Page 1

NUUSFLITSE WAT GEBEUR VANDAG 08:00 : Erediens (Jan Venter) 08:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3) 09:00 : Junior Geselsgroepe (Gr 4–7) 10:00 : Erediens (Jan Venter) 10:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3) 13:00 : Afrikatale Erediens 17:00 : Senior Geselsgroepe (Gr 8–11) 18:30 : Aanddiens (Herman Matthee)

KERKKANTOOR SAL GESLUIT WEES OP MAANDAG 30 APRIL 2012 CD VERKOPE Plaas gerus ’n bestelling vir oudio opnames van die eredienste. Kontant by bestelling

Spoed? Normale Pierre van Rynevelder 1: "Hoe gaan dit met jou?" Normale Pierre van Rynevelder 2: "Goed dankie, net baie besig!!" Ons ken hierdie "normale" dialoog baie goed. Die rotresies, normale lewe, die uitdagings van ons tyd; hoe ookal jy dit wil noem, ons is almal baie bekend met dit en voel dikwels die swaar juk wat "besig wees" en die spoed van die wêreld op ons plaas. Alles raak al hoe vinniger, dit weet ons, maar wat gebeur in hierdie gejaag met ons verhoudings? Is dit moontlik om sinvolle, versoenende verhoudings met mekaar te hê as ons teen 60km/h in die woonbuurt by mekaar verbyjaag en die vriendelike wuif doen? Ek twyfel... Ons manipuleer alles in ons lewens sodat ons vinniger kan aanskuif na die volgende ding, ongelukkig ons verhoudings ook. Versoenende, sinvolle verhoudings vra vir minder spoed. Dit vra dat ons stop, en regtig luister. Dat ons teenwoordig sal wees, en nie reeds dink hoe ons ons volgende taak gaan uitvoer nie. Verhoudings is nie net nog iets in ons besige lewens nie, dit is alles! Die feit dat Jesus 30 jaar spandeer het as gewone lid van 'n gewone gemeenskap waarin verhoudings baie belangrik is, en ook ten minste 3 jaar voltyds saam met net 12 dissipels teen loopspoed en sitspoed, dwing my tot stilstand en selfondersoek. As verhoudings vir Jesus so belangrik was, moet dit tog vir my ook wees! Miskien moet ek doelbewus my lewe stadiger maak en ophou om verhoudings "kits" te maak. Miskien moet ek ophou om alles kits te maak...

Nou oefen ons—2 "Paulus skryf in 1 Tim 4:8 "Om jou liggaam te oefen, het wel 'n bietjie waarde, maar om in toewyding aan God te lewe, het in alle opsigte groot waarde, want dit bevat 'n belofte van lewe, vir nou en die toekoms." As ons dink aan die spoed van ons eie lewens en die verhoudingsgevare wat daarmee gepaard gaan, kom ons oefen dan om dit anders te begin doen. Oefening vir die week: Kies doelbewus die stadiger opsie êrens hierdie week. Staan in die langer ry by die Spar. Wag vir iemand om klaar petrol in te gooi, en gooi dan petrol in, moenie jaag vir die oop pomp nie. Stap êrens heen, los die motor in die motorhuis. Herhaal ten minste twee keer. Strekoefening vir die week: Stilte.


Bid asseblief saam met ons vir die volgende mense: • • • • • •

• Danie McLachlan se kanker is in remissie en

hy sterk tuis aan. • Tienie van Niekerk en Ronnie van Deventer Marie Grove wie se broer oorlede is. wat met kanker worstel. Herman van Heerden wat ernstig in ICU • Elsa Kruger wie se pa met kanker gediagnoopgeneem is. seer is. Alwyn Kruger se ma wat ook met Cas Castelyn wat steeds in ICU opgeneem is. kanker worstel. Daleen Wessels se pa, Dolf Nel, wat ernstig siek is met kanker. Elmo Pienaar wie se pa oorlede is. Bid gedurig Hennie Kaltwasser wat steeds in versorgings(1 Tessalonisense 5:17) eenheid is.

VOETSPORE .... DIS DIE VOLGENDE TREE!

SENIORBURGER BYEENKOMS

Het jy al die “Geroep en Gestuur” ervarings deurloop en wil jy graag ’n volgende tree gee? Hierdie is die volgende tree wat jy net MOET waag! “Voetspore” is ’n ervaring wat spesifiek gevorm is om jou ’n dieper en meer sinvolle belewenis van dissipelskap te laat ervaar. Kom leer hoe om Jesus te volg en Hom raak te sien in die alledaagse van jou lewe!

Die volgende byeenkoms vind plaas op 26 April. Suster Ida Bester gaan gesels oor : Hoe berei ek voor vir die wintermaande en oor Artritis. Vir inligting skakel Jan Cilliers 0826727610. Kom kuier saam!

Kontak vir Jan 0823336552 of Amanda 012 662-1708 by die kerkkantoor vir meer inligting.

GEROEP EN GESTUUR!

KAN JY HELP?

Jy kan bly soos jy is vir die res van jou lewe ..... of jy kan wegbreek! Ek en jy is nie gebore net om te OORLEEF vir die tyd wat ons hier op aarde is nie.

Ons gemeente het 'n klerekas. Die klere in die kas word op verskeie maniere aan mense gegee en word van verskeie plekke as donasies gekry. Soos enige kas, moet die klerekas onderhou en netjies gehou word. Tot op hede het Rina Niemand dit vir ons gedoen, en sy het nou besluit om haar "klerekas" stewels op te hang.

Ons is geskep om met OORGAWE te LEEF! Ons kan alleen so leef as ons verstaan waartoe die Here ons elkeen roep en waarheen Hy ons stuur. Die “Geroep en Gestuur” ervaring is ’n fantastiese geleentheid om dit te beleef. Dit word in Afrikaans aangebied deur Elmarie van Wyk en ons droom daaroor dat elkeen in ons geloofsfamilie die ervaring kan meemaak. Ook jy! Vir meer inligting kontak Amanda of een van die predikante. Die volgende datums is 1/2 Junie en 16 Junie. Sien jou!

Een van die dames in ons geloofsfamilie het hand opgesteek om die nuwe kaskampioen te wees, ons is baie bly daaroor. Nou is ons opsoek na iemand wat haar kan help. Kan jy ons dalk daarmee help? Dit behels slegs die onderhoud en netjies hou van die kas, met die ordening en sortering van nuwe klere wat inkom soos dit verlang word. Kontak asb vir Ryno by 0824602103 indien jy belangstel. Ons het ook 'n sopkombuis elke Vrydag 09:30. Buti het 'n span mense wat elke week sop maak, broodjies smeer, en ook sop en brood bedien om 09:30 op Vrydae. Kan jy asb op een van hierdie maniere help? Jou hulp sal nie elke week nodig wees nie, en soos jy kan help sal in orde wees. Kontak asb vir Buti by 0826242689 of vir Ryno by 0824602103.


KAALKOP DEUR DIE LEWE! ‘n OGGEND met Nataniël Plek: PvR Gemeenskapskerk Tyd: 09h30 vir 10h00 Koste: R120 (verversings ingesluit.) Geen onder 15-jariges? Nataniël se versoek : Hy gebruik geen vuil taal of grappies - kinders is vir hom steurend. Manne en vroue is welkom. Nataniël items te koop. Kaartjies by die kerkkantoor beskikbaar. KAARTJIES WAT REEDS BESPREEK IS, MOET ASSEBLIEF AFGEHAAL EN BETAAL WORD teen 30 April. Kaartjie verkope sluit 13 Mei 2012.

Elsa Kruger het aan die einde van Maart 2012 vier jaar diens as Lid van die GEMEENTERAAD voltooi en moes dus uittree. Ons wil haar bedank vir haar gesindheid en positiewe deelname aan die sake wat hierdie Geloofsfamilie raak. Ons sal haar opgewektheid, glimlag en betrokkenheid baie mis! TOE NIE ‘N VYEBOOM NIE… Vir my was dit toe nie ‘n vyeboom nie. Ook nie ‘n braambos, ‘n komkommer rank of ‘n ashoop nie. Nee, vir my was dit ‘n appelboom. En dit was wel in die fluistering van ‘n Karoo briesie, die wydheid en varsheid van ‘n oop en onbelemmerde uitspansel. Hier het my ore duideliker gehoor, kon my hart onbevange asemhaal en my sig helder en ver sien. Hier sit ek , wees ek…is ek. God se kind. En ek vra na die sin in my lewe, na die “kuns van lewe”. Helder, en vredig sag, hoor ek:” Moenie vra wat is die sin van jou lewe nie, hoor hoe vra die Lewe: “ hoe bring jy My sin na die lewe?” Hoe graag ek ookal in die oopte, eenvoud en stilte sou wou bly, voel ek die sagte, dog dringende Hand op my skouer wat my laat terugloop na daar waar Hy vir my sal wys ek diensbaar moet wees. Ek wonder, is dit vir jou dalk ‘n vyeboom of sommer net ‘n koppie mooi tee, die vlegsel van jou dogtertjie of die plooie in die sonverdroogde vel van die motoroppasser?

Ons maak dus bekend dat daar ‘n vakature ontstaan het op die GEMEENTERAAD en word die Gemeente versoek om nominasies te maak van persone wat u graag as Lid van die Gemeenteraad wil voorstel. Daar is twee weke tyd hiervoor en nominasievorms is by die kerkkantoor beskikbaar – dit kan ook op versoek elektronies aan u versend word.

Fotografie Bediening:

MANNE - "IETS ANDERS" 2012

Kom speel saam met spoed, vinger op die knoppie – hou net moed! Daar’s groot ligte & goeters wat breek en beweeg – enige kamera sal deug!

Jagter of nie-jagter. Jy word genooi om deel te word van die jag! Jag self of stap net saam en deel in die ervaring.

Sien jou in die Boma 24 April om 7uur, vir pret wat nog lank gaan duur! Izette 0828237524

27 April tot 1 Mei. Kom "skouer-skuur" saam en word deel van die stories. Kontak Dewald 083 325 9307 of Deon 083 645 9326 vir meer inligting.

Ons DOOP gewoonlik die eerste Sondag van die maand en herinner graag aan voornemende doopouers om te registreer vir ons doopgesprek. Die volgende doopgesprek vind op Dinsdagaand 24 April om 19:00 by die kerk plaas. Die registrasiefooi vir die kursus is R100. Vir navrae skakel Henk by 082 336 7555.


Ek lees in die week weer die waar woorde van Haim Ginott: “OUERS se eerste verantwoordelikheid is nie om hulle kinders gelukkig te laat voel nie, maar om hul karakter en waardesisteem te ontwikkel.” By die jeugbediening het ons wéér besef dat waardes die grondslag is waarop jongmense se lewens gebou word. Ons het ‘n lys van belangrike waardes identifiseer waarop ons die jaar fokus, en respek is een. Ons moet ons kinders van kleins af die belangrikheid van waardes leer. Ons moet jong dames die waarde van respek vir hulself en hul liggame leer. As hul nie respek het vir hulself nie, hoe sal mans hul met respek behandel. Kleredrag, grimering, taalgebruik, en optrede bepaal met hoeveel respek ander mense teenoor hulle optree. By die juniors sien ons dat die kinders nie vir mekaar kansie gee om te praat nie, luister nie vir die groepleier nie en is moeilik as hulle nie hul sin kry nie. Onderwysers kla oor dieselfde dinge. Kom ons doen dié week moeite en gesels met ons kinders en jongmense oor die waarde van respek. Respek vir hulleself, vir hulle mede maats, vir gesag, vir ander rasse, vir die natuur en eerstens vir ons ongelooflike Skepper en God.

“FAIRSQUARE” www.fairsquare.co.za Ons koop graag. Die skokkende realiteit is egter dat ons produkte koop vir ons eie plesier en bevrediging sonder om te dink en te vra waar die produk vandaan kom of waarheen die geld gevloei het. Dikwels verdien die persoon wat die produk maak die minimum loon, en die persoon wat dit verkoop verdien die maksimum wins, wat onregverdig is. Fairsquare poog om plaaslike materiaal, vervaardigers en modieuse ontwerpe bymekaar te bring vir produkte wat kopers tevrede stel, maar regverdige wins maak wat die werkers bevoordeel. Raak deel van die beweging. Kontak vir Ryno as jy meer wil weet!

Die plan is om met soveel as moontlik mense gelyktydig Noord te gaan met die evangelie en bestaande sendelinge en organisasies te help en te versterk met dit wat hulle reeds besig is om te doen. Ryno en Mari is die toesighouers van MIA vir Namibië. Daar gaan moontlik 6 spanne na drie uitreikpunte: Gobabis, Outjo en Grootfontein. Die uitreik gaan sendingstasies se hande sterk maak met onderhoud, kinderbediening, sport bediening en vriendskap evangelisasie. Kontak vir Ryno vir inligting

Pierre van Rynevelders styg uit By die pas afgelope MTN Radiotoekennings is “Jubel en Juig” op Radio Kansel, waarvan Francois Botha ’n aanbieder is, aangewys is as die beste “Gemeenskapstasie Musiek Program”. Baie geluk Francois!

Sondae: Skoolkwartale 08:00 - Erediens (Ouditorium) 08:00 - Kinderdiens (3j-Gr.3) 09:00 - Groepe (Gr.4 – Gr.7) 10:00 - Erediens (Ouditorium) 10:00 - Kinderdiens (3j – Gr.3) 13:00 - Erediens (Afrikatale)

Onthou om Elmarie se blog oor ouerskap te gaan lees.

MIA- “Moving into Action” www.mia2012.co.za Van 25 Junie tot 6 Julie gaan meer as 100 spanne gelyktydig in 19 verskillende Afrikalande uitreik.

17:00 - Groepe (Gr.8 – Gr.11) 18:30 - Aanddiens

Kerkkantoor: Ma: 11:00–16:00 Di–Do: 08:00–16:00 Vr: 08:00–13:00 Tel: 012 662-1708 admin@pvr.co.za www.pvr.co.za www.facebook.com/ pvrgeloofsfamilie www.twitter.com/ PvRGeloofsfam

Nuusflitse 22 April  

Nuusflitse

Advertisement