Issuu on Google+

4|Buite

Dinsdag 24.8.2010

natuur

Bakkrans se kothuisies is tussen die rotse weggesteek. Net baie basiese geriewe word verskaf, en daar is geen elektrisiteit nie.

FOTO: AWIE BADENHORST

Nuwe wildernispark in Sederberge streekname

Die volgen­ de groot bewarings­ gebied vir die skaars Kaapse bergsebra kan inder­ daad die nuwe Rooi Cederberg Karoopark van 60 000 ha wees, skryf EBEN HUMAN.

Voëls: bokmakierie – kokkewyt; tiptol – bakketoera; tinktinkie – klapklap­ pie; suikerbekkie – soet­sop­sy­ wertjie; olyflyster – lemoenvoël; witkruisarend – lammervanger of berghaan; piet­tjou­tjougrysmees – pieter­tjêk­tjêk; en bosveld­ stompstert – dirk­dirkie.

D

aar is mense wat lank gedroom het van ’n groot nuwe park in die Sederberge waar ’n skaars en bedreigde spesie soos die Kaapse bergsebra ’n nuwe heenkome kon vind. Dat dit nie net by drome hoef te bly nie, besef ’n mens wanneer jy hoor dat die nuwe Rooi Cederberg Karoopark nou ’n werklikheid is, nadat die bewaringsman Johan van der Westhuizen en nog ses grondeienaars (waaronder CapeNature) ’n samewerkingsooreenkoms en grondwet vir so ’n park onderteken het. Van der Westhuizen het Buite na Bakkrans genooi en die 34 bergsebras gewys wat reeds daar is en die kernkudde sal vorm wanneer die grensdrade van die verskillende grondeienaars eers gelig word. Die habitat wat jy hier aantref, is ’n unieke sukkulente-Karoo-gebied met ’n oorgangsgebied vir fynbos, renosterveld en sukkulente-Karoo. Noord van Citrusdal draai jy af op die N7 na Algeria in die Sederberge en ry dan aan tot Matjiesrivier en die ou plaasopstal van Keurbosfontein met ’n hoofhuis wat byna 200 jaar oud is. Jy bevind jou dan in die gebied van die Sederberg-bewarea, waar Van der Westhuizen en Jannie Nieuwoudt van die groot dryfvere is. Hiervandaan het jy verkieslik ’n 4x4-voertuig nodig om nog sowat

Vir besonderhede oor Peter Slingsby se kaart van die Sederberge, asook ’n gids tot verblyfplekke, kan die webtuiste by www.themaps.co.za besoek word. Die volgende plekke kan oorweeg word: Bakkrans: Viertrek nodig vir ’n wilder­ nis­ervaring. Kothuise: 0 021 433 0201; 0 083 261 1934; www.redcederberg.co.za. Cederberg Oasis: Ou plaashuis en kampeerterrein: 0 027 482 2819; www.cederbergoasis.co.za.

20 km na Bakkrans te ry. Daar is vier plaashekke met dik kettings en swaar slotte wat oopen toegemaak moet word voordat jy die kliphuisies, bedek met rietdakke, hier weggesteek tussen die rotse, vind. Langs die pad sien jy al klipspringers, en jy kan nog van hulle by jou nuwe blyplek vind saam met streepkoppies, suikerbekkies, hase, koggelmanders, akkedisse en muise. Dit het harde werk met ’n pik en kruiwa gekos om ’n pad na die groot vallei daar naby te bou. Dit is hier waar ons met ’n 4x4-voertuig op ’n Saterdagoggend gaan ry het om na wild soos die Kaapse bergsebras, gemsbokke, springbokke en

TR

A-

T

B RA

ER

GE

Snelweg Grondpad Reservaat Nuwe reservaat Kampplek

Tra-T ra

Wuppertal

DE RG ER

Algeria

Sneeukop

Tierhoksberg

Driehoek Sederbergwildernisgebied

Wolfberg Sanddrif

Wes-Kaap

ing Dor

N 7

NOORD-KAAP

Nuwe Rooi Cederberg Karoopark

GE

Jamaka

Sneeuberg Kromrivier

Matjiesrivierreservaat Matjies 0

5

10 km

Diere: J maanhaarjakkals – ghuip; J klipspringer – klipbok; J vlakhaas – ribbokhaas; J muskeljaatkat – musseljat; en J klaasneusmuis – trasiemuis. ) Streekname in die Rooi Cederberg soos verskaf deur Johan van der Westhuizen.

Algeria­kampeerter­ rein: 0 022 931 2088. Driehoek­toeristeplaas: 0 027 482 2828. Jamaka: kothuise: www.jama­ ka.co.za; 0 027 482 2801. Mount Ceder: kothuise: 0 023 317 0848; www.mountceder. co.za. Sanddrif: kothuise en kampering: 0 027 482 2825; www.cederberg­ wine.com.

’n Nuuskierige streepkoppie wip oor ’n rots langs jou terwyl jy op Bakkrans kuier.

WES-KAAP

SE

Grootkloof

FOTO: EBEN HUMAN

verblyf

Krakadouwpiek

Olifants

Rooi Cederberg Karoopark

Heuningvlei

Daar is al 34 Kaapse bergsebras by Bakkrans in die Rooi Cederberg Karoopark.

volstruise te kyk. Dan begin jy besef jy het te doen met die Sederberge se bes bewaarde geheim. “Bakkrans is baie mooi, en jou asem word weggeslaan wanneer jy skielik die groot vallei aan sy onderkant sien. Daar is egter dele van hierdie nuwe park wat nog meer afgeleë en ongerep is,” het Nieuwoudt, voorsitter van die Sederberg-bewarea, gesê. “Dan moet jy nog die Rietriviercanyon sien – naas die een by die Visrivier in Namibië seker die grootste in Suider-Afrika,” het Nieuwoudt bygevoeg. Van der Westhuizen self is een van daardie mense wat altoos maar stil op die agtergrond beweeg; jy hoor maar by ander mense van hom. “Sonder Johan sou dit nie moontlik gewees het om die Cape Leopard Trust op die been te bring nie. Hy het my ondersteun en aangemoedig op ’n tydstip wat ek wou tou opgooi,” het die luiperdnavorser Quinton Martins gesê met ons ontmoeting op Matjiesrivier. Hierdie weldoener het aan Martins ’n voertuig beskikbaar gestel, hom gehelp om blyplek in die Sederberge te kry en die eerste kameras gekoop. Dit is hierdie kameras met hul infrarooistrale wat opgestel word om in die nag die diere se bewegings af te neem wat uiteindelik

Plante: J renosterbos – anosterbos; J kastaiing – keiboom; J kankerbos – kalkoentjie; en J harpuisbos – rippys.

FOTO: EBEN HUMAN tot wonderlike nuwe ontdekkings oor die skugter luiperd sou lei. Heel gepas is die eerste foto op Bakkrans geneem, en die luiperd – ’n knewel van ’n mannetjie – is Johan gedoop. Van der Westhuizen was ’n aandelemakelaar, en hy sê reguit ná sy aftrede het die Luiperdtrust hom ’n nuwe lewe gegee. ’n Mens kan skaars tred hou met waartoe dit alles gelei het. Die Sederberg-bewarea is vandag ’n voorbeeld vir die res van die land, en hulle het die Sederberg-trust gestig vir die Matjiesriviernatuurreservaat. Dit behoort aan die WWF en word deur CapeNature bestuur. Die trust is ook gestig om by te dra tot die restourasie van ’n hoofhuis wat as kantore en navorsingsentrum dien, ’n plaasskool wat as inligtingsentrum dien en ’n waenhuis wat ’n gemeenskapsentrum geword het. Dan is daar ’n watermeul waar ’n museum opgerig gaan word vir ’n uitstalling oor die navorsing wat in die Sederberge gedoen word. Hierdie sal maar net die poort na die Rooi Cederberg Karoopark wees. Aan die suidekant begin die park se grense by die Koue Bokkeveld (Ceres), en dit strek dan in die noorde tot teen Wuppertal. Die Doringrivier vorm die oostelike grens, en die westelike grens is die

pad van Matjiesrivier oor na Wuppertal. Impakstudies moet nog verder gevoer word, en wetenskaplikes is reeds in ’n adviesraad aangestel. Hulle is dr. Ernst van Jaarsveld (botanie), dr. Janette Deacon (argeologie en rotskuns), prof. Lefras Mouton (herpetologie), dr. Mike Picker (entomologie), Ken Coetzee (habitat en wildlewe) en dr. Andrew Baxter (paleokologie), ’n spesialis in kultuurgeskiedenis. Die pragtige rotsformasies, verlate klofies, diere- en voëllewe, maak die Rooi Cederberg ’n wonderlike plek om te besoek. Dit is een van die laaste groot wildernisgebiede naby Kaapstad, en buitestanders gaan met jaloerse oë dophou wat hier gebeur. ’n Siekte het ’n paar jaar gelede hier onder die dassies gemaai, maar hulle keer geleidelik terug. Ons het van die witkruisarende gesien, maar hulle sal eers meer broei as daar meer van ’n primêre prooi soos die dassies is. Dalk is daar eendag ook bruinhiënas en aasvoëls wat hier ’n veilige tuiste saam met die luiperds sal vind. Meer navorsing sal egter eers gedoen moet word. Die Sederberg-bewarea was die eerste in die land wat jag en slagysters verbied het. Met mense soos Jannie Nieuwoudt en Johan van der Westhuizen as leiers kan die nuwe park en natuurbewaring nou nog nuwe hoogtepunte in die Sederberge bereik. ) Vir navrae oor die nuwe Rooi Cederberg Karoopark kan belangstellendes Johan van der Westhuizen by 0 083 261 1934 bel.


Wildernispark in Sederberge - Augustus 2010, Die Burger