Page 1

2 FEBRUARIE 2014

NUUSFLITSE Goeie môre en welkom! Vir volgelinge van Jesus is die Sondag die eerste dag van die week. Wat ‘n vorreg om hierdie week saam met jou in die teenwoordigheid van die Here Jesus te begin! Dis kosbare tyd hierdie. Dankie dat jy alles in die stryd werp om saam met ons hier te wees. Dis een van die belangrikste “Oases van Lewe” in jou week. Dis ook ‘n spesiale tyd waarin God jou toerus, inspireer en iets nuuts oor Hom wil laat ONTDEK. Sodat ons Hom as Sy kerk (sy mense, nie ons gebou of gemeente), kan gaan LEEF oral waar ons hande en voete afdrukke maak. Dus, verwag dat Hy deur Sy Gees in hierdie oomblikke jou gaan aanraak. Hy wil!

WAT GEBEUR VANDAG 08:00 : Erediens en Kinderkerk (Gr1- Gr3) (Stephan Joubert) 08:00 : Mosterdsaadjies(3jr–Gr 0)

09:00 : Junior Geselsgroepe (Gr 4–7) 09:10 Bybelblits 10:00 : Erediens—DOOP (Stephan Joubert) 10:00 : Mosterdsaadjies(3jr–Gr 0)

13:00 : Afrikatale Erediens 17:00 : Faithbook (Gr 8–11) Senior Geselsgroepe 18:30 : Aanddiens

LEEF DIE KOMPASLEWE! Daarom wil Ek julle uitnooi: Voel julle moeg vir hierdie lewe? Knak julle knieë onder al die probleme en verantwoordelikhede wat julle moet dra? Kom dan na My toe! Ja, kom wy jou lewe aan My toe."(Matteus 11:28 DB) Deur God se genade, ontvang ons krag van Hom om te leef. Ons het die voorreg om op 'n verskeidenheid van maniere by Hom in te prop soos 'n kragprop, wat ons altyd in verwondering laat. Goeie vrae om jouself te vra: Waar en wanneer voel jy naby aan God, asof jy herlaai word? Wat gee tans vir jou vreugde? Wat frustreer jou tans? Praktiese oefening vir die week: Vra vir die mense met wie jy goeie verhoudings het wanneer hulle naby aan God voel, en wat hulle doen om in te prop.

WAT GLO ONS?

LEESROOSTER

Vraag 49 Waar is Christus nou?

Jesaja 58:1-9a [9b-12] Christus het, op die derde dag na sy dood, liggaamlik uit die graf opgestaan en sit aan die regterhand van die Vader, vanwaar Hy oor sy koninkryk regeer en vir ons intree, totdat hy terugkeer om die hele wêreld te oordeel en te vernuwe.

Psalm 112:1-9 [10] 1 Korinthiërs 2:1-12 [13-16] Matteus 5:13-20


SELGROEPE Stel jy belang om die jaar by selgroep aan te sluit? Kontak Louise Jackson by 0833488304 of groepe@pvr.co.za

23 FEBRUARIE 2014 Skryf solank die datum in jou dagboek. Ons het Nagmaal by al drie die dienste en 12:00 ’n lekker gemeente kuier. Meer inligting volg later.

FAITHBOOK (JEUGDIENS) 17:00— 17:00—18:30 CD—OPNAMES Daar is oudio opnames van die preke bieskikbaar . Bestellings kan by Riana by die kerkkantoor geplaas word. Kostes is R15 per CD. Betaling moet asseblief bestellig vergesel.

HUWELIKSWERKSWINKEL WANEER: 14 &15 Februarie KOSTES : R950 per egpaar Vir verdere inligting kontak Elmarie van Wyk 0722380549

KOSKAS Ons Koskas projek is daarop gemik om persone in ons gemeenskap wat swaar trek, te help met basiese kruideniersware wat deur lidmate geskenk word. Ons maak graag van hierdie geleentheid gebruik om vir almal baie dankie te sê wat so gereeld tot die koskas bygedra het in 2013. Tye is maar swaar en ons vra weer of julle in 2014 vir ons kan help. Ons benodig asb : alle tipes blikkieskos, rys, stampmielies, mieliemeel, pasta, lang lewe melk, koffie, tee, suiker, pakkies sop, olie, sout. Toiletbenodigdhede sluit in : toiletpapier, sjampoe, 1kg pakke waspoeier, skottelgoedseep, Handy Andy, onderarm, lyfroom, seep, tandepasta. Indien jy betrokke wil raak of net navrae wil rig, is jy welkom om Alta by 0828181622 of Amanda by 0829757465, by die kerkkantoor te skakel.


Huweliks-en verhoudingsterapie en -verrykingswerkswinkels ‘n Intensionele huweliksverhouding is die spasie tussen twee emosioneel volwasse mense wat gereeld en doelbewus versorg word. Dit is die plek waar ons mekaar se uniekheid ontdek en vier, in plaas daarvan om mekaar te kritiseer, beledig en te probeer omhaal om soos “ek” te wees. Dit is die plek waar elkeen van ons verantwoordelikheid vir ons eie groei en “issues” aanvaar, maar veilig genoeg kan wees om in broosheid my maat se hulp en ondersteuning /versorging te vra. Soms raak ons die spoor byster en verplaas ons, ons huwelik se energie na ander plekke – werk, kinders, vriende en selfs buite-egtelike verhoudings of pornografie en dan loop ons die gevaar om die huwelik, en in effek onsself te verloor. Huweliksterapie is die ruimte waar ons, met die hulp van opgeleide terapeute, weer ons weg na onsself, ons maats en ons huwelik terugvind en fiks word in die vaardighede van intensionele verhouding.

Kontak: Elmarie van Wyk Tel. No. 072 238 0549 Waar : Jim Versterstr. 3, Pierre van Ryneveld

Gemeentekamp—28 Februarie - 2 Maart Ons kamp saam by Tambotivreugde in die Dinokeng Reservaat (45min van PvR af)! Daar is ‘n onderdak verhitte swembad, asook twee koue swembaddens. Bespreek vandag jou plek by die tafel by die Hoofingang. Daar is nog 11 staanplekke oor. Betaal asb. deposito teen 9 Februarie en volle bedrag teen 23 Februarie. Kostes: Staanplekke: R200 per volw. en R100 per kind vir naweek. Beperkte volledig toegeruste chalets teen R600 per volw en R250 per kind vir die naweek. Vir meer inligting, gesels met Henk v Rensburg (082 336 7555). Kom haal asseblief ook ‘n inligtingstuk af by die tafel met al die besonderhede vir die kamp.


Bid asseblief saam met ons vir die volgende mense: • • • • • • • •

Riaan Heyneke wat in rehabilitasie is na ‘n motorfietsongeluk. Lourens Geldenhuys wat tuis aansterk. Danolina Jacobs wat tuis aansterk na ‘n operasie. Cobus Willers wat weer ‘n groot operasie moet onderVersorgingspan gaan. Byeenkoms Ruan Wolhuter (2 jaar) wat chemo ontvang vir rare 17 Febr 2014 bloedsiekte. Jan-Hendrik de Beer (7jaar) en mamma Om 18:00 by die Karin de Beer wat sukkel met hul gesondheid. kerk. Pieter Steyn wat baie siek is met kanker. Vernon Venter (14 jaar) wat baie ernstig siek is.

Weereens so baie dankie vir elkeen wat deelgeneem het aan ons VERBINTENIS VELDTOG verlede jaar. Ons gaan in die toekoms elke jaar ’n geleentheid skep vir ons as Geloofsfamilie om onsself op ’n besondere wyse opnuut te verbind aan Jesus. Dit is ’n geleentheid om “voorraadopname' te maak van ons verhouding met Jesus en ons verbintenis aan ons Geloofsfamilie. Dis heerlik dat jy deel is! Hier is so bietjie terugvoer: 1. Op 19 Februarie gaan ons ’n eerste byeenkoms hou van almal wat ’n verbintenis gemaak het. Dit is spesifiek om jou die geleentheid te bied om te begin dien in die bediening waaraan jy jouself verbind het. Maak seker dat jy dit nie mis nie! 2. As jy koeverte gekies het as die wyse waarop jy jou dankoffer bied, kom haal dit af by die kerkkantoor. Jou naam is daarop aangebring. 3. As jy aangedui het dat jy jou dankoffer per debietorder gaan doen, maak assseblief seker dat jy so gou moontlik jou debietorderopdrag invul en by die kantoor besorg. 4. Laastens. Op 23 Februarie is dit Nagmaal. Tydens daardie dienste gaan ons weer ’n verbintenis-geleentheid skep en saam as gemeente voor die Here ons verbintenis herbevestig. As jy nog nadink en bid oor jou koevert en vorm, daar is nog ’n geleentheid om die stap te neem.

DOOP

NGK Pierre van Ryneveld ABSA Centurion Rek no.: 600 591 355 Takkode: 630 445

As jy in April of Mei wil doop, onthou om die Doopkursus van 2, 9 en 16 Maart by te woon.

Stuur betalingsbewys na: (012) 662 0104 finansies@pvr.co.za

Bespreek by Riana by die Kerkkantoor (012 662-1708) of admin@pvr.co.za

www.facebook.com/pvrgeloofsfamilie

Kerkkantoor: Ma: 11:00–16:00 Di–Do: 08:00–16:00 Vr: 08:00–13:00 Tel: 012 662-1708 admin@pvr.co.za www.pvr.co.za

www.twitter.com/PvRGeloofsfam


Nuusflitse 2 Februarie  

Afkondigings vir die week

Advertisement
Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you