Page 1

23 FEBRUARIE 2014

NUUSFLITSE Nagmaal: Wat beteken dit vir jou? ‘n Gewyde, ernstige, langer-as-gewoonlik diens, dalk? ‘n Diep ervaring van God se teenwoordigheid? ‘n Ongemaklike ruimte waar jy wonder of jy welkom is? Of is dit ‘n vreugdevolle kuier saam met jou Geloofsfamilie waar ons Jesus se geskenk van Lewe vier? Ons wil jou vandag nooi om laasgenoemde jou verwagting te maak. Die sakrament van die Nagmaal is ‘n wonderlike geskenk waar ek en jy ‘n diep, kosbare ervaring met Jesus mag hê. Dis nie ‘n statige banket vir genooide eregaste nie, inteendeel. Dit is ‘n boemelaarsete. Waar elkeen wat opreg bewus is van sy/haar eie gebrokenheid genooi is om saam met Jesus te wees. Dis waar hy ons versadig, en heelmaak. Sit aan, die tafel is gedek!

LEEF DIE KOMPASLEWE! “Julle is sout wat smaak moet gee aan hierdie smaaklose wêreld. Julle is ’n lig vir die donker wêreld rondom julle. Almal moet kan sien dat julle glo.Julle geloof moet net so sigbaar wees soos ’n stad wat hoog bo-op ’n berg gebou is." (Matteus 5:13, 14 DB) Oral waar ons gaan kan ons sout en lig wees. Daar waar ons beweeg elke dag, is Jesus deur Sy Gees teenwoordig, en maak Hy alles en almal nuut. Ons teenwoordigheid in PvR, maak PvR 'n beter plek. Goeie vrae om jouself te vra: Wie kan ek dien in my buurt? Wat sien ek raak elke dag waar ek 'n verskil kan maak? Hoe kan ek gasvry wees? Praktiese oefening vir die week: Kyk nuut, en bid elke aand vir 'n vreemdeling wat jy die dag gesien/ontmoet het.

WAT GEBEUR VANDAG 08:00 : Erediens—Nagmaal Geen Kinderkerk agv Gesinsnagmaal (Jan Venter) 09:00 : Junior Geselsgroepe (Gr 4–7) 10:00 : Erediens—Nagmaal en Kinderkerk (Gr1- Gr3) (Jan Venter) 10:00 : Mosterdsaadjies(3jr–Gr 0) 13:00 : Afrikatale Erediens 17:00 : Faithbook (Gr 8–11) Senior Geselsgroepe 18:30 : Aanddiens—Nagmaal (Ryno Meyer)

WAT GLO ONS?

LEESROOSTER

Vraag 52 Watter hoop bied die ewige lewe ons? Dit herinner ons daaraan dat hierdie huidige gevalle wêreld nie al is wat daar is nie; dat ons binnekort saam met God sal leef en hom vir altyd sal geniet in die nuwe stad, in die nuwe hemel en die nuwe aarde, waar ons vir ewig volkome bevry van alle sonde sal wees en waar ons sal leef in nuwe opgewekte liggame in 'n nuwe, herstelde skepping.

Jesaja 49:8-16a Psalm 131 1 Korintiërs 4:1-5 Matteus 6:24-34


VROUEBEDIENING

VROUEKAMP

Bied ‘n heerlike aand van saamlag en diep nadenke aan

17–19 Oktober by Pure Joy

Maandagaand, 24 Februarie om 19h00 in die Ouditorium Spreker: Anrea van der Merwe Tema: “Wie sê jy wie’s jy?” Verversings sal bedien word

Spreker: Annalise Wiid Tema: Die geur van Christus Kostes: R800 vir die naweek, sluit akkommodasie en etes in. Bespreek vroegtydig jou plek by die Kerkkantoor. Jy het ook geleentheid om nou al daaraan af te betaal.

Vrywillige donasies sal ingesamel word.

Boek te koop @ R20

GEMEENTEKUIER—GROENKLOOF Ons hou vandag ons Gemeentekuier by Groenkloof Natuur-reservaat. Ons kom by die Mashupeng Piekniekterrein bymekaar. Bring jou mandjie en kampstoele. Ons gaan vure voorsien, maar jy kan ook ’n gasbraaier bring as jy wil. Toegang R30 per vol. en R20 per kind. Vir navrae kontak Henk by 082 336 7555.

WÊRELDBIDDAG VIR MANS Saterdag 1 Maart

GR 8 & 9 OUERGESPREK OP 23 FEBRUARIE OM 17:00 IN DIE KERKSAAL ——————————————— FAITHBOOK (JEUGDIENS) 17:00— 17:00—18:30 ————————————————————————————VERSTAAN JOU TIENER Dalk die heel moeilkste fases van ouerwees ? Dit kan ook die heel lekkerste wees! SONDAG 2 MAART 2014 17:00 –18:00 KERKSAAL

Gr 8 en 9 - Xtreme Kamp Vind plaas 1414-16 Maart 2014 Ons kamp by Magalies Retreat Inskrywings sluit 9 Maart 2014

Plek: NG Monumentpark-Wes (Lapa) Tyd: 7h00–8h00 Ons gemeente bied nie self iets aan agv Gemeentekamp.

WÊRELDBIDDAG VIR VROUE Vrydag 7 Maart Plek: PvR Kapel Tyd: 9h00–10h00 Spreker: Arline Meyer

SENIOR BEDIENING Ons nooi al ons seniors uit na ons volgende byeenkoms op 27 Feb om 10:00 in die kerksaal. Ons spreker is Ina Wilken van die Verbruikersraad. Sy gaan met ons praat oor hoe om jou begroting te beplan met die huidige prysstygings in ons winkels. Kontak vir Amanda by die kerkkantoor vir verdere besonderhede: 012 662-1708


PvR Mannekamp 23-25 Mei 2014

PvR Manne-ekspedisie (na Lesotho) 13-16 Junie 2014

Leeuwspoor

Dis so gewild dat dit reeds uitverkoop is! As jy meer inligting wil hê, kontak Nelius by 082 464 0744

Reservaat (130km van PvR)

R500 per persoon (etes ingesluit)

Baie pret en lekker saam kuier

Kontak Lourens by 082 907 7731

Bespreek jou plek vandag onder die af-

Solo’s met kinders

Solo’s sonder afhanklike kinders

Ontmoet elke Woensdag 19:00

Ontmoet elke Dinsdag 19:00

dak na afloop van die eerste diens.

Kontak Louise Jackson by groepe@pvr.co.za

Gemeentekamp: 28 Februarie - 2 Maart Ons sien uit na 'n heerlike kamp volgende naweek by Tambotivreugde in die Dinokeng Reservaat (45min van PvR af)! Betaal asb. jou uitstaande kampgeld vandag of so gou as moontlik. Vir meer inligting, gesels met Henk v Rensburg (082 336 7555). Kom haal asseblief ook ‘n inligtingstuk af by die kantoor met al die besonderhede vir die kamp.

PvR Versorgingspan Ons het 'n span vrywilligers wat graag lidmate in die hospitaal besoek, asook tuis besoek, na gelang van omstandighede. Jy is welkom om die kerkkantoor te kontak of direk iemand wat deel is van die span. Ons sal graag met jou kontak maak en jou ondersteun. As jy deel van die span wil word, kontak gerus vir Henk of Amanda by die kantoor. Elsa Kruger 082 873 5263 Dawie Jacobs 082 573 2372 Rita Haasbroek 082 640 3472 Henk v Rensburg 082 336 7555

Sue Neill 076 567 1133 Annatjie Wirth 076 385 1420 Lizette Neethling 082 222 0680

Gert Jordaan 082 737 8111 Marlene Venter 082 737 8884 Amanda Smit 082 975 7465


Bid asseblief saam met ons vir die volgende mense: Marius Botha wat 'n ernstige operasie moet ondergaan. Braam Beukes wat ernstig siek in ICU is. Cornel Uys wat aansterk na 'n veldfietsongeluk. Versorgingspan Riaan Heyneke wat aansterk na ‘n motorfietsongeluk. Byeenkoms Susan Ferreira wat operasie moet ondergaan. 17 Maart 2014 Hettie Henrico wat 'n knievervanging moet ondergaan. Adele Forman wat skouer operasie ondergaan het. Om 19:00 by die Marie Louw wat aansterk na toetse. kerk. Anna Enslin wat aansterk na ‘n operasie. Lourens Geldenhuys wat tuis aansterk. Cobus Willers wat aansterk na 'n operasie. Ruan Wolhuter (2 jaar) wat chemo ontvang vir rare bloedsiekte. Jan-Hendrik de Beer (7jaar) en mamma Karin de Beer wat sukkel met hul gesondheid. • Pieter Steyn wat baie siek is met kanker. • Vernon Venter (14 jaar) wat baie ernstig siek is. • Zena Reynecke wie se ma oorlede is. • • • • • • • • • • • • •

DOOP

NGK Pierre van Ryneveld ABSA Centurion Rek no.: 600 591 355 Takkode: 630 445

As jy in April of Mei wil doop, onthou om die Doopkursus van 2, 9 en 16 Maart by te woon.

Stuur betalingsbewys na: (012) 662 0104 of finansies@pvr.co.za

Bespreek by Riana by die Kerkkantoor (012 662-1708) of admin@pvr.co.za

www.facebook.com/pvrgeloofsfamilie

Kerkkantoor: Ma: 11:00–16:00 Di–Do: 08:00–16:00 Vr: 08:00–13:00 Tel: 012 662-1708 admin@pvr.co.za www.pvr.co.za

www.twitter.com/PvRGeloofsfam

Nuusflitse 23 Februarie  

Afkondigings vir die week