Issuu on Google+

25 Mei 2014

NUUSFLITSE ‘n Afskeid en ‘n Nuwe Begin.

LEEF DIE KOMPASLEWE!

Ek weet nie van jou nie, maar vir my is afskeid neem seker een van die moeilikste dinge wat daar is. So moes ek die afgelope paar jaar gereeld swaar afskeid neem van vriende wat emigreer en wanneer ek jaarliks in Nederland gaan navorsing doen het, was die weggaan altyd swaar. Inderdaad, wanneer ons die mense wat ons liefhet vir ‘n tyd lank moet groet, sluk ons swaar. Die tyd waarin ons nou is, is ‘n baie spesiale tyd in die kerkjaar. Eerskomende Donderdag is dit Hemelvaart. Die oomblik toe Jesus se dissipels (na die skok van sy dood en die blydskap van die weersiens van die opstanding) finaal van Hom moes afskeid neem. Dis egter ‘n afskeid met ‘n verskil. Jesus belowe twee dinge. Hy vertel die dissipels van die Heilige Gees wat hulle gaan krag gee om die Evangelie te Leef. Hy vertel ook vir hulle van die Weersiens! Hierdie is jou tyd om weer te begin, opnuut vas te gryp, skoon te maak, oor te gee, nuwe krag te ontvang. Dis Pinkster. ‘n Spesiale, heerlike vars ervaring van volgelingskap. Kompas Kafee. Kom kuier saam!

WAT GEBEUR VANDAG 08:00 : Erediens en Kinderkerk (Gr1- Gr3) (Jan Venter) 08:00 : Mosterdsaadjies(3jr–Gr 0) 09:00 : Junior Geselsgroepe (Gr 4–7) 10:00 : Erediens Kinderkerk (Gr1- Gr3) (Jan Venter) 10:00 : Mosterdsaadjies(3jr–Gr 0) 13:00 : Afrikatale Erediens 17:00 : Faithbook (Gr 8–11) Senior Geselsgroepe 18:30 : Aanddiens (Ryno Meyer)

Ek wil dit met die beeld van ’n liggaam verduidelik. ’n Liggaam bestaan uit baie ledemate. Ons as kerk is ook soos ’n liggaam. Ons is Christus se liggaam hier op aarde. Net soos die verskillende liggaamsdele elkeen sy eie funksie het, het ons as gelowiges ook verskillende funksies. Ons almal het nie dieselfde geestelike geskenke van Hom ontvang nie.(Romeine 12:4-6 DB) God het elkeen van ons uniek geskep, sodat elkeen van ons in Sy Skepping 'n unieke plek het. Jou gawes, persoonlikheid en vaardighede is deur God aan jou gegee. Goeie vrae: Ontwikkel jy tans iets in jou eie lewe? Waar sien jy ander Christene hulle gawes gebruik? Oefening vir die week: Maak êrens 30 min tyd die week om iets te doen waarmee jy goed is, of om iets te skep.

WAT GLO ONS?

LEESROOSTER

VRAAG 7 Wat verwag die wet van die Here van ons? Persoonlike, volmaakte en ewige gehoorsaamheid; Dat ons God sal liefhê met ons hele hart, siel, verstand en krag; en ons naaste soos onsself.Wat God verbied behoort nooit gedoen te word nie en wat God beveel moet altyd uitgevoer word.

Handelinge1:6-14 Psalm 68:1-10, 32-35 1 Petrus 4:12-14; 5:6-11 Johannes 17:1-11


Senior Aksie Met die Senior Aksie byeenkoms op 29 Mei is ons baie bevoorreg om die Hollandse Mannekoor te hê wat vir ons Seniors kom optree om 10:00. Hulle sing ‘n verskeidenheid van ligte Afrikaanse liedjies. ‘n Moet vir al ons Seniors wat hou van musiek. Vir enige navrae kontak Amanda by die kerkkantoor

Goeie nuus by die Tieners! Sondag het ons die voorreg gehad om brood te breek en sap te drink by Faithbook, wat ’n lekker ervaring. Wat ’n voorreg om Jesus se liefde en die onverdiende genade wat ons so vrylik ontvang, saam te kon deel. Hierdie week wil ek julle bietjie uitdaag om intensioneel ’n ruimte te skep waar jy en jou tiener bietjie vrae vir mekaar vra om mekaar beter te leer ken. Vir my ouer: - Vertel my meer oor sport in julle tiener jare? - Hoe het julle in kontak gebly voor selfone? - Hoe het tegnologie julle wêreld verander ? - Wat het julle gedoen vir ontspanning toe julle tieners was? Vir my tiener: - Wat maak jou opgewonde ? - Wie is jou rolmodel in sport en/of musiek en wat maak hom of haar spesiaal? - Wat is jou droom vir die toekoms van ons land? - Hoe gebruik jy social media om jouself uit te druk? Groete hier uit die Jeug kamp, lekker kuier! Louis


Van kleins af moet ons, ons kinders leer dat hulle keuses het. Jy as ouer het die grootste invloed op jou kind. Negatief of positief. Leer hulle om verantwoordelike keuses te maak. Ons beste lesse leer ons uit die foute wat ons maak. Leer jou kind dat God hom/haar baie lief het en aanvaar. Ouers se optrede en keuses laat kinders soms onnodig skuldig voel. Alhoewel ouers se keuses kinders raak, kan hulle nogtans lief vir die ouers bly. Kinders moet leer om realistiese grense te stel en verseker NEE te mag sê. Leer jou kind vroeg dat hy/sy mag praat oor probleme en keuses. Lees gerus Romeine 12:12 GAAN KYK OOK NA ONS 2 NUWE FACEBOOK GROEPE : ‘SENTRUM VIR LEWENSKUNS’ EN ‘SOLO DADS’

Ons hou op 23 Okt 2014 ‘n Golfdag teen R2400 per 4bal. Golf/karretjie/grab ‘n go en 3 gang aandete is ingesluit. Vir navrae kontak Lourens van Staden by 0829077731 of Johan Esterhuyse by 0798802574 of Nico van der Merwe by 0828945907

VROUEKAMP

Vir enkel persone sonder afhanklikes. Ons kom Dinsdagaande by die kerk bymekaar

27 Mei—Saam Fliek 30 Mei—Sosiale kuier “Kaas en Wyn” (Afdak) 3 Junie—Gebedsversoeke, geeste like samesyn 10 Junie—Jesus my keuse 17 Junie—Kerslig vers en Melodie 24 Junie—Is ek 'n Soutpilaar? 28 Junie—Sop en Sjerrie

“Van Treurkoeklikheid

tot Triomfantelikheid””

High Tea saam

met Elsabe Aldrich Saterdag 31 Mei Plek: Pierre van Ryneveld Gemeenskapskerk Tyd: 09h00 vir 09h30

Pierre van Ryneveld Golfdag

AKSIE SS

Vrouebediening

17–19 Oktober by Pure Joy Spreker: Annalise Wiid

Kostes: R120 - kaartjie verkope sluit 27 Mei. Verversings ingesluit Kaartjies te koop by Kerkkantoor, of skakel Amanda by 012 662 1708

Hemelvaart Donderdag 29 Mei 2014 19:00 Hemelvaartsdiens

Tema: Die geur van Christus Kostes: R800 vir die naweek, sluit akkommodasie en etes in. Bespreek vroegtydig jou plek by die Kerkkantoor. Jy het ook geleentheid om nou al daaraan af te betaal.

Die volgende doopkursus datum is 13, 20 & 27 Julie Bespreek by die die kerkkantoor 012 662-1708 / admin@pvr.co.za


Bid asseblief saam met ons vir die volgende mense: • • • • • • • • • • • • • • •

Urline Marx wat ernstig siek is met kanker. Fanie Kuhn wat kankerbehandeling ontvang. Versorgingspan Jackie Ras wat aansterk na ‘n operasie. Tracy Müller wat aansterk na ‘n beroerte. Byeenkoms Willie Human wat in motorongeluk was. 23 Junie Elna v Rensburg wat herstel na operasie. Om 18:00 by die Andrew van der Watt wat herstel na operasie. Cheryl Pretorius en familie met die afsterwe van haar pa. kerk. Riaan Heyneke wat aansterk na operasie. Hettie Henrico wat 'n knievervanging moet ondergaan. Lourens Geldenhuys wat tuis aansterk. Cobus Willers wat aansterk na 'n operasie. Ruan Wolhuter (2 jaar) wat ’n rare bloedsiekte het. Jan-Hendrik de Beer (8jaar) en mamma Karin de Beer wat sukkel met hul gesondheid. Pieter Steyn wat baie siek is met kanker.

KAARTJIES www.pvr.co.za/ kaartjies

NGK Pierre van Ryneveld ABSA Centurion Rek no.: 600 591 355 Takkode: 630 445

Kerkkantoor: Ma: 11:00–16:00 Di–Do: 08:00–16:00 Vr: 08:00–13:00

Stuur betalingsbewys na: (012) 662 0104 of finansies@pvr.co.za

Tel: 012 662-1708 admin@pvr.co.za www.pvr.co.za

www.facebook.com/pvrgeloofsfamilie

Stalletjie besprekings kan nou by die kerkkantoor gedoen word.

www.twitter.com/PvRGeloofsfam


Nuusflitse 25 Mei