Page 1

9 MAART 2014

NUUSFLITSE

LEEF DIE KOMPASLEWE!

KRUISDRAERS op die KRUISWEG Goeiedag, en welkom by ons Geloofsfamilie vandag! Ons sien uit daarna om saam met jou in die teenwoordigheid van die Here te wees! Vandag is die eerste Sondag van die Lydenstyd. Dit is die tyd van die jaar wat ons herinner word aan die Here Jesus se lyding, kruisiging en sterwe vir ons. Hierdie paar weke loop uit op die heerlike viering van die Opstanding, tydens Paasnaweek. Dit is ons, as volgelinge van Jesus se belangrikste feestyd van die jaar. Ons nooi jou om saam met ons te reis in hierdie tyd rondom die tema: KRUISDRAERS op die KRUISWEG. Ons gaan saam ontdek wat dit beteken om in Jesus se lyding te deel. Welkom op die kruisweg, neem op jou kruis!

WAT GEBEUR VANDAG 08:00 : Erediens en Kinderkerk (Gr1- Gr3) (Jan Venter) 08:00 : Mosterdsaadjies(3jr–Gr 0) 09:00 : Junior Geselsgroepe (Gr 4–7) 10:00 : Erediens Kinderkerk (Gr1- Gr3) (Jan Venter) 09:00 Graad 4 - 6 Ouergesprek 10:00 : Mosterdsaadjies(3jr–Gr 0) 13:00 : Afrikatale Erediens 17:00 : Faithbook (Gr 8–11) Senior Geselsgroepe 18:30 : Aanddiens (Ryno Meyer)

“Omdat julle aan Christus behoort, is julle nou ook deel van sy nuwe familie. Binne hierdie familie maak dit glad nie saak aan watter volk jy behoort nie. Of wat jou status of jou geslag is nie.” (Gal 3:28) Wanneer ons mense insluit eerder as uitsluit, en onsself nie steur aan mensgemaakte grense en vooroordele nie, dan word God se hart vir alle mense, en Sy hart vir versoening, in ons lewens sigbaar. Goeie vrae om jouself te vra: Waar sluit ek doelbewus mense uit wat ek eintlik moet insluit? Waar kan ek met iemand versoen? Wat weet ek van ander kulture en gelowe? Praktiese oefening vir die week: Hê ’n gesprek met iemand waarmee jy sukkel om oor die weg te kom. Vra net vrae, en luister.

WAT GLO ONS?

LEESROOSTER

VRAAG 2 Wie is God? God is die skepper en onderhouer van almal en alles. Hy is ewig, oneindig, onveranderlik in sy krag en volmaaktheid, goedheid en glorie, wysheid, geregtigheid en waarheid. Niks gebeur buiten deur Hom en Sy wil nie.

Genesis 12:1-4a Psalm 121 Romeine 4:1-5, 13-17 Johannes 3:1-17 of Matteus 17:1-9


Vensters op Jesus se Lydensweg Soos die afgelope jaar of twee reis ons as Geloofsamilie op ‘n spesiale manier saam deur die Lydenstyd. Hierdie jaar het ons ‘n paar maniere waarop ons ‘n dieper belewenis van die Lydenstyd kan ervaar. Ons nooi jou in hierdie dieper ervaring in, maak gerus gebruik van sommige, of almal, soos jy gelei word. 1. Lydenstyd Simbool: Hang ‘n swart of donkerpers simbool aan jou blyplek se ingang om jouself en ander voortdurend te herinner. 2. Lydenstyd Kers: Kry ‘n lekker groot kers en laat dit daagliks tydens ten minste een ete brand om julle as gesin te herinner. 3. Vervolgde Kerk: Elke Sondag sal daar in die Nuusflitse ‘n stukkie inspirasie wees vanaf “Geopende Deure” oor Christene wat tans weens hulle geloof in Jesus onder vervolging ly. Bid saam met ons vir hulle. 4. Liggaam van Christus: Om ons eenheid in Christus te vier, reis ons ook in die Lydenstyd saam met ander gemeentes en sal tydens die erediens ‘n stukkie belydenis en ‘n gebed op dieselfde Sondag deel. 5. Vas: Deur die eeue het volgelinge van Jesus vir die duur van Lydenstyd een of ander iets opgesê. Dit kan ‘n gunsteling kos, aktwiteit, TV program, kledingstuk of wat ookal wees. Dit word dan ‘n daaglikse herinnering aan Jesus se lydingspad.

BROODHAKKIES Op 27 Februarie het ons reeds 34 500 broodhakkies ingesamel en is vinnig op pad na 40 000. Ons benodig 247,5kg hakkies en die spoed waarmee die hakkies inkom kan vinniger verloop hoe meer mense gaan deelneem aan hierdie projek waar 4 rystoele geskenk kan word deur die herwinning van hierdie hakkies. Nogmaals baie dankie aan almal wat so getrou bring. HOU SO AAN!!!!

Fokus op die Vervolgde Kerk Noord-Korea Vir die twaalfde agtereenvolgende jaar, is dit die plek waar Christenvervolging die ergste in die wêreld is. In ’n land van ongeveer 25 miljoen mense, is net 1,2% mense Christene. Die leier, Kim Jong-Un, sowel as sy voorgangers, word soos gode aanbid en laat geen ruimte vir enige ander godsdiens nie. Christene staar ondenkbare druk op elke terrein van die samelewing in die gesig. Verplig om slegs in die geheim byeen te kom, durf Christene dit selfs nie om hulle geloof met hul families te deel nie, uit vrees dat hul in ’n arbeidskamp opgesluit sal word. Enigeen wat gevang word terwyl hul in die geheim betrokke is by godsdienstige aktiwiteite, mag onderhewig wees aan inhegtenisname, arbitrêre aanhouding, verdwyning, marteling, en selfs openbare teregstelling. Bid vir: • Die 50 000 - 70 000 Christene in arbeidskampe. Vra dat God hulle sal onderhou. • Die beskerming van werkers en kontakte wat hulp en skuiling vir Christenvlugtelinge in China bied.

VROUEKAMP 17–19 Oktober by Pure Joy Spreker: Annalise Wiid

Tema: Die geur van Christus Kostes: R800 vir die naweek, sluit akkommodasie en etes in. Bespreek vroegtydig jou plek by die Kerkkantoor. Jy het ook geleentheid om nou al daaraan af te betaal.


Wat is besig om met my familie te gebeur?

FAITHBOOK (JEUGDIENS) 17:00— 17:00—18:30

LAN-AAND Teken 11 April aan vir die volgende LAN-aand by die kerk vir al ons hoërskool jongmense. Kontak die jeugkantoor vir meer inligting.

Wanneer omstandighede maak dat gesinne nie meer dieselfde huis deel nie, voel kinders onveilig. Kinders in sulke gesinne het nodig om te verstaan wat besig is om te gebeur met die gesin. Geheime en gesprekke agter toe deure maak kinders baie gespanne en onseker. Die waarheid, hoe hard ookal, is verseker 1e prys. Kinders te leer dat ons ten midde van swaarkry ook nog pret kan hê. Ons kinders bloot te stel aan ander kinders in dieselfde sitsuasie. Dit is waardevol om aan kinders te verduidelik hoe egskeiding of pendelhuwelike werk en hulle te help om anders te dink oor hul eie gesin. Lees gerus Ps. 32:7


Bid asseblief saam met ons vir die volgende mense: • Hennah Larkins en familie na die afsterwe van haar dogter,

Maryna. Tracy Muller wat aansterk na ‘n beroerte. Marius Botha wat 'n ernstige operasie moet ondergaan. Cillie Coetzee wat ‘n operasie ondergaan het. Cornel Uys wat aansterk na 'n veldfietsongeluk. Riaan Heyneke wat aansterk na ‘n motorfietsongeluk. Susan Ferreira wat operasie moet ondergaan. Hettie Henrico wat 'n knievervanging moet ondergaan. Adele Forman wat tuis aansterk na skouer operasie. Anna Enslin wat aansterk na ‘n operasie. Lourens Geldenhuys wat tuis aansterk. Cobus Willers wat aansterk na 'n operasie. Ruan Wolhuter (2 jaar) wat chemo ontvang vir rare bloedsiekte. • Jan-Hendrik de Beer (7jaar) en mamma Karin de Beer wat sukkel met hul gesondheid. • Pieter Steyn wat baie siek is met kanker. • Vernon Venter (14 jaar) wat baie ernstig siek is. • • • • • • • • • • • •

Versorgingspan Byeenkoms 17 Maart 2014 Om 19:00 by die kerk. Ds. Jan Viljoen kom gesels met ons oor hospitaalbediening met praktiese riglyne.

OLYFPLAASUITSTAPPIE Die Senior Aksie beplan ‘n 5 ½ uur uitstappie na ‘n Olyfplaas by Krugersdorp op 24 April 2014. ‘n Bus (gratis) om 60 passasiers te vervoer word gereël. Kom saam en leer alles oor olywe, proe, en maak julle houer voluit die pars. Nêrens gaan jy dit varser kry nie. Slegs R30pp. (Middagete, addisioneel @ R50 - Tee/koffie/vrugtesap ingesluit). Jy kan jou eie kospakkie saam neem – Tee/koffie/ vrugtesap is R10. Bespreek by Jan Celliers 012 662 0360 of Amanda (Kerkkantoor)

PvR Mannekamp : 23-25 Mei 2014 Leeuwspoor Reservaat (130km van PvR) R500 per persoon (etes ingesluit) Kontak Lourens by 082 907 7731 NGK Pierre van Ryneveld ABSA Centurion Rek no.: 600 591 355 Takkode: 630 445

Kerkkantoor: Ma: 11:00–16:00 Di–Do: 08:00–16:00 Vr: 08:00–13:00

Stuur betalingsbewys na: (012) 662 0104 of finansies@pvr.co.za

Tel: 012 662-1708 admin@pvr.co.za www.pvr.co.za

www.facebook.com/pvrgeloofsfamilie

Sondag 23 Maart Onthou asseblief dat daar twee oggenddienste op Sondag 23 Maart is en dat die Kinder– en Jeugprogram soos gewoonlik aangaan.

www.twitter.com/PvRGeloofsfam

Nuusflitse 9 Maart  

Afkondigings vir die week