Issuu on Google+

WAT GEBEUR VANDAG 08:00 : Erediens (Stephan Joubert) 08:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3) 09:00 : Junior Geselsgroepe (Gr 4–7) 10:00 : Erediens (Stephan Joubert) 10:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3) 13:00 : Afrikatale Erediens 17:00 : Senior Geselsgroepe (Gr 8–11) 18:30 : Aanddiens (Ryno Meyer)

WAT GLO ONS? Vraag 23 Waarom moet die Verlosser waarlik God wees? Sodat Hy, na sy goddelike natuur, volmaak en effektief in sy gehoorsaamheid en lyding sal wees; en ook sodat Hy in staat kan wees om die regverdige woede van God teen die sonde te dra, en steeds die dood te oorwin.

LEESROOSTER Vierde Sondag in Koninkrykstyd 1 Konings 21:1-21 Psalm 5:1-8 Galasiërs 2:15-21 Lukas 7:36-8:3

Die rugsak van 'n pelgrim Hoekom doen ons 'n pelgrimstog? Ons teken prentjies van Jesus... Ons het sekere gedagtes en inligting en stories in ons kop, en dit vorm saam 'n prentjie wat ons help om hierdie dinge te begryp en te onthou. Die ruimtes waarin ons beweeg en leef en die goed wat ons sien en ervaar, beïnvloed die prentjies wat in ons gedagtes vorm. As ek sê "jy is baie honger en dis baie warm" dan vorm jou kop 'n prentjie wat saamgestel is uit kere en plekke wat jy baie honger was en kere en plekke wat dit baie warm was. Net so word ons prentjies van Jesus beïnvloed deur die ruimtes waar ek en jy leef en beweeg. As ons heeltyd in dieselfde ruimtes beweeg en leef gaan ons sukkel om nuwe prentjies van Jesus te teken want ons sien en ervaar nie nuwe goed nie, en ons prentjies van Jesus gaan oud raak en ons gaan so bekend met dit wees, dat ons eintlik nie meer bekend met dit is nie... Daarom skuif ons ons lywe na nuwe ruimtes. Sodat ons nuwe goed kan sien en ervaar, en voortdurend nuwe prentjies van Jesus teken, of ons ou prentjies bietjie uitdaag, afstof en herdink. Jesus doen 'n merkwaardige ding in Matt 16: "Toe Jesus in die streke van Sesarea-Filippi kom, het Hy vir sy dissipels gevra:... “wie, sê julle, is Ek?” Hy vat Sy dissipels na 'n plek toe wat 'n no-go zone was vir Joodse mense. Dit is 'n plek waar daar aan afgode geoffer en hulde gebring was. Dit is 'n plek waar mense gaan wat nie glo nie. Tog vat Jesus hulle soontoe en vra dan vir hulle om 'n prentjie van Hom te teken. En die vraag is baie reguit en baie persoonlik... As pelgrims betree ons verskillende ruimtes wat soms baie vreemd en nuut is. In daardie ruimtes teken ons dan prentjies van ons Here. In daardie ruimtes word ons prentjie van die Here verryk. In daardie ruimtes sien ons dikwels vir Jesus nuut en vars. Hoe doen ons 'n pelgrimstog? Teen loopspoed. In gesprek met Jesus. Sê aanhoudend die woorde wat Jesus ons geleer het: "Almal in die hemel doen wat U sê. Gee dat almal hier op die aarde ook doen wat U wil hê." (Matteus 6:10 DB). Watter prentjie van U sal hier welkom wees? Help my asb om die regte prentjie van U hier te sien... In verbeelding. Vra vir jouself vrae soos: As Jesus hier was in persoon, wat sou Hy gedoen het? Waar sou Hy gewees het? Wat sou Hom bly gemaak het? Wat sou Hom hartseer gemaak het? Teken gerus... Vat dan jou prentjie van Jesus en toets dit aan die prentjies van Jesus wat ons in die vier evangelies kry. Vra vir jouself of hierdie prentjie van Jesus jou gaan help om meer lief te wees vir God en vir ander mense.


Bid asseblief saam met ons vir die volgende mense: • • • • • • • • • • •

Dirk Strydom wat aansterk na ‘n knie-operasie. Baba Heinrich Backer wat ‘n operasie ondergaan het. Piet Oosthuizen wat aansterk na ‘n hartomleidingsoperasie. Lize du Plooy wat tuis aansterk. Jo-Ann van Rensburg wat ‘n operasie ondergaan het. Mynhardt Kitshoff wat chemo ontvang. Hennie Kaltwasser wat in versorgingseenheid is. Jan-Hendrik de Beer (6jaar) en mamma Karin de Beer wat sukkel met hul gesondheid. Manie du Plooy wat met gesondheid worstel. Pieter Steyn wat baie siek is met kanker. Berner Duvenhage wat aansterk na ernstige handbesering.

Kuierkinders 5 - Keuses Kinders moet die roomys kan kies in die winkel. Kinders moet kan kies watter sokkies hulle aantrek. Kinders moet kan kies watter speletjie hulle wil speel. Of hulle Marmite of Katjiebotter op ‘n broodjie wil eet. Kinders mag nooit tussen ouers kies nie, kinders mag nooit grootmens keuses maak nie. Leer jou kind vroeg om verantwoordelik te kies, om te kies wat toepaslik is vir sy ouderdom. Daardeur sal hy die vermoë hê om verantwoordelikheid te neem vir sy keuses. Ontoepaslike keuses leer kinders om te manipuleer of om buite beheer te voel oor ‘n situasie. Positiewe begeleiding kan lei tot sinvolle keuses.

Seniorbyeenkoms 20 Junie : Die Senior komitee van Pierre van Ryneveld bied op 20 Junie ‘n NOOT VIR NOOT byeenkoms aan. Ons nooi al ons seniors uit om dit by te woon en hulle musiekkennis te kom toets – dit gaan groot pret wees. Vir navrae skakel Jan Cilliers by 0826727610

Laat asb jou kind toe om foute te maak. Het jy geweet aluminium is ontdek omdat iemand ‘n groot blaps gemaak het met die staal. Die blaps is op die skrootwerf gegooi en na weke het iemand ontdek dat die weggooi staal nie roes nie… Volgende keer meer oor vergifnis.

GEMEENTELIKE DATABASIS Die Kerkkantoor moet die Gemeentelike databasis deurlopend in stand hou en is dus van die Gemeentelede afhanklik om enige veranderings betyds onder ons aandag te bring. Wees asseblief getrou hiermee en stel ons in kennis van enige wysigings ten opsigte van die volgende gesinsbesonderhede: • • • • •

Adres en kontakbesonderhede Huwelikstatus Besonderhede ten opsigte van u kinders Geboortes en sterftes en Verhuising, ens.

Daar is ’n voorgeskrewe vorm vir lidmaatbesonderhede by die volgende bronne beskikbaar: • • •

Gemeente se webwerf by www.pvr.co.za Elektronies vanaf admin@pvr.co.za Kerkkantoor ( ’n Toonbank diens word ook op Sondae gelewer)

Dankie vir u samewerking met die daarstel van ’n intydse databasis!


TIENERS: Waarvoor om uit te KYK • •

Geselsgroep afsluiting 9 Junie. Kwartaal twee was lank en besig en daarom is daar rede vir ’n partytjie. Kom deel vir oulaas in die pret. See kamp vind die vakansie vanaf 29 Junie tot 5 Julie plaas . Die kamp gaan ’n fees wees en jy wil dit nie mis nie.

HERMAN SE GEDAGTES Lyf Skuif 2. Die Jeug het die afgelope Sondag hul tweede lyfskuif vir die jaar gehad. Die keer was ’n pelgrimstog die aangewese middel waarmee ons as jeug ons lywe aan die beweeg gekry het om iets anders en meer te ervaar, as dit wat ons in ons daaglikse lewe beleef. Die fokus het sterk gelê of stilwees, anders kyk en nuut kyk. Om PVR deur nuwe oë te sien en Jesus hier te ontdek wat ons nog nooit so opgemerk het nie. In die op pad wees, het een van ons graad 8 seuns ’n onkruid waartlemoen gepluk.(nie seker wat die regte benaming is nie). Met die pluk daarvan het die eienaar, ’n Chinese man hom gewaar en hom toe nader geroep. Die groep en die mentor se eerste reaksie was dat die man met hom gaan raas omdat hy van sy goed sonder toestemming geneem het. Uit ons verwysings raamwerk is dit wat gebeur indien iets soos dit in ons lewens en konteks gebeur. Interessant was die man se reaksie egter, inplaas van ’n uittrap, raas of skree sessie wat te wagte was, gebruik die Chinese man die geleentheid om die jongman te leer hoe om die dodelike gevaarlike stuk onkruid te eet. Die man se eerste reaksie was een van omgee: “Jy moet nie daardie ding eet nie”, wat daarna volg met die metode van hoe jy hom eetbaar kan kry. En vir die nuuskieriges, volgens die man, indien hy geskil word en in blokke gesny word en dan in water gekook word tot hy sag is, is hy eetbaar, gesond en glo nogal lekker ook. Die verhaal help my weer besef dat die wyse wat ons optree baie van ons harte reflekteer en dat die Chinese man my iets geleer het van die wyse waarop ons so opgetrek raak in ons goed dat ons ander mense afskrik. Hoop jul vakansietyd is voorspoedig. Jeug Groete Herman


Nuusflitse 9 Junie