Page 1

NUUSFLITSE WAT GEBEUR VANDAG 08:00 : Erediens (Callie Roos) 08:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3) 09:00 : Junior Geselsgroepe (Gr 4–7) 10:00 : Erediens (Callie Roos) 10:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3) 13:00 : Afrikatale Erediens 17:00 : Senior Geselsgroepe (Gr 8–11) 18:30 : Aanddiens (Pierre Jacobs)

KERKKANTOOR CD VERKOPE Plaas gerus ’n bestelling vir oudio opnames van die eredienste. Kontant by bestelling

DIE KERKKANTOOR SAL VANDAG GESLUIT WEES AL DIE PERSONEEL IS WEG MET DIE WEEK VAN BEPLANNING

‘n Pa se arms .. Ek is ‘n “dogtertjie pa”. Vandat my oudste dogter gebore is het mense my bly vra: “So wanneer probeer julle vir ‘n seun?” My antwoord was dan altyd: “Hoekom?”, met my tong in die kies. Ek is versot op my dogters. Hulle is sterk, wonderlike mense. Hulle waag en streef, maar vind altyd weer in my arms vertroosting, liefde en aanvaarding. Maar ‘n pa se arms is nie net daar om ‘n skuilplek te wees teen die aanslae van die lewe nie. Dis ook daar om op te lig, te help regop staan, uit te stuur en aan te por. Terug in die lewe in. Soms terug na die plek van seerkry en worsteling. Soms wens my dogters dat hulle vir altyd net in my arms kan wegkruip teen die aanslae en uitdagings van die lewe. Net om te voel hoe my arms hulle staanmaak en vorentoe druk. Om weer en weer te leef. Om te gaan waar dit dalk minder lekker is. Hulle gaan dan, omdat hulle weet hulle kan terugkeer. Tydelik. In ons verhouding met ons Hemelse Vader verstaan ons ook soms Sy arms verkeerd. Ons dink dit is ‘n ontvlugting van die harde werklikheid van die lewe. Ons wil graag meer hoor van “gentle Jesus meek and mild” en minder van die Leeu van Juda. Ons wil in die kerk net die vertroostende, berustende, bemoedigende kant van die evangelie hoor, en nie die steurende, sturende kant daarvan nie. Ek verstaan dit so goed. Ek het soveel empatie hiermee. Want ek is self so. Ek sou ook eerder graag in die wonderlike arms van my Vader wou bly en nooit as volgeling van Jesus die ontberinge ter wille van die Evangelie wou verduur nie. Maar Hy lig my op, hy plaas my voete op stewige grond, Hy lei en stuur my om met Sy wonderlike boodskap in my lewe ingeplant te gaan leef waar ander Hom in my kan sien. God is ons Hemelse Vader. Hy troos ons, bemoedig ons, gee ons rus. Maar dis die ontvlugting nie. Dis skuiling. Tydelik. Dan stap hy weer die wêreld in. En ons saam met Hom. As sy volgelinge wat dit wat ons in Hom ontdek, gaan uitleef! Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind en die beskerming van die Almagtige geniet, 2hy sê vir die Here: “U is my toevlug en my veilige vesting, my God op wie ek vertrou.” Psalm 91:1 Jan Venter


Bid asseblief saam met ons vir die volgende mense: • Hennie Brits wat in die hospitaal . • Cobus Willers wat ernstig siek is in ICU. • Schalk Doms wat herstel na operasie. • Les Steel wat met sy gesondheid sukkel. • Willem Pretorius wat tuis aansterk. • Piet van Rensburg wat herstel na operasie. • Hermien Grobler wat tuis aansterk. • Dirk Strydom wat tuis aansterk. • Oom Hennie Beetge wat ernstig siek is.

• • • •

Ronnie v Deventer wat met kanker worstel. Anna Venter wat tuis aansterk. Hannie Ferreira wat behandeling ontvang. Hennie Kaltwasser wat steeds in versorgingseenheid is. Ek het die Here my God gekies as my toevlug! Ek sal van al u werke bly vertel. Psalm 73:28

BESPREKINGS KAARTJIES VANDAG TYDENS DIE DIENS BESKIKBAAR KAARTJIES BESKIKBAAR BY DIE KERKKANTOOR TYDENS KANTOOR URE RIANA 012 662-1708 KAARTJIES SAL SLEGS GEGEE WORD BY ONTVANGS VAN BETALING VRYDAGAAND 2 NOVEMBER 19:00 OUDITORIUM VOLWASSENES R100 KINDERS ONDER 12 R75

WAT GEBEUR BY DIE HOËRSKOOLJEUG: Vandag sluit ons senior jeug kwartaal 3 af.

SENIORAKSIE 25 September Ons gaan Piekniek hou by die Botaniese Tuine. Bring jou eie piekniek mandjie saam of eet by die restaurant (eie rekening). Bring opvoustoele saam. Vir meer inligting skakel Jan Cilliers 0826727610

JUNIOR EN SENIORS MENTORS: Nuwe bloeisels, bring nuwe seisoene EN die 2013 Jeugseisoen is oop.

Die volgende Belydenisaflegging vind Sondagaand 14 Oktober om 18:30 plaas. Spaarbussies is uitgedeel vir ons hoërskool “kids” wat solank wil begin spaar vir die Sodwana Seekamp 2013.

As jy geroep word en in die wêreld van jongmense in gestuur word, is hierdie die geleentheid om ‘n nuwe ritme in jou lewe te kweek waar jy tot seën kan wees vir ‘n klomp jongmense. Van 3 jaar tot 17 jaar, kort jou liefde. As jy die gevoel kry is jy geroep. KOM SLUIT AAN.


Versorgingsbediening—25 September Jy is seker bewus van die Versorgingsbediening wat in die gemeente funksioneer. Wat is die Versorgingsbediening? Dit is ’n span in ons gemeente wat betrokke is by oa. Hospitaalbesoeke en tuisbesoeke van mense in ons gemeente en gemeenskap. As jyself hospitaal toe gaan of weet van iemand wat gaan, wil jy nie asseblief die kerkkantoor kontak, sodat iemand van die bediening kontak kan maak om ’n besoek af te lê nie.

Indien jy dalk self by die Versorgingsbediening wil betrokke raak, kontak asseblief vir Amanda by die kerkkantoor. Ons volgende byeenkoms vind op Dinsdag 25 September om 18:00 plaas. Kom wees deel van hierdie bediening. Kontak Henk by 082 336 7555 vir meer inligting. Jy is ook welkom om die kerkkantoor te kontak by 012 662 1708 of enige van die leraars.

HELPERS KOSSTALLE Pannekoek bakkers

BOK VAN BLERK PRETPARK VERSKEIDENHEID KUNS EN SNUISTERY STALLETJIES STRAATMYL PLAASDANS BERGFIETS KERMESSE

4X4 AKSIE EXPO

HEELDAG VERHOOG VERSKEIE KUNSTENAARS WYNPLAAS

KOSSTALLETJIES

HEELDAG PRETPROGRAM

2/3 NOVEMBER

Gaarmaak van Rys en Kerrie vleis Verkoop van Kerrie en Rys Gee jou naam op by die kerkkantoor na die diens . Skakel Riana 012 662-1708 of epos ons by admin@pvr.co.za


911

Vrouekamp

Ek is seker as ons een Sondag vra dat almal in die kerk moet opstaan wat al ‘n krisis beleef het, die hele kerk en die predikante sal opstaan. Weet dat die persoon langs jou, voor jou, agter jou al hierdie paadjie moes loop, of dalk steeds loop. Dit verstom my om te sien hoe ons omgee vir diere, soos Solly die seekoei, Max die gorilla en elke verminkte renoster. Omgee voorblad berigte. Saamstaan vir die beter. Opoffer. Verskil maak… Waarom sukkel ons om so oor mense op te tree? Kan jy jou voorstel hoe sou dit wees as ons alle mense met dieselfde mate van omgee en versorging kon hanteer. Ek glo baie sterk dat die sukses tot fisiese en psigiese heelheid lê in die gemeenskap se vermoë om om te gee. Hoe lyk omgee? Stephan noem dit die Koninkryk se basiese genade-reëls. Om in jou woorde en dade en gebede in ‘n reuse “SPACE FOR GRACE” te leef. Word deel van die wat omgee en laat ook toe dat ander vir jou omgee. Die voorblaaie sal dan ook anders lyk. Solly die weerlose man, Max die weeskind in die kinderhuis, of Bella die weggooi oumatjie…

19 – 21 Oktober Bespreek asb spoedig jou plek by Amanda. Net 11 plekke nog beskikbaar By Meulstroom Lodge (anderkant Bronkhorstspruit) www.meulstroomlodge.co.za

Spreker: Thea Coetzer Onderwerp: “Wie is ek in God se hart?” Kostes: R600 per persoon, sluit alle etes en akkommodasie in

Benodig: Admin hulp vir die Sopkombuis Buti bedryf 'n Sopkombuis by die kerk op 'n Vrydagoggend. Die mense wat hy bedien kom van 10:00 af en ongeveer 11:30 is die dag se aktiwiteite klaar. Buti maak staat op vrywilligers om hom te help met die maak van die sop en ook die bediening daarvan. Hy het 'n wonderlike span mense wat hom help. Susan van Tonder koördineer die vrywilligers. Dit behels om al die vrywilligers wat help, in te deel in 'n rooster volgens die Vrydae wat daar Sopkombuis aangebied word. Susan gaan binne die volgende paar maande uit die rol tree omdat hulle verhuis. Dus kort ons iemand nuut. Stel jy belang? Kontak gerus vir Ryno of Amanda.

Sondae: Skoolkwartale 08:00 - Erediens (Ouditorium) 08:00 - Kinderdiens (3j-Gr.3) 09:00 - Groepe (Gr.4 – Gr.7) 10:00 - Erediens (Ouditorium) 10:00 - Kinderdiens (3j – Gr.3) 13:00 - Erediens (Afrikatale) 17:00 - Groepe (Gr.8 – Gr.11) 18:30 - Aanddiens

SOLO KAMP Wanneer: 12, 13 en 14 Oktober 2012 Waar: Nylstroom Bush Lodge

www.pvr.co.za www.facebook.com/ pvrgeloofsfamilie www.twitter.com/ PvRGeloofsfam Kerkkantoor: Ma: 11:00–16:00 Di–Do: 08:00–16:00 Vr: 08:00–13:00 Tel: 012 662-1708 admin@pvr.co.za

Hou die PvR webtuiste dop vir ‘n inskryfvorm, meer foto’s en inligting.

Wie kan ek kontak vir meer inligting: Lizette Klinkhamer 078 077 9394 solo@pvr.co.za

Nuusflitse 16 September 2012  

Nuusflitse van 16 September 2012

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you