, is vereer vir sy stryd om die billike behandeling van al SuidAfrika se tale. Lourens voel so sterk oor die staat se onwilligheid om wetgewing vir die beskerming van tale in die land in te stel, dat hy die staat hieroor hof toe geneem het. Die hof het in Cerneels se guns beslis en onder meer bevind dat die nasionale regering in gebreke is om volgens die Grondwet die nasionale regering se gebruik van amptelike tale deur wetgewende en ander maatreëls te reguleer en te monitor. Die naam kapt. Renate Barnard is reeds sinoniem met die stryd teen die onbillike toepassing van regstellende aksie. Barnard het toekenning ontvang omdat sy besluit het om nie dié praktyk bloot net te aanvaar nie, maar op te staan vir wat sy glo reg is. Solidariteit het Barnard ondersteun in haar hofsaak teen die SuidAfrikaanse Polisiediens, waarin die arbeidshof beslis het dat daar onbillik teen haar gediskrimineer is en dat sy terugwerkend bevorder moet word. nommer 3 van 2010

18

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

’n Instelling wat vir jou regte veg Jaco Kleynhans, redakteur van Solidariteit Tydskrif, het tien minute van Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, se tyd gesteel om antwoorde op vyf vrae te kry. Hoeveel lede het AfriForum en hoe vergelyk dit met ander organisasies? AfriForum het in sy kort bestaan so sterk gegroei dat dit nou reeds tel onder die vyf grootste Afrikaanse burgerlike instellings. AfriForum se betalende ledetal het in die eerste vier maande vanjaar reeds met meer as 30% gegroei en groei steeds. Daar is reeds 12 490 huishoudings wat maandeliks per debietorder bydra om AfriForum se regsaksies en ander aktiwiteite te finansier.

Wat meen jy is AfriForum se grootste prestasie tot dusver? Daar was verskeie, maar indien ek moet kies, sal dit die hofbevele wees wat ons ontvang het om Julius Malema te verbied om sy opswepende lied te sing en om op eiendom van die Zimbabwiese regering in Suid-Afrika beslag te lê. Die suksesvolle aksies ter behoud van Pretoria se naam en die afweer van die vorige weergawe van die onteieningswetsontwerp was ook hoogtepunte. O ja, die suksesvolle veldtog teen Nestlé se melkaankope by Robert Mugabe se vrou. Dit is eintlik lekker dat daar soveel welslae is dat ’n mens nie dadelik aan elkeen kan dink nie. Wat wil jy hê moet AfriForum nog bereik? AfriForum is nie soos ’n gewone onderneming wat geld vir groot winste moet genereer nie, maar is bloot ’n voertuig ter bevordering van regverdigheid en billikheid en wat ruimte skep vir ’n minderheidsgemeenskap soos Afrikaners om sinvol en met selfrespek te kan voortbestaan. Die groei wat AfriForum tans beleef, het dit nou moontlik gemaak om AfriForum se aktiwiteite te versnel en uit te brei. AfriForum het pas kundige personeel

gewerf om ons aktiwiteite na plaaslike gemeenskappe uit te brei en om gemeenskapsgedrewe aksies van stapel te stuur. Die eerste fase hiervan sal op gemeenskapsaksies teen misdaad en swak munisipale dienslewering fokus. Uiteindelik is die gedagte om landwyd aktiewe gemeenskappe te help vestig wat selfstandig plaaslike probleme kan aanpak en oplos. Terselfdertyd moet ons nog harder werk om AfriForum ’n sterker nasionale rolspeler te maak wat wye internasionale steun kan werf teen vergrype wat nie plaaslik opgelos word nie. Hoekom moet mense aansluit? AfriForum kry geen finansiering van groot maatskappye nie en alles wat AfriForum tot op hede bereik het, was met die ledebydrae van individue, wat wissel van R30 tot ’n paar honderd rand per maand. Die relatiewe klein bydrae van ’n individu word ’n baie groot bydrae indien duisende mense dieselfde doen. Mense wat dus nou by AfriForum aansluit, sal saam met duisende ander help om AfriForum se aktiwiteite verder te versnel en om ’n toekoms vir ons mense te help verseker. Benewens aansluiting kan mense ook R10 vir AfriForum se regsaksies en ander aktiwiteite skenk deur die woord “FORUM” na 38655 te SMS. S

FOTO’S: REINT DYKEMA; iSTOCKPHOTO.COM

Vertel kortliks wat julle gedoen het om AfriForum in so ’n kort tyd tot so ’n groot instelling uit te bou? AfriForum-personeel se harde werk en baie genade van Bo het ’n groot rol gespeel. Die druk wat Afrikaners en ander minderheidsgemeenskappe tans buite die werkplek beleef, het ook meegebring dat ’n sterk behoefte onder ons mense ontstaan het vir ’n burgerregtewaghond en belange-organisasie wat hulle frustrasies verwoord en iets daaraan doen. Die tientalle welslae wat AfriForum reeds met verskeie hofsake en ander aksies behaal het, het mense weer hoop gegee en hulle wil toenemend bydra tot AfriForum om nog meer welslae te verseker. AfriForum het ook ’n werwingstelsel ontwikkel waardeur mense maklik kan aansluit

deur 086 10 200 30 te skakel of die webtuiste www.afriforum.co.za te besoek.

nommer 3 van 2010

20

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

AfriForum Jeug doen stappe teen Julius Malema

d

it het tyd geword dat SuidAfrikaners ’n duidelike boodskap aan die regering en die wêreld stuur dat Julius Malema se optrede nie langer geduld kan word nie. Daarom het AfriForum Jeug ’n omvattende Stop Malema-veldtog van stapel gestuur. Hierdie veldtog sluit in ’n webtuiste, ’n petisie, ’n Facebook-groep, protesaksies en ’n hofsaak teen Malema. Weens Malema se sing van die berugte “Skiet die Boere”-lied het AfriForum Jeug ’n klag van haatspraak by die Gelykheidshof ingedien. In hierdie saak word aansoek gedoen vir ’n hofbevel om die lied tot haatspraak te verklaar, dat Malema in die openbaar om verskoning moet vra omdat hy die lied gesing het en dat hy skadevergoeding moet betaal in die vorm van ’n geldbedrag aan organisasies wat met slagoffers van plaasaanvalle werk. AfriForum het ook saam met die TLU-SA ’n hofinterdik teen Malema bekom wat hom

Deur Ernst Roets verbied om die lied te sing totdat die saak in die Gelykheidshof afskop. Malema het hierdie interdik verbreek en AfriForum het gevolglik ’n klag van minagting van die hof teen hom ingedien. Die saak in die Gelykheidshof het op 20 Mei 2010 amptelik afgeskop. Tydens die eerste dag van die hofsaak is beslis dat die saak na die Hooggeregshof verwys moet word, aangesien dit ’n saak van nasionale belang is. Daar is ook beslis dat die hofinterdik teen Malema steeds geldig is. AfriForum se regsverteenwoordiger, Willie Spies, het gesê dat hulle die verskuiwing van die saak na die Hooggeregshof verwelkom, aangesien dit ’n erkenning van die erns van die saak is. Deur die saak in die Hooggeregshof te bereg, sal ’n regspresedent met die uitspraak geskep word en ander howe sal dus gebind wees aan die uitspraak wat in die Hooggeregshof gegee word. Die datums vir die aanvang van die saak in die Hooggeregshof sal eersdaags aangekondig word.

Intussen het die publiek ook al hulle steun in groot getalle vir die Stop Malemaveldtog gewys. AfriForum Jeug het ’n Facebook-groep genaamd Stop Malema gestig en binne dae het die groep tot meer as 40 000 lede gegroei. Duisende mense het geld geskenk vir die hofsaak en mense het in groot getalle aan ’n Stop Malema-protesoptog in Johannesburg deelgeneem. AfriForum Jeug het onderneem om hulle veldtog om Julius Malema tot verantwoording te roep hul grootste prioriteit in die komende maande te maak. Om met so ’n veldtog te slaag, is meer as hofsake nodig – die publiek moet ook betrokke raak en eis dat stappe teen hom gedoen word. Daarom word alle lede van die publiek aangemoedig om die Stop Malema-veldtog te ondersteun. • Besoek www.stopmalema.co.za of SMS “Stop” na 38655 om R10 vir die hofsaak te skenk. Teken in op AfriForum Jeug se Stop Malema-groep op Facebook. S


nuuswaardig

Helpende Hand stel Afrikaanse loopbaangids bekend

s

Deur Surika van Schalkwyk

MY WERK

olidariteit Helpende Hand se eerste omvattende loopbaangids wat fokus op skaars en kritieke vaardighede in die Suid-Afrikaanse werkplek is pas deur die Afrikaanse Beroepsleidingsdiens vrygestel. Die Helpende Hand Loopbaangids, wat spesifiek vir hoërskoolleerlinge saamgestel is, sal jongmense help om ingeligte loopbaankeuses te maak en hulle terselfdertyd aanmoedig om meer soos entrepreneurs te dink. “Nou kan leerlinge deur middel van praktiese riglyne gehelp word om die regte beroepskeuses te maak,” sê Karin Venter, bestuurder van die Afrikaanse Beroepsleidingsdiens. Volgens haar help die gids leerlinge nie net om die regte studierigting te kies nie, maar wys hulle ook waar vaardigheidstekorte in die arbeidsmark is. “Sodoende is jongmense ná afloop van hulle studies verseker van werk en ’n loopbaan in SuidAfrika,” voeg Venter by. Die gids dek ’n verskeidenheid onderwerpe wat vir leerlinge en selfs werkende jongmense relevant is. Verskeie kundiges, soos Flip Buys, dr. Danie Langner, dr. Dirk Hermann, dr. Steve Booysen en prof. Louis Jacobs deel hulle kennis en gee jongmense wyse raad oor hoe om ’n sukses van hulle lewe in Suid-Afrika te maak, ten spyte van die huidige politieke klimaat. “Indien jy jou aanleg en belangstelling met ’n skaars en kritieke vaardigheid kan kombineer, gaan jy nie net doen waarvan jy hou nie, jy gaan gelukkig wees in wat jy doen,” sê dr. Danie Langner, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand. Volgens hom is jongmense dan ook verseker van werk as gevolg van die vaardigheidstekort wat tans in Suid-Afrika heers.

Die gids laat jongmense dink, stel moeilike vrae en maak jongmense opgewonde oor die wêreld van werk. “As jy jou roeping gevind het en jou werk vir jou lekker is, is jy halfpad suksesvol in wat jy doen,” voeg Langner by. Volgens hom is dit vir Helpende Hand belangrik om vir kinders hoop te skep vir hulle toekoms in Suid-Afrika. ONDERWERPE ONDER BESPREKING Is daar ’n toekoms in Suid-Afrika? Die antwoord is JA! Lees meer oor verskillende geleenthede in Suid-Afrika vir ’n hoopvolle toekoms. Vind uit wat is skaars en kritieke vaardighede, watter beroepe ingesluit word hierby en vakkeuses wat leerders moet maak om spesifieke beroepe te kan betree. Hoe kies ek ’n beroep/loopbaan? Vind uit watter roete jy moet volg om die regte beroep, skoolvakke en studierigting te kies. Prof. Louis Jacobs lei die leser stap vir stap om ingeligte keuses te maak. Wat doen ek as ek nog onseker is? Vind uit waar roeping inpas tussen al die keuses wat gemaak moet word en volg die stappe om onsekerheid te verminder. Die lewenslange leerproses Om te leer is ’n deurlopende proses. Die Loopbaangids fokus spesifiek op drie skaars vaardighede en gee ’n omvattende oorsig van ambagte, onderwys en maatskaplike werk. Vind ook uit waar jy in Afrikaans kan gaan studeer. Wat kan ek verwag in die wêreld van werk? Kry goeie wenke vir jou CV en eerste werkonderhoud en hoe om van jou loop-

Bobaasberoepe op Solidariteit Radio Bobaasberoepe is ’n weeklikse insetsel wat die Beroepsleidingsdiens van Helpende Hand op Solidariteit Radio se Dirk op Donderdag-program aanbied. Daar word na verskeie beroepe gekyk, met die fokus op skaars vaardighede. Die insetsel is propvol interessante vrae en belangrike feite. Nou en dan word daar selfs ’n mite of twee getoets. Die eerste reeks beroepe wat onder die loep geneem is, is hoofsaaklik beroepe wat in die nasionale lys van skaars vaardighede van 2008 opgeneem is. Reis saam met ons deur verskillende kantore en beleef die wêreld van werk. Bemagtig jouself met die kennis om ingeligte besluite te kan maak en bly op hoogte van nuwe tendense. • Luister elke Donderdag om 12:00 na ’n nuwe insetsel van Bobaasberoepe of laai vorige insetsels af by www.solidariteitradio.co.za

baan ’n sukses te maak. Lees ook die studie oor hoe jongmense die werkplek ervaar en berei jouself daarop voor. Leer meer oor die belangrikheid van entrepreneuriese denke en hoe om jouself te beskerm in die werkplek. Elkeen van ons het ook ’n maatskaplike verantwoordelikheid. Vind uit waar jy vandag nog betrokke kan raak. • Lees nog Helpende Hand-nuus van bladsy 37 tot 40. S

Slaan werkverwante stres en uitbranding hok met hierdie wenke Deur Moira-Marie Kloppers Spanning is ’n normale en belangrike dryfveer vir prestasie in die werkplek, maar te veel spanning kan vinnig in ’n negatiewe kringloop ontaard. Te veel spanning veroorsaak angstigheid en irritasie wat tot verlaagde produktiwiteit, frustrasie, ’n verlies aan selfvertroue en selfs gesondheidsprobleme lei.

• Jy bestuur jou dagboek, nie andersom nie. Maak tyd vir ontspanning in jou dag en probeer om ’n balans tussen jou werk- en gesinsverantwoordelikhede te vind. Maak ook tyd vir jouself! • Wees realisties. Moenie te veel op jou lysie vir die dag sit nie. Rangskik take

nommer 3 van 2010

22

in volgorde van belangrikheid, delegeer en ken genoeg tyd vir elke taak toe. • Moenie alles perfek probeer doen nie. Dit veroorsaak onnodige druk en teleurstelling wanneer die ekstra moeite nie raakgesien word nie, of wanneer jy nie aan jou eie standaarde kan voldoen nie.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

Skei inligtingskaf strategies van die koring

ILLUSTRATION: iSTOCKPHOTO.COM

d

Deur Daleen de Jager

ie uitruil van inligting en nuus dateer reeds van die oertyd af en die eerste koerante dateer al uit die 1400’s. Met die uitvinding van die boekdrukkuns teen die einde van die 15de eeu is daar begin om koerante in groot maat te druk en te versprei. En vinnig was koerante nie net vir nuusberigte gewild nie, maar ook vir politieke en wetenskaplike besprekings. Volgens Wikipedia het die eerste Afrikaanse nuusblad, wat deur die Genootskap vir Regte Afrikaners uitgegee is, die Afrikaanse Patriot, vanaf 15 Januarie 1879 verskyn. Die Afrikaanse Patriot is later opgevolg deur die Paarl Post. Vandag raak die uitruil van inligting en nuus al hoe ingewikkelder, maar ook baie vinniger en goedkoper as gevolg van die gebruik van inligtingstegnologie, netwerke en die internet. In ’n verslag getiteld “Appropriating the Internet for Social Change: Towards the Strategic Use of Networked Technologies by Transnational Civil Society Organizations”, wat saamgestel is vir die Amerikaanse Social Science Research Council deur Mark Surman en Katherine Reilly, is dit duidelik dat mense en organisasies die internet gebruik om hulle doelwitte te bereik. Waar organisasies voorheen nuusbriewe of pamflette sou laat druk en pos om ’n boodskap uit te kry, kan boodskappe nou binne minute aan verskillende groepe gestuur word. Die studie lig ook uit dat die internet ’n globale burgerlike samelewing ontwikkel het. Kyk net die reaksie wat AfriForum gekry het op hulle protes teen Nestlé wat melk by Robert Mugabe se vrou gekoop het. Deur ’n webtuiste, www.nestlebloodmilk.com, het AfriForum daarin geslaag om ’n globale burgerlike gemeenskap bymekaar te kry om saam te staan teen ’n saak en dit het geslaag. Een van die grootste voordele van die internet is dat die publisering van inligting en nuus baie goedkoper en vinniger as gedrukte media is. Hoewel organisasies in Suid-Afrika, veral Afrikaanse organisasies, nog nie doeltreffend van die internet gebruik maak nie, is daar soveel geleenthede. Dit moet net benut word. Die internet gee aan organisasies en mense die geleentheid om, sonder opleiding, inligting vinnig, maklik en goedkoop te publiseer. Wêreldwyd maak organisasies al meer gebruik van tegnologie soos die internet, SMS’e, blogs en sosiale

media om ondersteuning te werf en mense tot aksie te motiveer. Solidariteit, AfriForum en Helpende Hand maak van dié metodes gebruik in veldtogte om hul lede tot aksie te roep en ondersteuning te werf. Tegnologie en die internet maak dit baie makliker om inligting op te spoor, maar dit plaas ook druk op organisasies om deurentyd navorsing te doen en inligting te publiseer op die beskikbare platforms. Die ontwikkeling van ’n inligtingsera vereis dat ons doeltreffend van die beskikbare platforms gebruik moet maak, anders sal die inligting wat ons as belangrik ag, verdwyn. As daar nie daagliks nuwe inligting, nuus, foto’s of navorsing op ’n organisasie se webblad geplaas word nie, sal die organisasie mettertyd daaronder lei, omdat die res van die wêreld deurentyd nuwe inligting beskikbaar

nommer 3 van 2010

24

stel en dit van elke organisasie verwag word om dieselfde te doen. Die ander uitdaging van die inligtingsera waarin ons leef, is natuurlik ’n oormaat inligting, asook die deurgee van inligting na spesifieke teikengroepe. Organisasies moet veral baie selektief wees met die soort inligting wat hulle plaas vir spesifieke teikengroepe. Volgens Surman en Reilly is dit juis hierdie faktor wat publisering op sy kop draai en allerhande vrae laat ontstaan oor kredietwaardigheid, oormatige inligting en deursigtigheid. Skep daarom boodskappe vir elke teikengroep en maak seker jou teikengroepe begin nie jou boodskappe ignoreer nie. Die uitdaging is om strategieë te ontwikkel om die koring van die kaf te skei en ’n oormaat inligting te vermy. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

Kry perspektief met Solidariteit Radio

FOTO’S: REINT DYKEMA

v

asvat op Vrydag het in April plek gemaak vir Perspektief, ’n nuwe kontroversiële, ondersoekende Vrydag-nuusprogram op Solidariteit Radio waar daar oor aktuele kwessies baklei word, met kenners gedebatteer word en waar swak dienslewering aan die kaak gestel word. Luister na die frustrasies en verskynsels wat ons alledaagse lewe raak. Perspektief behou Chalize Moran en Magdaleen Kleynhans se gewilde Vrydag-insetsels, Fokus op die Afrikaanse taal en Fokus op opvoedkunde en onderwys, maar word aangevul deur drie splinternuwe insetsels. In Jou Perspektief takel Charl Oberholzer die kwessie van die dag kaalvuis deur die sondaars regstreeks te konfronteer. In Slim vang sy baas debatteer hy met kenners op die gebied en dan hoor hy wat luisteraars te

Deur Moira-Marie Kloppers sê het in Rek jou bek. Kom agter die kap van die byl en kry perspektief, Vrydae om 12:00 in Perspektief. Jaco Kleynhans, wat altyd Vasvat opVrydag aangebied het, kan nou Woensdagaande tussen 21:30 en 22:00 op Solidariteit se eie program op Radio Pretoria, In Solidariteit, gehoor word. Dié program fokus hoofsaaklik op Solidariteit-sake en daar is groot pryse op die spel vir mense wat deur die program by Solidariteit aansluit. Luister elke weeksdag om 12:00 na Solidariteit Radio by www.solidariteitradio.co.za en laai jou gunsteling programme en insetsels gratis ná die tyd af. Het jy dalk iets misgeloop? Luister elke Vrydag om 13:00 na Ilze Nieuwoudt se omnibus-program, In Solidariteit. Dit is ’n pretprogram met die hoogtepunte van al Solidariteit Radio se programme. S

Charl Oberholzer


bedryfsnuus

Solidariteit haal angel uit DSA-afleggings

s

Deur Ilze Nieuwoudt

FOTO: REINT DYKEMA

olidariteit het die angel uit die beplande afleggings by Denel Saab Aerostructures (DSA) gehaal met uitgebreide konsultasies en deur volgehoue druk op die maatskappy te plaas. Hoewel die maatskappy oorspronklik beplan het om nagenoeg 17% oftewel sowat 141 werknemers hier af te lê, kon die volgehoue druk van Solidariteit daartoe bydra dat die aantal gedwonge afleggings hier aansienlik verminder word. DSA is die leiers in die vervaardiging van lugvaartkomponente vir die militêre en kommersiële lugvaartbedryf. Produkte word gelewer aan verskeie vliegtuigvervaardigers, insluitende Airbus en Boeing. Konsultasies vir die afleggings is uiteindelik ná meer as vyf maande in April gefinaliseer. “Uitgebreide konsultasies is hier gevoer en uiteindelik kon daar ná meer as vyf maande toegesien word dat die aantal gedwonge afleggings tot slegs 85 – insluitend vrywillige pakkette – beperk word. Hiervan word slegs 16 Solidariteit-lede deur die gedwonge afleggings geraak. ’n Verdere vyf lede het vrywillige skeidingspakkette geneem,” verduidelik Jack Loggenberg, Solidariteit-organiseerder vir Denel in die metaal- en ingenieursbedryf. Ten spyte daarvan dat Solidariteit die grootste vakbond in DSA is en ook die grootste aantal lede het wat vir gedwonge afleggings geïdentifiseer was, kon Solidariteit daarin slaag om afleggings van lede tot die minimum te beperk. Ingevolge die Artikel 189-kennisgewing wat in Desember aan Solidariteit uitgereik is, het DSA se bestuur die hoë kostestruktuur, onvoldoende inkomste, die wêreldwye resessie en die vertraging van die Airbus A400M-projek as redes vir die beplande

afleggings voorgehou. Volgens Loggenberg was die maatskappy se bystand aan werknemers tydens die afleggingsproses positief. Die maatskappy het onder meer sielkundige ondersteuning aan werknemers hier beskikbaar gestel. Solidariteit hou vol dat die maatskappy nou, ná afloop van dié afleggingsproses, moeite moet doen om werknemers te motiveer. “DSA het nou tydens die opswaai van die ekonomie ’n gulde geleentheid om die entiteit suksesvol te bestuur, winsgewendheid op te skerp en kundigheid tot die beste voordeel van DSA te benut,” het Jaco Kleynhans, Solidariteit-woordvoerder, gesê. S

Solidarity took the sting out of the planned retrenchments at Denel Saab Aerostructures (DSA) by means of extensive consultations and by putting pressure on the company. Although the company originally planned to retrench nearly 17% or about 141 employees, the number of forced retrenchments could be limited significantly thanks to sustained pressure from Solidarity. Extensive consultations were held and after more than five months the eventual number of forced retrenchments could be limited to only 85 – including voluntary severance packages.

nommer 3 van 2010

26

Vakbond-loonwiele rol in dié bedryf Deur Ilze Nieuwoudt Loononderhandelings by die vervaardigers van nuwe bande, insluitende Continental, Dunlop, Bridgestone en Goodyear, het in April afgeskop en Solidariteit het reeds skouer aan die wiel gesit om loononderhandelings ook hier suksesvol aan te pak. Volgens Solidariteit-organiseerder, Piet Veldtman, word hier vanjaar vir ’n eenjarige loonooreenkoms met werkgewers onderhandel. Onderhandelings word in die bedingingsraad vir die New Tyre Manufacturing Industry (NTMI) hanteer. Solidariteit se aanvanklike eise in die onderhandelings sluit in dat gesinsverantwoordelikheids-, vaderskaps- en kindersorgverlof vermeerder word tot nege dae in ’n driejaarsiklus. Daarbenewens eis Solidariteit ’n loonverhoging van 20% op werknemers se salarisse, asook dat ondersoek ingestel moet word na ’n markverwante salarisaanpassing vir ambagslui. Solidariteit eis verder dat maatskappye hulself tot die opleiding van vakleerlinge verbind en dat die bystandstoelae aangepas word. Solidariteit hou vol dat die herstel wat tans in die motorbedryf sigbaar is, die weg baan vir mededingende loonverhogings in die nuwebande-vervaardigingsbedryf. Die herstel wat in die motorbedryf aangemeld word, is ook baie goeie nuus vir die vervaardigers van nuwe bande. Dit het ’n regstreekse uitwerking op die nuwebande-vervaardigingsbedryf en beteken dat die juk van die afgelope jaar se ekonomiese afswaai nou uiteindelik ook hier afgegooi sal kan word. Die vooruitsigte van verdere verbetering in die bedryf beteken dat vervaardigers van nuwe bande ook die vrugte daarvan sal pluk, wat ruimte laat vir goeie salarisverhogings tydens die loon onderhandelings. Onderhandelings word namens werknemers by Continental, Dunlop, Bridgestone en Goodyear se aanlegte in Port Elizabeth, Uitenhage Durban, Ladysmith en Brits gedoen. Teen druktyd was loononderhandelings in die bedryf nog in ’n vroeë fase en nog nie afgehandel nie.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


bedryfsnuus

Goedvoel-projek laat harte warm klop dié winter

FOTO: REINT DYKEMA

d

ie Solidariteit-gesondheidsbedryf het hierdie winter ’n Goedvoel-projek begin waar oud en jonk gebrei het. Daar is serpe, mussies, skoene, truie en komberse gebrei van R10 000 se wol wat vir die projek gekoop is. Baie van die breiers het sommer hulle eie wol gebruik. Al die warm klere gaan versprei word in wit plakkerskampe wat deur Solidariteit Helpende Hand bedien word. Breiers van 16 tot 90 jaar het aan die projek deelgeneem. Heelwat klereskenkings is van die publiek ontvang toe die inligting oor die breiprojek begin versprei het. Heelwat wol is ook geskenk en ’n mev. Van der Westhuizen van Meyerspark het selfs ’n ou breimasjien geskenk wat aan ’n gemeenskap gegee gaan word. Talle van Solidariteit se eie personeel het ook vir die eerste keer in hul lewe die breipennw gegryp en begin brei. Groot steun is uit verskeie aftreeoorde ontvang en die items

Deur Reint Dykema

Samantha van Tonder, Solidariteit-organiseerder en sameroeper van die Goedvoel-projek, by van die klere wat reeds vir die Goedvoel-projek gebrei is.

het ingestroom. Die projek gaan nie net minder bevoorregte kinders warm hou nie, maar het ook

ons senior burgers belangrik laat voel omdat ons van hulle vaardighede gebruik maak om ’n bydrae tot ’n goeie saak te lewer. S


bedryfsnuus

Só word in gesondheidsbedryf onderhandel

FOTO: REINT DYKEMA

d

ie gesondheidsbedryf, Solidariteit se snelgroeiendste bedryf in 2010, is tans besig met loononderhandelings by die MediClinic Harthospitaal en Emfuleni Medi-Clinic. Solidariteit se eis behels onder meer ’n 12%-verhoging op die totale kostepakket asook ’n 12%-verhoging op toelae. Solidariteit het ook gevra vir die implementering van ses bykomende dae spesiale verlof vir prenatale en postnatale besoeke aan dokters en klinieke. Die vakbond het ook gevra dat daar gekyk word na aansporings vir werknemers wat nagraadse kwalifikasies behaal. Onderhandelings is vanjaar moeiliker omdat die VPI gedaal het en werkgewers hul salarisaanbiedings by hierdie syfer wil laat aanpas. Daar is egter ’n groot tekort aan opgeleide verpleegsters en talle kundiges word oorsee gelok. Dit is belangrik dat werkgewers én vakbonde hard beding sodat die vaardighede in Suid-Afrika bly. S

Deur Reint Dykema


bedryfsnuus

Nog geen ridder op wit perd by Eskom Deur Charl Oberholzer

Eskom-onderhandelings: Is daar lig in die tonnel?

FOTO: REINT DYKEMA

d

Deur Charl Oberholzer

rie rondes, nege dae en geen uitkoms. Eskom se onlangse loononderhandelings was ’n strawwe stryd. Werknemers is onder geweldige druk met die winter wat aan die deur klop. Elektrisiteitverbruik gaan die hoogte inskiet en boonop is geen nuwe kragstasies voltooi nie. As die stadions se spreiligte gedurende die Wêreldbekersokkertoernooi brand, is dit beslis aan werknemers se lang ure en moeite te danke. Solidariteit het ongeveer 7 000 lede by Eskom en gaan poog om veral die volgende brandpunte aan te roer in die onderhandelings wat voorlê: • Behuisingstoelae/subsidies. • Salarisverhogings. • Pensioen. • Medies. • Erkenningsooreenkomste. • Die behoud van vaardighede. Daar is natuurlik talle ander kwelpunte wat ook met Eskom bespreek sal word, maar die behuisingstoelae is een kwessie waarvan Eskom nie meer kan wegskram nie. Die vakbond het ná verskeie konsultasies met lede besluit om ’n eis by Eskom in te stel om die beleid rakende behuisingstoelae en subsidies te verbeter. Solidariteit stel ook voor dat werknemers ’n elektrisiteitstoelae van R300 moet ontvang sowel as spesiale vergoeding wanneer ’n werknemer in ’n hoërisiko-omgewing werk. Voorts meen die vakbond dat werkne-

mers op keuses geregtig is, en dit is nie tans die geval met mediese fondse by Eskom nie. Solidariteit wil nie net toegang tot meer mediese fondse bewerkstellig nie, maar wil ook daarin slaag om werknemers die keuse te gee van pensioen met ’n vaste voordeel én pensioen met ’n vastebydraefonds. Eskom het op sy beurt aangedui dat hy beplan om ten minste R4 miljard op personeel te bespaar, oortyd te verminder en meer doeltreffend te funksioneer. “Hoewel Eskom reeds R111 miljard te min het om sy bouprogramme in die volgende drie jaar in werking te stel, is die oplossing beslis nie om werknemers af te skeep nie,” het Bennie Blignaut, hoof van Solidariteit se elektriese bedryf, gesê. Solidariteit het met die intrapslag met ander vakbonde gekonsolideer. Dit het die vakbond in staat gestel om met ’n meerderheidstem druk op Eskom te plaas om uitstaande eise van verlede jaar se onderhandelings te oorweeg. Solidariteit het die pas aangegee en aangedring dat Eskom so gou moontlik op vakbonde se eise moet reageer sodat salarisverhogings so gou moontlik geïmplementeer kan word. Eskom se finansiële krisis is ’n werklikheid, maar in dieselfde asem is werknemers se lojaliteit teenoor Eskom onfeilbaar en hulle moet daarvoor vergoed word. As elektrisiteit die hart van die ekonomie is, dan is Eskom-werknemers sekerlik die bloed wat dit aan die lewe hou. S

nommer 3 van 2010

30

In Februarie 2007 het Alec Erwin, die vorige minister van openbare ondernemings, vir Jacob Maroga met groot fanfare en vol vertroue as die opvolger van Thulani Gcabashe as nuwe uitvoerende hoof van Eskom aangekondig. Met verwagtings net so groot soos hulle salarisse kon dié bestuurspan steeds nie Eskom in die regte rigting stuur nie. Dit is nou 2010 en ná verskeie swak besluite bevind Eskom hom nou in ’n finansiële krisis wat soos ’n donker wolk bo hom hang. Maroga se afdanking het vir meer as genoeg omstredenheid gesorg. Hoewel hy onregmatig afgedank is, het die hof beslis dat hy nie weer sy posisie as stuurman van Eskom kan opneem nie. Mpho Makwana neem tans in dié posisie waar terwyl Eskom steeds ’n ridder op ’n wit perd soek. Intussen moes Eskom verduidelik waarom die maatskappy steeds sukkel met geld vir die voltooiing van die Kusile-steenkoolkragstasie terwyl hulle onlangs ’n lening van sowat R30 miljard van die Wêreldbank ontvang het. Die rede hiervoor is dat Eskom gereken het op die 35%-tariefverhoging wat hulle aan die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) voorgelê het, met die gevolg dat Eskom vir te min geld by die Wêreldbank aansoek gedoen het. Eskom staar ’n tekort van R190 miljoen oor sewe jaar in die gesig en besef hy staan ’n skraal kans om nóg ’n lening by die Wêreldbank te kry. “Die gevolg van die bestuurskrisis in Eskom bly nie net tussen die vier mure van die uitvoerende hoof se kantoor nie, maar syfer ook deur na die res van die maatskappy. Werknemers se moraal word deur die gaping in leierskap beïnvloed, en verhoudings tussen vakbonde en Eskom word ook vertroebel. Dit is belangrik dat daar weer ’n vertrouensverhouding tussen Eskom, werknemers en vakbonde moet ontstaan,” het Bennie Blignaut, hoof van Solidariteit se elektriese bedryf, gesê. Hy meen ’n interne aanstelling van ’n nuwe uitvoerende hoof kan moontlik net die regte medisyne wees.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


industry news

Solidarity declares dispute as Telkom continues retrenchments

PHOTOGRAPH: REINT DYKEMA

w

Soet ooreenkoms by TSB Sugar gesluit Deur Ilze Nieuwoudt

By Ilze Nieuwoudt

hile Telkom is urgently trying to push on with a process of voluntary retrenchment in respect of members of management, Solidarity declared a dispute and referred the matter to the Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration (CCMA). According to Marius Croucamp, head of Solidarity’s telecommunications industry, Solidarity is convinced that the voluntary retrenchments that Telkom is trying to bring about are merely a precursor to forced retrenchments at the company and that the CCMA must intervene in the process urgently. “Solidarity has tried to meet with Telkom to discuss the issue on several occasions. The company is still not prepared to consult with the trade unions, even though it is bound by section 189 of the Labour Relations Act to do so when retrenchments are contemplated,” says Croucamp. Croucamp believes that the company is not handling the process in a transparent manner. Solidarity has requested Telkom on numerous occasions to stop the process of voluntary retrenchments and to consult with trade unions first, but the company has ignored these requests.

Shortly after Telkom’s plans to instigate voluntary retrenchments became known, Solidarity insisted that a moratorium be imposed on forced retrenchments at the company. However, the company was not prepared to agree to the moratorium, which, according to Solidarity, is a clear indication that Telkom plans to implement forced retrenchments. “The company clearly no longer regards the retention of expertise as a priority and is trying to dispose of experts by means of unfair processes,” said Solidarity spokesperson Jaco Kleynhans. Kleynhans stresses that Telkom’s criteria for the ultimate approval of applications for voluntary retrenchments have a racial element. “According to the company’s proposal on the voluntary retrenchments, race and gender can be used as criteria to determine whose applications for voluntary severance packages are approved. “In addition to this, the principle of first in, first out can also be used as a criterion, which leaves room for Telkom to base the process unfairly on racial grounds. There should not be any conditions for the approval of voluntary severance packages,” said Kleynhans. S

So soet soos suiker – dit is die loonooreenkoms wat Solidariteit in April by die suikermaatskappy TSB Sugar bereik het. Ingevolge die loonooreenkoms sal werknemers by die maatskappy se Malelane- en Komati-meulens ’n loonverhoging van 7,5% ontvang. Die loonooreenkoms is ná drie rondes van onderhandelings bereik en is volgens Solidariteit-organiseerder Cornelius van Leeuwen ’n oorwinning aangesien die verhoging meer as 2 persentasiepunte bo die vlak van Maart se verbruikersprysinflasie is. Ná die eerste onderhandelingsronde was die ambagslui van die Malelane- en Komati-meulens bereid om hulle oorspronklike eis met 3% te verminder. Die maatskappy het volgehou dat die randdollar-wisselkoers ’n reuse-invloed op sy wins het en dat die prys van suiker onlangs ’n knou gekry het. TSB Sugar is in 1965 gestig en is verantwoordelik vir die vervaardiging van verfynde en bruinsuiker. Volgens die maatskappy se webtuiste word nagenoeg 50% van die suiker wat deur TSB vervaardig word plaaslik onder die Selati-naam bemark, terwyl die res internasionaal bemark word. Die Malelane- en Komati-meulens produseer nagenoeg ’n halfmiljoen ton suiker per jaar, oftewel sowat 18% van SuidAfrika se suiker. Nagenoeg 2 400 mense werk by die maatskappy.


bedryfsnuus

Vakbondvlerk nou ook oor finansiële groepe

FOTO: REINT DYKEMA

w

erknemers by alle finansiële instellings sal voortaan as deel van ’n formele bedryf binne Solidariteit die vakbond se beskerming geniet. Die stigting van die finansiële bedryf in Solidariteit onder die bekwame leierskap van bedryfshoof Marius Croucamp bring nuwe geleenthede vir werknemers by onder meer banke, versekeringsmaatskappye en ander finansiële instellings, aangesien daar nou eksklusiewe steun aan dié werknemers gebied kan word. Croucamp is ook die bedryfshoof van Solidariteit se inligting-, kommunikasie- en telekommunikasiebedryf. Hoewel werknemers in die bedryf lank reeds as individuele lede aan Solidariteit kon behoort, open die stigting van die finansiële bedryf die deur van kollektiewe mag in die bedryf. “Kollektiewe mag beteken dat Solidariteit nou nie net meer vir beskerming van individue in sekere van die bedryf se maat-

Deur Ilze Nieuwoudt skappye gaan veg nie, maar vir groepe Solidariteit-lede,” verduidelik Croucamp. Solidariteit is hard aan die • Werk jy by ’n bank, versewerk om lede hier te beskerm keringsmaatskappy, pensien het reeds met loononderoenfonds of enige ander handelings by die Mynwerkersfinansiële instelling? pensioenfonds (MPF) begin. • Wil jy die steun van die Volgens Croucamp het Soligrootste gespesialiseerde ardariteit die behoefte vir ’n fibeidsregfirma agter jou hê? nansiële bedryf raakgesien, juis • Wil jy aan ’n vakbond beaangesien werknemers hier uniehoort wat jou en die bedryf ke behoeftes het. waarin jy werk se pas en “Werknemers in die finanritme verstaan? Marius Croucamp siële bedryf se werkomstanAs jy “ja” op die bogenoemdighede verskil baie van werkde vrae geantwoord het, is nemers wat byvoorbeeld in die Solidariteit die plek om by mynbedryf of metaal- en ingenieursbedrywe aan te klop. Word vandag nog deel van werk en daarom kan dieselfde arbeidsbeSolidariteit se finansiële bedryf. ginsels nie vir hulle geld nie.” • Skakel 0861 25 24 23 om aan te sluit “Werknemers het die steun van ’n medeof skakel die Solidariteit-hoofkantoor dingende en moderne vakbond nodig en dit is by 012 644 4300 vir meer inligting. juis wat Solidariteit bied,” meen hy. S

DAAR VIR JÓÚ!


bedryfsnuus

Mynsterftes neem af ná rolspelers hande vat

d

Deur Reint Dykema

aar is tans ’n afname in mynsterftes in Suid-Afrika, sê Paul Mardon, Solidariteit se hoof van beroepsgesondheid en -veiligheid. “Alle belanghebbendes in die mynbedryf het saamgewerk om ’n veiliger omgewing te skep en die afname in mynsterftes oor die afgelope paar jaar toon dat dié insette nou vrugte dra,” verduidelik Mardon. Susan Shabangu, minister van mynbou, is egter bekommerd en dreig dat meer goud- en platinummyne gesluit sal word as daar ongelukke is. Teen die einde van Mei vanjaar het 45 mynwerkers reeds gesterf, teenoor 57 mynwerkers in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar. Dit lyk dus asof daar vanjaar ’n groot afname in sterftes kan wees. Die tweede deel van die jaar is egter tradisioneel moeiliker om te bestuur. Mynmaatskappye met die meeste ongevalle is AngloGold Ashanti, Harmony, Simmer & Jack, Anglo Platinum en Gold Fields. Die grootste oorsake van die ongelukke is, volgens die minister, grondstortings en vervoer- en masjienongelukke. Mardon beklemtoon dat hoewel struikelblokke soos die geweldige diepte van sommige Suid-Afrikaanse myne die gevaar verhoog, baie werk nog gedoen kan word om die tegnologie vir die voorkoming van mynongelukke te verbeter. “Tegnologie wat byvoorbeeld tans gebruik word om seismiese aktiwiteite ondergronds te meet, kan beweging in die rots tot ’n duisendste van ’n millimeter monitor, maar dit is steeds nie akkuraat genoeg nie. Ten spyte van dié tegnologie kan daar nog nie met sekerheid

gesê word presies waar en wanneer rotsstortings gaan plaasvind nie,” meen Mardon. In 2007 het 221 – oftewel meer as vier werkers per week – by Suid-Afrikaanse myne gesterf. Die syfer het teen 2009 tot

165 – oftewel net meer as drie werkers per week – gedaal. In die eerste 16 weke van die jaar het daar reeds 29 werknemers by plaaslike myne gesterf. Dit kom neer op nagenoeg 1,8 sterftes per week. S

FOTO: REINT DYKEMA

350 by De Beers se Finsch-myn staar aflegging in die gesig Op 5 Mei het die wêreld se grootste diamantprodusent, De Beers, ’n Artikel 189kennisgewing uitgereik waarin aangetoon word dat die maatskappy 350 poste by sy Finsch-myn in die Noord-Kaap wil afskaf. Solidariteit het 157 lede by die myn. Die afleggings het as ’n groot verrassing gekom omdat die ekonomiese krisis, waarin meer as 48 000 mynwerkers in SuidAfrika hul werk verloor het, reeds iets van die verlede is. Redes wat deur De Beers aangevoer word vir die afleggings sluit in: • Die afname in diamantpryse weens die

ekonomiese krisis van die afgelope kwartaal. • Die afname in die gradering van blok 4 se diamante (luidens berigte is die verdere ontwikkeling van blok 4 nie goedgekeur nie). • Die ongunstige rand-dollar-wisselkoers. • Die hoë bedryfskoste van die Finschmyn. Die bedryfskoste van die myn is tans R137 per ton en De Beers wil dit graag na R100 per ton verminder. Die maatskappy het alternatiewe tot afleggings voorgestel, soos die verskuiwing van

nommer 3 van 2010

34

die werknemers van die Finsch-myn na De Beers se Venitia-myn in Limpopo. Dit is egter nie ’n lewensvatbare alternatief nie, omdat die twee myne bykans 1 000 km uitmekaar is. Die maatskappy stel ’n skeidingspakket van twee weke se salaris vir elke voltooide diensjaar voor. Dit is die norm in die mynbedryf in Suid-Afrika. Solidariteit betwis die maatskappy se afleggingskriteria en voer aan dat hul eerder werkprestasie as geldige kriterium moet gebruik.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


industry news

Solidarity wins another battle against racism

PHOTOGRAPH: REINT DYKEMA

w

By Ilze Nieuwoudt

hen a notice was sent to employees at Denel’s RheinMetall Denel Munitions (RDM) last year stating that only black, coloured and Indian students can apply for a bursary scheme within the company, Solidarity members were furious. When another similar notice was sent out earlier this year for students to apply for training programmes, it was the last straw. But this is now a thing of the past as Solidarity has won another battle against racism. The notices that were issued to staff invited unemployed young people to apply for the training programme in Wellington, Boksburg and Boskop. The company offered this valuable training opportunity for 30 chemical operators, three fitters, three fitter and turners, two electricians, one technical draughtsman and one instrument worker. These opportunities were, however, clearly not open for white students and Solidarity decided to take action. According to Jack Loggenberg, Solidarity organiser for Denel, discussions held between the trade union and Norbert Schulze, the company’s chief executive officer, ensured that white students will in future also be included in training programmes. Solidarity discussed the matter with the management of RDM, stressing that the approach based solely on race is unfair. The trade union also insisted that RDM withdraw the notices and open the training programme to white students as well. During the meeting, Schulze indicated to Solidarity that RDM regretted that the approach it had followed had “created the perception of the permanent exclusion of one group from training opportunities”. This is a major victory for Solidarity in another battle against racism,” Loggenberg explained. “In terms of this victory, white students will also be included in the company’s training programmes and be eligible for study bursaries in future.” Schulze has since then given Solidarity the assurance in a letter that it will no longer follow the approach of excluding one group from the company’s training opportunities. In a media statement RDM has reiterated that “its stance is to create an organisation which re-

Jack Loggenberg

flects the democratic rules vested in the Constitution as well as the relevant acts and laws of South Africa.” The company also further stated that “the current non-representative RDM demographic profile in certain areas necessitates recruitment practices and a training focus aimed at improving this situation. This can under no circumstances be regarded as an exclusion of any group, but rather a facilitated solution to achieve the desired representivity.” It went on to say that “no one group was excluded in the past and will not be in future.” According to Jaco Kleynhans, Solidarity welcomes RDM’s inclusion of white students in training programmes and bursary schemes. “Solidarity realised that RDM, like other South African companies, are obligated by law to meet the requirements regarding equal employment and that these requirements can place companies under tremendous pressure. “However, in spite of these requirements, whites should not be excluded from opportunities entirely. The exclusion of a group on the grounds of race is unfair and cannot be tolerated under any circumstances,” explained Kleynhans. S

number 3 of 2010

35

Geen glimlagte by Colgate Palmolive Deur Charl Oberholzer Ná twee rondes loononderhandelings asook ’n interne geskilronde by Colgate Palmolive se Caneland-aanleg in Durban is daar steeds geen rede om te glimlag nie. Onderhandelings het ’n dooiepunt bereik en ’n geskil is na die Nasionale Bedingingsraad vir die Chemiese Bedryf (NBCCI) verwys. Colgate Palmolive het sy loonaanbod van 4% tot 7% verbeter. Dié maatskappy voer aan dat hulle onder finansiële druk verkeer. Solidariteit meen dat werknemers jaar ná jaar aan Colgate Palmolive se pleidooie toegee, maar hulle kan dit nie meer bekostig nie. Solidariteit hou vol dat prysstygings, soos die verhoging in die brandstofprys, elektrisiteitstariefverhogings en mediese inflasie, ’n gat in werknemers se sakke vreet. Solidariteit eis tans ’n 9%-loonverhoging en het reeds van behuisings- en bystandstoelae afgesien. “Die eis is billik, maar Colgate Palmolive was nog geensins tegemoetkomend nie. Ons weier om ons eis nóg te verlaag aangesien werknemers tans nie eens na hulle basiese behoeftes kan omsien nie. Die NBCCI moet dus ingryp om die saak te beredder,” het Jaco Kleynhans, woordvoerder van Solidariteit, gesê. “Natuurlik kan hulle ’n 9%-loonverhoging bekostig. Die maatskappy se finansiële resultate vir die eerste kwartaal van 2010 dui niks anders as merkwaardige groei in verkope aan nie. Verkope in Afrika en Asië, wat gesamentlik gemeet word, het in die eerste kwartaal van die jaar tot 19% van die maatskappy se verkope bygedra. Die verkope in dié streke het met 14,5% gestyg. Colgate Palmolive het geen keuse as om sy loonaanbod te heroorweeg nie,” het Kleynhans gesê. Solidariteit het homself ook daartoe verbind om vanjaar geen loonaanbod onder die inflasiesyfer te aanvaar nie en poog om, soos in 2009, te onderhandel vir loonverhogings wat gemiddeld 2,2% bo die inflasiesyfer is. Solidariteit reken dat die ekonomiese krisis nie meer as ’n verskoning gebruik kan word nie.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


bedryfsnuus

Necsa-loonaanbod belaglik – vakbond Deur Charl Oberholzer

Groot oes nie noodwendig goeie nuus vir mielieboere

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

s

Deur Reint Dykema

uid-Afrika gaan vanjaar na verwagting ’n mielies-oes van 13,3 miljoen ton lewer. Dit is een van die grootste oeste wat nog gelewer gaan word en die Nasionale Oesskattingskomitee pas elke skatting opwaarts aan. Wat boere se spoed egter breek, is die feit dat geelmielies op Safex verhandel teen R1 210 per ton vir Julie 2010. Dit plaas geweldige druk op boere, aangesien hulle ’n rekordoes op die lande het, maar nie goeie pryse daarvoor kan kry nie. Wat sake vererger, is dat die groot hoeveelheid reën die afgelope seisoen in die meeste gevalle die graad van mielies laat daal het. Mielieboerdery is ’n langtermynonderneming. Jy moet jou somme noukeurig maak. Een slegte jaar kan jou terugsit en selfs ’n plaas kos. ’n Boer met so ’n ondervinding is Theunis Pretorius wat naby Ficksburg boer. “Landbou is een van die mees betalende bedrywe wat daar is, jy moet net nie self boer nie, jy moet óf iets aan die boer verkoop óf sy produk verwerk, verpak en verkoop. Ek boer al sedert November 1989 en het al baie swaar gekry. My persoonlike beste jaar was 2008. Toe het ek 6,8 ton/ha mielies getroop en gemiddeld R1 500 per ton gekry,” vertel Pretorius. “Vir die eerste keer het dit vir my gevoel of ek vorentoe gaan, maar toe kom laasjaar se kunsmispryse wat styg van R6 000/ton tot R11 500/ton, diesel wat styg van R6,10 tot R11,00/ liter en saad wat styg van R1 200/sakkie tot R2 000/sakkie. Al my geld wat ek laasjaar gemaak het, het ek toe alles verloor. Ek moes twee baie goeie plase

verkoop weens die verlies van R4 miljoen,” sê Pretorius. Pretorius is ’n boer wat baie naby aan sy Skepper lewe. Verder pas hy biologiese boerderymetodes toe om in harmonie met die natuur te boer. “Dit kos ’n boer vandag R6 500,00 aan regstreekse koste, dan moet hy nog toerusting, arbeid, kalk en plaaspaaiemente betaal. Die totale koste is R7 500 tot R8 000/ha om vandag ’n ordentlike oes te plant. Teen R800/ton moet ’n boer 10 ton/ha stroop. Die mieliepryse was in 2000 ook R800/ton. Ons trek nou by 2010, dis 10 jaar later en nou is die mielieprys weer net verby R800/ton,” volgens Pretorius. Boere stoei egter nie net met swak mieliepryse en hoë insetkoste nie. Daar is ook onsekerheid weens die onbestendigheid in die platteland wat veroorsaak word deur plaasmoorde en die regering se grondhervormingsprogramme. Van ’n geraamde 65 000 boere tien jaar gelede is daar nou slegs sowat 37 000 kommersiële boere in Suid-Afrika oor. Dié syfer word by die dag minder. Nathi Mthethwa, minister van polisie, het aangedui dat daar verlede jaar 784 plaasaanvalle en 86 moorde was, maar hierdie syfer word tans bevraagteken. Suid-Afrika is een van die min lande in Afrika wat selfvoorsienend is. Dit is egter te betwyfel of die grootste deel van die bevolking of die regering besef wat die ekonomiese voordele hiervan is. 2010 sal onthou word as ’n jaar van rekordoeste, maar ook as ’n jaar waarin boere niks gehad het om oor te glimlag nie. S

nommer 3 van 2010

36

Dit is nie die maklikste jaar vir loononderhandelings nie aangesien die onbillike vergoeding van werknemers aan die orde van die dag is. Die SuidAfrikaanse Atoomenergiekorporasie (Necsa) was vanjaar geen uitsondering nie. Necsa het ’n teleurstellende 4%aanbod gemaak en het finansiële druk as die sondebok hiervoor uitgewys. Solidariteit het vroeër vanjaar ’n 7%-loonverhoging ná slegs twee rondes by die Necsa-filiaal, Nuclear Technology Products (NTP), bereik. Die handskoene is af en Solidariteit hou by sy woord om geen loonaanbod onder die inflasiesyfer te aanvaar nie. Die verbruikersprysindeks (VPI) is ’n goeie aanduiding van die uitwerking wat inflasie op die ekonomie het. Die gemiddelde inflasie vir die afgelope 12 maande vanaf Maart vanjaar is 6,5%. Die gemiddeld vir 2010 is 7,1%. Die naskok van die 24,8%-verhoging in elektrisiteitkoste asook die onlangse 48c-verhoging in brandstofpryse kan nog ’n verdere uitwerking op werknemers se bestedingsvermoë hê. Indien inflasie dan daal, moet werkgewers steeds versteekte koste soos mediese inflasie en voedselinflasie in gedagte hou. Die gemiddelde mediese inflasie vir 2009 was 10,8%, wat veel hoër is as die gemiddelde inflasie vir 2009. Selfs universiteitskoste is ver bo die inflasiesyfer. Basiese voedselitems soos vis, witsuiker, sout, melk, kaas en blikkieskos se pryse het met meer as die inflasiesyfer gestyg. Huiseienaars is steeds onder groot druk weens verlede jaar se 15,5%uitleenkoers aan plaaslike banke. Hoewel dié koers vanjaar tot 10% gedaal het, is verbruikers steeds onder finansiële druk. Solidariteit meen Necsa moet die verbetering van diensvoordele ondersoek om sodoende ’n goue middeweg te vind. Die doel van loononderhandelings is om ’n wen-wen-situasie te bereik waar die werkgewer sy werknemers se lewenstandaard noemenswaardig verhoog sonder om sy eie voortbestaan in die gedrang te plaas.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


fokus op

helpende hand 38

Hoop en droom saam met jou kinders

39

Transkaroo 2010: ’n Woestynavontuurtog

40

Helpende Hand stig misdaadnoodfonds

40

Beursaansoeke stroom reeds in vir 2011


solidariteit helpende hand

Hoop en droom saam met jou kinders

FOTO’S: REINT DYKEMA; VERSKAF

o

ns Strydom-gesinnetjie was eendag in ons bussie oppad huis toe, toe ons oudste seuntjie, Paul, sy boetie en sussie begin uitvra oor wat hulle eendag wil word. (Ek dink agterna dit is ’n gewigtige vraag as jy dalk nog ’n honderd jaar oor het om jou drome waar te maak!) Paul (5) kondig met trots sy ambisie aan om ’n ambulansman te word en tussen hom en Hugo (2) besluit hulle Hugo sal die dokter wees en Nina (2) die polisieman. Ek en Pappa Sakkie praat saam en raak self opgewonde terwyl ons almal die toekomsprentjies verder inkleur. “Dis reg my skat, as jy strate wil vee, is dit ook reg, dan word jy net eenvoudig die beste straatveër ooit!” Ek dink terug aan my ouers se skeptisisme toe ek in standerd 8 my Egoli-droom aangekondig het. Die jong outjie, Stephen, het sopas sy verskyning in die reeks gemaak en ek het geweet hulle sal vir hom ’n meisie moet kry. Ek het besluit dit is die rol wat ek ná skool sou speel. Nou is dit my beurt om petrol op my kinders se droomvlammetjie te gooi. Paul (foto regs) het reeds vroeër daardie week saam met my by ’n behoeftige kleuterskool in Pretoria-Wes gaan kuier. Ek het ’n lewensoriënteringsprojek vir twee leerlinge van Afrikaanse Hoër Meisieskool gefasiliteer wat by die groepie van 14 kleuters aangebied is. Dit was nie die eerste keer dat Paul

as ’n helpende handjie ingespan is nie. Die Affies-meisies het roomysbakke vol handgemaakte klei saamgeneem en die storie van Noag se ark vir die kinders gelees. Elke kleuter het ’n sagte speelgoeddiertjie gekry om hulle te herinner aan die boodskap. Daarna is die klei in wurmpies gerol om vir elkeen sy eie reënboog in ’n papierbord te vorm. Ons het by hierdie geleentheid ook die saadjie van hoop probeer plant deur die kleuters te vra wat hulle drome is en wat hulle graag eendag wil word. Die feit dat Paul dieselfde vraag vir sy boetie en sussie gevra het, wys vir my die impak wat dit op hom gehad het. Hy is besig om te hoop! Hy is besig om uit te sien na ’n toekoms, na iets wat hy nog nie kan sien nie, maar met vertroue kan aangryp! Hy weet eenvoudig dat mamma en pappa deel sal wees van daardie drome. Ek dink die verskil tussen bevoorregte Paul en ’n behoeftige kleuter is net dat by die Wendy-hut, karavaan of kommune waar laasgenoemde grootword, mamma en pappa dalk nie saam droom oor sy of haar toekoms nie. Hulle droom of hoop nie en sien ook nie na enigiets uit nie. Hulle praat eerder die drome dood en dink hulle doen hulle kinders ’n guns om onsettend realisties en selfs negatief oor hulle toekoms in SuidAfrika te wees. “Hoekom sal jy ’n vlieënier wil word en wie gaan daarvoor betaal? Polisiemanne is

nommer 3 van 2010

38

HANDE WAT HELP lindie strydom almal korrup en jy’s in elk geval te wit vir enige werk!” Gaan hierdie “realisme” ons kleuters enigsins nader aan hoop bring? Nee. Gaan dit hulle motiveer om vir 12 jaar lank skool te gaan of verder te studeer? Nee. Gaan dit hulle motiveer om teen die aanloklike troos van seks en dwelms op te staan? Nee. Is drome doodpraat net in Pretoria-Wes ’n probleem? Ongelukkig nie. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


solidariteit helpende hand

w

Transkaroo 2010: ’n Woestynavontuurtog

at het 733 kilometer, 11 avonturiers, 26 dae en kilometer bosveld en woestyn gemeen? Die antwoord is Transkaroo 2010 – die staptog van ’n leeftyd. Elf Helpende Hand-ondersteuners, ses stappers en vyf ondersteuningslede het op 31 Mei die Transkaroo-avontuurtog van 733 km vanaf Kuboes in die Richtersveld aangepak. Die stappers het oor ’n tydperk van 26 dae deur ses dorpies tot by Victoria-Wes in die Noord-Karoo gestap. Die stappers het skryfbehoeftes, komberse, klere en kos aan behoeftige gemeenskappe in die omgewing uitgedeel. Die staptog is as ’n geldinsamelingsprojek in samewerking met Helpende Hand se Wesrand-tak gereël. Die geld wat ingesamel is, sal gebruik word om langtermynoplossings vir armoede in Afrikanergemeenskappe te ontwikkel, met die klem op die opheffing van kinders. “Die idee van die toer was dat goedhar-

tige maatskappye die staptoer per kilometer kon borg,” sê Dave Verster, stapleier en organiseerder. Die stappers se doelwit was om R250 kontant in te samel per stapper vir elke kilometer wat hulle afgelê het. Die stappers het elke dag etlike kilometer op plase, sekondêre paaie en 4x4-roetes afgelê. Op Sondae het die stappers ’n blaaskans geneem. Die ondersteuningspan, wat vooruit gery het, het dan by die stappers aangesluit om te help kosmaak en kamp opslaan. Die ses stappers wat die avontuur ten bate van Helpende Hand aanpak het, is Dave Verster, Robbie Veldman (gewese Isidingo-akteur), Dave Mylne (ervare stapper), Jade Gillman (16-jarige sportman), Ria Burger (marathonstapper) en Liza Steward (ervare stapper). Verster het vooraf saam met Fred Mostert die staproete met die geborgde Transkarooverkenningsvoertuig gaan verken. Die Transkaroo-verkenningsvoertuig wat die tog meegemaak het, is geborg deur Leisure Wheels-tydskrif. “Ons het vir elke 27 km

een pen ingeslaan en by elke sesde pen het die stappers die geleentheid gehad om te rus,” sê Verster. Volgens hom was die staptog in sommige dele straf gewees. “Die gedeelte van die staptoer tussen Lekkersing en Eksteenfontein is 82 km van die ergste 4x4-roetes in die wêreld,” verduidelik Verster. Die stappers is toegerus met stapstewels, klere en slaapsakke wat deur Rocky Footware & Clothing geborg is. Ander borge van die staptoer sluit in Game, Pep, Ultimate Sports Nutrition, West Rand Auto Glass en Trappers Trading. Verster is ’n kranige stapper wat sy passie reeds 35 jaar beoefen. Hy is die eienaar van die Tuskers Hiking Club en die Southern Cross Hiking Club in Pretoria. Hy het ook ’n passie vir welsyn. Hy het die Backpackers Association of South Africa (Basa) tot stand gebring om stapklubs aan te moedig om by gemeenskapswerk betrokke te raak. “Dit is wonderlik om te sien dat mense bereid is om hulle tyd en energie te gee om ander mense te help.” S


solidariteit helpende hand

Helpende Hand stig misdaadnoodfonds

s

Deur Surika van Schalkwyk

olidariteit Helpende Hand doen ’n dringende beroep op Suid-Afrikaners om in te gryp nadat dit aan die lig gekom het dat ’n 11-jarige meisie nog geen gespesialiseerde traumaberading ontvang het nadat sy in Februarie in ’n plaasaanval in Noordwes verkrag is nie. Ná die voorval is die gesin deur ’n kerklike maatskaplike organisasie ingelig dat daar nie geld beskikbaar is om die meisie vir gespesialiseerde trauma berading te stuur nie. Volgens die organisasie is daar ook nie geld beskikbaar vir gesinsterapie, pastorale begeleiding of materiële hulp nie. Ná ’n deeglike ondersoek het Helpende Hand bevind dat die organisasie slegs R2 000 per jaar beskikbaar stel vir spesialiteitsdienste soos traumaberading. Hierdie begroting is egter totaal ontoereikend en die beskikbare geld vir die jaar is reeds uitgeput. Ten einde hulp te verleen aan die meisie en haar gesin, asook aan soortelyke misdaadslagoffers wat nie hulp van maatskaplike instellings ontvang nie, het Helpende

Hand besluit om ’n misdaadnoodfonds op die been te bring. Sodoende kan misdaadslagoffers onmiddellik toegang tot spesialishulp kry. “Finansies mag nooit ’n rede wees hoekom ’n kind in nood nie dadelik gespesialiseerde hulp kan kry nie,” sê dr. Danie Langner, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand. Volgens hom word hulpverlening belemmer deur die finansiële probleme van staatsgesubsidieerde maatskaplike instellings. “Ten einde slagoffers dadelik te help, word beskikbare geld nie aan maatskaplike instellings betaal nie, maar volgens meriete, regstreeks aan die diensverskaffer. Sodoende word verseker dat hulp by die nood uitkom en geld nie deur begrotings geabsorbeer word nie.” Volgens Langner is dit ondenkbaar dat toegewyde en reeds oorlaaide maatskaplike werkers te midde van nood na geld moet soek voordat gespesialiseerde hulp aan die slagoffers verleen word. S

DOEN JOU DEEL! Solidariteit Helpende Hand, Absa, rekeningnommer 407 225 0017, Verwysing: Misdaadnoodfonds, Centurion-tak, takkode 632005; of skakel 0861 25 24 23 om ’n bydrae te maak. Helpende Hand versoek ook sielkundiges, terapeute, pastorale beraders, maatskaplike werkers en ander kundiges wat bereid is om in krisisgevalle hulle dienste aan te bied, om hulle besonderhede per e-pos na diens@helpendehand.co.za te stuur.

Beursaansoeke stroom reeds in vir 2011

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

Deur Surika van Schalkwyk Sedert beursaansoeke by die Afrikaanse Beursinstituut op 1 Mei geopen het, stroom aansoeke van voornemende studente vir die 2011-studiejaar in. Sover gaan ’n asemrowende R5 miljoen se beurse volgende jaar aan voornemende studente toegeken word. ’n Bedrag van R3,7 miljoen is vanjaar aan voornemende studente uitbetaal om verder te studeer en sodoende aan hulle toekomsdrome te bou. Sedert 2003 het Helpende Hand sowat 2 000 studente se drome laat waar word. Hiervan is 400 studente reeds afgestudeer. Volgens Dinah Theron, bestuurder van die Afrikaanse Beursinstituut, is alle studielenings, behalwe ’n lening by die Rapport Onderwysfonds (ROF), rentevry en terugbetaalbaar in maandelikse paaiemente. Studente begin die lenings eers terugbetaal sodra hulle afgestudeer het. Theron meen vanjaar se beurstoekennings gaan ’n besliste verskil in die lewe van

talle behoeftige studente maak. Volgens haar kom die meeste jongmense wat aansoek gedoen het uit huishoudings met ’n totale inkomste van R120 000 per jaar. Vanjaar kan studente vir 23 beursfondse aansoek doen wat deur onafhanklike beursdonateurs geskep is. Studente wat vir dié beurse aansoek doen, kan by enige geakkrediteerde tersiêre instansie in Suid-Afrika studeer. Die onafhanklike beursfondse sluit, onder meer, ’n beurs vir siviele ingenieurs, maatskaplike werkers, mediese beroepe en ’n beurs vir studies in die skone kunste in. Helpende Hand beoog om die beursplatform optimaal te verbreed om soveel studente moontlik te help. Volgens Theron lê die uitdaging daarin om ’n Afrikaanse beursplatform te skep wat ten volle reg sal laat geskied aan die identiteit van die onderskeie instellings, firmas en individue. Die res van die beurse val onder die

nommer 3 van 2010

40

vaandel van Helpende Hand en Solidariteit se Groeifonds en sluit die Sol-Tech-studiebeurs, wat meganiese en elektriese studiebeurse insluit, en Sol-Tech-verblyfbeurse in. Die Rapport Onderwysfonds (ROF) is in 2003 geskep en is ’n gesamentlike inisiatief van Rapport, die Afrikanerbond en Solidariteit. In Maart 2007 het die Dagbreek Trust by die fonds aangesluit. Verlede jaar is 134 leningsbeurse uit die ROF aan studente beskikbaar gestel. • Voornemende studente moet gou spring om voor 31 Oktober om 12:00 hulle aansoekvorms en ander dokumentasie in te handig. Dokumentasie en vorms kan gepos word na: Die Beursfondsbestuurder, Posbus 8766, Centurion, 0046. Vir meer inligting of om ’n aansoekvorm aan te vra, kontak Melani Gerber by melani@helpendehand.co.za of skakel 012 644 4428. Vir navrae oor Sol-Tech, skakel 012 755 5687/755 7148.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


focus on mibfa

Metal Industries Provident Fund Annual Report

2009

Telephone: 011 870 2000 • Fax: 011 870 2396 • Website: www.mibfa.co.za All claims-related queries should be directed to the MIBFA call centre: 0860 102 544

The Board of Management has pleasure in presenting a report on the position of the Fund for the financial year ended 31 March 2009. The Engineering Industries Pension Fund is one of the largest pension funds in the country with total assets exceeding R37,7 billion at market value. The Fund provides pension and lump sum benefits on retirement, retrenchment/redundancy and withdrawals to members or to their beneficiaries on their death. Members automatically belong to the Metal and Engineering Industries Permanent Disability Scheme which provides a salary continuation benefit for members who have been declared permanently disabled by the Medical Advisors of the Scheme.

As at 31 March 2009, the Metal Industries Provident Fund had 361 245 contributing members. CONTRIBUTING MEMBERS INTEREST AWARDED ON MEMBERS’ FUND CREDITS The Management Board has agreed to award members 0% interest for the year ended 31 March 2009.

FINANCIAL RESULTS AS AT 31 MARCH 2009 BALANCE SHEET – AS AT 31 MARCH 2009

Income from investments earned by the Fund during this period amounted to (R4 399 million) whilst contributions by members and employers amounted to R1 952 million. Therefore, total income excluding transfers amounted to (R1 447 million).

R’000 INVESTMENTS (AT MARKET VALUE)

21 280 936

CURRENT ASSETS

507 580

LESS CURRENT LIABILITIES

(3 013 134)

ACCUMULATED FUNDS

18 775 382

REVENUE & EXPENDITURE – 1 APRIL 2008 - 31 MARCH 2009 CONTRIBUTIONS RECEIVED

1 952 167

TRANSFERS RECEIVED

CONTRIBUTIONS RECEIVED, INVESTMENT INCOME, BENEFITS PAID

CONTRIBUTION AND INVESTMENT INCOME (R MILLION)

25 085

INVESTMENT INCOME

(4 398 841)

TOTAL REVENUE

(2 421 589)

LESS: ADMINISTRATION EXPENSES

(72 906)

BENEFITS PAID

BENEFITS PAID (R MILLION)

(2 464 179)

TRANSFERS OUT

(67 076)

TOTAL EXPENDITURE

(5 025 750)

ADD ACCUMULATED FUNDS AT BEGINNING OF YEAR

23 801 132

ACCUMULATED FUNDS AT END OF YEAR

18 775 382

FUND MANAGEMENT

ASSETS (R MILLION)

The management of the Fund is vested in a Management Board comprising an equal number of employees and employer representatives, with the chairman being appointed from either side on a two-year rotational basis. The employers are represented by the Steel and Engineering Industries Federation of South Africa (SEIFSA) while the employees are represented by trade unions, including National Union of Metal Workers of South Africa (Numsa), Solidarity, Metal and Electrical Workers’ Union of South Africa (Mewusa), United Association of South Africa (Uasa) and South African Equity Workers’ Association (Saewa). The fund is administered by the Metal Industries Benefit Funds Administrators (MIBFA).

nommer 3 van 2010

42

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


focus on mibfa

Engineering Industries Pension Fund Annual Report

2009

Telephone: 011 870 2000 • Fax: 011 870 2396 • Website: www.mibfa.co.za All claims-related queries should be directed to the MIBFA call centre: 0860 102 544 The Board of Management has pleasure in presenting a report on the fund for the period ended 31 March 2009. The Metal Industries Provident Fund was established in May 1991 and provides lump sum benefits to members on retirement, retrenchment, resignation or dismissal or to their beneficiaries on their death. Members also automatically belong to the Metal and Engineering Industries Permanent Disability Scheme, which provides a salary continuation benefit for members who have been declared permanently disabled by the Medical Advisors of the Scheme. Contributions payable to the Fund in terms of the Industrial Agreement are 6,6% of pensionable remuneration by employees and 6,6% by employers.

NOTE: New employees in the Industry have a choice of participating in the Engineering Industries Pension Fund or in the Metal Industries Provident Fund. This option may be changed within the first three months of employment.

CONTRIBUTING MEMBERS & PENSIONERS AND ASSETS CONTRIBUTING MEMBERS AND PENSIONERS

The composition of the fund as at 31 March 2009 was 31 704 contributing members and 37 954 pensioners in receipt of monthly payments. In 2008, there were 31 177 contributing members and 38 694 pensioners.

FINANCIAL RESULTS AS AT 31 MARCH 2009 BALANCE SHEET – AS AT 31 MARCH 2009

ASSETS (MARKET VALUE) (R MILLION)

R’000 FIXED ASSETS & INVESTMENTS (AT MARKET VALUE)

39 121 415

CURRENT ASSETS

213 085

SUB TOTAL

39 334 500

LESS CURRENT LIABILITIES

(1 595 319)

ACCUMULATED FUNDS

TOTAL

37 739 181

INCOME AND BENEFITS PAID

REVENUE & EXPENDITURE – 1 APRIL 2008 - 31 MARCH 2009 CONTRIBUTIONS RECEIVED

CONTRIBUTION AND INVESTMENT INCOME (R MILLION)

275 223

TRANSFERS RECEIVED

2 211

INVESTMENT INCOME

(8 135 486)

TOTAL INCOME

(7 858 052)

LESS TOTAL ADMINISTRATION EXPENSES

(78 630)

BENEFITS PAID AND TRANSFERS OUT

(2 244 412)

NET EXPENDITURE

(2 323 042)

ADD ACCUMULATED FUNDS AT BEGINNING OF YEAR

47 920 275

ACCUMULATED FUNDS AT END OF YEAR

37 739 181

FUND MANAGEMENT The management of the fund is vested in a Management Board, comprising an equal number of employee and employer representatives, with the chairman being appointed from either side on a two-yearly rotational basis. Employers are represented by the Steel and Engineering Industries Federation of South Africa (SEIFSA) while employees are represented by trade unions, which include Metal and Electrical Workers’ Union of South Africa (Mewusa), Solidarity, National Union of Metal Workers’ of South Africa (Numsa), United Association of South Africa (Uasa) and South African Equity Workers’ Association (Saewa). The fund is administered by the Metal Industries Benefit Funds Administrators (MIBFA).

number 3 of 2010

43

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a

BENEFITS PAID AND TRANSFERS OUT (R MILLION)


nuuswaardig

Moenie dat aftreehervorming spaar rem

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

s

uid-Afrikaners spaar te min. Dit is die boodskap wat ons gereeld van ekonome, die regering en finansiële instellings hoor. Die werklikheid is dat baie min Suid-Afrikaners deur pensioenfondse en ander spaarmetodes vir hul aftrede voorsiening maak. Daarmee saam beskik baie Suid-Afrikaners nie oor die finansiële vermoë om geld vir aftrede weg te sit nie, wat die las op die regering verhoog. Hoe meer mense nie vir aftrede voorsiening maak nie, hoe groter is die las op die regering om ’n staatspensioen aan mense te betaal en dienste soos mediese sorg te lewer. Omdat Suid-Afrikaners so min spaar, oorweeg die regering tans ’n verpligte vorm van spaar. Die regering se voorstel is dat werknemers wat tans by ’n werkgewer aan ’n pensioenfonds behoort hulle pensioengeld sal behou in die fonds waar dit gespaar is totdat die regering se aftreeplan in werking tree. Daarna moet hulle ’n pensioenbydrae tot die ou fonds én die nuwe regeringspensioenfonds maak. Daar is ook ’n sterk moontlikheid dat drempels ingestel sal word vir doeleindes van verpligte en vrywillige bydraes tot aftreevoorsiening. Hoewel die regering dit ’n verpligte stelsel noem, sal werknemers wat onder die onderste drempel van R12 000 per jaar val waarskynlik nie tot die verpligte aftreefonds hoef by te dra nie, aangesien sulke persone eerstens nie bydraes tot ’n aftreeplan kan bekostig nie en tweedens omdat hulle in elk geval sal kwalifiseer vir die regering se ouderdomstoelae wanneer hulle aftree. Die moontlikheid bestaan dat werknemers wat R150 000 of meer per jaar verdien, sal kan kies of hulle tot die regering se aftreeplan of ’n privaat aftreeplan wil bydra. Die regering beoog om moontlik drempels daar te stel om belastingaftrekkingsvoordele te beperk. Werknemers wat tussen die voorgestelde onderste drempel van R12 000 en die boonste drempel van R150 000 val, gaan verplig word om aan ’n aftreefonds te behoort. Keuses sal die regering se aftreeplan, die werkgewer se bestaande fonds, of ’n sektorfonds, soos die mynbedryf se pensioenfonds, insluit. Werknemers tussen die bogenoemde drempels gaan verder verdeel word in twee groepe. Indien jy in die onderste groep val, sal jy net tot die regering se fonds of ’n sektor se fonds kan bydra.

Werknemers wat nie aan ’n sektorfonds behoort nie, se volle bydrae sal dan na die regering se fonds gaan. Daardie werknemers se bestaande pensioenfonds sal dus nie meer bydraes ontvang nie, maar die bestaande kapitaal sal nie oorgedra word na die regering se fonds nie. Dieselfde beginsel sal geld vir werknemers wat in die hoër groep, maar steeds onder R150 000 val. Al verskil is dat werknemers tot hul bestaande fonds en die regering se fonds gaan bydra. Die idee is nie dat werknemers dubbele bydraes moet maak nie. Indien ’n persoon byvoorbeeld tans R1 000 per maand tot ’n aftreefonds bydra, gaan hy of sy ná die hervorming byvoorbeeld R750 tot die regering se aftreefonds of ’n goedgekeurde sektorfonds en die oorblywende R250 tot sy of haar bestaande fonds bydra. Die bedrag wat teruggeploeg word in die persoon se vorige fonds sal afhang van hoeveel die regering uiteindelik besluit die bydraes tot

nommer 3 van 2010

44

die nasionale aftreefonds moet beloop. Die redes wat die regering vir sy beplande hervorming aanvoer, is die volgende: • Die nasionale spaarkoers is tans negatief, wat beteken dat mense meer geld uitgee as wat gespaar word. Dit benadeel ekonomiese groei omdat daar nie geld beskikbaar is om in die ekonomie te belê nie. • Slegs 6 miljoen van die formele arbeidsmag het toegang tot aftreefondse. • Daar is toenemende druk op die staat om toelaes aan bejaardes te betaal. Om en by 2,5 miljoen mense ontvang reeds elke maand ouderdomstoelaes. • Historiese ongelykhede bly onveranderd, met die grootste deel van die swart bevolking wat steeds nie vir aftrede spaar nie. • Die koste van aftreevoorsiening word as hoog geag omdat daar te veel klein aftreefondse is waarvan die administrasie baie duur is. • Te veel geld van bydraers word voor aftrede aangewend.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig GEBREKKIGE KOMMUNIKASIE Luidens navorsing wat die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) vroeër vanjaar onderneem het, behoort 77% van Solidariteit-lede aan ’n aftreefonds. Slegs 44% van lede spaar bykomend tot hul aftreefonds. Voorts het die navorsing ook bevind dat slegs 46% van lede bewus is dat die regering besig is met pensioenfondshervorming. Lede voel ook tans effens meer positief as negatief oor die beginsel van ’n verpligte aftreefonds, maar is skepties oor die regering se vermoë om dit doeltreffend te bestuur. Hierdie gevoel word ook voortdurend deur finansiële kenners beaam. Tans kommunikeer die regering nie genoeg op grondvlak oor die beoogde pensioenhervorming nie, wat onnodige ongemak skep by mense wat reeds aan pensioenfondse behoort. HERVORMING WAT REEDS PLAASGEVIND HET Verandering wat reeds die afgelope paar jaar plaasgevind het, sluit in die verhoging van middeletoetsdrempels vir maatskaplike toelaes, insluitend maatskaplike ouderdoms-

pensioen, en die verlaging van die aftreeouderdom vir mans ná 60 ten opsigte van die maatskaplike ouderdomspensioen. Met betrekking tot egskeiding is die inwerkingtreding van die skoonbreukbeginsel en die nuwe proses om toegang tot egskeidingstoelae te verkry, ingestel. Werkgewerbydraes tot ’n groepaftreeannuïteit wat van belasting aftrekbaar is, is ook ingestel. Die kerngedeelte van die nuwe hervorming, waar alle werknemers verplig sal wees om aan ’n aftreeplan te behoort, is nog nie geïmplementeer nie. Daar is tans ook geen sprake van die nasionalisering van bestaande pensioenfondse by werkgewers of sektorpensioenfondse nie. SOLIDARITEIT STEUN AKSIES OM MENSE TE LAAT SPAAR, MAAR... Solidariteit is van mening dat die regering in beginsel korrek is met sy siening dat werknemers vir hul aftrede moet sorg en dat mense nie afhanklik van die regering of ander persone moet wees ná aftrede nie. Dit is verder ’n edele motief om die probleem van toegang tot geld voor aftrede te beperk. Die regering moet die insette van alle belanghebbende partye in die bedryf bekom en

daar moet in goeder trou onderhandel word om die bes moontlike oplossing te vind. Kortsigtige politieke besluite kan die gevestigde pensioenbedryf groot skade berokken. Die uitkontraktering van enige verpligte skema na die privaat sektor sal baie beter ontvang word deur werknemers as wat die geval sou wees indien die regering dit bestuur. Solidariteit is van mening dat werknemers in die gevestigde bedrywe en maatskappye reeds voldoende toegang tot fondse in die privaat sektor het en ’n bykomende verpligte fonds van die regering nie die mees doeltreffende manier is om volkome toegang te bewerkstellig nie. Die regering moet toelaat dat die bedrywe en maatskappye wat reeds oor pensioenfondse vir hul werknemers beskik, ongestoord voortgaan. Werknemers wat nie tans aan ’n aftreefonds behoort nie, moet die geleentheid gegun word om wel aan te sluit by ’n bedryfspensioenfonds of ’n privaat fonds, indien hulle nie aan die regering se fonds wil behoort nie. • Die volledige resultate van die SNI se navorsing onder Solidariteit-lede is by www.solidariteit.co.za beskikbaar. S


my geld

Vyf groot slaggate in aftreevoorsiening

a

Deur Henk Schalekamp

ftrede is iets waarvan die meeste mense droom. Hierdie droom gaan gewoonlik gepaard met die uitleef van lewensideale soos ’n langverwagte toer deur die wildernis van Afrika of die voltydse uitleef van ’n stokperdjie soos houtwerk of visvang. Die hartseer is dat slegs ongeveer 6% van die Suid-Afrikaanse werkende bevolking in staat is om sorgvry af te tree. Vir die res is dit nie so maklik om vir vandag en môre te voorsien nie. Die redes vir ’n gebrek aan aftreegeld kan soos volg saamgevat word:

DROME SONDER VOORSIENING Om die droom van aftrede ’n werklikheid te maak, verg verantwoordelike optrede. Aftreegeld is uitgestelde vergoeding – dit is die doelbewuste besluit om nou met minder oor die weg te kom, sodat daar ’n inkomste is die dag wanneer jy nie meer werk nie.

FOTO’S: REINT DYKEMA; iSTOCKPHOTO.COM

AFTREEGELD VOOR AFTREDE GEBRUIK Die gebruik van aftreegeld voor aftrede is die grootste rede vir baie mense se sukkelbestaan ná aftrede. Die onttrekking van aftreefondse wanneer diens by ’n werkgewer vir watter rede ook al beëindig word, skep verligting of vreugde op die kort termyn, maar veroorsaak ’n reuse-probleem ná aftrede. Die volgende is ’n eenvoudige voorbeeld om die omvang van so ’n besluit te illustreer: Gestel Piet het op 25 begin om R400 per maand teen ’n 15%opbrengs per jaar te spaar en hy word op 30 afgelê en besluit om sy fondswaarde van R35 800 te laat uitbetaal om hom deur sy krisis te help. Piet is gelukkig en kry binne drie maande werk en begin weer van nuuts af R400 per maand teen 15% bydra tot ’n aftreefonds. Hy onttrek nooit weer sy geld nie. Wanneer hy op 60 aftree, het hy R2,7 miljoen vir aftrede beskikbaar. Die feit is dat Piet se fondswaarde op 60-jarige ouderdom R5,944 miljoen sou gewees het indien hy nooit daardie klein bedraggie op 30 laat uitbetaal het nie. ONS BEGIN TE LAAT OM TE SPAAR Dit is ’n algemene feit dat aftreegeld oor die laaste vyf jaar van ’n beleggingstermyn die vinnigste en meeste groei. Wat minder bekend is, is dat die belangrikste tyd van spaar die eerste vyf jaar van jou aftreevoorsiening is. Die eerste jare van aftreevoor-

MY GELD

Henk Schalekamp

siening is die harde, moeilike jare. Dit is ook die eerste jare se bydraes wat in die laaste jare die meeste groei. ’n Ander scenario van die vorige voorbeeld verduidelik die omvang van hierdie rede. As Piet R400 bydra tot sy aftreefonds vanaf die ouderdom van 25 en ’n jaarlikse opbrengs van 15% kry, sal sy fondswaarde R5,944 miljoen op 60-jarige ouderdom wees. Indien sy kollega, Jan, wag tot 30-jarige ouderdom voordat hy begin om R400 te spaar met dieselfde opbrengs, sal sy fondswaarde slegs R2,804 miljoen op 60jarige ouderdom wees. Piet, wat op 25 begin spaar het, het slegs R35 800 in sy fonds gehad toe Jan op 30 begin spaar het. ONS SPAAR TE MIN Suid-Afrika het ’n baie swak spaarkultuur. Die meeste van ons spaar nie genoeg vir aftrede nie en bestee eerder ons geld op verbruiksgoedere soos voertuie en ander uitgawes wat korttermynvreugde verskaf, maar nie ’n bate is wat verkoop kan word by aftrede nie. Die huidige situasie in SuidAfrika is dat die gemiddelde persoon wat bydra tot ’n aftreefonds op 61 aftree met 20 jaar diens en gemiddeld slegs 11% van sy vergoeding bygedra het tot sy aftreefonds. Dit beteken dat sy aftreegeld slegs ongeveer 28% van sy laaste salaris sal kan vervang indien hy ’n volhoubare inkomste van sy aftreegeld wil trek.

nommer 3 van 2010

46

SOUTH AFRICANS SHOULD SAVE MORE FOR RETIREMENT South Africans do not make sufficient provision for retirement. People simply do not save enough, start saving too late, do not save at all, or use their pension when they change jobs. Solidarity has created its own Retirement Plan to encourage its members to save up for retirement. Contact Solidarity Financial Services on 0861 101 005 to join the Retirement Plan.

DOM BESLUITE MET AFTREEGELD Gulsigheid en vrees is die twee basiese motiverings vir beleggings wat ons maak in die mark. Wanneer ’n mens nie ingelig is oor beleggings nie, word jy toenemend gedryf deur hierdie twee basiese motiverings. Indien jy wil seker maak dat jy sorgvry kan aftree en jou drome en ideale kan uitleef, moet jy nou, terwyl jy nog kan, die verantwoordelikheid neem om te begin spaar. Wil jy begin spaar? Dit is nooit te laat nie. • Skakel Solidariteit Finansiële Dienste by 0861 101 005 om by die Solidariteit Aftreeplan aan te sluit. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


promosie-artikel

c

ILLUSTRASIE: iSTOCKPHOTO.COM

Consumer Assist: Eenstop- finansiële dienste onsumer Assist, die grootste skuldberadingsmaatskappy in Suid-Afrika, het daarop gewys dat meer as 170 000 verbruikers tans skuldberading ontvang en meer as 18 miljoen verbruikers aktiewe kredietrekords het. Van dié verbruikers is 45%, sowat 8,1 miljoen, reeds op die een of ander manier agterstallig. Consumer Assist meen dat dit nie net verbruikers se spandabelrigheid is wat hulle in die skuld laat beland nie, maar dat die groter sondebokke eerder die resessie, werkloosheid, dood en siekte is. “Ongeveer 171 000 werkgeleenthede, sowat 1,3% van die arbeidsmag, het in die eerste kwartaal van 2010 verlore gegaan. Verbruikers wat van krediet gebruik maak, het sedert Junie 2007 elke kwartaal vermeerder. Daarteenoor het verbruikers wat nog geen nadelige kredietrekord het nie kwartaalliks verminder,” het André Snyman, uitvoerende hoof van Consumer Assist, gesê. Die situasie versleg en Suid-Afrikaners moet gebruik maak van skuldberading. Verbruikers kan nie meer bekostig om nie ontslae te raak van hulle skuld nie. Die risiko is te hoog om nie gebruik te maak van die skuldberadingsproses nie. Jy kan bates verloor, krediteure kan regsaksies teen jou instel en jou kredietrekord word beïnvloed. Snyman sê voorts dat verbruikers met drie en meer maande se agterstallige paaiemente ook kwartaalliks meer word. “Met werkloosheid en siekte wat dikwels aan mense se deur klop, is dit belangrik om so gou moontlik ontslae te raak van skuld.” Consumer Assist het ook bevind dat geregtelike optrede in dié tyd meer as tevore plaasvind en dat krediteure dikwels onnodig aggressief is, aangesien verbruikers elke maand ongeveer R320 miljoen terugbetaal teenoor die R11 miljoen in 2008. “Krediteure raak meer aggressief en intimideer verbruikers. Sulke intimidasie is teenstrydig met die Nasionale Kredietwet,” het Snyman gesê. ’n Onlangse studie het getoon dat 79% van verbruikers gelukkig is met die resultate van skuldberading. Die werk van ’n skuldberader is om ’n professionele finansiële diens aan verbruikers te lewer. Skuldberaders help verbruikers om ’n aanvaarbare terugbetalingsplan met krediteure te onderhandel en steeds vir basiese lewensuitgawes te betaal. • Skakel 0861 21 22 23 of stuur e-pos na info@consumerassist.co.za nommer 3 van 2010

48

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

“Drome is die ware vertolkers van ons neigings, maar kennis is nodig om hulle te vertolk en te verstaan.” ~ Michel de Montaigne ~

Elbie Liebenberg (hoof van Sol-Tech), Flip Buys (uitvoerende hoof van Solidariteit), Paul van Deventer (besturende direkteur van Sol-Tech), Piet du Plooy (direkteur), Henk Schalekamp (direkteur) en Marthinus Visser (direkteur en voorsitter).

Sol-Tech se gronddroom bewaarheid

FOTO’S: REINT DYKEMA

s

Deur Charl Oberholzer

olidariteit droom van ’n instelling wat leerlinge vrystel van regstellende aksie. Solidariteit droom van ’n AfrikaansChristelike kollege. Solidariteit droom van ’n toekoms vir ons jongmense. Dié drome is nou een tree nader aan werklikheid. Sol-Tech het 4,8 hektaar grond in Centurion gekoop om ’n groot kampus te bou. Meer kursusse, meer studente, meer dosente en meer ruimte vir nóg drome is nou vir die volgende drie jaar in Sol-Tech se visier. Die grond is naby die Solidariteit-hoofkantoor geleë en is op ’n onlangse likwidasieveiling opgeraap. “Ons is reeds ’n geruime tyd op soek na grond en kan nie wag om met die konstruksie van die kampus te begin nie,” het Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech, gesê. Elbie Liebenberg, hoof van Sol-Tech, het bygevoeg dat die drome van Solidariteit en Sol-Tech besig is om waar te word. “Meer jongmense gaan die geleentheid gegun word om verder te studeer en nie net in ambagte nie.” Die ontwikkeling van die grond sal met ’n arendsoog dopgehou word. Dit is duidelik dat ’n nuwe asem in Sol-Tech geblaas gaan word en die kollege nuwe lewe gaan kry. Wie sou kon sê dat dit dieselfde kollege is wat in 2006 net ’n paar vertrekke in die Solidariteit-hoofkantoor en ’n handjievol eerstejaarstudente gehad het. Vandag spog Sol-Tech met meer as 500 studente. S nommer 3 van 2010

’n Droom bewaarheid! Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech, tuur oor die stuk grond wat eersdaags ’n groot Sol-Tech-kampus sal huisves.

50

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

Wenners, wenners, wenners! Sol-Tech het groot pryse weggegee tydens ’n trekking wat op 30 April op die kampus gehou is. Sol-Tech wil die borge, ds. Danie de Jager en die Oog Vakansieoord bedank vir hulle bydraes asook elkeen wat ’n kaartjie gekoop het vir die kans om ’n jagpakket ter waarde van R11 000 te wen. Die wenners was: • 1ste prys (jagpakket): Jantjie Reid. • 2de prys (twee nagte vir agt mense by die Oog): Bronwin Hart. • 3de prys (’n slagskaap): André Rabe. Die studente wat die meeste kaartjies verkoop het, is Dirk Oosthuizen, Tiaan Stolz en Juan van Niekerk. Elbie Liebenberg, hoof van Sol-Tech, trek die wenner van die jagpakket ter waarde van R11 000.

Pluimpies vir kollege

FOTO’S: REINT DYKEMA; iSTOCKPHOTO.COM

Sol-Tech word oorstroom met telefoniese komplimente, dankiesêbriewe en e-posboodskappe waarin ouers vertel wat Sol-Tech vir hulle kinders beteken. “Sol-Tech was van meet af aan meer as net ’n tegniese kollege. Ouers en studente is voortdurend beïndruk met die persoonlike en geestelike leiding wat Sol-Tech bied,” meen Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech. Van Deventer voel die gehalteonderrig is te danke aan die buitengewoon goed gekwalifiseerde personeel wat werklik ’n passie vir jongmense het. Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, beaam dit. “Ons doel was nog altyd om jongmense vir hulle roepings toe te rus en nie nét vir hulle beroepe nie. ’n Goeie tegniese kwalifikasie verseker ’n werk, maar ’n gevormde karakter verseker ’n loopbaan.”

Gesoek: Gasheerwerkgewers vir studente Ajani is die plasingsmaatskappy wat die plasing van Sol-Tech-studente behartig. Dit is noodsaaklik dat studente vir hulle praktiese opleiding onder die toesig van gekwalifiseerde persone werk. Die studente moet tydstate oor hulle daaglikse aktiwiteite invul. Aan die einde van elke week word die tydstate deur die gekwalifiseerde toesighouers afgeteken. Die gasheerwerkgewers betaal die studente vir die tydperk wat hulle prakties opleiding aflê. Studente word twee keer per jaar deur Ajani by gasheerwerkgewers geplaas. Elke uitplasing duur ongeveer ses maande. Die voordeel vir die gasheerwerkgewers is dat hulle nie verbind is

tot die studente nie. Die gasheerwerkgewers kan deur die loop van die jaar kyk of die studente by die maatskappye aanpas en dan ná drie jaar besluit of hulle die studente permanent in diens wil neem. Ajani is dringend op soek na gasheerwerkgewers om studente in te neem vir hulle praktiese opleiding in die volgende rigtings: • Elektries. • Meulmakery. • Dieselwerktuigkunde. • Pas en draai. • Bereidwillige maatskappye kan met die skakelpersoon by Ajani Services in verbinding tree by 082 856 2941 of paulize@solidariteit.co.za

Registrasiedatum breek aan

Tel: 012 664 8923 www.sol-tech.co.za number 3 of 2010

51

Sol-Tech is lewendig en krioel reeds met sowat 540 studente. Dié opleidingskollege groei teen ’n merkwaardige pas en meer studente as ooit tevore sal na verwagting op die volgende registrasiedatum by die kollege inskryf.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


lidmaatskap

’n wen-wen-

VENNOOTSKAP

Hierdie is ’n opsomming van die voordele wat aan lidmaatskap van Solidariteit verbonde is. Dit is onderhewig aan die grondwet en beleid van die vakbond, asook aan die reëls soos vervat in die Reëlboek, en kan sonder vooraf kennisgewing deur die Hoofraad van Solidariteit gewysig word. Nuwe lede, wat bewys kan lewer dat hulle lid was van ’n ander vakbond in ’n kollektiewe maatskappy direk voor aansluiting by Solidariteit, is dadelik op voordele geregtig, met dien verstande dat waar so ’n lid by aanvaarding reeds in litigasie of geskil betrokke is, die voordele van lidmaatskap deur die Hoofraad na goeddunke beperk kan word.

TOT U DIENS MOTOR- EN HUISINHOUDVERSEKERING Hierdie groepskema verskaf uitstekende premies by Auto & General aan lede. Skakel 0860 34 62 53 vir ’n gratis, verpligtingvrye kwotasie.

SOLIDARITEIT REGSHULPPAKKET Vir ’n bykomende premie van slegs R65 per maand kan lede en hulle afhanklikes omvattende regsdekking geniet, dit wil sê buite arbeidsverband. Die voordele behels dekking vir siviele en familiegedinge, borgonderhandeling, borgbetaling tot R5 000, strafregsake (krimineel) en hulp met verkryging van vuurwapenlisensies. • Skakel 0861 SOL REG (0861 765 734).

SOLIDARITEIT AFTREEPLAN Solidariteit Finansiële Dienste hanteer die bemarking van die Solidariteit Aftreeplan. Dié produk is ontwikkel as ’n uitvloeisel van die feit dat so min SuidAfrikaners onafhanklik kan aftree. • Skakel 0861 000 777 of stuur e-pos na solidariteit.aftreeplan@coriscapital.com

FOTO’S: iSTOCKPHOTO.COM

TESTAMENTE EN BOEDELBEREDDERING Elke lid het toegang tot die gratis opstel van sy of haar testament. Boedelbereddering kan ook teen ’n markverwante heffing gedoen word. • Skakel 012 644 4300.

HOEVEEL KOS LIDMAATSKAP?

’N HELPENDE HAND WERKVERSKAFFING: EXPRESS EMPLOYMENT PROFESSIONALS

• Individuele lede – R72 per maand • Kollektiewe lede – R70 per maand

Elke lid geniet toegang tot Solidariteit se eie arbeidsmakelary en personeelagentskap wat werkloses help om werk te kry. • Skakel Express by 012 664 8923 as u van enige vakatures weet of self werk soek.

SOLIDARITEIT HELPENDE HAND Solidariteit Helpende Hand ondersteun maatskaplike projekte en elke aansoek word op meriete oorweeg. Aansoeke kan gerig word aan: Solidariteit Helpende Hand, Posbus 11760, Centurion 0046. • Skakel 0861 25 24 23.

BEURSE Die vakbond stel jaarliks studiebeurse vir lede se kinders beskikbaar. Voorkeur word gegee aan afhanklikes van behoeftige weduwees en pensioenarisse. By beurstoekennings word die aansoeker se inkomste en duur van lidmaatskap in ag geneem. Rig aansoeke aan: Solidariteit Beurse, Posbus 11760, Centurion 0046. • Skakel 012 644 4300.

nommer 3 van 2010

52

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


lidmaatskap

LIDMAATSKAPKATEGORIEË Met vier kategorieë van lidmaatskap bied Solidariteit ’n tuiste vir almal!

1

KOLLEKTIEWE LEDE

Kollektiewe lede is lede in diens van ’n werkgewer met wie Solidariteit ’n erkenningsooreenkoms het, of van ’n werkplek wat deur Solidariteit by die kollektiewe afdeling ingedeel word. Die meeste lede val in hierdie kategorie. Kollektiewe lede, ongeag ouderdom, kwalifiseer vir alle voordele.

2

VOORTSETTINGSLEDE (AFGETREDE LEDE)

Bestaande Solidariteit-lede kan binne 3 maande ná aftrede aansoek doen om voortsettingslidmaatskap. Hierdie lede kwalifiseer vir alle toepaslike voordele. Die afhanklike kan ná afsterwe van die lid aansoek doen vir voortsetting van lidmaatskap. Voortsettingslede wat ’n verminderde premie betaal se kontantuitbetalingsvoordeel is slegs op hooflid van toepassing.

4

ARBEIDSAKE Gratis regshulp en hulp in arbeidsake Lede kry advies van deskundiges ten opsigte van alle arbeidsake soos dissiplinêre ondersoeke, werkongelukke en werksprobleme. Gratis regsverteenwoordiging word verskaf vir werkverwante arbeidsake wat na die KVBA of die arbeidshof verwys word. • Besoek www.regsdienste.co.za Hulp met ondersoeke Hulp in verband met ondersoeke deur die Mediese Buro vir Bedryfsiektes en voordele van die Vergoedingskommissaris en Rand Mutual word verleen, asook hulp in verband met werkverwante ongeskiktheidseise.

INDIVIDUELE LEDE

Individuele lede is lede wat by aansluiting jonger as 50 jaar is en by ’n werkgewer werk waar daar nie ’n erkenningsooreenkoms bestaan nie en wat nie deur Solidariteit as kollektief beskou word nie. ’n Individuele lid wat ná aansluiting 50 jaar oud word, bly ’n individuele lid. Individuele lede kwalifiseer vir alle voordele.

3

ONS WERK VIR JOU

ONDERSTEUNINGSLEDE

Hierdie kategorie van lidmaatskap is ingestel op versoek van mense wat die visie van Solidariteit steun, maar nie kwalifiseer vir een van die ander kategorieë nie, dit wil sê individuele lede wat by aansluiting ouer as 50 jaar is. Ondersteuningslede kan sekere voordele benut, met die uitsondering van voordele soos kollektiewe bedinging, siekte- en ongelukskema, permanente ongeskiktheid, bevallingsvoordele en sterftevoordeel.

Kollektiewe bedinging Bekwame en ervare Solidariteit-personeel beding kollektief vir beter diensvoorwaardes en salarisse vir lede.

STERFTEVOORDELE (DOVES-KONTRAK) Begrafnisplan • ’n Gehaltebegrafnis word aan elke lid en sy of haar huweliksmaat verskaf. Dit sluit ’n kis van hoë gehalte asook die begrafnisdiens in. • In die geval van ’n verassing word ’n kis en ondernemersdiens voorsien. • ’n Begrafnis vir die lid se afhanklike kinders tot ouderdom 21 jaar word voorsien en is van dieselfde gehalte as dié vir volwassenes. Die ondernemersdiens word slegs deur Doves-begrafnisdienste behartig. • Die afhanklike gade kan aansoek doen om aan te bly as lid ná afsterwe van die hooflid. Kontantuitbetalings bykomend tot begrafnisplan • ’n Kontantbedrag van R3 000 word by afsterwe van ’n opbetaalde lid aan die huweliksmaat of afhanklike kinders

beskikbaar gestel. • ’n Bedrag van R2 000 word aan ’n lid wat volle ledegeld betaal, beskikbaar gestel as ’n huweliksmaat te sterwe kom. • Kontantuitbetalings aan ’n volle lid by die afsterwe van kinders behels die volgende: * Kinders tussen 14 en 21 jaar: R1 500 * Kinders jonger as 14 jaar: R1 000 • Kontantuitbetaling wissel as beide man en vrou lid van Solidariteit is. Begrafnisreëlings Die las van begrafnisreëlings word baie verlig deurdat Solidariteit en Doves die reëlings tref. Korting op grafstene ’n Korting van 10% op grafstene is met Doves beding.

PERMANENTE MEDIESE ONGESKIKTHEID Lede met 12 maande ononderbroke lidmaatskap van Solidariteit en wat spesialisverslae en bewyse van hulle werkgewers voorlê dat hulle permanent ongeskik vir enige werk in die ope arbeidsmark is, ontvang ’n eenmalige bedrag van R1 500.

SIEKTEVOORDELE Siektevoordele van R12 per dag is betaalbaar aan lede vanaf die datum waarop die werkgewer betaling staak.

BEVALLINGSVOORDEEL ’n Bevallingsvoordeel van R1 250 word vir elke bevalling aan vroulike lede met 12 maande ononderbroke lidmaatskap by Solidariteit betaal. Aansoeke moet binne 60 dae ná die bevalling ingedien word.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF Lede ontvang ’n eksemplaar van die Solidariteit Tydskrif waarin aktuele kwessies in die wêreld van werk asook Solidariteit se werksaamhede gedek word.

MOENIE WAG NIE, SLUIT VANDAG AAN! • Skakel 0861 25 24 23; besoek www.solidariteit.co.za; SMS die woord SOL en jou naam na 35960; of besoek een van ons dienskantore. * BEPALINGS EN VOORWAARDES GELD

number 3 of 2010

53

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


newsworthy

Employment growth still lagging

PHOTOGRAPH: iSTOCKPHOTO.COM

w

By Paul Joubert

hile the economy as a whole is definitely on the mend, one area that is still struggling to make headway is employment. According to the Quarterly Labour Force Survey of Statistics South Africa (StatsSA), the economy shed 140 000 formal jobs in the first quarter of 2010, bringing the total number of formal jobs lost since the first quarter of 2009 to 475 000. Employment is known to be a lagging indicator – it follows general economic patterns with a delay. Total employment in South Africa has been languishing at a level of about 12 850 000 employed persons since the third quarter of 2009 and has yet to show any sustained improvement. However, many other key indicators in the economy have turned around and paint a much rosier picture than they did 12 months ago. Quarter-on-quarter GDP growth, the overall indicator of the state of the economy, was 4,6% in the first quarter of 2010, up from -7,4% a year before. The corresponding yearon-year figures are 1,6% and -0,7%. Electricity consumption, a good proxy for total economic activity, totalled 57 763 GWh during the first quarter of 2010, representing an 8% improvement since the same period last year. Manufacturing and mining have also turned the corner, with mining production showing 9,1% annual growth (from a 7,5% decline last year) and manufacturing production coming in with a figure of 4,7% as opposed to -23,0% for the same period last year. New car sales have also seen a turnaround. According to StatsSA’s index, sales went up more than 25% from last year, which is in stark contrast to the previous year’s decline of 33,2%. Inflation has receded to below the upper bound of the Reserve Bank’s target range of 3% to 6% and averaged 5,7% for the first three months of 2010. During the same period in 2009, it averaged 8,4%, allowing the Reserve Bank to bring the prime interest rate down to a 30-year low of 10%. Consumer confidence, as measured by the Bureau for Economic Research of the University of Stellenbosch, is at a two-year high of 15. Business confidence, which is measured on a different scale (anything

AANWYSER

Eerste kwartaal 2010 se syfers

Vorige jaar se syfers

BBP (groei op vorige kwartaal)

4,6%

-7,4%

BBP (groei op jaar gelede)

1,6%

-0,7%

Breë werkloosheidskoers

32,5%

28,4%

Elektrisiteitsverbruik

57 763GWh

53 370GWh

Vervaardigingsproduksie (groei op vorige jaar)

4,7%

-23,0%

Mynbouproduksie (groei op vorige jaar)

9,1%

-7,5%

Kleinhandelverkope (groei op vorige jaar)

-0,6%

-3,0%

Nuwemotorverkope (groei op vorige jaar)

25,4%

-33,2%

Verbruikersprysinflasie

5,7%

8,4%

Verbruikersvertroue

15

1

Sakevertroue

43

27

Aankopebestuurdersindeks (vervaardiging)

56,6

39,0

Likwidasies

944

1 008

Dagvaardings vir skuld (groei op vorige jaar)

-2,0%

21,8%

above 50 is positive), is still at only 43, but this is a considerable improvement over last year’s figure of 27. The manufacturing purchasing managers’ index has breached the 50-point level and averaged 56,6 during the first quarter of 2010 – a far cry from the first quarter of 2009’s figure of 39. Liquidations are down to 944 from 1 008 a year earlier. Not a great improvement, but

nommer 3 van 2010

54

an improvement nonetheless. Civil summonses for debt are down 2,0% from last year (when the corresponding figure was a massive increase of 21,8%). Together these figures paint a picture of an economy that is slowly recovering in many sectors and quickly recovering in others. Unfortunately, this growth is still not sustainably creating new jobs to make up for the jobs lost during the past year. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


newsworthy

briefly

PHOTOGRAPHS: iSTOCKPHOTO.COM; REINT DYKEMA

Blood, sweat and stress for business owners – research Close to 60% of leaders of privately held businesses (PHBs) in South Africa feel their stress levels have increased over the last year. This is among the findings made in the latest Grant Thornton International Business Report released in April. The research, conducted among 7 400 businesses in 36 countries, shows that owners of private businesses in South Africa rate 16th in the stress league. The research shows that South African business owners’ stress levels are on the decrease compared to other countries, as South Africa ranked seventh in 2007. China ranks first in the stress league, followed by Mexico, Turkey, Vietnam and Greece. Business owners in Sweden, Denmark, Finland and Australia

have the lowest stress levels. The harsh economic climate experienced worldwide in 2009 is regarded as the biggest reason for business owners’ high stress levels. In addition, business owners indicated that pressure on cash flow, competitors’ activities and a heavy workload contributed to their stress levels. The research also shows a correlation between business owners’ stress levels and the number of days’ leave they take per annum. South African business owners take an average of 13 days’ leave per annum, while the worldwide average is 14 days per annum.

Steps to curb illegal mining deliver results, says Cwele The tough action that has been taken recently in an effort to curb illegal mining activities is delivering results, the Minister of State Security, Siyabonga Cwele, said during his department’s budget speech in May. Solidarity’s head of occupational health and safety, Paul Mardon, confirms that progress

has been made in curbing this crime. “Significant progress has been made at grassroots level already,” he explains. “Several illegal miners who had been active in the Welkom and Barberton regions, in particular, have handed themselves over to authorities and numerous arrests have been made as well. Good progress has also been made with the arrest of criminals who are active on the level just above the miners.” However, Mardon emphasises that the master brains behind this type of organised crime have not been apprehended yet. “The problem will continue until the toplevel criminals in illegal mining are apprehended,” says Mardon. According to Cwele, the gold sector has already lost an estimated R5,7 billion in annual income as a result of the transnational organised crime syndicates that are active in the mining industry.


promosie-artikel

Antwoord op mediese versekeringsprobleme

v

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

erskillende mediese fondse, hoë tariewe, bybetalings, die keuse tussen ’n hospitaalplan en ’n uitgebreide plan met duur dekking. Dié kwessies is genoeg om enigiemand met ’n warboel onbeantwoorde vrae en ’n gat in die sak te laat. Die mediese bedryf in Suid-Afrika gaan tans deur diep waters en mense kan om verskeie redes nie bekostig om aan ’n mediese fonds te behoort nie. In baie gevalle is die vertroue in mediese fondse so geskaad dat mense eerder op eie stoom vir hul mediese uitgawes verantwoordelik wil wees. PROBLEME VEROORSAAK WANTROUE Daar is verskeie grondige redes vir Suid-Afrikaners se wantroue in die mediese bedryf en in mediese fondse. Die redes sluit in: • Hoë koste: Sommige dokters en spesialiste vra privaat tariewe vir konsultasies. Dié tariewe is egter so buitensporig duur dat middelklas-Suid-Afrikaners dit eenvoudig nie kan bekostig nie. • Probleme in mediese fondse: Talle mediese fondse sukkel om in die huidige omstandighede kop bo water te hou, hoofsaaklik weens die feit dat die mark oorvloei is met hordes verskillende fondse. Die fondse het met verskeie probleme te kampe, soos die veroudering van lede en die vereistes vir die voorgeskrewe minimumvoordele wat deur wetgewing van alle mediese fondse vereis word. • Duur mediese fondse: Mediese fondse se premies styg jaarliks en dra daartoe by dat dekking byna onbekostigbaar geword het. • Regering se planne: Die regering se planne om ’n nasionale gesondheidsorgstelsel op die been te bring, plaas bykomende druk op en veroorsaak onsekerheid in die mediese bedryf. In hierdie stadium is dit nog nie duidelik hoe dié stelsel die funksionering en voortbestaan van privaat mediese fondse in Suid-Afrika gaan beïnvloed nie. • Verlies aan kundigheid: Die kommerwekkende tempo waarteen kundiges in die mediese bedryf – waaronder veral algemene praktisyns en spesialiste – die land verlaat, laat vrae oor die volhoubare beskikbaarheid van kundiges ontstaan.

DIE EINDE VAN JOU HOOFPYN! Mediese versekering hoef jou nie ’n hoofpyn te gee nie. Nie as jy by Solidariteit Finansiële Dienste aanklop en die wêreld van Sapmeds ontdek nie. Sapmeds is ’n unieke mediese produk wat ’n hospitaalplan kan vervang, maar teen baie laer, bekostigbare tariewe. Sapmeds is nie ’n mediese fonds nie en word deur die Raad op Finansiële Dienste gereguleer en nie die Registrateur van Mediese Fondse nie. Dit is tot finansiële voordeel van die kliënt, aangesien die reëls en onderskrywing van dié van mediese fondse verskil en daarom ook laer premies kan bied. Sapmeds word onderskryf deur Resolution Underwriters (Pty) Ltd wat ’n gelisensieerde finansiëlediensteverskaffer is.

• Staatshospitale: Staatshospitale in SuidAfrika is in ’n skokkende toestand en dienslewering hier word telkens bevraagteken. Die situasie het nou reeds so versleg dat Suid-Afrikaners alle vertroue in die mediese sorg wat by staatshospitale gebied word, verloor het. IS VERSEKERING DIE OPLOSSING? Die talle probleme en kwellende kwessies in die mediese bedryf in Suid-Afrika vereis ’n daadwerklike oplossing. Dié oplossing kom in die vorm van mediese versekering. Eerstewêreldlande soos die VSA en Brittanje is goed vertroud met mediese versekering en dit is reeds duidelik dat dié stelsel doeltreffend gebruik kan word. Individue wat gesond is, besef dat maandelikse premies van duisende rand onnodig is. Hoe kan ’n maandelikse premie van R1 000 of meer regverdig word in gevalle waar die persoon gesond is en bykans nooit van mediese dienste gebruik maak nie? Dié redenasie lei in baie gevalle daartoe dat mense eerder na ’n goedkoper mediesefondsplan afskaal waarin die dekking beperk

is – soos ’n hospitaalplan. Andersins kies talle ’n plan waarvan die maandelikse premie laag, maar bybetaling hoog is. Mense besef ook nou dat hulle eerder self daaglikse mediese uitgawes soos doktersbesoeke, medikasie en kleiner mediese prosedures kan bybring deur maandeliks daarvoor te spaar. Mense maak dus self vir hul gesin se mediese sorg voorsiening en bestuur dit ook self. Dié benadering kan ’n groot kostebesparing inhou. OPLOSSING VIR SOLIDARITEIT-LEDE Solidariteit-lede wat na ’n alternatiewe roete van mediese dekking streef en ’n bekostigbare oplossing vir privaat hospitalisasie soek, kan dit nou kry. Solidariteit Finansiële Dienste bied aan lede toegang tot Sapmeds-hospitaalversekering. Sapmeds is ’n korttermynongeluks- en gesondheidspolis met vasgestelde voordele vir hospitalisasie. Met spesiale terme wat spesifiek vir Solidariteit-lede onderhandel is, is Sapmeds ’n bekostigbare en betroubare opsie. Sapmeds bied uitstekende premies en bied toegang tot privaat hospitaaldienste teen ’n fraksie van die koste van konvensionele mediese fondse.

Vir meer inligting oor die voordele wat Sapmeds vir jou en jou gesin kan inhou, inligting oor premies, bepalings en voorwaardes en enige ander navrae rakende Sapmends, skakel Solidariteit Finansiële Dienste by 0860 10 45 22.

nommer 3 van 2010

56

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


newsworthy

Unemployment: A ticking time bomb

PHOTOGRAPH: iSTOCKPHOTO.COM

o

By Francois Calldo

wing to large-scale retrenchments as a consequence of the recession, 870 000 jobs were lost between the fourth quarter of 2008 and the fourth quarter of 2009. Although 89 000 jobs were created in the last quarter of 2009 as the South African economy started to recover, there was a decrease in employment, with 171 000 jobs being lost between the fourth quarter of 2009 and the first quarter of 2010. The formal sector lost 140 000 jobs and the informal sector lost 100 000 jobs, while agriculture and private households created some 35 000 and 34 000 jobs respectively. As more jobs are lost than created and because many people are unemployable due to a lack of appropriate skills, the official unemployment rate stands at 25,2% (or 4,3 million), compared to 24,3% in the previous quarter according to the latest Quarterly Labour Force Survey published by Statistics SA in May 2010. This high rate of unemployment should be of great concern to the government. It is only a matter of time before this ticking time bomb explodes. The danger signs are already there: Masses of unemployed people are usually at the forefront of the so-called service-delivery protests. Every year government promises to create jobs, but most of these promises are not kept. When the government does create jobs, they are usually in the form of temporary employment. Job creation should be sustainable in the long term. The government cannot expect employers to provide work for more people when the majority of unemployed people are unemployable because they do not have the necessary skills. At this stage it seems that jobs will be created in 2010 as the economy recovers further, but at a very slow pace. It will take a long time to make up the jobs that were lost in 2009. According to the latest Manpower Employment Outlook Survey (Q2:2010), which is a forward-looking survey of 750 employers in South Africa, South African employers have cautiously optimistic hiring plans for the second quarter of 2010. According to the survey, 16% of employers expect their head count to increase, 8% forecast a decrease and 75% anticipate no change. These figures point to a net growth of only 8%. S

CHARACTERISTICS OF PEOPLE WHO LOST THEIR JOBS When it comes to job losses the media tend to focus on the number of people who lost their jobs and forget to look at the characteristics of these people. The characteristics are as follows: • Most of the people who lost their jobs were men. Men accounted for 89 000 of job losses, followed by women at 82 000. • Most job losses occurred in the age groups of 15-24 years (62 000) and 25-34 years (52 000), followed by the age group of 45-54 years (35 000). Relatively fewer job losses occurred between the age groups of 35-44 years and 55-64 years. • Job losses occurred in most provinces, except in the Western Cape and KwaZuluNatal, which gained 21 000 and 9 000 jobs respectively. Limpopo accounted for 51 000 of job losses, followed by Gauteng (46 000) and Mpumalanga (29 000). • Most of the 171 000 job losses were in the financial industry where 126 000 jobs were lost, followed by construction (64 000) and trade (48 000). Job gains were observed in agriculture (35 000), private households (34 000) and community and social services (29 000). • Job losses occurred in almost all occupations during the first quarter of 2010, except professional occupations which gained 32 000 jobs. Skilled agriculture and craft and related trade occupations remained almost the same as in the previous quarter. Most of the job losses were in elementary (82 000), sales and services (36 000) and plant and machine operator (35 000) occupations. • During the first quarter of 2010 the majority of people who lost their jobs (189 000) were people whose level of education is below a secondary qualification, or people with no education. People who have a qualification of grade 12 and higher seem to be less affected by job losses.

nommer 3 van 2010

58

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


occupational health & saftey

Medical incapacity: st

21 -century threat to sustainable employment By Leigh McMaster

i

t is commonly recognised that employees in the 21st century are confronted with a number of occupational and non-occupational diseases. Many of these diseases could ultimately lead to functional disability of employees if they are not managed correctly through a comprehensive medical treatment plan. Non-occupational diseases that may lead to medical incapacity include cancer, HIV, diabetes and cardiovascular diseases, to name a few. The occupational diseases that hold the biggest threat to continuous employment are noised-induced hearing loss (NIHL), occupational asthma, tuberculosis, silicosis, asbestosis, occupation-related spinal injuries and a number of other occupation-specific diseases.

PHOTOGRAPH: iSTOCKPHOTO.COM

FACING POSSIBLE MEDICAL INCAPACITY Medical incapacity is the generic term for what is referred to in the Labour Relations Act (LRA) as a dismissal on the grounds of ill health/incapacity. It is critical that all employees know what their rights are in respect of medical incapacity. The legal framework for medical incapacity is contained in the following acts and guidelines: • The Labour Relations Act: Schedule 8; Code of Good Practice – Dismissal, sections 10 and 11. • The Employment Equity Act (EEA). • Code of Good Practice: Key Aspects on the Employment of People with Disabilities (EEA). • General Ethical Guidelines for Health Care Professions – HPCSA. • Guidelines on Ethical and Professional Conduct for Occupational Health Practitioners – SASOM. • Several other guidelines on the assessment of medical incapacity as produced by professional societies, e.g. the South African Society of Psychiatrists. • Case law. THE LABOUR RELATIONS ACT The Labour Relations Act (LRA) gives a number of guidelines regarding the procedure that should be followed in respect of medical incapacity, as well as the substantive questions (reason for dismissal) that should be considered. The LRA broadly outlines the following principles.

1. Incapacity on the grounds of ill health or injury could be temporary or permanent. 2. If an employee is temporarily unable to work in the circumstances, the employer should investigate the extent of the incapacity or the injury. 3. If an employee is likely to be absent for a time that is unreasonably long in the circumstances, the employer should investigate all possible alternatives short of dismissal. When alternatives are considered, relevant factors might include – (a) the nature of the job; (b) the period of absence;

nommer 3 van 2010

60

(c) the seriousness of the illness or injury; and (d) the possibility of securing a temporary replacement for the ill or injured employee. 4. In cases of permanent incapacity, the employer should ascertain the possibility of securing alternative employment or adapting the duties or work circumstances of the employee to accommodate the employee’s disability. 5. In the process of the investigation referred to in subsection 1 (a) of the Labour Relations Act, the employee should be allowed

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


occupational health & saftey the opportunity to state a case in response and to be assisted by a trade union representative or a fellow employee. 6. The degree of incapacity is relevant to the fairness of any dismissal. The cause of the incapacity may also be relevant. In the case of certain kinds of incapacity, for example, alcoholism or drug abuse, counselling and rehabilitation may be appropriate steps for an employer to consider. 7. Particular consideration should be given to employees who are injured at work or who are incapacitated by work-related illness. The courts have indicated that the duty on an employer to accommodate the incapacity of an employee is more onerous in these circumstances. GUIDELINES IN CASES OF DISMISSAL ARISING FROM ILL HEALTH OR INJURY The following aspects should be considered in determining whether or not a dismissal arising from ill health or injury is unfair: 1. Whether or not the employee concerned is capable of performing the work; and 2. if the employee is not capable of performing the work – (a) the extent to which the employee is

able to perform the work; (b) the extent to which the employee’s work circumstances might be adapted to accommodate the disability, or, where this is not possible, the extent to which the employee’s duties might be adapted; and (c) the availability of any suitable work. PRACTICAL TIPS FOR EMPLOYEES ON DEALING WITH MEDICAL INCAPACITY 1. Have a clear and objective view of your current medical condition. Make sure you have the relevant medical reports on hand and that your treating physician is the right specialist to deal with your specific problem. If incapacity is, for instance, related to a psychiatric condition, a psychiatrist must evaluate the extent of incapacity. 2. Get a detailed prognosis from your physician, stating the degree of unfitness as well as the period of unfitness to perform normal duties. 3. Demand an occupational therapist’s (OT) report. An OT should conduct a functional assessment on you to determine the level of impairment or disability.

4. Ensure that you have a detailed copy of your job description and evaluate the extent to which you are able to carry out the tasks that are required of you. 5. Do your own workplace investigation into the following areas: • Establish how your work environment can be adapted to accommodate your disability. • If alternative work is considered, investigate all possible positions you could be employed in. Evaluate these positions against your skills, experience and qualifications. If suitable positions are not available, it might be feasible to create new positions in order to fill gaps in operations. 6. Be mindful of whether the disability is work related or not. A greater onus rests on an employer to accommodate an employee in the workplace if his/her incapacity is a result of a workplace incident, i.e. injury on duty (IOD). 7. Contact your trade union for advice or assistance. • Solidarity members can contact the call centre on 0861 25 24 23 or send an e-mail to enquiries@solidarity.co.za. S


arbeidsake

Regsdienste behaal nog talle welslae

s

Deur Charl Oberholzer

FOTO’S: REINT DYKEMA

ukses is die bereidwilligheid om te doen wat die gemiddelde persoon nie bereid is om te doen nie. Solidariteit Regsdienste is bereid om die ekstra myl te loop, soos die volgende suksesverhale wys. Solidariteit Regsdienste spog met ’n suksesvolle regsopleidingsprogram en kry skaars kans vir stilstaan met die reeks regstellendeaksie-hofsake teen die SAPD en Korrektiewe Dienste wat sedert verlede jaar aangepak is. Van waardetoevoeging kan jy die afdeling niks leer nie. Taakspanne van Solidariteit se regsafdeling is selfs by nuwe wetsontwerpe en parlementêre portefeuljekomitees betrokke. Met een sukses ná die ander is Solidariteit-lede van beskerming in die werkplek verseker.

LITIGASIE-AFDELING PAK MUNISIPALITEIT Sewe Solidariteit-lede het in 2005 aangedui dat hulle in April dié jaar deur hul werkgewer, Emfuleni Munisipaliteit in Vanderbijlpark, geskors is. Die lede het in die finansiële afdeling van die munisipaliteit gewerk. “Munisipaliteite regoor Suid-Afrika is nie bekend vir hulle kundigheid nie en dié munisipaliteit was geen uitsondering nie. Die persone in die munisipaliteit wat vir die skorsings, ondersoeke en dissiplinêre verhore verantwoordelik was, was nie bevoeg nie en daar is gedurig verskonings aangebied vir waarom die verhore nie begin nie. Die munisipaliteit wou net nie hê dat die betrokke werknemers verder daar moet werk nie,” het Philip Kruger, hoof van die afdeling Algemene Litigasie by Solidariteit, gesê. Die lede was met volle betaling geskors en die meerderheid van hulle se dissiplinêre verhore is eers twee jaar later afgehandel. Hulle is egter gedurende die betrokke tydperk ten volle vergoed uit belastinggeld wat aan die munisipaliteit betaal is. Een lid het slegs ’n waarskuwing ontvang wat vir drie maande geldig was, terwyl ’n ander lid onskuldig bevind is, maar ongelukkig is die uitslag eers ontvang nadat hy ’n hartaanval gehad en gesterf het. Twee van die ander lede se dissiplinêre verhore is nooit afgehandel nie, maar hulle het in 2009 skikkings met die werkgewer bereik. Drie lede is in 2007 ontslaan en hul sake is na die bedingingsraad vir arbitrasie verwys. Twee van hierdie lede het in 2009 aansienlike skikkings ontvang. Die ander lid,

Dirk Groenewald

Philip Kruger

FEITE OOR SOLIDARITEIT REGSDIENSTE • Solidariteit Regsdienste hanteer tans meer as 1 000 sake. • Die afdelings Beserings aan Diens (BAD) en Beroepsgesondheid en -veiligheid behartig meer as 50% van alle sake. • Sake vermeerder met ongeveer 300 sake per jaar. • Solidariteit Regsdienste hanteer byna 19 000 stukke korrespondensie per jaar. • Meer as 9 000 lede ontvang jaarliks telefoniese of skriftelike hulp. • 92% van alle sake in die afdeling Algemene Litigasie is in Solidariteit se guns beslis. • Totale vergoeding van R108 314 036 is in 2009 vir lede beding.

Hennie Engelbrecht, het besluit om met die geveg voort te gaan. Hy het in Desember 2009 gehoor dat sy saak gewen het en dat die werkgewer hom weer in diens moet neem met volle terugbetaling van die afgelope twee jaar se salaris. “Dit is ons voorreg om te rapporteer dat hy in Januarie 2010 sy dienste hervat het en dat die werkgewer alle gelde vir die volle tydperk aan hom uitbetaal het. Sy werksekerheid is hierdeur bevestig en geregtigheid het geseëvier. Die futiele oefening ten opsigte van al sewe lede het die Emfulenimunisipaliteit uiteindelik meer as R5 miljoen gekos, bloot omdat onbekwame persone in poste aangestel is. Die dissiplinêre verhore is eerder op ’n politieke grondslag as ’n regsgrondslag gevoer, maar gelukkig was die werknemers lede van Solidariteit,” het Kruger gesê. ARBEIDSHOFAFDELING PLANT UITKLOPHOUE Solidariteit se Arbeidshofafdeling het weer bewys dat hy nie teleurstel nie. Solidariteit het

nommer 3 van 2010

62

S&J Office Furnitures in ronde twee van ’n arbeidsaak in die arbeidshof met ’n uitklophou huis toe gestuur. Mnr. Basson is reeds in November 2007 by S&J afgelê en het by Solidariteit om regshulp aangeklop. Die saak is na die KVBA verwys en Solidariteit het hom deurlopend goed van sy taak gekwyt. In Maart 2008 het die arbeidshof die werkgewer beveel om ses maande se salaris aan die werknemer te betaal weens onbillike arbeidspraktyk en onbillike ontslag. S&J het teruggeslaan en aansoek gedoen vir die hersiening van die arbeidshof se uitspraak. Solidariteit het Basson weer in die hof verteenwoordig. Nadat albei partye hulle argumente gestel het, het die hof in Januarie 2010 bevind dat die werkgewer wel onbillik opgetree het deur Basson te ontslaan. “Die regsproses is in sekere gevalle ’n lang pad wat gestap word, maar die uiteinde is altyd die moeite werd. Die welslae wat die afdeling behaal, beklemtoon weer die waarde van lidmaatskap aan Solidariteit,” het Dirk Groenewald van Solidariteit se Arbeidshofafdeling gesê. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


arbeidsake

Wanneer flikkers gooi te veel word

s

Deur Ilze Nieuwoudt

eksuele teistering. Dit is woorde wat selde in die openbaar geuiter word. Dit is veragtelik en laat die slagoffer telkens misbruik en skaam voel. Moet egter nie vir een oomblik dink dat dit net vroue is wat daaronder ly nie.

MANS LOOP OOK DEUR Seksuele teistering word in baie gevalle beskou as voorvalle waar ’n man ’n vroulike kollega teister. Dit is egter nie noodwendig die geval nie. Sake wat Solidariteit namens lede hanteer, bewys dat mans ook onder seksuele teistering deurloop. In een so ’n geval is ’n 38-jarige getroude man verskeie keer deur van sy vroulike kollegas seksueel geteister. Volgens die Solidariteit-organiseerder wat die saak namens die lid hanteer het, het die voorvalle gewoonlik in werktyd plaasgevind wanneer van die vroulike kollegas kliënte by die werkplek onthaal het. “Die vergaderings het gewoonlik ook die gebruik van alkohol ingesluit en dit was veral in gevalle soos dié dat van die vroulike kollegas seksuele voorstelle aan die lid gemaak het,” verduidelik die organiseerder. Hoewel die lid sy kollegas gekonfronteer en ingelig het dat hy ongemaklik voel met die aandag, is dit nie gestop nie. Selfs nadat hy ’n grief by die werkgewer oor die situasie ingedien het, is die probleem nie aangepak nie. Die lid het ook sy werkgewer ingelig dat die werkomstandighede onuithoudbaar is.

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

WAT IS SEKSUELE TEISTERING? Seksuele teistering word in die SA Labour Guide beskryf as gedrag wat gewoonlik beledigend van aard is en waarmee ongewenste seksuele toenadering gesoek word. Dit word beskou as ’n vorm van diskriminasie op grond van geslag en kan ervaar word as ’n uitdrukking van mag en gesag. Volgens die skrywers van die artikel “Seksuele teistering in die werkplek: ’n Suid-Afrikaanse perspektief” wat in 2004 in die Tydskrif vir Regswetenskap verskyn het, neem die aantal klagtes van seksuele teistering jaarliks toe in Suid-Afrika. “Navorsers beraam dat 80% tot 90% van hierdie gevalle egter nie gerapporteer word nie. Die rede hiervoor is dat min mense wat geteister is, die saak aanhangig maak uit vrees dat hulle hul werk kan verloor of dat hulle die onderwerp van bespreking sal wees,” lui die artikel. HET MY WERKGEWER ’N VERANTWOORDELIKHEID? Ingevolge die Wet op Gelyke Indiensneming is werkgewers verplig om alle vorme van onbillike diskriminasie, waaronder seksuele teistering, te voorkom of te verhinder. As ’n werkgewer in kennis gestel word van ’n saak van seksuele teistering, het hy die verpligting om die saak te ondersoek en ná konsultasie met die betrokke persone stappe te doen om die saak reg te stel. As die werkgewer dit nie doen nie, oortree hy die Wet op Gelyke Indiensneming. S number 3 of 2010

63

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


arbeidsake

JY & DIE REG

Afwesigheid van die werk Deur Johan Roos VRAAG Wanneer is ’n werknemer onregmatig afwesig van die werk?

FOTO’S: iSTOCKPHOTO.COM

ANTWOORD ’n Werknemer het ’n fundamentele plig teenoor die werkgewer om dienste te verskaf en die werkgewer het die reg om dit te verwag. ’n Basiese element van hierdie pligte is dat daar van ’n werknemer verwag word om by die werk te wees gedurende werkure, tensy die werknemer ’n geldige rede vir die afwesigheid het. Ingevolge die gemene reg is ’n werknemer verplig om sy dienste te verrig gedurende die ooreengekome werkure. Opsetlike afwesigheid kan gronde vir ontslag wees. Selfs al is die rede vir afwesigheid buite die beheer van die werknemer, kan dit lei tot ontslag as die tydperk van afwesigheid onredelik is. Só ’n ontslag moet voldoen aan die vereistes soos gestel by ’n ontslag weens die onvermoë om werk te verrig. Afwesigheid sluit die volgende in:

• Om laat te wees vir werk en om vroeg te loop word gesien as afwesigheid aangesien die werknemer steeds sonder toestemming afwesig is. • Etenstye wat geneem word wat langer aangaan as die wetlike bepalings of ooreengekome etenstye of om verlengde toiletpouses te neem. • Om privaat geleenthede gedurende werkure by te woon. • Om langer te neem as wat nodig is om pligte uit te voer. (Dit sluit gevalle in waar die werknemer ’n sekere plig of taak moet voltooi soos om gereedskap of ’n dokument af te haal, maar eers ander draaie te maak voordat hy na die werkplek terugkeer.) • Enige ander onverklaarde afwesigheid van die werk. Die genoemde voorbeelde is slegs van toepassing as dit sonder die toestemming van die werkgewer gedoen word. Die werknemer moet soos voorgeskryf in die dienskontrak by die bepaalde ure hou.

Stuur jou vrae na Solidariteit Tydskrif: Jy & die reg, Posbus 11760, Centurion 0046; stuur e-pos na diens@solidariteit.co.za; of stuur ’n faks na 012 664 1102.

VRAAG Wat as ’n ander werknemer namens my inklok as ek nie by die werk is nie? ANTWOORD Dit sal as bedrog beskou word en as die werkgewer hiervan bewus word, sal hy gronde hê om dissiplinêre stappe teen jou te neem. Jy as werknemer moet jou dienskontrak asook die maatskappybeleid nagaan om vas te stel wanneer jy verplig is om by die werk te wees. Die werkgewer het ook ’n verpligting om jou deeglik in te lig oor die bepalings wat ten opsigte hiervan in die betrokke werkplek geld. Daarbenewens moet die werkgewer ook die nodige dokumentasie, soos deur die Wet op Basiese Diensvoorwaardes bepaal, aan die werknemers verskaf.

VRAAG Wat is die gevolge as ek met siekteverlof is en omdat ek steeds siek is, later terugkeer werk toe as die tydperk van die siekteverlof?

VRAAG Wat as ek tydens my middagete werk en dan vroeg huis toe gaan?

ANTWOORD In só ’n geval sal dieselfde riglyne geld as wanneer ’n werknemer siekteverlof neem. As ’n werknemer meer as twee opeenvolgende dae afwesig was, moet hy of sy ’n doktersertifikaat aan die werkgewer voorsien.

ANTWOORD Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes sal van toepassing wees. Dit bepaal dat vir elke vyf ure gewerk, moet ’n werknemer ’n breuk van minstens een uur ontvang.

nommer 3 van 2010

64

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


die lees werd

Hardebaarde, boesemvriende & Prinses Vlooi...

REDAKTEURSKEUSE

KRYT EN KORDAAT Pieter Greeff Pieter Greeff, ’n afgetrede streeklanddros, debuteer op 80 met Kryt en Kordaat (Protea Boekehuis; R150). Al woon hy en sy vrou Christa op Klein-Brakrivier, is hy in sy hart steeds ’n Kalaharikind. “As die Kalahari eers sy stempel binne-in jou geplaas het, dan behoort jy aan hom vir altyd.” Kryt en Kordaat is die besonderse verhaal van ’n hegte vriendskap tussen twee seuns in die dertigerjare van die vorige eeu wat taal- en kultuurgrense oorskry. Een koue wintersoggend verskyn ’n Boesmanseun en sy pa op die Kalahariplaas Halt op soek na werk. Kryt, die witkopseun van die plaas, sien dadelik die seun se fier houding, doop hom Kordaat en verheug hom dat hy uiteindelik ’n maat gekry het. Kryt en Kordaat word boesemvriende. Saam deurkruis hulle die uitgestrekte Kalahari op hul perde, Kryt met sy Leemetford en Kordaat met sy boog en pyle. Hulle voer ’n oorlewingstryd teen olifante, leeus en malaria en leer mekaar vertrou – met hul lewens en harte; ook met die dodelike geheim van slagtand Smit se seun. Hierdie is vir seker ’n boek wat dié winter op jou boekrak ’n plekkie moet kry.

Doc Immelman

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

Keina Swart & Maja Sereda Vir die jongspan wat al mooi oplet wat grootmense alles kwytraak, het Keina Swart en Maja Sereda die pragtig geïllustreerde Hoekom praat grootmense so snaaks? (Protea Boekehuis; R100) geskryf. Want grootmense praat soms vir kinders snaaks. Eers is dit blompotte langs jou kop en geld wat nie op rûe groei nie, dan weer honde en katte wat uit die lug reën en kraaie wat jou tong steel... Verbeel jou! Wat nog snaakser is, is dat Prinses Vlooi al hierdie dinge kan sien wanneer sy haar groot pienk bril opsit. Wanneer haar bril haar bruin oë soos twee heerlike sjokoladekoekies laat lyk, weet Vlooi sommer dadelik: Nou gaan die poppe dans!

KERSFEES IN CARMONA Doc Immelman skets in Kersfees in Carmona, ook uitgegee deur Protea Boekehuis, vyf kortverhale van ’n wêreld waar hardebaarde kan liefhê, helde nog met die vuis kan slaan en kameeldoringbome teen die laaste bietjie lig van die dag geëts is. In ’n oorloggeteisterde Angola word kaptein Piet Prinsloo gekonfronteer met meer as terroriste uit die Kongo wanneer iemand uit sy verlede hom op Oukersaand besoek. ’n Span bankrowers kom hul moses teë in die Chuosberge. ’n Veldwagter is op sy hoede toe twee uiters verdagte karakters by Etosha opdaag. Drie boesemvriende raak verlief op een meisie. En die skrywer en ’n beeldskone filmster is gestrand by Kaitscha-vlei. Kersfees in Carmona (R130) sal gewis goeie geselskap voor die kaggelvuur wees. nommer 3 van 2010

HOEKOM PRAAT GROOTMENSE SO SNAAKS?

66

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

Dit is pekanneuttyd in Orania!

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

w

Deur Magdaleen Kleynhans

at is nou lekkerder as ’n stomende koppie cappuccino met ’n lekker groot stuk pekanneuttert en ’n homp room daarop. Ons het sekerlik almal al die een of ander tyd dié heerlike neut, wat in soveel disse gebruik kan word, met ons hande of ’n neutekraker oopgekraak. Solidariteit Tydskrif het by die Dendron Boerdery in Orania gaan inloer terwyl hulle besig was om pekanneute te oes. Orania se skoon, blou lug en die pekanneute se blare wat begin verkleur, maak dat jy jou piekniekkombers net daar onder die bome wil oopgooi en aan die neute peusel. In Orania is daar egter nie nou tyd om piekniek te hou nie. Die ongeveer 200 hektaar pekanneutbome moet geoes word, en wat ’n interessante proses is dit nie. Sodra die pekanneute van die boom begin afval en die buitenste dop van die neute wat nog aan die boom hang, oopgaan, is die neute reg om geoes te word. In baie gevalle word die neute wat afgeval het nog met die hand opgetel of gepluk, maar in Orania word van nuwer tegnologie gebruik gemaak. ’n Trekker met ’n implement wat die boom skud, word ingespan. Onder die boom word ’n net gesit wat al die vallende pekanneute opvang. Sodra die boom klaar geskud is – dit duur seker so 10 sekondes – word die punte van die net wat aan die een kant tot in die middel oopgesny is, na die ander boom geneem. In die middel van die twee bome word ’n rytjie neute gevorm wat later deur die trekker opgelaai word. Hierdie span werkers is nie bang vir werk nie. Daar word nie geloop tussen die bome nie, alles word op ’n drafstap gedoen. Gedurende 2002 is die eerste kommersiële oes van 10 ton afgehaal en teen 2008 is 35 ton geoes. Orania se boere verwag om vanjaar meer as 80 ton pekanneute te oes. Daar is meer as 1 000 pekanneutkultivars en die meeste is na Indiaanstamme in die VSA vernoem. Van hulle is Cheyenne, Mohawk, Sioux, Choctaw en Shawnee. Die kultivars wat in Orania geoes word, is Chocaw, Witchita en Pawnee. Western Schley is ook onlangs in Suid-Afrika gevestig. Voor Orania met die aanplant van pekanneutbome begin het, was sulke bome maar ’n onbekende gesig in Suid Afrika. Orania het die inisiatief geneem en ’n kundige, Esteban Herrera van die State University New Mexico, laat kom om hulle die nodige opleiding te kom gee. Vandag kan hulle spog met oeste wat elke jaar net beter en beter word. Pekanneute is baie gesond vir jou. Dit is ryk aan antioksidante en as jy elke dag ’n handvol daarvan eet, sal jy nie so maklik aan hartsiektes ly nie. Is jy lus vir daardie lekker stuk tert? Probeer gerus die heerlike resep hiernaas. S

number 3 of 2010

67

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a

PEKANNEUTTERT DEEG 140 g 1 ml 80 g 8 ml 1 10 ml 2,5 ml

VULSEL Koekmeelblom Sout Koue botter, in stukkies gesny Strooisuiker Eiergeel Yswater Suurlemoensap

3 60 g 225 ml 80 ml 5 ml 125 g

Eiers Botter, gesmelt Bruinsuiker Gouestroop Vanieljegeursel Ongebreekte pekanneuthalwes

METODE Deeg: Sif die koekmeelblom en sout saam. Vryf die botter met jou vingers in die deeg totdat dit soos fyn broodkrummels lyk. Voeg die strooisuiker by die meelmengsel. Meng die eiergeel, water en suurlemoensap en voeg dit by die meelmengsel en knie die deeg. Vou die deeg toe in kleefplastiek en plaas dit in die yskas vir ’n uur. Rol die deeg uit en plaas dit in ’n gesmeerde 23 cm-tertbord. Steek die basis ’n paar keer met ’n vurk. Bak die deeg vir 10 minute teen 180°C. Vulsel: Klits die eiers terwyl jy die botter, bruinsuiker en stroop byvoeg. Hou aan klits tot die mengsel skuimerig raak. Voeg die vanieljegeursel by. Rangskik die halwe pekanneute in die bord en giet die eiermengsel oor die neute. Bak in die voorafverhitte oond vir 40 minute. Wag tot die tert afgekoel het en bedien met room of roomys.


histories gesproke

Waar die pynlikste oorlog beëindig is

FOTO: REINT DYKEMA

i

Deur Ilze Nieuwoudt

n die hartjie van Pretoria, oorkant die lowergroen Burgerspark, staan ’n statige ou huis met ’n ryk geskiedenis. Dié Victoriaanse huis, wat na die Melrose Abbey in Skotland vernoem is, is in 1886 gebou deur George Jesse Heys, een van die mees vooraanstaande inwoners van Pretoria gedurende daardie tydperk. Melrose-huis is egter nie bekend vir die feit dat dit aan Heys behoort het nie, maar eerder vir die geskiedkundige gebeure wat in Mei 1902 hier afgespeel het. Gebeure wat die koers van Suid-Afrika verander het. Teen Mei 1902 het die Anglo-Boereoorlog reeds vir bykans twee jaar lank gewoed en met derduisende plase wat teen daardie tyd deur die Britte in puin gelaat is, vroue en kinders wat in konsentrasiekampe gestop is en krygers wat nederlae op die slagveld moes trotseer, het die einde van die oorlog onafwendbaar gelyk. Hoewel talle Boere in daardie stadium nog nie bereid was om die stryd gewonne te gee nie, was daar diegene wat geglo het die tyd vir vrede het aangebreek. Op 15 Mei kom sestig Boereleiers by die Tent van Samekoms in Vereeniging byeen om die kwessie van ’n vredesooreenkoms met die Britte te bespreek. ’n Stemming moes gehou word om te bepaal of daar vrede gesluit sou word of nie. Sou daar “ja” gestem word, sou dit waarvoor die Boere met soveel ywer in die afgelope jare geveg het, verlore gewees het. Tydens die vergadering het elke verteenwoordiger van die verskillende streke die geleentheid gekry om die situasie in sy streek te bespreek. Hulle bespreek selfs die moontlikheid om net ’n deel van die republieke, naamlik die Witwatersrand, af te staan, sodat die res van die republieke steeds in vrede kon voortgaan. Vir die Boere was dit tog duidelik dat die oorlog juis oor die Britte se honger vir die republieke se goudrykdom gegaan het. Daar was ook die vraag oor die voortbestaan van die volk in die omstandighede wat nou voorgelê het. En wat van die volk se taal? Sou dit kon oorleef onder die druk van Engels? Teen 19 Mei begin die onderhandelings tussen Boer en Brit. Aan die Boerekant sit Louis Botha, Koos de la Rey, JBM Hertzog en Jan Smuts, en aan die kant van die Britte Milner en Kitchener. Op 21 Mei word ’n

Die museum is geleë in Jacob Mareestraat en is oop vir die publiek op Dinsdae tot Sondae vanaf 10:00 tot 17:00. Kontak die museum by 012 322 2805/0420 of klik op www.melrosehouse.co.za vir meer inligting.

konsepooreenkoms saamgestel en op 28 Mei word die finale vorm vanuit Londen ontvang. Nou het die boere net tot einde Mei om die voorstelle te aanvaar of te verwerp. Generaal Jan Smuts se woorde op 29 Mei 1902 by die Tent van Samekoms in Vereeniging som die emosie van die Boere so goed op. Hier het hy aan die boere wat byeengekom het vir die vredesonderhandelings die volgende bemoedigende woorde gehad: “Broers, ons het besluit om tot die bittere einde te staan; laat ons soos manne erken dat daardie einde vir ons gekom het, in bitterder vorm as wat ons ooit gedink het. Vir ’n ieder van ons sou die dood ’n soeter en sagter einde gewees het as die stap waartoe ons nou sal moet oorgaan. Maar ons buk voor Gods wil. Die toekoms is duister; maar ons sal die moed, die hoop, die vertroue op God nie prysgee nie.” Uiteindelik kom nege verteenwoordigers van die ZAR en die Oranje-Vrystaat met ’n swaar gemoed by Kitchener se hoofkwartier, Melrose-huis, in Pretoria byeen om die

nommer 3 van 2010

68

vredesooreenkoms te teken. Kragtens die ooreenkoms het die Boere onder meer ooreengekom om die Britse monarg as wettige heerser te erken, dat die Boere hulle besittings kon behou en dat Nederlands in die Transvaal en Vrystaat as vak onderrig sou kon word as ouers dit so wou hê. Melrose-huis is uiteindelik as deel van die Republiekdagfeesvierings op 17 Mei 1971 as museum aan die publiek oopgestel. Luidens ’n kennisgewing oor die opening van die museum wat in 1971 in ’n nuusbrief van die Stadsraad van Pretoria verskyn het, “is die pragwoning in Jacob Mareestraat ’n gebou wat in beide ons volks- en staatsgeskiedenis ’n belangrike plek vul”. Die tafel waarby die vredesooreenkoms onderteken is, is vandag nog deel van die museum en in die reuse-eetkamer kan besoekers steeds die grootsheid van die gebeure aanvoel wat meer as 110 jaar gelede hier afgespeel het. Die huis bied ook ’n unieke blik op die bou- en leefstyl van dié tydperk. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


histories gesproke

Deur storms na ’n tuiste van vryheid

m

et Du Plessis as nooiensvan fassineer die Hugenote se geskiedenis my nog altyd. Ek het Elmar Steyn en al die ander Kaapse romanskrywers se boeke al op hoërskool gelees. Die verhale is altyd so romanties. Die vroue het porseleinwit velle en mooi rokke wat hulle dun middeltjies beklemtoon en die mans is rats met die swaard. Ongelukkig word daardie tydperk so geromantiseer in storieboeke dat ons soms vergeet waarom die Hugenote met net die nodigste besittings op ’n skip geklim, die storms vir drie maande getrotseer en in ’n onbekende land vir hulle ’n nuwe tuiste geskep het. Tydens die 16de eeu is die Hugenote vervolg wat tot ’n geloofsoorlog gelei het. In 1561 is die vervolging van Hugenote met die Edik van Orleans vir ’n paar jaar gestop, maar in 1572 is duisende Hugenote tydens die St. Bartholomeusnagslagting vermoor. In 1598 het koning Hendrik IV die Edik van

Deur Magdaleen Kleynhans Nantes uitgevaardig en protestante volle geloofsvryheid gegee. In 1685 het Lodewyk XIV die Edik van Nantes herroep en is Protestantisme met die Edik van Fontainebleau onwettig verklaar. Hugenote moes na omliggende protestantse lande vlug. ’n Groep Hugenote het op 31 Desember 1687 per skip vanaf Nederland, waarheen hulle vroeër vanuit Frankryk gevlug het, na Suid-Afrika geseil. Die georganiseerde emigrasie van Franse Hugenote uit Nederland na Kaap die Goeie Hoop het in die volgende jaar begin en die Hugenote is in die Franschhoek-streek gevestig. Die Hugenote-monument in Franschhoek gedenk die koms van die Hugenote as vlugtelinge vanuit Frankryk. Hierdie besonderse monument is ontwerp deur JC Jongens en die bouwerk is in 1945 afgehandel. Dr. AJ van der Merwe het die monument op 7 April 1948 ingewy. Die monument bestaan uit drie hoë boë wat die Drie-eenheid van God die Vader, die Seun en die Heilige Gees simboliseer. Bokant

die boë is die son van geregtigheid en bokant dit is die kruis van die Hugenote se Christelike geloof. Die vroulike figuur, wat sentraal is, verpersoonlik die vryheid van geloof met ’n Bybel in haar een hand en ’n gebreekte ketting in die ander. Die mantel, wat onderdrukking voorstel, gooi sy af en haar posisie op die aardbol verwys na haar geestelike vryheid. Die fleur de lis op haar mantel verteenwoordig ’n edele karakter en gees. Op die mees suidelike punt van die aardbol word die simbole van geloof, kuns en kultuur, die land- en wynbou en industrie met ’n Bybel, ’n harp, ’n koringgerf, ’n druiwestok en ’n spinwiel uitgebeeld. Voor die monument is ’n waterpoel met die weerkaatsing van die monument daarin. Dit verwys na die onversteurde rus van die gemoed en gees nadat die Hugenote soveel konflik moes deurmaak. Die protestante se slagspreuk tydens die reformasie was Post Tenebras Lux (“Ná donker kom lig”). Vandag, ’n paar eeue later, is hierdie woorde steeds vir ons van waarde. S


stilw(o)ord

Wegkruipseuntjie

FOTO’S: YOLANDÉ TERBLANCHE; iSTOCKPHOTO.COM

h

y is soos iemand agter ’n dik eenrigtingruit. Naby, maar tog ver. Hy kyk soms na jou sonder om jou te sien. Jy praat met hom sonder dat hy reageer. Die mooiste seuntjie – ’n donkerkoppie met ’n ligte vel, blou ogies en die lieflikste glimlag. Dit is Jac se tweede jaar in my klas. Jac speel nie met karretjies soos ander seuntjies nie. Hy speel eintlik glad nie. Ander dinge fassineer hom. Hy sal na die waaier wys en ’n klapgeluidjie maak totdat ek dit aanskakel. Dan sal hy sy hande opgewonde flap en na die waaier staar. Of hy sal sy mou aan een van die waslappe se hakies laat vashaak en dit trek en los, trek en los. Ek het byna ’n jaar en ’n half geneem om Jac te leer om self te eet. Hy het eenvoudig die lepel uit sy slap hand laat val. As jy die hand probeer “bestuur” het na sy mond toe, het hy teruggerem. Dit was baie geriefliker om gevoer te word. Ons het elke keer net aan een stappie gewerk, en nou, uiteindelik, eet Jac self. Hy vergeet net somtyds nog om te begin. Dan gee ek ’n tikkie aan sy elmboog, en begin hy homself weer voer. Jac hou daarvan om sy hande aan iets af te smeer wanneer hulle vuil is. As ons byvoorbeeld vingerverf gesmeer het, is Wimpie langs hom se hare die naaste en as ek weer sien, het Wimpie se hare ’n spesiale Jac-behandeling gekry. Wanneer ons êrens heen stap, vergeet Jac soms om aan te hou stap, en moet ek omdraai en hom aan die hand gaan neem, anders kom hy nie. Sjoe, ’n onderwyser se nagmerrie, dink jy seker nou. Maar nee: Jac is my hart se punt.

Hy ken my; hy vertrou my; hy lag sy mooiste lag as sy pa hom in die oggende bring. Jac se ouma, ’n witkoptannie met ’n hart van goud, het vir my ’n boek oor ’n outistiese kind geleen (want ja, Jac is outisties) waarin die skrywer sê dat, om so ’n kind te bereik, byna dieselfde is as om iemand deur ’n venster na buite te trek. Somtyds gaan die venster op ’n skrefie oop. Dan kry ek Jac so ver om ’n woordjie te sê; ’n liggaamsdeel aan te dui; ’n toring met vyf blokkies te bou. Ek rem aan die venster, maar ai, dit bly op ’n skrefie. En Jac bly agter die glas. Maar elke aanraking deur die halfoop venster is so ’n opwindende gebeurtenis! Die sonde maak dat ons vir die goeie Vader seker ook soms soos kinders agter glas is. Hy praat met ons, maar ons hoor Hom nie. Hy roep, maar ons kom nie. Hy leer ons, maar ons vorder moeisaam en soms bied ons weerstand teen dit wat Hy van ons verwag. Tog is daar ’n venster na Hom, en daardie venster is gebed. Deur daardie venster gryp die Vader ons vas; trek ons na Hom toe. Deur daardie venster hoor ons Sy stem. Dit is die stem van ’n oneindig liefdevolle Vader. Hoe dikwels bid jy nog? Wat ’n ongelooflike ding is dit nie dat ons onsself regstreeks met die almagtige God kan verbind nie! Die Here Jesus gee instruksies oor hoe ons moet bid in Matt. 6 vanaf vers 5. Hy gee selfs ’n voorbeeldgebed: Die Onse Vader. En ons hoef nie te voel asof daar ’n dik glas tussen ons en die Vader is nie. Toe Jesus gekruisig is, lees ons, het die voorhangsel van die tempel – ’n dik gordyn wat die Allerheiligste (met die ark van God in) en die res van die

nommer 3 van 2010

70

S T I LWO ( O ) R D marietha malan tempel van mekaar geskei het – van bo tot onder middeldeur geskeur. Die Here Jesus het daardie sondeversperring tussen ons en God afgebreek. Al wat ons hoef te doen, is om maar net te glo! Dan weet ons dat ons met vrymoedigheid met ons Vader mag praat. Nie net het die Here Jesus vir ons die weg gebaan nie, maar die Heilige Gees werk ook in ons om ons te leer bid. Daar is Een wat by Jac in sy glaskamer kan kom. Hierdie Een het hom lief net soos hy is. Hy ken vir Jac by die naam. Hy hou vir Jac vas wanneer die wêreld vir hom te veel is en hy probeer ontsnap deur ons af te sny. En dit is aan hierdie Here wat ek my wegkruipseuntjie opdra. “Want nou sien ons deur ’n spieël in ’n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig.” – 1 Kor. 13:12. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


tot u diens

Kantore – legendaries, lojaal en landwyd! BELLVILLE

KATHU

Ettienne Pio, Raymond Holland-Chapman, Anton Gerretsen, Bennie Harmse, Mike Goussard Administratiewe beampte: Nicole Harmse Tel: 021 946 4440/4478 Faks: 021 949 4259 E-pos: bellville@solidariteit.co.za Straatadres: Du Toitstraat 18, Bellville

RUSTENBURG

Gert van Wyk Administratiewe beampte: Jaatjé Hanekom Tel: 053 723 1604 Faks: 053 723 1407 E-pos: kathu@solidariteit.co.za Straatadres: Rietbokstraat, Kathu

BOKSBURG

Theunis van Staden, Johan Nell Administratiewe beampte: Christelle Grobler Tel: 014 592 4336 Faks: 014 592 4371 E-pos: rustenburg@solidariteit.co.za Straatadres: H.v. Heystek- en Thabo Mbekistr. Heystek Ontwikkelaars, Kantoor 4, Total Garage, Rustenburg

NEWCASTLE

Francois van Heerden, Zirk Gous, Hennie Vosloo, Amanda Hattingh, Fanie Vosloo, Derek Mans Administratiewe beamptes: Marlindie Booyens, Natasha van Heerden Tel: 011 913 0783/1101 Faks: 011 913 3850 E-pos: boksburg@solidariteit.co.za Straatadres: Rondebultweg 232, Libradene

Johan Botha Administratiewe beampte: Elize Bronkhorst Tel: 034 312 9711/9917 Faks: 034 312 5170 E-pos: newcastle@solidariteit.co.za Straatadres: Hardingstraat 79, Sanlampark, Blok B, Newcastle

CARLETONVILLE

SECUNDA Kobie de Villiers Administratiewe beampte: Sandra Scheepers Tel: 017 634 5296 Faks: 017 634 5297 E-pos: secunda@solidariteit.co.za Straatadres: Eerste Vloer, h.v. Joe Slovo- en Moorestraat, Uitbreiding 22, Secunda

SOLIDARITEIT-HOOFKANTOOR

Willie van Rensburg Administratiewe beampte: Petro Watson Tel: 018 788 4861/018 786 2785 Faks: 011 788 5102/011 388 9854 E-pos: carlton@solidariteit.co.za Straatadres: Van Zyl Smitstraat 74, Oberholzer, Carletonville

Tel: 012 644 4300 Tel: 0861 25 24 23 E-pos: diens@solidariteit.co.za Webwerf: www.solidariteit.co.za Straatadres: H.v. DF Malanrylaan en Eendrachtstraat, Kloofsig Posadres: Posbus 11760, Centurion, 0046

DESPATCH

PIETERSBURG

Piet Veldtman, Wynand Strydom Administratiewe beampte: Marlene Veldtman Tel: 041 933 5144/5145 Faks: 041 933 5539 E-pos: despatch@solidariteit.co.za Straatadres: Hoofstraat 91, Despatch

ELLISRAS

Eric Schoeman Administratiewe beampte: Arlene Lourens Tel: 015 297 0287 Faks: 015 297 1589 E-pos: polokwane@solidariteit.co.za Straatadres: Biccardstraat 79 (3A), Pietersburg

VAALDRIEHOEK Jaco van den Berg, Johan Venter, Gerhard Cloete, JJ Fernandes, Lee Coetzee Administratiewe beamptes: Nadia Coetzee, Rika Cronje Tel: 016 931 3160/2/4 Faks: 016 931 3171/011 252 7271 E-pos: vaaldriehoek@solidariteit.co.za Straatadres: Rossini-boulevard 130

PRETORIA

Jan Pretorius Tel: 014 763 9511 Faks: 014 763 9511 E-pos: ellisras@solidariteit.co.za

Jack Loggenberg, Jahni Cowley, Keith Rossouw, Chris Roodt, Schalk de Bruin, Willie Venter, Connie Badenhorst Administratiewe beamptes: Christa Louw, Anke Cloete Tel: 012 335 9051/2 • Faks: 012 335 9002 E-pos: pretoria@solidariteit.co.za Straatadres: H.v. Lambert Lee- & Van Rensburgstraat, Mayville

KLERKSDORP

WELKOM Lea Hardy, Coen Schoonraad Administratiewe beamptes: Reinette Hardy, Sue Nel Tel: 057 352 6839 Faks: 057 357 2072 E-pos: welkom@solidariteit.co.za Straatadres: Grondvloer, Haddad-gebou, h.v. Buiten- en Elizabethstraat, Sakesentrum

RICHARDSBAAI

Manie Lourens, Willie Marais Administratiewe beampte: Nicoline Crafford Tel: 018 468 8533 Faks: 018 468 8563 E-pos: klerksdorp@solidariteit.co.za Straatadres: Buffeldoringlaan 48, Eenheid 2, Buffelparksentrum, Klerksdorp

Fanie van Huyssteen Administratiewe beampte: Chantelle van der Merwe Tel: 035 789 0968/9 Faks: 035 789 0967 E-pos: richardsbaai@solidariteit.co.za Straatadres: Liralinkstraat, Eenheid 7, Montego Park, Richardsbaai

nommer 3 van 2010

72

WITBANK Cornelius van Leeuwen, Jan du Plessis Administratiewe beamptes: Irma Oberholzer, Sonja Bekker Tel: 013 656 3871 Faks: 013 656 6846 E-pos: witbank@solidariteit.co.za Straatadres: Bureau de Paul 2B, Corridorsingel, Route N4 Business Park, Ben Fleur X11

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

Stuur jou verwysings en wen ’n CD Dit is baie maklik: Maak gou jou selfoon se kontaklys oop. Begin nou by A en skryf die naam van elke persoon op jou selfoon wat nie lid van Solidariteit is nie op die meegaande vorm. Vir elke drie van jou verwysings wat by die vakbond aansluit, kan jy uit een van vyf CD’s kies – gratis en pasella!

NAAM

VAN

SELNOMMER

WERKGEWER

1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. 10. Jou naam en van:____________________________________________________________________________________________________ Selnommer:_________________________________________________________________________________________________________ E-posadres:__________________________________________________________________________________________________________ Keuse 1 vir CD:______________________________________________________________________________________________________ Keuse 2 vir CD:______________________________________________________________________________________________________ Keuse 3 vir CD:______________________________________________________________________________________________________ Vir elke 3 persone wat aansluit, kan jy een van die vyf CD’s kies.

Faks die vorm na 012 664 1102. Of jy kan dieselfde vorm aanlyn by www.solidariteit.co.za invul. REËLS: • Jy kan soveel keer inskryf as wat jy wil. Slegs volledige inskrywings word aanvaar! Jy moet dus die persoon se naam, van, selnommer en werkgewer (die persoon moet werk) se naam invul. • Die persoon mag nie reeds ’n lid van Solidariteit wees nie. • ’n Minimum van 3 verwysings moet lede word vir jou om ’n CD te kan wen. Jou CD sal ’n maand nadat jou verwysings aangesluit het aan jou gestuur word. Hierdie kompetisie is geldig tot einde Junie 2010.

number 3 of 2010

73

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


Solidariteit Tydskrif 2010 #3 | Solidarity Magazine 2010 #3  
Solidariteit Tydskrif 2010 #3 | Solidarity Magazine 2010 #3  

Die Amptelike tydskrif van die vakbond Solidariteit in Suid-Afrika. The official magazine of the union Solidarity in South Africa.

Advertisement