Issuu on Google+

WAT GEBEUR VANDAG NAGMAAL BY AL DRIE DIENSTE

08:00 : Erediens (Stephan Joubert) 08:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3) 09:00 : Junior Geselsgroepe (Gr 4–7) 10:00 : Erediens (Stephan Joubert) 10:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3) 13:00 : Afrikatale Erediens 17:00 : Senior Geselsgroepe (Gr 8–11) 18:30 : Aanddiens (Nicholas Delport)

WAT GLO ONS? Vraag 33 Moet die wat geloof in Christus het, hul verlossing deur hul eie dade of op enige ander plek, soek? Nee, hulle moet nie.Alles wat vir verlossing nodig is, word in Christus gevind, om verlossing deur goeie dade te soek is om Christus as enigste verlosser en redder te verwerp.

LEESROOSTER Hebreërs 12:18-29 Jeremia 1:4-10 Psalm 71:1-6 Lukas 13:10-17

Kerk moet ‘n fees wees, vir die Dorp Die afgelope paar weke is ons jaarlikse Dorpsfees sterk op die voorgrond. Ons vertel daarvan by byna elke geleentheid wat ons het. Daar is baie reëlings en organisasie. ‘n Hele span mense wat dit maak werk en sommer ‘n boksemdaais dinge wat gebeur. Jy sou ook gehoor het dat ons sê dit is “ons Geloofsfamilie se geskenk aan ons dorp”. Dalk het jy gewonder wat presies beteken dit? Is dit nie dan “net maar” ‘n fondsinsameling nie? O nee, verseker is dit baie meer as dit. Ons Geloofsfamilie noem onsself ‘n “Gemeenskapskerk”. Dit is nie maar net ‘n lukrake keuse vir ‘n naam nie, dit het ‘n veel dieper betekenis. Dit beteken dat ons in die eerste plek hier wil wees ter wille van die mense in “ons dorp”. Dat ons Jesus se hart vir ons dorp wil ken en Sy hande en voete hier wil wees. Selfs meer as dit, is die feit dat Jesus Sy Kerk (dis nou ons, die mense wat Hom liefhet en volg) geskep het ter wille van die wêreld. Soos Hy ter wille van die wêreld geleef, gesterf en opgestaan het, is ons geroep om onsself te gee ter wille van ander. So, die Dorpsfees is een van die maniere waarop ons vir Pierre (en Petra) van Ryneveld sê: “Ons is hier vir jou”. Dis ‘n geleentheid vir jou om jou vriende, bure en mense in die straat uit te nooi en saam te bring. Dis ‘n kans om iets goed en mooi in ons dorp te vestig wat uiteindelik mense Lse ewenskwaliteit en lewensvreugde sal verbeter. So, koop jou kaartjies en knyp die tyd af. Sit jou naam op ‘n lys en help ander om saam suksesvol te wees. Maak ‘n verskil. Maar die belangrikste, kom kuier saam. Kom lag lekker saam met Jammies en geniet Christiaan se musiek. Kom luister na inspirerende klassieke musiek (Sondag) wat jou asem sal wegslaan. Kom ry en hardloop saam met die Doomse,dalk wen jy. Kom geniet die feesdinge. Die lekker eet en kuier. Die pret en spele. Die orkeste, trompoppies en ander vertonings. Ons doen dit vir die dorp. Ja, ons doen dit vir Jesus.


Bid asseblief saam met ons vir die volgende mense: • • • • • • • • • • • • • • •

Jo-Ann van Rensburg wat met haar gesondheid sukkel. Ruan Wolhuter (2 jaar) wat chemo ontvang vir rare bloedsiekte. Tina van Niekerk wat herstel na beroerte aanval. Annelie van der Merwe en familie met die afsterwe van haar ma Johan Malan en familie met die afsterwe van sy ma. Andrew van der Watt wat aansterk na ‘n knie-vervanging. Sampie Niemand wat aansterk na ‘n rugoperasie. Dawie Jacobs wat wat aansterk na knie-vervangingsoperasie. Lize du Plooy wat tuis aansterk. Jan-Hendrik de Beer (6jaar) en mamma Versorgingspan Karin de Beer wat sukkel met hul gesondheid. Byeenkoms Manie du Plooy wat met gesondheid worstel. 19 Augustus Pieter Steyn wat baie siek is met kanker. Om 18:00 by die Suné Jordaan wat sukkel met gesondheid. Dirk Strydom wat aansterk na ‘n knie-operasie. kerk. Gerhard Posthumus wat weer toetse moet ondergaan.

Karakterskatkis 1

DOOPGESPREK

Moeder Teresa het ‘n eenvoudige lewe gelei. Sonder duur Duitse motors, ‘n huis in ‘n golflandgoed of ‘n klerekas vol ontwerpersklere.

Die volgende doopgesprek is 1,8 & 15 September, om te doop in Oktober en November.

Waneer sy sê; ‘Life is an opportunity, benefit from it.’ Wonder mens wat sy bedoel het? Het sy dinge raakgesien en beleef wat haar geleenthede ‘n nuwe betekenis gegee het?

Registreer by Riana by die kerkkantoor 012 662-1708 of admin@pvr.co.za

Leer ek en jy ons kinders om die geleenthede te benut en ‘n verskil in die wêreld te maak, of leer ons hulle dat geleenthede daar is vir selfverryking, selfverheerliking en om uit te buit? Vanuit die Mentorskantoor werk ons hard aan geleenthede wat ‘n verskil maak in alle leerders, ouers en personeel se lewens. Ons reik ook uit na die wye Gemeenskap. Hierdeur omskep ons Geleenthede in Hoop.

Die Stander gesin sê dankie vir Pierre van Ryneveld Jakkie en Lynette, asook hulle seuns Danie en Christo met hulle gesinne, wil net van die geleentheid gebruik maak om julle een en elk hartlik te bedank vir die ongelooflike ondersteuning wat hulle van julle ontvang het met die afsterwe van hulle jongste seun Jakkie. Dankie vir gebede, liefde, gesprekke, boodskappe, sms’e, blomme, kaartjies en kos. Dankie ds Henk vir al die bystand en liefde vir ons as gesin. Pierre van Ryneveld julle is ‘n “awesome” klomp mense en ons het nie woorde om vir julle te sê hoe ons dit waardeer nie. Nogmaals baie dankie!


SOLO KAMP

VROUEBEDIENING Let asseblief daarop dat die byeenkoms van 26 Augustus verskuif na die 9 September.

Datum: 11-13 Oktober 2013 Waar: Eksderde Lodge Kostes: R350 per volwassene R300 kids onder 12 Eksderde Lodge is net 25km noord-oos van Pretoria. Kontak asb vir: Charlotte de Lange 082 566 5324 / solo@pvr.co.za

Lyfskuif 3 : 31 Aug

Fotografie Bediening!

Ons gaan Saterdag 31 Augustus Olievenhoutbosch toe saam met Untamed Love, ‘n groep studente wat klomp opwindende dinge in die area doen.

Ons kuier saam om 7uur die aand by die kerk 20 Augustus. Bring asb foto’s saam wat jy die afgelope 3maande geneem het. Dink ‘n bietjie waar wil jy graag gaan foto’s neem! In ons land & in die res van die

Ons gaan “Kidsgames” met kinders doen op ‘n skool se gronde, en by ‘n nabygeleë ouetehuis sop uitdeel, gesels met die mense, en ook verf en hulle groentetuin bewerk. Bring net jouself... Ons vertrek 08:45 vanaf die kerkgebou. As jy wil saamgaan, laat weet asb vir Ryno by ryno@pvr.co.za


TIENERS •

Belydenis aflegging 25 Augustus,: Hierdie geleentheid is n aanddiens geleentheid en gaan soos altyd n wonderlike ervaring wees.

7 September skuif die jeug lyf na Ivory park, dit is n Saterdag waar ons,, ons hande gaan vuil kry. As jy belangstel om deel te wees van hierdie geleentheid, merk solank jou Sater dag as vol.

HERMAN SE GEDAGTES Bely en Leef 2013 Ons jaarlikse Belydenis kamp het tydens die afgelope lang naweek plaasgevind. Alhoewel die naweek soms, koud en reenirig was, was die kamp warm, agv van die verhoudings wat gebou is en die nuwe en ou vriendskappe wat gesmee is. Ons graad 11 groep het hierdie naweek by die Groenkloof Natuurreservaat deurgebring, waar ons stukkie natuur hemel in die middel van die ou grote stad kon geniet. Ons het lekker diep probeer ontdek wat dit beteken om Jesus te bely, maar dit nie net te sê nie, maar ook te leef. Want die woorde sonder die dade, maak nie lekker sin nie. Dit was egter aangevul met die ongelooflike geleentheid om die wild in die reservaat te geniet, die stap roetes aan te durf, soms met gemengde sukses in rigting hou, perd te ry en self ‘n tydjie op die bergfiets te spandeer. Om te probeer raak sien hoe God ons bederf elke dag van ons lewe, en intensioneel in bewustheid van die Skepper te leef. Ek en die mentors leer ‘n klomp van die jongmense sommer baie beter ken, en geniet veral ons kampvuur gesprekke, met ‘n “varkie” se musiek in die agtergrond. Want dis waaroor dit gaan, verhoudings bou, Jesus te volg en in verwondering met God te leef. Myns insiens is die groep ‘n groep wat nog diep spore gaan trap in die voetspore van Jesus. Bid vir hulle, wees goed vir hulle en kyk vir hulle want hier is ‘n klomp oppad wat iets spesiaals het.

DORPSFEES BARNYARD 25 AUGUSTUS Bring eie piekniek of bestel Platter by Riana by die kerkkantoor Platter : R260, 6-8 persone. Sout happies (samoosas ens), vleis (frikadelletjie, hoender), kouevleis en piekels, broodjie of beskuitjies.

SKENKINGS DAAR IS NOG GROOT BEHOEFTE AAN SKENKINGS VAN BEESMAALVLEIS EN BOEREWORS KONTAK LOURENS 0829077731 OF MELD AAN BY DIE DORPSFEESTAFEL VOOR DIE HOOFINGANG

ONTHOU OM JOU KAARTJIE TE KOOP VIR VRYDAGAAND SE KONSERT 19:00 EN SONDAG SE KLASSIEKE BARNYARD 12:00. KAARTJIES R50 BY DIE DOPRSFEESTAFEL VANOGGEND OF IN DIE WEEK BY DIE KERKKANTOOR DIT GAAN VET PRET WEES MOET DIT NIE MISLOOP NIE


Nuusflitse 18 augustus