Page 1

NUUSFLITSE WAT GEBEUR VANDAG 08:00 : Erediens (Jan Venter) 08:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3) 09:00 : Junior Geselsgroepe (Gr 4–7) 10:00 : Erediens (Jan Venter) 10:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3) 13:00 : Afrikatale Erediens 17:00 : Senior Geselsgroepe (Gr 8–11) 18:30 : Aanddiens (Jan Venter)

KERKKANTOOR CD VERKOPE Plaas gerus ’n bestelling vir oudio opnames van die eredienste. Kontant by bestelling

Ons het soveel redes om dankbaar te wees.

10

Kom ons sê saam DANKIE deur ons Tiendemaand Dankoffer! Vanaf 28 Oktober 2012

Hoe sê mens dankie? Ons vind dit nogal moeilik om te vra, maar vind dit soms selfs moeiliker om te ontvang en dankie te sê. Ons is mos geleer dat jy nie vra nie. Ons is te trots om te vra. As ons iets ontvang, waarvoor ons nie gevra het, is dit nog moeiliker om te ontvang. Ons sal eerder gee as om te ontvang. Is dit miskien dat ons dan in beheer voel? Ek het onlangs die ervaring gehad dat iemand vir my iets moois gesê het en ek het myself gevang dat ek dit nie kon ontvang nie. Is dit regtig waar? Het sy dit regtig bedoel? Toe besef ek, dit kan tog nie so wees nie. Ek moet ontvang wat na my toe kom, al is dit moeilik. In my geloofslewe is dit dieselfde. Wanneer ek iets van die Here ontvang, dan wil ek dit probeer weg verklaar. Dit is seker omdat ek dit of dat gedoen het of omdat... Ek besef dat ek moet leer om te ontvang sodat ek makliker kan gee. Ons kan maklik aan Jesus se woorde in Handelinge 20 dink dat dit makliker is om te gee as om te ontvang en dit as verskoning gebruik om nie te wil ontvang nie. Ek dink dat ons dan die bedoeling mis. Is dit nie so dat Jesus per implikasie sê dat as jy kan ontvang, dan sal jy ook makliker kan gee nie. Dit is nodig dat ons in hierdie tyd stilstaan en terugkyk na wat ons alles van die Here ontvang. Die Here seën ons met genade en liefde, maar ook geleenthede, gawes en goeie verhoudings. Wil jy nie vandag vir die Here dankie sê vir alles wat jy ontvang nie? Sien raak dat Hy die Groot Gewer is. Vra dan ook vir die Here waar jy kan gee om 'n verskil te kan maak, omdat jy en ek so mildelik van Hom ontvang. Henk Janse van Rensburg


Bid asseblief saam met ons vir die volgende mense: • Cobus Willers wat steeds in hospitaal is. • Annette Robinson wat in hospitaal opge• • • • •

neem is. Rita Kriel wat aansterk na operasie. Les Steel wat met sy gesondheid sukkel. Hermien Grobler wat tuis aansterk. Oom Hennie Beetge wat ernstig siek is. Dirk Strydom wat tuis aansterk.

• • • •

Louis du Toit wat aansterk na operasie. Ronnie v Deventer wat met kanker worstel. Hannie Ferreira wat behandeling ontvang. Hennie Kaltwasser wat steeds in versorgingseenheid is. Ek het die Here lief, want Hy verhoor my smeekgebede. Hy het na my geluister toe ek Hom aangeroep het (Psalm 116:1-2)

JUNIOR EN SENIORS MENTORS:

KAARTJIES VANDAG BESKIKBAAR BY DIE KERKKANTOOR

Nuwe bloeisels,

KAARTJIES BESKIKBAAR BY DIE KERKKANTOOR TYDENS KANTOOR URE RIANA 012 662-1708

bring nuwe seisoene EN die 2013 Jeugseisoen is oop. As jy geroep word en in die wêreld van jongmense

KAARTJIES SAL SLEGS GEGEE WORD BY ONTVANGS VAN BETALING VRYDAGAAND 2 NOVEMBER 19:00 OUDITORIUM VOLWASSENES R100 KINDERS ONDER 12 R75

in gestuur word, is hierdie die geleentheid om ‘n nuwe

Plaasdans

ritme in jou lewe te kweek waar jy tot seën kan wees

Saterdag 3 November 2012 19:00

vir ‘n klomp jongmense. Van 3 jaar tot 17 jaar, kort jou liefde. As jy die gevoel kry is jy geroep.

KOM SLUIT AAN. Gr11 begin ‘n nuwe ritme kweek met ‘n klomp lekker “lyfskywe”.

Koste: R100 per paar/gesin Bring jou piekniekmandjie/ koelerboks /braai Kuier saam soos in die ou dae! Kaartjies beskikbaar by die kerkkantoor na die diens en gedurende die week. Skakel Riana 012 662-1708 admin@pvr.co.za Kantoor ure 8:00 tot 16:00


Doopgesprekke

Bybelreis met Stephan Joubert

As julle beplan om binnekort julle kind te doop, registreer asseblief by die kerkkantoor. Daar is nog twee doopgesprekke hierdie jaar: • 23 Oktober • 20 November

Ons laaste Bybelreis vir die jaar vind plaas op Woensdag 31 Oktober en 7 November om 19:00.

Registrasie beloop R100. Kontak Riana by die kerkkantoor vir meer inligting.

Ons gaan op ’n ontdekkingstog na 1 Johannes se liefde kyk. Kom kry inspirasie vir die laaste stukkie van die jaar. Die Oggend Bybelreis vind ook in November plaas. Vir meer inligting, kontak Henk by 0823367555.

HELPERS KOSSTALLE HELPERS BOK VAN BLERK PRETPARK VERSKEIDENHEID KUNS EN SNUISTERY STALLETJIES STRAATMYL PLAASDANS BERGFIETS KERMESSE

4X4 AKSIE EXPO

HEELDAG VERHOOG VERSKEIE KUNSTENAARS WYNPLAAS

KOSSTALLETJIES

HEELDAG PRETPROGRAM

2/3 NOVEMBER

TOEGANGBEHEER

HELPERS UITLEG VAN FEESTERREIN Skryf jou naam op die lyste by die voordeur na die diens of Skakel die kerkkantoor, Riana 012 662-1708 of epos ons by admin@pvr.co.za


GESINSGEWELD EN MISHANDELING

SENIOR BYEENKOMS

Eers wanneer ons mekaar met potte en panne gooi en geweld hande en voete kry: beskou ons dit as gesinsgeweld. Hierdie is egter ‘n enkele vorm daarvan. Hoe lyk dit dan? Wonder ons. Is daar dan meer? Ons hoor dikwels: “Hy slaan my darem nie en word ook nie dronk nie. Ons het kos en klere en ‘n dak oor ons koppe...” Ons kan eitlik ‘n lang lys maak van vorme van geweld en mishandeling. Hier fokus ek net op ‘n paar senarios. Fisiese geweld en mishandeling. Hier is aanranding en fisiese besering ter sprake. ‘n Klap, bloukol of kneusing is ook mishandeling. Daar hoef nie bloed of gebreekte bene te wees nie Weerhouding van kos, klere,behuising, sosiale verkeer (familie en vriende), uitlewing van spiritualiteit of basiese behoeftes en toegang tot beskikbare middele, soos telefoon, vervoer en mediese versorging. Om verslag te moet doen oor elke aksie en beweging. Emosionele mishandeling is ‘n baie meer kamofleerde vorm van geweld. Om iemand emosioneel af te kraak, om skuldgevoel as wapen te gebruik. Belediging, vloek, stilstuipe (ignoreer, manipulering, leuens, dreigemente en om namens ‘n ander te praat. Indien jy konfidensieel met iemand wil praat oor enige vorm van geweld en mishandeling, kontak ons gerus. Belangrike kontakpersone: Elmarie: 0722380549 (berader)

Kerkkantoor vir ‘n leraar, Amanda 012 662-1708 (afsprake)

27 Oktober Op die kerk terrein Cullinanlaan 1 Olifantsfontein Ons begin 08:00 KOM GENIET DIE DAG SAAM MET ONS

HULP!! SOPKOMBUIS Buti bedryf 'n Sopkombuis by die kerk op 'n Vrydagoggend. Die mense wat hy bedien kom van 10:00 af en ongeveer 11:30 is die dag se aktiwiteite klaar. Buti maak staat op vrywilligers om hom te help met die maak van die sop en ook die bediening daarvan. Hy het 'n wonderlike span mense wat hom help. Susan van Tonder koördineer die vrywilligers. Dit behels om al die vrywilligers wat help, in te deel in 'n rooster volgens die Vrydae wat daar Sopkombuis aangebied word. Susan gaan binne die volgende paar maande uit die rol tree omdat hulle verhuis. Dus kort ons iemand nuut. Stel jy belang? Kontak gerus vir Ryno 0824602103 of Amanda 012 662-1708.

Berna: 0832286798 (berader)

OLIFANTSFONTEIN HOU BAZAAR

Ons senior byeenkoms vind plaas op Do 25 Okt om 10:00 in die Kerksaal. Ons is bevoorreg om vir Ria van Wyk en ds Martiens Swart te verwelkom, wat ons kom optree. Navrae Jan Cilliers by 0826727610 of 0126620360

www.pvr.co.za www.facebook.com/ pvrgeloofsfamilie www.twitter.com/ PvRGeloofsfam Kerkkantoor: Ma: 11:00–16:00 Di–Do: 08:00–16:00 Vr: 08:00–13:00 Tel: 012 662-1708 admin@pvr.co.za

MATRIEK’S Sherry en Sjokolade aand Alle matriek welkom 21 Oktober van 17:00 - 18:30 by die kerk


Nuusflitse 21 Oktober  

Afkondigings vir die week

Advertisement
Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you