Issuu on Google+

Tweeling word 80

3

WIE was Ida?

6

Burgemeester se Preek

9

High School Cup

12

Jaar 3 | Uitgawe 1 31 Oktober 2013

GRATIS/FREE

Riviernuus Bad news sells, good news is free!

STELLENBOSCH • idasvallei • cloetesville • Banhoek • Kylemore • Johannesdal • Pniël • Lanquedoc • Groot Drakenstein

8ste ‘Orchard Run’ “Een van die mees gesogte in sy soort”

Die Dwarsrivier Vallei Atletiekklub bied op Saterdag 2 November, die 8’ste Timbercity Orchard Run aan. Volgens die klub se voorsitter, Ralph Jacobs, is die wedloop besig om een van die mees gesogte in sy soort te word. “Dit word gekenmerk deur sy buitengewone mooi uitsigte en deelnemers kan kies om aan die 21.1km, 10km of 5km pretdraf deel te neem. Die 21.1km neem atlete deur die dorpe van Lanquedoc en Kylemore en hardloop hulle deur verskillende boorde en grondpaaie om weer aansluiting te vind op die R310 terug na Pniël,” sê Ralph. Hy noem dat laat-registrasie nog op die dag van die wedloop toegelaat word vanaf 5h00 en sluit 5 minute voor elke wedloop. Die 21.1km begin reeds om 6h45, die 10km 7h15 en die 5km om 8h00. “Atlete kan uitsien om toeskouers op die hele roete te verwag en toeskouers kan van Boland se voorste atlete sien hardloop. Die klub se meester-atleet, Dawid Pieterse, sal ook in aksie wees. Hy het juis hierdie jaar

uitstekende tye afgelê en na verwagting sal hy onder die voorste atlete eindig. Dit is vanjaar ook die eerste keer dat die 21.1km in 3 uur en 30 minute voltooi kan word aangesien die roete geskik is hiervoor,” sê Ralph. Al die skole in die vallei maak ook deel van die 5km Skole Uitdaging. Skole wie die meeste deelnemers inskryf kom in aanmerking vir opwindende pryse. In 2012 het ongeveer 350 leerders die uitdaging aanvaar en hierdie jaar word selfs meer verwag. Na die wedloop sal verskeie handelaars ook kos, kunswerke en vermaak aanbied wat genoeg pret vir die hele gesin sal verseker. Die klub nooi dus graag gesinne uit om saam te kom stap en dit ‘n lekker familiedag te maak. Afgesien van verlede jaar, het dit elke jaar gereën op die dag van die wedloop. Die voorsitter is egter nie gepla oor Saterdag se weer-vooruitsig nie. “Reën of son, die 8’ste Timbercity Orchard Run is gewis ‘n uitdaging om te aanvaar,” sê hy.

Breast Cancer Awareness Above: Municipal Manager Christa Liebenberg and Mayor Conrad Sidego next to a cladded oak showing their support for breast cancer awareness by wearing pink.


2

REDAKSIE

Riviernuus

Van ons kant

Stamboom

Ida se mooie Vallei Riviernuusleser, Christo Mart, het vir ons hierdie fotos van Idasvallei gestuur wat hy op verskillende tye van die dag geneem het.

Ek wou nog altyd my familiestamboom opstel en het elke keer vir my ouma gesê ek sal eendag met haar hieroor kom praat sodat sy my presies kan verduidelik wie my voorsate is.

Stuur gerus vir ons jou fotos en ons plaas dit hier.

Sy is ongelukkig ‘n paar maande gelede oorlede en ek het nooit met haar in detail hieroor gesels nie. Van uitstel kom afstel... Ek kan dit nou in die argiewe gaan navors, maar dit is nie dieselfde as om dit eerstehands te hoor nie.

Illustrasie: Gerald Maketees

Mistige oggend

Oppad skool toe

Riviernuus gaan in die toekoms probeer om erfenis-antwoorde te kry. In hierdie uitgawe vra ons wie Ida van Idasvallei was. Dis was baie interessant (en snaaks) om mense se verskillende opinies te hoor. Lees gerus op bl.6 meer hieroor. Die Graad 12’s het hierdie week begin met hul eindeksamen en ons wens julle alle sterkte toe. Op bl. 10 is daar wenke wat sal help met die senuwees. Aan al die mans, onthou om julle snorre te groei in November vir prostaatkanker bewusmaking. Tot volgende keer. Mooi bly

Skemer

Contact us Editor: Wendell Lawrence Tel: 021 - 885 2392 Email: wendell@riviernuus.co.za Design & layout: Shanaé Lackay Publisher: Swey Design, Kylemore, Stellenbosch Printers: CTP Printers Cape Town Riviernuus subscribes to the South African Press Code that prescribes news that is truthful, accurate, fair and balanced. If we don’t live up to this code, please contact the Press Ombudsman at 011 - 484 3612/8.

'n Vriendelike Versoek... ons op Lees Riviernuus aanlyn: www.issuu.com/riviernuus

Remember Movember

BRIEWE

Wil jy iets met die gemeenskap deel?

Skryf aan ons en die wenbrief ontvang R100. Epos: wendell@riviernuus.co.za BAIE, BAIE DANKIE...

Wenbrief

Baie dankie vir die artikel oor my ma, wyle Caroline Maria Samuels.  Sy was in ekstase toe sy dit in Riviernuus sien. Sy het my gevra om dit vir haar voor te lees met ‘n glimlag op haar gesig en groot opgewondenheid.   Gedurende ‘n kritiese tyd het julle ons gehelp om aan die wêreld te vertel wat se mens sy was en hoe lief ons haar het.  Dankie vir die platform wat julle daar stel vir ons gemeenskap.  Dit is altyd lekker om die Riviernuus te lees.  Sterkte met die taak en voorspoed met die koerant.   - Jo-Ann Petersen

Join the annual event of growing your moustache during the month of November to raise awareness for prostate cancer and other male cancers.

1 - 30 NOVEMBER 2013

Relay for Life Join the CANSA Relay For Life Stellenbosch Team on 2 and 3 November at the Ida’s Valley Sports Ground. Teams of 15 members each will participate in the relay from 18:00 on Saturday to 06:00 on Sunday! Guests pay R10 to walk until 23:00 or R60 for the entire 12 hours. Please contact Nadia Henry on 076 148 7053 or Gwen Simmers on 082 5333 563


Riviernuus

ONS MENSE

31 Oktober 2013

Hul stories

3

Oom Jan en Oom Klaas word 80 jaar oud Die tweeling Oom Jan (foto regs) en Oom Klaas Williams het op 9 Oktober hulle 80’ste verjaarsdag by Simonsberg Gastehuis in Cloetesville gevier. Dié ooms was op Simondium gebore en erken dat hulle onafskeidbaar was in hul jonger dae. Oom Jan woon nou in Cloetesville en sê die tyd in Simondium sal hy verewig onthou. “Ons het baie swaar grootgeword maar was mekaar se beste maats. Na ek getrou het, het die swaarheid my egter onmiddellik gelos,” lag hy. Oom Klaas woon nou op Leliefontein in Klein-Drakenstein en was duidelik die gruwelike een. Hy sê dat hy ‘n swakpunt

vir alkohol gehad het, maar na ‘n vreemde stem vanuit ‘n nartjieboord een aand hom gewaarsku het om op te hou drink, het hy dit onmiddellik gestop! Die twee is nog perdfris en gesond en veral Oom Jan is nog pure nutsman om die huis. “Ons het baie dinge sien verander veral in Cloetesvile,” sê Oom Jan. “Baie van dit was egter nie goeie veranderinge nie en in ‘n mate is ek bly ons het op die plaas grootgeword. Daar het ons nog die regte waardes geleer en toegepas.” Die tweeling sê hulle was baie gehoorsaam aan hul ouers en dit het definitief ‘n rol gespeel om hierdie ouderdom te bereik. “Mens moet ook aldag een mens wees,” is hulle advies. Baie geluk Oom Jan en Oom Klaas!

MASSIVE CLEARANCE SALE FRIDAY, 15 NOV 09H00 - 15H00

Plants going at LESS than wholesale prices! TopFruit Nucellar, Watergat Road, Simondium Only cash or cheques

Only the finest plants

Stellenbosch Blinds & Shutters

Irna van Wyk: 082 572 2740 SOMERSET WEST, STRAND, GORDON'S BAY: 021 851 0176 STELLENBOSCH, FRANSCHHOEK: 021 883 3783 E-mail: info@stellenboschblinds.co.za • Fax: 021 886 8516 www.stellenboschblinds.co.za


4

COMMUNITY

Riviernuus

Achievers

Best Medical Advisor Kay Williams received recognition at the Austell Laboratories’ annual conference in Durban for her hard work and received the awards for Achievement of Annual Budget as well as Best Medical Sales Advisor. Austell is a pharmaceutical company and as medical sales advisor, Kay consults with doctors and pharmacies. She is originally from Ida’s Valley and is now working in Gauteng. I’m ecstatic about the awards,” says Kay. “I’ve been with the company since 2008 when I started as

retail training manager, doing product training for all pharmacies across SA. In 2012 I moved to sales and marketing.” Apart from the two trophies she received, Kay also walked away with a cash prize of R20 000. The prizes were handed over by well-known Carte Blanche presenter, Derick Watts.

Above: Kay Williams and Derick Watts

What is she going to do with R20 000? “After tithing, I will spoil myself with a summer holiday.” Congratulations Kay!

Left: Kay with her awards Photos supplied

NIGGIES HOU REUNIE

Serdyns plant vir nageslag

Foto: Lotter Lackay

As deel van Stellenbosch Munisipaliteit se 1 Miljoen Bome Projek het Raadslid Johannie Serdyn en haar gesin op Sondag, 13 Oktober, ses bome in die park by Onder-Papegaaiberg geplant. Die ses bome was vir elkeen van haar vyf kleinkinders asook vir die ongebore Mika wat binne drie maande haar verskyning gaan maak. Die munisipaliteit moedig allle inwoners aan om bome te plant ter ondersteuning van die Miljoen Bome Projek en sodoende by te dra tot ‘n groener omgewing. Sedert April 2013 is reeds 3 432 bome geplant.

Myburgh Niggies: Agter van links Anneline Myburgh, Laetitia Benjamin, Carol Hector, Suzan Hendrickse, Verity Myburgh, Elizabeth Alexander, Lynette Stubbs, Philida Jefthas, Caroline Groenewald, Rachel Lackay, Avril Cordelia en Andrine Lackay. Middel: Jeanette Rose, Alice Williams, Sylvia Rose, Lettie Simpson. Voor: Felicia Adams, Megan Williams, Wilma Cyster (Letilda Adams was ook by die reünie maar verskyn nie op die foto nie)

Die Myburgh-niggies het op Saterdag , 19 Oktober, ‘n reünie in Pniël gehou.

Die niggies is almal kinders van Frank, Paul, Willie, Arthur, Sammy, Claire, Rachel, Henna, Bettie en Nellie Myburgh. Hulle oupa en ouma, Willie en Aletta, was die eienaars van die winkel langs die Pniel Congregational Kerk. Hulle het ook ‘n busdiens tussen Pniël en Paarl bedryf.

Food Service Graduation

Bo: Die Serdyns van links, Rochelle (met Petrus op skoot), Ouma Johannie (met Willem), Izandi (met Mika oppad) en Oupa Pierre. Voor sit klein Pierre.

- SIPHIWO NKONKI

A total of 17 students received their Food Service Assistant Qualification at a graduation ceremony in the Pniël Banqueting Hall on 17 October. The graduates underwent a 7 week training programme that was sponsored by the Cape Winelands District Municipality (CWDM) and conducted by G&D Guesthouse and Training.

Above: The Graduates with Chef Shiraaj (centre)

In congratulating the students, Mr Gregory Johannes from G&D advised them to “always give excellence to all you serve. Whether a beggar on the street or millionaire, you should give the same high level of service.”

The project has continuously produced graduates many of whom have gone on to be entrepreneurs while some found work at restaurants or hotels. One of the students, Heidi Sauls, has already started a business. She now wants to formally register the business. “I found the training uplifting and appreciate it very much. It was difficult, but I stuck it out to the end”, says Heidi. Another graduate, Ntombi Peteni, also gave positive feedback. “Although the training was short, I truly enjoyed it. The other students were wonderful and helpful. I am now going to look for work, but in future I want to open my own small business,” she said. This is the fifth year that the course was sponsored by CWDM.


“Expression of interest” Invitation to Register/ Apply for a Trading Stall at the Festival of Lights 2013

Stellenbosch Municipality is planning a Festival of Lights to celebrate Christmas within the Greater Stellenbosch. Traders are invited to trade at the event and showcase their wares/services to the bumper crowds expected. Traders are requested to register in one of following categories: • • • • • • •

Food (e.g. boerewors rolls, hot chips, burgers, etc) Beverages (e.g. cool drinks, juice, water, etc) Sweets (e.g. candy floss, chips, biltong, etc) Toys/Gifts Crafts/Curios Clothing Other (please specify) Date of Event: Saturday, 07 December 2013 and Sunday, 08 December 2013 Where: Bird Street, The Braak, Stellenbosch Time: 18h00 until 23h00 for Saturday and 18h00 until 22h00 for Sunday Cost per day: R 200.00 (traders trading with food with access to electricity) R100.00 (traders trading with toys, clothing etc) i.e. traders without access to electricity

Terms and Conditions: • Please note that traders from the Greater Stellenbosch area will receive preference. • Existing traders will still have to apply/register for a stall but would waive the application fee if their existing permits are attached to their application form. • Traders who want to trade on both dates must register for both dates separately. • Traders need to be setup by 16H00 on everyday of trading. • A Health Certificate is needed in order to trade with cooked food. • Stalls that use gas must have a fire extinguisher on hand with a “no smoking sign” clearly visible. • Stalls that exceed the 3 x 3 meter requirements need to register for 2 spaces, or it will not be allowed. • No steel frames will be allowed unless the stall owner registers for 2 spaces. • Only traders that submit the required information will be supplied with a formal approval letter before purchasing of permits will be allowed. • Traders that use stands with a trailer fitting will be requested to register for 2 spaces.

Enquiries can be directed to, and registration/ application forms can be obtained from: Vusumzi Zwelendaba on 021 808 8178/8197 / vusumzi.zwelendaba@stellenbosch.gov.za / Viola Swartz on 021 808 8176 / viola.swartz@ stellenbosch.gov.za - alternatively you can visit our offices at 58 Andringa Street, Stellenbosch (opposite Food Lovers Market or next to Brazen Head Restaurant). You may also download the application/registration forms from www.stellenbosch.gov.za Closing date for registration: 22 November 2013


6

FOKUS

Riviernuus

Geskiedenis

Wie was Idasvallei se Ida? Slavin of Godin?

?

- Prof H CHRISTO VILJOEN

Die naam Idasvallei kom die eerste keer in die annale van die Kaap van Goeie Hoop voor toe dit, as een van ses plase, in 1682 buite Stellenbosch aan Francois Villion (later Viljoen) toegeken was. Die ander plase het mooiklinkende name soos Mostertsdrift, Welgelegen, Libertas, en Voorgelegen gehad. Francois was 'n Hugenoot wat in 1671 hom as wamaker in die Kaap gevestig het. Hy het tot aan sy dood, vermoedelik in 1689, op die plaas Idasvallei geboer. Maar wie Ida was na wie Idasvallei vernoem is, is tot vandag toe onbekend. Goeweneur Simon Van der Stel se vrou het verkies om in Nederland agter te bly en het hom nie na die Kaap van Goeie Hoop vergesel nie.

'n Legende bestaan dat Ida 'n slavin en minnares van Van der Stel was. Die VOC amptenare het noukeurig rekord gehou van alle aspekte van die destydse bewind, maar uit die baie volledige naamlyste van die slawe kom die naam Ida egter nie voor nie. Die legende is waarskynlik nie waar nie. Daar is ook ‘n bewering dat die plaas deur Francois Villion self na die heilige St. Ida vernoem is. Geen volbloed Protestant sou egter sy plaas na 'n Rooms-Katolieke heilige vernoem nie. So hierdie bewering is ook onwaarskynlik. Nog 'n romantiese verklaring is dat die skilderagtige omgewing onderkant die winter-watervalle van die Banhoekberg, herinner aan die heilige Berg Ida (woonplek van die godin Ida) van die antieke Griekse mitologie - maar ook dit is blote bespiegeling.

Teen 1787, d.w.s. byna 'n eeu nadat Idasvallei uit Viljoen hande gegaan het, begin Samuel Cats om vir hom "hofsteede" op Idasvallei te bou. Hy het reeds 12 jaar tevore sowel Groot Idasvallei as die naburige plaas Nazaret vir 10 000 gulde gekoop uit die boedel van die vorige eienaar, sy oupa Johannes Groenewald. Vyf jaar later koop hy ook die ander buurplaas Klein Idasvallei van Pieter de Hoog vir 2 000 gulde, wat 37 morg grond by sy landgoed voeg. Die plaas het etlike kere van eienaar verwissel. Nadat phylloxera (‘n tipe insek) die wingerde in die 1880's verwoes het, het Beatrice Malleson, die preutse destydse eienares en 'n ywerige lid van die White Ribbon Temperance League, opdrag gegee dat die wingerde alles uitgehaal en deur vrugtebome vervang moes word. Sy het die vrugte na Engeland uitgevoer onder die 'Ida Brand’ waarvan die handelsmerk

'n jong meisie met 'n kappie op haar kop was. Vir baie jare was die Ida Brand baie gewild by die vrugtestalletjies in Covent Garden, Londen. Na Malleson se dood word die grootste deel van die plaas verkoop aan die Stellenbosch Munisipaliteit in 1920 vir die ontwikkeling van die woonbuurt Idasvallei. •

Prof Viljoen is gewese Vise Rektor van Stellenbosch Universiteit en aktiewe historikus.

Weet jy wie Ida was? Laat weet Riviernuus by 021 885 2392 of wendell@riviernuus.co.za

Wat sê die manne oor hierdie misterieuse vrou? Riviernuus het by ‘n paar mans gaan hoor wie hulle dink Ida was:

“Was dit nie ‘n slaaf wat Simon vd Stel gedek het nie? Hulle land hie, hulle plant hie, hulle dek vir elke aunty!” Christo Maart

“Sy was ‘n boervrou en het ‘n plaas hier besit. Soos ek gehoor het was sy soos ‘n tipe Florence Nightingale.” Gregory Anthony

“Sovêr kon ek nog nie vir Ida opspoor nie! Simon van der Stel het die plaas Idasvallei aan Francois Villion, ‘n Franse Hugenoot, toegeken in 1682. Blykbaar is rekords van Hugenote verbrand in Frankryk gedurende hierdie tydperk. Nêrens kom die naam Ida egter voor nie. Ida van Lorraine in Frankryk was ‘n Saint. Miskien kan dit die verbintenis wees aangesien die eerste eienaar ‘n Hugenoot was.” Stanley Amos

“Ek het iewers gehoor dat dit Simon van der Stel se skelmpie was!” Dr Llewellyn MacMaster

Zurial Korkie

Ons kontak jou dalk om jou opinie en kommentaar oor sake te hoor!

“Ida van Papendorf. Gebore in 1918, Idasvallei.” Hiram Von Willingh

Fotos: Facebook

'Like' Riviernuus op

“Ida was 'n boervrou toe Idasvallei nog ‘n groot plaas was. As ek mooi onthou was die plaas se naam Varkvlei of Varkensvlei. Sy het geglo dat die bruinmense hardwerkende en goeie mense was. Die aunty het geleidelik stukkies grond hier en stukkies grond daar aan die bruinmense gegee. Vandaar Idasvallei.”


Riviernuus

BESIGHEID

31 Oktober 2013

Advertensie

LDP WORD MONDIG

Een van Stellenbosch se bekendste ouditfirmas, LDP, het op 10 Oktober hulle 21’ste bestaansjaar by Asara wynplaas gevier. LDP (Loubser Du Plessis) is in 1992 deur Tenk Loubser en André du Plessis gestig. As werknemers van ’n groot internasionale maatskappy het hulle die behoefte aan ’n ouditfirma, wat op persoonlike diens aan klein/middelgrootte korporatiewe kliënte en vermoënde individue, ge-identifiseer. Sedert sy bestaan het LDP se kliëntetal van 2 na 7 640 toegeneem. Dit is ‘n jaarlikse groeikoers van bykans 182% oor 21 jaar. In die tyd het die firma ook 107 geoktrooieerde rekenmeesters opgelewer. Daar is later (in 2006) met die opleiding van SAIPR-klerke begin en tot datum het 33 gekwalifiseer. Die dienste wat die firma aan sy kliënte lewer het deur die jare uitgebrei en op die oomblik word bykans al die dienste wat deur die ‘groot vier’ ouditfirmas aangebied word, ook deur LDP verskaf.

Die sluit in:

• • • • • • • • • • • •

Oudit Rekeningkunde Interne Oudit/Risikobestuur Belastingkonsultasie Belastingnakoming Maatskappy-sekretarieel Trusts Testamente en Boedels Besigheidskonsultasie Salarisburo, Pensioenfondse Welvaartbestuur (in assosiasie met MEQ Capital) Swart Ekonomiese Bemagtigingsertifisering (in assosiasie met Codex Ratings).

Die LDP-direkteure (van links): Richard Rhoda, Johann van Rensburg, Johan Pretorius, Stephan Prextorius, Iaan Marx, Fran du Plessis, Pieter-Jan Bestbier, Jock de Jager, Francois Joubert, André du Plessis.

“Ons prestasie sal altyd gemeet kan word aan die belofte om waarde toe te voeg en om diens van die hoogste gehalte te lewer.”

Volgens mnr Jock De Jager, Hoof Uitvoerende Beampte, bly LDP steeds getrou aan sy onderneming teenoor sy kliënte. “Ons sal nooit dienste lewer bloot om gelde te hef nie, en ons prestasie sal altyd gemeet kan word aan die belofte om waarde toe te voeg en om diens van die hoogste gehalte te lewer.”

Van die gaste by die LDP 21ste bestaansjaarvieringe

'n Groep LDP-ers gereed vir die Argusfietstoer

Links: Rebekka Swiegers (Laroche Wine Estate) en Andy de Bruin (LDP)

Onder: Richard Rhoda (LDP), Thandeka Zondi, Sandile Mpungose, Sharonne Adams (almal OG), Ryan Sulliman (LDP)

Regs: Markus Rahmann (Asara) en Anton Melck (Cluver Markotter)

7


8

FOCUS

Riviernuus

Business

Decisions Taken In Council The 16’th council meeting of Stellenbosch Municipality was held on Thursday, 24 October. Here is a summary of some of the decisions and recommendations taken at the meeting.

ITEM Language Policy Enkanini Informal Settlement: Illegal Invasion of Land in Onderpapegaai Nature Reserve Community safety By-Law Memorandum of Understanding between University and Municipality Neighbourhood Development Planning Programme (NDPP)

DECISION Equal status to be given to English, Afrikaans and isiXhosa Obtain court order for demolition of structures Adopt and Advertise for public comment Crime prevention via CCTV camera installations and monitoring Wards 5 and 6 in Ida's Valley will participate in the NDPP

Riviernuus can not be held responsible for any of the above information. Please contact the municipality for detailed information.

CODEX RATINGS EME CERTIFICATES | B-BBEE CERTIFICATES | B-BBEE CONSULTING | TRAINING ON AMENDED CODES

Are you aware that on Friday 11 October 2013 major changes to the B-BBEE codes of good practice were published? Changes that could have a major impact on your business’ B-BBEE rating and ability to gain contracts.

At the 16th Council Meeting, councillors wore pink in support of breast cancer awareness

With official B-BBEE Certification you will be able to

Simondium Agrimark sê dankie

• •

Die produsente (boere) van Simondium was op Woensdag, 16 Oktober, deur die plaaslike Agrimark onthaal.

Barry Perrins, Simondium Agrimark se bestuurder, het gesê dat die maatskappy hierdeur wil dankie sê aan hulle kliënte vir hul ondersteuning in 2013 asook die jarelange verhoudinge tussen die produsente en Kaap-Agri.

build sustainable business relations within South Africa become a preferred supplier government and company vendor lists satisfy your customers’ B-BBEE needs and support their own scorecard.

Codex Ratings is accredited by SANAS and IRBA Contact Tammy, Richard or Leon: Tel: 021 888-5600 | Fax: 021 888-5697 PO Box 920, Stellenbosch, 7599 3rd Floor Valerida Centre, Piet Retief Street, Stellenbosch Email: tammy@codexratings.co.za | leon@codexratings.co.za www.codexratings.co.za

Van die produsente by die geleentheid Van links: Arné Erasmus, Barry Perrins, Morné Steyn en Freddie le Roux.

Besoek ons nuwe en verbeterde winkel in Simondium. Ons winterklerereeks is nou beskikbaar met ‘n verskeidenheid van kwaliteit handelsmerke bestand teen die nat en koue weer. Hoofweg / R45 • 021 874 1650 (t) • 021 874 1111 (f) • www.kaapagri.co.za

SIMONDIUM Takbestuurder: Barry Perrins

Kom na die mens-mense

BUITELEWE EN KAMPEERTOERUSTING • DIEREGESONDHEIDSPRODUKTE • TUINBESPROEING • TUINBOUBENODIGHEDE BOERDERYBENODIGHEDE • VEEVOER • BOUMATERIAAL • VEILIGHEIDSKLERE • VERF EN ALLES VIR DIE DOEN-DIT-SELF ENTOESIAS


Riviernuus

FOCUS

31 October 2013

Faith

Burgemeester Preek Stellenbosch Munisipaliteit se burgemeester, Raadslid Conrad Sidego, het op Sondag 27 Oktober sy burgemeestersmantel verruil vir ‘n dominee se toga.

“In Stellenbosch het ons ook uitdagings. Ons word ook sommige kere lamgelê maar ons tree nie op soos die eerste twee slawe nie. Die twee het ander persepsies gehad en was baie positief. Hulle het die uitdaging aanvaar, was nie bang om te misluk nie en het gaan innoveer. In Stellenbosch het ons van die grootste uitdagings maar ons het geweldige klomp talent. Indien ons met ons talente woeker kan ons ‘n verskil maak in die lewens van ander.

Die Preek van die Leek is ’n inisiatief wat in Nederland ontstaan het en wat nou vir die eerste keer ook in Suid-Afrika, en wel in Stellenbosch, geloods was deur ‘n groep teoloë verbonde aan die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Teologie en gemeentes in Stellenbosch. Die burgemeester se tema was “Kom ons ontsnap uit die vallei van vrees en styg na die hoogtes van verfrissende vernuwing”. Sy teksvers was uit Matthéüs 24:14-30 (Gelykenis van die talente): “Want dit is soos ‘n man wat op reis wou gaan... en sy besittings aan sy drie slawe toevertrou het... Hy het aan een slaaf vyf goue muntstukke gegee wat daarmee begin werk het en vyf ander muntstukke gewin het. Die tweede een het twee muntstukke gekry wat hy ook verdubbel het. Die derde slaaf het net een muntstuk ontvang, maar hy het syne uit vrees in die grond weggesteek.”

Burgemeester Sidego as predikant “Ek is veral geintereseerd in die derde slaaf,” het die burgemeester gesê. “Hy was nie baie positief nie en het veilig gespeel. Hy het eerder die muntstukke begrawe en geglo hy sal uit die moeilikheid bly.” Sidego het gesê dat ons almal ‘derde-slaaf’ stories het en dat hy begrip hiermee het. “’n Aantal jare gelede het ek ‘n oproep vanaf die uniegebou

Hierdie welbekende Mannekoor van die Morawiese Kerk tree vir die tweede keer hierdie jaar in Stellenbosch op. Hulle sal die hoofitem uitmaak van die program van die SANG EN MUSIEKMIDDAG wat plaasvind op 9 November 2013 om 15h00 in die Calvyns

Protestantse Kerk in ou Helshoogteweg, Idasvallei. Saam met hulle sal ook optree die alombekende James Bhemgee, die sopraan Michelle Saldanha, bas Garth Delport, Beeray 5 kwartet van Stellenbosch, Heryl Wesso die violis en die twaalfjarige Peter Kastoor op klavier. Vir verdere navrae kan Magdalene Booysen 072 970 8482 en Justin Newman 073 1960 879 geskakel word.

Die opvoering was aangebied op 27 Oktober by die Ou Apostoliese Kerk, Kylemore. Dis geskryf deur Priester John September en moedig mense aan om morele standaarde te verhoog soos in die ou dae.

Sidego het afgesluit met ‘n kwotasie van Leo Buscaglia: “Jou talent is ‘n geskenk vanaf God. Wat jy doen met jou talent is jou geskenk terug aan God.”

BAZAAR IN KYLEMORE Foto verskaf

weer op Stellenbosch

Links: Kingsmor Choristers Mannekoor

Oom Piet en Aunty Sarah, vertolk deur Florance Vermeulen en Elviricia September (foto bo) in die verhoogopvoering, Lift up your Standards.

Ons drie grootste uitdagings is werksgeleenthede, behuising en veiligheid. Stellenbosch Munisipaliteit het brawe pogings aangepak om hierdie uitdagings aan te pak, onder andere die skep van 5 000 werksgeleenthede.

Kingsmor Choristers

- JUSTIN NEWMAN

Kykie uit verlede

gekry en ek is die diplomaatpos in Denemarke aangebied. Tussen my en my vrou het ons allerhande redes probeer vind hoekom ons nie kan gaan nie. Dit het op die ou end drie maande geneem om ‘n besluit te maak. Ons het selfs met Thabo Mbeki gaan praat.

Sidego was die laaste openbare figuur wat tydens die Preek van die Leek gepreek het.

9

Die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) op Kylemore hou op Saterdag, 16 November, hul jaarlikse bazaar by die kerksaal. Verrigtinge skop om 10:00 af en die gemeente beloof hope pret vir oud en jonk. Besoekers sal tuisgebak, braai, middagetes, groente, vrugte en hope

meer teen winskoop pryse kan geniet. Dansgroepe sal ook optree en vir die ‘sangers’ sal daar ‘n karaoke beskikbaar wees. ‘n Mej en Mnr Bazaar word ook op Saterdag, 8 November, om 19:30 in die Kerksaal aangebied. Kom en ondersteun die gemeente.

ECCENTRIC SOUND PRODUCTIONS Presents

THE LOVE OF

JAZZ

WITH ESP BAND FEATURING GIFT GWE

(2005 SA IDOLS 2ND RUNNER UP)

Advertise in Riviernuus

FRIDAY, 1 NOVEMBER 2013 W. HEUER MUSIKKHAUS, STELLENBOSCH 19H30 SHARP

Contact Wendell on 021 885 2392 or wendell@riviernuus.co.za

Gift Gwe

TICKETS: R80 Pre sold R100 @ Door C O M P L I M E N TA R Y G L A S S O F W I N E


10

FOCUS

Riviernuus

Issues

C O M M U N I T Y C O N V E R S AT I O N S :

Challenge for Schools A Student Service at Pniel Congregational Church on Sunday 13 October brought back some fond memories of my own school career, especially my years at John Bisseker High School in East London. My first day at high school will forever remain an iconic life changing experience. John Bisseker High School enjoyed an almost sacred respect from the East London community. This wasn’t just a school. It was an institution. An institution of academic excellence. Those of us who made it to high school at the time were constantly reminded of the privilege to further our education at this school. While walking the 30 minute journey to school on day one, I remember community members proudly wishing us luck, assuring us of their support and prayers.

been devastating. The community has lost its moral voice. Where have we gone wrong? What have we lost or given up in the process of gaining our country’s liberation? If it is true that schools are a microcosm (reflection) of what is happening in our community, and that it takes a village (community) to raise a child, shouldn’t we then respond to this crisis by taking a long hard look at ourselves and search the heart of our community?

The community has lost its moral voice.

MATRIC 2013

- MIK E F R A S E R Owner of Amathuba Consulting

EXAMINATION WRITING TECHNIQUES

involvement in a child’s education has many positive outcomes. Community involvement will even add more value. Using schools as a hub, many partners are brought together to offer a range of supports and opportunities to children, youth, families and communities. A good place to start improving our schools is for us to give recognition for teaching as a noble and highly specialised profession. This recognition should include respect by the government and society at large - parents, learners and all stakeholders. But most important is that teachers and teacher unions should respect the profession.

Education is more than reading, writing, and learning. It is the most important investment a country can make in its wellbeing, in its people and its future. It is critical for reducing poverty, underdevelopment and inequality, and all the social ills that are confronting us.

Teaching is the mother of all careers, and should be acknowledged as such by all stakeholders. It is the career that gives birth to accountants, doctors, engineers, IT specialists, artisans and other professionals who are tasked with the responsibility to build our economy.

A huge sense of pride and honour overwhelmed me as I entered the school gates of that hallowed institution that morning. The school enjoyed strong support from community leaders. This ensured a healthy connection and engagement between school and community. These factors played a crucial role in the success of the school.

Government has a vital role to play in improving education, and we need to hold them accountable for it. But our communities can play a huge role as well. And it doesn’t require millions of rands to fix. A simple set of partnerships and commitments is all one needs to change a school.

May our teachers enjoy respect, support and co-operation as they prepare our children for a better life.

Sadly, today John Bisseker has degenerated into one of the many under performing schools in our country. The once proud community school is in the news for all the wrong reasons. The impact of the situation on poorer communities, who can’t afford to send their children to “better” schools, has

Many community schools succeed by applying the fundamental principle of good education: when you demand high standards of children, they rise to meet those standards, irrespective of their socioeconomic circumstances. Expect little from learners and they will perform accordingly. There is strong evidence that parent

- EURIA HENDRICKSE Euria.Hendrickse@westerncape.gov.za

To our schools, teachers and support staff, thanks for your commitment to the success of our children. To our parents and community, thanks for supporting our children and teachers. To all learners, especially matrics, good luck and more strength with your exams. May you produce results that will make us proud. Join the conversation. Kom praat saam. Masikhulume. Contributions can be sent to michael.fraser0@gmail.com

Read and understand general instructions - make sure that you have received the correct question paper.

Time: Scan through the paper before answering questions and plan your time for each questionallow time for corrections and checking answers.

Instruction words are usually verbs e.g. describe or list: underline them and understand them. How many instruction words are there in one question?

Interpret each question correctly by identifying key words.

Try to answer all the required number of questions.

Start with the questions that you know very well leaving space for the others.

Write neatly and legibly, make sure your answers are numbered correctly.

Read through your answers and do corrections if necessary. Check your spelling and grammar and ensure that you have numbered your answers correctly.

Use all the time that you have, do not leave the examination room too early.

Make sure the length of your answers corres-pond with the mark allocation.

Double check the time and location of your examination venue.

Arrive 30 minutes before the time.

Make sure that you have all stationery (extra pens to write with, fresh batteries in your calculator?).

Get at least 8 hours of sleep before an examination and eat a healthy meal before you write.

Stellenbosch Munisipaliteit veroordeel sterk die skade en vandalisme aan ons begraafplase veral die Jamestown Begraafplaas in die laaste week. Dit terwyl ons fondse bewillig het vir die opknapping en verfraaiing van al ons begraafplase.

Daaromdan dat ons reeds in  voorbereiding is met die volgende projekte: • Die skoonmaak van alle begraafplase • Verwydering van vullis  en oortollig grond • Landskappering van Jamestown ingang • Plaas van witkruise te Onderpapegaai begrafplaas

“Dit is weereens dat ons begraafplase verskriklik onder druk geplaas word met verskeie ander aktiwiteite as net om mense te begrawe” aldus Gerald Esau, bestuurder van gemeenskapsdienste by die Stellenbosch Munisipaliteit.   “Soos u weet nader ons weer “Halloween/Guy Fawks” en alles wat daarmee gepaard gaan. Dit was reeds wat verlede Donderdag in Jamestown begraafpark gebeur het, grafte was beskadig, grafstene was met klippe gebreek, nisse was stukkend gekap, ens.

Die publiek word uitgenooi om   die Munisipaliteit te ondersteun deur alle ongeruimdhede te rapporteer. Skakel gerus: 021  808 8160/61 of epos gerald. esau@stellenbosch.gov.za

Die Munisipaliteit is ten volle bewus watter waarde die gemeenskap heg aan   begraafplase, siende dit die laaste rusplek van hul naasbestaandes is.

GEVAAR:

Skerp Punte met - STELLENBOSCH M U N I S I PA L I T E I T Gevaar: Skerp Punte is die opinie van die skrywer en nie noodwendig die van Riviernuus nie.

Foto verskaf

Vandalisme by Begraafplaas

Sources: Western Cape Education Department: Education (Grade 12 Tips for Success 2012)


Riviernuus

31 October 2013

COMMUNITY Events

360 Network At their monthly networking function, Stellenbosch 360 addressed employment challenges as well as the municipality’s target of creating 5 000 jobs. The event was facilitated by Heidi Newton-King (COO of Spier) and the panelists included Cllr Nyaniso Jindela (Mayco member, Municipality), Tamera Campbell (CEO of Harambee), De Wet Schoeman: (Director, Centre for Applied Entrepreneurship, Stellenbosch University), Jacques de Villiers: (Founder of Stellies) and Wendell Lawrence (Founder of Riviernuus). Here they are posing for a photo.

CLOETESVILLE RFC Uitblinkers Cloetesville Rugbyklub het op Saterdag, 26 Oktober, hulle jaarlikse bekeruitdeling in die Rietenbosch skoolsaal gehou. Hier is van die seisoen se uitblinkers:

Sportman van die Jaar Lorenzo Klaasen

Speler van die Jaar: Elrico Appollis (regs) ontvang sy toekening van Christie Noble

Administrateur van die Jaar: Peter October (regs) ontvang sy toekening van Beverley Noble

Lojaalste Speler: Veronica Plaatjies oorhandig die toekening aan Carlo Seekoei

11


12

SPORT

Riviernuus

News

HIGH SCHOOLS CUP The inaugural Stellenbosch High Schools Cup Final day took place at the Coetzenburg athletics Stadium on Saturday the 26th October. The finalist of the competition included Lückhoff High School and Makapula High School in the u17 Boys category, Lückhoff High School and Cloetesville High School in the u19 Ladies as well as the u19 Boys category. The journey to the Coetzenburg Stadium started on the 4th of September and involved 8 High Schools including Stellenzicht, Paul Roos Gymnasium, Makapula, Kayamandi, Cloetesville, Lückhoff, Kylemore as well as Hottentots Holland. Approximately 300 learners took part in the competition which is aimed at stimulating football development in Stellenbosch and the surrounding communities. The first teams to take the field were Lückhoff and Makapula in the u17 Boys final. Lückhoff put together a solid football

In the Ladies u19 Final, the game was tightly contested, but Cloetesville put together an energised second half performance to defeat Lückhoff by 3 goals to 1. Alicia Willemse put on a fantastic footballing display to walk away with honours as the player of the match. The u19 Boys game was one that was marked by a fantastic performance by Cloetesville High School and in particular Curwin Williams who scored a hat trick against Lückhoff High School. Edwin Antonie, notched up Cloetesville’4th goal, and Lückhoff were not able to break the solid Cloetesville defence. Wandile Yapi was named the player of the match for his role in setting up the Cloetesville goals. The Stellenbosch High Schools Cup was a follow on to the Primary Schools cup that took place earlier in the year involving 18 local schools participating in the u10, u12, u14 boys as well as the u14 girl’s categories. Both the competitions are now annual events in the Stellenbosch footballing calendar, and we look forward to seeing the future stars again in action in 2014. 

Photos: Adrian Baillie-Stewart

- WARREN ENGELBRECHT

display and ended up 6-1 winners with goals from Deano van Rooyen (2), Ashley du Preez (2) and Elveso Jumat (1).

HIGH SCHOOL CHAMPS Left: Girls u/19 Winners: Cloetesville High Above: Boys u/17 Winners: Lückhoff High Top: Boys u/19 Winners: Cloetesville High

Ons winkel is oop vir jou gerief, 24 uur van die dag. Het jy dalk melk en brood vergeet, lus vir iets soet of suur, geld ontrek by ‘n otm of brandstof ingooi? Alles is hier beskikbaar, kom besoek ons gerus. Hoofweg / R45 • 021 874 1650 (t) • 021 874 1111 (f) • www.kaapagri.co.za

SIMONDIUM


Riviernuus