Page 1

NUUSFLITSE WAT GEBEUR VANDAG 08:00 : Erediens (Jan Venter) 08:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3) 09:00 : Junior Geselsgroepe (Gr 4–7) 10:00 : Erediens– DOOP (Jan Venter) 10:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3) 13:00 : Afrikatale Erediens 17:00 : Senior Geselsgroepe (Gr 8–11) 18:30 : Erediens (Jan Venter) KERKKANTOOR OP SONDAE 09:00—10:00 CD VERKOPE Plaas gerus ’n bestelling vir oudio opnames van die eredienste.

Verwondering .... Abraham het dit gehad en Isak sy seun. Josua, Simson, Jesaja en koning Dawid het dit beleef. Petrus en die ander dissipels is daardeur oorweldig. Paulus se belewenis daarvan het sy lewe verander. Eintlik, almal wat ooit met God te doen gekry het, het dit beleef. Ek ook. Wat is dit? Ek verkies om daaroor te dink as “om deur die magtige teenwoordigheid van God oorweldig te word”. In die “Shema” (Deut 6:4-5) en die “Groot Gebod” (Matt. 22:34-40) hoor ons dat ons die Here moet liefhê met ons hele wese. Eintlik, dat ons hele wese deur God oorweldig moet wees. Of, anders gestel, dat ons met alles wat ons het, die Here moet verheerlik! Ek kan net verheerlik, as ek in verwondering is. Die Here roep ons om voortdurend bewus te wees van sy Goddelike teenwoordigheid rondom en in jou en my. Dis die basiese “posisie” van lewe. Oorweldig deur Sy Wese! Hoe kweek ek hierdie bewustelike verwondering? Dink aan Paulus se gebed vir die Efesiërs: “Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop Sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het”, of die woorde van die lied : “Open the eyes of my heart Lord, I want to see You”.

Kontant by bestelling

Bid asseblief saam met ons vir die volgende mense: • Danie McLachlan se kanker is in remissie en • Maureen Marais wat ’n groot operasie hy sterk tuis aan. ondergaan het. • Tienie van Niekerk, Ronnie van Deventer en • Alwyn Kruger se pa wat aansterk na ‘n Joey Kotze wat met kanker worstel. operasie. • Christa Victor wat ‘n rugoperasie gehad het. • Daleen Wessels se pa, Dolf Nel, wat ernstig siek is met kanker. Wanneer jy in gebed jou hande • Cas Castelyn wat ernstig siek is in die saamvou, maak God hospitaal. Sy hande oop. • Hennie Kaltwasser wat in versorgingseenheid is.


Die lewe in die Bos het net ’n manier om ons in verwondering te laat oor die grootheid van ons Skepper. Ons graad 8&9 ‘s het dit verlede naweek beleef toe hulle in die bos gaan stap het. Ons gaan kamp nie met die kleiner kinders nie, maar verlede Saterdag het hulle ook ‘n “mini kampie” gehad met ons jaarlikse Splash & Dash. Dit het gesorg vir ure se pret en verhoudings bou. Lees meer van ons Jeugbediening se ervarings op ons webwerf op Hanlie, Izette en Herman se “blogs”. As jy wil kom help met die kinders en jongmense is jy MEER as welkom. Kontak ons Jeugleier Hanlie Boshoff (0823312408)

Die tyd raak min! Die tyd vir ons eerste “AWAKEN EN ACTIVATE” ervarings is alreeds amper op ons! Dit is een van die wonderlikste ervarings van God se liefde, Sy roeping op jou lewe en hoe Hy jou wil stuur om jou wêreld te verander. God roep ons na ’n nuwe ID en stuur ons na Sy wêreld. Ons eerste datums vir die “dubbeldoor” ervaring is 17/18 Feb vir “AWAKEN” (Vrydagaand/Saterdagoggend) en 10 Maart vir “ACTIVATE” (Saterdagoggend). Die koste beloop R190 per persoon. Registreer dadelik vir die eerste ervaring by Amanda: 0126621708 ‘n OGGEND met Nataniël Die VROUEBEDIENING se volgende byeenkoms is op 20 Feb om 19h00 in die Ouditorium.

Plek: PvR Gemeenskapskerk Tyd: 09h30 vir 10h00 Koste: R120 (verversings ing.)

KAALKOP DEUR DIE LEWE! Geen onder 15-jariges? Nataniël se voorwaarde : Hy gebruik geen vuil taal of grappies - kinders is vir hom steurend. Manne/Vroue welkom Nataniël items te koop. Kaartjies by die kerkkantoor beskikbaar.

BELEEF GOD OP ’N BERGFIETS?

Die humoristiese, ernstige en selfs ‘n tikkie sentimentele produksie “Woorde”, word aangebied deur die liedjieskrywer Marika en sangeres Mariëtte. Alle vroue welkom! Vrywillige donasie word gevra. CD’s te koop

ONTVANGS EN BEVESTIGING: PROP RYNO MEYER

Maak nie saak of jy ’n ekspert of beginner is nie.

Die Gemeenteraad wil jou hartlik uitnooi na die ontvangs, ordening en bevestiging (met handeoplegging) van Prop. Ryno Meyer.

Ons ry elke Dins/Don om 05:30 vir ’n uur ’n roete met iets vir elke smaak.

Dit vind plaas op SONDAG 12 FEBRUARIE en wel tydens die TWEEDE OGGENDDIENS (10:00)

Veilig, gesond en vol aksie!

Jy is is welkom om na die diens gesellig te kuier saam met Ryno en Mari onder die dak.

Deon Fourie: 083 645 9326


‘n SELGROEP is ‘n plek waar mense aangemoedig word om mekaar te ondersteun, saam in geloof te groei, saam te worstel, maar ook saam pret te hê. In ons gemeente is tans 25 aktiewe selgroepe. Ons is geskep om in verhoudings te leef en dis net in verhoudings waar ons mekaar kan aanmoedig om Jesus te volg. As jy/julle graag meer wil uitvind, of wil deel word van ‘n selgroep, stuur asb kontakbesonderhede na groepe@pvr.co.za of skakel Louise by 0833488304 .

.

Buti Mahlangu is ons Evangelis vir ons AFRIKATALIGE BEDIENING. Hierdie bediening maak vir die volgende voorsiening : Kerkdienste (Sondae 13:00 by die Gemeentesentrum vir alle Afrikatalige lede van die Gemeente); Besoeke en ondersteuning aan gemeentelede/Skryf- en leesklasse/Naaldwerkklasse/ Algemene hulpverlening. Die Bediening bedryf ook op Vrydagoggende ‘n SOPKOMBUIS waar die Woord bedien word. As u wil betrokke raak by die bediening of by die sopkombuis, is die kontakbesonderhede soos volg: Buti Mahlangu : 0826242689 (BEDIENING) Rina Niemand : 0828583409 (SOPKOMBUIS)

In November verlede jaar het ons Gemeenteraad ’n versoek gerig dat ons Geloofsfamilie sy hand dieper in die sak steek om ons dankoffer aan te vul. Ons dank die Here vir die wonderlike reaksie. Alhoewel ons steeds baie verantwoordelik met ons dankoffer moet werk, voorsien ons Vader in ons onmiddellike behoeftes.

Die volgende DORPSFEES is vir 26 en 27 Oktober geskeduleer. Op 15 Februarie om 18:30 word ‘n vergadering gehou om die beplanningsproses te aktiveer. Almal wat wil deel wees en bydraes wil lewer om van hierdie fees ‘n sukses te maak, word uitgenooi om die vergadering by te woon.

Kom kuier saam, maak nuwe vriende, versterk bande met ou bekendes. Maak nie saak nie, kom kamp net saam die naweek van 2-4 Maart 2012 by Jubaweni. (www.jubaweni.co.za) Daar is 16 Kampplekke(R450), 1 ten volle toegeruste 4 bed (R800) en 1 ten volle toegeruste 6 bed (R1200) huis. 5 driebed “Chalets” met ensuite badkamers (R600) en 6 vierbed “Chalets” met ensuite badkamers (R800). Alle beddegoed word voorsien. Die chalets gebruik ‘n gemeenskaplike kombuis. Vir meer inligting en om te bespreek skakel die kerkkantoor : Riana 012 662-1708


JEUGBEDIENING DATUMS :

Ek deel graag ‘n paar opmerkings wat ek die afgelope tyd oor verhoudings en die huwelik gehoor het, met jou : Uit die mond van ‘n besigheidsman:” Ons visie was nie haalbaar nie, want daar was geen plek vir verhoudings nie. Ons het dit verander en tans is ons familie besig om ‘n grondwet oor verhoudings te skryf”. “Alle snaakse gedrag is stories wat nooit gehoor is nie. Luister na iemand se storie en kyk hoe hy verander.” “Hou al julle goed, vergeet julle geld en al julle huise en karre. Los net vir ons julle verhouding om aan vas te hou”(Kinders aan hule ouers). “Die huweliksreis het ‘n struktuur nodig om sinvol te loop en te groei. Hoekom gee ons dan so min aandag daaraan?” By die Sentrum vir Lewenskuns help ons graag as jy/julle hulp nodig het om hierdie struktuur te skep of op te knap. Kontak ons gerus. Skakel Elmarie by 0722380549 of elmarie@pvr.co.za

BANKBESONDERHEDE

3–5 Feb:

Gr 4–6 Kamp

10–12 Feb:

Gr 7 Kamp

19 Feb:

Gr 2-7 Ouergesprek 09:00 (Kerk)

19 Feb:

Gr 8/9 Ouergesprek 17:00

As jy op trou staan, is die ONS TROU kursus net vir jou! Kom reis saam met jou maat, terwyl ons sake bespreek soos grense, konflik en rolle. Die kursus begin Dinsdagaand 7 Februarie om 19:00 en strek oor 4 weke. Die kostes is R100 per paartjie vir die hele kursus. Vir meer inligting kontak Elmarie by elmarie@pvr.co.za.

Wil jy in jou geloof groei? Het jy ‘n klomp vrae wat jy graag wil vra, maar nog nie kans gehad om dit te doen nie? Dan is die ALPHA-KURSUS vir jou! Ons kyk saam na belangrike lewensvrae en reis saam op die geloofspad.

MANNE - "IETS ANDERS" 2012

Ons nooi jou graag uit na ons WEEKLIKSE BYBELSTUDIE

Jagter of nie-jagter. Jy word genooi om deel te word van die jag! Jag self of stap net saam en deel in die ervaring. 27 April tot 1 Mei. Kom "skouer-skuur" saam en word deel van die stories. Kontak Dewald (0833259307) of Deon (0836459326) vir info.

Sondae: Skoolkwartale

NGK Pierre van Ryneveld

08:00 - Erediens (Ouditorium)

ABSA Lyttelton

08:00 - Kinderdiens (3j-Gr.3)

Rek no.: 600 591 355 Takkode: 335 045 Stuur betalingsbewys na: (012) 662 0104 finansies@pvr.co.za

09:00 - Groepe (Gr.4 – Gr.7) 10:00 - Erediens (Ouditorium) 10:00 - Kinderdiens (3j – Gr.3) 13:00 - Erediens (Afrikatale) 17:00 - Groepe (Gr.8 – Gr.11) 18:30 - Aanddiens

Ons het reeds begin, maar as jy nog wil aansluit, is jy welkom. Sondae 17:00 in die Kapel. Reis saam vir 8 weke.

Dinsdagoggende van 09:00–10:00 onder leiding van Sampie Niemand. Ons kyk saam na die tema van geestelike groei. Kom word deel van hierdie ervaring.

Kerkkantoor: Ma: 11:00–16:00 Di–Do: 08:00–16:00 Vr: 08:00–13:00 Tel: 012 662-1708 admin@pvr.co.za www.pvr.co.za www.facebook.com/ pvrgeloofsfamilie www.twitter.com/ PvRGeloofsfam

Nuusflitse 5 Februarie  

Nuusflitse

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you