Page 1

NUUSFLITSE WAT GEBEUR VANDAG 08:00 : Erediens (Jan Venter) Kinderkerk (3jr–Gr 3) 09:00 : Junior Geselsgroepe (Gr 4–7) 10:00 : Erediens (Jan Venter) Kinderkerk (3jr–Gr 3) 13:00 : Afrikatale Erediens 17:00 : Senior Geselsgroepe (Gr 8–11) 18:30 : Erediens (Jan Venter)

KERKKANTOOR OP SONDAE 09:00—10:00

CD VERKOPE Plaas gerus ’n bestelling vir oudio opnames van die eredienste. Kontant by bestelling

DIE VADERHART SE RITME ’n Mens wil amper uitroep ”Nog ’n Nuwejaar!?” Dis asof ons verstrengel raak in die ritmes van die lewe. Tussen motorpaaiemente, skoolkwartale, verjaarsdae, diere-inentings, finansiële jaareindes, haarafsprake, liefdesverhoudings, verkiesings, sportprogramme en noem dit op. Daar is altyd “dinge” wat begin en eindig. Amper daagliks! Hoe sal dit wees as my en jou lewensreis nie bepaal word deur die ritmes van ons lewe nie, maar deur die ritme van God ons Vader se hart? Die Woord leer my dat ek Sy kind en erfgenaam is (Romeine 8:17). Dat ek deel in die “rus” wat Sy seun Jesus aan ons skenk as lede van Sy familie. Hoe sal dit wees as ek en jy verstaan dat God ons wil vrymaak om te LEEF, dit wat ons daagliks in Christus ontdek! God roep ons tot ’n nuwe verhouding met Hom. ’n Verhouding waar ons in VERWONDERING voor Hom lewe, waar ek as VOLGELING in Sy voetspore lewe en waar ek in VERHOUDINGS Sy liefde uitleef. Dit is ons nuwe identiteit. Dit maak jou los van die lewe se ritmes. Dan kan jy met oorgawe sing: “Gee my die klop van die Vader se hart, leer my die klank van Sy stem.” Dieselfde stem wat jou wil lei na “stille waters”. Mag ek jou nooi? Stap saam, dit sal jou laat LEWE! Jan Venter

Bid asseblief saam met ons vir die volgende mense: • Maureen Marais wat ’n groot operasie ondergaan het. • Lize Gouws wat ’n rugprosedure gehad het. • Alwyn Kruger se pa wat aansterk na ‘n operasie. • Marinus Loots wat tuis aansterk. • Cas Castelyn wat ernstig siek is in die hospitaal. • Danie McLachlan se kanker is in remissie en hy sterk tuis aan.

• Tienie van Niekerk, Ronnie van Deventer en

Joey Kotze wat met kanker worstel. • Hennie Kaltwasser wat in versorgingseenheid

is.

Laat ons bid met ons oë op God, nie op ons probleme nie. Oswald Chambers


Verlede jaar sou jy die woorde “AWAKEN EN ACTIVATE” gehoor het in ons geloofsfamilie. Dit is een van die wonderlikste ervarings van God se liefde, Sy roeping op jou lewe en hoe Hy jou wil stuur om jou wêreld te verander. Hierdie jaar kom “VOETSPORE” by as deel van die ervaring. Dis ’n dissipelskapsreis wat aansluit by die Awaken/Activate belewenis wat jou dieper begelei daarin om Jesus elke dag te volg met oorgawe. Ons droom dat elkeen in ons geloofsfamilie die voorreg sal ervaar om deel hiervan te wees. Registreer dadelik vir die eerste ervaring. Dit sal beslis JOU LEWE VERANDER!

Van die JEUGBEDIENING, welkom! Ons sien uit na ‘n opwindende jaar waar ons saam met ons kinders en jongmense Christus gaan ontdek en leef! Ek lees die boek “Missional Youth Ministry” , en saam met die Here reis ek oor die vraag: “Hoekom het ons ‘n jeugbediening, en wat is ons fokus?” Ek het ontdek dat ons hier is om ons kinders en jongmense (en ouers!) te begelei. Ons skep ‘n ruimte waar ons saam Christus kan ontdek en leef, waar ons daagliks ons verwondering oor Sy grootheid met mekaar kan deel, waar ons jongmense aanmoedig om in ons verhoudings Christus uit te leef en om elke dag ‘n volgeling van Hom te wees. Ons groepe Sondae, ons kampe, alles wat ons hierdie jaar saam met ons jeug gaan beleef, is op hierdie 3 V’s gebou. So, “Gordel vas en geniet die reis!”. http://www.pvr.co.za/profiles/blogs/verwondering-verhoudings-en-volgeling

Ons geloofsfamilie is geseen met ’n MANNEBEDIENING vol energie en toewyding. Nie net is daar ’n mannekamp nie, daar is rustyd (06:30 elke Woensdag by die kerk) en ’n lekker adrenalien gelaaide projek of twee. Is jy ’n man? Dan hoort jy in hierdie netwerk van “pelle” wat Jesus met oorgawe volg!

OLIFANTSFONTEIN NG Olifantsfontein gaan deur ’n moelike fase en ons geloofsfamilie het met hulle hande gevat. Ds. Sampie Niemand is tans aangestel as Pastorale Hulp daar. Hier is nou ’n geleentheid om ’n verskil te maak in mense se lewens! Maak gebruik daarvan as ons daarvan vertel!

Ons VROUEBEDIENING is nou vir jou “dinamiese dames”! Hou die nuusflitse dop vir ons eerste byeenkoms van die jaar. GROOT verassing en nog groter bederf! Ons nooi elke dame in ons geloofsfamilie om te kom inloer. Hier word ons vriendinne vr altyd!

KOS EN KLERE Ons Koskas projek help mense in nood in ons gemeenskap met basiese kruideniersware. Hierdie kruideniersware word deur ons lidmate geskenk. Dankie vir almal wat bydra! Kospakkies: Blikkieskos, rys, stampmielies, mieliemeel, pasta, lang lewe melk, koffie, tee, suiker, pakkies sop, olie, sout. Ander: Toiletpapier, sjampoe, 1kg pakke waspoeier, skottelgoedseep, Handy Andy, onderarm, lyfroom, seep, tandepasta. Kontak vir Frieda by 0832760353 of Amanda, 0829757465, by die kerkkantoor.


Proponent Ryno Meyer is aan die einde van November 2011 beroep as die derde voltydse leraar van ons Geloofsfamilie. Hy sluit by ons aan op 1 Maart 2012. Hy en Mari is getroud op 5 Januarie 2012 en is tans op wittebrood. Ryno se bevestiging vind plaas op 12 Februarie en sy intreepreek sal wees tydens die dienste van 26 Februarie 2012. Welkom Ryno!

Ons het ‘n TOEBROODJIE projek waar ons vir so ongeveer 90 kinders by ‘n Hoërskool in Kwaggasrand van broodjies voorsien (vir 10jaar al). Vir van die kinders is hierdie broodjies hulle enigste kos vir die dag. As jy belangstel om betrokke te raak skakel Amanda 0829757465/012 662-1708.

BELEEF GOD OP ’N BERGFIETS? Maak nie saak of jy ’n ekspert of beginner is nie. Ons ry elke Dins/Don om 05:30 vir ’n uur ’n roete met iets vir elke smaak. Veilig, gesond en vol aksie! Deon Fourie: 083 645 9326

Kommunikering met die Gemeente en verskaffing van statistiek word deur die akkuraatheid van die databasis beïnvloed. Die GEMEENTE SE DATABASIS is onlangs bygewerk en om dit op datum en betroubaar te hou verg egter dat enige verandering wat jou raak, getrou en betyds deur jou onder die Kantoor se aandag gebring sal word. Die voorgeskrewe lidmaatskapvorm is op aanvraag beskikbaar by die Kantoor of kan ook afgelaai word vanaf die webwerf. Riana: (012) 662 1708 of admin@pvr.co.za Webwerf: www.pvr.co.za Dankie dat u ons hiermee help.

Die volgende DORPSFEES is vir 26 en 27 Oktober geskeduleer. Op 14 Februarie om 18:30 word ‘n vergadering gehou om die beplanningsproses te aktiveer. Almal wat betrokke wil raak en bydraes wil lewer om van hierdie fees ‘n sukses te maak, word uitgenooi om die vergadering by te woon. Dankie vir u beskikbaarheid!

Kom kuier saam, maak nuwe vriende, versterk bande met ou bekendes. Maak nie saak nie kom kamp net saam die naweek van 2-4 Maart 2012 Daar is 16 Kampplekke, 1 ten volle toegeruste 4 bed en 1 ten volle toegeruste 6 bed huis. 5 driebed “Chalets” met ensuite badkamers en 6 vierbed “Chalets” met ensuite badkamers. Alle beddegoed word voorsien. Die chalets gebruik ‘n gemeenskaplike kombuis. Vir meer inligting en om te bespreek skakel die kerkkantoor: Riana 012 662-1708


Ons het hierdie jaar weer die voorreg om tydens die BYBELREIS saam met STEPHAN JOUBERT die Bybel beter te leer ken.

Ek het die afgelope vakansie opnuut besef hoe geweldig kosbaar verhoudings in my lewe is – om my kinders te kan sien as hulle met my praat, om aan hulle te kan vat, om langs hulle te kan reis as hulle van een lewensfase na ‘n ander vertrek. Kosbaar! Opnuut verwonder ek my aan die God wie ek aanbid – ‘n God van verhouding – met Hom en skepsele soos ek. Soms haak ons in ons verhoudings vas en wil-wil die verwondering oorgaan in ontnugtering. Ek nooi jou om ‘n afspraak te maak by een van myself (Elmarie van Wyk) of Berna Pretorius by die Sentrum vir Lewenskuns waar ons ingestel en toegerus is om saam met jou(julle) deur hierdie tye te reis. Kontak ons deur die kerkkantoor vir ‘n afspraak of skakel my by 072 238 0549. Ons vra ‘n konsultasiefooi van R250 per sessie. Baie voorspoed vir 2012.

BANKBESONDERHEDE

Die formaat is een blok van drie Woensdagaande per kwartaal. Ons gaan ook weer een oggendsessie hê, waar die aandtema herhaal sal word. Die Bybelreis begin op 22 Februarie om 19:00 in die ouditorium. Registreer asb by Amanda by die kantoor. bediening@pvr.co.za / 012 662 1708.

As jy op trou staan, is die ONS TROU kursus net vir jou! Kom reis saam met jou maat, terwyl ons sake bespreek soos grense, konflik en rolle. Die kursus begin Dinsdagaand 7 Februarie om 19:00 en strek oor 4 weke. Die kostes is R100 per paartjie vir die hele kursus. Vir meer inligting kontak Elmarie by elmarie@pvr.co.za.

Wil jy in jou geloof groei? Het jy ‘n klomp vrae wat jy graag wil vra, maar nog nie kans gehad het om dit te doen nie? Dan is die ALPHA-KURSUS vir jou! Ons kyk saam na belangrike lewensvrae en reis saam op die geloofspad.

Is daar ‘n baba op pad of reeds in die huis, wat julle graag wil laat DOOP?

Ons nooi al ons SENIOR BURGERS uit na ons eerste byeenkoms op 26 Januarie.

Ons volgende doop is op 5 Februarie en 11 Maart. Die volgende DOOPGESPREK is Dinsdag 24 Januarie om 19:00 by die kerk.

Die bekende oud-springbok atleet, Gert Potgieter, kom praat oor fiksheid en ‘n gesonde leefwyse en daana geniet ons smaaklike vrugteslaai en roomys.

Registreer asseblief by die kantoor. Die koste beloop R100 per baba.

Sondae: Skoolkwartale

NGK Pierre van Ryneveld

08:00 - Erediens (Ouditorium)

ABSA Lyttelton

08:00 - Kinderdiens (3j-Gr.3)

Rek no.: 600 591 355 Takkode: 335 045 Stuur betalingsbewys na: (012) 662 0104 finansies@pvr.co.za

09:00 - Groepe (Gr.4 - Gr.7)

Ons begin volgende Sondag 29 Januarie om 17:00 by die Lewenskuns-sentrum en reis saam vir 8 weke.

Die jaarprogram sal bekend gemaak word.

Sondae: Skoolvakansies 09:00 - Erediens 13:00 - Erediens (Afrikatale) 18:30 - Aanddiens

10:00 - Erediens (Ouditorium)

17:00 - Groepe (Gr.8 - Gr.11)

Kerkkantoor: Ma: 11:00—16:00 Di - Do: 08:00—16:00 Vr: 08:00 —13:00

18:30 - Aanddiens

Tel: 012 662-1708

10:00 - Kinderdiens (3j - Gr.3) 13:00 - Erediens (Afrikatale)

Nuusflitse  

Afkondigings

Advertisement