Issuu on Google+

WEN!

WIELE MET WOEMA

BLADSY 35

DIENSLEWERING

AfriForum pak verval van PLAASLIKE REGERINGS SELFSTANDIGE INSTELLINGS die ware rigsnoere

Hiér word jou

RETRENCHMENT:

belastinggeld

The very last option

PROJEK LEERKRAG Só help Helpende Hand gehalte-onderwys verseker

ONS BOU

NUWE TUISTE VIR SOL-TECH NUWE AFRIFORUM-GEBOU 05 • 2013

VERMORS

PLAASMOORDE:

AfriForum pak polisieminister

R5 MILJOEN IN

STUDIEHULP

VIR ONS LEDE!

www.solidariteit.co.za

R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede I SSN 1683562 -X

9 771683

562000

Solidariteit Beweging

ons maak wéér

AKADEMIA SPOG MET EERSTE DRIEJAARGRAAD

GESKIEDENIS

SOLIDARITEITLEDE ONTVANG 20%-AFSLAG BY AKADEMIA BLADSY 22

NOG NADER AAN DROOM VAN AFRIKAANSE UNIVERSITEIT


Solidariteit Finansiële Dienste Solidariteit Beweging

Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556

Motor- en huisinhoudversekering deur Solidariteit is ’n produk van Auto & General. Auto & General is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 16354


05 2013

Solidariteit Solidarity

GEREELD 6 7 8 54 73

Met die intrapslag Ons mag nie stilbly nie Seepkis Ons lede sê hul sê SpreekBuys Ons pak groot opbouprojekte Jy & die reg Sosiale media: Niks in stilligheid nie In retrospek Kners, briek, vashou... en vertrou

inhoud

NUUSWAARDIG 10 11 12 14 15 16 18 20 22 24 26

Liberaal práát verdoesel kwaad Are municipalities ready to serve? Hiér word jou belastinggeld vermors Selfstandige instellings die ware rigsnoere AfriForum pak verval van plaaslike regerings Plaasmoorde: Hoe lank nog? Donker kant van Nasionale Ontwikkelingsplan Groot sprong op pad na privaat universiteit 20%-afslag vir Solidariteit-lede by Akademia Eerlike juffrou ontvang uiteindelik vergoeding Banke neig na bondels, koste stagneer

BEDRYFSNUUS 28 29 30 31 32 33 34 34 36

Retrenchment: The very last option Wat verkort die leeftyd van SA se myne? Regstellende sanksie of regstelaksie by SAAT Lockout at work: What you should know “Ons word afgekeur omdat ons bruin is” Solidarity shows its mettle at Evraz Highveld Steel “Skaf regstelaksie nou in staatsdiens af ” Wage agreement finally on paper Só veg Solidariteit landwyd vir sy mense

IN BEWEGING 37 38 45 46 47 48 49 50 52 53 56 57 58 60 61 62 63 64 66 68 70 71 72

AfriForum stel Projek 1 000 bekend Webwerftender in AfriForum se visier Helpende Hand neem onnies na VSA Duisende leerlinge vind baat by assistente Honderde sit hand by, brei vir bejaardes Studielening ontluit jonge se toekoms Beurse skep hoop, gee selfvertroue hupstoot Beleggings: Oorweeg gerus verhuureiendom Sol-Tech spog met nuwe tuiste Oudstudent trap dat dit klap by Deaflympics Solidariteit beskerm lede met durf en daad Die binnewerking van ’n munisipaliteit Onwettige mynaktiwiteite in die kollig Co-operating while co-parenting Retirement worries can age you instantly Fixing your mistakes in the workplace Dit was nie die ooreenkoms nie, sê Pik Stem vir Grootste Afrikaanse Liedjie en wen groot pryse! Jy het die kans om ’n wenner te kies Buckets full of benefits for our members Solidariteit-dienskantore 1 400 km te perd na Bloedrivier Die hartklop van ’n Bittereinder

SOLIDARITEIT-HOOFKANTOOR SOLIDARITY HEAD OFFICE H.v. D.F. Malan- & Eendrachtstraat, Kloofsig

Tel: 012 644 4300 www.solidariteit.co.za 0861 25 24 23 REDAKTEUR

EDITOR

Johan Kruger

KOPIEREDAKTEUR

COPY EDITOR

NUUSREDAKTEUR

NEWS EDITOR

Moira-Marie Kloppers Cilleste van der Walt

WEBREDAKTEUR

WEB EDITOR

Daleen Gouws

ADVERTENSIES

ADVERTISEMENTS

Denise Viljoen – tel: 082 352 7147 Adrie van Dyk – tel: 082 850 6784 ADVERTENSIE-ONTWERP ■ ADVERTISEMENT DESIGN

Martie Maree

TAALVERSORGING ■ LANGUAGE EDITING

Aksent Media

INTEKENARE

SUBSCRIPTIONS

Heleen Nortjé

REKENINGE

ACCOUNTS

Elna Botes

MEDEWERKERS

CONTRIBUTORS

Flip Buys, Ilze Nieuwoudt, Reint Dykema, Johan Roos, Esmarie Prinsloo, Daleen Gouws, Juanita du Preez, Appie Pienaar, Nico Strydom, dr. Danie Brink, Marietha Malan, Inge Strydom, Paul Mardon, Ernst Roets, Karin Venter, Piet le Roux, Ian Cameron, Ivan Herselman, Nadia Pinto, Suné van Heerden. UITLEG, ONTWERP, REPRODUKSIE

Tel: 082 445 4513

media

aksentmedia@vodamail.co.za

DRUKWERK

PRINTING

Paarl Media Gauteng

VERSPREIDING

DISTRIBUTION

Prestige Bulk Mailers, Pretoria

Solidariteit Tydskrif is lid van die Ouditburo van Sirkulasie en word uitgegee deur die Solidariteit Beweging, Posbus 11760, Centurion 0046. Geen deel van die inhoud mag sonder die toestemming van die redakteur elders gebruik word nie. Solidariteit of die tydskrif aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige aansprake wat deur adverteerders gemaak word nie.


met die intrapslag

D

Johan Kruger is hoof van kommunikasie en die Solidariteit Navorsingsinstituut.

GEBREKKIGE of GEEN DIENSLEWERING het nou al so deel van ons lewe geword dat ’n mens nie eers meer energie wil mors om daarop te reageer nie. Ons mag egter nie ophou om daarop aan te dring dat die staat sy WERK moet doen nie. Daarsonder sal dinge eenvoudig net vinniger agteruitgaan.

Foto’s: Reint Dykema; iStockphoto.com

Ons mag nie STILBLY nie

6

ie staat is verantwoordbaar aan sy burgers en indien dit nie so is nie, moet die regering tot verantwoording geroep word. Gebrekkige of geen dienslewering het nou al so deel van ons lewe geword dat ’n mens nie eers meer energie wil mors om daarop te reageer nie. Ons mag egter nie ophou om daarop aan te dring dat die staat sy werk moet doen nie. Daarsonder sal dinge eenvoudig net vinniger agteruitgaan. Dit is vir ons as vakbond en Beweging noodsaaklik dat belastinggeld vir ons lede werk. Juis om hierdie rede sal jy in hierdie uitgawe lees van die Leefbaarheidsmonitor vir Gauteng wat onlangs deur die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) bekendgestel is. Die monitor meet die leefbaarheid binne munisipaliteite in ’n bepaalde provinsie. Aan die hand van ’n reeks meetbare maatstawwe word punte aan munisipaliteite toegeken. Die belang van so ’n monitor is dat burgers, gewapen met goeie navorsing, munisipaliteite nou tot verantwoording kan roep. As Beweging het ons dit ook ten doel om soveel druk as moontlik op die staat te plaas om sy werk te doen, hetsy by wyse van litigasie of petisies of ander vorme van protes. In hierdie volgepakte uitgawe kyk ons ook na ander belangrike veldtogte waarmee ons as Beweging besig is. AfriForum se “Hoe lank nog?”-veldtog raak weer die krisis van plaasmoorde en plaasaanvalle aan. Ook op hierdie

05/2013 • www.solidariteit.co.za

terrein moet ons deurgaans ons stem laat hoor en nie ophou om die regering tot verantwoording te roep nie. Dit is nie goed genoeg dat die regering eenvoudig skouers optrek en aanvoer dat plaasaanvalle nie spesiale aandag en oplossings verg nie. Nee, die staat het ’n verpligting om die kwesbare boerderygemeenskap te ondersteun en te beskerm, en ons kan dit nie genoeg sê nie. Op die gebied van werkerregte maak die nuutste boek uit die pen van dr. Dirk Hermann ’n belangrike bydrae tot die debat oor regstellende aksie. Ons berig oor sy nuutste boek, Regstellende trane – Waarom verteenwoordigendheid nie gelykheid is nie. Deur die lens van persoonlike vertellings van ’n aantal persone wat deur regstellende aksie benadeel is, stel hy dit weer aan die orde dat die regering se rasbehepte model vir regstellende aksie misluk het. Ware regstelling sal eers kom wanneer die regering behoorlike aandag gee aan opleiding en onderwys van gehalte. Ook op hierdie gebied mag ons nie stilbly nie, maar moet ons aanhou om ons stem te laat hoor. Geniet hierdie uitgawe wat uit sy nate bars van lekker leesstof en laat gerus jou stem hoor!

JOHAN KRUGER REDAKTEUR

slegs 9

uit 278 MUNISIPALITEITE het in die 2011/2012-boekjaar ongekwalifiseerde oudits ontvang. Daar was ook R9,2 miljard se ONREGMATIGE BESTEDING.

Só verval ons plaaslike regerings – bladsy 15


Seepkis

Word deel van die gesprek by www.blog.soldariteit.co.za of op een van die sosiale netwerke. Of skryf aan Seepkis, Posbus 11760, Centurion 0046; of stuur ’n e-pos na tydskrif@solidariteit.co.za

Ag man, dis lekker in die TRONK 7/19/13

9:51 AM

Page 46

inbeweging

2013 Uitgawe4 p27-50:Layout 1

R1 260 is the maximum amount for an OLD AGE GRANT.

is the monthly cost for taxpayers per INMATE.

INMATES “better off ” than our ELDERLY

I

The elderly are often the FORGOTTEN GENERATION. Many of them are lonely and have limited funds to enjoy their old age and treat ailments. Meanwhile, PRISON INMATES enjoy free food and medical care and often have opportunities for further education.The EXPENSES to care for inmates while they are incarcerated, as well as the grants given to elderly, are funded by taxes. CILLESTE VAN DER WALT reports.

Photograph: iStockphoto.com

Marie Crafford skryf: Ek is so ontsteld oor die stuk wat ek gelees het oor die inkomste van die bejaardes teenoor dié van gevangenes (Solidariteit Tydskrif, uitgawe 4, 2013). Ek het nog altyd gesê dat mense deesdae moedswillig ’n misdaad pleeg om in ’n tronk te beland. Dit is gratis verblyf met drie etes ingesluit. Jou toiletware is gratis en ook jou klere word gratis verskaf, gewas en gestryk. Jy het van die beste mediese voordele en jy kry nog boonop gratis opleiding ook. Dit maak nie saak in watter rigting jy wil studeer nie. Dit alles net omdat jy ’n misdaad gepleeg het! Vir my lyk dit of jy “beloon” word vir “verkeerde dade”. Is dit hoekom die tronke so vol is? Ons moet sukkel om te oorleef en ten duurste betaal vir die opvoeding van ons kinders wat die reguit pad loop. Ons kry nie hulp van die staat nie. Ons moet ten duurste vir ons ouers help betaal wat net R1 260 pensioen kry. Geen mens kan oorleef met so min geld nie. Dis nie genoeg vir verblyf én kos nie. Al oplossing wat ek sien vir ’n beter lewe vir die bejaardes is dat daar dan eerder “tronke vir bejaardes” gebou moet word sodat hulle ook die vyfster-behandeling kan kry en ’n gemaklike lewe

46

f you are 60 years or older, you may qualify for a grant to see you through your old age. If you are an older person in need of 24hour care who wants to live in an older persons’ residential facility, you can apply for residency at your nearest social worker’s office or older persons’ residential facility. Unfortunately, there are so many exceptions and rules that it is seemingly easier to sit in jail and receive more privileges than many members of our older generation do. The maximum amount for an old age grant is R1 260 per month. If you are older than 75 years, you will get R1 260 + R20. By way of illustration, the average “subsidy gap” for a residential facility providing care for 50 persons is at least R1 746 per person per month which adds up to a yearly deficit of R1 047 600 (a deficit of almost R21 000 per person). The fundamental problem with the current subsidy arrangement is that it only covers a small part of the actual costs of providing frail care. For example, linked to this subsidy arrangement

are regulations that lay down minimum staffing levels as well as the requirement to employ certain numbers of nursing and care staff. Yet the full costs of employing these staff are carried by the organisations concerned. The facilities who care for our elderly therefore face a daily battle to keep their doors open, while the residents of these facilities also end up with no money at all, because their whole grant goes towards their accommodation. The “privileges” of incarceration South Africa has about 160 000 inmates in its prisons. There are two private prisons in South Africa. Of the 241 correctional centres, eight are for women, 13 are for the youth, 129 are for men and 91 are mixed (women and men). On this basis, it might be said that, in 2010/11, the average daily cost of accommodating a prisoner was R259. The projected figure for 2013/14, at R298, is 15% higher. That brings the total monthly cost for taxpayers per inmate to R9 064. That is almost five times more money

spent on inmates than our elderly. Besides the massive difference in the cost of caring for elderly and inmates, it is difficult for the elderly to qualify for grants. To qualify for a grant, you must be a South African citizen or permanent resident who lives in South Africa.You may not receive any other social grant for yourself and mustn’t be cared for in a state institution. You do not qualify if you earn more than R49 200 per year or own assets worth more than R831 600 if you are single or worth more than R1 663 200 as a couple. No wonder South Africa’s prisons are bursting at their seams! Solidarity Helping Hand works in the community to prevent, terminate and alleviate poverty. In the case of vulnerable elderly people, poverty can still be alleviated by increasing the old age grant and relaxing the qualification measures for this grant. Helping Hand is campaigning to get the Department of Social Development to increase the old age grant. • What is your opinion? Send us an e-mail to magazine@solidarity.co.za S

04/2013 • www.solidariteit.co.za

kan hê tot op hul sterfdag. Help assebief die arm bejaardes. Ek werk in ’n tehuis vir bejaardes en weet hoe swaar dié mense kry. – Brief verkort. Red.

Dankie vir jul geduld, INSIG en steun

Tevrede lid skryf: Ek is ’n senior wetenskaplike by ’n groot petrochemiese maatskappy. Ek is baie dankbaar dat ek agt jaar gelede by Solidariteit aangesluit het. Ek is onlangs dissiplinêr aangekla en Robert Joubert, verteenwoordiger, asook die senior organiseerder by die Solidariteitdienskantoor in Vanderbijlpark, Gerhard Cloete, het vir my wonderlike ondersteuning en professionele advies gegee

tydens beide my dissiplinêre verhoor en klagtes van onregverdige behandeling in my werkomgewing. Die dissiplinêre verhoor is in my guns beslis en ek voel dat my klagtes ernstig opgeneem is en opgelos gaan word. As dit nie vir Solidariteit was nie, glo ek nie dit sou die geval gewees het nie. Ek wil werklik vir Robert en Gerhard bedank vir hul geduld, insig en professionele ondersteuning.

Wat dink jy is van die staat?

A

stand

’n Mens kan nie die staat vertrou om goed gedoen te kry nie, DOEN DINGE EERDER SELF.

bC

Die staat kan Suid-Afrika vooruitstrewend maak. Suid-Afrika staan nie terug in enige bedryf nie, maar die staat wanbestuur hierdie voordeel.

Sê jou sê deur “Tydskrif A”, “Tydskrif B” of “Tydskrif C” na 34388 te SMS. SMS’e kos R2. Of stem by www.tydskrif.solidariteit.co.za

Foto’s: iStockphoto.com; verskaf

SLUIT maklik by Solidariteit AAN deur ’n SMS te stuur. Solidariteit se dienssentrumagente sal jou terugskakel en jou vinnig en maklik help Solidariteit aansluit. Al wat jy hoef te doen, is om die woord “Lid” na 34388 te stuur. SMS’e kos R2. Ons beskerm nie net jou werk nie, maar maak ’n Solidarity DAADWERKLIKE VERSKIL in ons lede én ons land se toekoms! Om jou adres te verander, stuur ’n e-pos na diens@solidariteit.co.za

BERNINA WINNERS! Jacomien Radyn and Beryl Barnard are the winners of the first leg of Bernina’s exciting Did you Know? Campaign.They each receive a R500 gift voucher. Remember that the competition is running over three issues.The big prize to be won is a Bernina 380 valued at R22 560.The competition closes on 14 October 2013. Read more about this great competition on page 66. www.solidariteit.co.za • 05/2013

7


spreek Buys

Flip Buys is uitvoerende hoof van Solidariteit.

Ons pak GROOT OPBOUPROJEKTE Solidariteit en die Solidariteit Beweging het sedert die begin van die jaar groot vordering gemaak in die bereiking van ons strategiese DOELWITTE. Dit is duidelik as gekyk word na ’n opsomming van die afgelope ses maande se gebeure. Ons BOU DAT DIT BARS én staan vas as BETROUBARE VENNOOT in alle sektore van die ekonomie, skryf FLIP BUYS. Sol-Tech se nuwe Pretoria-Noordkampus spog met goed toegeruste werkwinkels en bobaas-toerusting.

Foto’s: Reint Dykema; iStockphoto.com

D

8

it is lankal algemene kennis dat arbeidsverhoudinge in die land baie onstuimig is sedert die Marikana-krisis ’n jaar gelede. Hierdie is sekerlik die moeilikste salarisonderhandelingsjaar in die afgelope twee dekades. Ons standpunt bly dat mense wat die ekonomie wil benadeel, die regte van alle werknemers en hul gesinne ondermyn en brood uit mense se monde wil vat. Ons lede het by talle brandpunte weer bewys dat Solidariteit meer weeg as wat ons tel, omdat ons lede goed opgelei, hardwerkend en lojaal is. Ons het ’n belangrike deurbraak behaal toe ons standpunt dat die meerderheidsbeginsel in die Wet op Arbeidsverhoudinge ondemokraties en uitgediend is, deur die regering, sakeleiers en die meeste ander vakbonde aanvaar is. Hierdie belangrike beleidskuif is vervat in ’n raamwerkooreenkoms wat tussen al die belangrikste rolspelers op die arbeidsterrein onderteken is. Dit volg ná lang onderhandelings onder leiding van adjunkpresident Kgalema Motlanthe. Daarom gaan Solidariteit nie huiwer om die sterkste stappe moontlik te neem teen maatskappye soos Lonmin wat die raamwerkooreenkoms onderteken het maar nou slegs die meerderheidsvakbond wil erken nie. Dit was

05/2013 • www.solidariteit.co.za

juis hierdie beleid wat in die eerste plek tot die moeilikheid daar aanleiding gegee het. Nuwe kollege Solidariteit het ook besluit om voort te gaan met die bou van ’n nuwe tegniese kollege op ’n terrein in Pretoria-Noord. Dit spruit uit die beswaar van die Waterkloof-lugmagbasis teen die bou van ’n kollege op ’n aangrensende stuk grond wat ons gekoop het. Hierdie beswaar is in weerwil van die feit dat ons die grond op die ope mark van ’n privaateienaar gekoop het, nadat dit vir jare onbenut gelê het, én die feit dat die Lugmag vooraf in ons lewensvatbaarheidstudie geen beswaar teen die bou van ons kollege gehad het nie! Die bou van die nuwe kollege kon nie langer uitgestel word nie, omdat ons bestaande geriewe eenvoudig heeltemal te klein vir die groeiende getal vakleerlinge geword het. Die nuwe kollege sal by voltooiing in September vanjaar waarskynlik die grootste private tegniese kollege in die land wees en sal meer as ’n duisend jongmense in ses verskillende ambagte oplei. Die geskil met die Lugmag sal egter voortgesit word. Die uitslag sal bepaal of ons die nuwe kollege sal huur en of ons dit tydelik vir

’n paar jaar sal gebruik totdat Die Kampus, die tuiste vir al ons opleidingsinisiatiewe, voltooi is. Die feit is dat ons ons nie sal laat onderkry deur struikelblokke wat deur moedswillige instellings op ons pad geplaas word nie. Baie dankie aan al ons lede vir hul maandelikse Groeifondsbydraes wat dit vir ons moontlik maak om vir ons kinders ’n toekoms te skep. AfriForum-hoofkantoor Daar word ’n nuwe hoofkantoor vir AfriForum in Centurion langs ons huidige kantoorgebou gebou omdat die Solidariteit Beweging só gegroei het, dat meer kantoorruimte nodig is. Hierdie gebou vorder goed en AfriForum sal in Maart volgende jaar kan intrek. AfriForum het in Augustus die 68 000-ledetalkerf oorskry! Miljoene vir lede en jongmense Dit is lekker om verslag te kan doen dat al die instellings van ons Beweging goed presteer: • Solidariteit Helpende Hand kon die afgelope maande, danksy die ondersteuning van duisende Solidariteit-lede en die publiek, weer ’n groot verskil in talle mense se lewens maak. Miljoene rande se bystand met rentevrye studielenings en beurse, voedingsprojekte by skole en ander noodsaaklike projekte is onderneem.


leerlinge by 23 skole vind baat by 57 onderwysassistente wat deur Helpende Hand se Projek Leerkrag geplaas word. So dra ons daadwerklik by om GEHALTE-ONDERRIG in ons skole moontlik te maak.

HOOGTEPUNTE

AfriForum se nuwe kantoorgebou in Centurion sal in Maart 2014 in gebruik geneem word.

Die Kampus sal eindelik al ons opleidingsinisiatiewe huisves.

• Solidariteit presteer steeds puik op regsgebied, en ons wag op die hofuitsprake van verskeie waterskeidingsake wat die afgelope maande voorgekom het. Die vakbond se afdeling vir beroepsgesondheid en -veiligheid het vanjaar reeds meer as R132 miljoen se eise by die Vergoedingskommissaris namens ons lede met beroepsbeserings en -siektes beding. Daar is vanjaar ook reeds R3,4 miljoen uitbetaal aan begrafniskoste vir afgestorwe Solidariteit-lede en hul afhanklikes. • Die Virseker Trust, wat uit die Virseker Korttermynskema gefinansier word, het onlangs ’n tjek van R900 000 aan Solidariteit oorhandig. Hiervan word R800 000 vir Die Kampus se boufonds gebruik, terwyl R100 000 aangewend gaan word vir ’n Wiskundesentrum wat by Sol-Tech beplan word om voornemende vakleerlinge met Wiskunde te help. Hierdie is enkele voorbeelde van prestasies wat die afgelope ses maande behaal is. Ja, baie dinge in die land gaan agteruit, maar ons moet doen wat ons kan, waar ons is, met wat ons het. Die Solidariteit Beweging is ’n eietydse Helpmekaarbeweging met ’n selfhelpkultuur wat nie vir ander wag om te kom help nie. Ons doen dit self! S

nuuswaardig spreekBuys

11 212

HALFJAAR-

SOLIDARITEIT • R3,4 miljoen uitbetaal vir 520 begrafnisse • 88 262 arbeidsregtelike navrae hanteer • Meer as 52 000 ander navrae hanteer HELPENDE HAND • 5 146 kleuters by 66 kleuterskole word landwyd gevoed • 3 700 skooltassies deur 67 takke aan 171 skole geskenk • 11 nuwe beursfondse is vanjaar gestig ter waarde van R350 000 AFRIFORUM • Takke landwyd uitgebrei na 119 • Ledetal oorskry 68 000 in Augustus MAROELA MEDIA • Maandelikse besoekers het toegeneem tot 250 000 in Julie 2013 • ’n Finalis in drie kategorieë van die Pendoring-reklamekompetisie

Ja, baie dinge in die land gaan AGTERUIT, maar ons moet doen wat ons kan, waar ons is, met wat ons het.

SOL-TECH • 1 000 vakleerlinge word tans opgelei • Volledige akkreditasie deur MerSeta met twee nuwe ambagte goedgekeur – Sweiser en Passer • Gevorderde tegnologie wat bekom is, verhoog die gehalte van onderrig – gevorderde Siemens PLC-stelsel, laserbelyningstoestel en CNC-simulator • Slaagsyfer van 96% met eerste vaktoetspogings.

R132 MILJOEN

is reeds vanjaar namens lede met beroepsbeserings en -siektes by die Vergoedingskommissaris beding.

Hierdie bladsy is moontlik gemaak deur Prestige Bulk Mailers, tel: 012 327 3635 www.solidariteit.co.za • 05/2013

9


nuuswaardig

Liberaal práát VERDOESEL kwaad

H

Foto: iStockphoto.com

Oudregter Jan Steyn het dekades gelede al gesê die outoritêre politiek van sosialisme is onlosmaaklik deel van die ekonomiese dele daarvan. Sosialisme kan net deur die dwang van staatsmag in werking gestel word. Genadiglik is KUMULATIEWE WETTE – eerder as openlike geweld – deesdae die voorkeurmetode van sosialistiese heersers, skryf FLIP BUYS.

10

ofsake is maar ’n klein deel van die werk wat deur die netwerk van organisasies van die Solidariteit Beweging gedoen word, maar dit kry gewoonlik baie media-aandag. Die Solidariteit Beweging se tegniese kollege, Sol-Tech, lei bykans net soveel ambagslui op as al 50 kolleges van die staat, maar dit is nie voorbladnuus nie. Solidariteit Helpende Hand se voedingsprojekte, wat minstens 5 000 kleuters by kleuterskole help, is ook nie voorbladnuus nie. Net só kom die AfriForum-takke se projekte om die munisipale dienste by 100 dorpe aan die gang te help hou net in die nuus as daar ’n hofsaak is. Die werklike rede vir die Beweging se hofsake spruit egter voort uit die ANC se tradisie van die kragdadige gebruik van staatsmag om sy politieke doelwitte te bereik. Daar is vier redes vir die Solidariteit Beweging se hofstrategie. Die hoofrede is om die misbruik van staatsmag te beveg, want as onreg nie beveg word nie, word dit in die praktyk die nuwe “reg”. As die staat daarmee wegkom om mense op grond van hul ras te benadeel, word dié onreg die nuwe reg, want die staat doen dit dan nie omdat hy mag nie, maar omdat hy kán. Die tweede rede is om te veg vir die oppergesag van die reg sodat politici se mag nie oppermagtig word nie. Die derde rede is om die groeiende mag van die staat te bekamp omdat dit die einde van almal se vryheid kan beteken as die staat oor alles en almal besluit. Die stelling wat elke Suid-Afrikaner bang behoort te maak, is dié aanhaling uit die nasionale ontwikkelingsplan se visie: “Regering begin in die huis, groei tot in die gemeenskap, brei uit na die stad, kring uit na die provinsies en oorspoel die hele land.” Die vierde rede vir Solidariteit se hofsake is om “demokratiese” rassisme te bekamp. Die politieke wetenskaplike Pierre Vandenberghe het gesê rassemeerderhede kan maklik hul eie rassisme vermom as demokrasie. Dit behels byvoorbeeld die misbruik van mooi-klinkende terme soos “regstelling” en “verteenwoordigendheid” om ’n dikwels blatante rassistiese

05/2013 • www.solidariteit.co.za

Die stelling wat elke Suid-Afrikaner bang behoort te maak, is dié aanhaling uit die NASIONALE ONTWIKKELINGSPLAN se visie: “Regering begin in die huis, groei tot in die gemeenskap, brei uit na die stad, kring uit na die provinsies en OORSPOEL die hele land.”

beleid te regverdig. Die hof is natuurlik nie die allerantwoord op politieke magsmisbruik nie. Selfs die voorste liberale intellektueel Francis Fukuyama waarsku dat die waarskynlikste linkse bedreiging vir die

demokrasie kan kom van diegene wat liberaal praat, maar die ware betekenis van binne af tot die teenoorgestelde omskep. • Flip Buys is die voorsitter van die Solidariteit Beweging. S


newsworthy

Water supply

Sewage collection, disposal

Refuse removal

Electricity and gas supply

Are municipalities ready to SERVE? Municipal health services

A

Roads and storm water

Street lighting

Parks and recreation

MUNICIPAL SERVICES almost never cross our mind… except when they are absent. During the past few years, municipal services – or rather, the lack thereof – often let South Africans down due to POOR MANAGEMENT. But who is responsible for what? CILLESTE VAN DER WALT searched for answers.

Photographs: iStockphoto.com

ccording to the South African Constitution, municipalities have the responsibility to make sure that all citizens are provided with services to satisfy their basic needs. But what are the basic services they should provide and in what ways should it be provided? What is a municipal service? Municipalities must provide citizens living in the area they manage with at least the basic services they need. There are a large number of services that should be provided, including: • Water supply • Sewage collection and disposal • Refuse removal • Electricity and gas supply • Municipal health services • Municipal roads and storm water drainage • Street lighting • Municipal parks and recreation. These services should be provided to ensure healthy and safe living. It has a direct and immediate effect on the quality of the lives of people in that community. If these services are inefficient,

it will be difficult to attract businesses, which can lead to limited job opportunities. Who is responsible for providing services? The citizens of a community elects a local government (municipality) to represent them, which makes the municipality the sphere of government closest to the people. The municipality are then responsible to ensure that services are delivered to that community. One way in which municipalities can do this is by providing the services themselves through the use of their own resources – finance, equipment and employees. A municipality may also outsource some of these services. In other words, it may choose to hire someone else to deliver the service, but it remains the responsibility of the municipality to choose the service provider and to ensure proper service delivery. Unfortunately many municipalities in South Africa are unable to deliver services to residents. The reasons vary from lack of finances or lack of capacity to provide these services at an affordable rate to incompetency. Such municipalities should find other ways to ensure that the services are improved and reach the people

most in need of them. Some options that they could consider are: • Capacity building By improving a number of skills, municipalities may be better able to deliver services effectively and efficiently from inside. • Corporatisation In some cases a municipality can improve the delivery of a service by corporatisation; in other words, creating a municipal company that will provide the service.The company belongs to council and is accountable for its performance. • Municipal service partnerships (MSPs) There are instances where a municipality might feel that instead of providing the service directly, they would rather hire someone else (a service provider) to do it. Whatever method a municipality chooses, it must always be in line with the overall goals of improving the quality of services, extending services to residents who do not have them and providing services at an affordable cost. It is important to provide affordable services, but municipalities must do so without compromising on its ability to operate and maintain existing services. S www.solidariteit.co.za • 05/2013

11


nuuswaardig

Hiér word jou BELASTINGGELD vermors

D

Foto: iStockphoto.com

Die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) het tydens die bekendstelling van sy Leefbaarheidsmonitor vir Gauteng die provinsie se swakste en beste munisipaliteite aangewys, skryf CILLESTE VAN DER WALT.

12

ie munisipaliteite van Merafong City, Westonaria en Randfontein, almal deel van die WesRandse Distriksmunisipaliteit, het die swakste leefbaarheidstellings in die SNI se Leefbaarheidsmonitor vir Gauteng ontvang. Eugene Brink, senior navorser van die SNI, sê die doel van die monitor is om die leefbaarheid van die provinsie op munisipale vlak te meet. Leefbaarheid word ontleed aan die hand van ’n stel sleutelaanwysers, met subaanwysers wat daaronder val. Die Leefbaarheidsmonitor is ’n nuttige gids oor leefbaarheid in Suid-Afrikaanse munisipaliteite en metropolitaanse gebiede. Die Leefbaarheidsmonitor is gegrond op beskikbare inligting en is derhalwe nie allesomvattend nie; dit is ’n momentopname en nie ’n ontleding oor tyd nie. Soos wat inligting beskikbaar word of in die toekoms ingesluit kan word, sal die leefbaarheidstellings vir munisipaliteite en metropolitaanse gebiede aangepas en met vorige jare vergelyk kan word. Die monitor vorm deel van Solidariteit se belastingveldtog wat vroeër vanjaar van stapel gestuur is. Die vakbond speel veral deur navorsing ’n waghondrol om die besteding van die werkers se belastinggeld te monitor. “Westonaria en Merafong City het albei 5 uit 10 gekry, terwyl Randfontein 5.5 uit 10 gekry het. Al die munisipaliteite val onder die Wes-Randse Distriksmunisipaliteit. Volgens die 2011 QOLindeks is ontevredenheidsvlakke in Westonaria en Merafong van die hoogste in Gauteng, met inwoners wat onder meer ontevrede is met watervoorsiening, sanitasie, vullisverwydering, paaie, fakturering en die koste van dienste.” In Westonaria is daar talle vakante poste, soos dié van finansiële hoof asook ’n senior superintendent vir wetstoepassing en veiligheid. Randfontein het die afgelope finansiële jaar waterverliese van R1,7 miljoen gely weens diefstal, foutiewe meters en lekkasies. Daarbenewens het die munisipaliteit ook kragverspreidingsverliese van R21 miljoen gely weens onwettige verbindings en foutiewe meters. Brink sê Mogale City (Krugersdorp), ook deel van die Wes-Randse Distriksmunisipaliteit, het op sy beurt 7 uit 10 gekry. “Verskeie onreëlmatighede het binne die munisipaliteit voorgekom,

05/2013 • www.solidariteit.co.za

VROTKOL

Merafong City, Westonaria en Randfontein – almal deel van die Wes-Randse Distriksminisipaliteit

HOOPVOL

Johannesburg, Lesedi,Tshwane en Mogale City spog almal met leefbaarheidstellings van 7 uit 10 SÓ HET HULLE GEVAAR

Metropolitaanse munisipaliteite • Johannesburg: 7 uit 10 • Tshwane: 7 uit 10 • Ekurhuleni: 6.5 uit 10 Sedibeng Distriksmunisipaliteit • Lesedi-munisipaliteit: 7 uit 10 • Midvaal-munisipaliteit: 6 uit 10 • Emfuleni-munisipaliteit: 6 uit 10

Wes-Randse Distriksmunisipaliteit • Mogale City (Krugersdorp): 7 uit 10 • Westonaria-munisipaliteit: 5 uit 10 • Merafong City-munisipaliteit: 5 uit 10 • Randfontein-munisipaliteit: 5.5 uit 10 insluitend die sluiting van ’n kontrak met ’n twyfelagtige maatskappy vir die installering van watermeters.Twee van die drie metropolitaanse munisipaliteite, naamlik Johannesburg en Tshwane, het ook 7 uit 10 gekry, terwyl Ekurhuleni met 6,5 uit 10 tevrede moes wees. “Johannesburg het in die ouditeur-generaal se jongste ouditverslag ’n gekwalifiseerde oudit ontvang, veral weens sy chaotiese rekeningstelsel. Dié metro is egter die leier wanneer dit kom by watervoorsiening en -gehalte. In ’n mediaberig vroeër vanjaar het die graderingsagentskap

Ratings Africa aangedui dat Tshwane die swakste vaar van al die metrorade ten opsigte van finansiële bestendigheid. Dit lyk egter asof Tshwane wel vordering gemaak het met die voorsiening van laekostebehuising. “Die spesiale ondersoekeenheid se ondersoek na ongerymdhede by Ekurhuleni het onder meer opspraakwekkende onthullings oor munisipale amptenare se vervalste matrieksertifikate, vervalste kwitansies, spookwerknemers en werknemers met misdaadrekords opgelewer,” sê Brink. S


nuuswaardig

SELFSTANDIGE INSTELLINGS die ware rigsnoere

D

Foto: Reint Dykema

Sedert die dae van Keiser Otto von Bismarck (1815-1898) het die STAAT as instelling ’n merkwaardige uitbreiding ondergaan. Wêreldwyd het mense gewoond geraak dat die staat vir hulle en hul naastes se WELSYN verantwoordelik is op terreine soos aftreegeld, werkloosheidsuitkerings en mediese dienste. Maar in die gras van die skynbare voordele van die WELSYNSTAAT skuil daar ’n paar slange, skryf PIET LE ROUX.

14

r. Tom Palmer, senior genoot aan die Amerikaanse Catoinstituut, het op 22 Augustus ’n praatjie oor “Die welsynstaat en sy alternatiewe” by Solidariteit gelewer. Volgens Palmer is die welsynstaat vandag die dominante staatsvorm: Oral glo mense dat die staat vir sy burgers se welsynsbehoeftes verantwoordelik is, in plaas van dat mense self vir hulle en hul medemens se gedeelde welsynsbehoeftes voorsiening tref. Die welsynstaat verkeer egter om twee redes in ’n krisis. In die eerste plek is die welsynstaat finansieel onvolhoubaar. Of dit nou in die VSA, Japan, Europa of Suid-Afrika is – welsynstate is sonder uitsondering geneig om meer uitkerings te belowe as wat dit op volhoubare wyse kan bekostig. Welsynstate is groot en onpersoonlike burokratiese instellings en moderne politici maak graag vandag beloftes waarvoor hulle nie die toekomstige gevolge hoef te dra nie. Palmer meen dat dit grootliks ’n aktuariële onmoontlikheid vir welsynstate is om hul toekomstige verpligtings te kan nakom. Daar is dus geen ander moontlikheid as dat die geldkrane vir staatsuitkerings soos pensioen, mediese sorg en kindertoelaes iewers in die toekoms sal opdroog nie. Eerder as om ’n valse gerustheid te koester, is dit nodig dat mense vir hul eie aftrede, mediese sorg, en so meer voorsiening maak. In die tweede plek is die welsynstaat ontsaglik skadelik vir ’n sin van gemeenskap. Pleks daarvan dat mense ’n gesonde gemeenskapslewe met selfstandige maatskaplike instellings in stand hou, dra hulle hul verantwoordelikheid aan die staat oor. Die staat verdring dus gemeenskapsinstellings. Volgens Palmer is daar egter ’n alternatief tot die welsynstaat, naamlik onderlinge hulporganisasies. Onderlinge hulporganisasies is selfstandige gemeenskapsinstellings wat, sonder belasting, met lede se bydraes mediese dienste, werkloosheidsversekering, lewensdekking en dies meer verskaf het. Sulke organisasies het ook as morele rigsnoere in die gemeenskap gefunksioneer, deur goeie gedrag aan te moedig en lede wat hulself aan asosiale gedrag skuldig maak, tereg te wys. Hoewel onderlinge hulporganisasies vandag

05/2013 • www.solidariteit.co.za

Dr. Tom Palmer, senior genoot aan die Amerikaanse Cato-instituut

Daar is dus geen ander moontlikheid as dat die GELDKRANE vir staatsuitkerings soos pensioen, mediese sorg en kindertoelaes iewers in die toekoms sal OPDROOG nie. Eerder as om ’n valse gerustheid te koester, is dit nodig dat mense vir hul eie aftrede, mediese sorg, en so meer VOORSIENING maak. minder bekend is, het hulle wydverspreid in die Westerse wêreld voorgekom voordat hulle deur die welsynstaat verdring is. Dikwels was die organisasies veral ook onder minderheidgroepe sterk – omdat minderheidsgroepe nie maklik op staatsondersteuning kon staatmaak nie. In Engeland was twee uit drie volwassenes byvoorbeeld teen 1911 lid van sulke organisasies. Al het die groei in die welsynstaat veral in die

afgelope eeu onderlinge hulporganisasies tot ’n groot mate verdring, is dit belangrik om nie te vergeet wat wél moontlik is nie. Solidariteit glo juis daaraan dat gesonde gemeenskappe gekenmerk word deur selfstandige optrede en gemeenskapsinstellings, eerder as afhanklikheid van die staat. Die komende verbrokkeling van die welsynstaat gaan skeppende denke noodsaak. S


Deur Ivan Herselman

emeenskappe word toenemend onder druk geplaas deur plaaslike owerhede wat versuim om hul plig na te kom. Dit blyk duidelik uit die ouditeur-generaal se gekonsolideerde verslag oor die oudit-uitkomste van munisipaliteite dat munisipaliteite tans ver tekort skiet. AfriForum het 120 takke regoor Suid-Afrika wat daagliks met plaaslike owerhede hande vat, onderhandel en selfs baklei om uiteenlopende diensleweringsprobleme die hoof te bied. In die 2011/2012-boekjaar het slegs nege van Suid-Afrika se 278 munisipaliteite ongekwalifiseerde oudits ontvang. Daar was R9,2 miljard se onregmatige besteding, terwyl 77% van munisipale bestuurders en 82% van finansiële hoofde nie oor die wetlike bekwaamheidsvlakke beskik nie. Dié bevindings beteken dat die administrasie

van ongeveer driekwart van die land se munisipaliteite bestuur word deur persone wat nie bekwaam is vir dié verantwoordelikheid nie. Maar dis nie die ergste nie: Lede van munisipale rade, wat ’n oorsigtelike rol moet speel oor hierdie “onbekwame” bestuur, is nie verplig om oor enige voorgeskrewe vaardighede te beskik nie. Dit is ’n resep vir ’n ramp. Die bevindings van die ouditeur-generaal word daagliks deur gemeenskappe se ervarings bevestig. Paaie val uitmekaar, water- en elektrisiteitsinfrastruktuur verval, dorpe sit gereeld sonder water en elektrisiteit, riool loop in die strate en groot bedrae geld verdwyn sonder verduideliking en sonder dat die verantwoordelike persone tot verantwoording geroep word. Maar AfriForum se georganiseerde gemeenskapstrukture, wat oor die nodige hulpbronne beskik, skep hoop en maak ’n verskil op drie

terreine: plaaslike regering, veiligheid en omgewingsake. AfriForum ondervind dat gemeenskappe hul kapasiteit al meer sal moet ontwikkel om hulself buite die partypolitiek te mobiliseer. As ’n burgerregte-organisasie voorsien AfriForum dié standvastige platform. AfriForum-takstrukture bied ondersteuning aan gemeenskappe om kwessies in stede en dorpe op te los. Gemeenskapsamewerking is tans van die grootste belang, en dit sal in die toekoms van selfs groter belang wees. ’n Goed georganiseerde gemeenskap sal nooit bakhand voor enige staatsinstelling hoef te staan en bedel nie, maar sal trots staan en beding. Om ’n lid van AfriForum te word en ’n beter toekoms vir jou dorp te verseker, SMS jou dorp se naam na 31336. Elke SMS kos 50c. • Ivan Herselman is die bestuurder van gemeenskapsportefeuljes by AfriForum. S

nuuswaardig

G

AfriForum pak VERVAL van plaaslike regerings


HOE LANK NOG? PLAASMOORDE

Suid-Afrikaners kan nou selfs van ’n slimfoon af ’n e-pos aan die minister van polisie, Nathi Mthethwa, stuur om teen sy LAKSE HOUDING oor plaasmoorde protes aan te teken. Hierdie elektroniese platform – hoelanknog.afriforum.co.za – is deel van AfriForum se verskerpte veldtog teen PLAASMOORDE, getiteld Hoe lank nog? AfriForum sal die petisielys in November by die Verenigde Nasies se Forum vir Minderheidsaangeleenthede indien. ERNST ROETS berig.

Nathi Mthethwa, minister van polisie 16

05/2013 • www.solidariteit.co.za


nuuswaardig

A

friForum se verskerpte veldtog teen plaasmoorde kom nadat pres. Jacob Zuma in die Parlement gespog het dat sy regering “oop en toeganklik” is en dat enige lid van die publiek kwansuis vry is om enige lid van sy kabinet te kontak. Terwyl die president oor die toeganklikheid van sy ministers spog, spook slagoffers wie se geliefdes tydens plaasaanvalle vermoor is, nou al vir twee jaar lank om Mthethwa net sover te kry om ’n brief te lees. Ter ondersteuning van hierdie elektroniese petisie het AfriForum ’n verslag getiteld “Die Mthethwa-dossier” bekendgestel. Die dokument bevat die besonderhede van tien gevalle in die afgelope twee jaar waartydens Mthethwa die slagoffers van plaasaanvalle geminag het. Een van die gevalle wat in die dokument genoem word, is die poging van Belinda van Noord, wie se pa en broer (albei Gerhardus Rudolph) in Desember 2012 op hul plaas buite Brits vermoor is, om ’n bundel van 100 briewe, wat deur slagoffers van plaasaanvalle geskryf is, aan Mthethwa te oorhandig. Nog voordat die briewe sy kantoor bereik het, het Mthethwa ’n mediaverklaring uitgereik waarin hy die slagoffers se poging om hul pyn met hom te deel, bestempel het as ’n “publisiteitsfoefie” wat nie ernstig opgeneem moet word nie. By ’n ander geleentheid het Mthethwa gepoog om ’n protesoptog ter nagedagtenis aan Attie, Wilna en Willemien Potgieter wat op 1 Desember 2010 op hul plaas naby Lindley in die Vrystaat vermoor is, tot ’n onwettige optog te verklaar. Dit het AfriForum genoop om die Hooggeregshof op ’n dringende basis te nader vir ’n verklarende bevel dat die optog mag voortgaan. Die hofbevel is egter deur Mthethwa geminag, en hy het eenvoudig voortgegaan en die aksie as ’n onwettige byeenkoms hanteer. Op 19 Junie vanjaar het AfriForum saam met slagoffers van plaasaanvalle ’n verslag oor polisienalatigheid by die ondersoeke na plaasmoorde vrygestel. Mthethwa het die verslag afgelag en as rassisties bestempel. Hierdie is maar enkele voorbeelde van die skokfeite wat in die Mthethwa-dossier bekendgestel is. Die petisie werk soos volg: • Dit is elektronies op die webtuiste hoelanknog.afriforum.co.za en dien as ’n openbare mosie van wantroue in die minister se bekwaamheid en bereidwilligheid om die plaasmoordkrisis aan te pak.

• Elke keer wanneer iemand die petisie invul en die “stuur”-knoppie druk, stuur die webtuiste outomaties ’n e-pos na minister Mthethwa se e-posadres. • Die petisie sal ook in harde kopie uitgedruk word en tydens ’n opvolgaksie by die minister se kantoor, asook by die Uniegebou afgelewer word. Diegene wat die petisie onderteken, sal op hoogte gehou word met die vordering. • Dit sal ook in November vanjaar by die Verenigde Nasies se Forum vir Minderheidsaangeleenthede in Geneve, Switzerland ingedien word as bewys van die plaasmoordkrisis en die Suid-Afrikaanse samelewing se gebrek aan vertroue in die minister om die krisis aan te pak. Die petisie sal ‘n verslag oor die stand van minderhede in Suid-Afrika vergesel. Die ironie is dat plaasmoorde in die verlede (minstens tot ’n mate) deur die regering as ’n prioriteit hanteer is en dat die regering se optrede teen plaasmoorde afneem, so vinnig as wat die probleem toeneem. Vir ’n tydperk ná 1994 was plaasmoorde wel geprioritiseer en die regering het in 1997 selfs ’n spitsberaad oor die voorkoming van plaasmoorde gehou. In 2003 is die kommandostelsel egter onverwags afgeskaf, waartydens voormalige president Thabo Mbeki aangekondig het die kommandostelsel sal met ’n alternatiewe struktuur vervang word. Dit het egter nooit gebeur nie. Sedertdien was daar in 2007 ’n skerp styging in plaasmoorde, waarna die regering aangekondig het dat geen verdere statistiek oor hierdie misdaad vrygestel sal word nie. Intussen het die aantal kommersiële boere in SuidAfrika (weens verskeie faktore) volgens landbou-unies van meer as 60 000 tot ongeveer 35 000 afgeneem en word moorde op boere deur die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS) op ongeveer 98,8 per 100 000 per jaar geskat. Dit is dubbeld so hoog soos die aantal moorde op polisielede en drie keer so hoog soos die algemene moordsyfer in Suid-Afrika. Dit is ook veertien keer so hoog soos die wêreldgemiddelde moordsyfer. AfriForum doen ’n beroep op die publiek om ’n minuut af te staan om die petisie te ondersteun. Die toename in regeringslaksheid oor plaasmoorde moet begroet word met ’n toename in druk vanuit die burgerlike samelewing om teen die probleem op te tree. • Ernst Roets is adjunk uitvoerende hoof van AfriForum. S

Die aantal kommersiële boere in Suid-Afrika het die afgelope twee dekades AFGENEEM van meer as 60 000 tot slegs

35000

DIS ’N FEIT

1. Die boek Treurgrond: Die realiteit van plaasaanvalle (Kraal Uitgewers) bevat die name en besonderhede van 1 610 plaasmoorde en 3 319 plaasaanvalle sedert 1990. 2. Die meeste plaasaanvalle vind in Gauteng plaas. Die minste voorvalle word in die Noord-Kaap aangemeld. 3. Die gemiddelde aantal aanvallers per plaasaanval is drie. 4. Die gemiddelde ouderdom van plaasaanvalslagoffers is 53,3 jaar. Meer as 60% van slagoffers is ouer as 50 jaar. 5. Die organisasie Crimescene Cleanup, wat in die afgelope dekade meer as 2 000 misdaadtonele in Suid-Afrika skoongemaak het, het onlangs verklaar dat plaasmoorde die wreedste misdade in die land is. www.solidariteit.co.za • 05/2013

17


nuuswaardig

DONKER kant van Nasionale Ontwikkelingsplan

D Foto: iStockphoto.com

Die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) geniet WYE STEUN onder regeringslui, politici en sakelui. Maar daar is ’n DONKER KANT aan dié plan van 500 bladsye waarvan Suid-Afrikaners bewus behoort te wees, meen die Solidariteit Navorsingsinstituut. CILLESTE VAN DER WALT het ondersoek ingestel.

18

ie Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) het deur middel van die SNI se kwartaallikse Arbeidsmarkrapport ’n kommentaarstuk getiteld Die donker kant van die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) vrygestel. Ná noukeurige bestudering van die 500 bladsye waarin die NOP omskryf word, het die SNI bevind dat daar verskeie redes is om nie die plan te steun nie. Dit sluit in ’n radikale grondhervormingsplan, dubbelsinnigheid oor die transformasie van die regbank en ’n aansienlik groter belastinglas. Piet le Roux, senior ekonomiese navorser by die SNI, sê die NOP is stellig tans dié regeringsdokument in Suid-Afrika wat die meeste aangehaal word en die wydste steun onder regeringslui en ’n breë spektrum ander politieke partye, sakelui en nie-regeringsorganisasies geniet. Die SNI se reaksie volg op die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) se onlangse ontleding van die NOP. Die SAIRV maak die plan af as onuitvoerbaar, teenstrydig en ’n blanko tjek vir meer belasting. Die SNI se ontleding wys op vier aspekte rakende die donkerder kant van die NOP: 1. Waarom die ANC die NOP steun Een van die redes waarom die ANC die NOP

05/2013 • www.solidariteit.co.za

20%

van kommersiële landbougrond in Suid-Afrika moet teen 50% van markwaarde onteien word. steun, is omdat dit die Nasionale Demokratiese Revolusie (NDR) bevorder. Daarom is dit waarskynlik dat die NOP in praktyk volgens die NDR geïnterpreteer sal word. Die NDR is die ANC se breë strategiese oriëntasie om beheer oor al die sentrums van mag in Suid-Afrika te verkry, om rykdom en inkomste te herverdeel en om sy idee van rassetransformasie te implementeer. 2. Die NOP en die regbank Die NOP doen ’n beroep vir die transformasie van die regbank, maar dit is onduidelik wat presies dié transformasie moet behels. Die NOP lees soos volg: “For the law to be an agent of

change, it must be interpreted and enforced in a progressive, transformative fashion. This requires a judiciary that is progressive in its philosophy and legal inclinations.” Die tyd sal egter moet leer of hoofregter Mogoeng Mogoeng se onlangse uitsprake oor die transformasie van die regbank, waarin hy uitgevaar het teen weerstand teen verandering, onversoenbaar met die voorstelle in die NOP is. 3. Radikale grondhervorming Die NOP staan ’n radikale plan vir grondhervorming voor, waarvolgens 20% van kommersiële landbougrond in Suid-Afrika aan swart boere oorgedra moet word. Ingevolge die NOP moet die staat die boere egter teen slegs 50% van die markwaarde van die onteiende grond vergoed. 4. Meer belasting, herverdeling en maatskaplike welsynsdienste Soos met alle regeringsprojekte moet die finansiering vir die implementering van die NOP by wyse van meer belasting, inflasie of lenings vanaf die private sektor bekom word. Die NOP lees soos volg: “Ultimately, the state must generate sufficient income from the active groups in the population to be able to redistribute to those who are less active or inactive…” S


nuuswaardig

BCOM-GRAAD groot sprong op pad na ’n privaat AFRIKAANSE UNIVERSITEIT

D

Illustrasie: iStockphoto.com

Die Solidariteit Beweging maak wéér geskiedenis. Dié keer met AKADEMIA, die Beweging se eie Afrikaanse hoëronderwysinstelling, wat van 2014 af met sy eerste volwaardige driejaargraad spog – ’n BCom (Ondernemingsbestuur). Dit is ’n groot sprong nader aan die droom van ’n volwaardige Afrikaanse universiteit.

20

ie ontsluiting van die kennisekonomie is vir die Solidariteit Beweging ’n hartsaak, enersyds om selfdoeninstellings en ’n ingesteldheid van selfdoen te bevorder, en andersyds om ’n ekonomies aktiewe bydrae tot die ekonomie te lewer te midde van die staat wat gemeenskappe so dikwels in die steek laat. Só sê Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van die Solidariteit Beweging. “Soos met ons ander instellings soos Solidariteit Helpende Hand, glo ons in opheffing deur opleiding. Om mense te bemagtig en in staat te stel om hul eie toekomsrigting te bepaal, te midde van eksterne beperkings. Ons doen dit deur hoop te skep én aktief instellings op te rig wat as’t ware ’n leer na nuwe welslae bied.” Akademia se fakulteit ekonomiese en bestuurswetenskappe spog benewens die BCom-graad ook met hoër sertifikate in rekeningkunde en kantooradministrasie en ’n diplomaprogram in bemarking asook ’n diplomaprogram in kleinsakebestuur en entrepreneurskap. Akademia is by die departement van hoër onderwys geregistreer en sy geakkrediteerde programme voldoen aan dieselfde gehaltevereistes as enige ander Suid-Afrikaanse universiteit. Met die akkreditasie van die BCom-graad gee Akademia ’n groot sprong op die weg om die land se eerste volwaardige privaat Afrikaanse universiteit op die been te bring. Die Solidariteit Beweging spog reeds met ’n tegniese opleidingskollege, Sol-Tech, wat meer as 1 000 voornemende ambagslui in ses skaars tegniese rigtings bekwaam. Akademia doen sy huiswerk behoorlik. Pleks van ’n massa programaanbiedings word deeglike marknavorsing gedoen om vaardigheidsleemtes in die mark te identifiseer en kwalifikasies te ontwikkel wat in hierdie behoeftes kan voorsien. Kundiges in die bedryf asook eksterne akademici word by hierdie ontwikkelingsproses betrek om te verseker dat die programme aan wêreldstandaarde voldoen. Sodoende kry studente die gemoedsrus dat die kwalifikasies in pas is met die

05/2013 • www.solidariteit.co.za

ABC VAN AKADEMIA SE BCOM-GRAAD

B

A

TOEGANKLIK

KLASSE

Solidariteitlede ontvang 20%-afslag!

BEKOSTIGBAAR

R22 000 p.j. (en jy kry ’n gratis tabletrekenaar!)

by 7 leersentrums landwyd Nauurs, so jy kan werk terwyl jy swot!

SMS REGISTREER

na 34933 en ons sal jou bel!

nuutste wêreldtendense. “Die BCom-graad bestaan uit die basiese boustene van sakebestuur, insluitende ondernemingsbestuur, finansiële bestuur, bemarkingsbestuur, bedryfsetiek en entrepreneurskap, en daarom bied hierdie kwalifikasie ’n wonderlike grondslag om die ekonomiese en bestuurswêreld van werk te betree,” sê Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia. “Akademia is die plek waar werkendes in Afrikaans studeer. Jy kan dus geld verdien terwyl jy studeer! Vakke word nauurs by sewe leersentrums landwyd aangebied (lees meer op blad-

C

DIS MY TAAL

AFRIKAANS (die onderrigtaal & studiemateriaal)

@

REGISTREER AANLYN

www.akademia.ac.za

sy 22 en 23). Nie net spog ons met ongelooflike tegnologie nie, maar ons programme is uiters bekostigbaar as dit met die res van die mark vergelyk word. Solidariteit-lede ontvang op die koop toe 20%-afslag en kom in aanmerking om ’n rentevrye studielening te bekom,” sê Visser. • Die BCom-graad kos R22 000 per jaar (voor afslag) en registrasie vir 2014 sluit op 12 Desember 2013. Besoek Akademia se webtuiste vandag nog by www.akademia.ac.za en registreer maklik aanlyn. Jy kan ook die woord “registreer” en jou naam en van SMS na 34933 en Akademia sal jou skakel! S


Deel van die Solidariteit Beweging


nuuswaardig

20%-afslag vir Solidariteit-lede by Akademia

R5 miljoen beskikbaar vir STUDIEHULP

Solidariteit het ’n ooreenkoms met AKADEMIA gesluit waarvolgens lede van die vakbond 20%-afslag by Akademia kry. Dit is sowat R4 000 per jaar en indien ’n lid van die vakbond vir ’n driejaardiploma of graad inskryf, kry hy dus tot R12 000 afslag. Die bedrag is gelykstaande aan sowat 11 JAAR SE LEDEGELD. Nog goeie nuus is dat die Solidariteit Studiefonds R5 miljoen beskikbaar gestel het vir RENTEVRYE STUDIELENINGS vir behoeftige Solidariteit-lede wat by Akademia wil studeer. 22

05/2013 • www.solidariteit.co.za


nuuswaardig

GOEIE REDES 10

•1

•2

3

•4 •5 •6 •7 •8

•9

•10

Akademia is die plek waar werkende mense in Afrikaans kan studeer. Klasse word nauurs aangebied. Akademia maak gebruik van interaktiewe hoëgehalte-videokonferensietegnologie. Lesings word regstreeks vanuit ’n sentrale ateljee na sewe leersentrums dwarsoor Suid-Afrika aangebied. Die lesings is ten volle interaktief. Dit beteken dat studente vrae kan stel en dat daar heeltyd interaksie tussen die student en dosent is. Studente het dus die voordeel van klasdraf, maar studeer naby aan die huis. Die model het ook tot gevolg dat programme bekostigbaar aangebied word. Akademia se model en ondersteuning is só ontwikkel dat die student se kans op sukses soveel groter is. Elke student ontvang ’n gratis tabletrekenaar waarop studiemateriaal gelaai word. Alle leersentrums het internettoegang. Jy kry dus gratis toegang tot alle inligting, al het jy nie internettoegang by die huis nie.

REGISTREER VANDAG!

SMS die woord “registreer” gevolg deur jou naam en van na 34933. Of besoek www.akademia.ac.za

AKADEMIA SE LEERSENTRUMS VIR 2014 Akademia-studente moet klas bywoon. Skryf in by jou naaste leersentrum. Akademia beplan ook om in die volgende vyf jaar nog verskeie ander sentrums regoor die land oop te maak. • Boksburg (NG Kerk Boksburg-Suid) • Centurion (Solidariteitpark, Suidgebou) • Die Moot, Pretoria (NG Gemeente Pierneefrand) • Roodepoort (Nederduits Hervormde Kerk) • Vanderbijlpark (NG Gemeente Vanderbijlpark-Oos) • Somerset-Wes (NG Gemeente Helderberg) • Bellville (Sanlam Hoofkantoor, h.v. Strand- en Willie Hofmeyerstraat).

PROGRAMME & KOSTE VIR 2014 • Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde (een jaar) R18 000 per jaar (slegs R14 000 vir Solidariteit-lede). • Hoër Sertifikaat in Kantooradministrasie (een jaar) R18 000 per jaar (slegs R14 000 vir Solidariteit-lede).

• Diploma in Kleinsakebestuur en Entrepreneurskap (drie jaar) R20 000 per jaar (slegs R16 000 vir Solidariteit-lede). • Diploma in Bemarking (drie jaar) R20 000 per jaar (slegs R16 000 vir Solidariteit-lede). • BCom-graad in Ondernemingsbestuur (drie jaar) R22 000 (slegs R18 000 vir Solidariteit-lede).

Foto’s: iStockphoto.com

FINANSIES MAG NIE KENNIS KELDER NIE Die beste voordeel wat ’n vakbond vir sy lede kan bied, is kennis. Akademia se model is só ontwerp dat jy kan studeer terwyl jy werk. Dit beteken dat Solidariteit-lede hul kwalifikasies kan verbeter en hoër salarisse kan verdien. Vir Solidariteit-lede hou dit egter groter voordele in as slegs die verbreding van eie kennis, naamlik dat Solidariteit ’n lid se kind kan help om ’n toekoms te skep. Die afslag en studiehulp is nie net vir lede beskikbaar nie, maar ook vir lede se afhanklike kinders. Finansies mag nie ons lede of hul kinders van kennis weerhou nie. Indien finansies ’n probleem is, moet lede ons kontak sodat hulle hulp uit die Solidariteit Studiefonds kan ontvang. • Wil jy meer oor Akademia of oor finansiële hulp vir jou studies by Akademia uitvind? Stuur ’n e-pos na navrae@akademia.ac.za of besoek www.akademia.ac.za S www.solidariteit.co.za • 05/2013

23


nuuswaardig

EERLIKE JUFFROU ontvang uiteindelik vergoeding

Ses maande ná haar ONBILLIKE ONTSLAG het Arlene Nel, ’n voormalige onderwyser aan die Hoërskool Kakamas, uiteindelik haar vergoeding van die departement van onderwys ontvang. Nel is deur die skoolhoof AFGEDANK omdat sy nie met sy seun se punte wou knoei nie. INGE STRYDOM berig.

Arlene Nel

Foto’s: iStockphoto.com; verskaf

A 24

rlene Nel, ’n voormalige wiskunde- en wetenskaponderwyser aan die Hoërskool Kakamas, het in Julie, meer as ’n maand ná die datum wat die Raad op Arbeidsverhoudinge in die Onderwys (Ravo) bepaal het en meer as ses maande ná haar onbillike ontslag, haar vergoeding van die departement van onderwys ontvang. Nel is in Januarie 2013 per SMS deur die skoolhoof van Hoërskool Kakamas afgedank omdat sy nie met sy seun se punte wou knoei om hom te laat slaag nie. Volgens Adele Liebenberg, woordvoerder van Solidariteit, is die vakbond verheug oor Ravo se uitspraak. “Die blydskap van die uitspraak is egter oorskadu deur die feit dat die departement Nel se vergoeding later uitbetaal het as waarop daar ooreengekom is,” sê sy. “Nel is ’n ma met finansiële verpligtings wat haar werk verloor het omdat sy eerlik opgetree het. Ons kon nie gelate aanvaar dat sy nie betyds

05/2013 • www.solidariteit.co.za

Só het saak ontvou

vergoed word nie.” Toe Nel nie op 15 Junie 2013 (die datum waarop ooreengekom is) haar vergoeding ontvang het nie, het Solidariteit ’n aanmaningsbrief aan die departement van onderwys gerig met ’n versoek dat Nel binne twee weke haar vergoeding moet ontvang. Nel, wat sedert hoërskool ’n onderwyseres wou word, sê sy is dankbaar dat die saak nou verby is. Sy het egter nie toegelaat dat die slegte ervaring haar geloof in mense en haar liefde vir die onderwys skend nie. “Ek hoop regtig dat ander uit my situasie sal leer en dat hulle ook die moed sal hê om op te staan vir dit wat reg is.” Sy het geen kwade gevoelens teenoor enigiemand nie, sê sy. “Die lewe is te kort daarvoor en ek het soveel positiewe lesse uit hierdie hele voorval geleer.” Een van die waardevolste lesse wat sy geleer het, is dat ’n mens altyd op die waarheid kan staatmaak.“Ons moet dapper wees. Die toekoms van ons land is in ons hande en ons moet daarom nie onregverdigheid duld nie.”

• Januarie 2012: Nel word as wiskundeen wetenskaponderwyseres aangestel. Daar word deur die jaar by Nel ’n redelike verwagting geskep dat haar dienskontrak in 2013 hernu sou word. • Einde van 2012: Die skoolhoof versoek Nel om met sy seun se punte vir Lewenswetenskappe (Biologie) te knoei sodat hy kan slaag. Nel weier. Die seun druip ook twee ander vakke. • Januarie 2013: Nel word per SMS deur die skoolhoof meegedeel dat sy nie ná haar Desemberverlof hoef terug te keer werk toe nie, aangesien sy van haar pligte by die skool vrygestel is. • Januarie 2013: Nel stel Solidariteit van die voorval in kennis. Die vakbond hanteer haar saak namens haar. • Mei 2013: Ravo beslis dat Nel onregmatig afgedank is en dat sy daarom deur die departement van onderwys vergoed moet word. • 15 Junie 2013: Die afsnydatum waarop Nel haar vergoeding moes ontvang, soos gestipuleer deur Ravo. Nel het nog nie haar vergoeding ontvang nie. • 23 Julie 2013: Nel ontvang uiteindelik haar vergoeding nadat Solidariteit ’n aanmaningsbrief aan die departement van onderwys gerig het. S


Photograph: iStockphoto.com

ith bank charges stagnating at a level of around R80 to R100 according to the latest Solidarity Bank Charges Report, Capitec Bank, South Africa’s fastest growing retail bank for individuals, remains the best value for money banking solution in the market. Charl Nel, Head of Strategic Communications at Capitec Bank, says: “We are very pleased with the results from the Solidarity report. It is one of the few reports that comprehensively and independently compare likeminded banking services.” Capitec Bank’s transparent approach to retail banking allows consumers easy access to its three main banking needs: to transact at lower fees, to earn competitive interest on savings and to access personalised credit. Its Global One

offering is an all-inclusive banking solution where clients don’t pay fees for card purchases and enjoy free access to mobile and Internet banking – at no additional cost. “Capitec’s fixed-fee approach to banking is done in the interest of the client, as our immediate focus is to empower our clients to manage

their money in the best way possible. The services we provide are secondary to this. The widely accepted bundled approach to banking may seem cost-effective at first, but consumers are inclined to spend additional costs, at inflated rates, when the bundle expires,” says Nel. While many South African banks opt for bundle offers, Capitec aims to provide bank fees that are transparent and fixed per transaction, thereby ensuring its clients know what they get in return for the monthly rate of just R4,50. Capitec Bank (JSE: CPI) is South Africa’s fastest growing retail bank. With 4,2 million clients, R5,6 billion in equity and R24,0 billion in assets (excluding cash) as of 31 August 2012, Capitec Bank offers affordable, simplified and transparent banking with personalised service. • For further information on Capitec Bank, visit www.capitecbank.co.za

advertorial

W

Capitec Bank remains BEST VALUE for money


nuuswaardig

BANKE neig na bondels, KOSTE stagneer

P

Foto: Reint Dykema

Die bankkoste van die goedkoopste hoofstroomrekeninge van vier uit die vyf groot handelsbanke in Suid-Afrika het die afgelope jaar FEITLIK KONSTANT gebly. Standard Bank was die uitsondering, omdat dié bank sy mededingendste hoofstroomrekening ná slegs een jaar vir nuwe kliënte gesluit het. Dít is enkele bevindings in die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) se vierde jaarlikse bankkosteverslag. NICO STRYDOM berig.

26

aul Joubert, senior navorser van die SNI, sê Standard Bank se Achiever Electronic-rekening kon in 2012 goed met die ander banke se bondelrekeninge meeding. “Standard Bank se besluit om met dié rekening weg te doen, het veroorsaak dat die bank se Elite Plus-rekening nou die duurste van die vyf banke se goedkoopste hoofstroomrekeninge is. Die ander vier banke het hul goedkoopste hoofstroomrekeninge se koste feitlik onveranderd gehou.” Die bankkosteverslag, wat die bankkoste van verskillende persoonlike bankrekeninge van die vyf groot handelsbanke, naamlik Absa, FNB, Standard Bank, Nedbank en Capitec, met mekaar vergelyk, wys onder meer daarop dat daar by die meeste banke ’n sterk neiging tot bondelrekeninge ten koste van betaal-pertransaksie-rekeninge is. Joubert sê dit is besig om kliënte se keuses te beperk. “Minder keuses is nie noodwendig ’n slegte ding nie, maar dit blyk wel dat hierdie neiging besig is om bankkoste op ’n vlak van ongeveer R80 tot R100 te laat stagneer. By die ‘Groot Vier’-banke het die fooie van elke individuele transaksie op die betaal-per-transaksierekeninge so hoog geword dat kliënte eintlik gedwing word om eerder bondelrekeninge oop te maak. Capitec bied tog steeds ’n goedkoper betaal-per-transaksie-alternatief met minimale fooie per transaksie.” Sedert 2012 beskik al die “Groot Vier”banke oor nuwe rekeninge wat op mense met ’n lae inkomste gemik is – ’n verskynsel wat klaarblyklik deur Capitec se welslae in hierdie marksegment gemotiveer is. Volgens Joubert het geen van die ander banke voorheen werklik daarin geslaag om in terme van koste hier met Capitec mee te ding nie. “FNB het egter vanjaar die fooie van sy EasyAccount-rekening aansienlik verlaag en hierdie rekening is nou vir die eerste keer daartoe in staat om Capitec te klop as dit by koste kom. Absa se Transact-rekening ding ook goed met Capitec mee. Die Transact-rekening bied egter nie internetbankdienste nie en rekeninghouers word tot R2 000 se transaksies

05/2013 • www.solidariteit.co.za

Paul Joubert, senior navorser van die Solidariteit Navorsingsinstituut, verduidelik die SNI se jongste bevindings oor die vyf grootste banke se bankkoste.

per dag beperk, wat hierdie rekening vir talle mense heeltemal onprakties maak.” Die SNI se bankkosteverslag is vanjaar baie meer gebruikersvriendelik as voorheen. Dit dien as ’n goeie riglyn vir mense wat hul bankkoste wil evalueer. Bankkliënte moet egter

steeds in gedagte hou dat elke individu se bankgewoontes en -behoeftes uniek is, en dat elkeen ’n finale besluit op grond van sy of haar eie bankgewoontes en -voorkeure moet neem. • Besoek www.navorsing.co.za vir die volledige bankkosteverslag. S


Industrynews

News from all the industries trade union Solidarity operates in as well as issues that directly influence you in the world of work.

RETRENCHMENT: The very last option

T

Photograph: iStockphoto.com

The number of companies experiencing severe financial difficulties is increasing every year due to the current international and South African financial climate. JOB LOSSES are sometimes inevitable with budget cuts, dwindling profits and cash flow problems, writes CILLESTE VAN DER WALT.

28

heft of company stock and equipment costs employers many millions in losses every year. Local and international companies are reluctant to risk labour intensive investment and this lack of investment hampers growth in the economy. A vicious cycle starts here, because fewer investments in South African companies lead to job cuts. Job cuts lead to a downward trend in consumer spending power which, in turn, once again affects companies’ financial situation. Why not to retrench before alternatives have been considered: • The retrenched employee and his/her family is likely to suffer as a result of the retrenchment. • First-in-first-out is a common criterion for selecting employees to be retrenched.This can result in the employer losing employees with valuable skills which, in turn, can harm the quality of products and services and hinder the acquisition of new business. • The knock-on economic effect of retrenchments could well result in future losses for the employer. • Labour law does not allow employers to retrench employees unless such retrenchment cannot be avoided. Although not all alternatives to retrenchment are viable in every situation, there are some alternatives to be considered: • Think of new ways to increase revenue • Try to cut down on unnecessary expenses • Minimise wastage • Negotiate with employees to agree to pay cuts for shorter working hours • Consider temporary layoffs and job sharing • Put a moratorium on new appointments. The trade union Solidarity has a comprehensive four step social plan with guidelines and methods to not only absorb the impact of retrenchments, but to investigate all possibilities to ward it off.

05/2013 • www.solidariteit.co.za

SOLIDARITY’S FOUR STEP SOCIAL PLAN Steps to avoid retrenchments Job security should be protected at all costs and any form of retrenchments should be avoided. This can be done by forming a forum (comprising of employer and trade union representatives) to investigate any problems affecting job security upfront. Regular skills audits should also be undertaken. Solidarity suggests empowerment programmes, the establishment of centres of opportunity (responsible for the training, placement and counselling of employees) and the appointment of social plan co-ordinators.

Alternatives to retrenchments Employers should follow three steps in such a process. Firstly, all other options within the company’s operational activities should be considered and staff planning must be done. Secondly, options such as cutting bonuses or engaging in salary negotiations should be considered. Lastly, downscaling temporary and contract workers or other measures such as temporary retrenchments should be considered.

3 1

Proper legal process and fair procedures Solidarity maintains that retrenchment processes should be handled in terms of legal requirements and fair retrenchment procedures. Laws and regulations that must be complied with include the following: Section 189 of the Labour Relations Act, the social plan as outlined by the Department of Labour, collective bargaining agreements with the relevant trade unions, company procedures and employee service agreements. The trade union is also of the opinion that the proper handling of communication and the availability of information will facilitate the process.

2

Measures to reduce the negative impact of retrenchment In its plan Solidarity suggests that, should retrenchments be inevitable, employers should offer more favourable retrenchment packages, the training needs of employees should be investigated, entrepreneurship and business skills should be promoted and attempts should be made to postpone retrenchments. Employers have to comply with the fixed pay-out period of retrenchment packages, must offer support with regard to the payment of unemployment insurance and must offer counselling services to employees. Retrenched employees must also be given first option to apply for vacancies should any arise. S


bedryfsnuus

60%

van Suid-Afrika se GOUDMYNE is nie winsgewend nie. Die land is vir die eerste keer in 10 jaar nie die topprodusent van GOUD nie, maar slegs sesde ter wêreld.

Wat verkort die LEEFTYD van SA se MYNE? Gideon du Plessis

’n Foto: Reint Dykema

Die Suid-Afrikaanse MYNBOUBEDRYF is ’n onderwerp wat deesdae op al meer mense se lippe is. Met die Marikana-slagting nog vars in die geheue, hou almal asem op vir die uitkoms van die loononderhandelings vir werknemers in die goud- en steenkoolsektore van die Kamer van Mynwese. Dít terwyl SuidAfrikaanse MYNE die een na die ander in die stof byt. INGE STRYDOM het meer hieroor gaan uitvind.

Myn wat nou al vir ’n paar jaar klippe kou, is Village Main Reef se Buffelsfontein-goudmyn naby Stilfontein in Noordwes. Die bestuur van die myn het in Mei vanjaar aangekondig dat die myn weens sy swak opbrengs van die afgelope twee jaar gesluit moet word. Bernard Swanepoel, uitvoerende hoof van die myn, het vroeër gesê dat vier van die myn se skagte die afgelope twee jaar onderproduseer het.“Ons meen die myn beskik nie meer oor ekonomies ontginbare gouderts nie,” sê hy. Buffelsfontein-myn se ekonomies ontginbare leeftyd sou egter, luidens sy webtuiste, eers in 2028 uitgeput gewees het – tog is die myn se leeftyd met 15 jaar kortgeknip. Paul Joubert, senior navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut, meen die rede vir ’n myn se vervroegde sluiting kan hoofsaaklik aan twee faktore toegeskryf word: die prys van die spesifieke mineraal wat ontgin word en die koste om die mineraal te ontgin.

“Die moontlikheid bestaan dat die ontginning van ’n spesifieke mineraal duurder kan wees as wat die mynmaatskappy aanvanklik geraam het. Wanneer dit met ander faktore soos arbeidsonrus en die gevolglike uitwerking daarvan op die ekonomie gepaardgaan, kan dit katastrofiese gevolge vir ’n myn inhou,” verduidelik hy. “In die geval van die Buffelsfontein-goudmyn het die swakker as verwagte goudprys en die graad van die spesifieke gouderts wat by die myn ontgin is, waarskynlik tot gevolg gehad dat die myn vroeër moes sluit. Dus verskil die ekonomies-ontginbare reserwes van die absolute reserwes wat nog in die myn is.” Daarby meen Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, dat die Kamer van Mynwese onlangs ’n somber prentjie geskets het toe hy aangedui het dat 60% van SuidAfrikaanse goudmyne nie winsgewend is nie. “Suid-Afrika is die eerste keer in 10 jaar nie die topgoudprodusent in die wêreld nie, maar is nou sesde,” verduidelik hy. “Daarby het die

dollar-goudprys in die eerste kwartaal van 2013 met 23% gedaal.” Volgens Du Plessis kan die volgende faktore die leeftyd van ’n myn verkort: • Ironies genoeg word myne se leeftyd verkort deur verhoogde produksie en die byvoeging van skofte. • Suid-Afrika se myne is die diepste ter wêreld en myne wat dieper as 3 km is, word as ’n groot veiligheidsrisiko beskou. Die drie grootste goudprodusente in Suid-Afrika se myne is dieper as 3 km. • Baie myne se produktiwiteit verlaag omdat die graad van die gouderts laag is en dit boonop moeilik is om te ontgin, wat die produksiekoste op sy beurt opstoot. • Onbestendige arbeidsverhoudinge maak SA ’n onbetroubare mineraalverskaffer en beïnvloed die sluiting van langtermynkontrakte. • Suid-Afrika se mynbedryf is oorgereguleer en dit, tesame met arbeidsonrus, frustreer werkgewers en ontmoedig uitbreiding. S www.solidariteit.co.za • 05/2013

29


bedryfsnuus

Martin van Vreden, Frans Botes,Willem van Tonder en Casper Badenhorst is al vier Solidariteit-verteenwoordigers by SAAT.

Regstellende sanksie of regstelaksie by SAAT?

“Dit is duidelik dat die hele SAL-groep vasbeslote is om RASSEKWOTAS links en regs in te stel, sonder om die meriete van elke kandidaat te oorweeg.” Só meen Dirk Groenewald, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke. Dit volg nadat Solidariteit op 24 Julie 2013 ’n interdik teen South African AirwaysTechnical (SAAT), die tegniese afdeling van die SAL, bekom het. INGE STRYDOM berig.

Foto’s: Inge Strydom

D 30

ie doel van dié interdik is om te keer dat SAAT senior lugvaarttegnici-poste (“senior licensed technicians”) vul waaroor Solidariteit sedert verlede jaar met regsaksie teen die lugdiens besig is. Solidariteit het verlede jaar ’n saak van onbillike diskriminasie op grond van ras namens die drie lede na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verwys, waarna die KVBA die saak na die arbeidshof verwys het. Solidariteit sê die poste behoort nie gevul te word voordat regsekerheid verkry is nie. Solidariteit was genoop om in Julie vanjaar ’n dringende hofinterdik te bekom nadat SAAT met stappe begin het om vier vakante poste wat weens regstellende aksie vir swart kandidate gereserveer is, te vul. Drie wit mans wat in van dié poste waargeneem het, is oor hul velkleur oor die hoof gesien en nie vir permanente posisies oorweeg nie. Daarbenewens was daar geen geskikte swart kandidate wat die poste kon vul nie. SAAT het toe, in reaksie op die interdik, op 6 Augustus met Solidariteit ooreengekom dat die drie poste vakant gelaat sal word totdat die hofsaak gefinaliseer is.

05/2013 • www.solidariteit.co.za

Volgens Groenewald maak Solidariteit gewoonlik (en in die geval van SAAT) op grond van die volgende ’n saak van onbillike diskriminasie by die arbeidshof aanhangig: • Die reservering van poste kom op ’n kwotastelsel neer wat deur artikel 15(3) van die Wet op Gelyke Indiensneming verbied word. • Die feit dat poste slegs intern geadverteer word en dat daar, ongeag lede se bevoegtheid en geskiktheid, aan hulle gesê is dat hulle weens hul ras nie aangestel sal word nie. • Die reservering van poste vir ’n bepaalde rasgroep kom neer op ’n absolute verbod op die nie-aangewese rasgroep. Die Suid-Afrikaanse howe het al bevestig dat regstellende aksie nie op grond van ’n absolute verbod en/of beperking op persone van die nie-aangewese groep, mag geskied nie. • Laastens het die howe ook reeds daarop gewys dat enige regstellendeaksie-optrede slegs in terme van ‘n goedgekeurde regstellendeaksieplan toegepas mag word voordat dit as billike diskriminasie beskou mag word. In die geval van SAAT het die werkgewer geen goedgekeurde plan gevolg nie en is daar in teenstelling met die protokol opgetree. S

Dié TEGNICI is ons steunpilare

“S

olidariteit gee regtig om vir sy mense. Hulle láát dinge gebeur.” Só meen Martin van Vreeden, senior lugvaarttegnikus en Solidariteit-verteenwoordiger by die SuidAfrikaanse Lugdiens se tegniese afdeling. Van Vreden deel sy verantwoordelikhede as vakbondverteenwoordiger met drie ander Solidariteit-lede by SAAT, naamlik Frans Botes,Willem van Tonder en Casper Badenhorst. Hulle is ook senior lugvaarttegnici en deel sy passie vir Solidariteit se visie en missie. Ons het hulle gevra waarom hulle so passievol oor die vakbond is. Hier is wat hulle te sê gehad het:

Waarom het jy aanvanklik ’n lid van Solidariteit geword? Martin: Daar was nie vir my enige ander moontlikheid as Solidariteit nie. Frans: Ek glo in Solidariteit se saak. Willem: Vir beskerming en ondersteuning in die werkplek. Casper: Ek het gehou van Solidariteit se Christelike beginsels en waardes. Wat dink jy maak van Solidariteit ’n unieke en suksesvolle vakbond? Martin: Solidariteit gee regtig om vir sy lede. Frans: Solidariteit sorg dat geregtigheid geskied. Willem: Die feit dat Solidariteit ’n magtige organisasie is met verskeie instellings wat verskeie fasette van die gemeenskap dien. Casper: Solidariteit doen moeite om aan die individu se verwagtings te voldoen. S


olidarity would like to equip its members with the necessary knowledge regarding the so-called lockout at the workplace. A lockout is defined as follows: “An employer locking employees out from the employer’s workplace in order to compel employees to accept a demand regarding any matter of mutual interest between the employer and employee, irrespective whether the employer, in the course of or for the purposes of that lockout, is guilty of a breach of contract with those employees.” A lockout is the instrument used by employers to compel workers to accept the demands of the employer. In contrast, employees exercise their right to strike to force the employer to accept their demands. Both these instruments may be utilised when a dispute of interest arises between the employer and employees. A typical example of a dispute of interest is a dispute arising during wage negotiations when the parties can-

not reach an agreement regarding the percentage increase of the employees’ wages.“Lockout” can also be seen as the counterpart to a strike. Therefore, a lockout can be described as the phenomenon where an employer prevents his employees from exercising their common law right to provide their services for a fee to the employer until they concede to the employer’s demands. As in the case of a strike, the “no work, no pay” principle also applies to lockouts. Therefore, with a lockout an employer seeks to force his employees to agree to his demands through the withholding of their pay. On termination of the strike by the employees, the employer may proceed with the lockout until the employees accept the demands of the employer. According to the definition, an employer may only apply the lockout to his own employees with whom he is involved in a dispute.Therefore, contractors or employees of another employer who is not involved in the dispute may not be af-

fected by a lockout. Likewise, employees cannot be subjected to the lockout if they do not take part in the strike. However, all members of a trade union on strike may be locked out, irrespective whether they are striking or not. The employer may lock out all employees to compel them to accept his demands, irrespective of their participation in the strike. Before an employer may lock out his employees, the following procedure should be followed: • The dispute should be referred to the Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration (CCMA) or a bargaining council. In addition, a certificate should be issued by the CCMA or bargaining council indicating that the dispute has not been resolved, or that a period of 30 days has elapsed since the dispute had been referred; • The employer should inform the union or employees of the lockout in a written notice at least 48 hours before the lockout. S

industrynews

S

LOCKOUT AT WORK: What you should know


bedryfsnuus

R2,4 miljoen

Die bedrag wat die DKD na beraming bestee het om sy omstrede regstelaksieplan in die arbeidshof in Kaapstad te VERDEDIG.

“Ons word AFGEKEUR omdat ons bruin is”

S Foto: iStockphoto.com

Uitspraak in Solidariteit se REGSTELLENDEAKSIESAAK teen die departement van korrektiewe dienste (DKD) is in die arbeidshof in Kaapstad voorbehou. Regter Hilary Rabkin-Naicker sal egter na verwagting voor die einde van die jaar uitspraak lewer. NICO STRYDOM doen verslag.

32

olidariteit tree op namens tien applikante wat telkens die beste kandidate was vir die poste in die DKD waarvoor hulle aansoek gedoen het, maar uitsluitlik weens hul velkleur nie aangestel is nie. Die eerste vyf applikante het tydens die eerste deel van die hofsaak van 24 April tot 3 Mei getuig terwyl die ander vyf tydens die tweede deel van die hofsaak van 29 Julie tot 5 Augustus getuig het. Die tweede deel van die hofsaak is oorheers deur die getuienis van die onderskeie partye se deskundige getuies. Paul Joubert, senior navorser van die Solidariteit Navorsingsinstituut, was die vakbond se deskundige getuie. Joubert het verskeie foute in die verslag van die DKD se deskundige getuie uitgewys. Joubert het tot die slotsom gekom dat die DKD-regstelplan ’n gebrek aan sensitiwiteit vir die werklike situasie toon. Susan Nkomo, die DKD se spesialisgetuie, het getuig dat die departement se regstelplan nie so rigied is soos wat die applikante aanvoer nie, aangesien daar voorsiening gemaak word om daarvan af te wyk.

05/2013 • www.solidariteit.co.za

Belastingbetalers hoes Die DKD het na beraming sowat R2,4 miljoen van belastingbetalers se geld gebruik om sy omstrede regstellendeaksieplan in die arbeidshof in Kaapstad te verdedig. Met dié bedrag kon die verhogings wat gepaardgaan met die bevorderings waarvoor die tien applikante in die saak veg, vir 12 jaar lank gefinansier word. Die saak is een van die duurste arbeidshofsake in die geskiedenis van Suid-Afrika. Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van die Solidariteit Beweging, sê in teenstelling hiermee het Solidariteit sy saak aangevoer teen minder as ’n kwart van die geskatte koste van die DKD se regspan. “Die vakbond het ook in teenstelling met die DKD se twee senior advokate en twee junior advokate slegs een senior advokaat en een junior advokaat gebruik. Dit is ’n skokkende vermorsing van die belastingbetaler se geld.” Só het hulle getuig • Deidré Jordaan: “Ons is veronderstel om almal gelyk te wees in hierdie land, maar dit

is nie die geval nie. Daar word teen my gediskrimineer. Ek voel skaam en is seergemaak”. Derick Wehr: Hy het getuig dat ’n 26-jarige persoon aangestel is in die pos waarvoor hy aansoek gedoen het.“Toe dié persoon gebore is, het ek al vier jaar vir die departement gewerk. Hoe kan dit regverdig wees?” Desiree Merkeur: Sy het getuig dat sy nie verstaan hoekom die DKD haar op ’n kortlys vir ’n pos sal plaas, vir ’n onderhoud sal nooi en vir die posisie sal aanbeveel as hulle weet dat bruin mense “oorverteenwoordig” is op die spesifieke posvlak nie. Teresa Abrahams: Sy het getuig dat sy weens die DKD se raskwotas nie aangestel is in die pos waarvoor sy aansoek gedoen het nie.“Ons word afgekeur omdat ons bruin is.” Jan Kotze: Kotze het aansoek gedoen om die pos van sentrumhoof by die Drakenstein-gevangenis. Hy het van 2009 tot vroeg in 2012 in die pos waargeneem. Hy is nie aangestel nie. S


industrynews

Solidarity shows its mettle at Evraz Highveld Steel

T

By Inge Strydom

Foto: iStockphoto.com

he wage agreement that Solidarity recently reached with the management of Evraz Highveld Steel in eMalahleni (Witbank) is a good example of how an employer values its employees despite financial pressures, thereby ensuring stability in the workplace. The agreement reached in September includes, among other things, an 8,5% wage increase for all Solidarity members who are part of the bargaining unit. According to Deon Reyneke, spokesperson for Solidarity, the agreement also includes an increase in members’ housing, call-out and standby allowances of between 8% and 9%. “In Solidarity’s opinion, the agreement proves once again that peaceful and constructive negotiations always lead to a sensible solution that is acceptable for both parties,” he explained. Solidarity first embarked on wage negotiations with the company, where it represents some 350 members, on 30 May 2013. Interesting facts about the global steel industry • The industry directly employs more than two million people worldwide, with a further two million contractors and four million people working in supporting industries. • Considering that steel is the key product supplied to the automotive, construction, transport, power and machine goods industries, the steel industry is a source of employment for more than 50 million people. • World crude steel production has increased from 851 megatons (Mt) in 2001 to 1 548 Mt in 2012. By comparison, only 28,3 Mt was produced in 1900. • The average steel use per capita worldwide has increased steadily from 150 kg in 2001 to 215 kg in 2011. • India, Brazil, South Korea and Turkey have all entered the top ten steel producers list in the past 40 years. • South Africa exported 88 057 tons of primary steel products in January 2013 at a price of R10 587 per ton, according to statistics released by the South African Iron and Steel Institute. • Sources: www.worldsteel.org and www.saisi.co.za S www.solidariteit.co.za • 05/2013

33


bedryfsnuus

Wage agreement finally on PAPER

I

By Inge Strydom

“Skaf regstelaksie nou in STAATSDIENS af ”

D Foto: iStockphoto.com

Lindiwe Sisulu, minister van staatsdiens en administrasie, het vroeër vanjaar in reaksie op ’n parlementêre vraag gesê dat die staatsdiens in sy geheel GETRANSFORMEER is en die land se demografiese samestelling weerspieël. NICO STRYDOM berig.

34

irk Groenewald, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, sê dit beteken dat die grondwetlike doelwit van “breë” en “billike” verteenwoordiging in die staatsdiens dus behaal is en dat Suid-Afrika, as party tot die Internasionale Konvensie vir die Beëindiging van alle Vorme van Rassediskriminasie, nou verplig is om regstellende aksie in die staatsdiens af te skaf. “Die Konvensie, wat deur die Verenigde Nasies aanvaar is, bepaal in artikel 2(2) dat spesiale maatreëls ingestel kan word om te verseker dat sekere rasse- of etniese groepe voldoende bevorder word en dat dit nie as rassediskriminasie geag sal word nie. Daar word egter sekere beperkings op hierdie maatreëls geplaas en daar word spesifiek bepaal dat dit nie tot die handhawing van afsonderlike regte vir verskillende rassegroepe mag lei nie en dus nie voortgesit mag word nadat die oogmerke bereik is waarvoor dit ingestel is nie.” Die Konvensie plaas dus duidelike beperkings op die staat se regstellende optrede. Groenewald sê die doelwit van “breë” verteenwoordiging is bereik en indien regstellende aksie in die staatsdiens nie afgeskaf word nie, sal dit die handhawing van afsonderlike regte vir verskillende rassegroepe tot gevolg hê.

05/2013 • www.solidariteit.co.za

“Die meeste staatsdepartemente is reeds verteenwoordigend van die land se demografie, maar afsonderlike regte geld steeds vir verskillende rassegroepe weens die staat se absolute beheptheid met die verteenwoordiging van die nasionale rassedemografie. Solidariteit se regstellendeaksiesaak teen die departement van korrektiewe dienste is ’n goeie voorbeeld hiervan.” Volgens Groenewald het die regering ’n verpligting ingevolge die Grondwet, die Wet op Gelyke Indiensneming en die Internasionale Konvensie vir die Beëindiging van alle Vorme van Rassediskriminasie om regstellende aksie in die staatsdiens af te skaf. “Versuim deur die regering om regstellende aksie in die staatdiens nou af te skaf, kan streng gesproke neerkom op die verbreking van die verdrag wat ons onderteken het. “Ons het meer spesifieke inligting oor die minister se antwoord aangevra en het drie moontlike roetes wat gevolg kan word om die probleem op te los: Die staat kan die verdrag en die inhoud van ons Grondwet eerbiedig en regstellende aksie afskaf, ons kan die howe versoek om die staat te verplig om dit af te skaf, of Solidariteit kan die internasionale arena betree en die Verenigde Nasies self inlig van die verbreking van die Konvensie met die versoek om teen die regering op te tree.” S

n July and August, Solidarity reached wage agreements with the employers in, respectively, the saw mill, paper and pulp, and fibre and particle industries of the National Bargaining Council for the Wood and Paper Sector, following several rounds of negotiations. The agreement entails a 7,6% wage increase for the employees in the paper and pulp industries, whilst wage increases of 7,25% were reached in the saw mill and fibre and particle industries respectively. The agreement in the saw mill industry was reached on 15 August 2013, whilst the agreements in the paper and pulp and fibre and particle industries were both reached on 26 July 2013. As part of the agreements reached in the paper and pulp and the fibre and particle industries, various non-substantive issues, such as housing, will be referred to a separate forum. The agreement in the saw mill industry also involves, among other things, a 20% increase in female employees’ remuneration during maternity leave. According to Marius Croucamp, spokesperson for Solidarity, the negotiations were by no means free from challenges and obstacles.“The negotiations often carried on until after midnight.The trade union was, however, determined to negotiate the best possible agreement for its members and believes it attained this goal in the end.” Did you know? • South Africa is ranked the 15th largest producer of pulp in the world and 24th in paper production. • There are three main stages in paper production, from when the timber arrives at the mill as a raw material right up to the stage when it becomes the final packaged product. • No indigenous trees are used in the production of paper. The planning of plantations does, however, take cognisance of the fact that alien tree species need to co-exist with the indigenous environment, causing as little impact as possible. • Source: www.thepaperstory.co.za S


bedryfsnuus

Só VEG Solidariteit LANDWYD vir sy mense Deur Inge Strydom

7,5% SUKSESRESEP

’n LOONOOREENKOMS van

is met die werkgewers in die nywerheidschemikalieësektor van die Nasionale Bedingingsraad vir die Chemiese Bedryf (NBCCI) bereik. Dit volg nadat die geskilronde van vanjaar se loononderhandelings op 21 Junie 2013 afgesluit het.Tydens die GESKILRONDE het die werkgewers ’n finale aanbod van ’n 7,5%-verhoging aan Solidariteit en Sacwu gemaak.

VAKBOND WYS SY STAAL BY ARCELORMITTAL Solidariteit het op 19 Julie 2013 ’n loonooreenkoms met die bestuur van ArcelorMittal in Vanderbijlpark bereik. Dit volg ná ten minste drie rondes van onderhandelings tussen die Bedingingsraad vir die Metaal- en Ingenieursbedryf (waarvan Solidariteit ’n lid is) en die werkgewer wat op vyf verskillende posgraderings (H-L) betrekking gehad het. Die ooreenkoms, wat terugwerkend vanaf April 2013 tot 31 Maart 2014 van krag sal wees, behels onder meer die volgende: • ’n loonverhoging van 7% vir werknemers in die H-posgradering; • ’n 7,5%-verhoging vir werknemers in die I- en J-posgraderings; en • ’n verhoging van 9,95% vir werknemers in die K- en L-posgraderings. Daarbenewens sal ander toelae wat aan werknemers betaal word, waaronder hul skoftoelaag, bystandtoelaag en pensioentoelaag, met dieselfde persentasie verhoog word. Die vakbond verteenwoordig 3 500 lede by dié maatskappy.

Foto’s: iStockphoto.com

SÓ STYG LONE BY SASOL MYNBOU

36

Solidariteit het op 2 Augustus 2013 ’n loonooreenkoms met die bestuur van SASOL MYNBOU bereik. Die ooreenkoms is soos volg: • ’n uitwoontoelae (“living out allowance”) van R1 000 per maand; • ’n verhoging van 0,5% op die skoftoelae; • ’n 8%-verhoging op die minimumloon; en • ’n loonverhoging van 8% plus ’n bykomende 0,5%-verhoging in Januarie 2014. Die ooreenkoms volg nadat die onderskeie vakbonde wat deel van die loononderhandelings was ’n geskil met die werkgewer verklaar het. 05/2013 • www.solidariteit.co.za

A+ vir Aquarius Platinum

Solidariteit het ná drie rondes onderhandelings met AQUARIUS PLATINUM in Rustenburg ’n loonooreenkoms bereik. Die loonooreenkoms, wat op 16 Julie 2013 bereik is, sluit ’n 10%loonverhoging en byvoordele in. Die ooreenkoms behels verder dat die behuisingstoelaag van alle Solidariteit-lede op die A-posvlak met 10% verhoog sal word. Daarby sal die werkgewer se bydrae ten opsigte van lede se mediese fondse na R2 130 per maand verhoog word. Magasynmeesters en -assessors se bonusse sal na R6 310 verhoog word en die veiligheidsbonus na R1 679 per maand.


Deur Ian Cameron

friForum het in die eerste week van September die organisasie se eerste Projek 1 000-inisiatief in Suid-Afrika aangepak. Omdat AfriForum se tak in Vryburg, Noordwes die voorlopertak in die land is, is daar besluit om dié takstruktuur as bloudruk te gebruik om die organisasie tot nuwe hoogtes te lei. AfriForum kan as burgerregte-organisasie nie sonder sy lede daarin slaag om oral voelers uit te steek en verskille teweeg te bring nie. AfriForum-lede gee die organisasie die vermoë om sy werk regdeur die land voort te sit. Projek 1 000 se doelwit is om 1 000 lede by takke landwyd in te skryf. Wanneer dié mylpaal behaal is, sal daar by elk van die uitblinkertakke ’n eie organiseerder

aangestel word wat die tak se sake regstreeks sal hanteer. Die organiseerder sal verantwoordelik wees om die gemeenskap voltyds te help met enige probleme wat plaaslikeregeringsake, veiligheidskwessies en omgewingsake betref. Wanneer AfriForum sy vermoë regoor Suid-Afrika uitbrei, sal gemeenskappe beter georganiseerd wees om plaaslike regerings op hul tone te hou en te verseker dat hulle hul pligte teenoor gemeenskappe nakom. Vryburg het reeds gemeenskapsveiligheidstrukture ingestel en as gevolg van dié inisiatief het misdaad in dele van die dorp reeds met 47% gedaal. ’n Tak met 1 000 lede geniet die volgende voordele: • ’n Voltydse organiseerder is beskikbaar om

die gemeenskap by te staan. Hierdie organiseerder sal aktiewe lede in die dorp koördineer om burgerlike inspraak in die dorp te versterk. • ’n Beheerkamer sal die dorp voortdurend monitor en strukture soos buurtwagte organiseer. Vryburg beskik byvoorbeeld oor ’n veiligheidskomitee wat as koördineerder tussen die buurtwag, motorwagte, die munisipaliteit en die Suid-Afrikaanse Polisiediens optree. • Toegang tot AfriForum se regsdienste en regsfondse is beskikbaar. Die dorp se verteenwoordiger het voltyds toegang tot hierdie diens om seker te maak dat plaaslike regeringsinstellings hulle pligte nakom indien die gemeenskap se grondwetlike regte bedreig word. S

inbeweging

A

AfriForum stel PROJEK 1 000 bekend


inbeweging

’n

Webwerftender in AfriForum se VISIER

Foto: iStockphoto.com

Deur Esmarie Prinsloo

38

Maatskappy wie se tender vir die Vrystaat regering se omstrede webtuiste nie aanvaar is nie, het R4,5 miljoen vir dié projek getender. Dié inligting is deur die eienaar van die maatskappy aan AfriForum voorsien. Sy maatskappy is saam met al nege ander tenderaars gediskwalifiseer in die tenderstryd nog voordat hulle die fase kon bereik waarin koste voorgelê kon word. Die konsortium van Cherry OnlineDesign, Ikamva IT Solutions en Jugganaut se tender van byna R120 miljoen is uiteindelik aanvaar. Dít terwyl twee van dié maatskappye se webtuistes bedenklik is.. AfriForum het ’n onafhanklike kenner aangestel om dié webwerftender te ondersoek, nadat die burgerregte-organisasie daarin geslaag het om die tenderdokumente by die kantoor van die

05/2013 • www.solidariteit.co.za

Vrystaatse premier, Ace Magashule, in Bloemfontein te verkry. CW Els, AfriForum se organiseerder vir die Vrystaat, het gesê die buitensporige bedrae is kommerwekkend.“Hoe verder ’n mens deur die dokumente werk, hoe duideliker word dit dat daar heelwat vrae omtrent dié tender te vra is.” Die tender beloop R119 680 231 waarmee 38 webtuistes van die Vrystaatse regering oor ’n tydperk van vier jaar (2011 tot 2014) oorgedoen en in stand gehou moet word. Els sê dit is duidelik dat die webtuistes nog nie aandag geniet het nie.“Die inligting op die bladsye is verouderd. Kontakbesonderhede op verskeie webtuistes is verkeerd en dokumentasie wat ingevolge wetgewing op die webtuistes moet verskyn, ontbreek. “Daar is sedert 2011 reeds meer as R70 mil-

joen bestee, en ’n verdere R41 miljoen sal gedurende 2013/2014 uitgegee word. Dit is ’n duidelike voorbeeld van belastinggeld wat verkwis word terwyl dienslewering in die provinsie tekortskiet,” het Els gesê. Els sê dié geld kon eerder aangewend word om die dreigende waterkrisis en ander diensleweringsprobleme op te los. Wanneer AfriForum se ondersoek afgehandel is, sal ’n verslag met besonderhede en bevindings bekendgemaak word en sal verdere stappe gedoen word om die amptenare wat die tenderprosedures ondermyn het, aan die pen te laat ry. Die Vrystaatse premier én die Openbare Beskermer het aangedui dat hulle ook die tender ondersoek. • Esmarie Prinsloo is die hoof van mediaskakeling by AfriForum. S


MOTORBYLAE Motoring supplement

Foto’s: iStockphoto.com

Welkom by die tweede uitgawe van ons BYLAE spesiaal vir al die petrolkoppe en motorgeesdriftiges. Blaai ook na BLADSY 35 as jy ’n splinternuwe Toyota Corolla of Ventersleepwa wil wen!. Wil jy in ons volgende motorbylae pryk? Bespreek by Denise Viljoen by 082 352 7147 of stuur e-pos na denise@solidariteit.co.za of Adrie van Dyk by 082 850 6784 of stuur e-pos na adrie@solidariteit.co.za


Solidariteit Finansiële Dienste Solidariteit Beweging

Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556

Motor- en huisinhoudversekering deur Solidariteit is ’n produk van Auto & General. Auto & General is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 16354


’n

Motorongeluk gebeur in ’n oogwink. Jy is besig om jou gunstelingliedjie te luiste op pad na die Saterdagmiddagbraai, of is dalk half aan die slaap op pad werk toe op ’n Woensdagoggend en skielik is jy in ’n ongeluk. Hoe nou gemaak? Wat doen ’n mens eerste? Wat het ’n mens nodig en wat is volgens wet jou verpligting? Hier is ’n stap-vir-stap-verduideliking wat jou in só ’n geval te doen staan: Begin deur • kalm te bly en jou voertuig af te skakel; • vas te stel of enigiemand beseer is en indien wel, hoe erg die beserings is; • as iemand ernstig beseer is, die nooddienste te bel; en • as iemand beseer is, die polisie in kennis te stel sodat hulle die ongelukstoneel kan besoek.

advertorial

ONGELUK: Hoe nou gemaak?


inbeweging

S

Helpende Hand neem onnies na VSA

Foto: iStockphoto.com

Deur Dr. Danie Brink

olidariteit Helpende Hand het in Julie vanjaar met die hulp van verskeie borge die geleentheid gekry om ses Afrikaanse wiskunde-onderwysers na die VSA te neem vir die veertiende Swiss International Teachers’ Program (SITP). Onderwysers van Brasilië, Viëtnam, Suid-Afrika en die VSA is deur die Schmidheiny Foundation in Blacksburg,Virginia, bymekaargebring vir hierdie professionele ontwikkelingsprogram. Die besoek het onder meer die volgende hoogtepunte opgelewer: • Deelnemers het lesings bygewoon oor ’n verskeidenheid opvoedkundige tegnologie wat in die wiskunde-klaskamer gebruik word. • Onderwysers van die deelnemende lande het vir drie weke die kans gehad om mekaar se opvoedkundige stelsels te leer ken, te netwerk en kennis uit te ruil. • Die makro-ekonomiese simulasieprogram ECOSYS, wat deur die internasionale konstruksiemaatskappy Holcim ontwikkel is, is gebruik om deelnemers ’n eerstehandse ervaring van probleem-gesentreerde klaskamers te gee. ECOSYS simuleer die bestuur en begroting van ’n fiktiewe land genaamd ECOLAND. Syfers en ekonomiese beginsels gebruik Switserland as model. Aangesien ’n benadering van probleem-gesentreerde wiskunde-klaskamers ideaal is vir optimale leer, het ECOSYS netjies aangesluit by wat in Suid-Afrika op wiskunde-kongresse aangebied word. • Deelnemers het deur middel van ECOSYS ’n deeglike begrip verkry van mikro- sowel as makro-ekonomiese faktore wat ’n invloed op ’n land, sy mense en sy ekonomie het. Alreeds getuig die Suid-Afrikaanse deelnemers van die kennis wat hulle in hul klaskamers toepas. Die Suid-Afrikaanse span het boonop uitstekend presteer. Hulle was onomwonde die kern van die kursus. So byvoorbeeld was een van die Suid-Afrikaanse deelnemers die minister van finansies terwyl ’n ander een die minister van omgewingsake was – twee van die belangrikste poste in ECOLAND. Prof. Susann Obrist van die Switserse Universiteit wat die kursus aangebied het, het erken dat die Suid-Afrikaners die kursus se sukses verseker het deurdat ECOLAND se aanvanklike probleme stadig maar seker met behulp van goeie bestuurs- en begrotingspraktyke uit die weg geruim is. Peter Zwicky, die Switser wat reeds vir nege jaar die kursusleier is, het erken dat die simulasieprogram vanjaar die beste ooit afgeloop het. Probleme soos hoë vlakke van besoedeling en werkloosheid is deur doeltreffende wetgewing en verantwoordelike begrotingspraktyke dramaties verminder. Waar Suid-Afrika se verteenwoordigers in die verlede teleurgestel het (by monde van Peter Zwicky), het vanjaar se Helpende Hand-span almal beïndruk en help verseker dat Suid-Afrika in die toekoms weer ’n welkome deelnemer aan die SITP sal wees. • Dr. Danie Brink is uitvoerende direkteur van Helpende Hand. S www.solidariteit.co.za • 05/2013

45


inbeweging

Duisende leerlinge vind baat by ASSISTENTE

D

Solidariteit Helpende Hand se PROJEK LEERKRAG het momentum gekry toe die eerste 57 studente wat by die projek se onderwysassistenteprogram gaan baat, aangewys is, skryf JUANITA DU PREEZ.

ie onderwysstudente word deur Helpende Hand gesubsidieer en word by 23 skole regoor die land as onderwysassistente aangewend om die druk op oorlaaide onderwysers te verlig en self waardevolle indiensopleiding te ontvang. “Met die projek verbeter ons die gehalte van onderwys vir 11 212 leerlinge,” sê Riaan du Plooy, adjunk uitvoerende hoof: onderwys en opleiding by Solidariteit Helpende Hand. “’n Onderwysassistentprogram verlig die onderwyser se las en bied waardevolle indiensopleiding aan die student. “Die belangrikste element is egter dat leerlinge nou en in die toekoms op gehalteonderwys kan staatmaak. “Ons is baie opgewonde om hierdie eerste 57 onderwysassistente in skole te plaas,” sê Du Plooy.“Dit is die eerste stap in die verwesenliking van ’n groot droom. Van hier af aan gaan die projek net groter word.” “Vandat ek kan onthou, was my grootste droom om eendag ’n skooljuffrou te wees,” sê Anna-Mart van Niekerk, ’n derdejaaronderwysstudent by die Sentrale Volkskool in Kroonstad. Sy studeer tans by die Noordwes Universiteit se Potchefstroom-kampus en werk al vir ses maande by hierdie skool. “Die subsidie van Helpende Hand se Projek Leerkrag sal my help om my finalejaarstudies te kan betaal,” sê Anna-Mart.“Ek droom dat alle leerlinge ’n stukkie van dit wat hulle by my geleer het – my menswees – saam met hulle sal neem.” Leonard Welthagen is die skoolhoof van die Sentrale Volkskool in Kroonstad. Volgens hom maak onderwysassistente dit vir skole moontlik om leerders in kleiner groepe te verdeel en sodoende meer individuele aandag aan hulle te gee. Hy is een van vele skoolhoofde wat vol lof is vir Projek Leerkrag. “Hierdie projek gaan beslis die lewe vir onderwysers draagliker maak en ons salueer Helpende Hand daarvoor,” sê hy.“Die subsidie stel skole in staat om onderwysassistente te akkommodeer en dit help om leerkragte vir die toekoms voor te berei. Nie net kry hulle blootstelling aan praktiese onderwys nie, maar hulle ontvang ook oriëntering in die bestuur en

46

05/2013 • www.solidariteit.co.za

Só gee ons gehalte-onderwys ’n hupstoot

Deur by Solidariteit Helpende Hand aan te sluit, lewer jy ’n onmisbare bydrae om gehalte-onderwys ’n werklikheid te maak. Helpende Hand is trots om by 23 skole betrokke te wees, maar ten einde hierdie betrokkenheid op lang termyn volhoubaar te kan voortsit, het ons jou steun nodig! Sluit by Helpende Hand aan en help ons om jou skool en gemeenskap se hande sterk te maak! SMS “hand” na 34388. Elke lid se R50-bydrae per maand maak die wêreld se verskil vir duisende mense! Kyk hoe het ons lede die droom van Projek Leerkrag vanjaar ’n werklikheid gemaak: Deur slegs R50 per maand te skenk, kan jy gehalteonderwys in jou kind se skool help verseker! SMS “onnie” na 34388.

PROJEK LEERKRAG

se trefkrag

10de

Afrikaanse skole se posisie in die wêreld t.o.v. wiskundekennis

23 57

skole is betrokke – 4 hoërskole, 18 laerskole en 1 gekombineerde skool

administrasie van die skool. “Assistente wat as onderwysers kwalifiseer, sal praktiese ondervinding in hul CV’s kan meld. Hulle sal ook as beginneronderwysers hul

Onderwysassistente is geplaas – 24 mans en 33 vroue

11 212 leerlinge word daagliks bevoordeel. 8 550 kinders word direk geraak.

loopbaan met selfvertroue kan begin.” • Sit die krag terug in leerkrag! SMS die woord “onnie” na 38969 en skenk só R10 aan Projek Leerkrag. S


Deur Juanita du Preez

olidariteit Helpende Hand se ondersteuners het die organisasie oorval met versoeke om pakkies wol vir handtoffels aan te koop. Die organisasie het boonop van heinde en ver foto’s ontvang van mense wat met hul handtoffels pronk. “Ons is stomgeslaan oor mense se belangstelling en ondersteuning van die projek,” sê Michelle Burger, die projekorganiseerder. “Ons het tot dusver 2 880 pakkies wol uitgestuur en ons word steeds oorval met bestellings.” Die doel van die Handtoffel-projek is om geld in te samel vir die Helpende Hand Bejaardefonds. Die pakkies wol word teen R25 elk verkoop en die wins daaruit word vir dié fonds aangewend. Die Bejaardefonds is gestig om

bejaarde-organisasies finansieel by te staan. “Ons het met die Handtoffel-projek reeds R24 000 ingesamel,” sê Burger.“Ons is baie opgewonde oor elke sent, maar besef dat daar nog baie meer sente nodig is om in ons bejaardes se behoeftes te help voorsien.” Helpende Hand se takke is baie nou betrokke by bejaardes en het vanjaar met hernude ywer projekte ten bate van ouer persone aangepak. “Helpende Hand werk in die gemeenskap om armoede te voorkom, te verbreek en te verlig,” sê Burger.“In die geval van weerlose bejaardes kan armoede – fisiek en emosioneel – steeds verlig word.” • Wil jy betrokke raak? Stuur ’n e-pos na michelleb@helpendehand.co.za of SMS die woord “omgee” na 38969 en skenk so R10 aan die Helpende Hand Bejaardefonds.

inbeweging

S

Honderde sit HAND by, brei vir bejaardes


inbeweging

H

R12,3 miljoen

se lenings is vanjaar aan 693 studente toegeken

Studielening ontsluit jonge se TOEKOMS

Foto: iStockphoto.com

Deur Juanita du Preez

48

elpende Hand se Afrikaanse Beursinstituut het vanjaar R12,3 miljoen se studielenings aan 693 studente toegeken. Niel Venter, ’n derdejaar LLBstudent, is een van hierdie studente. “Niel was nog van sy geboorte af vir ons net ’n bron van vreugde,” sê Riane Venter, sy ma, “hoewel dit destyds ’n uitdaging was om in ons veertigs weer ouerskap baas te raak!” Riane en haar man, Gawie, van Potgietersrus, is nou albei 62 en afgetree. Niel het ook ’n ouer broer (’n siviele ingenieur) en suster (’n boekhouer). “Oral waar ons werk gesoek het, is ons vertel ons is te oud,” sê Riane.“Dit was ’n finansiële probleem, want die dag toe Niel sy matriekuitslae ontvang het, het ons nie geweet hoe ons vir sy studies gaan betaal nie.” Volgens haar wou Niel van kleins af ’n prokureur word.“Hy het almal teen die mure uitgedryf met sy redenasies,” lag sy.“Hy het nooit ’n ding net aanvaar omdat ons so sê nie, hy moes altyd daaroor redeneer. ” Dieselfde dag dat hy sy matriekuitslae gekry 05/2013 • www.solidariteit.co.za

het, het die Venters gehoor dat ’n beursinstansie ’n gedeelte van sy studies sou betaal, maar dit was nie genoeg nie. Kort daarna het hulle ook gehoor dat Niel se aansoek om ’n rentevrye studielening by Helpende Hand se Afrikaanse Beursinstituut goedgekeur is. Riane sê daar was baie trane van blydskap toe hulle hierdie goeie nuus ontvang het. Niel is ’n goeie student en neem sy studies baie ernstig op. Hy het reeds verskeie toekennings hiervoor ontvang. Hy werk ook in sy vrye tyd as klankingenieur by verskeie liefdadigheidsgeleenthede en is baie lief vir fietsry. Niel wil graag ná sy studies by ’n groot maatskappy werk en ook sy meestersgraad voltooi. Hy hou baie van kontrak- en korporatiewe reg en sal graag uiteindelik ’n advokaat wil wees. “Baie, baie dankie dat julle help om sy drome waar te maak,” sê Riane.“Ons waardeer dit regtig so baie.” • Om jongmense soos Niel se drome te laat waar word, skakel DinahTheron by 012 644 4428 of stuur ’n e-pos na dinah@helpendehand.co.za S

Doen voor einde September aansoek

Aansoeke om rentevrye studielenings sluit stiptelik op 30 September. Die aansoekvorms kan nog tot 30 September 2013 aangevra word by Melani Gerber by melani@helpendehand.co.za of deur 012 644 4428 te skakel, of dit kan van die webwerf www.helpendehand.co.za afgelaai word. Geen verouderde aansoekvorms mag by Solidariteit-dienskantore aangevra en ingevul word nie. Nuwe aansoekvorms word slegs deur die Afrikaanse Beursinstituut voorsien. E-pos of faks asseblief die volledig voltooide aansoekvorm na Melani Gerber by melani@helpendehand.co.za of 086 218 3185. Dit bly die aansoeker se verantwoordelikheid om te verseker dat ons die aansoekvorm ontvang het. Geen laat aansoeke sal aanvaar word nie.


Deur Cilleste van der Walt

eur harde werk, toewyding, dissipline en gedrewenheid kan probleme en struikelblokke oorkom word. Dit is ’n lewensuitkyk wat aangeleer moet word ten spyte van moeilike omstandighede om selfverbetering te bewerkstellig. Die kern van dit wat ’n Helpende Hand-beurs vir voornemende studente gee, is hoop – hoop op ’n beter self, beroep, toekoms en lewe. Nicolien Welthagen, senior navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), het onlangs ’n studie onderneem oor die Helpende Handbeursstudent en watter waarde hierdie beurs tot hul lewens gevoeg het.“Die bevindings van die studie ondersteun die resultate van ander navorsing wat bewys dat opleiding bydra tot ’n goeie selfbeeld, selfvertroue en beter lewens- en loopbaanbesluite,” verduidelik Welthagen. “Die feit dat so baie van die respondente

aandui dat hulle nou hoop vir die toekoms het, dui terselfdertyd aan hoe hulle sonder die vooruitsig van verdere studies gevoel het. Dit dui enersyds daarop dat hulle ontevrede met hul omstandighede was en nie hoop of optimisme vir hul toekoms gehad het nie, en andersyds op ’n strewe na selfverbetering en ontwikkeling,” sê Welthagen. Hoop is ’n emosionele en kognitiewe funksie. Al die respondente het onderliggend dieselfde uitgangspunt as Helpende Hand, naamlik dat opleiding tot verbetering en ’n beter toekoms lei. Uit die navorsing is vasgestel dat meer as die helfte van die respondente voltyds werk. Meer as ’n derde wat tans verder studeer, werk ook voltyds. Daarbenewens was die respondente hoofsaaklik genoodsaak om aansoek te doen om ’n beurs omdat hul ouers nie in ’n posisie was om vir hul studies te kon betaal nie. Verder noem van die werkende respondente

dat hul eie salaris te klein is om hul studies mee te betaal, of dat hulle besig is om te skei of ’n enkelouer is. Die navorsing toon dat mense voel dat hulle swak werkgeleenthede en beroepsvordering kon verwag as hulle nie die geleentheid gekry het om verder te studeer nie. Verder sou hulle ook swak lewens- en persoonlike omstandighede in die gesig gestaar het. Hulle sou finansieel gesukkel het en ook minder selfversekerd gewees het. Welthagen sê dit blyk duidelik uit die studie dat hoop ook daartoe lei dat iemand iets kan visualiseer wat nie daar is of sou gewees het nie, en dit selfs kan antisipeer. “Hoop skep dus die geleentheid om voorbereidings te tref vir iets nuuts. Met ander woorde, sonder hoop kan daar nie verwagtings en beplanning wees nie. Sonder hoop is daar ontnugtering, depressie, wanhoop en hulpeloosheid”, meen Welthagen. S

inbeweging

D

BEURSE skep hoop, gee selfvertroue hupstoot


inbeweging

9,5%

Die gemiddelde persentasie waarteen huispryse in 2012 gestyg het. Die verwagting is dat dieselfde groei vanjaar behaal sal word.

Beleggings: Oorweeg gerus VERHUUREIENDOM

V

Foto: iStockphoto.com

EIENDOM word deurlopend as een van die belangrikste bateklasse onder beleggers beskou. Soos aandele met dividende, is eiendom een van die min BATES wat met inflasie groei én steeds ’n gereelde kontantuitbetaling oplewer, skryf APPIE PIENAAR, finansiële hoof van Solidariteit.

50

olgens Absa se huisprysindeks het middelslaghuise in die 30 jaar sedert 1982 met gemiddeld 10,3% per jaar gegroei, terwyl die algemene inflasiekoers oor dieselfde tydperk sowat 9,9% was. Beleggings soos vaste deposito’s verskaf wel kontantvloei in die vorm van rente, maar die bate verloor mettertyd sy koopkrag weens inflasie en die tydwaarde van geld. Ander beleggings soos goeie kuns of goudmunte behou hul kapitaalwaarde maar verskaf nie noodwendig ’n deurlopende kontantvloei aan die belegger nie. Tussen 2000 en 2006 het Suid-Afrika ’n bloeityd beleef met huispryse wat gemiddeld 20% per jaar gestyg het. Dit het gelei tot ’n oorwaardasie van die mark. Vanaf 2008 het daar stagnasie in die mark ingetree, en het eiendomspryse konstant gebly en in sommige jare selfs gedaal. Tans is die huismark besig om weer sy kop op te tel. In 2012 05/2013 • www.solidariteit.co.za

het huispryse gemiddeld met 9,5% gestyg en die aanduiding is dat dieselfde groei in 2013 verwag kan word. Eiendom het een baie belangrike voordeel bo ander bateklasse – die moontlikheid van hefboomfinansiering. Dit beteken dat ’n belegger wat genoeg vir ’n deposito gespaar het, ’n bate van vyf of 10 keer soveel kan bekostig omdat die eiendom as sekuriteit vir ’n lening by ’n bank kan dien. Dit verander die opbrengsprentjie nogal drasties indien ’n mens die opbrengs op die oorspronklike deposito bereken pleks van op die waarde van die eiendom as sodanig. Kom ons neem as voorbeeld ’n belegging in ’n woonstel met ’n koopprys van R600 000. Oordragkoste sal ongeveer R25 000 beloop. Teen ’n bruto huuropbrengs van 9% per jaar behoort die maandelikse huur R4 500 te beloop, terwyl heffings waarskynlik nie meer as R800 per maand sal wees nie. Ons veronderstel verder ’n gemiddelde inflasiekoers van 6,5% per jaar, ’n

uitleenkoers van 7,5% per jaar en ’n persoonlike belastingkoers van 40%. ’n Belegger met ’n beskikbare beleggingsbedrag van R145 000 (20% deposito plus oordragkoste) wat die eiendom vir 10 jaar uitverhuur en dan verkoop, sal waarskynlik ’n gemiddelde nabelaste opbrengs op sy R145 000 van sowat 17,7% per jaar oor die tydperk kan realiseer. Dit is nadat die uitstaande verband afgelos en die nodige kapitaalwinsbelasting betaal is. In ’n hoër inflasie-omgewing lyk die prentjie ewe goed. Met ’n gemiddelde rentekoers van 13% en inflasie van 12%, styg die opbrengs tot 23,6%. Natuurlik is verhuring nie sonder probleme nie. Daar is altyd die risiko dat ’n geskikte huurder nie gevind word nie, of dat die huurder weier om te betaal. Verder kan instandhouding, veral in die geval van ’n huis, tyd en geld van die eienaar verg. Dit bly nietemin die moeite werd om die mark dop te hou en in te klim indien ’n winskopie raakgeloop word. S


aksent media • 082 445 4513

Solidariteit Finansiële Dienste > doelgerigte beleggings > spaar vir aftrede > inkomste ná aftrede > brand > diefstal > ongelukskade > lewens > ongeskiktheid > inkomstebeskerming

BELEGGINGS

> hulpbronne > ontledings > oplossings

MOTOR- EN HUISINHOUDVERSEKERING

RISIKODEKKING

IS U: > bates beskerm teen brand, diefstal of ongelukskade? > lewe verseker om uself en u gesin te versorg in die geval van ’n lewensveranderende gebeurtenis? > seker u kan eendag onafhanklik aftree?

PROFESSIONELE FINANSIËLE ADVIES

Solidariteit Finansiële Dienste sal antwoorde op al u vrae kan verskaf, ontledings doen, aanbevelings maak en dit rugsteun met die regte produkte wat u sak en profiel sal pas. Skakel ons vandag nog!

Solidariteit Beweging

0861 10 10 05 www.solidariteit.co.za


inbeweging MOUE OPROL – Sol-Tech se studente het self ingespring met die groot trek na die nuwe kampus en van die werk soos die elektriese bedrading as deel van hul praktiese opleiding gedoen.

Sol-Tech spog met NUWE TUISTE

“D Foto’s: Reint Dykema; verskaf

Dit het begin as ’n DROOM wat onbereikbaar ver gelyk het. Daarna is begin om PLANNE te beraam en toe was die planne op papier. Nou staan daar in Booysens in Pretoria-Wes ’n splinternuwe kampus vir die Beweging se eie tegniese opleidingskollege. Die groot trek kon begin. Eers was daar ’n berg leë bokse en toe nóg ’n groter berg bokse en toe ’n berg gebruikte bokse, skryf MOIRA-MARIE KLOPPERS.

52

ie nuwe Sol-Techkampus vervang die huidige Booysensen Hermanstadkampus en maak Sol-Tech se droom, om sy opleidingsaanbod op ’n nuwe vlak aan te bied, ’n werklikheid,” sê Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech. “Al Sol-Tech se praktiese opleiding gaan nou onder een dak kan plaasvind. Dié tegniese opleidingskollege se hulpbronne gaan nie net beter aangewend kan word nie, maar dit gaan vir ons studente ook makliker wees om op een groot kampus student te kan wees.” Volgens Philip Minnaar, hoof van Sol-Tech, het die kollege die afgelope ses jaar merkwaardige groei beleef. “In 2007 het Sol-Tech met 64 elektriese studente en drie personeellede begin. In 2008 het die kollege na vier studierigtings met

05/2013 • www.solidariteit.co.za

296 studente uitgebrei. In 2009 was daar reeds 371 studente en nou, skaars vier jaar later, is daar 45 personeellede by Sol-Tech en meer as 1 000 gretige Afrikaanse studente wat een van ses geakkrediteerde tegniese rigtings aan Sol-Tech studeer.” Sol-Tech se studente het nie net gehelp met die groot trek na die nuwe kampus nie, hulle het baie van die werk op die nuwe perseel self gedoen.“Ons elektriese studente het groot dele van die kampus se binnebedrading self behartig as deel van hul praktiese opleiding. Dit was ’n reusetaak,” sê Minnaar. Die kampus spog met 4 200 vierkante meter werkspasie teenoor die 2 800 vierkante meter op die ou persele én daar is genoeg parkering vir al die studente. Die kampus spog ook met ’n ingerigte kafeteria en private koshuisgeriewe net 150 meter verder af in die straat. S

RIGTINGGEWEND Om Sol-Tech se nuwe kampus te vier, stel Sol-Tech ’n SPLINTERNUWE STUDIERIGTING bekend en studente kan dadelik inskryf! Beskik jy oor ’n relevante N2kwalifikasie? Het jy ’n passie daarvoor om met jou hande te werk? Doen dan dadelik aansoek om (in Afrikaans) by Sol-Tech as PASSER opgelei te word. Sol-Tech lei ook persone op as dieselwerktuigkundiges, motorwerktuigkundiges, elektrisiëns, gereedskapmakers, meulmakers asook passers en draaiers. Skakel Sol-Tech by 0861 25 24 23, besoek die webtuiste www.sol-tech.co.za of stuur ’n e-pos aan yolandie@sol-tech.co.za


Waldo Moolman, ’n oudstudent van Sol-Tech, het tussen 26 Julie en 4 Augustus aan die 2013Deaflympics deelgeneem. Moolman is gekies om Suid-Afrika as lid van die fietsryspan te verteenwoordig in die 1 000 m-naelrit, ’n individuele tydtoets oor 40 km, ’n padwedren en ’n punteresies oor 50 km. Moolman het baie goed gevaar ten spyte van ’n ernstige ongeluk tydens ’n oefensessie die dag voor sy eerste item. “My groot liefde is bergfietsry, want elke oomblik is ’n uitdaging en ek hou van uitdagings,” vertel Moolman. “Ek is trots om te kan sê ek het by Sol-Tech gestudeer waar die lektore uit hul pad gegaan het om my tegemoet te kom en ek was selfs in Sol-Tech se rugbyspan.” Moolman droom om sy studies selfs na hoër hoogtes te voer. S

inbeweging

Oudstudent trap dat dit klap by DEAFLYMPICS

Ek is trots om te sê ek het by SOL-TECH gestudeer waar die lektore uit hul pad gegaan het om my tegemoet te kom.

GEHALTE-AMBAGSOPLEIDING nommerpas • sakpas • in pas

Sukses Opleiding Loopbaan Toekoms Ekonomiese bemagtiging Christelik Hoop

Solidariteit Beweging

0861 25 24 23 www.sol-tech.co.za

Sol-Tech


jy & die Reg

Stuur jou regsvrae na: Jy & die reg, Posbus 11760, Centurion 0046; stuur ’n e-pos na diens@solidariteit.co.za; of ’n faks na 012 664 1102.

SOSIALE MEDIA: Niks in stilligheid nie

SOSIALE MEDIA kan ’n aanwins én ’n las vir ’n maatskappy of individu wees. Sosiale media, wat Facebook enTwitter insluit, is so vervleg met ons daaglikse lewe dat die SKEIDSLYN tussen jou werklewe, privaatheid en laster soms vaag word, skryf JOHAN ROOS.

Foto: iStockphoto.com

Vraag Ek werk by ’n organisasie sonder winsoogmerk en van my kollegas het onlangs neerhalende opmerkings oor die maatskappy se bestuur op Facebook gemaak. Kan die werknemers dissiplinêr aangekla word oor die opmerkings wat hulle gemaak het?

54

Antwoord Meer en meer mense gebruik deesdae sosiale netwerke soos Facebook of Twitter en dit gebeur dikwels dat hulle dáár kommentaar oor hul daaglikse lewe lewer. Dit gebeur ook gereeld dat negatiewe of neerhalende opmerkings oor kollegas, bestuurders of kliënte gemaak word. Die gevaar is dat neerhalende of negatiewe opmerkings ’n maatskappy se reputasie kan skaad. Die vraag is dan of die werkgewer in so ’n geval dissiplinêre stappe teen die werknemer kan doen. Die werknemer kan dalk argumenteer dat die opmerkings in sy of haar private hoedanigheid en buite werkure gemaak is, maar daar moet in gedagte gehou word dat sosiale netwerke ook publieke netwerke is en dat enigiemand, insluitend lede van die publiek of kliënte van die maatskappy, die opmerkings kan sien. Die werkgewer kan die werknemer dus dissiplinêr aankla. ’n Voorbeeld van so ’n saak is Sedick & another v. Krisray (Pty) Ltd [1](2011) 20 CCMA 8.7.1 and [2011] 8 BALR 879 (CCMA). Die saak handel oor opmerkings wat ’n bestuurder van ’n maatskappy oor die eienaar en die eienaar se familie op Facebook gemaak het. In verskeie van die neerhalende opmerkings is daar direk na die eienaar en die maatskappy verwys. Die werknemer is dissiplinêr aangekla en ontslaan. Die saak is na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie verwys en die kommissaris het gevind dat die ontslag wel billik was. Kortliks is die beste advies dat werknemers hulself daarvan moet weerhou om enige neerhalende opmerkings oor hul werk, werkgewer of kollegas op sosiale netwerke of enige publieke forum te maak. S 05/2013 • www.solidariteit.co.za

500 miljoen

gebruikers, waarvan 200 miljoen aktiewe gebruikers, maak van TWITTER gebruik.

’N KUBERVOËLTJIE HOOR FLUIT

Twitter is ’n gratis mikroblog-webtuiste wat in 2006 deur Jack Dorsey, Evan Williams en Biz Stone begin is. Op Twitter registreer jy as gebruiker, stel jou persoonlike profiel op en dan stuur jy boodskappe (“tweets”) van tot 140 karakters aan volgelinge (mense wat jou profiel volg). Jy kan ook ander se profiele volg. Gebruikers op Twitter kan skakels na ander inhoud op die internet by ’n twiet voeg. Volgens Craig Smith van Digital Marketing Ramblings (expandedramblings.com), het Twitter sowat 500 miljoen gebruikers, waarvan 200 miljoen aktiewe gebruikers is.


inbeweging

Solidariteit BESKERM sy lede met durf en daad

D

Die vakbond Solidariteit het die afgelope klompie jare van krag tot krag gegaan, en het sy lede in groot HOFSAKE met durf en daad beskerm. Die beskerming van lede in die werkplek bly Solidariteit se hooffokus, soos CILLESTE VAN DER WALT uitgevind het toe sy by die vakbond se regsafdeling ingeloer het. ie vakbond beskik oor een van die grootste arbeidsregspraktyke in Suid-Afrika. In die Algemene Litigasie-afdeling is daar nege regsbeamptes waarvan twee advokate is. Die Solidariteit-dienssentrum het vyf arbeidsregsadviseurs waarvan twee advokate is. Dié regsbeamptes het in 2012 altesame 641 litigasiesake hanteer teen gemiddeld 71 litigasies per beampte (litigasiesake is sake wat op konsiliasie- en arbitrasievlak hanteer word). In 2012 is 91% van die sake in Solidariteitlede se guns beslis, hetsy deur skikkings of arbitrasietoekennings. Intussen het Solidariteit se arbeidsregsadviseurs in 2012 advies gegee in 6 784 sake, wat gemiddeld 1 696 sake per arbeidsregsadviseur is. Regsbeamptes verteenwoordig lede by konsiliasies en arbitrasies. Indien verteenwoordiging toegelaat word, staan Solidariteit sy lede ook by tydens dissiplinêre verhore. Lede word ook verteenwoordig by afleggingsvergaderings. Twee werknemers van Solidariteit se bekwame regspan is onlangs albei as advokaat tot die hoër hof van Suid-Afrika toegelaat. Hanlie Jansen van Vuuren en Alexia Vosloo, litigante by Solidariteit se afdeling vir beroepsgesondheid en veiligheid, het hiermee ’n reuse mylpaal in hul albei se lewens behaal. Wat was jou motivering om dié mylpaal te behaal? Hanlie: Dieselfde as waarom ek LLB begin studeer het: Sodat ek ’n beter diens aan ons lede kan lewer. Dit is en was nog altyd Solidariteit se beleid dat mense beter opgelei behoort te word om beter loopbaanvooruitsigte te skep, en hierdie mylpaal sal vir my persoonlik moontlikhede skep wanneer ek die dag nie meer by die vakbond werk nie. Alexia: My oupa was ’n polisielid en ek het altyd met groot verwondering geluister na sy stories oor hoe hy in ’n hofsaak moes getuig. Op hoërskool het ek besluit dat ek graag eendag ’n advokaat wil wees. Mense wat my ken, sal getuig dat daar geen ander beroep vir my is nie. Ek is uitgesproke, kan flink dink, hou daarvan om navorsing te doen en is sterk gefokus op regverdigheid. My naam beteken nie verniet helper

56

05/2013 • www.solidariteit.co.za

Ons is ’n organisasie van uitnemendheid, nie net gemiddeldheid nie!

Hanlie Jansen van Vuuren en AlexiaVosloo, litigante by Solidariteit se afdeling vir beroepsgesondheid en veiligheid.

en verdediger van die mensdom nie. Wat beteken dit vir jou as werknemer by Solidariteit om as advokaat toegelaat te word? Alexia: Ek het my loopbaan by Solidariteit in 2011 begin as ’n eisebeampte in die Besering aan diens-afdeling. Ek het verlede jaar my LLB voltooi, een vak met lof geslaag, terwyl ek ook saans regskool by Tukkies bygewoon het. Dit was nie maklik nie, aangesien my man in die buiteland werk en ek dus alleen na my

dogtertjie van drie jaar moes omsien. Ek het in Mei 2013 aansoek gedoen om ’n pos as arbeidsregsadviseur in die dienssentrum. Dit is vir my lekker om te sien dat my harde werk van verlede jaar nou vrug dra. Hanlie: As werknemer beteken dit dat ek ’n beter diens aan Solidariteit se lede kan lewer. Die lede kan ook altyd verseker wees dat die vakbondpersoneel uitstekend opgelei is en dat elkeen ’n kenner op sy of haar gebied is – ons is ’n organisasie van uitnemendheid, nie net gemiddeldheid nie! S


Deur Karin Venter

lke keer as jy jou huis se ligte aanskakel, ’n kraan oopdraai en daar kom water uit, op ’n geteerde pad ry, ’n biblioteek besoek of saam met jou kinders in ’n park speel, beteken dit êrens het munisipale werkers hulle werk gedoen.” Dit is die woorde van Timothy Nast, burgemeester van die Midvaal-munisipaliteit. “Daar is natuurlik baie dinge wat kan skeefloop,” verduidelik dié man wat op 19-jarige ouderdom die jongste raadslid was. ’n Burgemeester is die politieke hoof van ’n munisipaliteit en word deur die heersende politieke party vir ’n vyfjaartydperk aangewys. ’n Burgemeester se hooftaak is om sy party se steun binne die munisipale grense te vergroot en die party se mandaat te bevorder. Saam met ander raadslede dien die burgemeester ook in ’n

burgemeesterskomitee, wat saam besluit wat die behoeftes in die betrokke gemeenskap is. Raadslede of wykslede is gewone landsburgers wat die belange van die gemeenskap op die hart dra. Hulle aanstellings is ook polities van aard en word tydens die munisipale verkiesings gedoen. Die burgemeester hou saam met die munisipale raad toesig oor die besluite wat deur die munisipale bestuurder en sy span geneem word. Die behoeftes van die gemeenskap word deur die burgemeester aan die munisipale bestuurder en sy afdelingshoofde gekommunikeer, wat die besluite moet uitvoer. Die pos van ’n munisipale bestuurder is ’n niepolitieke amp. Albert de Klerk, munisipale bestuurder van Midvaal, verduidelik dat die munisipale bestuurder soos die uitvoerende bestuurder van ’n maatskappy. is. Sy verantwoordelikheid is die bestuur en beheer van

die munisipaliteit. Daar is vyf hooffunksies: Handelsdienste soos elektrisiteits- en watervoorsiening, vullisverwydering, die bestuur van vullishope of -areas, rioolsuiwering en -vervoer vanaf huise, asook belastingsdienste. Belastingdienste omvat die instandhouding van paaie, klinieke, parke, stadsale en biblioteke. Die span werk nou saam met ingenieurs, ambagslui, susters en dokters in plaaslike klinieke asook stads- en streekbeplanners. Stads- en streekbeplanners is verantwoordelik vir die beplanning en uitleg van ’n stad of dorp en ’n streek. Hulle beplan die ligging van woonbuurte, sakesentrums, ontspanningsgeriewe en nywerheidsgebiede met inagneming van die inwoners se behoeftes, volgens ’n ontwikkelingsplan wat tot voordeel en bevordering van die gemeenskap saamgestel word. • Lees meer by www.loopbaan.co.za S

bedryfsnuus inbeweging

“E

Die binnewerking van ’n MUNISIPALITEIT


inbeweging

Onwettige MYNAKTIWITEITE in die kollig

O

Foto: iStockphoto.com

Misdrywe in die mynbousektor, veral onwettige mynaktiwiteite, is die afgelope paar jaar kort-kort in die kollig. Dit volg ná ’n drastiese toename in ONWETTIGE AKTIWITEITE in die Witwatersrand- en Welkom-omgewing, skryf ADV. PAUL MARDON.

58

nwettige mynaktiwiteite is nie net tot diefstal beperk nie, maar gaan dikwels ook met geweld en sterftes gepaard. Die agteruitgang van Suid-Afrika se ekonomie, die toename in afleggings in die mynbousektor en die belofte van “goeie geld” vir onwettige mynbouaktiwiteite dra ongelukkig daartoe by dat onwettige aktiwiteite ’n bloeitydperk beleef. Om alles te kroon, dra onwettige aktiwiteite by tot geweldige finansiële verliese vir mynmaatskappye en die ekonomie, wat wetsgehoorsame werknemers se werksekerheid bedreig en só ’n bose kringloop voltooi. Die staat en mynmaatskappye het die afgelope paar jaar kragte saamgesnoer en ingrypende stappe gedoen om hierdie misdaad hok te slaan. Solidariteit het ook sy kundigheid beskikbaar gestel om met die proses te help. Intussen het die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en die departement van binnelandse sake ook welslae behaal. Talle onwettige myners is in hegtenis geneem, sommige met gouddraende materiaal en vuurwapens in hulle besit.Talle is reeds skuldig bevind en die vonnisse wat opgelê is, wissel tussen twee en agt jaar tronkstraf. Onwettige mynwerkers wat ook onwettige immigrante is, word nadat hulle hul vonnisse uitgedien het, na hul lande van herkoms gedeporteer. Werknemers in die bedryf word aangemoedig om onwettige mynbedrywighede aan te meld. Die SAPD se spesiale aanmeldnommer vir onwettige mynaktiwiteite is 0800 001 987. Oproepe sal anoniem hanteer word en kan ook ingevolge die SAPD se beleid vir vergoeding oorweeg word indien die inligting wat verskaf word, tot suksesvolle vervolging lei. Solidariteit-lede kan onwettige aktiwiteite ook aan die hoof van veiligheid by hul werkgewers deurgee. Indien werknemers inligting oor onwettige mynaktiwiteite bekendmaak, word hulle aangeraai om volledig rekord te hou van die datum, tyd en plek waar die inligting oorhandig is, aan wie dit oorhandig is en die aard van die inligting wat oorhandig is. Kom ons werk almal saam teen onwettige mynwerkers sodat ons die veiligheid en sekuriteit van ons wettige mynwerkers kan verseker! • Adv. Paul Mardon is hoof van Solidariteit se afdeling vir beroepsgesondheid en -veiligheid. S

05/2013 • www.solidariteit.co.za

GEVARE VAN ONWETTIGE MYNBOU

• Aanrandings en gewapende aanvalle op wettige mynwerkers. • Skade aan strukture, byvoorbeeld die verwydering van stutpale, knoeiery met elektriese installasies en water- en lugvoorrade. • Die uitskiet van veiligheidspilare en die verwydering van ander veiligheidsmeganismes. • Die diepte van die ondergrondse gebied waar die onwettige mynwerkers werk. • Die twyfelagtige veiligheidstandaarde en -prosedures, indien enige, wat deur hierdie myners gevolg word.


Solidariteit Finansiële Dienste REGSHULPVERSEKERING

Kry die KRAG van die WET aan jou kant! Daarom bied Solidariteit Finansiële Dienste regshulpversekering in samewerking met Legal X om jou te help om die krag van die wet aan jou kant te kry. Kry vandag nog ’n prokureur in jou diens teen slegs R82 per maand.* • • • •

Telefoniese regshulp – 24 uur per dag. Regsverteenwoordiging ter waarde van R45 000 per jaar. Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie. Afslagtariewe op eiendomsoordragte.

aksent media • 082 445 4513

• Skakel 0861 765 734 of besoek www.legalx.co.za

* Bepalings en voorwaardes geld

Skakel ons vandag nog by

Solidariteit Beweging

0861 10 10 05 Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556

Legal X is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste FSP-nommer: 5277


inbeweging

Co-operating while CO-PARENTING

T

Photograph: iStockphoto.com

One of the biggest challenges facing DIVORCED PARENTS is to raise their children after the marriage has failed. Protracted court cases, hostility from exes, and confused and displaced children are just some of the many difficulties that come with divorce. NADIA PINTO reports.

60

he best way to ensure that your child’s upbringing is as normal as possible is to make sure that both you and your ex are still part of his or her life after you have divorced. It can be a sensitive situation, though, and therefore you should take heed of the things that upset the children. You as a parent should be patient, understanding and reassuring, and should make sure your child suffers no further trauma. According to the article Tips for Divorced Parents published on www.helpguide.org your children should never be used as messengers after a divorce.The goal of co-parenting is to communicate effectively with one another, in order to help your child feel loved despite the situation. Dr Jean Strauss, a South African guidance counsellor for children whose parents are divorced, explains that it is important to focus on your children and to allow them to make their own decisions regarding the divorce.“Parents can easily forget about the well-being of their children and focus on their divorce instead. Always put your children first and never make them feel as though they have to choose between you and your ex.Your child is entitled to have a relationship with both of you,” she explains. The article gives the following tips on how to communicate with your ex: • Listen to one another. • Don’t let your feelings get in the way of the two of you communicating about the needs of your children. • Keep you conversations focused on your children. • Talk frequently, especially if you have custody. Keep your ex up to date with how your child is doing. • Never argue in front of your children; either refrain from arguing or go outside and have a civilised conversation. • Relax.Take it one day at a time. In the documentary Split by Ellen Bruno, an international relief worker and filmmaker, 12 children between six and 12 were asked how they felt about divorce.They responded as follows: 05/2013 • www.solidariteit.co.za

• The majority of the children felt that they were to blame for the divorce.You should therefore assure your children that they are not the reason why you and your ex are divorcing. • The one obstacle mentioned by every child in the documentary was that they couldn’t accept their parent’s new partner. This is a

sensitive topic and requires you as a parent to be extra careful of whom you introduce to your child. According to the article Introducing Your Kids to a New Boyfriend or Girlfriend, posted on www.about.com, the best way to introduce someone new to your child is to have them meet in a neutral place and not at your home. S


Dreaming about everything you are going to do and see when you finally RETIRE are what pulls most people through the difficult, busy days at work. But what if that retirement age is your downfall at the end of the day? What if your employer unexpectedly dismisses you based on your age? No doubt not the type of retirement anyone has in mind, writes CILLESTEVAN DER WALT.

Photograph: iStockphoto.com

W

hat is the exact age when an employee must retire? The truth is that the Basic Conditions of Employment Act does not prescribe an age at which employees must retire. If the retirement age is not prescribed, the logical next question will be how do we determine when an employee should retire? The most used retirement ages are anything from 55 to 65, but since labour legislation is silent on this issue, it will be up to the employer to prescribe the retirement age for its employees. Having said this, one must also take section 6 of the Employment Equity Act into consideration. In terms of this act, the dismissal of an employee based on his or her age may be seen as discrimination if the employer cannot prove that there was an inherent requirement in terms of age for the particular function the employee fulfilled. Generally, this will be extremely difficult to prove. In terms of section 187 (1)(f) of the Labour Relations Act, the dismissal of an employee based on his or her age will automatically be unfair. Such a dispute will be dealt with by the Labour Court, and up to 24 months of the employee’s remuneration may be awarded as compensation. The answer to this dilemma of what the proper age is to retire and if the retirement was fairly implemented can be found in section 187 (2)(b):“a dismissal based on age is fair if the employee reached the normal or agreed retirement for persons employed in that capacity”. To explain this in a more understandable manner, we will look at Cash Paymaster Services (Pty) Ltd v Browne (2006) 27 ILJ 281 (LAC). The Labour Appeal Court (LAC) held that “(t)he provision relating to the normal retirement age only applies to the case where there is no agreed retirement age between the employer and the employee”. The “normal” retirement age referred to above is usually determined by the employer and agreed to by the employee in either a contract of employment or a policy linked to such a contract. If there is no such an agreement in place, the retirement age or date must be agreed upon between the employer and employee. It is recommended that such an agreement should be reduced to writing in order to rebut possible claims of discrimination upon the termination of the employment relationship. S

inbeweging

RETIREMENT worries can age you instantly


inbeweging

Fixing your MISTAKES in the workplace

T

Photograph: iStockphoto.com

Everyone makes mistakes.While this may be true, making mistakes can cause many inconveniences, especially in the WORKPLACE, where mishaps cannot be overlooked that easily. NADIA PINTO reports.

62

he workplace requires you to be professional at all times, and making a mistake can therefore make you appear incompetent. Most of us would prefer not to admit that we have made a mistake in the workplace, but if your mistake has caused the company to suffer or has inconvenienced your colleagues, owning up is essential. According to Allison Regal, a career consultant, mistakes made at a place of work can put the company under a great amount of unwanted stress. Extra time is required to fix your mistakes, which costs the company extra money. “I cannot overemphasise how important it is that you admit your faults.The company can then take the necessary steps to correct the mistake,” she says. 05/2013 • www.solidariteit.co.za

With that being said, a mistake is just a mistake, and once steps have been taken to fix it, you should move on. Playing the blame game for weeks on end is not a productive course of action to follow, but accepting your mistake is a vital first step to fixing the problem, according to the article How to Survive a Huge Mistake at Work published on www.youtern.com. The article offers a number of steps you can take to help you fix your mistake.These are: • Admit your mistake immediately: It is important to discuss your mistake with your superior, especially if it affects your colleagues. • Don’t make excuses for your mistake: Acknowledge the fact that you have erred, don’t blame others for it, focus on what you have done wrong, and if there are other

people involved, encourage them to come forward. • Approach your boss with a plan to solve the mistake: Offer a solution to fix the mistake and indicate how much time it will take and what costs are involved. • Be prepared for the repercussions: Depending on the seriousness of the mistake, you could be fired, receive a warning, or you might lose the trust of your boss.Whatever the repercussions, it is important to accept it and move on. • Fix your mistake in your own time: Don’t rob your employer of even more money by fixing your mistake on company time. Put in extra hours without expecting remuneration to resolve the problem. S


bedryfsnuus inbeweging

Pik Botha en dr. Dirk Hermann tydens ’n gesprek oor regstellende aksie wat in Augustus in Pretoria gehou is. Botha meen die tyd is nou ryp vir Suid-Afrikaners om hulself af te vra hoe oudpres. Nelson Mandela sou wou gehad het die land regeer moet word. Botha reken dat die antwoord opgesluit lê in Mandela se woorde:“You cannot forever blame colonialism!”

Dit was nie die OOREENKOMS nie, sê Pik

P

Terwyl regstellende aksie in Suid-Afrika tans met ’n sterk fokus op RASSETEIKENS toegepas word, meen oudminister van buitelandse sake, PIK BOTHA, wat by die onderhandelingsproses voor 1994 betrokke was, dat die ANC nie die ooreenkoms nakom nie, skryf ILZE NIEUWOUDT.

Foto: Ilze Nieuwoudt

ik Botha het gedurende Augustus aan ’n gesprek oor regstellende aksie deelgeneem tydens ’n bekendstelling van dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van die Solidariteit Beweging, se nuutste boek Regstellende Trane: Waarom verteenwoordigendheid nie gelykheid is nie (uitgegee deur Kraal Uitgewers). Rabelani Dagada van die Wits Business School in Johannesburg en Hermann het ook aan die gesprek deelgeneem. Volgens Botha het die ANC die ooreenkoms van 1994 verbreek. Hy stel dié standpunt duidelik in Regstellende Trane. Hy reken dat daar nie ’n nuwe grondwetlike bedeling tot stand sou gekom het as die ANC destyds daarop aangedring het dat die bepalings van die Wet op Gelyke Indiensneming en die manier waarop dit toegepas word, deel van die Grondwet moes wees nie. Hy beklemtoon dat die bedoeling in die onderhandelings was om die agterstand en benadeling wat deur apartheid veroorsaak is, te

remedieer. “Maar ons het nie ingestem dat daar vir die ongeregtigheid van die verlede vergoed moes word deur die skepping van onreg in die hede nie,” verduidelik Botha. “Diskriminasie teenoor jong mense wat niks met apartheid te doen gehad het nie, was beslis nie deel van die verstandhouding waarop die NP en die ANC ooreengekom het nie. Ook nie diskriminasie teen wit, bruin of Indiër mense in die algemeen nie. Die ANC se kwota-obsessie kom neer op ’n verwerping van kundiges wat ’n stewige bydrae kan lewer om vaardigheidsopleiding onder swartes te bevorder. Die boemerangeffek van die Wet op Gelyke Indiensneming is dat massas swartes steeds onopgelei en werkloos is en dat die land se ekonomiese vooruitgang bedreig word deur ’n gebrek aan vaardigheid – wat miljoene meer swartes raak as wittes.” Botha glo dat “spontane, informele maar diepsinnige gesprekvoering tussen leiers van alle rasse” nodig is sodat daar oor die pad vorentoe ooreengekom kan word. S

BESTEL NOU!

RegstellendeTrane asook die Engelse weergawe getiteld Affirmative tears: Why representivity is not equality. SMS die woord “Trane” na 34388 (elke SMS kos R2), skakel 012 644 4329, stuur ’n e-pos na kraal@solidariteit.co.za of besoek www.kraaluitgewers.co.za om jou bestelling te plaas.

www.solidariteit.co.za • 05/2013

63


inbeweging

STEM vir Grootste Afrikaanse Liedjie en wen GROOT pryse!

L

Foto: iStockphoto.com

Maroela Media is op soek na die Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye, en jy staan die kans om selfs ’n BOOTREIS VIR TWEE te wen as jy aan dié veldtog deelneem! SUNÉ VAN HEERDEN vertel meer oor dié opwindende kompetisie.

64

esers kan nou op die webwerf www.grootsteliedjie.co.za stem vir die topvyf in elke kategorie. Teken in met jou Facebook-rekening of e-posadres om aan die veldtog deel te neem. “Die paneel beoordelaars is van mening dat die liedjies ’n goeie verteenwoordiging is van die beste Afrikaanse musiek oor dekades heen,” sê Johan van Rensburg, voorsitter van die paneel. “Daar is sinvolle finaliste in elk van die vyf kategorieë.” Lesers het geleentheid tot 28 September om seker te maak dat hul gunstelingliedjie uiteindelik die finale ronde haal.“As jy sien dat jou gunstelingliedjie nie so goed vaar soos jy gehoop het nie, kan jy vir dié liedjie meer van jou stemme gee,” sê Susan Lombaard, bestuurder van Maroela Media. Tydens die vorige fase van die veldtog was dit interessant om te sien dat gewilde kunstenaars gewilde liedjies sing.“Hoewel ons doel nie is om ’n spesifieke liedjie aan ’n spesifieke kunstenaar te koppel nie, omdat ons uiteindelik ’n liedjie én sy skrywer wil vereer en nie noodwendig die sanger daarvan nie, is dit noemenswaardig dat daar twee kunstenaars is wat elk al vyf van die top 50-liedjies opgeneem het,” vertel Lombaard.“Dié twee kunstenaars is Laurika Rauch (liedjies in die kategorieë vir populêre en tydlose liedjies) en Carike Keuzenkamp (vyf liedjies in die kinderliedjiekategorie).” Tydens die volgende fase kan lesers vir die vyf kategoriewenners kom stem voordat daardie één liedjie wegstap met die titel Die Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye. Intussen kan die publiek ook die Ken & Wen-speletjie op die Grootste Afrikaanse Liedjie-webblad speel: Dié speletjie gee aan jou ’n stel van vyf klanksnitte waarna jy moet luister om hulle by die vyf leidrade te pas. Indien jy al vyf antwoorde korrek het, kry jy ’n inskrywing om vir die prys van die week in aanmerking te kom. Jy kan soveel keer speel soos jy

05/2013 • www.solidariteit.co.za

wil. Pryse wat weekliks weggegee word, sluit in ATKV-vakansies, FAK-sangbundels, iPods, wyn, CD’s en boeke. Een deelnemer aan die “Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye”-veldtog wen ook aan die einde van die veldtog ’n vierdag-bootreis vir twee op die MSC Opera, saam met die span van kykNET se Jukebox. • Kom stem by www.grootsteliedjie.co.za • Sluit ook aan by die veldtog se Facebook-blad: http://www.facebook.com/grootsteliedjie/ • Die Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tyeveldtog word aangebied deur Maroela Media. Vennote in die veldtog is kykNET en Virseker (hoofborge), Radio Pretoria, Groot FM, die ATKV, Jukebox, eNuus,AfriForum en die FAK. S

Die storie wat harte wêreldwyd geraak het

In 2012 het Isabella “Pippie” Kruger die wêreld verstom toe sy ’n grensverskuiwende veloorplanting ondergaan het nadat sy brandwonde op 80% van haar lyf opgedoen het. Pippie se storie het harte wêreldwyd geraak en nou het haar ma, Anice, en die skrywer Colleen Naudé saamgespan om Pippie se verhaal in ’n boek vas te vang. Die boek (R169,95) bevat inhoud wat nog nie voorheen met die publiek gedeel is nie. Pippie se pa, Erwin Kruger, vertel ook van sy ervaring ná afloop van dié tragiese Oujaarsaand. Lees ’n uittreksel uit die boek en kyk ’n video van die boek se bekendstelling op Maroela Media! Besoek die webtuiste www.maroelamedia.co.za en tik “Pippie” in die snuffelgids bo-aan die bladsy. Die boek Pippie is in Afrikaans en Engels beskikbaar en word deur CUM uitgegee. Naudé skenk 85% van haar inkomste uit die boek aan Pippie se Gesiggie-fonds en CUM skenk 5%.


N!

Jy het die kans om ’n WENNER te kies ’n Trotse deel van Suid-Afrika se erfenis en geskiedenis is hierdie jaar in die kollig met die 175ste herdenking van die Groot Trek. Die sluitingsdatum van ons KOMPETISIE het aangebreek, en lesers van Solidariteit Tydskrif word nou aangemoedig om vir hul gunstelingfoto, -gedig of -opstel te STEM. Daardie een wat jou trots laat uitroep: “HIÉR HET EK HELP BOU!”

L

esers kan tot Maandag 30 September 2013 om 12:00 die webtuiste www.tydskrif.solidariteit.co.za besoek om hul gunstelingfoto, -gedig of -opstel te gaan kies. Om te stem, e-pos bloot jou gunsteling se naam en kategorie na wen@solidariteit.co.za. Die lesersgunsteling sal uit dié stemme gekies word en saam met die algehele wenners in elke kategorie in die sesde uitgawe van Solidariteit Tydskrif aangekondig word. KATEGORIEË WAARVOOR INGESKRYF KON WORD • Kategorie 1: Foto • Kategorie 2: Opstel • Kategorie 3: Gedig MEER OOR DIE KATEGORIEË • Fotokategorie: Die fotograaf wat die tema die beste deur sy foto uitbeeld, sal wen. Omdat die kategorie nie so streng op tegniek fokus nie, is selfoonfoto’s ook welkom. • Opstelkategorie: Die skrywer moet in staat wees om die tema lewendig te maak deur sy of haar storie in 5 000 woorde of minder te vertel. • Gedig: Die skrywer se digtersvermoë om die tema vas te vang, sal beoordeel word. PRYSE WAT OP DIE SPEL IS • Fotokategorie: R5 000 • Opstelkategorie: R5 000 • Gedigkategorie: R5 000 • Lesersgunsteling: R2 500

Foto: iStockphoto.com

inbeweging

WE

REËLS 1. Die kompetisie is oop vir enigiemand en daar is nie ’n beperking op die aantal inskrywings wat ingestuur mag word nie. 2. Geen inskrywingsfooi word gehef nie. 3. Elke inskrywing moet die volgende bevat: • Jou foto, opstel of gedig • ’n Enkele sin wat jou foto beskryf (indien jy ’n foto inskryf) • Jou persoonlike inligting (naam, van, volledige kontakbesonderhede) • Die kategorie waarvoor ingeskryf word. 4. Die beoordelaars se beslissings is finaal. 5. Enige teken van plagiaat is gronde vir diskwalifikasie. 6. Solidariteit Tydskrif behou die reg voor om enige van die inskrywings vir publikasie te gebruik. Erkenning sal wel aan die betrokke persoon gegee word. S


inbeweging

Buckets full of BENEFITS for our members A HOME FOR EVERYBODY With three membership categories, Solidarity offers a home for everybody!

Collective members

Collective members are employed by a company with which Solidarity has a recognition agreement, or at a workplace that is incorporated by Solidarity in the collective division. Most members belong to this category. Collective members qualify for all benefits, regardless of their age.

Individual members

Individual members of Solidarity are members who are 50 years or younger at the date of joining and who are employed at a workplace where there is no recognition agreement and that is not considered by Solidarity to be collective. An individual member who turns 50 or older after joining remains an individual member of Solidarity. Individual members qualify for all Solidarity benefits.* 68

05/2013 • www.solidariteit.co.za

This is a summary of the benefits attached to Solidarity membership.The benefits are subject to the constitution and policies of the union, as well as the rules as contained in the rule book and may be amended by the Executive Council of Solidarity without prior notice. New members who can provide proof that they belonged to another trade union in a collective company immediately prior to joining Solidarity will immediately be entitled to benefits, on the understanding that in instances where such members are, upon acceptance by Solidarity, engaged in litigation or a dispute, benefit limits may be imposed by the Executive Council at its discretion. Supporting members

This membership category was introduced in response to requests from people who support Solidarity’s vision but who do not qualify for one of the other categories, i.e. individual

members who are 50 years or older at the date of joining. Supporting members enjoy certain benefits, excluding benefits such as collective bargaining, permanent disability, maternity benefits and the death benefit.


inbeweging

WI

N!

A brand new Toyota Corolla & Venter trailer up for grabs! PAGE 35

ON YOUR SIDE – ALWAYS LABOUR MATTERS

Free legal aid with labour cases Members are advised by experts on all labour matters, e.g. disciplinary investigations, injuries on duty and labour problems. Free legal representation is provided for labour matters referred to the CCMA or the Labour Court. Assistance with investigations Assistance is provided in connection with investigations by the Medical Bureau for Occupational Diseases and benefits enquiries of the Compensation Commissioner and Rand Mutual, as well as work-related disability claims. All claims must be submitted within six months. Collective bargaining Competent and experienced Solidarity staff members undertake collective bargaining to negotiate better conditions of employment and salaries for members.

DEATH BENEFIT (DOVES)*

* Terms and conditions apply – call 0861 25 24 23 • Photograph: iStockphoto.com

Don’t delay, join Solidarity today!

Phone 0861 25 24 23; visit our website at www.solidarity.co.za; SMS the word “member” and your name to 34388; or visit one of our local offices (see page 72). Membership costs R90 per month for individual members and R88 per month for collective members. ADDITIONAL SERVICES Car and household insurance

This group scheme offers members excellent premiums at Auto & General. Phone 0860 34 62 53 for a free no-obligation quote.

Solidarity Legal Aid Package

Members and their dependants can enjoy full legal cover outside the labour context for an additional premium of only R77 per month.

Funeral benefit • A dignified funeral is provided for members who qualify and their spouses.This includes a coffin and the funeral services. • For cremations, a coffin and the usual undertaking services are provided. • A funeral of the same standard as that of adults is provided for a member’s dependent children under the age of 21 years. The undertaking services are provided solely by Doves funeral services. • The spouse may apply to continue as a member after the death of main member. • The burden of funeral arrangements is alleviated by the fact that Solidarity and Doves will make the arrangements. This package provides access to civil and criminal law advice; 24-hour legal advice over the telephone; legal representation to the value of R40 000 per year (limited to R15 000 per case); access to legal documentation; and discount on, among other things, the transfer of deeds. • Call 0861 SOL REG (0861 765 734).

Solidarity Retirement Plan

Solidarity Financial Services handle the marketing of the Solidarity Retirement Plan. This

Additional cash disbursements • At the death of paid-up members, a cash amount of R3 000 is paid to the surviving spouse or dependent children. • At the death of the spouse of a paid-up member who pays full membership, an amount of R2 000 is paid to the member. • Cash payments to full members at the death of children are: • Children aged between 14 and under 21 years – R1 500 • Children younger than 14 years – R1 000 • Cash payments vary when both husband and wife are members of Solidarity. • All claims must be submitted within six months. Rebate on headstones A 10% rebate on headstones has been negotiated with Doves.

PERMANENT MEDICAL DISABILITY* Members with 12 months’ uninterrupted membership, who provide specialist reports and proof from their employers that they are permanently unfit for any work in the labour market, receive a one-off amount of R1 500. All claims must be submitted within six months.

MATERNITY BENEFIT*

A maternity benefit of R1 250 is paid for each confinement to female members with 12 months’ uninterrupted membership of Solidarity. Applications must be submitted within six months after the confinement.

SOLIDARITY MAGAZINE

Members receive six copies of Solidarity Magazine per year in which topical issues from the workplace as well as the Solidarity Movement’s activities are published. product was developed as a result of the few people who are able to retire independently. The Solidarity Retirement Plan is offered in conjunction with Allan Gray. • Call 0861 101 005.

Wills and estate administration

Every member is entitled to the free drawing up of a will.The administration of the member’s estate can also be done at a market-related fee. • Call 012 644 4300. S www.solidariteit.co.za • 05/2013

69


inbeweging

Solidariteit-kantore: DIENS op jou voorstoep Bellville

Ettienne Pio (litigant), Raymond Holland-Chapman, Anton Gerretsen, Bennie Harmse, Jan du Plessis Administratiewe beampte: Nicole Harmse Tel: 021 946 4440/4418 Faks: 021 949 4259 E-pos: bellville@solidariteit.co.za Straatadres: Du Toitstraat 18, Bellville

Bloemfontein Pieter Burger Administratiewe beampte: Ingrid Papenfus Tel: 051 430 6152/3 Faks: 051 430 6163 E-pos: bloemfontein@solidariteit.co.za Straatadres: Kellnerstraat 58C, Westdene, Bloemfontein

Boksburg Francois van Heerden, Zirk Gous, Hennie Vosloo, Amanda Hattingh, Fanie Vosloo, Derek Mans, Coenie Rheeder (litigant) • Administratiewe beamptes: Marlindie Booyens, Natasha van Heerden, Elize Pohlman • Tel: 011 913 0783/1101 Faks: 011 913 3850 • E-pos: boksburg@solidariteit.co.za Adres: Rondebultweg 232, Libradene, Boksburg

Carletonville Dana Viljoen Administratiewe beampte: Petro Watson Tel: 018 788 4861/018 786 2785 Faks: 011 388 9854 E-pos: carlton@solidariteit.co.za Straatadres: Van Zyl Smitstraat 74, Oberholzer, Carletonville

Ellisras Jan Pretorius, Deon Viviers Tel: 083 651 5760 (Jan) of 078 802 0343 (Deon) Faks: 014 763 9511 E-pos: ellisras@solidariteit.co.za

Klerksdorp Manie Lourens,Willie Marais Administratiewe beampte: Nicoline Crafford Tel: 018 468 8533 Faks: 018 468 8563 E-pos: klerksdorp@solidariteit.co.za Straatadres: Buffelspark, Kantoor 2, Buffeldoornlaan 48, Flamwood, Klerksdorp

70

05/2013 • www.solidariteit.co.za

Kathu

Gert van Wyk,Adéle Liebenberg Administratiewe beampte: Jaatjé Sherman Tel: 053 723 1604 Faks: 053 723 1407 E-pos: kathu@solidariteit.co.za Straatadres: Winkel 1B, Prosperitasgebou, Rietbokstraat, Kathu

Lydenburg Quintus Sliep Administratiewe beampte: Bianka du Preez Tel: 013 235 3698 / 013 235 4985 Faks: 013 235 1814 E-pos: lydenburg@solidariteit.co.za Straatadres: Versekeringsforumgebou, h.v.Viljoen- en Maasdorpstraat, Lydenburg

Newcastle Johan Botha Administratiewe beampte: Elize Bronkhorst Tel: 034 312 9711/9917 Faks: 034 312 5170 E-pos: newcastle@solidariteit.co.za Straatadres: Hardingstraat 79, Sanlampark, Blok B, Newcastle

Pietersburg Eric Schoeman Administratiewe beampte: Arlene Lourens Tel: 015 297 0287 Faks: 015 297 1589 E-pos: polokwane@solidariteit.co.za Straatadres: Biccardstraat 79 (3A), Pietersburg

Port Elizabeth Piet Veldtman,Wynand Strydom Administratiewe beampte: Yvette Stroebel Tel: 041 364 3219/2925/3225 Faks: 041 364 2927 Straatadres: Sesdelaan 52, Newton Park, Port Elizabeth

Pretoria Jack Loggenberg, Chris Roodt, Schalk de Bruin,Willie Venter, Connie Badenhorst, Johan Botha, Jahni Cowley Administratiewe beamptes: Christa Louw,Anke Cloete Tel: 012 335 9051/2 • Faks: 012 335 9002 E-pos: pretoria@solidariteit.co.za Straatadres: H.v. Lambert Lee& Van Rensburgstraat, Mayville

Richardsbaai

John Smith Administratiewe beampte: Chantelle vd Merwe Tel: 035 753 1935 of 035 753 1936 Faks: 035 753 1937 E-pos: richardsbaai@solidariteit.co.za Straatadres: Anglers Rodstraat 12, Meerensee, Richardsbaai

Rustenburg Connie Prinsloo, Johan Nell (litigant), Herman de Jongh Administratiewe beamptes: Christelle Grobler, Carisma Breet Tel: 014 592 4336 • Faks: 014 592 4371 E-pos: rustenburg@solidariteit.co.za Straatadres: H.v. President Mbeki- en Heystekstraat, Total Garage, Kantoor 4, Rustenburg

Secunda Andu O’Tool Administratiewe beampte: Sandra Scheepers Tel: 017 634 5296 Faks: 017 634 5297 E-pos: secunda@solidariteit.co.za Straatadres: Eerste Vloer, h.v. Joe Slovo- en Moorestraat, Uitbreiding 22, Secunda

Vaaldriehoek Jaco van den Berg,JohanVenter,Francois Calldo,Gerhard Cloete,JJ Fernandes,Lee Coetzee,Le Roy Fritz (litigant) Administratiewe beamptes: Nadia Coetzee, Rika Cronje Tel: 016 931 3160/2/4 Faks: 016 931 3171 of 016 981 6718 E-pos: vaaldriehoek@solidariteit.co.za Straatadres: Rossini-boulevard 130

Welkom Hennie Kommer Administratiewe beamptes: Sue Nel Tel: 057 352 6839 Faks: 057 357 2072 E-pos: welkom@solidariteit.co.za Straatadres: Winkel nr. 5, Eerste vloer,The Strip, Metro Village, Stateway 312,Welkom

Witbank Cornelius van Leeuwen, Christo Hattingh Administratiewe beamptes: Irma Oberholzer, Sonja Bekker Tel: 013 656 3871 • Faks: 013 656 6846 E-pos: witbank@solidariteit.co.za Straatadres: Bureau de Paul 2B, Corridorsingel, Route N4 Business Park, Ben Fleur X11


een die einde van September vertrek Barrie Burger op sy agtste marathon van meer as 1 000 km te perd. Hierdie keer is dit Bloedrivier toe, ’n afstand van 1 386 km wat hy in 69 skofte oor 78 dae gaan onderneem om deel te wees van die 175ste herdenking van die Groot Trek en die Slag van Bloedrivier. Sy tog begin voor sy agterdeur op Noenieput in die WesKalahari op die grens van die ou Suidwes-Afrika. Met die eerste 330 km pak Barrie en sy swart hings die dwarsduine van die Kalahari aan en dan lê hulle nog 270 km af om ooswaarts uit die Noord-

promosie

Kaap by die suidpunt van Noordwes te kom. Daarvandaan strek hulle tog oor 676 km deur die grasvlaktes na die oosgrens van die Vrystaat voordat ruiter en perd die laaste 110 km deur die noorde van KwaZulu-Natal na Bloedrivier aandurf. Barrie se tog loop naby of deur die volgende dorpe: Olifantshoek (16 Oktober); Kathu en Blikfontein (23 Oktober); Jan Kempdorp (30 Oktober); Christiana (6 November); gevolg deur Hoopstad, Warrenton, Wesselsbron en Welkom op 13 November. Daarna volg Virginia, Ventersburg en Hennenman op 20 November; Steynsrus en Arlingtonstasie (24 November); Bethlehem (27 November); Reitz, Warden,

Dis ’n GEWIGTIGE saak ’n Geïntegreerde benadering met ’n medies ondersteunde insulienbeheeren gewigsverliesprogram, motivering en ondersteuning deur gesondheidspraktisyns, genotvolle oefening, natuurlike aanvullers (vitamiene, kruie, aminosure en minerale) en voedingsleiding is nodig om jou gewigverliesdoelwitte vir die somer haalbaar te maak, sê dr. Adrien van der Merwe. Insulienweerstandigheid Insulienweerstandigheid veroorsaak dat glukose nie doeltreffend deur die vet- en spierselle opgeneem word nie. Die oormaat glukose in die bloed word gestoor as vet vir latere gebruik, terwyl die selle eintlik honger ly.

Foto: iStockphoto.com

Kortisol Kortisol is die langtermynstreshormoon. Enigiets wat kortisol verhoog, sal bloedsuiker en insulienvlakke ook verhoog om energie vir die klassieke stresreaksie – veg of vlug – te produseer. Kortisol is verantwoordelik om die spens vol te hou om die “maer jare” te oorleef. Die “spens” verwys na jou maag of abdominale area. Die streskonneksie en hoe jy met jouself praat Glukokortikoïede, soos kortisol en adrenalien, is stresresponschemikalieë wat op koue en honger se instinktiewe dryfkrag gebaseer is en waarteen vet die beste beskerming bied. Hierdie hormone is verantwoordelik vir die stoor van vet in die maagarea en om bloedglukosevlakke te verhoog. Negatiewe selfgesprek skep ’n gevoel van intense koue en honger in die liggaam en verstand. • Vir meer inligting, besoek www.healthstresswellness.com en www.weightcontrolclinic.co.za

Verkykerskop, Harrismith en Glencoe (11 Desember). Dit word gevolg deur Dundee om uiteindelik hul eindbestemming, Bloedrivier, op 13 Desember te bereik. Barrie is die inspirasie vir die karakter in die rolprent Tornado and The Kalahari Horse Whisperer; hy was die aanbieder van kykNET se ekoreisprogram, Stofpad langs; en hy is ook ’n skrywer en storieverteller, maar hy het homself veral bemoei met sendingwerk wat hy te perd in die Kalahari onderneem. “Ek raak ouer, hierdie 175ste herdenking van die Groot Trek en die Slag van Bloedrivier is ’n besondere mylpaal vir die Afrikaner en ek sal dalk nie weer die geleentheid hê om my op so ’n besondere wyse daarmee te vereenselwig nie. Verder moet ek maar net die tog aanpak en volkstrane langs die roete biddend afdroog. Soos my vadere vertrou het, leer ook my vertrou, o Heer,” vertel Barrie. S

inbeweging

T

1 400 km te perd na BLOEDRIVIER


inbeweging

Die hartklop van ’n BITTEREINDER

I

Dit is vanjaar reeds 111 jaar sedert die ANGLO-BOEREOORLOG met die ondertekening van die Vrede van Vereeniging beëindig is.Tog bly hierdie deel van die Suid-Afrikaanse geskiedenis mense steeds prikkel.Waarom het soveel tot die bitter einde van die oorlog geveg? wil ILZE NIEUWOUDT weet. n ’n artikel wat in 1990 in die vaktydskrif Historia verskyn het (volume 35, nr. 1), stel een van die toonaangewende kenners oor dié oorlog, prof. Fransjohan Pretorius van die Universiteit van Pretoria, ’n kwelvraag: “Waarom, ten spyte van alle redelikheid, het soveel ’bittereinders’ enduit geveg?” Volgens Pretorius se navorsing was daar teen die einde van die oorlog nog sowat 20 000 vegtende Boere. ’n Verdere 20 000 is in daardie stadium as krygsgevangenes weggevoer, en tussen 15 000 en 18 000 het reeds gedurende die oorlog die wapen neergelê. Dit blyk dus dat bykans ’n derde van alle vegtende Boere as’t ware tot die bittere einde bly veg het. Pretorius reken dat verskeie redes hiervoor aangevoer kan word. Enkele van die mees uitstaande redes word in hierdie artikel kortliks aan die hand van Pretorius se navorsing bespreek. (Kwessies soos valse berigte oor die welslae van die oorlog en die vrees vir gevangeneming word nie in hierdie artikel bespreek nie, maar het ook ’n rol in die burgers se stryd tot die bitter einde gespeel.) Vaderlandsliefde Hoewel Afrikanernasionalisme nie noodwendig van die begin van die oorlog af die belangrikste rede vir die stryd by alle vegtende Boere was nie, het dit wel later ’n baie meer prominente rol gespeel. Ook gebeure voor die oorlog (soos die Eerste Vryheidsoorlog en die Jameson-inval) het die opvatting by Afrikaners gevestig dat “Brittanje die Boererepublieke wou vernietig deur SuidAfrika te verbrits”. Uit historiese bronne blyk dit ook dat talle burgers dit as hul plig beskou het om te veg. Daarbenewens was daar ook ’n strewe daarna om die republieke ten alle koste onafhanklik te hou. Boonop het hulle ook later in die oorlog gereken “dat te veel dapper burgers se bloed reeds gevloei het vir hulle om die stryd gewonne te gee”.

Foto: Bittereinde Vrede, Kraal Uitgewers

1

72

2

Godsdiensbeskouings Die oorlog was vir talle burgers ’n “heilige en regverdige saak”, verduidelik Pretorius. Baie het hul aandeel in die oorlog as ’n roeping beskou en was oortuig dat God die Afrikaner geroep het om die land te bewoon. Boonop het talle 05/2013 • www.solidariteit.co.za

BITTEREINDE VREDE – Die Britte se verskroeide aarde-beleid word beskou as een van die vernaamste redes vir die “Bittereinders” se stryd tot die einde. Hier lê hulle hul wapens neer nadat die Vrede van Vereeniging gesluit is.

burgers tydens die oorlog ’n verdere geestelike verdieping ervaar, wat hulle enduit laat veg het. Weerstand teen beleid Die Britte se toepassing van die verskroeide aarde-beleid het ’n belangrike invloed op die Boere gehad. Sommige kenners meen dat hoewel die besluit deur Roberts en Kitchener om dié beleid toe te pas, eintlik bedoel was om ’n vinnige einde aan die oorlog te maak, dit in werklikheid die teenoorgestelde uitwerking op die vegtende Boere gehad het. Dit het hulle net meer vasberade en oortuig van hul saak gemaak. Pretorius bevestig dit verder en haal uit die dagboek van die Duitse vrywilliger Oskar Hintrager aan, wat gesê het “dat die afbrandings die Boere-

3

saak bevoordeel, aangesien diegene wat geen tuiste meer het nie, nie meer, soos die Boere sê, ‘huis toe kan gaan nie’”. Rol van die Boereleiers Die voorbeeld wat deur die Boereleiers gestel is, hul kragtige toesprake en ook oorlogsberigte, het dikwels die vegtende burgers oortuig om die stryd vol te hou. Soos een burger ná ’n roerende toespraak wat in Mei 1902 in Pelgrimsrus gehou is, getuig: “Swaarkry en honger laat mens dikwels knak, maar as ’n aantal manne in ’n toespraak herinner word aan die glorieryke heldedade van hul voorsate raak hulle weldra manhaftig en trots, sodat hulle luidkeels skreeu dat die stryd tot die dood toe gevoer moet word.” S

4


in Retrospek

Marietha Malan is ’n onderwyser by Alma-skool, ’n skool vir gestremdes, en is ’n ma van vyf.

Kners, briek, vashou… en VERTROU Deur Marietha Malan

D

Foto: iStockphoto.com

Tandekners-werk. Ek praat nou van die proses om van ’n alwyse jong man ’n VAARDIGE en veral veilige motorbestuurder te maak. it laat my dink aan die grappie van die dominee wat die gemeentelede gewaarsku het dat ’n geween en gekners van tande sal volg op al hul sondes. En toe sy oog op ’n tandlose ou gewoontesondaar val, voeg hy by: “En vir die wat nie tanne het nie, tanne sal ge-‘supply’ word!” Ek weet nie watter sondes ek begaan het om so gestraf te word nie, maar ek lewe nog en kners al klaar tande. Eers was dit die toustanery. Drie pogings net om ’n afspraak vir die leerlinglisensie te maak. Die eerste keer moes ons deur die hele proses: Geduldig in ’n lang tou val, eers buite, dan binne die deur. Dan op stoeltjies aanskuif. Foto’s, oogtoetse, alles. Toe Thinus uiteindelik moet betaal, kry hy ’n datum wat vir ons onmoontlik is om na te kom. Ons probeer nog vra of daar nie ’n alternatiewe datum is nie, toe gil die dametjie net:“Next!” En dit was dit. Ons moes van voor af begin. Die derde keer kon ons darem, ná ongeveer drie ure, ’n afspraak kry. Verlig dat daar ’n stukkie nader aan die doelwit gevorder is, koop ek ’n leerlinglisensieboek. Meneer Baie Slim slaan die ellendige boek die oggend voor die tyd in die motor op pad skool toe vir die eerste keer oop.“Jy gaan dop!” grom ek, gedagtig aan nog ’n toustaansessie.“Nee wat, Ma, dis mos maklik,” moet ek hoor. Maar toe nie.“Het jy net uit daai boek geleer ou?” vra Zarius. “Jy moes vraestelle op die rekenaar geoefen het.” Daar en dan vra hy ’n paar uitklopvragies waarvan Thinus geen snars weet nie. Meneer Baie Slim voel skielik nie meer so slim nie. Hy maak blitsig ’n plan. Sy ander maat, Adriaan, het blykbaar ook die rekenaarprogram. Hy bel vir Adriaan en reël dat dié sy kamer se buitedeur vir hom oop los. Ek moet hom die middag vroeër kom haal sodat hy kan oefen. So gesê, so gemaak. Betyds laai ek hom op, en ons gaan soos afgespreek sommer reguit na Adriaan se huis toe. Fluit-fluit verdwyn Meneer Baie Slim om die hoek om gou die ou vraestelletjies kaf te draf. Ek gaan intussen gou ’n draai by

die winkel maak, en ná sowat ’n driekwartier wag ek vir hom voor Adriaan se huis. Al wat kom, is Slimmie. Ek bel naderhand.“Ek kom Ma, dêmmit,” word daar in die foon gehyg. Ek wonder wat aangaan, maar wag geduldig. Ná ’n rukkie daag hy natgesweet op. Adriaan het blykbaar vergeet om die buitedeur oop te los. Hy moes toe volgens Adriaan se instruksies deur ’n badkamervenster inklim. Die venster was só nou dat hy die meeste van sy klere moes uittrek en eers deur die venster gooi om te kan deurwriemel. Halfpad deur, tussen hemel en aarde, besef hy dat die venstertjie ver van die grond af is, en dat hy baie hard gaan val. Hy gebruik dus sy das om die deur nader te hak en hou daaraan vas om af te klim. Terug was min of meer dieselfde proses, net omgekeerd. En die resultaat? Gedop met een punt! Weer die tou! Weer foto’s, oogtoetse en geld! Ná die volgende poging kom hy met ’n skitterwit glimlag aangestap en hou sy hand uit vir die motorsleutel. Toe begin die eintlike tandekners eers. En die vasgryp aan die deur. En die vrugtelose ge-briek teen die vloer van die passasiersitplek. Sug. Om te dink ek doen hierdie hele spulletjie al vir die vierde keer. Soms wonder ek of ons goeie Vader nie soms lus kry om op te hou om ons te leer bestuur nie. Ons hele lewe lank probeer ons leer bestuur. Ons probeer ons skoolloopbaan bestuur. Dan

ons universiteitsloopbaan. Daarna ons werk, ons huwelik, ons kinders en gesin. En al die tyd is ons Vader geduldig besig om vir ons die pad aan te wys, as ons maar net die Boek wil oopmaak en daarin kyk. Maar nee, ons foeter in slote in, neem roekelose besluite en sny om die draaie sonder om ’n flikkerlig aan te sit. Ons maak ons eie planne, hang tussen hemel en aarde as die planne nie uitwerk nie, en dra die gevolge van ons eie nalatigheid. “U Woord is ’n lig vir my pad en ’n lamp vir my voet,” sê Psalm 119. Ons gaan soek oral raad vir al ons ellendes, maar vergeet van die eenvoudige Bybelse beginsels wat ons oneindig baie gaan help om ons lewens met wysheid te bestuur. Om deur daardie nou poort te kom, moet ons al ons eiewysheid soos oortollige klere uitpluk en doen wat Paulus in Kolossense 3:12 en 14 aanbeveel: “Beklee julle… met innerlike ontferming, goedertierenheid, lankmoedigheid… En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.” Natuurlik is die heel beste idee nog om die sleutel vir ons Hemelse Vader te gee. Hy kan jou lewe bestuur soos niemand anders nie. As Thinus maar MY sleutel wou teruggee. Laat ek maar in goedertierenheid en lankmoedigheid verder kners, briek en vashou. En vertrou dat Hy ook daardie jong hande vashou en stuur. Soos Hy met my ook doen. S www.solidariteit.co.za • 05/2013

73


promosie

Medihelp skep VERTROUE deur VOLHOUBAARHEID ’n Dekade gelede was ’n mediese skema ’n plek waarmee jy net in aanraking gekom het wanneer jy siek was of om onvoorsiene redes in die hospitaal beland het. Deesdae word ’n GOEIE SKEMA gesien as jou vennoot in gesondheidsorg. ’n Vennoot wat jou nie net die GEMOEDSRUS bied dat jou bestaande siektetoestand professioneel en kostedoeltreffend bestuur word nie, maar ook die VERSEKERING gee dat VOORSIENING gemaak is vir tye waarin jy lewensreddende of lewensbehoudende dienste sou benodig.

Foto’s: iStockphoto.com

Volhoubare diens Volgens Anton Rijnen, uitvoerende hoof van Medihelp, is mense dikwels verward wanneer hulle op ’n mediese skema moet besluit. Hulle kom gou agter dat daar min verskille tussen die meeste skemas se voordele-opsies is. Ook dat die prysverskille tussen vergelykbare opsies in die meerderheid gevalle gering is. “Daar is ander maatstawwe wat gebruik kan word om tussen skemas te onderskei, soos ’n skema se finansiële bestendigheid, eisebetalingsvermoë, grootte en vlak van kliëntediens. Al dié faktore is egter van min waarde indien die skema nie volhoubaar is nie,” sê Rijnen. As Suid-Afrika se derde grootste oop skema is Medihelp vir jare reeds aan die voorpunt van die bedryf – juis omdat hy daarin geslaag het om sy dienste op ’n volhoubare grondslag te lewer. “Ná 108 jaar in die bedryf word Medihelp steeds as een van die voorste skemas in die land gereken en dit is juis om hierdie rede dat die skema vertroue by sy lede inboesem. Uiteindelik skep vertroue gemoedsrus en is dit eintlik waarna medieseskemalede op soek is,” sê hy.

74

Vennoot in gesondheidsorg ’n Mediese skema as vennoot in jou gesondheidsorg veronderstel egter ook ’n verantwoordelikheid van albei partye. ’n Gesonde lewenstyl is die eerste stap na gemoedsrus, gevolg deur die keuse van ’n voordele-opsie wat in jou en jou gesin se spesifieke behoeftes voorsien. “By Medihelp glo ons dat jou gesondheid in die eerste plek van onskatbare waarde is en dat dit jou persoonlike verantwoordelikheid is om daarna om te sien. Die klem in die gesondheidsorgbedryf het verskuif van nasorg na voorsorg wat beteken dat die lid deesdae toenemend verantwoordelikheid vir sy of haar eie gesondheidsorgbeplanning moet neem,” sê Rijnen. Medihelp ondersteun sy lede deur voordele vir voorkomende sorg wat op al sy voordele-opsies van toepassing is. “In vennootskap met Medihelp sal jy die gemoedsrus hê dat ons nie net voorsiening gemaak het vir noodgevalle nie, maar ook vir die dag-tot-dag bestuur van jou belegging in die gesondheid van jouself en jou gesin,” sê hy. 05/2013 • www.solidariteit.co.za

HET JY GEWEET?

Medihelp bied ’n reeks VOORKOMENDESORGVOORDELE aan sy lede, insluitende ’n papsmeer, bloedsuikertoets, cholesteroltoets, standaardmammogram, prostaattoetes, MIV-spoedmetodetoets en beenmineraaldigtheidstoets. Hierdie voordele is bykomend tot die dag-tot-dag voordele en vorm deel van Medihelp se strategie om sy lede te ondersteun in hul strewe na ’n gesonder lewenstyl. Ander voordele sluit in swangerskap- en babavoordele, asook voordele vir immunisering.

69%

DIS ’N

feit!

van sterftes wêreldwyd sal teen 2030 weens nie-oordraagbare siektes (NOS), dus leefstylverwante siektes, veroorsaak word, voorspel die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO). NOS word meestal deur ’n ongesonde leefwyse veroorsaak, soos ’n slegte dieet, rook, gebrek aan gereelde oefening en stres oor lang tydperke. Dit verhoog weer die risiko om siektes soos hoë bloeddruk, sekere soorte kanker, hoë cholesterol, diabetes en vetsug te ontwikkel.



Solidariteit Tydskrif Uitgawe 5 - 2013