Page 1

19 FEBRUARIE 2017

Familiefees veroorsaak VOLGELINGE! Vandag is ‘n FEESDAG vir ons Geloofsfamilie. Ons vier die NAGMAAL, die hoogste en mooiste uitdrukking van ons verbintenis aan mekaar en aan Jesus. In vanoggend se eerste ontmoeting maak ons spesiale moeite met ons kinders en gesinne, om ‘n baie spesifieke rede. Families veroorsaak VOLGELINGE. Dié van ons wat leiding neem in die Kerk van Jesus het ongelukkig die GROOT OPDRAG van Jesus tot ‘n groot mate geïgnoreer vir 20 eeue. Hoor wat sê Hy: “Ek wil hê julle moet iets vir My doen: “Die wêreld is nou julle sendingveld. Gaan oral na almal toe en daag hulle uit om My sonder enige voorwaardes of verskonings te volg.” Matteus 28:19a. Maak volgelinge. Dissipels. Nie toeskouers, ondersteuners, aandeelhouers, lidmate, verbruikers, klublede of watookal anders nie. VOLGELINGE! Mense, gewones soos ek en jy, wat Jesus met ons hele lewe vertrou en doen wat Hy sê in die Woord. Heeldag. Elke dag. Wanneer ons misluk, weer begin. Tot Hy weer kom. Is jy ‘n volgeling van Jesus? Moeilike vraag? Is jou antwoord ook dalk: “Wel, ja, soort van, miskien, dalk amper, soms, uhm… wat is ‘n volgeling nou weer?” Jy is op die regte plek in ons Geloofsfamilie. Ons het gekies om gehoorsaam aan Jesus te wees en VOLGELINGE te maak. ‘n Geloofsfamilie vol families wat volgelinge veroorsaak. Dit begin altyd, hier, by Jesus aan tafel. Welkom op die reis.

WAT GEBEUR VANDAG 08:00 : Gesinsnagmaal Geen Kinderkerk (Jan Venter) 09:00 : GEMEENTEKUIER 10:00 : Erediens—Nagmaal (Geen Kinderkerk) (Jan Venter) 17:00 : Faithbook (Gr 8–11) Senior Geselsgroepe 18:30 : Aanddiens NAGMAAL (Ryno Meyer)

WAT GLO ONS?

LEESROOSTER

VRAAG 6 Hoe kan ons God verheerlik?

Levitikus 19: 1,2 9-18 Psalm 119: 33-44

Ons verheerlik God deur Hom te geniet, Hom lief te hê, Hom te vertrou en deur sywil, opdragte en wet te gehoorsaam.

1 Korintiërs 3: 10,11 16-23 Matteus 5: 38-48


KOMPAS BAKEN: VERHOUDINGS “Vroue, erken die gesag wat mans in die gesin dra. Die Here verwag dit. Mans, wees lojaal en liefdevol teenoor vroue. Moenie geïrriteerd raak met hulle nie. Kinders, luister na wat julle ouers sê. Daarvan hou die Here. Pa’s, moenie te veel druk op julle kinders sit nie. Netnou verloor hulle moed omdat hulle voel dat julle nooit tevrede is nie. Nou kom ek by julle wat vir base werk. Doen wat julle aardse base van julle vra. Moenie skynheilig wees en net werk as hulle vir julle kyk nie. Wees eerlik en werk hard omdat die Here altyd vir julle kyk.” Kolossense 3:18-22 DB Gesonde naby verhoudings is wat hierdie teksgedeelte van ons vra. Trouens, dit word van ons, wat liefde verstaan omdat ons met die Bron van Liefde in verhouding is, verwag! Ons staan meeste van ons tyd naby of in hierdie verhoudings wat genoem is. Hierdie verhoudings is juis die plek waar ons geborge moet voel, waar ons aanmoedig en aangemoedig word, waar ons gee en neem, waar ons liefde tasbaar kan ervaar en gee. Hierdie verhoudings is bedoel om ons te help om beter volgelinge van Jesus te wees, en dit is ook bedoel om ons primêre oefenplek te wees om te leer wat dit beteken om lief te hê, sodat ons mense kan liefhê wat nie so naby aan ons is nie. Vind jy jou naby verhoudings in hierdie beskrywings? Is jy so 'n iemand vir jou naby mense? Wie is die persone wat jy deur vreugde en moeilike tye bystaan, en wie doen dit vir jou?

GEMEENTEKAMP: 3-5 Maart Ons herinner almal wat gaan kamp om asseblief die res van hulle kampgelde teen vandag te betaal. Vir enige navrae kontak Henk by 082 336 7555.

Gemeentekuier Ons gaan tussen die Oggenddienste heerlik onder die afdak kuier. Ons bedien koeksisters saam met die tee. Daar is ook geleentheid vir families om saam foto’s te neem by die Photo Booth. Foto’s sal beskikbaar gemaak word Kom ontmoet ander lede van ons geloofsfamilie.

Doopgesprekke Datums vir ons volgende reeks doopgesprekke is Sondag 5, 12 en 26 Maart om 16:00 by die kerk. Hierdie gesprekke is vir al julle wil doop op 2 April (09:00) of 7 Mei (08:00). Die koste is R150. Registreer asseblief by Riana by die kerkkantoor.

Preke en videos beskikbaar Ons herinner jou dat die preke weekliks op ons webblad gelaai word en dat jy dit kan gaan luister of kyk by www.pvr.co.za/preke Indien jy ‘n oudio CD van ‘n preek wil hê, kan jy dit by Kerkkantoor bestel teen R15 per CD.

Musiekbediening As jy graag wil betrokke raak by ons musiekbediening as ‘n sanger of instrumentalis, kontak asseblief vir Karel. Ons benodig ook nog klank– en rekenaaroperateurs. Opleiding sal verskaf word. Vir navrae skakel Karel by 083297 1242.


Bid asseblief saam met ons vir die volgende mense: • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • •

Deon Fourie en familie met die afsterwe van sy pa Tannie Jeanette en familie met die afsterwe van oom Isaac Schoombie Emelia van Heerden wat nekoperasie gehad het Kleintjie de Lange wat handoperasie gehad het Christiene Malherbe wat chemobehanderling ontvang Tersia Orsmond wat operasie gehad het Sindey Coetzer se gesondheid Salvia Saunders wat haar voet gebreek het Willie Fourie wat tuis aansterk na hartprosedure Versorgingspan Willie Botha se gesondheid en wat tans tuis aansterk Marita Erlank se gesondheid Byeenkoms Manie Reyneke wat na rehabilitasie ontslaan is en tuis aansterk 20 Februarie Ansen Lamprecht wat aansterk na groot operasie Wessie vd Westhuizen wat tans chemobehandeling ontvang om 18:30 Naas Henning wat tuis aansterk na stamseloorplanting Karin de Beer se gesondheid Jan-Hendrik de Beer se gesondheid Ruan Wolhuter wat chemo ontvang het in voorbereiding op stamseloorplanting Debbie Oosthuizen se gesondheid Landi Hager wat chemobehandeling ontvang Lize Gouws se gesondheid Ron Wirth wie tuis aansterk Fritz Willmot wat tuis aansterk na groot operasie Fanus Jacobs se gesondheid en herstel Marie van Jaarsveld wat operasie ondergaan het Barry Rex se gesondheid

Indien jy weet van iemand wat hospitaal toe gaan, of tans in die hospitaal is, kontak ons asseblief. Amanda by die kerkkantoor of Gert Jordaan (082 737 8111).

Wêreldbiddag vir Vroue Vrydag 3 Maart 2017 om 09:00 by Kerksondermure (KSM).

Die Sentrum vir Lewenskuns bied: •

Die Vrouebediening nooi al ons vrouens om op 22 Februarie om 19:00 in die kerksaal saam te kom kuier. Ryno Meyer gesels met ons oor Uitvoerbare naasteliefde! Vir navrae kontak Talitha by 082 789 8727

Kerkkantoor: Ma: 11:00–16:00 Di: 08:00–16:00 Wo - Do: 08:00–16:00 Vr: 08:00–13:00 Tel: 012 662-1708 admin@pvr.co.za www.pvr.co.za

Verhoudings– en huweliksterapie

Rou en Trauma begeleiding

Persoonlike en karaktergroei

Kontak Elmarie Smit (Koördineerder: Lewenskuns) 072 238 0549

NGK Pierre van Ryneveld ABSA Centurion Rek no.: 600 591 355 Takkode: 630 445

Sondae: Skoolkwartale

Stuur betalingsbewys na: (012) 662 0104 of finansies@pvr.co.za

13:00 - Erediens (Afrikatale)

08:00 - Erediens (Ouditorium) 09:00 - Groepe (Gr.4 – Gr.7) 10:00 - Erediens (Ouditorium) 17:00 - FaithBook & 10’er Groepe 18:30 - Aanddiens

Nuusflitse 19 Februarie 2017  

PvR Geloofsfamilie se Nuusflitse