Issuu on Google+

KOLSKOOT

NR. 2 VAN 2010 R16,95 (BTW ING.) GRATIS AAN LEDE

I SSN 1683562 -X

9 771683 562000 www.solidariteit.co.za

SOLIDARITEIT KNIKKER KNELLENDE KWESSIES


Telemed-


>>>

11

INhoud

INhoud N O M M E R

2

V A N

2 0 1 0

gereeld

62 64 66 68 69 73

>>>

24

6 7 8 42 43 43 48 58

INTRAPSLAG: Bevry jouself van onderdrukking KUBERKLETS: Hieroor word gegons SPREEKBUYS: Christen-demokratiese waardes en Solidariteit MY GELD: Meer geld, maar met baie minder stres MY WERK: Slaan konflik by werk hok MY FAMILY: Teach responsibility in sensitive manner VAKBONDWÊRELD: Nuus van vakbonde regoor die wêreld BEROEPSGESONDHEID EN -VEILIGHEID: Hitte: Jou werk kan daaronder ly ARBEIDSAKE: Regsdienste ’n goed geoliede masjien JY & DIE REG: Lesers se regsvrae beantwoord DIE LEES WERD: Kosmaak, knutsel, kuier by die kaggel HISTORIES GESPROKE: Majuba: Voorwaar ’n berg van volkstrots HISTORIES GESPROKE: Museum vertel van ’n nasie se pynlikste oorlog STILWO(O)RD: ’n Atlantis in almal van ons

nuuswaardig

43

57

10 11 12 13 14 16 18 18 20 22 23 24 25 44 45 50 51 51 51 52 53 54

141 222 briewe stroom in oor misdaadprobleem Helpende Hand juig ná porno-kanale gestuit word Regstellende aksie in SAPD aan die kaak gestel AfriForum pak Mugabe, veg vir Pretoria se naam Vakbond slyp sy tande vir regstelsake Loononderhandelings: Só pak vakbond dié bul Solidariteit Radio-stemmetjie bekoor Afrikaner Burgerlike Netwerk beplan scenario’s Deel kreatiwiteit, mening met wye wêreld Erns nodig om misdaad te bekamp Bloggers se muise warm oor Malema Al meer mense kom terug huis toe Hoe goed vaar bemagtiging werklik? Stuur jou verwysings en wen ’n CD Coenie ’n ware Solidariteit-ambassadeur Sol-Tech-verwelkomingsdag verras Nuwe Sol-Tech-studenteraad aangewys Kollege se rugbyspelers presteer, inspireer Verhoudings gebou Beroepsleiding baan weg vir ’n vervulde toekoms Neem onderwys opnuut onder oog Munisipale elektrisiteitpryse styg minder

vakbondfokus 26 46 70 72

Bedryfsnuus: Alles en nog wat oor die bedrywe waarin Solidariteit funksioneer Membership: A winning partnership Solidariteit-dienskantore tot u diens Nuwe baadjie vir dié vier dienskantore

GEFOKUS Lees op bladsy 37 hoe Solidariteit Helpende Hand ’n verskil maak. Blaai ook gerus na bladsy 55 vir ons interessante fokus op alternatiewe energie.


redakteursbrief

Bevry jouself van ONDERDRUKKING

d

SOLIDARITEIT-HOOFKANTOOR SOLIDARITY HEADOFFICE

ie swart Amerikaner James Baldwin, bekend vir sy rol in die burgerregtestryd in die VSA, het die volgende opmerking gemaak: “Freedom is not something that can be given. Freedom is something people take, and people are as free as they want to be.” Een van die basiese boustene van ’n demokrasie behoort vryheid op verskillende vlakke te wees. In baie lande is die toeken van vryheid soveel meer eenvoudig as in Suid-Afrika. Ons het ongelukkig ’n geskiedenis van stryd en ’n geskiedenis waar die woord vryheid as die eiendom van die struggle beskou is. Die struggle is egter lankal verby. Soveel jaco kleynhans as wat die ANC sy mislukkings wil probeer toesmeer deur voor te gee dat swart mense nog nie werklik vry is van wit ekonomiese onderdrukking nie, moet aanvaar word dat swart mense se ekonomiese vryheid vandag eerder weens swak regering onderdruk word. Regeringsbeleid soos regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging ontneem mense eerder hulle vryheid as wat dit Suid-Afrikaners werklik vry maak. Geen wetgewing kan jou werklik vry maak nie. Dit is wat jy met jou regte doen wat jou mate van vryheid bepaal. In die VSA het swart Amerikaners eers ekonomies vry geword toe hulle beter toegang tot gehalte-onderwys begin kry het. Vandag nog is daar ’n duidelike onderskeid tussen die ekonomiese sukses van swart Amerikaners wat in goeie skole onderrig word en dié wat in swak skole onderrig ontvang. George Washington Carver, ’n swart Amerikaner wat nog in die tyd van slawerny gebore is, het lank voor die burgerregte-beweging in die VSA sy beslag gekry het, reeds die volgende gesê: “Education is the key to unlock the golden door of freedom”. Suid-Afrikaners is nie werklik vandag vry nie. Swart mense word ekonomiese geleenthede ontneem weens swak skole. Swart mense se denke word ook deur die ANC en instellings soos die Black Management Forum beïnvloed waar ’n afhanklikheid van die staat om deur wetgewing geleenthede te skep, aan die orde van die dag is. Wit mense word hulle vryheid ontneem deur wetgewing wat hulle uit die arbeidsmark druk en beleid wat hulle daarvan weerhou om ná skool verder te studeer. Die tyd het aangebreek vir elke Suid-Afriker om sy eie vryheid op te eis. Hoekom sal die ANC sy mense vry wil hê om vir hulself te dink en hulle sodoende in staat stel om dalk die ANC as party te verwerp? Wit Suid-Afrikaners en die Afrikaner wat in die besonder deur die regering vir onderdrukking geteiken word, sal ook hulle eie vryheid moet begin opeis. Dit kan gedoen word deur goeie opleiding van ons jongmense, meer entrepreneurskap, die identifisering van ekonomiese geleenthede oor landsgrense heen, beter gemeenskapsnetwerke (vir beveiliging, ekonomiese skakeling en kapitaalmobilisering) en die skep van eie instellings soos skole, kolleges, beursfondse en finansiële instellings. Moenie hoop dat die regering die juk van onderdrukking sommer net van jou skouers gaan laat afval nie. Die ANC mag dalk die woord vryheid vir hulself gekaap het, maar die woord onderdrukking pas hulle deesdae baie beter.

FOTO: YOLANDÉ TERBLANCHE

INTRAPSLAG

H.v. D.F. Malan- & Eendrachtstraat, Kloofsig Tel: 012 644 4300 www.solidariteit.co.za 0861 25 24 23 REDAKTEUR ■ EDITOR Jaco Kleynhans NUUSREDAKTEUR ■ NEWS EDITOR Ilze Nieuwoudt FOTOREDAKTEUR ■ PHOTO EDITOR Reint Dykema WEBREDAKTEUR ■ WEB EDITOR Daleen de Jager ADVERTENSIES ■ ADVERTISEMENTS Denise Viljoen, tel: 082 352 7147 Adrie van Dyk, tel: 082 850 6784 ADVERTENSIE-ONTWERP ■ ADVERTISEMENT DESIGN Martie Maree TAALVERSORGING, VERTALING ■ LANGUAGE EDITING, TRANSLATION Chalize Moran, Anesta van Eeden INTEKENARE ■ SUBSCRIPTIONS Heleen Robbertse REKENINGE ■ ACCOUNTS Elna Botes MEDEWERKERS ■ CONTRIBUTORS Marietha Malan, Paul Joubert, Alana Bailey, Magdaleen Kleynhans, Reint Dykema, Daleen de Jager, Ilze Nieuwoudt, Phil Davel, Moira-Marie Kloppers, Francois Calldo, Surika van Schalkwyk, Charl Oberholzer, Danie Langner, Johan Kruger, Johan Roos UITLEG, ONTWERP, REPRODUKSIE ■ LAYOUT, DESIGN, REPRODUCTION

tel: 082 445 4513 aksentmedia@vodamail.co.za DRUKWERK ■ PRINTING Paarl Web Gauteng VERSPREIDING ■ DISTRIBUTION Prestige Bulk Mailers, Pretoria

Solidariteit Tydskrif is lid van die Ouditburo vir Sirkulasie en word uitgegee deur Solidariteit, Posbus 11760, Centurion 0046. Geen deel van die inhoud mag sonder die toestemming van die redakteur elders gebruik word nie. Solidariteit of die tydskrif aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige aansprake wat deur adverteerders gemaak word nie.

JACO KLEYNHANS REDAKTEUR nommer 2 van 2010

6

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


kuberklets

TEENMISDAADVELDTOG Die reaksie op die teenmisdaadveldtog waarmee Solidariteit meer as 140 000 teenmisdaadbriewe aan die president oorhandig het, was soos volg:

K UBERKLETS hieroor word gegons

Sosiale media op die internet soos Facebook en Twitter het ’n reuse-rol gespeel in onlangse veldtogte wat Solidariteit aangepak het. Lede is ook baie aktief betrokke by dié kubergroepe. Hier volg uittreksels van kommentaar wat onder meer op die Solidariteitbeweging se Facebook- en Twitter-blaaie verskyn het. HELPENDE HAND Maretha Schutte: Rustenburg-gemeenskap, baie dankie vir jul ondersteuning! Sonder julle sou ons nie soveel mense al kon help nie, veral die kinders!

Hendri Smit: Goed gedoen Solidariteit – moet julle gelukwens met die reaksie wat julle gekry het. Hoop die publiek en alle betrokke partye gaan ook hul samewerking gee. Petro Voges: As ons almal sê “wat sal dit tog help”, hoe sal ons ooit iets in die land verander? Probeer is die beste geweer. Solidariteit, ons is trots om met julle verbind te word; hou aan met julle goeie werk. Deborah Stevens: I cannot believe what I read. I live in England and we only get to see or read what the media allows us to read. This is mindblowing and I find it difficult to comprehend what is going on there. I will use the links you gave me to keep up to date! Cornelis Steenkamp: Om te gaan lê of moed op gee, is nie ’n opsie nie! Hou aan en moenie stilbly oor dit wat verkeerd is nie. Maak ’n positiewe verskil en dra by tot die oplossing. Bets Herboth: Keep up the good work guys!

Dina Vermeulen: Ons moet Helpende Hand ondersteun; hulle doen regtig baie vir armoede. Dis veral die kindertjies wat gehelp moet word.

Marietjie Swart: Dankie vir dit wat julle doen om mense wat dit nodig het se lewens te verbeter!

Maureen Spangenberg: Kom mense, die boere moet nou saamstaan. Vergeet wat die bure aan jou gedoen het en staan saam; ons gaan die stryd wen. Gebed is die hoofonderwerp! Thys Brits: Hopelik gebruik hulle nie net die briewe vir ’n braai nie...

SOLIDARITEIT REGSDIENSTE SE WELSLAE Tikkie Delport: Ons behoort aan Solidariteit in Klerksdorp. Ek kan getuig van die opregte hulp wat ek ontvang het. Die werkgewer het al my agterstallige geld wat hy nie wou uitbetaal nie, betaal – danksy Solidariteit se regshulp.

Veronica Schutte: Dit is ons plig om te help... Marie van Niekerk: Ek dink Solidariteit het in elke dorp ’n Helpende Hand nodig. Dankie, Lindie, vir die werk wat julle doen!

Tobie de Klerk: Proud to be part of your team!

MALEMA SE MOEILIKHEID Reaksie op die klagte wat AfriForum Jeug by die gelykheidshof teen Julius Malema ingedien het oor die liedjie waarin “Skiet die Boere” gesing word: Trudy Jordaan: Baie dankie, ek en my kinders en hul vriende ondersteun dit. Dit is tyd dat dié klein hondjie se tjank afgetrap word. Hy speel met die leeu se stert; die leeu moet nou ophou brul en begin byt!

Word deel van die gesprek in die kuberruim by www.soldariteit-blog.co.za of op een van die sosiale netwerke. Of jy kan skryf aan Solidariteit Tydskrif, Posbus 11760, Centurion 0046; of stuur e-pos na jaco@solidariteit.co.za. Die redakteur behou hom die reg voor om enige bydrae te verkort, te redigeer of glad nie te publiseer nie. Briewe of kuberklets word nie persoonlik beantwoord nie. Solidariteit aanvaar ook geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige aansprake wat deur adverteerders gemaak word nie.

number 2 of 2010

7

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


spreekbuys

Christen-demokratiese waardes

Só leef Solidariteit dit prakties uit Daar is histories twee vakbondbewegings in die wêreld, naamlik die sosialistiese en die Christendemokratiese vakbonde. FLIP BUYS gee in ’n neutedop sy siening van die breë raamwerk vir ’n Christen-demokratiese grondslag vir Solidariteit.

c

Daarom kan dit nooit demokraties wees dat net die meerderheidsvakbond in ’n maatskappy erken word nie. In die onderwys probeer Sadou nou die minderheidsvakbonde uitskop deur die drempel vir erkenning drasties te verhoog. Solidariteit sal die Suid-Afrikaanse Onderwysunie en die ander minderheidsvakbonde steun in so ’n saak, want ons kinders sal die enigste verloorders wees as die staat hulle toelaat om ’n “vakbondoutokrasie” te vestig. Die wortels van hierdie “eenvakbond”beleid kom uit dieselfde kommunistiese wortels as die eenparty- outokratiese beleidsrigtings van die verlede.

FOTO’S: REINT DYKEMA

hristen-demokratiese vakbonde is tradisioneel op Christelike waardes gegrond. Vir Solidariteit beteken dit dat ons binne die harde werklikheid van die wêreld waarbinne ons leef daarna moet streef om ons standpunte en optredes Bybels te verantwoord.

BELANGHOUERSEKONOMIE Daar was histories ’n stryd tussen die kapitalisme en sosialisme. Die Christen-demokratiese alternatief is om die vryemarkstelsel te verkies, omdat dit nieteenstaande sy foute die enigste stelsel is wat kan werk. Maar die ekstreme vorms van Amerikaanse aandeelhouerskapitalisme, waar net die belange van die aandeelhouer geld, kan nie geregverdig word nie. Dit is juis die uitbuitende vorms van kapitalisme wat Marxistiese reaksies tot gevolg het. Daarteenoor beteken die Christen-demokratiese “belanghouersekonomie” dat die markekonomie aanvaar word, maar dat alle belanghouers se belange moet tel, en nie net die aandeelhouers nie. Hierdie belanghouers is die werknemers, aandeelhouers, gemeenskap, omgewing, verskaffers, en die kliënte. In die praktyk is dit natuurlik nie maklik om ’n balans tussen die belange van al hierdie groepe te vind nie. Ons sien dit as die taak van ’n vakbond om balans in die proses te bring, veral uit die oogpunt van die werknemers. ’n Deel van hierdie balans is dat daar deernis vir die armes moet wees. Dit kan tog nie reg wees dat sekere mense superryk is en ander doodgaan van die honger nie. Die Marxiste is nie reg dat armoede alleen die gevolg van uitbuiting is nie, maar die Bybel sê duidelik dat die armes gehelp moet word. Daarom glo ons aan ’n maatskaplike veiligheidsnet vir die weerloses soos kinders en gestremdes. ’n Omvattende welsynstelsel is egter nie die oplossing nie, omdat dit onbekostigbaar is en mense in armoede hou. Ons moet nie die mense se armoede vir hulle draagliker maak met toelaes nie; hulle moet uit armoede gehelp word deur goeie onderwys en opleiding.

SPRE E K B U Y S flip buys NYWERHEIDSDEMOKRASIE Die “demokrasie” van Christen-demokrasie beteken dat ons nie in ’n outokratiese staat of werkplek glo nie. In baie Afrikastate, soos Zimbabwe, is vakbonde een van die min werklike teenvoeters vir sterk meerderheidspartye. Sterk burgerlike instellings soos groot vakbonde is uiters belangrik, omdat dit een van die min waarborge vir demokrasie is. ’n Eenpartystaat is egter nie die enigste gevaar vir ’n land nie. Die “eenvakbond”beleid van Cosatu of die oppermag van maatskappybesture is ook anti-demokraties. Daarom glo Solidariteit aan ’n nywerheidsdemokrasie, oftewel pluralisme in arbeidsverhoudinge, waar al hierdie magte demokraties gebalanseer word. Nywerheidsdemokrasie se uitgangspunt is dat dit nie goed is as die bestuur of een vakbond al die mag het nie, net soos dit nie goed is as een party al die mag het nie. In die politieke demokrasie word ’n klein party met slegs 1% stemme erken en kry hulle parlementêre verteenwoordiging.

nommer 2 van 2010

8

VEELVOUDIGE IDENTITEITE Die Marxistiese vakbonde verabsoluteer “klas” as die hoofidentiteit van ’n persoon. Die klassifikasie van werkers in die werkersklas was ook die grondslag van die “klassestryd” wat die wêreld so lank in ’n koue oorlog gedompel het. Die Russiese woord vir werker is “Robotnik”, en vir my klink dit of kommuniste werkers as menslike robotte sien. Dit is net so verkeerd as om net die aandeelhouers se belange raak te sien. ’n Mens het veelvoudige identiteite. Jy is ’n werker, maar ook ’n burger, ’n kliënt, ’n man of ’n vrou, ’n kerklidmaat, deur jou pensioenfonds ’n aandeelhouer, en is ’n lid van die gemeenskap en van ’n kultuur- of taalgroep. Die Grondwet erken ook die reg van lede van godsdiens-, taal-, en kultuurgroepe om gemeenskaplike organisasies te vorm en hulle belange te bevorder. Vir my is “kultuur” ’n meer toepaslike identiteit as “klas”, omdat dit baie meer omvattend is. Die Afrikaner-oorsprong van die vakbond het ook nooit dieselfde vyandige klasseverdelings gehad nie, en hoewel Solidariteit vandag inklusief is, bly ons lede se taal en kultuur baie belangrik. Daarom is minderheidsregte ook be-

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


spreekbuys

“ ’n Mens kan nie net afhanklik van die staat en jou werkgewer wees vir jou toekoms nie. Dit is die rede vir die stigting van Helpende Hand en Sol-Tech.” langrik vir die land se sukses, omdat demokrasie oor die regte en belange van al die burgers moet gaan, en nie net die meerderheid se belange moet dien nie. Dit is ook ’n groot rede hoekom die sentralisering van mag in super-munisipaliteite nie werk nie en krisisse met dienslewering skep. Gemeenskappe word deur sentralisering ontmagtig, en dit vat die regering ver van die mense en hul probleme af weg en veroorsaak dat hulle nie verantwoordelik gehou kan word nie. Daarom is ons ten gunste van die federale beginsel dat mag afgewentel moet word tot op gemeenskapsvlak, waar die probleem en die oplossing bymekaar is. SELFSTANDIGE SELFHELP Solidariteit glo baie sterk aan selfstandigheid en selfhelp. Afhanklikheid van die staat en werkgewers alleen gaan nie ons probleme oplos of vir ons kinders kos gee nie. Die grondslag van selfstandigheid en selfhelp kom uit die Bybel en uit ons Republikeinse tradisie. ’n Mens het self ’n verantwoordelikheid, en kan nie net afhanklik van die staat en jou werkgewer wees vir jou toekoms nie. Hierdie oortuigings is nie net mooi teorie nie, maar die rede vir die stigting van Helpende Hand en Sol-Tech. Ons oortuigings bepaal ook ons praktiese optrede. Dit word weerspieël deur ons ondersteuning van noodvoedingsprojekte tydens rampe soos met die Pamodzi-bankrotskap. Daarom is Helpende Hand ook nie op ’n sosialistiese grondslag gevestig nie. Ons help eerder mense om hulself te help, deur byvoorbeeld studiebeurse te gee, terwyl SolTech jongmense oplei om lewenslank vir hulself te sorg. Die praktiese toepassing van die Christen-demokratiese denkraamwerk as praktiese alternatief moet nog verder bedink en uitgewerk word. Dit is (nog) nie ’n sentrale plan nie, maar is reeds Solidariteit se sentrale idee waaruit ons die riglyne vir ons optrede formuleer. S number 2 of 2010

9

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

Vakbond plant een uitklophou op ’n ander Wat het 141 000 briewe oor misdaad, 55 000 stemme teen pornografie, ’n hofsaak teen Zimbabwe en ’n hofsaak oor regstellende aksie gemeen? Sukses. Solidariteit, Solidariteit Helpende Hand en Solidariteit se burgerregte-inisiatief AfriForum het sedert die begin van 2010 welslae gesmaak met verskeie veldtogte wat kwessies soos misdaad, regstellende aksie, pornografie en die Zimbabwiese regering aangepak het. SUKSESVOL!

141 222 briewe stroom in oor misdaadprobleem

d

Deur Reint Dykema

it het alles met pres. Jacob Zuma se staatsrede begin. Hy het slegs 2% van sy tyd aan misdaad bestee. Dit terwyl die land vuisvoos is as gevolg van misdaad. Solidariteit het ’n blitsopname onder sy lede gedoen en 83% het aangedui dat misdaad hulle grootste probleem is. Om die erns van die situasie tuis te bring, het Solidariteit ’n webtuiste www.geagtepresident.co.za op die been gebring. Die volgende brief is op die webwerf geplaas en die publiek is versoek om binne twee dae daarop te reageer sodat die briewe by Zuma afgelewer kan word wanneer hy repliek op sy staatsrede lewer: “Die regering se prioriteite was in u toespraak uitgestippel. Slegs 2% van u toespraak, oftewel 132 van u 4 411 woorde, was gewy aan misdaad. Vir die sowat ’n uur wat u gepraat het, het u een minuut aan misdaad bestee. “U het meer tyd – 132 – woorde, bestee om eregaste te verwelkom as om te sê wat u aan misdaad gaan doen. Daar is selfs meer tyd aan u hotline gewy as aan die kwessie van misdaad. Die Wêreldbekersokkertoernooi het ook meer tyd as misdaad gekry. “U het duidelike uitkomste vir die regering se prioriteitsareas uitgestippel, maar geen duidelike uitkomste vir misdaad gegee nie. “Van al die prioriteitsareas het misdaad die minste aandag gekry. Die ekonomie en werkskepping het 6,5 keer meer aandag gekry. Die verbetering van dienslewering het 6 keer meer aandag gekry. Onderwys en opleiding het meer as 3 keer soveel aandag gekry en gesondheid amper dubbel soveel aandag. Misdaadbestryding kan nie wag totdat hierdie prioriteite se teikens êrens in die verre toekoms bereik word nie.” Meer as 23 000 briewe is binne twee dae ontvang en Solidariteit het reëlings getref om die briewe by die parlement af te lewer.

Onstuitbaar: Erika Rossouw, Dirk Hermann en Jaco Kleynhans met die duisende teenmisdaadbriewe.

Al die nodige logistiek is uitgewerk en goedkeuring is verkry. Toe Dirk Hermann, Jaco Kleynhans en Erika Rossouw met die briewe by die parlement opdaag, is hulle na Tuynhuys gestuur. Daar het hulle voor dooiemansdeur gekom en niemand wou die briewe ontvang nie. Solidariteit het toe besluit om ’n minidokumentêre program oor misdaad te maak en dit op YouTube en S-tube vry te stel sodat die wêreld kan kennis dra van die situasie in Suid-Afrika. Die ankeraanbieder was die sanger en akteur Steve Hofmeyr. Die dokumentêre program het gegaan oor regte mense en regte emosies. Van die briewe wat nie deur die president ontvang is nie, is voorgelees. Misdaadslagoffers het self vertel van hulle hartseer en pyn. Onderhoude is gevoer met misdaadslag-

nommer 2 van 2010

10

offers en naasbestaandes van slagoffers. Die program is afgesluit met ’n kort onderhoud met Leenette Snyman wat haar man verloor het nadat hy koelbloedig tydens ’n rooftog doodgeskiet is. Die rockgroep Niemand het ook die treffende musiekvideo Jericho beskikbaar gestel vir die veldtog. In die video verskyn mense wat geliefdes verloor het weens misdaad in die land. Albei video’s is onder die top tien mees gekykte video’s op S-tube. Solidariteit was derhalwe genoodsaak om die veldtog te verskerp en meer steun te mobiliseer. Toe pres. Zuma eindelik drie weke later die briewe persoonlik in ontvangs geneem het, was daar meer as 136 000 briewe. Die volgende dag, toe die veldtog ten einde geloop het, het die briewetal op 141 222 gestaan. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

SUKSESVOL!

Helpende Hand juig ná porno-kanale gestuit word

FOTO: iSTOCKPHOTO

d

Deur Surika van Schalkwyk

ie aankondiging deur MultiChoice dat pornografie-kanale nie ingestel gaan word nie, is ’n oorwinning vir Suid-Afrika se kinders, meen dr. Danie Langner, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand. “Helpende Hand bedank elkeen van die meer as 55 000 Suid-Afrikaners wat opgestaan en nee gestem het vir pornografie.” MultiChoice het in Februarie aangekondig dat marknavorsing oor pornografiese TVkanale gedoen word om die moontlikheid van sekskanale op die DStv-boeket te oorweeg. Ontsteld oor die uitwerking wat MultiChoice se voorgenome sekskanale op Suid-Afrikaanse kinders sou hê, het Helpende Hand dadelik ’n Nee vir Pornografieveldtog begin om die implementering van sekskanale op DStv te keer. Sedert Helpende Hand die veldtog einde Februarie begin het, het duisende SuidAfrikaners binne twaalf dae nee gesê vir die instelling van pornografie-kanale op DStv. Protesstemme is aangeteken deur ’n boodskap op die webwerf www.neevirpornografie.co.za te stuur of die woord “pornografie” na 35960 te SMS. Die e-posse is regstreeks na die uitvoerende hoof van MultiChoice, Nico Meyer, gestuur. Sedert die afskop van die veldtog het bekendes soos die gewilde prediker Angus Buchan, Victor Matfield, Mel Botes en Hettie Britz hulle stemme dik gemaak teen pornografie. MultiChoice het op 11 Maart aangekondig dat pornografie-kanale nie op DStv ingestel gaan word nie. “Die oorwinning wys dat elke Suid-Afrikaner ’n stem het en kan opstaan teen besluite wat die morele verval in ons land aanmoedig. Suid-Afrikaners is nie bereid om besluite wat nadelige gevolge kan hê net gelate te aanvaar nie,” sê Langner. “MultiChoice wou weet wat die uitwerking van pornografie-kanale op hulle korporatiewe beeld sal wees. Het hulle die uitwerking daarvan op ons weerlose kinders ook oorweeg? Wat van die uitwerking daarvan op ons land se verdere morele verval en die invloed van perversiteit op kindermisdaad?” vra Langner. Volgens hom het navorsing reeds bewys dat daar ’n sterk verband is tussen pornografie en kindermolestering.

PORNOGRAFIE-FEITEGIDS • Studies het bewys dat 77% van molesteerders van seuns en 87% van molesteerders van meisies pornografie gebruik en op hulle slagoffers naboots. • Perversiteit word aangewakker deur pornografie en navorsing toon dit is onwaar dat verkragting en molestering afneem as pornografie vrylik beskikbaar is. • Verlede jaar het Helpende Hand in ’n verslag oor kindermishandeling bevind dat daar ’n noue verband is tussen pornografie en kindermolestering. • Alle pornografiekykers is nie noodwendig molesteerders nie, maar volgens kenners kyk alle kindermolesteerders na pornografie. • 90% van slagoffers ken die oortreders. • 60 gevalle van kinderverkragting en 13 gevalle van kindermishandeling word daagliks aangemeld. Ongeveer 88% van verkragtings word egter nie aangemeld nie.

Helpende Hand is oorval met briewe van gewone Suid-Afrikaners wat in gebrokenheid vertel hoe pornografie hulle lewens verwoes het. Maatskaplike werkers het ook vertel van gevalle van hoe pornografie jong verkragters gekweek het. In een geval het ’n twaalfjarige seun ’n vyfjarige dogtertjie verkrag. “Helpende Hand moedig MultiChoice as

number 2 of 2010

11

toonaangewende maatskappy aan om die leiding te neem in die vestiging van morele waardes in ons land,” sê Langner. “Ons besef nogtans dat mededingende maatskappye steeds beplan om pornografiekanale te implementeer. Ons navorsers doen reeds verdere ondersoek en ons onderneem om die situasie deurlopend te monitor.” S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

SUKSESVOL!

Regstellende aksie in die SAPD aan die kaak gestel

FOTO: REINT DYKEMA

a

Deur Charl Oberholzer

partheid was ’n klap in die gesig van baie mense in Suid-Afrika. Indien die een wat die klap uitgedeel het onvoorwaardelik daarvoor om verskoning vra, beteken dit sy kinders moet daarvoor benadeel word? Wel, dit is die beginsel van regstellende aksie. Tussen 1997 en 2006 was daar ’n toename van 230% in swart bekleërs van senior bestuursposte terwyl daar in dieselfde tydperk ’n afname van meer as 26% in wit bekleërs van senior bestuursposte was. Die grootste kritiek op die hedendaagse toepassing van regstellende aksie is dat ’n persoon se ras die bepalende faktor vir aanstelling en bevordering is. Solidariteit het besef dat hierdie vorm van diskriminasie op twee maniere beveg moet word. Eerstens moet regstellende aksie teengestaan word deur jongmense in kritieke vaardighede op te lei. Solidariteit se opleidingskollege, Sol-Tech, is ’n goeie voorbeeld van ’n kollege wat opleiding in skaars en kritieke vaardighede aan Afrikaanse jongmense bied. Tweedens moet daar deur die regstelsel voortdurend ruimte geskep word sodat elke persoon sy basiese regte kan opeis. Solidariteit het verlede jaar besluit om die regering in tien afsonderlike hofsake oor die toepassing van regstellende aksie te pak. Nege van die tien sake word namens lede teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en een teen die departement van korrektiewe dienste gevoer. Eerste op Solidariteit se doenlys was die saak van kapt. Renate Barnard wat drie keer bevordering ontsê is omdat sy wit is. Barnard het in November 2005 die eerste keer aansoek gedoen vir ’n bevorderingspos as superintendent by die eenheid vir klagte-ondersoeke en is deur die onderhoudpaneel as die geskikste kandidaat aangewys. Barnard het weer in Mei 2006 aansoek gedoen vir ’n bevorderingspos en is weer as die geskikste kandidaat aangewys, maar is nie aangestel nie omdat haar aanstelling nie verteenwoordiging sou bevorder nie. Die pos is ’n derde keer geadverteer, maar later geskrap. “Verteenwoordiging het vir die SAPD die belangrikste dryfveer geword pleks van die beskerming van alle Suid-Afrikaners. Goeie polisiediens aan die publiek word dus opgeoffer ter wille van die ideologie van verteenwoordiging,” het Dirk Hermann,

Geen diskriminasie geduld! Kapt. Renate Barnard en Dirk Hermann tydens ’n mediakonferensie.

adjunk- uitvoerende hoof van Solidariteit, kort voor die hofsaak op 26 Februarie gesê. Die Johannesburgse arbeidshof het die kritici stilgemaak met ’n sterk uitspraak ten gunste van Solidariteit en Barnard. Die hof het beslis dat Barnard bevorder moet word en dat haar salaris terugwerkend aan haar uitbetaal moet word. Ná die uitspraak het Dirk Groenewald, regsverteenwoordiger van Solidariteit, Barnard met die volgende woorde gelukgewens: “Jy het dit verdien en jy kan nou die publiek as ’n superintendent dien.” Barnard het gesê mense moenie onreg gelate aanvaar nie, maar baklei wanneer iets nie reg is nie. “Hou aan en jy sal beloon word.” Die uitspraak het hoofsaaklik op drie aspekte gefokus. Wanneer regstellende aksie toegepas word ingevolge die Wet op Gelyke Indiensneming, moet die toepassing daarvan redelik, billik en rasioneel wees. Die regter het bevind dat niemand bevoordeel word wanneer ’n pos vakant gelaat word nie en boonop word dienslewering en werkverrigting gekelder. Die betrokke persoon se grondwetlike reg tot gelykheid moet in ag geneem word.

nommer 2 van 2010

12

In hierdie geval is Barnard se reg tot gelykheid aangetas omdat sy die pos geweier is as gevolg van haar velkleur, hoewel sy as die beste kandidaat aangewys is. Die betrokke persoon se menswaardigheid moet ook in ag geneem word. Die SAPD het in hierdie geval nooit sy besluit om Barnard se aanstelling af te keur met haar bespreek nie, wat op die skending van haar menswaardigheid neerkom. Hermann meen dat hierdie uitspraak verreikende gevolge vir Suid-Afrika in die toekoms sal hê en dat dit ’n rigtinggewende aanwyser is vir toekomstige regstellendeaksiesake. Die SAPD het aangedui dat hy verlof tot appèl gaan aanteken. Dit gee Solidariteit die geleentheid om hierdie beginsel later in die Grondwethof te toets, wat dan kan lei tot nog ’n sterker uitspraak. Regstellende aksie is soos ’n verhaal wat se einde nog nie bepaal is nie. Deur die regsruimte en werklikhede wat Solidariteit op grondvlak skep, sal die verhaal dalk ’n goeie einde hê. • Lees ook die artikel oor regstelaksie op bladsy 14. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

SUKSESVOL!

AfriForum pak Mugabe, veg vir Pretoria se naam

FOTO: REINT DYKEMA

a

friForum het 2010 op ’n hoë noot afgeskop en gou welslae behaal. Die belangrikste hiervan is ’n oorwinning in die hooggeregshof teen Robert Mugabe se magsvergrype, asook welslae in die stryd om Pretoria se naam te behou. Op 25 Februarie 2010 het die Hooggeregshof in Pretoria in AfriForum se guns beslis deur ’n bevinding van die SAOG-tribunaal teen die omstrede grondhervormingsprogram van Zimbabwe te registreer en te bekragtig. Die tribunaal het in November 2008 bevind dat die Zimbabwiese grondhervormingsproses rassisties en strydig met internasionale reg is en dat boere vergoed moet word vir hulle skade. Tot dusver het Zimbabwe die SAOG se bevinding geïgnoreer. Die registrasie van die bevinding in Suid-Afrika maak die deur oop vir boere wat deur die grondgrypprogram geraak is om hulle skade uiteindelik deur middel van Suid-Afrikaanse regsprosesse terug te eis. Pretoria se naam is weer amptelik Pretoria nadat Lulu Xingwana, minister van kuns en kultuur, voldoen het aan AfriForum

Gedugte span: Die span van AfriForum met regsman Willie Spies aan die voorpunt ná nog hofwelslae.

se eis dat die verandering van Pretoria se naam na Tshwane deur ’n amptelike kennisgewing in die Staatskoerant teruggetrek moes word. Die kennisgewing is op bl. 5 in Staatskoerant Nr. 32916 gepubliseer.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê sy organisasie is verheug dat Pretoria se naam weer amptelik Pretoria is. Kriel het AfriForum se regspan, asook die duisende ondersteuners bedank. S


nuuswaardig

Vakbond slyp sy tande vir regstelsake

n

Deur Ilze Nieuwoudt

ege sake. Nege Solidariteit-lede. En een onbillike praktyk. Dit is wat voorlê vir Solidariteit se regspan in ’n stel regstellendeaksiesake wat nie net die deur vir nieaangewese groepe in regstellendeaksie-aanstellings sal open nie, maar ook die geskiedenisboeke kan herskryf. Solidariteit het in November verlede jaar reeds aangekondig dat hy tien sake oor die onbillike implementering van regstellende aksie in die staatsdiens na die hof sal neem. Oorwinning is reeds in die eerste saak, namens kaptein Renate Barnard, beklink. (Sien artikel op bladsy 12.) Volgens Dirk Groenewald, Solidariteit se regsverteenwoordiger in al tien sake, is die voorverhoorvergadering vir die agt ander sake wat teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) gevoer word in Maart gehou. Na verwagting kan dié sake reeds teen November of Desember vanjaar aangehoor word. Die sake sal egter na verwagting in twee kollektiewe groepe hanteer word, verduidelik Groenewald. Die tiende saak word teen die departement van korrektiewe dienste gevoer. Dié saak kan na verwagting reeds in Mei vanjaar in die Arbeidshof voorkom. NEGE SAKE, NEGE VERHALE Die agt oorblywende sake van werknemers en voormalige werknemers van die SAPD en een van ’n werknemer van die departement van korrektiewe dienste moet nog volg. Hier is die mense en hulle stories:

FOTO: REINT DYKEMA

GEORGE FREDERIK DE BRUYN George de Bruyn is ’n kriminalistiekdeskundige van Welkom met vyftien jaar ondervinding in die SAPD. Hy het in Februarie 2009 om heraanstelling aansoek gedoen vir ’n vakante pos in Welkom. Hy is in kennis gestel dat sy aansoek onsuksesvol was, omdat sy profiel nie die teikens vir gelyke indiensneming van die betrokke eenheid sou bevorder nie. TINUS GOUWS Tinus Gouws werk tans as ’n inspekteur in die lugvleuel van die SAPD en beskik oor bykans 22 jaar ondervinding in die polisie. Nadat hy in 2008 vir ’n kapteinpos in die eenheid aansoek gedoen het, is hy vir die pos aanbeveel. Hy is egter nie aangestel nie. Die pos is vakant gelaat en Gouws is ingelig dat dit weens gelykheidsredes nie gevul is nie.

MARC BOON SWANEPOEL Marc Swanepoel is tans ’n inspekteur in die pos van gesondheid- en veiligheidskoördineerder in Pietermaritzburg. Hy werk reeds sedert 1991 in die SAPD en het tydens die 2008/2009-bevorderingstydperk aansoek gedoen vir bevordering tot kaptein. Swanepoel is in Maart 2009 ingelig dat die poste waarvoor hy aansoek gedoen het, onttrek is. Op verdere navraag is hy in kennis gestel dat dit gedoen is aangesien die eenheid se teikens vir regstellende aksie nie deur die aanstelling van wit mans en vroue bevorder sou word nie. Hy is in 2009/2010 genooi om weer aansoek te doen, maar hy is weer in kennis gestel dat die poste tot verdere kennisgewing vakant gelaat sal word.

Dirk Groenewald

EMIL JOHAN OOSTHUIZEN Emil Oosthuizen is ’n vingerafdrukkundige van Springs met sestien jaar ondervinding in die SAPD. Hy het in Augustus 2008 en Julie 2009 aansoek om heraanstelling gedoen. Hy het albei keer gereageer op poste wat in Rapport geadverteer is. Hy is in 2009 in kennis gestel dat sy aanstelling nie gelyke indiensneming sou bevorder nie. MARTHA MAGDALENA OOSTHUIZEN Martha Oosthuizen is ook ’n vingerafdrukkundige van Springs met sestien jaar ondervinding in die polisie. Sy het in Augustus 2008 en Julie 2009 aansoek gedoen vir vakante poste in die SAPD met die hoop om weer aangestel te word. Sy het ook op poste gereageer wat in Rapport geadverteer is. Sy is in 2009 in kennis gestel dat haar aanstelling nie gelyke indiensneming sou bevorder nie. JUAN WILLIAM DE WET Juan de Wet werk tans as ’n inspekteur by die plaaslike kriminelerekordsentrum in Kempton Park en beskik oor negentien jaar ondervinding in die SAPD. De Wet het in Desember 2008 vir twee kapteinposte in onderskeidelik Kempton Park en Springs aansoek gedoen. Hy het in Januarie 2009 onderhoude vir albei poste gedoen, maar het in Maart uitgevind dat die een pos nooit gevul is nie. Die pos is later ekstern geadverteer en in Oktober 2009 gevul. Hoewel De Wet vir dié pos aanbeveel is, is aangevoer dat sy aanstelling nie gelykheid sou bevorder nie. ’n Regstellendeaksie-aanstelling is wel in die ander pos gedoen.

nommer 2 van 2010

14

HCV CLAASSENS-LUUS Claassens-Luus het reeds meer as 22 jaar ondervinding in die SAPD en werk tans as ’n spanleier by die kriminelerekordsentrum in Witbank. Sy het in Desember 2008 vir drie afsonderlike poste van hoofdatavaslegger aansoek gedoen. Hoewel sy op die kortlys geplaas is vir die pos in Witbank en daarvoor aanbeveel is, is die pos onttrek. Die sogenaamde oorverteenwoordiging van wit vroue is as rede voorgehou. HELENA JOHANNA PORTER Helena Porter werk reeds sedert Februarie 1982 in die polisie. Sy werk tans in Secunda as ’n spanleier by die plaaslike kriminelerekordsentrum. Sy het in Desember 2008 aansoek gedoen vir die geadverteerde pos van hoofdatavaslegger in Secunda. Hoewel Porter vir die pos aanbeveel is, is die pos onttrek aangesien daar ’n “oorverteenwoordiging” van wit vroue was. Die pos is vakant gelaat en ekstern geadverteer, maar niemand is aangestel nie. HERMAN DENEYSSEN Herman Deneyssen werk sedert Desember 1986 by die departement van korrektiewe dienste en het in 2008 aansoek gedoen vir ’n bevorderingspos by die logistieke afdeling. Hoewel hy as die beste kandidaat vir die pos aanbeveel is, is hy nie in die pos aangestel nie. Daar is aangevoer dat sy aanstelling nie regstellende aksie sou bevorder nie. Hy het egter intussen in die pos waargeneem. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

Loononderhandelings: Só pak vakbond dié bul Die 2010-loononderhandelingseisoen het afgeskop en Solidariteit is vanjaar weer gereed om dié bul by die horings te pak. Vanjaar se fokus is om toe te sien dat werknemers nie slegs ’n leefbare loonverhoging nie, maar ook ’n goeie verbetering op salarisse ontvang, berig ILZE NIEUWOUDT.

FOTO: REINT DYKEMA

INFLASIE: SLEGS VERTREKPUNT Volgens Gideon du Plessis, adjunk- uitvoerende hoof: bedrywe van Solidariteit, word inflasie as die maatstaf van Solidariteit se loonverhogings gebruik, maar dit is beslis nie waar Solidariteit se druk stop nie. “Inflasie is die begin, maar geensins die einde nie. As daar na loononderhandelings gekyk word, is die uiteindelike doel om loonverhogings vir ons lede bo die vlak van inflasie te beding,” verduidelik hy. “Dit is nie genoeg dat werknemers slegs ’n verhoging ontvang wat in pas is met die styging in lewenskoste nie. Solidariteit plaas daarom tydens onderhandelings druk op werkgewers om nie slegs ’n inflasiegekoppelde verhoging in te stel nie, maar ’n werkbare verhoging bo inflasie.” WERKGEWERS ONDER VERGROOTGLAS Werkgewers is gou om hulle eie beuel te blaas en te verkondig dat hulle werknemers hul beste bate is en dat daar goed na werknemers omgesien word. Wanneer dit egter by loononderhandelings kom, raak werkgewers dikwels taai in die bek en bied die wêreld se verskonings aan waarom daar nie aan werknemers se eise gehoor gegee kan word nie. Solidariteit doen moeite om elke maatskappy waarby onderhandel word

noukeurig te ondersoek en te bepaal wat die maatskappy se finansiële status is, hoe die spesifieke bedryf en maatskappy tans vaar, wat die vooruitsigte is en waar die moontlike struikelblokke lê. Dit verseker dat die vakbond loononderhandelings met realistiese eise en behoorlike feite aanpak. DIT IS HOEKOM JY MEER MOET VERDIEN Hoewel inflasie baie beter lyk as ’n jaar of twee gelede, vreet uitgawes steeds aan werknemers se sakke. Hier is vyf redes waarom jy ’n beter salaris verdien: • Petrol en elektrisiteit – Die druk van die 25,5 sent per liter-heffing op brandstofpryse wat van April vanjaar af geld, asook die verhoging in elektrisiteitpryse het ’n regstreekse invloed op werknemers se besteebare inkomste. • Verbruikersprysinflasie – Hoewel inflasie tans laer is as wat dit ’n jaar gelede was, beteken dit nie dat verbruikers nou beter af is nie. Dit beteken bloot dat pryse nie meer so skerp styg soos ’n jaar of twee gelede nie. • Mediese koste – Mediese inflasie is in Februarie vanjaar op 9% gereken. Om van ’n dokter se dienste gebruik te maak, kos nou reeds 8,9% meer as in 2009, ’n

nommer 2 van 2010

16

besoek aan ’n tandarts kos 5,9% meer en hospitaaldienste kos 8,2% meer as ’n jaar gelede. Die sogenaamde Groot Vyf oop mediese skemas het hulle mediesefondsbydraes met tussen 9,8% en 15,9% opgestoot. Verbruikers moet dus baie meer vir mediese koste opdok. • Opleiding – Skoolgeld het die afgelope jaar ook noemenswaardig gestyg. Laerskool- en hoërskoolfondse is nou 10,5% hoër as verlede jaar hierdie tyd, terwyl die koste om by ’n tersiêre instelling te studeer 8,4% hoër is as verlede jaar. Talle skole het egter hulle fooie met tot soveel as 12% opgestoot. Sekere universiteite het hulle tariewe met veel meer as inflasie opgestoot. Die Universiteit van die Witwatersrand en die Universiteit van Johannesburg se fooie het onderskeidelik met nagenoeg 15% en 12% gestyg. • Kundigheid – Solidariteit verteenwoordig hoofsaaklik kundige en opgeleide werknemers in ’n groot aantal verskillende bedrywe. Hoewel die resessie ’n demper op die arbeidsmark geplaas het, is vaardigheidstekorte vinnig besig om weer ’n kritieke kwessie in die werkplek te word en maatskappye moet uithaal en wys om hulle kundiges te behou. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

Solidariteit Radio-stemmetjie bekoor

s

Deur Moira-Marie Kloppers

y gee grootmense elke Woensdag ’n kykie in haar unieke wêreld en laat ’n mens kraai van die lag. Sy sing, sê gediggies op, vertel stories soos net ’n kleuter kan, gesels oor gesonde kos en families, en verstaan die liefde beter as baie grootmense. Die ma-en-dogterspan Martie en Jana Maree is ook goed oor die jongste modes ingelig en gee selfs raad vir kinderpartytjies. Jana (5) is Solidariteit Radio se jongste medewerker en het klaar talle Solidariteit Radioluisteraars se harte gesteel. “’n Stukkie goud!”, “’n vreugde”, “wenresep”, “kostelik”, “pret”, “musiek in die ore” en “10 uit 10 vir Jana!” Kommentaar soos dié stroom elke week in en ouers, onderwysers en kleuters kan maar net nie genoeg van dié insetsel kry nie. Volgens Martie weet baie van vandag se kinders nie meer hoe om hulself buite besig te hou nie. Hulle ken nie meer kinderliedjies nie, is modebewus en soek aandag op al die verkeerde maniere. “Kinders het opbouende en betrokke ouers nodig wat van kleins af, met dissipline en liefde, die regte waardes by hulle kinders kweek. Kinderspeletjies, gediggies, stories en gesinstyd is belangrike bestanddele vir ’n gebalanseerde, gelukkige kleuter en is boonop onontbeerlik vir jou kind se ontwikkeling,” voeg Martie by.

Martie en Jana Maree sorg elke week vir groot pret met hul insetsel Kinderwêreld in Wêreldwyd op Woensdag op Solidariteit Radio.

Onthou om elke Woensdag om 12:00 in te skakel vir Kinderwêreld in Wêreldwyd op Woensdag by www.solidariteitradio.co.za. In Wêreldwyd op Woensdag loer Martie en Jana elke week in hulle insetsel Kinderwêreld na die sorgelose wêreld van ’n kind. Jana is ook by die beplanning van hulle insetsel betrokke – om die waarheid te sê, sy kies elke week die onderwerp! Jana se weergawe van Die drie varkies

het byna die einde van die varkie, nie die wolf nie, beteken en volgens haar moet die liefde beslis iets met Rooikappie, koek en swartbessiesap te doen hê. Hoewel die stories bietjie krom en skeef uitkom, verklap dit baie van ’n kind se unieke begrip van die wêreld waaruit grootmense baie kan leer. S

Afrikaner Burgerlike Netwerk beplan scenario’s vir die toekoms

FOTO: REINT DYKEMA

Deur Reint Dykema Die Dinokeng-scenario’s vir Suid-Afrika wat in Junie 2009 gepubliseer is, het meer duidelikheid gebring oor die moontlike toekomspaaie vir die land en het die keuses uitgelig wat nou deur die regering en burgerlike samelewing gedoen moet word in belang van ’n suksesvolle Suid-Afrika. Die kernbevinding van die Dinokengscenario-span was dat die hoofprobleem lê in die kombinasie van ’n ondoeltreffende regering en ’n onbetrokke burgerlike samelewing. Die Dinokeng-scenario’s het na die land se probleme gekyk, maar nie na die Afrikaners se probleme en uitdagings nie. Scenario’s moet ook ontwikkel word waarby Afrikaners en Afrikaanse organisa-

sies bestuursmatig baat kan vind en wat ’n grondslag vir gesonde strategiese besluitneming kan verseker. ’n Informele netwerk van organisasies, wat as die Afrikaner Burgerlike Netwerk (ABN) bekendstaan, het vir dié doel bymekaargekom. ’n Bestuurskomitee bestaande uit prof. Piet Strauss, Chris Klopper, Bennie van Zyl, Magdi de Kock en Flip Buys, wat ook as voorsitter verkies is, is aan die stuur van die ABN. Die netwerk kyk na verskeie opsies en hou gereeld werksessies. Daar word onder meer gekyk na die demografiese, kultureel/maatskaplike, polities/staatkundige, ekonomiese en tegnologiese uitdagings. Die projek is onder die leiding van prof.

nommer 2 van 2010

18

André Duvenhage van die NoordwesUniversiteit (Potchefstroom-kampus) wat al die navorsing koördineer en saamvoeg. Die volgende organisasies is by die gesprekke betrokke: AfriForum, die Afrikanerbond, Agri-SA, die ATKV, Dames Aktueel, die Dameskring, die SA Akademie, die Voortrekkers, die FAK, Fedsas, Helpende Hand, Jong Dames Dinamiek, die Oraniabeweging, die Rapportryerbeweging, die SA Onderwysersunie, Solidariteit, die Solidariteit Navorsingsinstituut, die Transvaalse Landbou-unie, die Voortrekkermonument en Erfenisstigting en die Vereniging van Regslui vir Afrikaans. • Vir meer inligting, kontak Hennie de Wet by hc@solidariteit.co.za

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


promosie-artikel

Wat behels my begrafnisvoordeel?

i

n die vorige Solidariteit Tydskrif is ’n volledige uiteensetting gepubliseer oor wat die Solidariteit-begrafnisvoordeel bied, asook wat nie deur dié voordeel gedek word nie. Dié artikel bied ’n blik op die bykomende koste wat kan opduik.

WATTER BYKOMENDE KOSTE KAN OPDUIK? • Die heffing van ander begrafnisondernemers hang af van die ondernemer, maar dit kan tot en met R3 420 beloop. • ’n Askissie kan, afhangende van die familie se keuse, tussen R456 en R1 710 kos. • Die krematoriumheffing beloop tussen R1 026 en R2 022. • Munisipale grafgeld (wat die aankoop van ’n graf en die grawe daarvan insluit) beloop tussen R330 en R3 846. • Die plasing van ’n geliefde se as en die koste daaraan verbonde hang af van die perseel waarop besluit word. • Vir elke bykomende standaardprogram wat gedruk moet word, word ’n bedrag van R1,71 gehef. Fotoprogramme beloop tot en met R18,50 per program. • Die koste vir die huur van ’n kapel hang af van die familie se keuse. • Die koste vir die huur van ’n tent en stoele hang af van die grootte en aantal wat gehuur word. • Die huur van ’n bus en voertuie vir die familie kos tussen R969 en R2 850 elk. • Doktersgeld kan tussen R399 en R1 800 beloop. • Die koste vir bykomende kilometer wat gereis moet word (ná die eerste gratis 80 km), word bereken teen R5,13 per kilometer. • ’n Bykomende heffing van R570 word gehef vir begrafnisse wat op Sondae en openbare vakansiedae gehou word. • Die koste van vars blomme vir die kis en in die kerk wissel, maar kan enigiets tussen R285 en R1 100 beloop. • Afhangende van die beINFORM SPOUSE drag wat deur die beOR DEPENDANTS trokke dokter gehef word, Ensure that your spouse or dekan die koste vir die verpendants know about your wydering van organe onSolidarity membership and the geveer R580 beloop. benefits your Solidarity funeral • Die gemiddelde prys vir plan offers. For any further endie huur van ’n kerk is quiries regarding Solidarity’s tussen R627 en R1 311. funeral benefit, please contact • Die koste vir die plasing Solidarity on 0861 25 24 23 or van doodsberigte in koecontact your nearest Solidarity rante word deur die onoffice or the Doves Careline derskeie koerante bepaal on 0860 02 55 00. en verskil van publikasie tot publikasie.

Vir enige navrae oor Solidariteit se begrafnisvoordeel, skakel Solidariteit by 0861 25 24 23, skakel jou naaste Solidariteit-kantoor, of skakel die Doves Careline by 0860 02 55 00.

number 2 of 2010

19

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

Deel kreatiwiteit, mening met wye wêreld

@

Die internet en die wye reeks elektroniese kommunikasieplatforms en -netwerke wat vandag beskikbaar is, raak onontbeerlik om onder meer op die hoogte van sake te bly én vriende en familie van jou doen en late in te lig, skryf DALEEN DE JAGER.

www

ILLUSTRASIE: iSTOCKPHOTO

https:// HOEKOM DEEL WORD VAN TENDENSE? Die antwoord is eenvoudig: As jy nie deel word van nuwe tendense nie, gaan jy agterbly. Jy mag dalk dink dit is nie nodig om ’n Facebook-profiel te hê of te weet hoe om ’n video op die internet te kyk nie. Die werklikheid is egter dat die internet ’n belangrike manier geword het om op die hoogte te bly van wat in die wêreld gebeur en om jou stem te laat hoor. Verder gaan jy agterbly om mense in te lig van wat in jou lewe aangaan. Om te weet wat op die internet aangaan en video’s en ander inligting af te laai, is een ding, maar om jou ervarings en mening op die internet

te deel, beteken jy kan gereeld kontak maak met vriende en familie. Skoolreünies raak al minder nodig, omdat almal mekaar weer op Facebook gevind het en só die gebeure in mekaar se lewens ingehaal het. Die teendeel is ook waar. Sosiale media kan inbreuk maak op ons persoonlike verhoudings en hoe ons mense behandel, maar meer daaroor in ’n volgende artikel. Luidens ’n studie getiteld Internet Access in South Africa 2010 deur World Wide Worx, het die aantal internetgebruikers in Suid-Afrika die vyf miljoen-kerf verbygesteek. Dit beteken internetgebruik in Suid-Afrika is nou net meer as 10%. World Wide Worx voorspel ook dat

nommer 2 van 2010

20

internetgebruik in 2010 sterk sal styg en dat ons teen einde vanjaar meer as ses miljoen internetgebruikers in Suid-Afrika sal hê. Die studie toon verder dat ’n volhoubare styging in internetgebruik ’n positiewe uitwerking op die ekonomie sal hê. Die verskeidenheid toepassingsprogrammatuur en sosiale netwerke wat deur plaaslike verbruikers gebruik word, het die verhoogde internetgebruik aangevuur. Die nuwe wêreld van sosiale media gee jou werklik die geleentheid om deel te word van die wêreld van kommunikasie deur te blog, jou eie media te skep of ’n video of foto op jou sosiale netwerk-profiel te laai.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig WATTER SOSIALE NETWERK IS GESKIK? Moenie bang wees nie en sprei jou vlerke oor die wêreldwye web. Sodra jy jouself op ’n paar sosiale netwerke gevestig het, sal jy nie kan glo dat jy dit nie al vroeër gebruik het nie. ’n Individu se gebruik van sosiale media kan in drie kategorieë verdeel word. Die eerste kategorie is die gebruik van sosiale netwerke soos Facebook, Twitter, FlickR, LinkedIn, Plaxo en Google Friend Connect. Daar is duisende sulke netwerke. Wikipedia het ’n nuttige lys van sosiale netwerke wat jou ’n goeie aanduiding sal gee van watter platform die beste by jou behoeftes sal pas. Jou teenwoordigheid op hierdie platforms kan beide sosiaal en professioneel van aard wees. Jy kan byvoorbeeld op Facebook wees vir sosiale doeleindes, maar ook sodat moontlike professionele kontakte op jou profiel kan ingaan en jou inligting soos opleiding en ondervinding kan sien. Tweedens is daar die informele kategorie wat ligte toepassingsprogrammatuur behels waarmee jy speletjies kan speel, verskillende programme kan gebruik om foto’s op te laai en baie meer. Voorbeelde hiervan is Farmville en Daily Photo op Facebook. Die derde kategorie behels jou professionele en formele teenwoordigheid op so-

siale netwerke. As jy ’n belangstelling in ’n vakgebied of spesifieke terrein het, kan jy blogs volg, artikels lees en video’s kyk wat oor hierdie vakgebied of belangstelling handel. Jy kan kommentaar lewer op blogs wat jy volg of ’n blog begin. Die ander deel van die kategorie is om die aktiwiteite van organisasies wat jy ondersteun, soos Solidariteit of AfriForum, in die wêreld van sosiale media te volg. KRY VOORSPRONG IN ARBEIDSMARK Jy kan voordeel trek uit sosiale media. Sorg dat jou sienings en beginsels duidelik op jou profiele sigbaar is en professioneel voorkom. Werkgewers begin al meer om potensiële werknemers op sosiale netwerke op te spoor. Hulle kan dalk gaan kyk wat daar oor jou op die internet is voordat hulle jou vir ’n onderhoud nooi. Sorg dat jy ’n beperkte, veilige en professionele teenwoordigheid het. INGELIG, MAAR STEEDS PRIVAAT Onthou dat daar baie bedrog op die internet plaasvind. Moet dus nooit persoonlike inligting wat gesteel kan word, soos jou bankrekeningnommer of enige pinkode, vir ander mense beskikbaar stel om te sien nie. As jy byvoorbeeld gebruik maak van platforms waarvoor jy moet betaal of internet-bank-

dienste doen, maak altyd seker dat die bladsy waarop jy is, beveilig is. Sulke bladsye sal ’n slotjie in die adresvenster van die webblad hê en die bladsy se adres sal begin met https://. BEPERK SOSIALE MEDIA IN WERKPLEK Daar is twee redes hoekom jy die gebruik van sosiale media by jou werk moet beperk. Die eerste is dat jy nie noodwendig wil hê al jou kollegas moet weet wat in jou private lewe aangaan nie. Soms laai jy inligting of foto’s op jou sosiale netwerk se profiel wat al jou kollegas dalk nie moet sien nie. Pleks daarvan om jou kollegas op Facebook as vriende te hê, skep vir jou ’n professionele teenwoordigheid op LinkedIn en nooi jou kollegas uit om deel van jou professionele netwerk te word. Die tweede rede is dat jy so oorweldig kan word deur jou teenwoordigheid op sosiale netwerke, dat jy voel jy moet jou status of blog of enige ander teenwoordigheid die heeltyd bywerk. Dit maak natuurlik inbreuk op jou werk en daarom moet jy sorg dat jy dit eerder in jou eie tyd op jou eie rekenaar doen. Die doel van sosiale media is dat jy jou kreatiwiteit en sienings met die wêreld kan deel. Met al die verskillende platforms wat beskikbaar is, word dit al makliker en kort jy nie noodwendig opleiding nie. S


nuuswaardig

Erns nodig om misdaad te bekamp Deur Charl Oberholzer

BESKERM JOUSELF

FOTO: iSTOCKPHOTO

s

olidariteit se reuse-misdaadveldtog, waarin meer as 140 000 teenmisdaadbriewe aan die presidensie oorhandig is, is ’n toonbeeld van hoe keelvol Suid-Afrikaners vir misdaad is. Misdaad in Suid-Afrika is soos sport – almal weet daarvan, maar kan nie veel aan die eindresultaat doen nie. En soos met sport, is daar altyd iemand wat verloor. In hierdie geval is dit die slagoffers van die meer as 18 000 moorde, 71 500 seksuele oortredings en meer as 246 000 huisbrake per jaar wat aan die kortste end trek. Dit is soms moeilik om positief te bly oor die toekoms. Sport, soos misdaad, het ook die mag om mense te verenig, maar natuurlik ook om mense te verdeel. Die geheim is egter opgesluit in die proaktiewe betrokkenheid by misdaadbekampingsinisiatiewe, hulpverlening aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en die gebruik van selfbeveiligingsmetodes om ’n klimaat van samehorigheid teen misdaad te skep. Voorkomende patrollering, private veiligheidsmaatskappye en gemeenskapsbetrokkenheid is net een deel van die antwoord op misdaad. Hoewel die langtermynoplossing vir misdaad vaag en debatteerbaar is, is dit belangrik om al die moontlikhede te ondersoek. Misdaadbekamping is nie meer opsioneel nie; dit is die enigste alternatief.

Nantes Kelder, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, noem vyf brandpunte wat in die SAPD opgelos moet word om misdaad doeltreffender te bekamp: 1. Sektorpolisiëring moet doeltreffend geïmplementeer word. 2. Die moratorium op die indiensneming van reserviste moet daadwerklik gelig word, want hoewel dit reeds volgens die minister gelig is, word dit nie na stasievlak gekommunikeer nie. 3. Vertroue tussen gemeenskappe en die polisie moet herstel word, want sonder hierdie vertroue kan welslae nie behaal word nie. 4. Beter opgeleide en gedissiplineerde polisielede is nodig, nie bloot meer polisielede nie. 5. Kosmetiese veranderings soos nuwe militêre range gaan nie misdaad bekamp nie. Die oplossing lê nie in die militarisering van die polisie nie, maar eerder in die vertrouensverhouding tussen burger en polisielid. Al die mag is nie net in die hande van die SAPD nie. Dit is ook in die hande van elke landsburger wat besef dat daar geen ander keuse meer is nie as om deel te word van die oplossing. • Besoek www.afriforum911.co.za vir nog wenke om jouself te beveilig. S

nommer 2 van 2010

22

• Om diefwering ook voor vaste ruite aan te bring, verseker bykomende veiligheid, aangesien gesofistikeerde toerusting gebruik word om sulke ruite geruisloos te verwyder, veral wanneer niemand tuis is nie. Dit sal ook verhinder dat voorwerpe deur die ruit gegooi kan word. • Wanneer jy op vakansie gaan, moenie buite- en binneligte aanhoudend laat brand nie, want dit wek agterdog. Vra iemand wat jy vertrou om op bepaalde tye die ligte aan en af te skakel en ook om die gordyne bedags oop te maak. • Dit is noodsaaklik om oral in die huis slotte van goeie gehalte, met 4, 6 of meer klawers, te installeer aangesien dit inbrekers se suksesvolle gebruik van die gewone lopersleutels beperk. • Pasop vir vreemdelinge wat: – aanbied om los werkies in en om die huis te doen; – versoek of daarop aandring om jou telefoon te gebruik; – dringend ’n toilet wil gebruik; of – enige verskoning gebruik om die huis binne te kom. • Vyl die nommers van al die sleutels in gebruik af sodat ongemagtigde persone dit nie kan identifiseer om duplikate te koop nie. • Moenie jou naam en adres op sleutelhouers aanbring nie, want indien dit sou verloor, stuur jy die booswig reguit na jou huis of motorkar. Deur jou huistelefoon te skakel, kan misdadigers vasstel of jy tuis is. • Die gravering van meubels en besittings, veral elektriese toerusting, is van groot belang aangesien dit die SAPD kan help met die identifisering van items wat uit jou huis gesteel is. • Moenie jou naam op jou hekkie of huis aanbring nie, omdat jou telefoonnommer nageslaan kan word om vas te stel wanneer jy nie tuis is nie. • Vermy ’n samedromming van mense op sypaadjies. Loop ’n wye draai. • Gebruik winkelvensters soos spieëls om iemand wat jou agtervolg te fnuik.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

Bloggers se muise warm oor Malema

SPOTPRENT: ZAPIRO, GEPUBLISEER IN THE TIMES VAN 16 MAART 2010 – WWW.TIMESLIVE.CO.ZA

j

ulius Malema, die berugte president van die ANC-jeugliga, was die afgelope tyd pal in die spervuur oor sy leuens, rassistiese uitsprake en ondeursigtige geldsake. AfriForum Jeug het die Openbare Beskermer in Februarie versoek om ondersoek in te stel na die tientalle tenders wat aan Julius Malema se maatskappy, SGL Engineering Projects, toegeken is. Malema het ontken dat hy enigiets met dié maatskappy te doen het, maar AfriForum Jeug het die teendeel bewys toe hy duidelik kon aantoon dat Malema op 12 Mei 2009, ná sy aanstelling as president van die ANC-jeugliga, as direkteur by dié maatskappy aangestel is. Pleks daarvan om sy kop in skaamte te laat sak, het Malema nie net vir Helen Zille as ’n Satanis uitgekryt nie, maar ook tydens ’n openbare geleentheid Dubula Ibhunu (“Skiet die boere”) gesing. Oor laasgenoemde vat AfriForum Jeug hom nou

Deur Moira-Marie Kloppers

gelykheidshof toe en ’n hele veldtog is van stapel gestuur om Malema tot orde te roep. Malema se eskapades het ’n groot deel van die land nou die hoenders in en Charl Oberholzer, een van Solidariteit se bloggers, het die volgende te sê gehad: “Malema: die alomteenwoordige keiser van die jong, uitgesproke swart jeug, die kaalkop van die toekoms en die gesig van ondeurdagte nasionalisme. Ja, jy Malema, jy wat nou by die Universiteit van Johannesburg

(of eerder RAU) ‘Skiet die boere’ gesing het. Wat sal met my gebeur as ek ‘Skiet die Zoeloes’ sing? Is ek te krities? Het hy goeie bedoelings gehad? Verwys hy dalk na alle boere, wit en swart? Of was die regstreekse vertaling van die woorde verkeerd? Of dalk het sy skoolpunte hom weer in die steek gelaat en het hy self nie verstaan wat hy sing nie.” Meer as veertig mense het intussen op dié blog gereageer. Die meerderheid meen Malema is onopgevoed en moet beslis vasgevat word. Talle meen dat Malema moord aanhits en verdien om vir die volgende plaasmoord in hegtenis geneem en in die tronk gestop te word. Een leser het selfs voorgestel dat Malema na ’n privaatskool gestuur moet word sodat hy kan leer hoe om gepas in die openbaar op te tree. Een ding is seker: Almal is keelvol vir Malema en hoop dat sy mond binnekort finaal gesnoer sal word. • Klik op www.solidariteit-blog.co.za S


nuuswaardig

Al meer mense kom terug huis toe

FOTO: iSTOCKPHOTO

d

Deur Alana Bailey

ie Kom Huistoe-veldtog wat in Maart 2003 bekendgestel is as ’n hulpdiens vir Suid-Afrikaanse emigrante wat na die land wil terugkeer, het reeds meer as 5 000 gesinne bygestaan om terug te keer. Aangesien slegs ’n gedeelte van diegene wat terugkeer by AfriForum se Kom Huistoe-adviesburo om hulp aanklop, is die totale syfer van die sogenaamde remigrante veel hoër. Dié wat terugkeer, is nie naskoolse avonturiers nie, maar volwasse, professionele kundiges wat nog in hulle ekonomies aktiewe jare is. Die meeste het tersiêre universiteitkwalifikasies en kinders. Mense is verbasend eerlik daaroor wanneer hulle emigrasiepoging misluk het en die meerderheid kom terug omdat hulle wil en nie omdat hulle moet nie. Die remigrante wat tans met AfriForum

kontak maak, is oorwegend mense wat meer as vyf jaar lank weg was. Hulle sien moontlikhede vir hulself in die Suid-Afrikaanse mark en gebruik internasionale kontakte wat hulle oor die jare opgebou het om hul terugkeer na die land te laat werk. WAT SÊ MENSE WAT TERUG IS? • Diederik – “Ek het in Oktober 2009 teruggekeer vanaf Australië. Ek het teruggekom om persoonlike redes, maar tot die gevolgtrekking gekom dat dit altyd neerkom op ’n kop- versus hartsbesluit. So ja, ek het baie gemengde gevoelens, maar in my omstandighede is dit vir my lekker om terug te wees.” • Magda – “Ons is terug uit Duitsland. Weens die kriminaliteit en die gevoel van onwelkom wees in jou eie land sal my dogter weer uit die land gaan so gou as

nommer 2 van 2010

24

wat dit vir haar moontlik is. Mense wat wil terugkom, moet besef ’n mens was hier ’n paar jaar uit die mark. Niks en niemand gaan die lewe vir jou probeer maklik maak nie. Ek het aangehou neul om terug te kom na Suid-Afrika, maar as ek sien wat hier van ons mense geword het, is ek bitter spyt ons het teruggekom. ’n Mens voel moedeloos. Ongelukkig het ons nou geen keuse nie, ons moet maar hier bly. Ons het ontsettend baie verloor!” • Jeanette – “Ek was self vir amper ses en ’n half jaar in die VSA (van 2002 tot 2008). Ek is nou terug en is baie bly dat ek die skuif gemaak het.” • Martie – “Ons het tien jaar in die VSA gewoon en is nou twee jaar terug in Suid-Afrika. Suid-Afrika is die beste land in die wêreld. Dit is heerlik om terug te wees.” S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

Hoe goed vaar bemagtiging werklik?

d

Deur Johan Kruger

FOTO: REINT DYKEMA

it is reeds sestien jaar sedert die begin van demokrasie in SuidAfrika. Swart ekonomiese bemagtiging (SEB) is reeds goed gevestig en om seker te maak dat dié praktyk toegepas word, is verskeie wetgewing sedert 1994 ingestel om die toepassing daarvan in die private en openbare sektor te bevorder. Intussen is daar aanduidings dat hierdie maatreëls strenger en met groter dringendheid toegepas gaan word. Om die vordering van SEB te monitor, het die Solidariteit Navorsingsinstituut besluit om ’n betroubare maatstaf in te stel. Die Suid-Afrikaanse Transformasiemonitor (SATmonitor) is in Maart bekendgestel en sal vir die volgende jaar maandeliks data bekendstel wat die vordering van SEB op verskeie terreine meet. Die SAT-monitor sal data in die volgende kategorieë bekendstel: swart eienaarskap op die JSE of eienaarskap van finansiële produkte; die openbare sektor; bankrekenings, spaarrekenings en kredietkaarte; maatskappyregistrasies en -eienaarskap; opleidingsinskrywings en -vlakke; inkomste; grondeienaarskap en verbande in private en regeringsbesit; bestuur in die privaatsektor; vakkundige beroepe; professies; toegang tot gesondheidsorg; en tersiêre opleiding. Data van 1993 tot 2008 is in die studie gebruik. Van Maart 2011 af sal die data jaarliks in die Suid-Afrikaanse Transformasieindeks (SATI) bekendgestel word.

GRONDWET EN SAT-MONITOR SEB-wetgewing het bestaansreg op grond van artikel 9(2) van die Grondwet wat bepaal dat sekere vorms van diskriminasie geregverdig is ten einde persone of kategorieë van persone wat in die verlede deur onbillike diskriminasie benadeel is, te beskerm of te bevorder. Die instelling van ’n monitor wat die vordering van SEB meet, is gesond vir die SuidAfrikaanse demokrasie. SEB het slegs bestaansreg as dit binne die raamwerk van artikel 9(2) van die Grondwet toegepas word. As dit nie meer rasioneel is dat SEB steeds voorheen benadeeldes bevorder of beskerm nie, verloor die beleid sy bestaansreg en val die geregverdigde beperking van wit landsburgers se grondwetlike regte weg.

Johan Kruger, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut, en Vivian Atud, navorser van die Vryemarkstigting wat die navorsing vir die SAT-monitor behartig, tydens die bekendstelling van die eerste SAT-monitor in Maart.

BLACK OWNERSHIP ON THE INCREASE Assumptions that black ownership on the JSE is only about 5% are incorrect. This finding emerged at the launch of the Solidarity Research Institute’s (SRI) first SA Transformation Monitor (SAT Monitor). The research was done by independent researchers commissioned by the SRI. According to Johan Kruger, head of the SRI, black ownership (i.e. ownership in the hands of black, coloured and Indian South Africans) on the JSE increased by about 18% over the past 13 years. Kruger emphasised that this increase shows that the implementation and enforcement of black economic empowerment has already led to significant benefits for black South Africans.

Suid-Afrika het reeds ’n duur les geleer as dit kom by die onregverdige bevoordeling van sekere landsburgers – dít, en die onregverdige beperking van die regte van ander sonder enige redelike en aanvaarbare regverdiging daarvoor, is ’n resep vir konflik. Sonder ’n feitelike maatstaf waaraan die deelnemers aan die SEB-debat se menings en verwagtings oor die kwessie beoordeel

number 2 of 2010

25

kan word, kan ’n sinvolle debat moeilik gevoer word. Sonder ’n meetinstrument wat bepaal wat die ekonomiese vordering van swartes sedert 1994 was, sal daar nooit verantwoordelik met die vraag of daar met hierdie maatreëls voortgegaan moet word, omgegaan kan word nie. Sonder ’n meetinstrument om die welslae van SEB te bepaal, sal sekere groepe steeds bly vra vir die verskerpte toepassing daarvan terwyl ander groepe steeds sal argumenteer ten gunste van die verslapping en afskaffing daarvan. SWART BESIT OP DIE JSE Die Solidariteit Navorsingsinstituut het in Maart die resultate van eksterne, onafhanklike navorsing oor swart eienaarskap op die Johannesburgse Effektebeurs (JSE) bekendgemaak. Die studie het aannames dat swart eienaarskap op die JSE slegs sowat 5% is, verkeerd bewys. Swart eienaarskap (dit wil sê eienaarskap in die hande van swart, kleurling en Indiër Suid-Afrikaanse burgers) op die JSE het die afgelope 13 jaar met nagenoeg 18% toegeneem. Swart eienaarskap op die JSE is in 2008 op 23,8% gereken, teenoor die sowat 5% in 1993. Daarbenewens toon die SAT-monitor dat swart eienaarskap op die JSE na verwagting teen 2012 tot 34% kan toeneem. Dit is ’n duidelike bewys dat die instelling en toepassing van SEB reeds ’n noemenswaardige voordeel vir swart Suid-Afrikaners tot gevolg gehad het. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


bedryfsnuus

kortliks Metaal en ingenieurs in knyp oor duur krag Daar was groot verligting in die bedingingsraad vir die Metaal- en Ingenieursnywerhede (MEIBC) oor die nuus dat die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) vroeër besluit het om nie Eskom se aansoek vir ’n 35%tariefverhoging te implementeer nie. Tog meen dié bedingingsraad, wat die grootste werkgewers in die metaal- en ingenieursbedryf verteenwoordig, dat die uiteindelike verhoging van 24,8% vir 2010/2011, 25,1% vir 2011/2012 en 25,9% vir 2012/2013 vir seker bykomende druk op dié bedryf gaan plaas. Die MEIBC het in ’n verklaring gesê dat dié verhoging bykomende druk op die bedryf gaan plaas. Volgens die MEIBC staar die bedryf reeds verskeie uitdagings in die gesig. Dié uitdagings sluit in toenemende buitelandse mededinging, goedkoop invoer en vaardigheidstekorte. “Die tydsberekening van die tariefverhoging is betreurenswaardig, gegewe die feit dat die bedryf net begin het om tekens van herstel te toon.” Die bedingingsraad hou vol dat daar wel positiewe verwikkelings soos die voortgesette ontwikkelingsprojekte is waarby die bedryf steeds baat kan vind.

Stewige ooreenkoms met Netcare beding

FOTO’S: REINT DYKEMA; iSTOCKPHOTO

s

Aurora-werknemers staak oor afleggings Werknemers by Aurora, ’n swartbemagtigingsgroep, se Oos-Rand-myn is in Maart ingelig dat meer as 1 400 van die altesame 8 000 werknemers afgelê gaan word. Dit was die druppel wat die emmer laat oorloop het, aangesien werknemers reeds vir drie agtereenvolgende maande nie volle lone betaal is nie. Die ongelukkigheid het gelei tot ’n staking deur sowat 2 000 werknemers. Aurora word tans sterk veroordeel deur vakbonde vir hulle swak leierskap. Aurora het Pamodzi Gold verlede jaar in ’n likwidasieproses oorgeneem en word besit deur Nelson Mandela se kleinseun, Zondwa Mandela, en Jacob Zuma se broerskind, Khulubuse Zuma.

Deur Reint Dykema

olidariteit se mediese bedryf is die bedryf wat die vinnigste groei in die vakbond. Solidariteit het in 2010 die eerste keer kollektief in Netcare onderhandel. Die uitgangspunt met die onderhandelings was om langtermynbestendigheid vir die lede te verseker en hulle in die beroep te hou met ’n stewige verhoging. ’n Verhoging van 8,25% is onderhandel vir alle werknemers met ’n prestasiegradering van ME en EE. Daar is ooreengekom dat die tegniese bystandtoelae van Netcare met die voorgestelde algemene 8,25% verhoog sal word. Dit is dieselfde as die algemene loonverhoging. Die partye het ooreengekom dat die huidige nagskoftoelae met 20%, dus van R50 tot R60 per nag, verhoog sal word. Wat betref die minimum salarisse van administrasiepersoneel is ooreengekom dat die minimum maandelikse Netcare-salaris van R3 441 tot R3 900, gegrond op die gestruktureerde pakket, verhoog sal word. Dit kom neer op ’n verhoging van 13,3%. Die partye het op die werkgewer se aanbod met betrekking tot die minimum salarisse vir verpleegsters ooreengekom.Die eenmalige verpleegminimum (wat slegs op die tydperk van die ooreenkoms, naamlik 1 Maart 2010 tot 28 Februarie 2010, van toepassing is) hou verband met ’n werknemer se dienstyd in die Netcare-groep in die aangewese rang/kategorie. Die partye het ooreengekom dat werknemers die algemene verhoging of die minimum Netcare-salaris, na gelang van wat die grootste is, sal ontvang. Die partye het ook ooreengekom om die tarief van die reiskosteterugbetaling aan te pas na die amptelike SAID-tarief van R2,92/km. Die onderhandelings is deur Samantha van Tonder, Willie Marais en verskeie verteenwoordigers behartig. S nommer 2 van 2010

Grondhervorming: Staat wil nóg versnel Grondhervorming is nog volstoom aan die gang en die regering beoog om alle grondeise teen 2019 af te handel. Die regering beoog om 34 miljoen hektaar landbougrond in swart hande te plaas en gaan ongeveer R75 miljard benodig om dit te finansier. Die regering het aangedui dat grondhervorming moet versnel en dat ondersoek ingestel gaan word om die verkryging van grond goedkoper te maak. Die persentasie kleinboere wat vir markte produseer, is steeds baie laag teen slegs 4%. Die regering het aangedui dat die gewenste persentasie nader aan 10% moet wees.

26

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


bedryfsnuus

Mediese bedryf kry ’n bedryfsraad

FOTO: REINT DYKEMA

d

Deur Reint Dykema

ie vestiging van ’n bedryfsraad is die eerste stap om as ’n volwaardige bedryf binne Solidariteit erken en georganiseer te word. Die mediese bedryf is Solidariteit se snelgroeiendste bedryf. Die bedryf het in 2009 werwing begin doen en binne ’n jaar genoeg gegroei om vroeg in 2010 ’n volwaardige bedryfsraad binne Solidariteit te stig. Die eerste been van organisering het binne hospitale plaasgevind. Jacqueline Heaton (links) is die sekretaris en Jacqueline Oosthuizen Hier is werwing onder die verpleegdie voorsitter van Solidariteit se bedryfsraad in die mediese bedryf. en administratiewe personeel gedoen. Die drie hoofgroepe hospitale waarbinne lede val, is Netcare, Medi-Clinic en Matlosana. gebied kan word. Aptekers en apteekassisDie tweede been van organisering wat tente word op groot skaal gewerf. Organisewerwing van lede by apteke behels, vind • ring onder aptekers geskied reeds by Clicks tans plaas. Omdat die eerste been so suksesDirect Medicine en talle Clicks-apteke. vol was, is dit vir Solidariteit moontlik om • “Vakbondlidmaatskap by ’n sterk, gevesop apteke te fokus omdat ’n volledige diens tigde vakbond met die nodige personeel,

infrastruktuur, kantore, navorsing en handelsmerk is ’n voorvereiste. Nuwe, onbekende mediese wetgewing in die vorm van die nasionale gesondheidsverskeringskema klop aan die deur. Dit gaan elke werknemer in die gesondheidsbedryf radikaal raak. “Daarom moet jy ’n nasionale rolspeler soos Solidariteit wat spesialiseer in verpleging in die privaatsektor aan jou kant kry,” meen Samantha van Tonder, organiseerder van Solidariteit se mediese bedryf. Die verkose bedryfsraad vir die mediese bedryf is: • Jacqueline Oosthuizen wat die voorsitter is en in die nasionale raad dien. Sy is van die Femina Hospitaal. Elize Swart van Wilmedpark Hospitaal is die visevoorsitter. Jacqueline Heaton van Bougainville Hospitaal is die sekretaris. S


promosie-artikel

s

Kundige skemaraad by Solidariteit en CMAC

olidariteit het in 2001 ’n onderneming op die been gebring wat mediese raad bied en as tussenganger optree. Die oogmerk van dié makelary, Solmark, was om Solidariteit-lede van raad te bedien oor mediese fondse en opsies wat die beste waarde vir geld bied. Solmark het baie teenstand van werkgewers gekry, wat hoofsaaklik daaraan toegeskryf kan word dat werkgewers die onafhanklikheid van Solmark bevraagteken het. Verder wou werkgewers beheer hê oor die keuse van tussenganger asook die mediese skema wat in die betrokke maatskappy gebruik word. Om werklik ’n verskil te maak in die waarde vir geld wat Solidariteit aan lede bied, was die mees logiese volgende stap om ’n eie mediese skema op die been te bring. Solvita is met ingang van Januarie 2008 in die lewe

geroep, maar op 16 Januarie 2009 deur die Registrateur van Mediese Skemas gelikwideer. As gevolg van hierdie wending was daar nie meer ’n rol vir die voormalige Solmark (nou Solidariteit Gesondheidsorg) nie en Solmark het gevolglik ook tot ’n einde gekom. CMAC – RAAD SONDER GELYKE CMAC is ’n makelaarsnetwerk wat in adviesdienste in die medieseskemabedryf spesialiseer. CMAC spesialiseer in adviesdienste vir bykans al die groot skemas waar Solidariteit baie lede het. Verder het CMAC ’n landwye netwerk van agente wat Solidariteit-lede in Afrikaans of Engels kan bystaan. Solidariteit Beleggingsmaatskappy het ’n samewerkingsooreenkoms met CMAC bereik om Solidariteit-lede van raad te bedien. Solidariteit se rol kragtens die ooreenkoms is om te poog om aan CMAC toegang tot die

vakbond se lede te gee. Solidariteit glo dat hierdie reëling tot voordeel van sy lede is en dat die vakbond die gehalte van hierdie dienste kan beheer en monitor. As deel van hierdie ooreenkoms het CMAC vir Ronell Kruger en Monica Delport in hulle netwerk ontplooi om spesifiek onder Solidariteit-lede te werk. Solidariteit vertrou dat die vakbond ook op hierdie manier meer waarde vir sy lede kan bied. DIE PAD VORENTOE U kan met gemoedsrus van CMAC se dienste gebruik maak. Ronell en Monica, met die breër ondersteuning van die CMAC-netwerk, kan u van waardevolle raad oor u mediese skema bedien. Hulle sal ook as agente optree vir die bemarking van ons Admed Pulse en Resolution-gapingsdekkingprodukte (gap cover products).

Kontak CMAC by: Hoofkantoor: 012 991 0446; Monica Delport: 083 419 7598; Ronell Kruger: 082 414 4688


bedryfsnuus

Tekort aan ambagslui wek kommer Suid-Afrika het tans slegs nagenoeg 10% van die ambagslui oor wat dit 20 jaar gelede gehad het. Dit, meen Solidariteit, is kommerwekkend en ’n duidelike bewys dat dié geweldige leemte in die SuidAfrikaanse arbeidsmark reeds kritieke vlakke bereik het, skryf ILZE NIEUWOUDT.

FOTO: REINT DYKEMA

d

ie toenemende tekort aan opgeleide ambagslui het in die afgelope twee dekades voor die oë van belangrike rolspelers in die bedryf afgespeel. Volgens Brian Angus was daar teen die tyd wat hy in 1987 as uitvoerende hoof van die Steel and Engineering Industries Federation of South Africa (Seifsa) aangestel is nagenoeg 15 000 vakleerlinge by staal-, metaal- en ingenieursmaatskappye regoor SuidAfrika. Verdere inligting toon dat Suid-Afrika in die 1970’s tot 30 000 nuwe ambagslui per jaar opgelei het. Die prentjie het egter sedertdien ingrypend verander. Angus bevestig dat dié syfer in slegs 20 jaar tot skaars 3 000 vakleerlinge gedaal het. Dié syfer het egter onlangs stadig verbeter tot nagenoeg 3 500 vakleerlinge. Hy hou vol dat die kritieke tekort aan opgeleide vakmanne as een van die grootste struikelblokke in die bedryf beskou kan word. Die daling in die aantal ambagslui wat in Suid-Afrika opgelei word, het intussen daartoe gelei dat ’n geweldige veroudering in die beroep plaasgevind het. Volgens data van 2008 was die gemiddelde ouderdom van ’n opgeleide ambagsman in Suid-Afrika 56 jaar. Dit beteken dat die bedrywe waarin ambagslui werk binnekort ’n ernstige tekort aan kundiges met die nodige ervaring sal beleef. Juis vanweë die ernstige plaaslike tekort aan opgeleide en kundige ambagslui die afgelope paar jaar het dié met vaardighede uiters waardevol geword. Groot maatskappye soos Grinaker-LTA het ’n paar jaar gelede die druk weens tekorte ervaar en daarom besluit om kundiges uit onder meer Maleisië, Ierland en Indië in te voer. So ook het Sasol in Junie 2006 aangekondig dat die maatskappy beplan om nagenoeg 1 300 Thaise ambagslui in te voer om instandhoudingswerk by die maatskappy se Secunda-aanleg te doen. Om die dringende tekorte aan opgeleide ambagslui te pak, gaan baie harde werk verg. In Maart 2008 is gereken dat die tekort aan ambagslui in Suid-Afrika so groot is dat die land teen vanjaar sowat 50 000 mense in dié rigtings moet oplei om in die vraag te voldoen. In dié stadium het slegs China en

ARTISAN SHORTAGES IN 2010 Just like the rest of the world, South Africa is still struggling to recover from the devastating recession of the past year. Although the economic downturn has led to thousands of job losses in South Africa, the demand for artisans is just as urgent as before. The Landelahni Mining Survey for 2009 showed earlier this year that although South Africa trains more mining engineers than all the other English-speaking countries combined, South Africa still does not train enough skilled people to replace the aging engineers and artisans. In other words, South Africa also cannot train enough skilled people to make provision for growth in the industry.

Indië genoeg ambagslui opgelewer om in hul eie behoeftes te voorsien. Die Landelahni Mynbou-opname het in 2008 getoon dat Suid-Afrika in die daaropvolgende vier jaar, dus tot en met 2012, jaarliks sowat 12 500 ambagslui moet oplei. Die Landelahni Mynbou-opname vir 2009 het vroeër vanjaar getoon dat hoewel

nommer 2 van 2010

30

Suid-Afrika meer mynbou-ingenieurs oplei as al die ander Engelssprekende lande gesamentlik, Suid-Afrika steeds nie genoeg kundiges oplei om die verouderende ingenieurs en ambagslui te vervang nie. Dus kan SuidAfrika ook nie genoeg kundiges in die veld oplei om vir groei in die bedryf voorsiening te maak nie. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


bedryfsnuus

9%-verhoging vir lede by Palabora Mining

o

Deur Ilze Nieuwoudt

nderhandelings in die mynbedryf het in 2010 afgeskop met ’n 9%-verhoging by Palabora Mining, die land se grootste kopermyn. Dit is ’n eenjaarooreenkoms. Die VPI vir Januarie was 6,2%, wat beteken dat Solidariteit-lede hier ’n loonverhoging van nagenoeg 3% bo die huidige vlak van inflasie ontvang. Dit is belangrik dat loonverhogings bokant inflasie moet wees omdat daar talle verskuilde kostes is wat verbruikers se uitgawes verhoog. Weens die verwagte opswaai in kommoditeitspryse in die mynbedryf is produsente bereid om ’n premie te betaal om skaars en kritieke vaardighede te behou. Buiten die 9%-verhoging, wat van 1 Maart af geïmplementeer is, is daar ook op ’n verhoging in die werknemers se behuisingsubsidie ooreengekom. Daarbenewens kan werknemers ook voortaan twee keer per jaar ’n subsidie van R500 ontvang om reiskoste te help dek vir besoeke aan mediese spesialiste in Pretoria, Polokwane of Nelspruit. Verskeie kwessies, insluitend vaardigheidsontwikkeling, oortyd en werkprestasiegradering, is intussen na afsonderlike forums

verwys. Dié sake moet reeds teen Junie en Augustus vanjaar gefinaliseer word. Solidariteit het loononderhandelings namens werknemers op die C-band, wat veral ambagslui en mynwerkers insluit, behartig. Inflasie sal vanjaar na raming ’n gemiddeld van 6% bereik. Dit volg op die gemiddelde

inflasie van 7,1% wat in 2009 aangeteken is. Solidariteit het verlede jaar loonverhogings op ’n gemiddeld van 9,3% gesluit. Dit kom neer op verhogings van gemiddeld 2,2% bo verlede jaar se gemiddelde inflasie. Solidariteit glo dat verhogings bo inflasie ook vir vanjaar se loonseisoen verwag kan word. S

Denel tries its luck with 4% increases, but will not succeed

FOTO: REINT DYKEMA

By Ilze Nieuwoudt The Denel board is trying its luck by approving wage increases of only 4% at its various entities. However, the company will not succeed. According to the company, even though the 4% increase approved by Denel’s board is in fact lower than inflation, it is actually meant to be a “cost of living” adjustment. However, Solidarity will not under any circumstances settle for an increase of this kind, according to Jack Loggenberg, Solidarity organiser in Denel. “An increase of 4% will mean that Denel employees will slowly become poorer because they are not even being offered an inflation-related wage increase. Meanwhile, management’s pockets are filled with exorbitant bonuses,” Loggenberg explained. Wage negotiations have meanwhile al-

ready started at the various entities and still it seems as though these companies are set to implement wage increases of between 4,4% and 4,8%. According to Loggenberg, Solidarity does not agree to these increases, and yet they are being implemented by the entities. This amounts to a unilateral implementation. “This will give Solidarity and the other trade unions involved the power to take the matter further,” Loggenberg explained. At the time of going to press, the wage negotiations at some of the entities had still not been finalised. Loggenberg was, however, positive that Solidarity would see to the implementation of wage increases above the level of inflation, which would ensure a positive increase for members working at Denel.

nommer 2 van 2010

32

HUGE BONUSES UNACCEPTABLE The CEO of Denel, Talib Sadik, received a performance bonus of more than R1,6 million last year and other members of top management collectively received more than R2,6 million in bonuses. According to the group’s annual report, this payment was based on the performance of the company and the achievement of certain performance targets. Nevertheless, Denel expects its highly skilled employees to be content with scraps in the form of an inferior wage increase. This is unacceptable and the company must prepare itself for tough wage negotiations this year.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


bedryfsnuus

Vakbond, Sasol Nitro vind saam oplossings

s

Deur Charl Oberholzer

asol het in Augustus verlede jaar aangekondig dat Sasol Nitro se Phalaborwa-aanleg gesluit gaan word. Die aanleg is een van vier aanlegte van Sasol Chemicals en vervaardig hoofsaaklik fosforsuur wat in die kunsmisbedryf gebruik word. Ná die aankondiging het Solidariteit en ander vakbonde ingespring om oplossings te soek vir die 230 werknemers wat deur die afleggings geraak is. “Afleggings is altyd ’n moeilike proses, maar gelukkig was die werkgewer in dié geval positief en proaktief om saam die vakbond oplossings te vind,” het Solidariteitorganiseerder Kobie de Villiers gesê. “Die 189-proses was uiters suksesvol. Hoewel dit ’n uitgerekte oefening was, het Solidariteit en ander vakbonde toegesien dat gedwonge afleggings uitgeskakel is,” vertel De Villiers.

Solidariteit het saam met Sasol Nitro oplossings gevind en die welslae is duidelik sigbaar. Volgens De Villiers is vroeë pensioen, vrywillige pakkette en die herplasing van werknemers die alternatiewe wat gebruik is. “Die werknemers is tevrede en dit is wat saak maak. Slegs tien werknemers, wat almal lede is van ander vakbonde, moes gedwonge pakkette neem. “Dit word beslis as ’n sukses beskou. Alle Solidariteit-lede is herplaas of het vrywillige pakkette geneem. Dit beklemtoon hoe belangrik dit is om deel te wees van ’n gehaltevakbond soos Solidariteit.” Die redes wat aangevoer is vir die sluit van Sasol Nitro se Phalaborwa-aanleg, sluit in die aanleg het aansienlike verliese in 2009 getoon; die afname in die prys van fosforsuur het druk vererger; en die stygende koste van voerstowwe het die aanleg onbekostigbaar gemaak. S

advertorial

Turn metal into money Supplement your income or start a business with a minimal capital investment while retaining your full-time job. Strongman Metal Tools manufactures a wide range of unique handpowered metalworking tools (no electricity or heat required). These tools allow even the novice to shape metal into decorative, structural and utility products. Where there are people, there is a demand for metal products. Whether it is security gates, burglar bars, furniture or décor, Strongman’s tools make it easy to do professional metal work without any prior experience. Strongman supplies robust, easy-to-operate tools, a comprehensive instruction manual, DVD, and book filled with product ideas. The company started when owner Deon Kriel was scouting for affordable, high-quality metalworking tools. Having no luck sourcing equipment locally, he discovered a manufacturer in Australia and bought the manufacturing rights for the product in South Africa. Since then the product range has been vastly improved and adapted for the local market. “It is inspiring to see the wide range of products our customers manufacture with their Strongman tools, and we are proud of the fact that our tools empower people to earn an income,” says Kriel. • Visit Strongman’s website today at www.strongman.co.za or e-mail info@strongman.co.za to find out how you can benefit. Opportunities don’t knock; they slip past your door. number 2 of 2010

33

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a

NOG WELSLAE: MONDI PACKAGING Mondi Packaging het in Februarie met ’n herstruktureringsproses by die maatskappy se Felixton-meule buite Empangeni begin, wat 43 van die maatskappy se permanente en vasgesteldetermynwerknemers raak. In samewerking met Solidariteit het die maatskappy reeds aangedui dat daar 40 vakante poste is waarin hierdie werknemers dalk opgeneem kan word. Die volgende stap is nou om ’n vaardigheidsopname te doen en te bepaal watter werknemers vir die beskikbare poste geskik sal wees.


bedryfsnuus

Pieter Burger

Willie Marais

André van der Merwe

Goeie verhoging in Graanbedingingsraad

w

Deur Reint Dykema gewer ’n omset van R25 miljoen oorskry. Aangesien behuisingskoste volgens die Absa-huisprysindeks oor die laaste vyf jaar met 37% gestyg het, eis Solidariteit ook ’n aanpassing in die behuisingstoelae. Die eis is egter nog uitstaande en is terugverwys na maatskappyvlak. Die huidige koste van behuising plaas werknemers in ’n wurggreep en beide huiskooppryse en huurpryse het in die afgelope paar jaar aansienlike stygings getoon waarmee werknemers eenvoudig nie kan byhou nie. Intussen eis Solidariteit ook dat die bedingingseenheid uitgebrei word om werknemers op posvlak 12 en 13 in te sluit. Die saak sal deur die Exco hanteer word. Solidariteit behartig tans loononderhandelings by die Graanbedingings-

raad namens lede op posvlak 5 tot 11, maar beklemtoon dat die beskerming van die bedingingsraad uitgebrei moet word om ook werknemers op die hoër posvlakke in te sluit. Solidariteit se eis rakende die implementering van ’n maatskaplike verantwoordelikheidsprogram is nou na maatskappyvlak verwys. Solidariteit wil onder meer toesien dat werkgewers ’n beursprogram instel vir werknemers se kinders om ná skool verder te studeer. Verdere gesprekke rakende dié program sal na afloop van die loononderhandelings by die onderskeie maatskappye voortgesit word. Die onderhandelings is deur Pieter Burger, Willie Marais en André van der Merwe behartig. S

FOTO’S: REINT DYKEMA

erknemers by Senwes, Suidwes, VKB en NTK gaan ’n 8%-loonverhoging ontvang. Werknemers by GWK en NWK kan reken op ’n 7,5%-verhoging, terwyl dié by OVK ’n minimum van 7% tot ’n gemiddeld van 8% sal kry. By MGK (Obaro) gaan werknemers ’n 5%verhoging ontvang. Daar het vier rondtes van onderhandeling plaasgevind, wat ’n bemiddelingsvergadering by die Graanbedingingsraad ingesluit het. Solidariteit het ’n ooreenkoms met MGK bereik vir 5% vir die eerste vyf maande, ’n verdere 2% vanaf 1 Augustus 2010 indien die werkgewer ’n omset van R25 miljoen of minder voor belasting behaal, en ’n verdere 0,5% indien die werk-

nommer 2 van 2010

34

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


bedryfsnuus

Eskom-planne het die wêreld aan die gons

e

skom hou duim vas dat die lening van $3,7 miljard van die Wêreldbank goedgekeur word sodat die maatskappy sy kragte kan herwin en nie Suid-Afrika in die donker laat nie. Maar die gegons van onder meer die VSA, Brittanje en omgewingsdrukgroepe kom daarop neer dat die lening nie vir die bou van steenkoolkragstasies aangewend moet word nie. Die minister van openbare ondernemings, me. Barbara Hogan, is daarvan bewus dat die afkeur van hierdie lening die Suid-Afrikaanse ekonomie kan verwoes, aangesien die voltooiing van die Medupikragstasie in Limpopo ’n hoeksteun vir energievoorsiening in Suid-Afrika is. Die Wêreldbank se posisie oor klimaatsverandering en sy nuutgevonde vertroue in Eskom sal wel bevraagteken word indien die lening toegestaan word. Eskom is ’n gereelde besprekingspunt in oorsese media, aangesien die Wêreldbekersokkertoernooi om die draai is en Eskom letterlik al sy kragte sal

Deur Charl Oberholzer moet inspan om vernedering te voorkom. Dit lyk egter asof Eskom volstoom werk en sy ervare deskundiges inspan om eenhede in die Koeberg-kragstasie te ondersoek vir moontlike risiko’s voor die Wêreldbekersokkertoernooi. Reuters berig dat die eerste eenheid by Koeberg middel Maart en die tweede eenheid in April ondersoek gaan word. Eskom verskaf 95% van Suid-Afrika se krag en lande soos Frankryk besef wat hierdie lening vir Afrika kan beteken, juis omdat Suid-Afrika as die hoofstad van Afrika beskou word. ’n Skrale $260 miljoen van die lening sal vir belegging in hernieubare energie aangewend word. Tweede in die ry is ’n belegging vir laekoolstof-oplossings vir die vervoer van steenkool, wat $485 miljoen van die lening kan kry. In die eerste plek is die Medupi-steenkoolkragstasie wat ’n $3 miljard-inspuiting gaan kry indien SuidAfrika kragte kan saamsnoer met invloedryke lande om ten gunste van die lening te stem. Die Wêreldbank sal na verwagting op

8 April sy besluit neem. Suid-Afrika sal moet spring om die ambisieuse teikens te bereik wat tydens die Kopenhagen-klimaatonderhandelings gestel is. Met kragstasies soos Medupi en Kusile, hoewel hulle meer doeltreffend en “skoner” as ander steenkoolkragstasies is, sal daar gekyk moet word na kernkrag en ander alternatiewe energiebronne om kweekhuisgasvrystellings teen 2024 met 42% te verminder. Die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) is ook besig om aansporingstariewe vir groenprojekte te implementeer. Die bewaringsorganisasie WWF Suid-Afrika is egter skepties hieroor en meen dat die regering en Nersa nie genoeg doen om private en internasionale belegging in hernieubare energie aan te spoor nie. Dit blyk dat Eskom wel binnekort die kruispad gaan bereik waar hy tussen doeltreffende steenkoolkragstasies, wat deur die res van die wêreld verwerp word, en die kernkragalternatief, wat hoë beleggingskoste vereis, sal moet kies. S


bedryfsnuus

kortliks Toekoms van kernkrag vaag, sê konsultant Die toekoms van kernkrag lyk vaag en onduidelik, het Andrew Kenny, ’n onafhanklike energiekonsultant, gesê. Daar is wel gerugte dat die regering die Nuclear 1-projek, wat die beplanning vir ’n tweede kernkragsentrale behels, gaan hervat. Die rigting vir Suid-Afrika se kragbronne sal eers geopenbaar word wanneer die regering sy IRP2-energieplan in die middel van die jaar bekendstel. Maar tot dan het kenners nog nie genoeg rede om opgewonde te raak oor SuidAfrika se kernkragsituasie nie, ten spyte van die regering se beloftes van sy oneindige toewyding aan alternatiewe energiebronne.

DAS-werknemers eis antwoorde by Telkom

FOTO’S: REINT DYKEMA; iSTOCKPHOTO

w

Mafutha-aanleg speel dalk tweede viool Sasol se Mafutha-steenkool-totbrandstofaanleg in die Waterberg sal dalk op kort termyn tweede viool moet speel wat finansiering betref, aangesien die staatsbeheerde PetroSA se Mthombo-raffinadery en die staat se nuutgevonde verpligting teenoor Eskom ’n groot stuk van die koek gaan kry. Sasol hou vol dat sy projekte steeds sal kan voortgaan. Die Mafuthaprojek maak slegs gedeeltelik gebruik van staatsfinansiering en in die algemeen lyk Sasol se finansiële resultate vir die ses maande geëindig Desember 2009 goed in terme van die randdollar-wisselkoers.

Deur Ilze Nieuwoudt

erknemers van Telkom se Data Advance Serviceseenheid (DAS) eis nou antwoorde en gou ook, want hoewel talle werknemers in dié eenheid ook werk moet verrig op Telkom se sogenaamde Merlot-projek, pluk hulle nie die vrugte van hul arbeid nie. Die Merlot-projek is die grootste kontrak in Telkom, met ’n waarde van miljarde rand. Telkom is verantwoordelik vir die instandhouding van die gesentraliseerde netwerk van dié projek. Suid-Afrika se grootste maatskappye, insluitend Absa en Nedbank, is kliënte van dié projek. Die projek is nagenoeg twee jaar gelede begin en ’n handjievol werknemers is gekies om daaraan te werk. Werknemers hier verdien egter veel beter salarisse as die meeste werknemers in die DASeenheid. Daarbenewens ontvang werknemers aan die projek ook ’n maandelikse retensiebonus van R3 500. Intussen het die Merlot-projek sedert sy ontstaan in so ’n mate uitgebrei dat werknemers in die DAS-eenheid gereeld versoek word om werk vir kliënte van die projek te verrig. “DAS-werknemers se ontevredenheid het vroeg in Maart breekpunt bereik, want ná etlike maande se versoeke vir antwoorde oor die projek en die vergoeding van ander werknemers wat ook by die projek betrokke is, het Telkom steeds geswyg. Werknemers hou vol dat die bestuur die proses onnodig vertraag,” verduidelik Marius Croucamp, Solidariteit-bedryfshoof van die inligting-, kommunikasieen telekommunikasiebedryf. Ná uitgerekte vergaderings met vakbonde en werknemers het Telkom wel ingegee en besluit om ’n ondersoek na werknemers se probleme in te stel. Telkom het in vergaderings met vakbonde ooreengekom dat ’n aksieplan nou gevolg sal word om die saak te beredder en dat ’n ondersoek deur ’n onafhanklike ondersoekspan gedoen sal word om die gronde van werknemers se eise te bepaal. Die ondersoek duur voort. Intussen hou Solidariteit vol dat as die situasie nie opgelos word nie, ’n geskil na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie verwys sal word. S nommer 2 van 2010

Sonwaterverhitters belangrik vir toekoms Die regering het teikens gestel om die vervaardiging en verkoop van sonwaterverhitters te verhoog, wat eksponensiële groei in die groen ekonomie kan teweegbring. Tans word ongeveer 35 000 sonwaterverhitters jaarliks geïnstalleer en die regering wil hierdie syfer tot 250 000 per jaar teen 2013 opstoot. Die regering beoog verder om plaaslike produksie van 20 000 eenhede tot 200 000 eenhede per jaar te verhoog. Die regering het ook teikens gestel om – • 1 miljoen geïnstalleerde sonwaterverhitters teen 2014 te behaal; • ’n subsidieskema vir sonwaterverhitters te implementeer; • gewysigde bouregulasies te publiseer wat sonwaterverhitting vir nuwe geboue en gebou-opknappings van Maart 2011 af verpligtend maak; • mense te verplig om sonwaterverhitters te installeer sodra ’n bestaande geiser vervang moet word; en • die potensiaal vir uitvoermoontlikhede, veral in Afrika, te ondersoek.

36

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


fokus op

helpende hand

38

“Ek skryf hierdie brief met ’n eina-hart�

39

Afgetrede suster ly in informele nedersetting

40

Newcastle-tak finansier kamp vir behoeftiges

40

Beursinstituut gaan van krag tot krag


solidariteit helpende hand

“Ek skryf hierdie brief met ’n eina-hart”

FOTO: iSTOCKPHOTO

i

n Pretoria, by die Melgisedek-blok net so duskant die ou HF Verwoerd Hospitaal, is daar kamers. Dit is ’n ou stadsraadgebou. Voorheen het dit elektrisiteit en ’n kombuis gehad. Die mense het losies betaal en dan uit die kombuis kos gekry, maar vandat die vorige eienaar met die vorige huurders se geld weggehardloop en nooit vir dienste betaal het nie, weier die stadsraad om die krag weer aan te sit. In hierdie kamers woon mense met waaragtige nood. Mense van alle ouderdomme. Kinders woon daar en gaan van daar af skool toe. Daar is in besonder ’n ouerige dame. Ek kry skaam om te sê dit is my ma, want ek kan haar nie help nie. Haar omstandighede is uiters haglik. Tans het sy, my suster en dié se baba, en my suster se dogter en haar metgesel drie kamers. Almal daar sit in dieselfde bootjie, maar my hart gaan veral uit na my ma. Sy slaap op die vloer op ’n matras. My ma is 70 en verdien slegs ’n staatspensioen en kan dus nie eens daaraan dink om ’n bed te koop nie. Uit haar karige ou staatspensioen moet sy vir hulle almal, dit is vyf van hulle, waaronder ’n baba van amper twee jaar oud, kos gee. Sy kan nie. Die jel wat hulle vir die stofie gebruik, kos haar R20 vir drie dae. Dus kan ’n mens uitwerk hoeveel geld daar regtig oor is om ’n stukkie kos te voorsien. Hulle bad in skottels en was die wasgoed ook so. Dit is erg. Veral vir iemand van 70 jaar oud. Ek is bekommerd oor al die mense en voel jammer vir hulle almal, maar in hierdie stadium bekommer ek my die meeste oor my ma. Sy is oud en sieklik. Ek kan nie self vir haar help sorg nie, want as ek vir haar sorg moet ek die ander ook versorg wat totaal en al onmoontlik is. Ek het ook my eie gesin en is ook maar ’n enkelbroodwinner. Ek kan nie eens vir haar ’n bed koop nie, want my eie finansiële omstandighede het my gedwing om my bankrot te laat verklaar. Ek is nie bekommerd oor myself nie, maar wel oor haar en die klein seuntjie. My hart sê net vir my die kind kan nie so grootword nie. Hy moet heeldag stil gehou word, want van die mense wat daar woon, werk nagskof en hulle vloek en verskreeu my ma as die kind bietjie huil in die dag. Ek hoop en bid dat iemand my, my ma en daardie klein seuntjie kan help. Groete, Retha

HANDE WAT HELP dr. danie langner Helpende Hand kry daagliks baie briewe van mense in nood. Sommige is kansvatters, ander wil geld leen, ander het blink planne, maar enkeles, soos Retha, se briewe raak aan jou hart. Dit ruk jou terug tot die harde werklikheid van menslike lyding. Om hierdie rede lê die antwoord op ’n brief soos hierdie op ’n dieper vlak as die gee van kos en klere. Helpende Hand moet ook ’n antwoord kan gee vir Retha se seer, haar frustrasies, haar wanhoop. Daniël Louw help ons om nie net Retha se dieper behoeftes te verstaan nie, maar ook om ’n antwoord te formuleer. Louw onderskei tussen vyf lydingsvirusse wat ook onderliggend aan haar brief is. Die vyf virusse is: • Verwerpingsangs: Die vrees dat mense ons nie onvoorwaardelik sal aanvaar vir wie ons is nie, maar ons sal veroordeel. • Skuldgevoelens: Die slagoffergevoel floreer op skuldgevoelens en selfverwyt oor alles wat verkeerd geloop het. • Wanhoop en vertwyfeling: Iemand wat oorweldig voel deur negatiewe omstandighede verloor kort voor lank hoop. So ’n persoon begin nie net negatief voel nie, maar begin negatief leef. Die lewe word ’n doodloopstraat sonder alternatiewe. • Magteloosheid: Sonder ’n behoorlike ondersteuningsnetwerk verloor mense hulle besef van eiewaarde. Dit lei tot gevoelens van nietigheid, hulpeloosheid

nommer 2 van 2010

38

en broosheid. Sosiale strukture word deur die virus afgetakel en sodoende word die persoon maklik ’n prooi vir diskriminasie en stigmatisering. • Frustrasie en woede: Teleurstelling en ontnugtering is die wortel van woede. Dit kan maklik lei tot aggressie en destruktiewe konflik. Louw identifiseer ook vyf lewensbehoeftes as medisyne vir die lydingsvirusse: • Onvoorwaardelike aanvaarding: Dit is die behoefte aan vriendskap. • Bevryding: Verlossing van jou skuldgevoel en selverwyt sodat jy ’n nuwe bladsy kan omslaan. • Toekoms en doelgerigtheid: Die behoefte om vanuit hoop te lewe en nuwe bestaansmoontlikhede te ontdek. • Ondersteuningsnetwerk: Ons lewe binne verhoudings met ander mense en in ’n gemeenskap wat medeverantwoordelikheid vir omgee moet aanvaar. • Roepingsvervulling wat kan lei tot dankbaarheid en lewensvreugde. Retha se brief kan nie met woorde beantwoord word nie, want dit vra dade van omgee. Lydingsvirusse word beveg wanneer ons hand uitreik en die weerloses en moedeloses begelei op ’n pad van roepingsvervulling. Dan word hoop sigbaar en nuwe horisonne ’n werklikheid. • Dr. Danie Langner is uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


solidariteit helpende hand

Sarie Rossouw* is reeds die afgelope tien jaar ’n kluisenaar in haar eie liggaam nadat sy ’n ernstige beroerte gehad het. Sy en haar man, Hennie, woon in ’n nedersetting in Pretoria waar sy aan haar eie lot oorgelaat is en nie toegang tot die nodige mediese behandeling het nie.

s FOTO: CHRISTIE JACOBS

Afgetrede suster ly in informele nedersetting Deur Surika van Schalkwyk

arie Rossouw* (64) was ’n teatersuster by ’n staatshospitaal in Johannesburg voordat sy tien jaar gelede ’n beroerte gehad het. Vandag bly sy in ’n informele nedersetting waar sy nie toegang het tot basiese mediese sorg nie. “Ek kan nie eers vir haar medisyne gee as sy so hoes nie,” sê Hennie Rossouw* (70) hartseer. Sy oë word sag as hy na sy vrou kyk wat verlam in ’n klein bondeltjie op ’n dun matrassie lê. Haar lyf is oortrek met bedsere. Vir tien jaar al sit Hennie pal langs haar bed op ’n lendelam houtstoel wat sy bed geword het. Met sy voete teen hare monitor hy elke beweging wat sy maak in die benoude kamertjie. “Ek kan nie werk nie, al wil ek. Ek was haar, ek voer haar en ek ruil haar doek om.” Die informele nedersetting waar die twee bejaardes woon, is een van 77 wit plakkerskampe in Pretoria alleen. “Armoede ken geen velkleur nie. Alle SuidAfrikaners behoort toegang te hê tot dienste soos tuisversorging en laekostebehuising,” sê dr. Danie Langner, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand. Volgens hom het die Tshwane-metroraad in Pretoria vir slegs

POVERTY KNOWS NO SKIN COLOUR Sarie Rossouw* (64) was a theatre sister at a state hospital in Johannesburg before suffering a stroke ten years ago. Today she lives in an informal settlement where she has no access to basic medical care. “Poverty knows no skin colour. All South Africans should have access to services such as home care and low-cost housing,” says Dr. Danie Langner, executive director of Solidarity Helping Hand. *Not her real name twee verarmde wit gesinne HOP-huise gegee uit altesame 90 100 HOP-huise. Dr. Langner sê dat opsigters ook geld maak deur goedhartige gemeenskapslede se simpatie vir die inwoners te misbruik. Hennie vertel dat hulle min van die klereskenkings kry wat goedhartige mense na die informele nedersetting bring. “As inwoners dit

number 2 of 2010

39

waag om te kla, word hulle saam met hul besittings uit die kamp gegooi. Die opsigter laat inwoners lenings by hom aangaan teen rente van 50%. “Met hulle klein pensioen beland hulle elke maand in die groef waar hul weer moet geld leen,” voeg hy by. “Dit is belangrik dat gemeenskappe die nood in hulle omgewing moet raaksien en daadwerklik die probleem aanpak deur betrokke te raak,” sê dr. Langner. Daar is onlangs Helpende Hand-streekorganiseerders in al die provinsies aangestel. Die organiseerders is verantwoordlelik vir die werwing van taklede wat ’n daadwerklike verskil in hulle gemeenskappe maak deur noodverligtingsprojekte aan te pak. “My vrou het altyd ’n nommer 44-rok gedra, nou dra sy net kinderklere.” Hennie kyk ver as hy vertel van sy eens vlytige vrou wie se hande vir niks verkeerd gestaan het nie. “My grootste droom is om ’n stukkie grond met ’n tweeslaapkamerhuisie te hê waarop ek weer kan boer. Miskien eendag.” Hennie se oë skiet weer vol trane. S * Skuilname

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


solidariteit helpende hand

Newcastle-tak finansier kamp vir behoeftige kinders

h

Deur Surika van Schalkwyk

elpende Hand se Newcastle-tak neem aktief deel aan die opvoeding van 60 behoeftige kinders deur ’n weeklange leierskaps- en persoonsontwikkelingskamp vir die kinders te finansier deur middel van geldinsamelingsprojekte. Dié Kinderstrandkamp is ’n projek van Helpende Hand se Afrikaanse Beroepsleidinginstituut, wat aan kinders die geleentheid gee om hulself te leer ken deur lewensvaardigheids- en persoonsontwikkeling. Die kamp gaan in Julie vanjaar by die Glenmore-kampterrein aan die KwaZulu-Natalse kus aangebied word. “Daar is ’n ongelooflike behoefte in Newcastle om die wêreld van kinders wat milieugestremd is te verbreed deur aan hulle ’n positiewe leerervaring te bied,” sê Wessel Dippenaar, voorsitter van dié tak. “Daarom gaan Helpende Hand in samewerking met die Afrikaanse skole en kerke in Newcastle help om behoeftige kinders in die omgewing se verwysingsraamwerk te verbreed,” voeg hy by. Deel van hulle program sluit beroepsleiding in wat in samewerking met Helpende Hand se Beroepsleidinginstituut aangebied word. Helpende Hand het die Glenmore-terrein beskikbaar gestel vir jeugontwikkeling sodat skole, kerke of ander jeug-

groepe aan kinders die geleentheid kan bied om hulself beter te leer ken en positiewe interaksie met ander kinders te kan hê. Volgens Dippenaar benodig die tak sowat R72 000 om 60 kinders te borg. “Baie van die kinders wat ons wil borg, deel tans ’n kombers met ander lede van hulle gesinne en daarom beplan ons tak om ook beddegoed, handdoeke en badsakkies vir die kinders te gee vir hul vakansie by die see,” sê Dippenaar. Volgens hom is daar 150 kinders in die Newcastle-omgewing wat by die program

kan baat vind. Word deel van ’n storie van hoop en kontak vandag nog vir Karin Venter, bestuurder van die Beroepsleidinginstituut, om betrokke te raak of ’n kind se bywoning van die kamp te borg. Karin kan gekontak word by 012 644 4390 of karin@helpendehand.co.za. Kinderstrand – verskeie datums is regdeur die jaar beskikbaar: 19 tot 25 Junie; 26 Junie tot 3 Julie; 4 tot 10 Julie; 24 September tot 3 Oktober; 21 tot 31 Desember. • Lees ook die artikel op bladsy 52 oor die Beroepsleidinginstituut. S

Afrikaanse Beursinstituut gaan van krag tot krag

FOTO: VERSKAF

Deur Surika van Schalkwyk Meer as 2 200 jongmense is tans besig om vir hulself ’n toekoms te skep deur in verskeie rigtings te studeer nadat beurse onder Helpende Hand se vaandel aan hulle toegeken is. Sowat R3,7 miljoen se beurse is vanjaar aan voornemende studente toegeken. Die beursfonds het intussen só gegroei dat ’n verstommende R5 miljoen se beurse in 2011 aan studente uitbetaal gaan word. Altesame negentien Helpende Handondersteuners het hulle harte oopgemaak en onafhanklike beursfondse gestig. Die res van die beurse val onder die vaandel van Helpende Hand en Solidariteit se Groeifonds, wat onder meer die Sol-Tech-studiebeurs en Sol-Tech-verblyfbeurs insluit. Die Platinum Kersmark-beursfonds is die nuutste toevoeging tot die Afrikaanse Beursinstituut se beursplatform. Helpende

Hand se Rustenburg-tak het die Kersmark se bestuur genader, waarna besluit is om ’n beursfonds vir die opleiding van ’n behoeftige jongmens met potensiaal te skep. Dinah Theron, beursfondsbestuurder van die Afrikaanse Beursinstituut, sê een van die uitgangspunte van die instituut is dat elke onafhanklike beursfonds sy eie identiteit, kriteria en stelsels behou. “Beursdonateurs sal voortdurend op die hoogte gehou word van die groei, kontrole en bestuur van elke beurs. Die beurse sal deurgaans volgens die uiteengesette kriteria en vereistes van die skenkers bestuur word.” Volgens Ria van Wyk, administrateur van die Platinum Kersmark, is hierdie beursfonds nog in sy kinderskoene, maar stewig geanker in die instituut. “Dit is vir ons wonderlik om te weet dat

nommer 2 van 2010

40

’n jongmens met potensiaal iets gaan teruggee vir die gemeenskap nadat hy of sy gegradueer het,” sê Van Wyk. Sarie Nel is so ’n jongmens wat nie die geldelike vermoë het om verder te studeer nie. Helpende Hand het vanjaar ’n Rapport Onderwysfondsbeurs aan haar toegeken. “Ek sit in die biblioteek met trane in my oë van dankbaarheid,” skryf Nel, pas nadat sy deur Helpende Hand verwittig is dat sy vir ’n onderwysbeurs kwalifiseer. Volgens Theron kan enige organisasie of individu ’n jongmens in Suid-Afrika se toekoms verseker deur ’n beursfonds te stig. “Saam maak elke betrokkene deel uit van die oplossing om ons jongmense akademies te bemagtig,” voeg Theron by. • Kontak Dinah Theron by 012 644 4428 of dinah@helpendehand.co.za

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


my geld

MY GELD

NO MORE MONEY WORRIES Budgeting is self-punishment. Rather use a detailed spending plan for your family’s expenses and make provision for some fun in order to curb stress over money. If your savings end up in your pantry at the end of every month, the time has come to fool yourself into saving. Open an account for which you need to give 30 days’ notice and sign a debit order. Reducing your debt should be your first priority, starting with the debt that attracts the most interest.

Meer geld, maar met baie minder stres

d

Deur Moira-Marie Kloppers

FOTO: iSTOCKPHOTO

aar is lig aan die einde van die resessie-tonnel, maar die meeste mense trek nog noustrop. Geld is die algemeenste rede vir spanning en rusies in huwelike, of die geld nou te min, of te veel is. Geld en spanning werk egter teen mekaar, veral wanneer die geld te min is. Te veel spanning verlaag produktiwiteit en sal op lang termyn ook ’n verlaagde inkomste tot gevolg hê. Die vraag is eintlik nie hoe ’n mens meer geld kan verdien nie, maar eerder hoe ’n mens meer kan doen met die geld wat jy het.

GOOI BEGROTING IN ASBLIK Wat is ’n begroting? ’n Stel beperkings, reëls en maniere om meer geld in jou sak oor te hou? Dit is onvermydelik dat ’n mens elke maand geld uitgee en wanneer ’n onvoorsiene

uitgawe opduik, voel ’n mens dikwels skuldig, want jou begroting laat dit nie toe nie. ’n Begroting is op dié manier eintlik ’n paradoks en is die grootste oorsaak vir spanning oor geld. ’n Bestedingsplan, daarteenoor, is ’n plan waarvolgens jy jou geld uitgee. Die geheim is om ’n noukeurige lys van jou uitgawes te maak en realisties te wees oor wat jy waarop uitgee. Maak selfs vir ’n weeklikse toelae vir ’n lekkerny of twee voorsiening en slaan skuldgevoelens só vir ewig hok. Hou elke maand al jou strokies en kyk of jy by jou plan gehou het. Verfyn jou bestedingsplan en maak planne om doeltreffender met jou geld te werk. SORG DAT SPAARGELD GESPAAR BLY Bly die geld wat jy elke maand in jou spaarrekening betaal om te “spaar” in die

nommer 2 van 2010

42

spaarrekening, of beland dit noodgedwonge aan die einde van die maand as brood en melk in jou kombuis? As dit die geval is, is dit hoog tyd dat jy begin om jouself te kul sodat jy regtig kan begin spaar. Gesels met jou bankier en maak ’n spesiale rekening oop waar jy dertig dae kennis moet gee voordat jy geld kan onttrek. Teken dan ’n aftrekorder vir die bedrag wat jy elke maand wil spaar. Op dié manier bly spaargeld wel spaargeld. MAAK REKENINGS MINDER ROOI Moenie agter raak met jou skuldpaaiemente nie en probeer om altyd ’n bietjie meer as die premie te betaal. ’n Klein bietjie ekstra maak sommer ’n groot verskil in die rente wat jy betaal! Begin by die skuld-items met die hoogste rentelas. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


my werk

my family

MY FAMILY

MY WERK

Teach responsibility in sensitive manner By Moira-Marie Kloppers

Slaan konflik by werk hok

d

Deur Moira-Marie Kloppers

ie gemiddelde persoon bring minstens ’n derde van elke weekdag in kollegas se geselskap deur. Jy kan nie jou kollegas kies nie en uiteenlopende menings, persoonlikhede, waardes, prioriteite en verwagtings maak konflik ’n onvermydelike deel van die werkplek. Jou vermoë om dié konfliksituasies op ’n opbouende, volwasse manier te hanteer, beïnvloed nie net jou werkprestasie nie, maar selfs jou gesondheid en bevorderingsgeleenthede.

FOTO: iSTOCKPHOTO

DIE VRIEND Vriendskappe in die werkplek is onontbeerlik vir ’n gesonde werkomgewing, produktiwiteit en doeltreffende spanwerk. Wanneer werkverwante konflik opduik, moet dit so gou moontlik uitgepraat word. Neem saam middagete, gaan drink iewers koffie, gesels oopkop oor die probleem en hou ’n dinkskrum om moontlike oplossings te identifiseer. DIE IRRITEERDER Hierdie persoon is altyd beterweterig, is mal daaroor om na haar eie stem te luister en verander elke gesprek en situasie in ’n kompetisie. Sy moet altyd die laaste woord inkry en is daarvan oortuig dat net haar opinie geld. Probeer om hierdie kollega liefs te

vermy en as dit nie moontlik is nie, wees beleefd en maak jou so gou moontlik uit die voete. Indien jy noodgedwonge saam met haar moet werk, is die beste idee om slegs te gesels oor die werk wat gedoen moet word. DIE ONDERGESKIKTE Jy is pas bevorder en bo een van jou kollegas aangestel. Nou kan hy nie sy weg oopsien om opdragte van jou af te aanvaar nie. Maak seker dat jy die persoon altyd regverdig en billik hanteer. Moenie bevele uitdeel nie, maar gee opdragte op ’n beleefde manier. Moenie negatiewe gedrag ignoreer nie, maar praat altyd eenkant met die persoon. Moet hom nooit voor kollegas aanspreek nie. DIE BOELIE ’n Boelie is ’n afknouer. Hy is gewoonlik iemand in ’n gesagsposisie, wat vinnig bedreig en innerlik minderwaardig voel. Hierdie persoon is nie daartoe in staat om op ’n waardige manier respek te verdien nie, maar dwing dit af deur afbrekende gedrag. Aanvaar dat dié persoon ’n persoonlikheidsprobleem het. Ignoreer snedige opmerkings wat voor kollegas oor jou gemaak word. Wanneer daar ’n geleentheid is, gesels eerder eenkant, kalm en beheers met hom. S

number 2 of 2010

43

Your child has just dropped one of your most prized porcelain teacups. What do you do? You could try to convince yourself that you are teaching your child to take responsibility and accept the consequences of his actions by blaming and shaming. The truth is that parents often respond in the heat of the moment to the detriment of the child’s self-image. A blame-and-shame approach only communicates to a child that mistakes are unacceptable. It sets unachievable standards for a child, which will ultimately lead to low self-esteem and feelings of worthlessness. Your child may be more careful in future, but this will be because he remembers the shame he felt the last time an accident happened and not because you taught him a valuable lesson. Blaming and shaming seems to be an imprinted response in human nature. Adam blamed and shamed Eve and Eve did the same thing to the serpent. Humiliating someone does not undo an accident, it only disrupts the trust in a relationship. Make sure that this destructive cycle does not take hold in your home. Blaming and shaming is not a vehicle for learning. A positive, accepting environment is a teaching environment. Make sure that your child knows without a doubt that you will always love her, no matter what happens. When an accident happens, assure her that she is still accepted and loved. Tell her: “Don’t worry, I know this was an accident. Accidents happen to all of us. Let’s clean this up together.” Teach your child what to do about the situation by modelling it. Children who have accidents should not be punished, only gently supported.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

Stuur jou verwysings en wen ’n CD Dit is baie maklik: Maak gou jou selfoon se kontaklys oop. Begin nou by A en skryf die naam van elke persoon op jou selfoon wat nie lid van Solidariteit is nie op die meegaande vorm. Vir elke drie van jou verwysings wat by die vakbond aansluit, kan jy uit een van vyf CD’s kies – gratis en pasella!

NAAM

VAN

SELNOMMER

WERKGEWER

1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. 10. Jou naam en van:____________________________________________________________________________________________________ Selnommer:_________________________________________________________________________________________________________ E-posadres:__________________________________________________________________________________________________________ Keuse 1 vir CD:______________________________________________________________________________________________________ Keuse 2 vir CD:______________________________________________________________________________________________________ Keuse 3 vir CD:______________________________________________________________________________________________________ Vir elke 3 persone wat aansluit, kan jy een van die vyf CD’s kies.

Faks die vorm na 012 664 1102. Of jy kan dieselfde vorm aanlyn by www.solidariteit.co.za invul. REËLS: • Jy kan soveel keer inskryf as wat jy wil. Slegs volledige inskrywings word aanvaar! Jy moet dus die persoon se naam, van, selnommer en werkgewer (die persoon moet werk) se naam invul. • Die persoon mag nie reeds ’n lid van Solidariteit wees nie. • ’n Minimum van 3 verwysings moet lede word vir jou om ’n CD te kan wen. Jou CD sal ’n maand nadat jou verwysings aangesluit het aan jou gestuur word. Hierdie kompetisie is geldig tot einde Junie 2010. nommer 2 van 2010

44

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

Coenie ’n ware Solidariteit-ambassadeur

FOTO: VERSKAF

s

olidariteit Tydskrif wil graag Solidariteit-lede aan mekaar bekendstel en het vir hierdie uitgawe by Coenie van den Berg gaan inloer. Coenie is sedert Februarie 2004 ’n lid van Solidariteit en werk tans as tegniese fasiliteerder by die Foskor-myn in Phalaborwa. Sy werk is om probleme op tegniese en algemene gebied by die myn op te los. Coenie is in Junie 2009 as voorsitter van die verteenwoordigerskomitee van die myn verkies en al meer mense begin kennis neem van Solidariteit. Coenie is ’n mense-mens en sy pligte stop nie net by wat van hom verwag word nie. Tans is daar ongeveer 180 lede wie se sake hy op die hart dra en aan wie sy verteenwoordigers ’n diens lewer. Sy deur staan altyd oop, of dit nou vir ’n lid van Solidariteit is of nie, en hy bedien hulle van waardevolle raad. Hy glo in die bemagtiging van ’n werknemer. Hy glo dat jy nie net moet praat nie, maar ook die daad by die woord moet voeg en dinge laat gebeur. Dit

Deur Magdaleen Kleynhans is wanneer mense opkyk na Julie verlede jaar by Sol-Tech jou en Solidariteit raaksien. ingeskryf waar hy hom as Verlede jaar hetVena Strauss elektrisiën bekwaam. Coenie sê van Helpende Hand Phalabordat Sol-Tech sy kind se lewe wa besoek en ’n Helpende verander het. Dit het nie net ’n Hand-tak daar gestig. Coenie deur vir die toekoms oopgehet nog altyd ’n sagte plekkie maak nie, maar het hom ook vir Helpende Hand gehad en is meer selfvertroue gegee. Coetot ondervoorsitter van die tak nie is ’n pa wat voel dit is beCoenie van den Berg verkies. Nicolize Schambriel is langrik dat sy kinders eers “’n voorsitter van die takkomitee. papier” agter hulle naam het Wimpie van den Berg, Annevoordat hulle iets anders met marie van Kerkhof en Debbie du Plooy is die hul lewe doen. Ignat is besig met sy praktiese ander lede van die komitee. Coenie, Nicolize opleiding en het ’n geleentheid gekry om deur en die ander lede van die komitee werk skouer Ai-T in Ethiopië te gaan werk. aan skouer en hulle wag nie dat dinge gebeur Coenie se boodskap aan verteenwoornie, hulle laat dinge gebeur. digers is om vir al hulle lede te bid. “Raak Tans voorsien die Helpende Hand-tak in diensbaar, raak betrokke en glo in jouself, Phalaborwa kos en klere aan sowat 27 gewant jy is kosbaar. God het jou gemaak en sinne. Die tak is betrokke by ’n skool met 13 wil jou in Sy diens gebruik,” sê hy. gestremde kinders. Hulle help ook om Sol• Indien jy wil hê dat Solidariteit Tydskrif Tech by skole in die omgewing te bemark. by jou moet kom kuier, stuur ’n e-pos na Coenie se seun, Ignat, is nou 20 en is sedert magdaleen@solidariteit.co.za S


membership

a winning

PARTNERSHIP

This is a summary of the benefits attached to Solidarity membership. The benefits are subject to the constitution and policies of the union, as well as the rules as contained in the rule book and may be amended by the Executive Council of Solidarity without prior notice. New members who can provide proof that they belonged to another trade union in a collective company immediately prior to joining Solidarity will immediately be entitled to benefits, on the understanding that in instances where such members are, upon acceptance by Solidarity, engaged in litigation or a dispute, benefit limits may be imposed by the Executive Council at its discretion.

AT YOUR SERVICE CAR AND HOUSEHOLD INSURANCE This group scheme offers members excellent premiums at Auto & General. Phone 0860 34 62 53 for a free noobligation quote.

SOLIDARITY LEGAL AID PACKAGE Members and their dependants can enjoy full legal cover outside the labour context for an additional premium of only R65 per month. This benefit covers civil and family matters, negotiating and applying for bail, bail up to R5 000, criminal law and assistance in obtaining firearm licences. • Call 0861 SOL REG (0861 765 734).

SOLIDARITY RETIREMENT PLAN Solidarity Financial Services handle the marketing of the Solidarity Retirement Plan. This product was developed as a result of the few people that are able to retire independently. • Call 0861 000 777 or send e-mail to solida riteit.aftree plan @ c oris capital.com

PHOTOS: iSTOCKPHOTO

WILLS AND ESTATE ADMINISTRATION

HOW MUCH DOES MEMBERSHIP COST?

LENDING A HAND EMPLOYMENT AGENCY: EXPRESS EMPLOYMENT PROFESSIONALS

• Individual members – R72 per month • Collective members – R70 per month

Every member has access to Solidarity’s labour brokerage and personnel agency that helps unemployed people to find jobs. • Phone 012 664 8923 if you know of vacancies or if you are looking for work.

SOLIDARITY HELPING HAND Solidarity Helping Hand supports needy children, pensioners and widows. Every application is considered on merit. Written applications may be addressed to: Solidarity Helping Hand, PO Box 11760, Centurion, 0046. • Contact 0861 25 24 23.

BURSARIES

Every member is entitled to the free drawing up of a will. The administration of the member’s estate can also be done at a market-related fee. • Phone 012 644 4300.

The trade union annually makes bursaries available for the children of members. Preference is given to the dependants of needy widows and pensioners. The income and period of membership of the applicant are taken into account when bursaries are awarded. Address applications to: Solidarity Bursaries, PO Box 11760, Centurion, 0046. • Phone 012 644 4300.

nommer 2 van 2010

46

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


membership

MEMBERSHIP CATEGORIES With four membership categories Solidarity offers a home for everybody!

1

COLLECTIVE MEMBERS

Collective members are employed by a company with which Solidarity has a recognition agreement, or at a workplace that is incorporated by Solidarity in the collective division. Most members belong to this category. Collective members qualify for all benefits, regardless of their age.

2

INDIVIDUAL MEMBERS

Individual members are members who are younger then 50 years at the date of joining and who are employed at a workplace where there is no recognition agreement and that is not considered by Solidarity to be collective. An individual member who turns fifty after joining remains an individual member. Individual members qualify for all Solidarity benefits.

3

CONTINUED MEMBERS (RETIRED)

Current Solidarity members may apply for continued membership within three months after retirement. These members qualify for all relevant benefits. At the death of the member a dependant may apply to stay on as a member. The cash disbursement benefit of continued members who pay a reduced premium will be applicable when the main member dies only.

4

SUPPORTING MEMBERS

This membership category was introduced in response to requests from people who support Solidarity’s vision, but who do not qualify for one of the other categories, i.e. individual members who are over the age of 50 years at the date of joining. Supporting members enjoy certain benefits, excluding benefits such as collective bargaining, the sickness and accident scheme, permanent disability, maternity benefits and the death benefit.

WORKING FOR YOU LABOUR MATTERS Free legal aid with labour cases Members are advised by experts on all labour matters, e.g. disciplinary investigations, injuries on duty and labour problems. Free legal representation is provided for labour matters referred to the CCMA or the Labour Court. • Website: www.legalservices.co.za Assistance with investigations Assistance is provided in connection with investigations by the Medical Bureau for Occupational Diseases and benefits enquiries of the Compensation Commissioner and Rand Mutual, as well as work-related disability claims. Collective bargaining Competent and experienced Solidarity staff members undertake collective bargaining to negotiate better conditions of employment and salaries for members.

DEATH BENEFIT (DOVES) Funeral benefit • A dignified funeral is provided for every member and his/her spouse. This includes a superior coffin and the funeral services. • For cremations a coffin and the usual undertaking services are provided. • A funeral of the same standard as that of adults is provided for a member’s dependent children up to the age of 21 years. The undertaking services are provided solely by Doves funeral services. • The spouse may apply to continue as a member after the death of the main member. Cash disbursements additional to the funeral benefit • At the death of paid-up members a cash amount of R3 000 is paid to the surviving spouse or dependent children. • At the death of the spouse of a paid-up member who pays full membership an

amount of R2 000 is paid to the member. • Cash payments to full members at the death of children are: * Children aged between 14 and 21 years – R1 500 * Children younger than 14 years – R1 000 • Cash payments vary when both husband and wife are members of Solidarity. Funeral arrangements The burden of funeral arrangements is alleviated by the fact that Solidarity and Doves will make the arrangements. Rebate on headstones A 10% rebate on headstones has been negotiated with Doves.

PERMANENT MEDICAL DISABILITY Members with 12 months’ uninterrupted Solidarity membership, who provide specialist reports and proof from their employers that they are permanently unfit for any work in the labour market, receive a once-off amount of R1 500.

SICKNESS BENEFIT Sickness benefits in the amount of R12 per day are paid to members from the date on which the employer discontinues remuneration.

MATERNITY BENEFIT A maternity benefit of R1 250 is paid for each confinement to female members with 12 months’ uninterrupted membership of Solidarity. Applications must be submitted within 60 calendar days after the confinement.

SOLIDARITY MAGAZINE Members receive quarterly copies of Solidarity Magazine in which topical issues from the workplace as well as Solidarity’s activities are published.

DON’T HESITATE, JOIN TODAY! • Phone 0861 25 24 23; visit our website – www.solidarity.co.za; SMS the word “SOL” and your name to 35960; or visit a local branch. Terms and conditions apply.

number 2 of 2010

47

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


vakbondwêreld

VAKBONDWÊRELD magdaleen kleynhans

’n Bekende gesig – die Victoria-hawe in Hongkong.

Nie almal kan lank uitspan

o

ns almal is daarop geregtig om so nou en dan ’n bietjie te gaan rus by die see of in die bosveld. Só ’n vakansie duur soms ’n week of twee, maar voel altyd net te kort. Maar wat gemaak as jy slegs 20 dae of selfs minder tot jou beskikking het? Het jy geweet dat daar lande is waar werknemers so min as sewe werkdae verlof

kry? Hongkong en Mexiko is twee van hierdie lande waar werkers nie baie kan vakansie hou nie. Dan is daar weer lande waar jy oorgenoeg tyd het om met vakansie te gaan. In Swede kan jy tot 32 werkdae verlof kry, afhangende van jou ouderdom. Die land wat aan sy werknemers die meeste verlof toestaan, is Frankryk, met sewe volle weke.

Increase in union membership in Ireland Figures recently released by the Central Statistics Office (CSO) in Ireland showed that there had been a slight increase in union membership in that country. The CSO said that 34% of employees were union members in the second quarter of 2009, which is 2% more than a year earlier. The results are taken from the CSO’s Quarterly National

Household Survey. Some 37% of full-time employees said they were members of a union, compared with 20% of parttime employees. In the various economic sectors, the lowest membership rate was in accommodation and food services (6%). The highest rate was in public administration and defence (81%).

FOTO’S: iSTOCKPHOTO

Deeltydse Sweedse werknemers wil meer werk Die vakbondfederasie Landsorganisationen in Swede het berig dat sowat 500 000 mense wat deeltydse werk doen langer werkure verlang. Sowat 280 000 mense werk deeltyds omdat hulle werkgewer hul nie meer ure kan bied nie of omdat daar nie voltydse werk beskikbaar is nie. Die res van die mense kan

weens swak gesondheid of verminderde vermoë nie langer ure werk nie. Dit is veral vroue wat tevrede moet wees met deeltydse werk. Swede het ongeveer 3,9 miljoen werknemers en 27% van hulle is vroulike blouboordjiewerkers. Sowat 41% van vroue en 12% van mans werk deeltyds.

nommer 2 van 2010

48

Interessante nuusbrokkies oor vakbonde van regoor die wêreld.

WIE STAAK MEESTE? Volgens Nationmaster, ’n webtuiste met allerlei interessante statistieke, is die volgende lande meer daartoe geneig om stakings te hê: Denemarke, Ysland, Kanada, Spanje en Noorweë. Japan, Oostenryk en Duitsland se werknemers soek blykbaar ander oplossings, want in daardie lande was daar so min as een staking in vyf jaar!

Percentage trade union members by country POSITION COUNTRY % 1 Sweden 82% 2 Denmark 76% 2 Finland 76% 4 Norway 57% 5 Belgium 53% 6 Ireland 45% 7 Austria 37% 8 Italy 35% 9 Canada 30% 10 UK 29% 11 Germany 26% 12 Australia 25% 12 Netherlands 25% 14 Switzerland 22% 14 New Zealand 22% 14 Japan 22% 17 United States 13% 18 France 9% Weighted average – 38% • Source: www.nationmaster.com

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

Sol-Tech-verwelkomingsdag verras

FOTO: REINT DYKEMA

d

Deur Charl Oberholzer

it is 1 Februarie, 9:00 die oggend en studente stroom in by SolTech se Booysens-kampus in Pretoria-Wes. Met die inry sien ’n mens onmiddellik die nuwe Sol-Tech-gebou wat aan die oorkant pronk en vol verwagting staan en wag terwyl die bouers ewe nederig belowe die gebou gaan teen die einde van die week klaar wees. Die eerste skok is die aantal mense wat teenwoordig is – ongeveer 300 studente en hier en daar ’n ouer. Elbie Liebenberg, hoof van Sol-Tech, het afgeskop met die verwelkoming en toe vir ds. Andre Thomas gevra om te open met Skriflesing en gebed. Weereens laat Sol-Tech ’n warm gevoel van trots – ’n Afrikaanse en Christelike opleidingskollege. ’n Mens voel sommer tuis! Daarna het Liebenberg weer die studente toegespreek en die klem geplaas op die voorreg wat dit is om by ’n tersiêre instelling van hoë gehalte soos Sol-Tech te studeer. Sy het ook verduidelik dat Sol-Tech in ’n gebalanseerde studentelewe glo. Die akademie en sport, asook sosiale en natuurlik geestelike verryking is van die belangrikste aspekte in Sol-Tech-studente se opleiding. Verder is administratiewe reëlings, dissiplinêre prosedures en algemene inligting met die studente gedeel. Die studente het opgewonde gelyk – selfs meer as gewoonlik. Dalk was dit die Sol-Tech-rugbyproewe wat daardie aand sou plaasvind, maar hopelik was dit ook die besef dat ’n mens ’n geleentheid het om iets van jouself te maak. Die dag was sonder twyfel ’n sukses. Met die uitloop vertel ’n paar studente hoekom hulle Sol-Tech gekies het: “Ek het gehoor die plek is goed, en ek wil met my hande werk en ’n ambag leer,” sê die een, terwyl die ander een net sê: “Afrikaans en Christenskap.” Tot die pa van ’n student het vertel hoe in sy noppies hy met Sol-Tech is: “Professioneel en in Afrikaans – waar sal ’n mens nou anders jou kind wil stuur?” Sol-Tech bereik voortdurend nuwe hoogtes en ’n mens besef nie aldag hoeveel jongmense van hierdie kollege afhanklik is nie. Ook nie hoe graag jongmense ’n positiewe rol in die ekonomie van Suid-Afrika wil speel deur skaars vaardighede aan te leer nie. Die hele Solidariteit wens elke eerstejaarstudent sterkte toe vir die jaar wat voorlê! S

WEN GROOT PRYSE in die Sol-Tech-trekking wat op 30 April 2010 plaasvind! Jagpakket ter waarde van R11 000 (Gemsbokbul, rooibokram, vlakvark, duiker en drie nagte vir vier persone – selfsorg). Reëlings kan getref word vir skiet van wild en vervoer van vleis na Pretoria.

Twee nagte vir agt mense by Die Oog Slagskaap Kaartjies is beskikbaar teen R20 elk en kan by Solidariteit se hoofkantoor in Pretoria, asook enige dienskantoor landwyd gekoop word. Wenners sal persoonlik in kennis gestel word.

Bepalings en voorwaardes geld.

nommer 2 van 2010

50

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

Agter van links is Frans Anderson, Danie Kruger, Michael Louw, Jaco Lubbe, PW Prinsloo, Ferdi Landman, Hannes Coetzer en Johan Jordaan. Voor is Dirk Oosthuizen, Adriaan Swanepoel, Baby Cathrin (voorsitter), Elbie Liebenberg (hoof: Sol-Tech), Karien Scott (studenteraadvoog), Leana Janse van Rensburg (sekretaresse), Gert Scholtz en Estiaan Cronje.

s

Nuwe Sol-Tech-studenteraad aangewys ol-Tech het vroeër vanjaar die room afgeskep en weer ’n nuwe studenteraad verkies. Die studenteraad is die studenteverteenwoordigers wat die skakel tussen die studente en die bestuur vorm. Die studenteraad is daar-

voor verantwoordelik om verskeie studenteaktiwiteite te reël en word beskou as die hoofseuns en hoofdogters van Sol-Tech. Dit is dus ’n voorreg om in hierdie raad te dien. Elke universiteit en universiteit van tegnologie word deur Wet op Hoër Onderwys verplig om

Kollege se rugbyspelers presteer, inspireer

FOTO: REINT DYKEMA

Twee Sol-Tech-studente is gekies om vir die Naka Bulle, ’n top-jeugrugbyklub in Pretoria, se eerste span te speel. Sol-Tech wens Werner Olivier en Riaan van den Heever geluk met hierdie prestasie. Die kollege is ook baie trots op Pieter de la Port en Reinhardt Richter wat vir die tweede span gekies is. ’n Doofstom Sol-Tech-eerstejaarstudent, Waldo Moolman, speel ook vir die Sol-Tech-rugbyspan en is ’n groot inspirasie vir ander spelers. As die rugbygogga byt, dan is daar niks wat die passie kan keer nie.

Sol-Tech se rugbyspan het reeds drie wedstryde gespeel en twee daarvan gewen. As vorige wenners van die Carltonbeker vir derde spanne is daar beslis rede om hierdie span dop te hou. “Die rugbykoors loop hoog en Gert Nell en die res van die afrigtingspan werk hard om weer welslae te behaal. Sol-Tech se studente hou die kollege se naam hoog met hul rugbyprestasies, soos om vir die Naka Bulle se eerste en tweede spanne gekies te word, en ons is almal trots op hulle,” sê Elbie Liebenberg, hoof van Sol-Tech.

Tel: 012 664 8923 www.sol-tech.co.za number 2 of 2010

51

’n studenteraad te verkies. Hierdie liggaam is amptelik die hoogste platvorm waarin ’n student kan dien en Baby Cathrin (voorsitter) en die res van die studenteraad word deur al die Sol-Tech-personeel en studente sterkte vir die jaar toegewens. S

Verhoudings gebou Sol-Tech is druk besig om verhoudings in die bedryf te bou en is onlangs deur Siemens genooi om ’n gratis kursus by te woon. Ses van Sol-Tech se personeellede het die geleentheid bygewoon om hulle kennis oor die jongste elektroniese toerusting en beheerstelsels te verbreed. Dit was ook ’n geleentheid vir Sol-Tech om ander rolspelers in die bedryf te ontmoet en belangrike verhoudings te bou. “Sol-Tech het baie baat gevind by die kursus en elke personeellid bly voortdurend op die hoogte van die jongste tegnologie,” sê Michael Croukamp, senior lektor by Sol-Tech. Die kursus is by Sol-Tech se Booysenskampus aangebied en daar is van Sol-Tech se eie moderne toerusting gebruik gemaak. • Die vaktydskrif Max my ride het SolTech se motorwerktuigkundewerkwinkel onlangs besoek om ’n brandstofinspuitingstelsel in ’n motor te installeer. SolTech sal blootstelling in dié tydskrif kry.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

Beroepsleiding baan weg vir ’n vervulde toekoms

d

ie Afrikaanse Beroepsleidinginstituut het vanjaar afgeskop met professionele beroepsleiding vir Afrikaners wat in die toekoms van hulle kinders wil belê. Beroepsleiding bied jongmense die geleentheid om hulself te leer ken en beroepe te oorweeg teen die agtergrond van hul persoonlikheid, belangstellings, vermoëns en roeping. Hierdeur word jongmense bemagtig met inligting sodat hulle ingeligte besluite kan neem en sodoende vir hulself ’n hoopvolle toekoms verseker. Die toetsing, terugvoer en verslag word behartig deur ’n deskundige wat met dertig jaar ondervinding in beroepsvoorligting spog. Die tarief beloop R1 250 per leerling. Professionele toetsing sluit die volgende in: • Bepaling van aanleg en verstandelike vermoë, persoonlikheid en belangstelling. • Die toetsing neem ongeveer 2½ tot 3 ure, waarna

die resultaat met die ouer en kind bespreek word. ’n Volledige verslag word ook verskaf. • Hoewel die program voorheen aangebied is teen R1 250 per persoon, betaal Solidariteit-lede slegs R1 050 en Helpende Hand-ondersteuners R1 000. • Volwassenes kan ook getoets word en die toetse kan van die mediese fonds teruggeëis word. • Beroepsleidingwerksessies word ook aangebied vir groepe van 15 of meer jongmense. “Baie dankie aan die donateurs wat tot dusver belê het in ’n kind se toekoms deur by te dra tot die JD Kestellgedenkfonds,” sê Karin Venter, bestuurder van die Beroepsleidinginstituut. Die JD Kestell-gedenkfonds finansier die Beroepsleidinginstituut, wat professionele beroepsleiding aanbied en tans ’n loopbaangids saamstel wat in Mei aan jongmense beskikbaar gestel gaan word. S

kortliks • briefly “White journalists” after Malema

Suid-Afrikaners koop klik-klik só

The controversial leader of the ANC Youth League, Julius Malema, believes that “white boer” journalists are conspiring against him. Malema, who is notorious for his controversial statements, now believes that journalists have a vendetta against him. In addition, he believes that journalists know nothing about what happened during the apartheid years.

’n Studie wat onlangs deur Mastercard Worldwide bekendgestel is, toon dat 77% van SuidAfrikaners met internettoegang ook aanlyn hul inkopies doen. Items wat die gewildste onder Suid-Afrikaanse kuberinkopies is, sluit in musiek, flieks, vliegtuigkaartjies, huisware en elektroniese toestelle. Die studie het ook getoon dat Suid-Afrikaners hierdie manier van inkopies gerieflik, gebruikersvriendelik en maklik vind. Meer as 5 miljoen Suid-Afrikaners het tans toegang tot die internet.

FOTO’S: iSTOCKPHOTO

Education only a problem among black children, says minister The Minister of Basic Education, Angie Motshekga, recently said that only the education of black children was in crisis. During a debate in the National Council of Provinces, Motshekga said that the education received by children in other communities was good. “We should not mislead ourselves and say the whole education system is in crisis. The education of children in other communities still remains quite good. We should not create the impression it is a huge crisis,” Motshekga said.

nommer 2 van 2010

Hiér lê die fout by SABC Die fout by die SABC lê by die aantal bestuurders. Of só meen die SABC se uitvoerende hoof, Solly Mokoetle. Volgens Mokoetle het dié uitsaaier te veel bestuurders en te min werknemers wat die eintlike werk moet doen. Die SABC het onlangs ’n korporatiewe plan aan die parlement voorgelê en beloof nou om as deel van dié plan die probleme rakende werknemers uit te stryk. Mokoetle hou vol dat die samestelling van die organisasie nou ondersoek sal word.

52

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

Neem onderwys opnuut onder oog

g

Deur Francois Calldo

FOTO: iSTOCKPHOTO

edurende Februarie 2010 het Pravin Gordhan, minister van finansies, opnuut ’n groot gedeelte (26%, oftewel R165 miljard) van die begroting aan onderwys toegedeel. Gordhan het selfs genoem dat dié besteding bewys dat die regering verbind is tot onderwys as sy eerste prioriteit. Tog moet die regering se verbintenis tot onderwys nie by ’n bedrag geld stop nie. Dit lyk tans asof ’n groot bedrag geld aan onderwys bestee word, maar sonder die gewenste resultate. In November 2009 het selfs Gordhan dit duidelik gestel dat dit tyd is om ongemaklike vrae te vra.

TYD VIR ONGEMAKLIKE VRAE Die ongemaklike vrae gaan oor meer as net die dalende matriekslaagsyfer. Dit wil voorkom of die huidige onderwyskurrikulum grootliks faal om bevoegde leerders te produseer. Talle kenners meen dat onderwys tans wanfunksioneel is en dat die gehalte van onderwys nie op standaard is nie. ’n Verslag, gelei deur prof. Jonathan Jansen, visekanselier en rektor van die Universiteit van die Vrystaat, wat verlede jaar deur ’n paneel opvoedkundiges saamgestel is, het onder meer bevind dat Suid-Afrika se onderwys wanfunksioneel is. Dr. Theuns Eloff, voorsitter van Hoër Onderwys Suid-Afrika, het in Augustus 2009 ’n donker prentjie oor die onderwys geskets.

Hy het in ’n voorlegging aan die portefeuljekomitee vir hoër onderwys gemeld dat die uitkomsgerigte kurrikulum gefaal het om bevoegde leerders te produseer en dat die meeste van die land se eerstejaarstudente nie kan lees of skryf of begrip kan toon nie. Luidens inligting van die Instituut vir Rasseverhoudinge het die resultate van die nuwe stelsel ook reeds in werklike toetse van universiteite na vore gekom. In 2008 was die slaagsyfer van eerstejaar-ingenieurswesestudente aan die Universiteit van die Witwatersrand in die eerste semestertoetse 71%. In 2009 het hierdie persentasie meer as gehalveer tot slegs 35%. Dr. Mauvia Gallie van die onderwysfakulteit aan die Universiteit van Pretoria het in Oktober 2009 tydens die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se minisimposium oor die gehalte van onderwys genoem dat die helfte van skole ’n lae vlak van funksionaliteit het. Volgens haar is slegs 20% hoogs funksioneel en 30% wanfunksioneel. ONDERWYS BY KRUISPAD Dit is duidelik dat onderwys in Suid-Afrika by ’n kruispad gekom het en dat dit tyd geword het om op ongemaklike kwessies soos die volgende te fokus: • Die Suid-Afrikaanse regering bewillig baie meer geld vir onderwys in vergelyking met ander lae- en middelinkomstelande, maar

number 2 of 2010

53

tog vaar dié lande se onderwys beter. • Toegang tot onderwys in Suid-Afrika is nie die probleem nie, aangesien Suid-Afrika se inskrywingsyfer by skole hoog is. • Dit wil voorkom of die probleem by die bestaande kurrikulum lê, aangesien nie genoeg klem op lees, skryf en begrip geplaas word nie, asook by wanfunksionele skole waar, in sommige gevalle, onderwysers én leerders afwesig is. IS DAAR LIG VIR ONDERWYS? Die besluit om finansiering vir onderwys vanjaar verder te verhoog, asook pres. Jacob Zuma se aankondiging dat leerders in graad drie, ses en nege weer jaarliks onafhanklike eksamens sal aflê om hulle lees- en syfervaardighede te toets, is verblydend. Hierdie maatreëls sal verseker dat jongmense wat na tersiêre instellings gaan ten minste oor basiese lees- en syfervaardighede beskik. Universiteite sal ook nie tyd en hulpbronne mors om studente basiese beginsels te leer waaroor hulle reeds moet beskik nie. Meer moet egter gedoen word. Behalwe vir die kurrikulum wat nie na wense is nie, behoort daar ook baie meer klem gelê te word op die verbetering van die gehalte van onderwysers by skole. Daar moet moeite gedoen word om talentvolle onderwysers te lok en behou. Dringende aandag moet ook gegee word aan wanfunksionele skole. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

Munisipale elektrisiteitpryse styg minder

FOTO: REINT DYKEMA

n

Deur Paul Joubert Gestel ’n munisipaliteit koop elektrisiteit by Eskom teen 40c per eenheid, hef 100% bruto wins daarop en herverkoop dit teen 80c per eenheid aan huishoudelike verbruikers. Die munisipaliteit toon dus 40c per eenheid bruto wins. Indien Eskom se prys aan munisipaliteite nou met 25% styg tot 50c per eenheid en die munisipaliteit se prys styg ook met 25% per eenheid tot 100c per eenheid, het die munisipaliteit steeds ’n winsgrens van 100%. Die kritieke punt is dat hulle nou 50c per eenheid wins toon, pleks van 40c per eenheid. Die munisipaliteit bou egter nie nuwe kragstasies nie, so waarom moet die munisipaliteit se wins per eenheid styg? ’n Munisipale prysstyging van slegs 12,5% tot ’n prys van 90c per eenheid sal beteken dat die munisipaliteit se wins presies dieselfde bly. Die munisipaliteit toon dan steeds 40c per eenheid wins. Om die munisipaliteit teen inflasie in hul instandhoudingskoste te beskerm, kan dié persentasie wel ietwat hoër wees. Die syfers wat hierbo genoem word, is slegs voorbeelde – dit geld nie gelykwaardig alle munisipaliteite nie. Sommige munisipaliteite het wel in die afgelope drie jaar laer tariefverhogings as Eskom gehad en sommige munisipaliteite het ook winsmarges wat baie laer as 100% is. Die syfers hierbo illustreer egter wel die beginsel dat dit in baie gevalle nie vir munisipaliteite nodig is om dieselfde persentasiestyging as Eskom deur te gee nie. ’n Gedeelte van Solidariteit se voorlegging aan Nersa tydens die openbare verhore oor die elektrisiteittariewe het juis oor hierdie kwessie gehandel. Dit is verblydend dat Nersa die saak blykbaar nou ernstig opneem en wil verhinder dat munisipale owerhede Eskom se probleme as ’n rookskerm gebruik om woekerwins uit huishoudelike elektrisiteitsverbruikers te tap. S

ersa het in Februarie die meeste van Eskom se nuwe tariewe vir elektrisiteitverbruikers in Suid-Afrika bekendgemaak. Die verhogings in tariewe vir die grootste nywerheidsverbruikers, asook die grootmaattariewe van Eskom aan herverkopers soos munisipaliteite, is egter nog nie bekend nie. Daar is wel reeds interessante nuus vir munisipaliteite se huishoudelike elektrisiteitverbruikers. Die gemiddelde verhoging van die ander tariewe van diegene wat regstreeks van Eskom af koop, beloop 24,8% vir vanjaar, 25,8% vir middel 2011 en 25,9% vir middel 2012. Vir die gemiddelde huishoudelike verbruiker wat deur ’n munisipaliteit van elektrisiteit voorsien word, kan die tariefverhogings egter moontlik beduidend laer wees. Die energiereguleerder het bepaal dat munisipaliteite wat ten tyde van die vorige tariefverhoging in 2009 hul pryse met 34% laat styg het, vir die volgende drie jaar slegs verhogings van onderskeidelik 15,33%, 16,03% en 16,16% mag implementeer. Dit lyk asof hierdie laer persentasies ’n groot las op munisipaliteite se finansies sal plaas. Dit is gemiddeld byna 40% laer as Eskom se verhogings! Gaan munisipaliteite nie nou agteruitboer nie? ’n Ondersoek na hoe die stelsel eintlik werk, dui aan dat dit nie noodwendig die geval is nie. ’n Basiese opsomming van die stelsel lui so: Munisipaliteite koop elektrisiteit by Eskom teen grootmaattariewe en hef dan ’n ekstra bruto winsmarge wat wissel van munisipaliteit tot munisipaliteit, maar wat maklik 100% en hoër kan bereik. Hierdie geld word gebruik om munisipale elektrisiteitinfrastruktuur in stand te hou en ook om ander munisipale departemente se begrotings aan te vul. nommer 2 van 2010

54

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


focus on alternative energy

Solar water heaters: A solution for some

w

ith the price of electricity on a steady upward march, many households are increasingly looking for ways to cut down on their electricity usage. If a household has already adopted measures, for example, CFL light bulbs and short showers, to cut its electricity usage, larger capital outlay is needed to make a significant dent in the electricity bill. Solar water heating systems have been in the news a great deal the past few months, seeing that Eskom increased the rebates that are paid to consumers who install them. The Eskom rebate now ranges from R2 100 to R12 500, depending on the type of system that is installed. On average, this rebate represents about 28% of the total cost (installation and VAT included) of a solar water heating system, ranging from 11% to 53% of the cost. Only about 700 different SABS-approved systems that are specified on a list qualify for the rebate from Eskom. This list, which includes contact details of approved suppliers,

By Paul Joubert can be studied at www.eskomdsm.co.za. Certain banks may even provide financing for such a system from an existing home loan, if its installation is regarded as something that will add value to the house. According to Eskom, a typical household geyser uses about 30% to 50% of all the electricity in a house. It may therefore seem that a solar water heater can easily cut your electricity bill in half, but a solar water heater does not operate without using electricity all the time. If the sun can’t get the water hot enough, for example, during a few consecutive cloudy days or even just on a cold winter’s day, an electric element has to heat up the water in the storage tank. In addition, if the storage tank is too small to provide enough hot water during a short period of high hot water use, electricity will also be needed to heat up more water. The system’s panels or tubes also have to be kept clean. Even a thin film of dust can cause the system’s efficiency to drop significantly. Many solar

water heating systems also need electrical pumps to get the water from the heating panel into the storage tank. Realistically, a solar water heater can cut about 70% of a geyser’s electricity usage during a year, which translates to about 30% less electricity used overall. With a monthly electricity consumption of 1 000kWh at 80c per kWh, the saving from a solar water heater could be up to R240 per month, depending on the factors listed above. If the solar water heating system costs R20 000 (after the rebate), it could pay for itself in about seven years. This period will obviously vary in different parts of the country and will also depend on the type of system that is installed. If maintenance costs (including cleaning) are factored in, the repayment period will be a bit longer, but as a rough guide, a five- to ten-year repayment period is realistic. Every household’s situation is different, but the increase in Eskom’s rebate does mean that a solar water heating system may be a viable option for more people. S


fokus op alternatiewe energie

Korrelbedreaktor:

Skoon antwoord op kragprobleme?

d

Deur Ilze Nieuwoudt

ie wêreld het die afgelope paar jaar ’n drastiese bewuswording van sogenaamde skoon energie beleef. Terwyl Suid-Afrika steeds in ’n groot mate afhanklik is van elektrisiteit wat by Eskom se steenkoolkragstasies opgewek word, word daar voortgebou op hierdie manier van kragopwekking. Die oprigting van die Medupi- en Kusile-kragstasies, wat veronderstel is om die toenemende druk op elektrisiteitvoorsiening in Suid-Afrika te verlig, is steeds nie die ideale antwoord nie. Intussen het die SuidAfrikaanse regering ook sy steun gegee vir die inperking van koolstofvrystellings. Volgens Eskom moet Suid-Afrika sy elektrisiteitopwekkingsvermoë teen 2025 verdubbel as die land aan sy groeibehoeftes wil voldoen. As Suid-Afrika die “skoon” alternatief op groot skaal in werking wil stel, is dringende optrede nodig. Dit is tans vir Suid-Afrika onmoontlik om bloot deur middel van son-, wind- of hidro-elektrisiteit in die behoefte aan elektrisiteit te voldoen. Die oplossing moet dus vanuit ’n ander geweste kom. Maar waar?

FOTO: REINT DYKEMA

PBMR – IS DIT DIE ANTWOORD? Die Korrelbed- Modulêre Reaktor (PBMR) word beskou as vooraanstaande moderne tegnologie wat daarop gemik is om volhoubare energie te voorsien. Die PBMR, wat tans in Suid-Afrika ontwikkel word, maak gebruik van ’n sogenaamde hoëtemperatuurreaktor (HTR). Dit is volgens die PBMR-maatskappy nie die enigste van sy soort in die wêreld wat tans ontwikkel word nie, maar die Suid-Afrikaanse projek het reeds goeie vordering getoon. Volgens die maatskappy se webtuiste sal die PBMR se uiteindelike vermoë om elektrisiteit ekonomies op te wek van produkte soos waterstof deel vorm van die volgende generasie kragopwekking.

verspreiding van huidige energie- en waterbronne nie ooreenstem met die verspreiding van elektrisiteitverbruik nie. Die PBMR is inherent veiliger as huidige kernkragtegnologie, aangesien die kernreaksie outomaties sal stop indien die reaktor weens ’n tegniese fout oorverhit. Die PBMR is ook meer verskaalbaar as ander kernkragtegnologie wat tans gebruik word. Dit beteken dat die opwekkingsvermoë van die kragstasie aangepas kan word by energiebehoeftes. Sou die PBMR-tegnologie vervolmaak word, sal dit waarskynlik wêreldwyd aangewend word, wat SuidAfrika ’n massa-uitvoerder daarvan sal maak. Suid-Afrika het hier ’n geleentheid om, terwyl daar bestee moet word om aan energiebehoeftes te voldoen, die land se vervaardigingsektor as ’n wêreldleier op ’n spesifieke gebied te ontwikkel. S

WAT BIED DIE KORRELBED- MODULÊRE REAKTOR? Die PBMR is ’n OEM-tegnologie. Dit beteken dat die tegnologie geheel en al deur die plaaslike land vervaardig word. Dit kan in Suid-Afrika se elektrisiteitbehoeftes voorsien en dit kan genoeg versekering aan die privaatsektor bied om baie in infrastruktuur (aanlegte vir die vervaardiging van toerusting) te belê. Tans moet kernkragstasies as gevolg van Suid-Afrika se watertekort aan die kus opgerig word, wat transmissieverliese veroorsaak wanneer hierdie krag in die binneland benodig word. Die PBMR benodig nie groot hoeveelhede water nie en hoef nie naby brandstof gebou te word nie, wat transmissieverliese beperk. Dit is nie net voordelig vir die plaaslike aanwending van die tegnologie nie, maar ook vir baie ander lande waar die nommer 2 van 2010

56

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


fokus op alternatiewe energie

Alternatiewe energiebronne: Wat is die beste?

FOTO: REINT DYKEMA

w

Deur Charl Oberholzer

eens steenkoolskaarsheid, hoë koste en besoedeling is alternatiewe energiebronne die toekoms, maar hoe lyk hierdie toekoms en hoe realisties is dit? Wind-, son-, water- en kernkrag is ’n paar alternatiewe wat binnekort Suid-Afrikaners se werklikheid gaan moet word. Die regering het ook ’n doelwit om teen 2013 minstens 4% van Suid Afrika se elektrisiteitaanvraag uit hernieubare bronne te vul. Die wedloop is aan die gang, die sneller is getrek en die kandidate vir die beste energiealternatief het weggespring... Windkrag is ’n sterk kandidaat en die toeskouers se gunsteling. Windkrag is ongelukkig klimaat- en seisoengebonde en hoewel wind gratis is, vereis windkragstasies hoë kapitaalbelegging en is daarom een van die duurste kragopsies. Min plekke in Suid-Afrika het deurlopende windstrome, maar die Darling-windplaas se windkragopwekker voorsien krag vir sowat 250 huishoudings as die wind onophoudelik waai. Die werklikheid is egter dat dit 390 000 windkragopwekkers sal verg om Eskom se huidige vermoë te vervang, mits die wind 10% van die tyd teen meer as 5 km/h waai. ’n Oppervlakte tweekeer so groot soos die Krugerwildtuin sal benodig word vir hierdie doel, en dít boonop in ’n windryke omgewing. Realisties gesproke sal hierdie opsie net as ’n aanvullende alternatief gebruik kan word. Sonenergie verdien ook ’n podiumposisie, en dalk selfs ’n silwermedalje. Hierdie opsie bied egter ook nuwe uitdagings. Aangesien daar snags nie sonlig is om energie op te wek nie, moet daar gebruik gemaak word van opgaarmetodes soos batterye om die energie te lewer. Dit is egter nie kostedoeltreffend nie en vereis ’n groot oppervlakte vir ’n betreklik klein hoeveelheid energie. Sonenergie kan ook benut word deur paraboliese spieëls, wat sonlig op ’n hitteruiler fokus wat water kook om stoom te lewer en sodoende die opwekker aandryf. Ongelukkig is daar nie noemenswaardige maniere om sonenergie volkome te benut nie. Sonverhitters vir huishoudelike waterverwarmers kan wel doeltreffend wees. Sonwaterverhitters met ’n drakrag van 150 liter kan in die sonnige dele van ons land – selfs op bewolkte dae – vir agt maande van die jaar voldoende warm water aan ’n gemiddelde huisgesin van vyf lede lewer.

“Kernkrag moet ontwikkel word sodat dit die primêre voorsiener is van energie. Daarmee saam moet wind-, son- en getykrag gebruik word as aanvullingsmetodes.” Oseaanenergie, of gety-energie, wen stadig maar seker veld en hoewel dit nie ’n podiumposisie behaal nie, kry dit wel ’n troosprys. Suid-Afrika beskik ongelukkig nie oor geskikte vlak baaie vir die aandrywing van hidroëlektriese opwekkers in laagwater nie. Die meriete van onderwaterintallasies om die energie van seegolwe in meganiese energie te omskep, is reeds bewys. Verdere navorsing en belegging is egter nog nodig om die moontlikhede verder te ondersoek. Kernkrag is ’n gunsteling om te wen, maar gaan gepaard met enkele kontroversiële skandale. Aan die een kant is daar politieke teenkanting as gevolg van bestralingsgevare en aan die ander kant is daar die kwessie van doeltreffende kragopwekking. Tans word sowat 17% van die wêreld se elektrisiteitbehoeftes deur 442 kernkragstasies voorsien. Frankryk gebruik kernenergie om 77% van sy elektrisiteit op te wek. In SuidAfrika word ongeveer 6,5% van die elektrisiteit opgewek deur die Koeberg-kernkragstasie in Duynefontein, 27 km vanaf Kaapstad. Vier van die ses opwekkingseenhede van Eskom se Kriel-kragstasie het min of meer dieselfde vermoë as die Koeberg-kragstasie. Hierdie vier eenhede gebruik 22 000 ton steenkool per dag, terwyl die Koeberg-kragstasie slegs 7,5 ton uraan in die afgelope 26 jaar gebruik het.

number 2 of 2010

57

Dit beteken dat die Kriel-kragstasie meer as 600 vragmotorvragte per dag teenoor Koeberg se een vrag per jaar gebruik. Wat egter wel nodig is, is meer belegging, meer navorsing en meer sekuriteit en sekerheid oor die bekamping van ’n moontlike bestralingsramp soos die een by Tsjernobil in 1986. Kernkrag is die toekoms. Watter alternatiewe energiemetodes is die wenner? Kernkrag moet ontwikkel word sodat dit die primêre voorsiener is van energie. Daarmee saam moet wind-, son- en getykrag gebruik word as aanvullingsmetodes. Orania is ’n uitstekende voorbeeld van hoe alternatiewe energiemetodes prakties toepasbaar is. Orania se fokus en doel is veel groter as net praktiese metodes om energie te bespaar. Volgens John Strydom van die Orania Beweging is daar pas ’n besluit deur die dorpsraad geneem om by alle nuwe woonhuise sonwaterverhitters verpligtend te maak. Daar is reeds talle huise wat sonkrag opwek as enigste of aanvullende bron. Strydom sê ook dat daar in Orania verskeie voorbeelde is van boustyle en materiale wat energie bespaar, soos strooibaalhuise. Orania oorweeg om in die toekoms groot beleggings in alternatiewe energiebronne te maak, en sodoende huise in Orania onafhanklik te maak van tradisionele steenkoolenergie. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


beroepsgesondheid en -veiligheid

FOTO: REINT DYKEMA

Hitte: Jou werk kan daaronder ly Temperature kan ondergronds tussen ongeveer 30ºC en 50ºC wissel, maar kan met doeltreffende verkoelingstelsels op nagenoeg 28ºC gehou word. Daar word egter gereken dat die temperatuur in ’n myn elke 100 m met 1ºC styg. Dit beteken dat werknemers in Suid-Afrikaanse myne in uitermatige hoë temperature werk, veral as in ag geneem word dat Suid-Afrika se goudmyne tot so diep as 3,8 km strek. Dié hoë temperature beïnvloed eindelik werknemers se gesondheid én werk, skryf ILZE NIEUWOUDT. nommer 2 van 2010

58

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


t

beroepsgesondheid en -veiligheid

alle studies is reeds gedoen om die invloed van hitte op mynwerkers te bepaal en die boodskap is duidelik: Werknemers wat aan hoë hittevlakke onder in myne blootgestel word, se suikeren bloeddrukvlakke daal aansienlik vinniger as werknemers wat nie in dié hittevlakke moet werk nie.

FOTO: iSTOCKPHOTO

HITTE EN JOU LIGGAAM – WAT GEBEUR? Luidens die studie “The effects of the thermal environment on health and productivity” belemmer uitermatige hoë hitte en humiditeit die verdamping van sweet wat veroorsaak dat ’n persoon nie hitte kan verloor nie. Daarbenewens veroorsaak dit ’n afname in ’n persoon se fisieke krag weens ’n toename in bloedsirkulasie na die vel en ’n afname in sirkulasie na die spiere, terwyl dit ook tot ’n afname in waaksaamheid en konsentrasie lei. As ’n werknemer nie genoeg vloeistof inneem wanneer hy of sy in hoë hittevlakke werk nie, sal hy of sy ontwater. Dit het ’n ernstige invloed op ’n werknemer se produktiwiteit. Navorsing het getoon dat as ’n werknemer slegs tussen 1% en 2% ontwater is (dit is gewoonlik wanneer ’n persoon begin dors voel), dit ’n verlaging van 6% tot 7% in sy of haar fisieke werkpas kan veroorsaak. Dit lei terselfdertyd ook tot ’n afname in die werknemer se konsentrasie. Sodra ’n werknemer tussen 3% en 4% ontwater is, kan dit sy of haar werktempo tot met 50% verlaag. KYK UIT VIR HIERDIE TEKENS Hoë hitte kan ernstige newe-effekte tot gevolg hê. Wees op die uitkyk vir tekens van gesondheidsprobleme soos hitteslag en hitte-uitputting. Dié toestande toon onder meer simptome soos verwarring, verlies aan bewussyn, hoofpyn, swakheid, naarheid, spierspasma en verlies aan koördinasie. Navorsing het getoon dat daar verskeie persoonlike veranderlikes is wat ’n regstreekse uitwerking het op ’n persoon se vermoë om hitte te reguleer en te hanteer. Die veranderlikes sluit in ouderdom, gewig, fisieke fiksheid, metabolisme, die gebruik van dwelms of alkohol, algemene gesondheid en die vermoë om by hitte aan te pas. As ’n werknemer vir tien ure in omstandighede van nagenoeg 35ºC werk, verloor hy of sy sowat ses liter vloeistof. ’n Werknemer wat in hoë hittevlakke werk en derhalwe baie vloeistof verloor, kan nie net water drink om ontwatering teë te werk nie. Die ideaal is om vloeistof in te neem wat die verlore elektroliete vervang. S

SIEKTES AS GEVOLG VAN UITERMATIGE HITTE Luidens die studie “Occupational heat exposure” wat deur kundiges in Australië saamgestel is, kan talle hitteverwante siektes onderskei word. Dié siektes kan ook in verskillende grade ervaar word. • Hittekrampe – Hittekrampe is onbeheersde spiersametrekkings wat gewoonlik in die kuitspier en dy-area voorkom en met werk in hoë hitte verbind word. Dit word ook verbind met werk wat in myne gedoen word en volg gewoonlik ook in gevalle waar werkers ontwater is. Studies toon dat genoegsame vloeistofinname die voorkoms van hittekrampe aansienlik kan verminder of voorkom. • Hitte-uitputting – Hitte-uitputting kom gewoonlik voor in gevalle waar persone se bloedsirkulasie nie aan die temperatuurregulasie van die liggaam kan voldoen nie. Persone wat aan hitte-uitputting ly, ervaar gewoonlik swakheid, hoofpyn, naarheid, duiseligheid en in sekere gevalle floute. Daar word algemeen gereken dat persone wat onfiks, oorgewig en ontwater is veral vatbaar is vir hitte-uitputting. • Hitte-uitslag (“prickly heat”) – Die term verwys na ’n soort inflammasie van die vel as gevolg van uitermatige sweet. Dit lei daartoe dat sweetgaatjies verstop raak en uiteindelik tot ’n veluitslag lei. • Hitteslag (“heat stroke”) – Hitteslag is ’n gevaarlike toestand waarin die liggaam nie meer daarin slaag om sy temperatuur te reguleer nie en dus gevaarlike hoë vlakke bereik. Hitteslag kan uiteindelik ernstige skade aan organe veroorsaak en selfs tot die dood lei.

GOUDGROEP HARMONY VERBIED VOEDSEL Die goudmaatskappy Harmony het onlangs ’n verbod geplaas op voedsel in die Tshepong-myn buite Odendaalsrus. Daar is ook ’n beperking geplaas op die hoeveelheid water wat by die myn afgeneem mag word. Harmony het bepaal dat werknemers slegs twee liter water per skof mag saamneem (geen ander vloeistowwe mag afgeneem word nie). Dié besluit volg nadat die maatskappy oorgegaan het tot drastiese stappe om onwettige mynbou hier hok te slaan. Onwettige mynbou word in baie gevalle onderhou deur die onwettige voorsiening van voedsel deur mynwerkers. Solidariteit het na die maatskappy gekap en beklemtoon dat dié benadering nadelige gevolge vir werknemers inhou. Daarbenewens bepaal die loonooreenkoms wat verlede jaar in die Kamer van

Mynwese gesluit is, dat Harmony-werknemers geregtig is om ’n maksimum van 500 gram kos en twee liter nie-alkoholiese vloeistof ondergronds te neem. Volgens Paul Mardon, Solidariteit se hoof van beroepsgesondheid en -veiligheid, is dit onder normale omstandighede noodsaaklik dat werknemers gesond eet. “Vir mynwerkers wat ondergronds werk, geld hierdie reël nog meer. Weens die hoë hittevlakke onder in myne daal werknemers wat in dié omstandighede werk se suiker- en elektrolietvlakke soveel vinniger.” Die daling in suiker- en elektrolietvlakke kan volgens Mardon daartoe lei dat werknemers fisieke swakheid asook ’n vermindering in konsentrasie en fokus ervaar. “Hierdie aspekte hou natuurlik ’n ernstige veiligheidsgevaar in en kan onder geen omstandighede geduld word nie.”

WHAT EFFECT DOES HEAT HAVE ON THE BODY? According to the study “The effects of the thermal environment on health and productivity” extreme heat and humidity hamper the evaporation of sweat, thereby preventing a person from cooling down. It causes a reduction in a person’s physical power owing to an increase in blood circulation to the skin and a decline in circulation to the muscles, while also leading to a drop in alertness and concentration.

nommer 2 van 2010

60

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


arbeidsake

Regsdienste ’n goed geoliede masjien Solidariteit Regsdienste is soos ’n uiters betroubare motor wat ’n goeie diensrekord het en boonop goeie waarde vir geld bied. Hulle het uitgebreide ervaring en nie ’n bang haar op die kop nie. Hier is ’n paar stories van hoe lede in moeilike tye bygestaan is, soos vertel deur CHARL OBERHOLZER.

FOTO’S: iSTOCKPHOTO

VUISHOUE VAL, MAAR LID BESKERM Solidariteit Regsdienste het namens ’n lid ’n saak van onbillike ontslag gewen nadat hy in ’n vuisgeveg met ’n kollega betrokke was. Die geveg het by ArcelorMittal plaasgevind nadat ’n ander werknemer die Solidariteitlid se voorraad geneem het en dit nie wou teruggee nie. Ná ’n aantal waarskuwings dat die ander werknemer sy eie voorraad moet gebruik, het hy aangehou om voorraad van die lid te neem. ’n Vuisgeveg het uitgebreek waarin albei partye houe uitgedeel het. Albei werknemers is van aanranding aangekla, skuldig bevind en ontslaan. Die voorval het reeds in 2006 plaasgevind en die saak is oorspronklik by die bedingingsraad vir die metaal- en ingenieursbedryf gewen waar die werkgewer beveel is om die werknemer weer in diens te neem. Die bevel is in hersiening geneem en tersyde gestel weens ’n prosedurele gebrek in die uitspraak wat die kommissaris gelewer het. ’n Tweede arbitrasie het plaasgevind waar ’n private arbiter opgetree het. Solidariteit het die saak op 26 Januarie 2010 gewen. Solidariteit het aangevoer dat die werknemer uitgelok is en uit selfverdediging opgetree het. Die kommissaris het gesê dat elke aanrandingsaak fyn nagegaan moet word, omdat daar altyd meer as een weergawe van gebeure is. Omdat daar reeds vier jaar verloop het ná die lid se ontslag, kon hy nie heraangestel word nie, maar hy het wel ses maande se vergoeding ontvang. Hierdie sukses is te danke aan Solidariteit Regsdienste se goeie litigasievermoë en toewyding. Die lid se regskoste sou meer as R100 000 beloop het indien hy nie aan ’n vakbond soos Solidariteit behoort het nie. Die lid het al hierdie ondersteuning vir net R72 per maand ontvang. Dit bewys weer: Solidariteit beskerm sy lede. SOLIDARITEIT STAAN SKOONMAKER BY Solidariteit se Regsdienste het ’n saak behartig namens mev. Claassen, wat reeds in 2007 afgelê is en nie geweet het of sy op ’n skeidingspakket geregtig is nie. Die lid het in Despatch vir Guestro, ’n kliënt van Fidelity Super Care Cleaning Services, gewerk. nommer 2 van 2010

62

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


arbeidsake Claassen se dienskontrak dui aan dat wanneer die werknemer sy spesifieke kliënt verloor, die werknemer by daardie kliënt dan ook sy werk outomaties kwyt sal wees. Die kliënt, Guestro, het laat tender vir ’n nuwe skoonmaakdiens en Fidelity Super Care Cleaning Services het sy kliënt verloor. Die KVBA het egter beslis dat die lid geregtig was op ’n skeidingspakket van sowat R18 000. Solidariteit het suksesvol aangevoer dat die werknemer inderdaad ’n permanente werknemer was en het deur die gebruik van kontraktuele beginsels aangetoon dat die dienskontrak nie vir ’n vaste termyn was nie. Die werkgewer wou die saak in hersiening neem en het aansoek gedoen om verlof tot appèl, maar was onsuksesvol. AFDELING PLANT UITKLOPHOU Solidariteit se arbeidshofafdeling het weer bewys dat hulle nie sommer teleurstel nie. Solidariteit het in die tweede ronde van ’n saak in die Arbeidshof vir S&J Office Furniture met ’n uitklophou bygedam. Mnr. Basson is reeds in November 2007 by S&J afgelê en het by Solidariteit om regshulp aangeklop. Die saak is na die KVBA verwys en Solidariteit se regspan het hulself deurlopend goed van hul taak gekwyt. In Maart 2008 het

die Arbeidshof die werkgewer beveel om ses maande se salaris aan die werknemer te betaal weens onbillike arbeidspraktyk en onbillike ontslag. S&J het teruggeslaan en aansoek gedoen vir die hersiening van die Arbeidshof se uitspraak. Solidariteit het Basson weer in die hof verteenwoordig. Nadat albei partye hulle argumente gestel het, het die hof in Januarie 2010 bevind dat die werkgewer wel onbillik opgetree het deur Basson te ontslaan. NUWE REGSPRESEDENT GESTEL Twee Solidariteit-lede is afgelê en het nie hulle skeidingspakkette en ander bonusse, soos kontraktueel beding, ontvang nie. Solidariteit het die werkgewer, die Albert Luthuli-munisipaliteit, gedagvaar. Albei lede was munisipale bestuurders by dié munisipaliteit in Mpumalanga.

Die munisipaliteit het die lede se skeidingspakkette, pro rata-prestasiebonusse en langdiensbonusse teruggehou. Die munisipaliteit het dus kontrakbreuk gepleeg. Dit het verder aan die lig gekom dat ’n ander munisipale bestuurder wel sy skeidingspakket en bonusse ingevolge sy dienskontrak ontvang het, wat die munisipaliteit se konsekwente toepassing van sy eie beleid in twyfel getrek het. Die munisipaliteit het verskeie spesiale pleite aangeteken, onder meer dat die Arbeidshof nie die nodige regsbevoegdheid het nie en dat Solidariteit se regstukke gebrekkig is. Hierdie desperate aanslag van die munisipaliteit het egter nie vir regter Van Niekerk gekeer om op 14 Januarie 2010 ’n uitspraak in die guns van Solidariteit te lewer nie. Regter Van Niekerk het bevind dat die Arbeidshof wel die regsbevoegdheid het om die lede se kontraktuele skeidingspakketeise aan te hoor – eise wat gewoonlik by die KVBA ingedien moet word. Die veldslag is gewen, regsjoernale is bygewerk en ’n nuwe regspresedent is geskep. Solidariteit-lede kan gerus voel met die wete dat dié uiters bekwame span tot hulle beskikking is. S


arbeidsake

Wat sê die wet oor rook? Deur Phil Davel

FOTO: iSTOCKPHOTO

VRAAG Kan my werkgewer weier dat ek rookpouses neem? Is hy nie besig om op my regte inbreuk te maak nie? Ons het nog altyd twee rookpouses van 15 minute elk per dag geneem, maar nou weier ons nuwe bestuurder en sê ons kan nie op die balkon rook nie. Wat sê die wet hieroor? ANTWOORD Die toestaan van rookpouses, net soos tee- en koffiepouses, word nie tans deur enige arbeidswetgewing verplig, verbied of gereguleer nie. Hoewel elke werkgewer ’n geskrewe rookbeleid in die werkplek moet hê, is dit onderhewig aan die diskresie van die werkgewer en ’n voorreg wat aan die werknemers toegestaan word. Dit is wel belangrik dat werkgewers besef dat die toestaan van rookpouses in die lig van die werkomstandighede en die moraal en behoeftes van werknemers beoordeel moet word, maar rookpouses bly steeds ’n voordeel en nie iets waarop ’n werknemer geregtig is nie. ’n Werkgewer kan selfs rookpouses geheel en al verbied, selfs al vereis die aard van die werkplek dit nie. Indien die werkgewer egter wel rookpouses toelaat, moet ’n spesifieke openbare plek as rookgebied aangewys word, mits dit aan sekere vereistes voldoen. Hierdie vereistes word deur die Wet op die Beheer van Tabakprodukte (Wet 83 van 1993, soos gewysig) vasgestel en die nie-nakoming van die regulasies kan aansienlike boetes vir werkgewers en selfs werknemers inhou. Die maksimum boete vir werkgewers wat rook buite die

toegelate gebiede toelaat, is tans R50 000. Werknemers kan met tot R500 vir dié oortreding beboet word. Die wet vereis onder meer dat ’n rookgebied nie meer as ’n kwart van die totale openbare oppervlakte beslaan nie en moet afgesonder wees van die openbare gebied met ’n soliede afskorting en ’n ingangsdeur waarop staan “ROOKAREA”. Die lug van so ’n gebied moet regstreeks na buite uitgelaat word. Geen persoon mag in ’n openbare plek rook nie. Wat belangrik is, is die gewysigde definisies van “openbare plek” en “werkplek” in die wet. ’n “Openbare plek” behels enige binnenshuise, bedekte of gedeeltelik bedekte gebied wat oop is vir die publiek of ’n gedeelte van die publiek en sluit in ’n werkplek en openbare vervoer. ’n “Werkplek” behels voorts enige binnenshuise, bedekte of gedeeltelik bedekte gebied waarin werknemers hulle werkverpligtings uitvoer en sluit in wandelgange, trappe, die hysbak, kafeteria en diesmeer. Dit sluit ook in gedeeltelik bedekte binnehowe, balkonne en parkeergebiede. Die werkgewer is verder verplig om werknemers wat nie aan sekondêre rook blootgestel wil word nie te beskerm en te voorsien dat hulle nie blootgestel word nie. Werknemers mag beswaar maak teen tabakrook in die werkplek sonder om bang te wees vir viktimisasie of vergelding. Die werkgewer kan ook nie as diensvoorwaarde, uitdruklik of stilswyend, van ’n werknemer verwag om in enige gebied van die werkplek te werk waar rook toegelaat word nie en mag nie van sulke werknemers vereis om ’n vrywaringsvorm te onderteken nie.

nommer 2 van 2010

64

JY & DIE REG Stuur jou vrae na Solidariteit Tydskrif: Jy & die reg, Posbus 11760, Centurion 0046; stuur e-pos na diens@solidariteit.co.za; of stuur ’n faks na 012 664 1102.

BEVORDERING ’N REG? Deur Johan Roos VRAAG Het ek ’n reg om bevorder te word? ANTWOORD Artikel 186(2)(a) van die Wet op Arbeidsverhoudinge omskryf ’n onbillike arbeidspraktyk as enige onbillike optrede deur die werkgewer rakende bevordering, demosie, proeftydperk (uitgesonderd geskille oor ontslag wat met proeftydperk verband hou), opleiding van die werknemer, of die voorsiening van voordele aan die werknemer. In Department of Justice v CCMA & Others (2004) 13 LAC 1.11.6 is bepaal dat die werknemer nie ’n reg het op bevordering nie, behalwe as ’n ooreenkoms bereik is, of as ’n wet bepaal dat so ’n bevordering moet plaasvind, of as ’n verwagting geskep word dat ’n werknemer bevorder sal word. Ingevolge artikel 186(2)(a) moet die werkgewer regverdig optree teenoor die werknemer en dit is dus noodsaaklik om die korrekte prosedure te volg wanneer ’n aanstelling gedoen word. Artikel186(2)(a) gee nie aan die werknemer die reg op bevordering nie, maar wel die reg op regverdige arbeidspraktyke.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


legal matters

Resigning before disciplinary hearing By Johan Roos QUESTION Can an employee resign before a disciplinary hearing?

FOTO’S: DALEEN DE JAGER; REINT DYKEMA

Phil Davel

Johan Roos

ANSWER An employee has the right to resign and he or she can tender his or her resignation at any time during his or her employment at a company. It has to be remembered that he or she has to give the required notice in terms of section 37 of the Labour Relations Act or his or her employment contract. In some cases, an employee resigns while the disciplinary process is under way and then refers the matter to the Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration (CCMA) as a constructive dismissal. The question that now arises is whether the employee can resign and refer a case of constructive dismissal to the CCMA in these circumstances. The question was addressed by Kynoch Fertilizers Limited v Webster [1998] 1 BLLR

27 (LAC) In this case, the employee was found guilty of dishonesty and was dismissed. The case had originally been referred to the industrial court, which found that the dismissal had been unfair and which referred the matter to the labour appeals court. The court found that the employee’s resignation and the acceptance of the resignation amounted to settlement. In other words, the sanction of the hearing and the circumstances had no influence on the case because the employee had resigned. The court also added that the employee had made a clear choice between litigation and leaving the workplace with a good reference. It was clearly his intention to resign and the employer accepted the resignation. Therefore, I would advise members not to resign before a hearing, especially if they want to take the case against an employer further. S


die lees werd

Kosmaak, knutsel, kuier by die kaggel REDAKTEURSKEUSE

THE AFRIKANERS Hermann Giliomee Tafelberg Publishers A second, expanded edition of Hermann Giliomee’s The Afrikaners: Biography of a People (R390,00) has recently been published. There is a long new chapter describing the story of the often fraught relations between the Afrikaners and the ANC since the 1987 conference in Dakar, Senegal, to the present day. Over the past ten years, the public mood has changed drastically. It is almost similar to what happened in the four years before the Great Trek (1832-1836), the four years between the Jameson Raid and the Anglo-Boer War (1895-1899), the five years between the Depression and Fusion (1929-1934), the five years after becoming a republic (1961-1966), and the nine years after PW Botha’s Rubicon speech in 1985. • Jaco Kleynhans interviewed Giliomee on Solidarity Radio. You can listen to the interview at: www.solidariteitradio.co.za (search for Hermann Giliomee).

IETS UIT NIETS

FOTO: iSTOCKPHOTO

Renate Zipfel Lapa Uitgewers Ons leef in ’n verbruikerskultuur waar kwessies rondom aardverwarming, organiese kos of ons beperkte hulpbronne slegs geïnterpreteer word as “wat gooi ek in watter blik”. Selfs hierdie herwinningsaksie het nog nie die verbruiker in Suid-Afrika aangespoor om deel van ’n globale “groen” aksie te wees nie. Met Iets uit Niets (sagteband; R135,00) dink jy twee keer voor jy weggooi. Hierdie boek sal elkeen nooi om met nuwe, kreatiewe oë na sogenaamde nietige of weggooiitems te kyk. Plastiek, papier, blik, glas en knope kry nuwe betekenis in jou huis met items soos fotorame, prettige handsakke, ’n Franse badkamermat en vele meer. Nie net is dit mooi nie, maar niemand sal glo dat dit uit ou rommel gemaak is nie! Elkeen van die projekte word toegelig met volkleurfoto’s, die lys van rommel en ekstra benodigdhede, stap-vir-stap metodes asook illustrasies en patrone. Hierdie boek kan ook nuttig te pas

KOMPETISIEWENNERS kom wanneer die vakansie te lank raak en die kinders nie meer weet wat om met hulleself aan te vang nie.

nommer 2 van 2010

66

Die wenners van Carla van der Spuy se Platsakwenke is Anke Spies van Sinoville en AC Snyman van Witbank.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


die lees werd

LEKKER KUIERKOS Carolié de Koster Lapa Uitgewers Ons Suid-Afrikaners is baie lief daarvoor om sommer in die kombuis so om die kospotte te sit en kuier. Naweke word gekenmerk deur kuiertyd wat met kos gepaardgaan. Elke gesin het gewoonlik ’n gunstelingdis wat uitstaan, soos tannie Dries se pampoentert, Ma se sjokolademousse, Suzanne se aartappelgereg, Sunel se slaaie en skoonma se sagopoeding. As jy graag iets nuuts wil voorsit, moet jy hierdie boek vir jou koop. Lekker kuierkos (sagteband; R135,00) gee nuwe inspirasie in die kombuis vir tien verskillende geleenthede. Dit is ook die soort resepteboek

wat jy kan gebruik as jy onverwags gaste kry en nie net toebroodjies vir hulle wil voorsit nie. Die resepte is sakpas en smaaklik, gemaak met bestanddele wat gewoonlik in jou koskas is. Lekker kuierkos word uitgegee deur Lapa Uitgewers en bestaan uit tien inspirerende spyskaarte wat elk tien resepte insluit. Elke spyskaart bevat die volgende afdelings: Ontbyt Vrugte, Ontbyt Hoofgereg, Sop, Vis, Vleis, Groente en Bykosse, Nageregte, en Gebak. Die temas van die spyskaarte is: Afrika-safari, Gesinskos, Warm winterdisse, Disse wat beïndruk, Klop jou begroting, Kos uit toeka se tyd; Lenteverrassings, Vakansiekos, Kos vir die buitelug, en Feestelike kos. Dit kan ook as ’n oulike geskenk aan ’n nuwe bruid gegee word.

IN DIE MOND VAN DIE WOLF Paul C. Venter Lapa Uitgewers Paul C. Venter, met sy buitengewone skrywerstalent, sorg weer vir nuwe leesgenot met In die mond van die wolf (sagteband; R130,00). Hy vertel uit sy hart van ’n plek in die Karoo, ’n plek geteister deur droogtes, storms en Bybelse plae. ’n Plek van geloof en wonderwerke, van duiwels en die dood wat helder oordag toeslaan. Die inwoners noem dit die Ouveld. Dit is ’n plek vol spoke en bygelowe, wilde diere, mense met wilde emosies, baie humor, baie trane. En propvol stories: Ware stories, bangmaakstories, grootliegstories. Saam vertel hulle die diep menslike en soms verbysterende geskiedenis van ’n harde, magiese wêreld waar die stedeling óf verby ry óf net petrol ingooi.


histories gesproke

Majuba: Voorwaar ’n berg van volkstrots

FOTO: MAGDALEEN KLEYNHANS

e

Deur Magdaleen Kleynhans

k het soveel goeie herinnerings aan die berg Majuba. Netnou het ek deur van my vriende se Majubafoto’s op Facebook geblaai. Mense wat voor tente sit en kuier, stomende koppies koffie in die hand met die mis wat dig om die berg in die agtergrond hang. Elke jaar kampeer ’n paar duisend mense oor die naweek die naaste aan 27 Februarie by Majuba om die Slag van Majuba te herdenk. Ek self het al ’n paar keer daar gaan kampeer en saam met die slang mense teen die berg opgekronkel. Al singende en stomende. Bo-op die berg is daar gewoonlik ’n kenner wat dan die geskiedenis oor hierdie laaste van vier militêre botsings tussen Groot-Brittanje en die Boere van Transvaal gedurende die Eerste Vryheidsoorlog vertel. Die Boere het as oorwinnaars uit die stryd getree en dit het die Britte gedwing om Transvaal weer sy vryheid te gee nadat dit op 12 April 1877 geannekseer is. Dit het nou al ’n paar jaar gebeur dat die berg die Vrydagaand met fakkels uitgeklim is. Dit is een van die mooiste prentjies om te aanskou. Bo-op die berg het ons dan in ’n groot sirkel gestaan en ou volsliedere gesing

terwyl die mistigheid om ons toesak. Dit is ook op Majuba wat die volgende lied vir my beter betekenis gekry het: Kent gij dat volk vol heldenmoed En toch zo lang geknecht? Het heeft geofferd goed en bloed Voor vrijheid en voor recht. Komt, burgers! laat de vlaggen wapp’ren, Ons lijden is voorbij; Roemt in de zege onzer dapp’ren: Dat vrije volk zijn wij! Dat vrije volk, Dat vrije volk, Dat vrije, vrije volk zijn wij! Gedurende die nag van 26 Februarie het 405 Britte, onder generaal Colley se bevel, die berg Majuba beset. Teen dagbreek is die soldate om die kruin van die berg geplaas. Onder leiding van kommandant Joachim Ferreira, assistent-veldkornet Fanus Roos en assistent-veldkornet Danie Malan is daar drie afdelings van vrywilligers gevorm wat onder bevel van generaal Nicolaas Smit die berg op Sondagoggend bestorm het. Teen die middag het die Boere op die Britte losgetrek en hulle by Gordon se koppie verower. Hulle het daarna oor die kruin ge-

nommer 2 van 2010

68

stroom en die Britte verder verdryf en groot verliese toegedien. Die Britte het na die suidekant van die berg gevlug. Generaal Colley is bo sy regteroog raakgeskiet en is op die berg oorlede. Die res van die Britse soldate moes vlug en is beseer toe hulle oor die agterste kruin van die berg gespring het. Die ander is geskiet of gevange geneem. Van die Britse soldate het 92 gesneuwel, 134 is gewond en 59 is gevange geneem. Slegs twee Boere het tydens die Slag van Majuba gesneuwel. Kenners beweer dat die Boere se goeie kamoefleerdrag tot hul oorwinning bygedra het. Die Britte kon hulle nie sien nie en die Boere het op hulle beurt weer die Engelse makliker raakgesien. Die Slag van Majuba was vir die Boere belangrik omdat dit hulle eie volksbestaan weer bevestig het en hulle die selfvertoue en trots in hul taal en kultuur gegee het wat tot latere weerstand teen Groot-Brittanje tydens die Tweede Vryheidsoorlog gelei het. Elke Afrikaner moet ten minste een keer in sy of haar lewe die berg Majuba uitklim en dieselfde trots in sy of haar hart voel klop. Daar gaan jy weer besef dat jy deel van ’n volk is – een wat ’n Almagtige God aanbid. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


histories gesproke

Museum vertel van ’n nasie se pynlikste oorlog

v

Deur Ilze Nieuwoudt

ir die Afrikaner was die AngloBoereoorlog meer as net ’n oorlog. Dit was ’n gebeurtenis wat ’n nasie onherroeplik verander het – ’n oorlog wat as die pynlikste tydperk vir die Afrikaner beskou word en ’n oorlog wat gesinne en families uitmekaar geruk het. Die Oorlogsmuseum in Monumentweg, Bloemfontein gee aan die besoeker die geleentheid om teruggevoer te word na dié tydperk. Die museum bied ’n unieke kunsversameling en uitstallings wat die wêreld van die Anglo-Boereoorlog aan die besoeker oopstel. Daarbenewens bied dit ook ’n blik op die omstandighede en lewe in die konsentrasiekampe en krygsgevangenekampe wat dié oorlog gekenmerk het. Die museum vertel die verhaal van hoe ’n nasie geskaaf en gevorm is deur die grootste

oorlog waaraan die Afrikaner nog deelgeneem het. Benewens die normale en vaste uitstallings bied die museum ook gereelde byeenkomste en geleenthede wat die verhaal van die Anglo-Boereoorlog in diepte ondersoek. GELEENTHEDE OM BY TE WOON Die Oorlogsmuseum bied onder meer die volgende unieke geleenthede in 2010 aan: • 22 Mei – Die begin van die guerillafase van die oorlog: ’n Historiese skynaanval word aangebied asook lesings en ’n DVDvertoning oor dié fase van die oorlog. • 16 Junie – Opening van die opvoedkundige sentrum en kindermuseum. • 9 Augustus – Vroue van staal: ’n Uitstalling met handwerk wat vroue gedurende die Anglo-Boereoorlog gemaak het. Hiertydens sal ook ’n kwilt oor die vroue van die

oorlog bekendgestel word. Die geleentheid sluit ook lesings oor vrouwees en ’n DVD-vertoning oor Emily Hobhouse in. • 22-24 September – Die begin van die konsentrasiekampstelsel: ’n Werksessie en ’n konferensie word aangebied oor die geskiedenis en bewaring van die talle konsentrasiekampterreine regoor SuidAfrika. Die geleentheid sluit ook ’n fotouitstalling en ’n DVD-vertoning van die TV-reeks Verskroeide aarde in. Die Bethulie-konsentrasiekampmonument sal ook hiertydens onthul word. • 20 November – Die eerste media-oorlog: Tydens die geleentheid sal ’n uitstalling van spotprente en koerantartikels en ’n DVD-vertoning getiteld The First Media War aangebied word. • Bron: www.anglo-boer.co.za S

Die museum is weekdae oop van 08:00 tot 16:30, Saterdae van 10:00 tot 17:00, en openbare vakansiedae van 09:00 tot 17:00. Die museum is gesluit op Goeie Vrydag, Kersdag en Nuwejaarsdag. Skakel 051 447 3447 of 051 4470079.


tot u diens

Kantore – legendaries, lojaal en landwyd! BELLVILLE

KATHU

Ettienne Pio, Raymond Holland-Chapman, Anton Gerretsen, Bennie Harmse, Mike Goussard Administratiewe beampte: Nicole Harmse Tel: 021 946 4440/4478 Faks: 021 949 4259 E-pos: bellville@solidariteit.co.za Straatadres: Du Toitstraat 18, Bellville

RUSTENBURG

Gert van Wyk Administratiewe beampte: Jaatjé Hanekom Tel: 053 723 1604 Faks: 053 723 1407 E-pos: kathu@solidariteit.co.za Straatadres: Rietbokstraat, Kathu

BOKSBURG

Theunis van Staden, Johan Nell Administratiewe beampte: Christelle Grobler Tel: 014 592 4336 Faks: 014 592 4371 E-pos: rustenburg@solidariteit.co.za Straatadres: H.v. Heystek- en Thabo Mbekistr. Heystek Ontwikkelaars, Kantoor 4, Total Garage, Rustenburg

NEWCASTLE

Francois van Heerden, Zirk Gous, Amanda Hattingh, Fanie Vosloo, Derek Mans Administratiewe beamptes: Marlindie Booyens, Natasha van Heerden Tel: 011 913 0783/1101 Faks: 011 913 3850 E-pos: boksburg@solidariteit.co.za Straatadres: Rondebultweg 232, Libradene

Johan Botha Administratiewe beampte: Elize Bronkhorst Tel: 034 312 9711/9917 Faks: 034 312 5170 E-pos: newcastle@solidariteit.co.za Straatadres: Hardingstraat 79, Sanlampark, Blok B, Newcastle

CARLETONVILLE

SECUNDA Kobie de Villiers Administratiewe beampte: Sandra Scheepers Tel: 017 634 5296 Faks: 017 634 5297 E-pos: secunda@solidariteit.co.za Straatadres: Eerste Vloer, h.v. Joe Slovo- en Moorestraat, Uitbreiding 22, Secunda

SOLIDARITEIT-HOOFKANTOOR

Willie van Rensburg Administratiewe beampte: Petro Watson Tel: 018 788 4861/018 786 2785 Faks: 011 788 5102/011 388 9854 E-pos: carlton@solidariteit.co.za Straatadres: Van Zyl Smitstraat 74, Oberholzer, Carletonville

Tel: 012 644 4300 Tel: 0861 25 24 23 E-pos: diens@solidariteit.co.za Webwerf: www.solidariteit.co.za Straatadres: H.v. D.F. Malanrylaan en Eendrachtstraat, Kloofsig Posadres: Posbus 11760, Centurion, 0046

DESPATCH

PIETERSBURG

Piet Veldtman Administratiewe beampte: Marlene Veldtman Tel: 041 933 5144/5145 Faks: 041 933 5539 E-pos: despatch@solidariteit.co.za Straatadres: Hoofstraat 91, Despatch

ELLISRAS

Eric Schoeman Administratiewe beampte: Arlene Lourens Tel: 015 297 0287 Faks: 015 297 1589 E-pos: polokwane@solidariteit.co.za Straatadres: Biccardstraat 79 (3A), Pietersburg

VAALDRIEHOEK Jaco van den Berg, Johan Venter, Gerhard Cloete, JJ Fernandes, Lee Coetzee Administratiewe beamptes: Nadia Coetzee, Rika Cronje Tel: 016 931 3160/2/4 Faks: 016 931 3171/011 252 7271 E-pos: vaaldriehoek@solidariteit.co.za Straatadres: Rossini-boulevard 130

PRETORIA

Jan Pretorius Tel: 014 763 9511 Faks: 014 763 9511 E-pos: ellisras@solidariteit.co.za

Jack Loggenberg, Jahni Cowley, Keith Rossouw, Chris Roodt, Schalk de Bruin, Willie Venter, Connie Badenhorst Administratiewe beamptes: Christa Louw, Anke Cloete Tel: 012 335 9051/2 • Faks: 012 335 9002 E-pos: pretoria@solidariteit.co.za Straatadres: H.v. Lambert Lee- & Van Rensburgstraat, Mayville

KLERKSDORP

WELKOM Lea Hardy, Coen Schoonraad Administratiewe beamptes: Reinette Hardy, Sue Nel Tel: 057 352 6839 Faks: 057 357 2072 E-pos: welkom@solidariteit.co.za Straatadres: Grondvloer, Haddad-gebou, h.v. Buiten- en Elizabethstraat, Sakesentrum

RICHARDSBAAI

Manie Lourens, Willie Marais Administratiewe beampte: Nicoline Crafford Tel: 018 468 8533 Faks: 018 468 8563 E-pos: klerksdorp@solidariteit.co.za Straatadres: Buffeldoringlaan 48, Eenheid 2, Buffelparksentrum, Klerksdorp

Hennie Vosloo Administratiewe beampte: Chantelle van der Merwe Tel: 035 789 0968/9 Faks: 035 789 0967 E-pos: richardsbaai@solidariteit.co.za Straatadres: Liralinkstraat, Eenheid 7, Montego Park, Richardsbaai

nommer 2 van 2010

70

WITBANK Cornelius van Leeuwen, Jan du Plessis Administratiewe beamptes: Irma Oberholzer, Sonja Bekker Tel: 013 656 3871 Faks: 013 656 6846 E-pos: witbank@solidariteit.co.za Straatadres: Bureau de Paul 2B, Corridorsingel, Route N4 Business Park, Ben Fleur X11

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


tot u diens

Nuwe adres, dieselfde gehaltediens! Solidariteit se dienskantoor in Despatch.

Nuwe baadjie vir dié vier dienskantore Solidariteit het sestien dienskantore regoor Suid-Afrika om dienslewering na sy lede te neem. Om te verseker dat die diens en beeld van Solidariteit oral op standaard is, word daar gereeld oor die ligging en voorkoms van die dienskantore besin. Vier dienskantore het onlangs geskuif, berig ILZE NIEUWOUDT.

KLERKSDORP

DESPATCH

Vorige adres: Perseel 7, Buffeldoringlaan 54, Klerksdorp. Nuwe adres: Eenheid 2, Buffelparksentrum, Buffeldoringlaan 48, Klerksdorp. Die Klerksdorp-kantoor beskik oor die kundige dienste van twee voltydse organiseerders asook ’n vriendelike administratiewe beampte. Klop aan by die Klerksdorpkantoor en gesels met Manie Lourens, Willie Marais of Nicolene Crafford as jy enige navrae of probleme by die werk het.

Vorige adres: Hoofstraat 115, Despatch. Nuwe adres: Hoofstraat 91, Despatch. Die Despatch-kantoor in die Oos-Kaap het letterlik net afgeskuif in die straat. Hier kan jy steeds op organiseerder Piet Veldtman en administratiewe beampte Marlene Veldtman se knoppie druk as jy arbeidsnavrae het of bystand benodig.

RICHARDSBAAI

FOTO: VERSKAF

Vorige adres: Callypso-sentrum 21B, h.v. Liralink- en Krugerrandstraat, Richardsbaai. Nuwe adres: Eenheid 7, Montego Park, Liralinkstraat, Richardsbaai. As jy in die Richardsbaai-omgewing woon en werk, klop híer aan. Organiseerder Hennie Vosloo of die administratiewe beampte, Chantelle van der Merwe, sal jou bystaan.

CARLETONVILLE Vorige adres: Petokongebou, Palladiumstraat 2, Carletonville. Nuwe adres: Van Zyl Smitstraat 74, Oberholzer. Die Carletonville-kantoor het wel geskuif, maar jy kan steeds staatmaak op die kundige raad van organiseerder Willie van Rensburg en die hulp van administratiewe beampte Petro Watson. So, as jy ’n Solidariteit-lid in dié geweste is, kom loer in en kry die diens wat jy verdien.

WAAR IS JOU NAASTE SOLIDARITEIT-KANTOOR? Solidariteit het ’n dienskantoor reg om die draai van jou. Boonop is Solidariteit se vinnige en doeltreffende diens net ’n foonoproep ver. Gebruik hierdie nuttige kaart om te bepaal waar jou naaste Solidariteit-kantoor geleë is.

Vir inligting oor die Solidariteit-kantore of vir enige ander navrae, skakel die Solidariteit Dienssentrum by 0861 25 24 23.

nommer 2 van 2010

72

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


stilwo(o)rd

’n Atlantis in almal van ons

FOTO’S: YOLANDÉ TERBLANCHE; iSTOCKPHOTO

d

it is onpersoonlik in die stad, het my vriende op die platteland simpatiek gesê toe ons jare gelede hierheen getrek het. “Niemand ken jou of gee om wie jy is nie. ’n Mens word maklik eensaam.” Miskien waar. Maar net gedeeltelik. In jou klein sosiale kringe werk dinge baie soos op die platteland. En selfs in die wyer, onbekende dele waar jy beweeg om werk toe te ry, raak die bakens en mense soos ou bekendes wat jou elke oggend groet. Halfsewe sit die rolstoelman elke oggend sy koerant voor die parkie se hekkie en lees. Vyf en twintig voor kry ons die fietsryer langs Fratesweg. Oorkant die Jakarandasentrum sit die vrou met die baba op die rug voor ’n omgekeerde krat om Niknaks en appels aan verbygangers te verkoop. As ons twintig voor by haar verby is, sal ons dit nog maak – al is daar ’n gebreekte bus om die draai. Dan is daar die bedelaars by die verkeersligte. Een van hulle trek my aandag meer as die ander. Hy het ’n soort waardigheid. Dit is ’n lang man met min hare, altyd ’n langbroek en skoon hemp, en met ’n geheimsinnige glimlag. Hy maak nie oogkontak nie, vou nie sy hande smekend nie, wys nie met sy hand na sy mond om te wys hy is honger nie. Hy staan net daar en glimlag, beskou die wêreld om hom, kyk na die motors se nommerplate, en hou ’n kreatiefbewoorde bord voor sy bors: “Just down, not yet out. Any help appreciated.” Ek begin naderhand uitkyk vir mnr. “Just Down Not Out”. En later begin ek vir hom

’n broodjie inpak. “Baie dankie, ek waardeer dit,” sê hy met ’n heserige stem elke keer as hy dit neem. Een oggend kan ek my nuuskierigheid nie meer bedwing nie, en vra in die paar sekondes voor die lig weer groen word: “En wat is jou naam?” “Atlantis,” antwoord die man met die geheimsinnige glimlag. En met ’n soort trots: “Op die databasis van binnelandse sake is ek die enigste SuidAfrikaanse man met dié naam.” Atlantis! Wat ’n geheimsinnige naam vir ’n geheimsinnige man! Atlantis was die naam van ’n verlore stad in ’n legende waarvan die Griekse wysgeer Plato geskryf het. Hierdie stad was, volgens die legende, ’n welvarende handelstad op ’n pragtige eiland vol minerale, wilde diere en eksotiese plante. Maar omdat die mense immoreel en gierig begin leef het, het die gode die stad onder die see in laat sink. Atlantis – verlore welvaart, verlore vreugde, verlore lewens. Net soos Atlantis by die verkeerslig, wat duidelik ’n beter lewe geken het, en nog altyd hoop dat sy situasie tydelik is en dat hy nog sal kan terugkeer na die lewe wat hy gehad het voordat dit deur ellende en armoede oorstroom is. Daar is ’n Atlantis in elkeen van ons. Ons het almal verspeelde kanse, teleurstellings, seerkry en pyn ervaar. Gelukkig slaap ons nie almal onder die sterre of staan by ’n verkeerslig met ’n kartonbord nie. Maar die Atlantis in ons smeek ook om herstel; om ’n terugkeer na wat mooi en goed is. Maar teëspoed, ons eie onvolmaaktheid en die foute van mense rondom ons sal altyd met ons wees.

number 2 of 2010

73

S T I LWO ( O ) R D marietha malan Tog mag ons rustig slaap in die wete dat ons foute en onvolmaakthede deur Christus weggewas is, sodat ons tog eendag in ’n volmaakte stad sal woon: Die nuwe Jerusalem! Ons lees daarvan in Openbaring 21: “Die stad het die heerlikheid van God: sy glans is soos die van die kosbaarste edelsteen, soos ’n kristalhelder opaal.” (vers 11). “Die strate van die stad is van suiwer goud, blink soos ’n spieël.” (vers 21). “Die stad het nie die son en die maan nodig om hom te verlig nie, want die heerlikheid van God het hom verlig, en die Lam is sy lamp.” (vers 23). Atlantis, my vriend, mag jou naam ook op daardie databasis wees. Daar sal jy nooit weer eensaam of honger wees nie, sal jy spierwit klere dra. Onpersoonlik in die stad? Watwou. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


promosie-artikel

Kry ’n prokureur aan jou kant

FOTO’S: iSTOCKPHOTO

i

n Solidariteit Finansiële Dienste se voortdurende strewe om voordele vir lede te bekom, is die SolReg-produk etlike jare gelede in oorleg met LegalX (Edms) Bpk beding. Die SolReg-produk bestaan uit regsversekering en telefoniese regsadviesdienste, wat ’n uitbreiding is van die omvattende dienste wat Solidariteit reeds bied. SolReg is aanvullend tot die arbeidsdienste wat die vakbond lewer en dit bied aan duisende Solidariteit-lede dekking vir regsaangeleenthede wat nie normaalweg deur die vakbond hanteer word nie. Die versekeringsdeel van SolReg dek lede teen regskoste vir sake wat ontstaan nadat hulle lid geword het en gee aan lede toegang tot ’n nasionale paneel van praktiserende prokureurs. Deur die telefoniese regsadviesdiens kry lede 24 uur per dag toegang tot ervare regsadviseurs vir enige aangeleentheid, hetsy dit voor of ná die aanvang van lidmaatskap ontstaan het. Die produk sluit ook ’n unieke borgdiens in waardeur gearresteerde lede se vrylating beding word. In die laaste tyd het ons gemerk dat meer en meer lede van hierdie voordeel gebruik begin maak weens toenemende arrestasies na-ure, selfs al is die lid die klaer wat die saak by die polisie aanhangig gemaak het. Lidmaatskap aan SolReg is vrywillig en moet bykomend tot vakbondlidmaatskap uitgeneem word. Teen slegs R65 per maand geniet lede en hulle families toegang tot hierdie ekstra regsdienste, asook dekking teen regskoste tot ’n maksimum van R35 000 per jaar en R15 000 per saak. Sekere bepalings en voorwaardes geld, en die besonderhede is op aanvraag beskikbaar. Hier is een van ons lede se verhaal: “Ek het op ’n Vrydagmiddag die na-ure-regsbystandlyn geskakel, desperaat op soek na hulp. Ek het geskakel vanaf ’n tronksel waar ek aangehou is ná onregmatige inhegtenisneming vir die beweerde versuim om onderhoud te betaal. Die onderhoud was inderwaarheid betaal, maar niemand het die SAPD ingelig dat die lasbrief teruggetrek is nie. Nieteenstaande verskeie verduidelikings aan die SAPD is my vertoë geïgnoreer. Ek was oortuig dat ek onnodig ’n stresvolle naweek in die tronk sou bestee. Gelukkig het die regsbystandlyn tot my redding gekom. Die

0861SOLREG (0861 765 734) www.legalex.co.za

prokureur het etlike oproepe gemaak en uiteindelik die onderhoudsbeampte wat oorspronklik met die aangeleentheid gewerk het, opgespoor en haar oortuig om saam te werk. Sy het die polisie opdrag gegee om my onmiddellik vry te laat. Ek was uiters beïndruk met die vinnige en doeltreffende bystand – dit het my ongetwyfeld gered van ’n potensieel gevaarlike situasie.” – M. Prinsloo. Dit bly ons voorreg om aan ons SolReglede ’n uitmuntende diens te lewer, 24 uur

nommer 2 van 2010

74

per dag. Lede wat daarin belangstel om hierdie voordele te bekom of enige navrae het, is welkom om 0861SOLREG (0861 765 734) te skakel of www.solidariteit.co.za of www.legalex.co.za te besoek. SolReg-groete W. Barnard Direkteur LegalX (Edms) Bpk

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a



Solidariteit Tydskrif | Solidarity Magazine - #2 2010