Page 1

WAT GEBEUR VANDAG 08:00 : Erediens (Stephan Joubert) 08:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3) 09:00 : Junior Geselsgroepe (Gr 4–7) 10:00 : Erediens— Belydenis-aflegging (Stephan Joubert) 10:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3) 13:00 : Afrikatale Erediens 17:00 : Senior Geselsgroepe (Gr 8–11) 18:30 : Aanddiens (Jan Venter)

WAT GLO ONS? Vraag 36 Wat glo ons van die Heilige Gees? Hy is God, ewig saam met die Vader en die Seun, en God gee Hom onherroeplik aan almal wat glo.

LEESROOSTER Jeremia 4:11-12, 22-28 Psalm 14 1 Timoteus 1:12-17 Lukas 15:1-10

Laat jou merk … Ek word herinner aan een van die mooi sêgoed van die eertydse “Bul”-slot van die Bokspan, Bakkies Botha. Omdat hy bekend is as ‘n ietwat “robuuste” rugbyspeler, het ‘n joernalis hom eenkeer gevra wat presies die doelwit is waarmee hy op die veld gaan. Bakkies het gesien waarheen die vraag gaan en geantwoord dat hy beslis nie op die veld gaan om ander spelers te beseer nie. Waarna hy welstreef, sê hy toe, is om genoeg “Bakkies Botha afdrukke” in sy opponent te maak deur die loop van die wedstryd! Dit laat my wonder. Leef ek en jy om ons merk te laat in hierdie lewe? Streef ons daarna om ons eie, unieke impak te maak? Ek dink nogal dat die meeste van ons hoop om een of ander afdruk van onsself na te laat. Die vraag is net, wat is die afdruk wat ons nalaat? Is dit in die vorm van geld of goed? Of is dit die invloed wat ons nalaat in die menseverhoudings wat ons maak? Laasgenoemde is eintlik die enigste plek waar ons ‘n blywende afdruk laat, lyk dit vir my. Selfs meer belangrik. Watter tipe afdruk laat ons na? As volgelinge van Jesus word ons geroep om Christus te leef. Die vrug van die Gees te vertoon in ons verhoudings (Galasiërs 5:22). Om beeld van God te wees. Die enigste manier watdit gaan gebeur, is wanneer ons Christus toelaat om Sy afdruk in ons lewe te maak. Hom toelaat om ons te vorm en herskep tot die mens wat Hy wil hê ons moet wees. Klei in die hande van die Pottebakker. Daarsonder is ons voetspoor vlak, en verbygaande. So, is jy vandag oorgegee in Sy hande? Om gevorm te word na Sy wil? Om die impak te maak wat jy behoort? Bid vandagsaam met my … In U hande gee ek my lewe oor! Jan Venter


Bid asseblief saam met ons vir die volgende mense: • • • • • • • • • • •

Ansie Vivier, ons finansiële beampte, wat geval het en haar arm gebreek het. Cobus Willers wat tuis aansterk. Pierre van Jaarsveld wat aansterk na ‘n operasie. Ruan Wolhuter (2 jaar) wat chemo ontvang vir rare bloedsiekte. Andrew van der Watt wat aansterk na ‘n knie-vervanging. Versorgingspan Jan-Hendrik de Beer (6jaar) en mamma Karin de Beer wat sukkel met hul gesondheid. Byeenkoms Schalk Neethling wat ‘n beroerte gehad het en aansterk 16 September in die hospitaal. Om 18:00 by die Manie du Plooy wat met gesondheid worstel. kerk. Pieter Steyn wat baie siek is met kanker. Dirk Strydom wat aansterk na ‘n knie-operasie. Annette Robinson wat tuis aansterk.

Karakterskatkis 4 Ek is seker niemand kan sê dat hulle nog nooit uitdagings gehad het nie. Of dit nou die SARS vorm is wat jy moet invul of die Wiskunde toets wat jy moes laat teken toe jy op skool was. Uitdagings en vele daarvan is deel van hierdie plek wat ons Lewe noem. Dink gerus oor hoe hulle in die Middeleeue oorlog gemaak het. Die twee kante het letterlik mekaar te gemoed geloop en dan gestorm. So het alle veldslae begin. ‘Life is a Challenge, meet it’ : Moeder Teresa. Om uitdagings die hoof te bied, gaan Volstruisgedrag, kop in die sand, ons nie veel help nie. Verseker, ‘n baie ongemaklike plek om jou in te bevind. Om letterlik die probleem in die oe te kyk, om ast’ware in dit in te leun en die impak te voel; help ons om gouer oplossings te vind en om heel te word. Dit is iets wat ons baie raaksien in terapie. Volstruistegnieke maak ons sieker en weerhou ons van heelword. Ons leer kinders om verantwoordelikheid te neem vir keuses en om probleme op sinvolle maniere op te los. Om die storm namens die kind te weerstaan, het geen waarde nie. Hulle het nodig dat ons saamstap en nie dit namens hulle te stap, of namens hulle die storms te trotseer nie. Swaarkry bou karakter.

KERKKANTOOR NUUS Gedurende die week van 11 tot 13 September sal die kerkkantoor slegs tot 13:00 oop wees en sal daar nie kantoorure wees op Sondag 15 September nie. Personeel is weg met week van beplanning. Vir enige nood kontak ds Karel Verhoef 0832971242 of Herman Matthee 0716895120

SOLO KAMP Datum: 11-13 Oktober 2013 Waar: Eksderde Lodge Kostes: R350 per volwassene R300 vir kids onder 12 Eksderde Lodge is net 25km noord-oos van Pretoria. Kontak asb vir: Charlotte de Lange 082 566 5324 / solo@pvr.co.za


VROUEBEDIENING MÔREAAND

Gholfdag by Bluevalley

9 September om 19h00 in Ouditorium Spreker: Elise Bosch van Middestadaksie in Johannesburg Onderwerp: Hillbrow is nie vir Sissies nie Toegang: Nie-bederfbare kos en goeie gebruikte klere Boek te koop.

Datum: 16 Oktober 2013 Vierbal: R2000 BESPREEK NOU: Lourens 082 907 7731 Ons Gemeente se jaarlikse gholfdag is om die draai! Laat weet almal wat jy ken moontlik sal belangstel (die pro’s, die ringers, en dié wat sommer net ‘n lekker dag weg van die werk wil hê)

Meulstroom Lodge Bronkhorstspruit 18 – 20 Oktober 2013

Ons wil hiermee probeer om ons gemeente se finansies ‘n goeie hupstoot te gee! Ons benodig: • Pryse vir 4balle. Kontak my gerus. • Donasies om kostes te dek is welkom EFT betalings kan na kerk se rekening gemaak word. (Verwysing: GHOLFDAG en jou VAN) Sien daarna uit om jou blad te skud, iewers onder die bome, in ‘n “bunker” of op die “green” vir die “hole-in-one”!

Met Ronel Burger Kostes is R500 per persoon Daar is beperkte aantal plekke oor, so bespreek asb jou plek so gou moontlik by Amanda by die Kerkkantoor


TIENERS • • •

Ons tweede groep lê Belydenis af vandag tydens ons tweede oggend diens - 10:00. Kom wees deel van die ervaring en ondersteun ons jongmense in hierdie oorgangs fase. Sondagaand is die jeug se lyfskuifaand, lyfskuif 3 vind plaas en ons gee terug voer oor ons SHACK bou en verf in iIorypark. Dit gaan awesome wees. Die jeug sluit Sondag 15 September af vir die September vakansie. Kom kuier saam met jou groep en geniet elke oomblik daarvan.

HERMAN SE GEDAGTES : Tyd Dit voel soos nou die dag wat ons aan die begin gestaan het van 'n nuwe kwartaal, nog 'n klein entjie verder terug, het ons nou die dag gestaar na 'n lang jaar wat voorlê, een met geweldige uitdagings en hoë berge. 'n Rukkie later kyk ons na dieselfde jaar en vra die vraag af: “waar is die jaar heen?” 'n Vraag wat ons almal op 'n manier kelder, want ek wou nog so baie doen die jaar maar nou is die tyd te min. Dit is deeglik ons verskoning met alles in die lewe; jis ek het te veel huiswerk en te min tyd, of ek het te veel werk en te min tyd, of nog meer, ek het net te min tyd, maar ek weet nie waar al my tyd heen is nie. Die waarheid is dat die horlosie in ons kompas ons baie mooi help met die spandering nie net van geld nie, maar ook van tyd. Hoe spandeer ons, ons tyd? Sinvol? Mors ons dit? Leef ons by willens en wetens blind vir die wyse waarop ons tyd spandeer? Die uitnodiging is daar dat tyd net 'n relatiewe getik van 'n wyser is, en nie 'n hoër mag wat ons beheer nie. As daar dinge is dié jaar wat jy moet of wou doen, maar waarvoor jy nie TYD het nie, maak tyd, want die uurglas van die jaar loop leeg en een van die dae staan ons voor 'n nuwe jaar waar tyd weer 'n probleem gaan wees. Tyd weer die verskoning gaan wees waaroor ons nie by mekaar uitkom nie, waaroor vriende nie saam kuier nie, en waar die ongemaklike dinge wat ons weet ons moet doen, maar net slagoffers van die horlosie bly. Vreugde - Herman Matthee

Nuusflitse 8 September  

Afkondigings vir die week

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you